Bure

September 8, 2008 at 9 : 44 226 Kommentaar

Ek het nou die dag by iemand gekuier toe daar ‘n onverwagte klop aan die deur is.  Hulle bure se een seun.  Hulle het rugby gespeel en die bal per ongeluk oor die muur geskop.  Hy het baie beleef gevra of hy sy bal kan terug kry. 

Tye het verander.  Ons was nie altyd op beste voet met ons bure gewees nie.  As ons balle hulle wangedra het, het ons nie twee keer gedink nie.  Ons sou oor die muur gewip het en die bal gaan haal het.  Die groot hond ten spyt.  Daar was natuurlik ‘n goeie kans dat die buurtannie ons sou vang.  Daar sou ‘n paar woorde gewissel geword het, wat ‘n uitnodiging vir tee vir my ma sou ingesluit het.  As die bure se kinders nie al reeds by ons was nie, het hulle waarskynlik saam met ons terug oor die muur gehop.

Ons was nie die enigstes wat so vrywillig was om op die bure se grond te betree nie.  Ek ken ‘n tannie wat ‘n baie groot swembad gehad het.  Haar kinders was nog op skool (hulle is my ma se ouderdom) toe haar man die swembad gebou het.  Die swembad was gereeld in die middernagtelike ure besoek gewees.  Dit was die hele buurt se kinders se swemplek gewees.  Hulle het nie daardie tyd van die nag toestemming gevra nie.  Niemand het dit van hulle verwag nie.

Vandag ken mense nie meer die mense van hulle buurt nie.  Daar word dalk beleef kop geknik in die Spar op die hoek, vriendelik gewaai as julle gelyk die oggend ry, maar dit is dit.  Mens gaan beslis nie impulsief by die bure swem nie.  Kinders kan nie eers waag om self hulle balle in die naburige tuin te gaan red nie.  Deesdae word daar eers geskiet, dan gearresteer en daarna miskien vrae gevra.  Die misdaad van SA het ons nie net almal agter slot en grendel geplaas nie, maar ook paranoïes.  Niks is meer onskuldige kattekwaad nie.

Ken jy jou bure?  Wil jy hulle ken?

Blogvraag:  Wat was Kylie Minogue se karakter in Neighbours se naam?

Blogantwoord:  *Mathilda* was reg met Adidas en Puma.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kaalvoete Klereverdrukking

226 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 16

    Sal my na drank en skoolseuns dryf.

  • 2. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 16

    NJRRRRRRRR

  • 3. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 2 : 17

    Nats

    Ek slaap al so vandat ek ‘n jongeling was, nie vandat ek kinders het nie – gelukkig het my kinders nie daai slegte gewoonte van my geerf nie !

  • 4. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 20

    Ek het so 6 ure nodig. Of ek is knorrig.

  • 5. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 23

    Ek moet Swede toe gaan. Maar nie voor 2009 nie.

    Ek moet gaan as dit wereldbeker koors hier is (2010). Dan die ABBA museum gaan besoek terwyl die hele Swede hier is.

  • 6. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 30

    Ek sal daaroor moet dink.

    €26 is baie geld. Blerrie baie geld.

  • 7. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 2 : 36

    Adrie

    Hoeveel rand is dit ? O ja – posduif oppad

  • 8. Nats  |  September 9, 2008 om 2 : 38

    *M*
    He he he… ek sal seker net so min slaap wanneer ek kinders het die dag. Ek is mal oor slaap!! En 3 ure sal dit net nie vir my doen nie… miskien so een of twee aande!🙂

  • 9. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 39

    Ek is nie seker nie. Maar dit is omtrent R300.

    Soos ek se, ek sal hard moet dink. R300 is darem ook nie so duur nie.

    Die museum maak eers in 2009 oop en jy kan nou al bespreek.

  • 10. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 40

    Tweeling

    En ons kan ons net indink hoe die Natsies gaan skrou.

  • 11. Adrie  |  September 9, 2008 om 2 : 41

    Ek het natuurlik ‘n baie goeie oplossing.

    Laat Manlief die pajamadril doen.

  • 12. Nats  |  September 9, 2008 om 2 : 47

    Tweeling
    Dis ‘n idee!! Maar darem het ek nie moeilikheid met slaap nie… nie mal om inni dag te slaap nie maar ek sal dit kan doen! No problem!

    Ek gaan seker kinders kry wat NOOIT slaap nie juis omdat ek mal is oor slaap!

  • 13. olga  |  September 9, 2008 om 2 : 57

    Nats stuk advies op appro. Laat jou kind by jou aanpas, nie jy by die kind nie. Ai tog. Hoe het ons op kinders geland as bure die onderwerp is?
    Tilla
    ek het self al loodpil vir die buurhonde oorweeg. maar dan sal hulle my kat 1 gee. hy is so arrogant soos sekere tanneknersendes van wie ek weet. as hy dink sy mandjie is vervelig, gaan slaap hy op n bed. enige bed. self bed in huis 2 of 5 erwe van hier. almal wat hom betrap, smyt net vir KATTE uit. daarom gebruik ek nou maar ballbearings en kettie tot ek pellets kan gaan koop.

  • 14. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 2 : 57

    kloon – jy jou duif gekry

  • 15. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 03

    Dalk moet ek ‘n baba blog skryf vir die toekoms. 👿

    Dan kan al die ou mense kom raad uitdeel.

    Kloon

    Ja ek het. Vir Donderdag. Ek het dit teruggestuur ook.

  • 16. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 09

    O okay – jou duif het verdwaal

  • 17. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 11

    Ek wou weet of jy die antwoord op jou vraag het en of ek dit moet gaan soek.

  • 18. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 12

    Ek het die antwoord

  • 19. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 14

    Cool!!!!!

  • 20. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 24

    En daar is almal alweer weg !

  • 21. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 25

    My ma’le het op ‘n stadium bure gehad wat hulle diere graag gif gevoer het.

    MEns gee nie ‘n dier gif nie.

  • 22. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 26

    Issie

    Almal wag net vir die ander om te praat.

  • 23. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 28

    Nou vir wat het hulle dit gedoen ?

  • 24. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 28

    En niemand kan aan iets dink om te se nie.

  • 25. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 29

    Hulle het die ik van ‘n plaasmier gehad?

  • 26. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 29

    Ok – ek gaan dan nou ook maar in daai ry staan

  • 27. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 31

    Moenie met die arme plaasmier lelik wees nie – daai klomp het geen ik gehad nie – die mier het ten minste ‘n ik – jou duif het nounet hier aangekom

  • 28. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 34

    Dan gaan daar regtig niks daar gebeur nie.

  • 29. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 35

    Seker weer goed gesuip ook.

    Ek gaan al my duiwe skiet en ander koop.

  • 30. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 35

    Kloon

    Jy het ‘n punt beet.

  • 31. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 38

    My ma het actually gedreig om hulle gif te voer.

  • 32. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 40

    Sulke mense het nie die reg om te lewe nie

  • 33. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 41

    Jammer sy het nie.

  • 34. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 42

    He He he

    Die vrou was nogal ‘n onderwyseres. Kan jy glo dat sulke mense kan skool gee.

  • 35. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 47

    Ek se mos al lankal onderwysers behoort gekeur te word.

  • 36. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 48

    Dit raak tyd dat iemand vir my luister.

    Dalk moet ek politiek toe.

  • 37. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 49

    Sodat nog minder mense na my kan luister.

  • 38. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 50

    Nou ja – dis alweer daai tyd van die dag

  • 39. *Mathilda*  |  September 9, 2008 om 3 : 51

    Ek hou niks van politiek nie

  • 40. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 52

    Ek ook nie.

    Maar net omdat die politici stront praat.

  • 41. Adrie  |  September 9, 2008 om 3 : 54

    Lekker aand kloon.

  • 42. Nats  |  September 9, 2008 om 3 : 59

    Eks terug!!!

    Gou my tjorrie gaan haal!! Sy kort volgende diens brieke… darem nie die keer nie! SJOE!!

    Olga
    Dankie baie! My Ma sê ook ‘n kind pas by jou aan nie anders om nie🙂

  • 43. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 03

    adrie…ek mis vir pikkie😥

  • 44. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 03

    Tweeling

    Darem hoef jou kar nie te oornag nie.

  • 45. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 04

    Aventer

    Toemaar, een van die dae is sy terug. Laat ek gou gaan spioen.

  • 46. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 05

    Hoe was wiskunde?

  • 47. Nats  |  September 9, 2008 om 4 : 08

    Adrie
    Sy het die vorige keer ook nie oornag nie… maar my ander kar was nou vir jou ‘n ander storie!! Sy het sommer ‘n week afgevat!!

    Lo da Aventer

  • 48. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 10

    Nats

    Jou kar behoort darem nie sommer te oornag nie.

  • 49. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 10

    En as dit doen, bel jy my drieling dat sy met hulle galle werk.

  • 50. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 11

    Ek het al gesien hoe haal ons nie vandag 200 nie.

  • 51. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 11

    🙂

  • 52. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 12

    Hallo nats

    Adrietjie die wiskunde was uhm…wiskunde. Ek gaan more vra vir my eerste vraestel se punte

  • 53. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 20

    Aventer

    Lag jy vir my?

    Ek sal jou rol.

  • 54. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 21

    Jou ore gaan van jou kop af gepreek word.

    Is jy dapper genoeg, Aventertjie?

  • 55. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 27

    Aventer

    Praat van die duiwel. Tannie Pikkie het my nou net gebel. Sy is baie besig, maar nog lief vir ons almal. He He he. Sy het my iets vertel waaroor ek my wil skeur, maar ek weet nie of ek dit kan deel met julle nie.

  • 56. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 27

    Haha…ek het haar darem nie laat huil nie my liewe vriendin🙂

  • 57. Nats  |  September 9, 2008 om 4 : 27

    Adrie
    Jy het gesê darem hoef jou kar nie oornag nie… moes jou kar?

  • 58. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 28

    Haha, bel my dan se jy vir my.

    Ek kan almal se heheime hou behalwe my eie

  • 59. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 30

    Nee, nie een van my karre moes al oornag het nie.

    Ek het wel al gehoor dat dit kan gebeur.

    Aventer

    Jy beter nie my geheime op die blog uitlap nie. 👿 GRRRR

    En nee, jy skinder te veel.

  • 60. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 32

    Ek skinder nie, ek vertel net my weergawe van die waarheid en hoe ek daaroor voel.

    Dis bloot uitruil van inligting

  • 61. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 33

    Ruil jou eie inligting uit, nie myne nie.

  • 62. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 35

    Haai nooit, ek weet van beter. 12-jariges kan baie hard skop, dis nie ‘n goeie idee om hulle kwaad te maak nie

  • 63. olga  |  September 9, 2008 om 4 : 47

    Jy ken mos def van n onnie, juf annie. ai, my noolste nool vmiddag terug limpopo toe. en dis hond warm daar.

  • 64. Adrie  |  September 9, 2008 om 4 : 54

    Olga

    Party van hulle het nog nie eers matriek nie, dan skinder hulle in elk geval.

  • 65. aventer  |  September 9, 2008 om 4 : 58

    😳

  • 66. Adrie  |  September 9, 2008 om 5 : 02

    Aventer

    Ek hoop jy boor ook met jou toon in die grond.

  • 67. aventer  |  September 9, 2008 om 5 : 07

    Haha nee jong. Ek het nie soveel skaamte nie, aard maar na my pappa

  • 68. Adrie  |  September 9, 2008 om 5 : 36

    Aventer

    Kies nou jou gevreetjie, jy maak my dronk met jou vele gesigte.

  • 69. aventer  |  September 9, 2008 om 5 : 54

    Ekke soek ‘n mooi ene, daar’s iemand wat ek moet impress

  • 70. Adrie  |  September 9, 2008 om 5 : 59

    ‘n Mooi gevreetjie?

    Ek dink Tweety is nog beskikbaar.

  • 71. aventer  |  September 9, 2008 om 6 : 11

    Ek heg hartseer gevoelens aan enige tipe Tweety. Dit was my heel eerste budgie se naam

  • 72. Adrie  |  September 9, 2008 om 6 : 11

    Testing.

  • 73. Adrie  |  September 9, 2008 om 6 : 13

    Eish

    Dan moet jy maar vir Betty van Archies gaan.

    Ek het van jou hartjie gevreetjie gehou.

  • 74. Wipneus!  |  September 9, 2008 om 6 : 14

    Waar is die nuwe blog????

  • 75. aventer  |  September 9, 2008 om 6 : 19

    Hier kom die laaste ene…tot ek weet ietsie moois op die internet uitsnuffel

  • 76. Wipneus!  |  September 9, 2008 om 6 : 21

    Hello Aventer

    Hoe het dit met die wiskunde gegaan???

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: