Kaalvoete

September 8, 2008 at 2 : 33 80 Kommentaar

Ek is seker nie die enigste sondaar nie.  Wanneer ek by die huis kom (nie in die winter nie), skop ek my skoene uit.  Ja, ek is nie van die netjieste nie.  Dit bly daar in die deur lê, tot ek weer daar uitstap.  Mens kan mos kaal in die openbaar verskyn, mits jy skoene aan het.  Die enigste plek waar jy kaalvoet kan wees is op die strand en in jou eie erf. 

Bittermin kinders hou van skoene.  Baie laerskole moedig kinders aan om so lank as moontlik kaalvoet te loop.  Dit is baie gesond om so te loop, dit help glo baie met bloedsomloop.  Tot die dag wat jy hoërskool toe gaan.  Skielik hoort skoene nie net in die kerk nie.  Orals waarheen jy moet gaan, moet jy skoene dra.

Deesdae is daar baie geleendhede waarop jy mal kan gaan.  Alles met ‘n goeie, dog ernstige doel voor die oë.  Jy mag vir R10 slenter om geld vir gestremdes in te samel.  Jy mag jou hare pers sprei vir R50, om simpatie aan die kankerlyers te toon.  Jy dra ‘n bandana vir R15 om geld vir beenmurgskenkings in te samel.  Vir R100 kan jy 3km ver loop in hakskoene as protes teen vroue en kindermishandeling.  Die lys is legio. 

Niemand het nog aan ‘n goeie rede gedink om kaalvoet te loop nie.  Ek sal hulle maar help dink.  Kaalvoet is sinoniem met kinders.  Of hulle ryk, arm, gestremd of siek is.  Alle kinders.  Kinders is die hoop van die toekoms en behoort gevier te word. 

Aangesien 16 Junie ‘n vakansiedag is, met geen ander rede as ‘n gesanik oor die verlede nie, kan dit netsowel Kaalvoetdag wees.  Al wat nodig is, is ‘n groot borg wat plakkers voorsien sodat jy sonder skoene kan loop.  Almal kan seker R5 afknyp vir die voorreg.  Die geld word dan vir verskillende organisasies aangewend.  Op 16 Junie kan daar pretparke opgerig word waarin kinders kan mal gaan.  ‘n Sombere politieke dag, kan ‘n pretdag word.  Hoekom nie?

Sal dit nie cool wees nie?  Die is my idee vir ‘n pretdag.  Vertel my van julle idees.  Dit moet iets wees waaraan daar nog nie gedink is nie.

Blogvraag:  Watter sportskoene het hulle ontstaan te danke aan Adolf Dassler en Rudi Dassler?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Michael Jackson.

@ Olga:  ernstig, ernstig, ernstig.  Tevrede?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verstandelik gestremdes se reg tot seks. Bure

80 Kommentaar Add your own

  • 1. olga  |  September 8, 2008 om 2 : 44

    eerste!

  • 2. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 47

    Hier is ek ook.

  • 3. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 49

    En ek ook

  • 4. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 54

    En almal anders is weg.

  • 5. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 58

    Ek loop baie maklik kaalvoet ! Dis ook die eerste ding wat by my trek as ek by die huis instap – die winter maak my voetjies sag en ek ouch ouch so paar keer as ek die eerste paar dae in die somer weer buite kaalvoet loop – maar dis deur en deur die moeite werd !

  • 6. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 59

    Die enigste probleem met my voorstel is warm teer en plaveisel. Sjoe-sjoe.

  • 7. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 00

    Gr8 idee. alles word deesdae met deurtrapte politiek doodgegooi. dis so vervelig. die jeug wie met jeugdag vereer word, was nie net die hector petersons nie. daar was ander ook. die groter deel van destyds se young comrades was kriminele. daar in die 80s het ou swartvrou op die dag gese die oproere is spul KAK. ha kleinseun en sy comrade vriende het haar en haar groep wat dit beaam het, geslaan en gedwing om te ontlaster en dit te eet. kyk ou jacob is oral waar die anc jeug is. die ? whawi mens is ten minste 40. se my hoe oud is die jeug dan? besef die wetterse dom kinders nie hulle word misbruik om ander se gat uit die tronk te hou nie. viva vir kaalvoet dag. dan kan nelba haar kind gedenk nes sy wil. viva vir kaalvoetdag, dan kan madiba sy kaalvoetjare op robbeneiland salueer. viva vir kaalvoetdag, dan kan gestremde se fam se, nee, geen sex nie. viva vir kaalvoetdag dan kan blankes wat was herdenk.

  • 8. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 01

    Junie is nie meer so warm nie – dit kan werk

  • 9. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 03

    Tilla

    Die ander probleem is my tone kan dalk afvries.

    Olga

    Ek begin al hoe meer van die idee te hou.

  • 10. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 06

    juf annie, ek moet eers dink hoe ek die posduif gaan dress. ek het broertjie dood aan dinge doen net om te se EK HET DIT GEDOEN.

  • 11. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 13

    Olga

    Watter posduif nou?

  • 12. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 13

    Ek loop eerder net met kouse in die winter as met skoene

  • 13. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 3 : 14

    ADIDAS!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 14. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 16

    Kloon

    Ek ook.

    Willes

    Die hele antwoord, nie net die helfte nie.

  • 15. Nats  |  September 8, 2008 om 3 : 17

    Kaalvoet in die winter… dis ‘n moeilike een!

    Miskien moet daar die dag voor die vakansie dag kouse ingesamel word… kouse is nie sooo duur nie, en as elke kind ‘n paar sokkies skool toe vat kyk mens na oor die duisend per skool! Reg vir die winter!

  • 16. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 18

    Nats

    Dit is ook ‘n idee.

  • 17. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 18

    AdiDas en later Puma

  • 18. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 19

    Met global warming gaan kaalvoete in die middel van die winter nie ‘n probleem wees nie.

  • 19. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 22

    Ek moet se, die beste ding na kaalvoete is Adidas.

  • 20. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 24

    Ek is weer meer ‘n Reebok en Nike fan

  • 21. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 26

    Reebok is ook deel van Adidas.

  • 22. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 27

    Ek het dit nie geweet nie

  • 23. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 30

    Ek ook nie.

  • 24. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 32

    My man is weer ‘n Adidas fan

  • 25. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 3 : 33

    GGGGGGGRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 26. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 34

    Ai willes – jy sukkel darem maar vreeslik met jou rekendingetjie

  • 27. aventer  |  September 8, 2008 om 3 : 36

    En willekjind was eerste…:(

    Ek moet bieg😳 ek trek heel laaste my skoen aan. Bly kaalvoet tot net 10min voor ek skooltoe moet gaan.

    En hoekom nie, eks tog kaalvoet gebore en ja ek het al kaalvoet gaan shopping doen. In die dorp, by die garage

  • 28. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 37

    Posduif in my hok. ai,julle idee op vorige blog om vir die oumense in ouetehuise te gaan lees is nice. maar meeste van hulle kan nog fine lees en lees vir die ander voor. neem voetspa saam en gaan knip oumense se ou harde toonnaels, was die wat dit wil he se hare en smeer leke conditioner aan. knip en vyl die vinger naels. dit kan vir hulle baie beteken.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 3 : 37

    TESFOKKENTING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 30. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 41

    Olga

    Jy het mis gelees. Sam gaan lees vir die oumense. Nats wil he ons moet dit vir die verstandelik gestremdes doen.

  • 31. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 41

    Daar is ou paartjie in die aftree oord wie ons so dan en wan n ou xtratjie neem. darie wyntjie en soutigheidjies wat hulle nie meer kan bekostig nie. op kaalvoetdag kan hulle mos ook buite in die tuin hulle jeug gaan herdenk as die wyntjie saam herdenk. ai, hoe kry ek oumense en wyn by kaalvoetdag?

  • 32. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 43

    Olga

    Op kaalvoetdag kan hulle op ‘n springkasteel baljaar.

  • 33. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 43

    nee, ek weet wat ek gelees het. maar hoekom lees? doen iets waaraan hulle nut het. my ouma het op 97 nog vir ander oumense gelees. voordat alzeimers haar platgevee het.

  • 34. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 45

    Die oumense sal bene breek op darie springkastele juf wysneus. dan moet die ambulans hulle kom haal. wat n fiasko sal dit afgee.

  • 35. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 46

    Ek moet eerlik erken, ek is nie uitgeknip vir liefdesdiens nie. Skiet my, maar ek sien nie kans om iemand se boude skoon maak of ‘n pedicure te gee nie.

    Ek sal enige dag ‘n oumens help om hulle battles te fight, hulle dokter toe neem, hospitaal toe, neem vir ‘n fliek of vir koffie . . . maar nie die versorging nie.

  • 36. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 47

    Amper tjaila tyd vir julle. leke aand almal wat nou huis toe gaan.

  • 37. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 47

    Damn, ook weer waar.

    Ek het van ‘n joolprojek gehoor waar die studente met die oumense gebokjol het. Dit was ‘n reuse sukses.

  • 38. olga  |  September 8, 2008 om 3 : 48

    Ek sekondeer juf annie. Tot my bittery spyt en skaamte. :sigh:

  • 39. Nats  |  September 8, 2008 om 3 : 51

    Olga
    Ek het maar net lees gegee as ‘n voorbeeld… ek sal verkies om hulle neals ens te manicure!! Of hulle hare te was… ek sal dit ongelukkig nie kan sny ook nie tensy hulle hou van ‘n funky skewe styl! Miskien kleur!😉

  • 40. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 52

    Nats

    Jy begin dalk ‘n ding as jy skewe funky haarstyle doen

  • 41. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 3 : 53

    Nou ja toodles maaikies – sien julle more

  • 42. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 53

    Daar was wel ‘n joolprojek waar ons ‘n bietjie met babas gewerk het. Die maatskaplikewerker het gedink sy gaan my verlee maak. Daar druk sy ‘n baba in my hande en vra dat ek die doek moet ruil. Staan nogal nader om my te vertel wat ek moet doen.

    Sy was stomgeslaan dat ek 1) ‘n doek kon ruil en 2) nie ‘n kat geskiet het omdat dit ‘n poefdoek was nie.

    ‘n Baba is nie ‘n oumens nie.

  • 43. Nats  |  September 8, 2008 om 4 : 02

    Daar hak die blog weer vas.

  • 44. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 02

    Sorry Nats

    Dit was ‘n ongeluk.

  • 45. Nats  |  September 8, 2008 om 4 : 06

    Tweeling
    Dis fine! Kloon my maar!

    Ek glo dis 1000000 keer erger vir ‘n oumens as vir die persoon wat haar/sy doek omruil.

  • 46. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 07

    Dit moet darem maar ‘n erge vernedering wees.

  • 47. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 10

    Dalk moet ons ‘n doekedag op vrouedag hou.

  • 48. Nats  |  September 8, 2008 om 4 : 11

    Adrie
    Die ergste dink ek…

    So hoe was jou Maandag… blou soos myne?

  • 49. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 16

    Dit was sommer pers.

  • 50. Vee  |  September 8, 2008 om 4 : 18

    ♪♫Kaalvoet innie reën♪♫
    Julle ek loop omtrent permanent kaalvoete by huis en een warm Sondag middag bel die pelle my en sê ek moet by die eiland kom draai ek vat toe my sleutels en beurse en daar gaat ek, eers toe ek by die eiland uitklim besef ek dat ek nooit my skoene aangetrek het nie! Wel ek het my nie laat afsit daardeur nie en was ook nie lus om in die hitte weer huistoe te ry nie toe gaan kuier ek maar kaalpoot!😳
    Moet sê was glad nie te bad nie ek het lekker gekuier……………..

  • 51. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 23

    Vee

    En hoekom nie? Skoene is juis so duur, mens moet hulle spaar.

  • 52. olga  |  September 8, 2008 om 4 : 53

    ek loop ni kaalvoet as ek dit kan verhelp nie. nie eers as kind het ek daarvan gehou nie.

  • 53. Riaan Oosthuysen  |  September 8, 2008 om 4 : 54

    Kaalvoete sal vir my werk. Ek hou van die kaalvoetdagidee. My dogtertjie is ses en dit is vir haar ‘n groot straf om skoene aan te trek. My oom wat nou al seker 60 is gaan nou nog kaalvoet en kortbroek dorp toe.

  • 54. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 55

    Olga

    Sal jy vir ‘n goeie doel kaalvoet loop?

  • 55. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 56

    Riaan

    Dalk lees een of ander bemarkingsguru hier en dink ook dit is ‘n gawe idee. Dit hoef nie noodwendig op 16 Junie te wees nie.

  • 56. olga  |  September 8, 2008 om 4 : 56

    ek het die lees onderwerp spesifiek getarget omdat almal altyd wil gaan lees. ek glo hulle sal enigiets waardeer. juf annie jy meen verseker ERNSTIG nie darie erenstig gogga wat ek elke keer raaklees nie. dit steek soos n stok in my …

  • 57. Adrie  |  September 8, 2008 om 4 : 59

    Olga

    Is jy seker ‘n mens spel dit ernstig?

  • 58. olga  |  September 8, 2008 om 4 : 59

    (Mag ek bo op my sloffies stap?) dit sal seker afhang juf annie. my voetsole is soos jy kan dink soos sag soos n baba sn. ha ha ha. ok, dan n kleuter sn.

  • 59. olga  |  September 8, 2008 om 5 : 01

    Ja, juf annie, ek is seker. raadpleeg gerus jou h.a.t.

  • 60. Adrie  |  September 8, 2008 om 5 : 04

    Goed, ek sal dit regmaak.

  • 61. olga  |  September 8, 2008 om 5 : 06

    yeah, s.a. het darem sover al 3 medaljes op die paralimpiese spele verower.

  • 62. Adrie  |  September 8, 2008 om 5 : 07

    Wie almal?

  • 63. olga  |  September 8, 2008 om 5 : 07

    Wil jy nou skelm wees?

  • 64. olga  |  September 8, 2008 om 5 : 09

    natalie het 2. kan nie nou ander naam onthou nie. maar hulle sal nie by die hek gestop word die keer nie.

  • 65. Adrie  |  September 8, 2008 om 5 : 21

    laat my dink. karate skeidsregters mag nie skoene op die vloer dra nie. met die gevolg dat hulle n pak, met das dra, maar kaalvoet ref.

  • 66. olga  |  September 8, 2008 om 6 : 22

    Dankie skarrebol. jy het die stok uit my uhm getrek. onthou die spelling nou asb.

  • 67. olga  |  September 8, 2008 om 6 : 23

    ek het nog altyd gewonder wat die rede is dat karate ref kaalvoet is. weet jy dalk juf annie?

  • 68. Adrie  |  September 8, 2008 om 6 : 29

    kaalvoetrefs? ek dink dit is seker om beserings aan die karatekas te voorkom. of tradisie.

  • 69. Adrie  |  September 8, 2008 om 6 : 36

    kaalvoet karate? die japanese dra mos nie skoene binne hulle huis nie. ek dink die tradisie het van daar af oorgespoel. in karate is die posisie van die voet uiters belangrik. skoene belemmer dit. dit is ook makliker om jou balans te behou as jy kaalvoet is. jy gly ook moeiliker. die kanse op beserings is ook kleiner.

  • 70. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 7 : 49

    Ek is lekka moeg. Die naweek se rond rinkink en die ouderdom werki so lekka saami

  • 71. Adrie  |  September 8, 2008 om 7 : 57

    Ai, tog! Daar is geen hoop vir jou nie.

  • 72. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 12

    Olga…. Kry asb vi my ‘n no van die back packers in jou valley. Stuur somme ‘n posduif of tor na Adriana toe. My gat jeuk wee om volgende week deur jou valley te ry😉

  • 73. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 14

    A3……. Ek dink nie da sal ooit hoop wees vi my nie:mrgreen:

  • 74. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 17

    Mind you…. Ek sal laaik van kalvoet in my oom Paul se willetuin te loop!

  • 75. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 20

    Of inni middel van Sandton square

  • 76. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 21

    Adriana…. Wat doen jy sondag?

  • 77. Wille kjind Q  |  September 8, 2008 om 9 : 29

    Margate sal nie so lekka werk met die kaalpoot storie nie. Amper almal da loop kaalpoot

  • 78. Adrie  |  September 8, 2008 om 9 : 49

    Willes

    Wel, as jy in Margate wil gaan shop moet jy seker skoene dra.

  • 79. boendoe  |  September 9, 2008 om 10 : 27

    No thanks, Adrie, ek loop NIE kaalvoet nie!!! Nie eens in die huis nie. Ek haat…HAAT die gevoel van ‘goedjies’ wat aan my voete vasklou! 😆

  • 80. Kaalvoet het geen vergelyking « Herriemerrie  |  September 18, 2011 om 6 : 08

    […] al die jare dink ek nogsteeds dat dit ‘n goeie idee sal wees om ‘n kaalvoetdag te vier.  Een dag waarop jy kaalvoete mag, kan en moet wees ter wille van kinders.  Kinderwelsyn, […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: