Verstandelik gestremdes se reg tot seks.

September 7, 2008 at 4 : 22 217 Kommentaar

Rapport berig vandag oor die seksreg van verstandelik gestremde mense.  Inkort het een of ander inrigting ‘n “liefdeskamer” ingerig wat deur die inwoners twee keer ‘n week gebruik kan word.  Mits die inwoners toestemming van hulle wettige voogd kry dat hulle die kamer mag gebruik.

Ek is glad nie ‘n kenner van verstandelik gestremde mense nie.  Ek weet wel dat hulle hormone se ouderdom nie tred hou met hulle verstand se ouderdom nie.  Al is hulle dus verstandelik 5 jaar oud, het hulle grootmens hormone.  Die wêreld verwag deesdae van alle volwassenes om hulle aan hulle hormone oor te gee.  Is dit dan regverdig om van verstandelike gestremde mense te verwag om selfbeheer uit te oefen?

Aan die ander kant is die prys van seks nogal hoog.  Daar is die voorhandliggende fisiese gevare van seksueel oordraagbare siektes.  Sal die gestremdes geleer kan word om ‘n kondoom reg te gebruik?  Derduisende gesonde normale mans kry dit dan nie reg nie.  Wie gaan hulle leer hoe om dit te gebruik?  Dit gaan nie van veel nut wees as die personeel die kondoom opsit nie.

Swangerskap is ook ‘n wesenlike gevaar.  Ons liewe regering het mos beslis dat dit teen die gestremdes se menseregte is om hulle van ouerskap te ontneem.  ‘n Minderjarige “kind” kan wel popspeel, maar kan hulle die verantwoordelikheid dra van die volle versorging van die baba?  Baie van die verstandelik gestremdes kan nie eers hulle self versorg nie, dit is die rede hoekom hulle in tehuise woon.  Ek twyfel sterk dat hulle die emosionele leiding kan verskaf om so ‘n kind ‘n verantwoordelike volwassene te maak. 

Daar is volwassenes wat steeds nie die emosionele gevolge van seks kan dra nie.  Enige vrouetydskrif op die mark sal dit beklemtoon.  Ek neem aan die verstandelike gestremde mense sal ook met die emosionele sy daarvan sukkel.  Nie almal van hulle kan hulle gevoelens verwoord nie.  Sal hulle daarmee kan saamlewe?

Gaan die nuwe wending nie die voorvalle van verkragting in die inrigtings verhoog nie?  Sal diegene met toestemming om die “liefdeskamer” te gebruik besef wanneer dit van pas is om seks te hê en met wie hulle mag seks hê?

Die hele idee klink vir my na ‘n ramp wat plek soek om te gebeur.  Die regering maak geen geheim daarvan dat hulle nie van plan is om geld aan verskeie tehuise te gee nie.  Dalk is dit een manier om ‘n paar minder te kry om uit die staatskoffers te voer.  As ‘n paar inwoners aan vigs kan sterf, kan die fondse nog verder gesny word.

Wat dink julle?

Blogvraag:  In “I am Sam” word daar net covers van Beatles liedjies gebruik.  Vir die reg om oorspronklike Beatles liedjies te gebruik, sou die vervaardigers $300 000 per lied gekos het.  Wie besit die regte op all die Beatles liedjies?

Blogantwoord:  Aventer was reg.  Carol Keene is die skuilnaam waaronder gehuurde skrywers Nancy Drew geskryf het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tiener Streke Kaalvoete

217 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 10

    Hallo Wip

  • 2. Wipneus!  |  September 8, 2008 om 12 : 11

    Hi Tilly, hoe gaan dit met my baby???

  • 3. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 13

    Limitation on intimate adult relationships

    14. Subject to conditions applicable to providing tal-e, treatment and rehabilitation services in health establishments, the head of a health establishment may limit intimate 20 relationships of adult mental health care users only if duc to mental illness, the ability of
    the user to consent is diminished.

  • 4. Nats  |  September 8, 2008 om 12 : 14

    Wille Q
    Ons kan by ‘n Oue tehuis ook dinge soos dit gaan doen… ek is seker jy ken een waarheen ons kan gaan?!

    *M*
    Heeelllloooo!!! My Tweeling aka jou Kloon is seker meer ontsteld dat jy verby Beker en Boontjie geloop het as wat jy in ons valley was en nie kon hallo sê niet!🙂

    Sy sal seker die “secret” wil weet van hoe mens dit reg kry om verby ‘n Beker en Boontjie te loop!

    Sjoe maak ek nou myself lus vir hulle Peppermint tert!!! Mmmm

  • 5. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 14

    Wip

    Baie goed dankie

  • 6. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 21

    Nats

    Ha ha … wonder ek self ook – en nou is ek ook lus vir daai pepperment tert !

  • 7. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 24

    En nou is almal seker weer na die naaste beker en boontjie toe want ek is ALLEEN

  • 8. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 24

    GGGRRR!!!!!!

  • 9. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 26

    My 3ling se kloon

    My rekenaar wil nie lekka saamspeel nie!

  • 10. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 32

    Soek jy die hammer

  • 11. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 33

    Jy probeer ten minste – die ander raak net weg

  • 12. Adrie  |  September 8, 2008 om 12 : 41

    Willes

    Jy moet Ansophie verskoon.

    Sy wil graag haar issues almal se probleem maak. Ek dink sy het ambisies om ‘n martelaar te word.

  • 13. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 44

    Kloon

    Wa kruip jy weg ?

  • 14. Adrie  |  September 8, 2008 om 12 : 45

    Tweeling

    Ons kan so ‘n rose projek doen as jy dit reel.

    Ek het myself belowe om nooit weer emosionele mense na so ‘n tehuis te neem nie. Laas toe ek dit met ‘n groep 18 jariges gedoen het, het ek 50% binne 5 minute in trane gehad.

  • 15. Adrie  |  September 8, 2008 om 12 : 46

    Tilla

    Werk wat so ontydig was.

  • 16. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 47

    Testing 1 2 3

  • 17. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 47

    Ek sal pass op daai een – ek raak heeltemal te vinnig emosioneel oor sulke goed

  • 18. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 47

    Ek het ook sulke ontydige werk gekry

  • 19. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 48

    @ A3

    Ek is geneig om saam jou te stem oor mense wat nie fiets pompe het nie.

  • 20. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 49

    Willes

    Ek kry heeltemal te gou jammer om sulke goed te doen

  • 21. Adrie  |  September 8, 2008 om 12 : 51

    Fietspompe is een ding, ‘n sterk maag heeltemaal iets anders. Jy het ook ‘n sterk maag nodig vir ‘n besoek aan so ‘n tehuis.

  • 22. See Kat  |  September 8, 2008 om 12 : 52

    Seks en kinders maak gaan hand aan hand. Dit is ongelukkig die metode van die maak van kinders. As iemand nie bevoeg is om kinders groot te kan maak nie dan moet hulle nie toegelaat word om kinders te he nie. So as die verstandelik vertraggde persoon gesteraliseer is kan ek geen rede sien hoekom hulle van seks ontneem moet word. So gee hulle dan n privaat plek om dit te doen anders spyker hulle enige plek.

  • 23. Wipneus!  |  September 8, 2008 om 12 : 53

    Ek het nie ‘n fietspomp nie:mrgreen: Ek sal uit sit dankie!

  • 24. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 12 : 56

    Dis nogal snaaks hoe mense wegbly van sulke topics af. Aan die anderkant kan ek ook verstaan dat meeste mense sagte hartjies het as dit gaan oor mense wat swaar kry.

  • 25. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 12 : 58

    Willes

    Ek pleit skuldig – ek kan dit nie hanteer nie.

  • 26. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 01

    Kyk, my ma het ons van kleinsaf aan verstandelik gestremde mense gewoond gemaak. ‘n Kennis van die familie het ‘n (ek dink) downsindroom seuntjie gehad. Glo my, ons sou geskiet geword het as ons enigsins so ‘n kind afgeknou of geterg het.

    Dus het ons met Boetika gespeel. Hy was sterker as ons en kon seer knyp, dus was ons versigtig gewees. Sy familie het geweier om hom in ‘n tehuis te laat opneem. Die grootste onreg wat hulle die seun kon aandoen. Die gevolg is dat hy nooit die nodige arbeids en fisioterapie gekry het om goed vir homself te doen nie.

    Boetika het nooit geleer loop nie. Hy het op sy boude geskuur om te kom waar hy wil wees. Daar was niks met sy arms, bene of rug verkeerd nie. Hy was net nie versorg nie. Boetika kon ook nie praat nie. Niemand het genoeg belanggestel om hom te leer nie.

    Na sy ouma se dood het niemand belanggestel om hom te versorg nie. Hy was in sy wakker tyd die heeltyd op ‘n toilet gehou. Niemand kon sy doeke bekostig nie en niemand wou agter hom skoonmaak nie.

    Hy sit seker nog steeds daar as hy nog nie dood is nie. Boetika is seker nou so 24.

    Ons is geleer om nie bang te wees vir gestremde mense nie, maar wel versigtig. Hulle kan baie onvoorspelbaar wees en baie sterk ook.

  • 27. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 03

    Willes

    Ek dink ‘n mens moet darem kennis dra, al het jy nie persoonlike ondervinding nie.

    Ongelukkig is dit juis mense met fietspompe wat sulke take kan aanpak. Hulle kan ander help sonder om hulleself in die proses seertemaak.

  • 28. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 1 : 05

    @ A3

    True! Ek moet sê dat dit nie altyd maklik is om met sulke kjinders te werk nie. Veral die klomp wat kwyl. Dit vat ‘n sterk persoon om daai spoeg lappie te vat en die mond af te vee. Of om ‘n groot vrou se boude skoon te maak.

  • 29. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 08

    Willes

    Ek weet van ‘n man wat ook kwyl en mense dan naderpluk om te soen.

  • 30. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 11

    op die mond.

  • 31. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 20

    Bepeinsing.

  • 32. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 1 : 20

    @ A3

    Daar is maniere om dit te hanteer. Die maklikste is om EERS die kwyl af te vee DAN die persoon ‘n drukkie te gee. Draai jou gesig sodat hy/sy jou oppi wang kan soen.

    Mense…… Kwyl kom wee af!!! Dit ruik nie vars nie ma glo my, na ‘n stort is jy wee skoon.

  • 33. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 1 : 21

    Daar is ‘n vrou in ons dorp wat eiehandig haar eie huis vir gestremde kinders op die been gebring het, my kinders het ook op ‘n stadium daar gebly want dit was basies eers ‘n dagsorgsentrum wat toe uitgefasseer is vir die doel van ‘n huis vir gestremdes- jy sal nooit sien dat hulle so iemand snaaks aankyk nie – dis vir hulle heel normaal en hulle kan met hulle kommunikeer op hulle eie manier – ek kon my altyd verkyk aan die spulletjie

  • 34. Nats  |  September 8, 2008 om 1 : 24

    Tweeling
    Dis waar ek sal dit seker nie kan hanteer nie en jy sal my moet wakker klap om ‘n “grip” te kry, maar ek voel net mens moet iets doen… en dit sal my hopenlik ‘n beter mens maak en dan sal ek met tyd dalk meer kan doen en meer mense help.

    Maar dis iets waaraan ek sal werk…

  • 35. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 27

    Willes

    Ek het binne 2 minute geleer om draaie om hom te loop.

    Daar is ook natuurlik die mense in hulle sewentigs wat jou tannie. En jou alles omtrent hulle speelgoed vertel.

    Dan kan sulke mense seks he? I beg to differ.

  • 36. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 1 : 31

    Adrie

    Dis eintlik baie sad in baie gevalle – maar ek sal eerder so ‘n projek ondersteun as die een van laasjaar

  • 37. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 31

    Tweeling

    Ek kan so ‘n besoek spesiaal vir jou reel. Maar ek dink regtig nie dat dit ‘n goeie idee is nie.

    Aan die anderkant is dit goed om soms jou grense te toets. Slaap dalk eers daaroor, dan kyk ons weer.

  • 38. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 35

    Tilla

    Dit is julle blog.

    As julle wil, kan ons die huidige blogprojek bietjie skaaf om so ‘n tehuis in te pas.

    Die ding is hulle het geld nodig. Dalk het hulle goed soos geskenke vir Kersfees ook nodig. Ons is op te klein skaal om ‘n tehuis van 40+ inwoners regtig te kan help.

    Die jaar gaan ons nie weer dieselfde mense as verlede jaar help nie. Ek soek nog na iemand wat hulp nodig het.

  • 39. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 1 : 45

    Ek kan uitvind wat die klomp nodig het (hulle vra eintlik so min die mensies), maar ek weet hulle kan altyd doen met weggooidoeke. Daar is nie so baie in die huis nie, seker maksimum 10.

  • 40. Adrie  |  September 8, 2008 om 1 : 50

    Tilla

    Ek los dit in jou hande.

    Vind uit wat hulle benodig en as die res saamstem, kan ons die blogprojek daarvolgens aanpas. En dit is vir Kersfees, dalk kan ons vir hulle ‘n Kersboom reel? Met geskenkies en dalk ‘n Kersvader? Dit is as hulle nie reeds so iets het nie. Hulle gee seker die kinders ook etes, dus sal kruideniersware nie te versmaai wees nie.

    Geld is nie ‘n opsie nie. Dit is onwettig om sonder ‘n fondsinsamelingsnommer geld in te samel.

  • 41. Nats  |  September 8, 2008 om 1 : 58

    Tweeling
    Ek sal iewers moet begin as ek mense wil help… soms om in die diep kant gegooi te word is die beste ding ooit!

    Maar gee my tyd ek sal eendag iets doen!🙂

  • 42. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 01

    Tweeling

    Onthou, daar is gewone mense ook wat hulp benodig. Jy moet kies waarmee jy empatie het.

  • 43. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 2 : 01

    Eish!! Ek wil so graag nog ‘n paar 5 sente ingooi ma my piesie laat my nie toe nie!

  • 44. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 03

    Willekjind

    Te vol?

    Soek jy ‘n deel twee of ‘n splinternuwe blog?

  • 45. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 04

    O ja

    Daar is n nuwe voorstel vir ‘n sisters motto by Seer voete.

  • 46. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 05

    Ek weet hulle kry geen staatsubsidies nie en groentes, kos en so aan is altyd welkom – maar ek sal biki gaan huiswerk doen en laat weet.

  • 47. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 07

    Tilla

    Laat hulle my dalk epos met hulle behoeftes?

  • 48. Nats  |  September 8, 2008 om 2 : 08

    Adrie
    Ek kies altyd diere… maar ek gee vir almal en als om. Maar nou nie ‘n tree hugger nie😉

    Ek is moeg… ek het die hele naweek in die tuin gewerk!!! My hele lyf is ook seer!!! En boonop is die honde so vuil na ons kompos gegooi het ek wil nie eens sien wat hulle aangevang het nie!!😯

  • 49. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 08

    En hulle agtergrond, missie en ander relevante inligting.

  • 50. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 2 : 10

    @ Adriana

    Ek dink nie ‘n nief blog sal die triek doen nie. Ek sal maar net al my hare uit trek!

  • 51. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 13

    Willes

    Ek is klaar besig om een te skryf. En ek soek 200 comments daarop.

    Watse 5 sente wil jy nog gooi?

  • 52. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 14

    Ek glo nie hulle het so iets soos ‘n rekenaar nie – maar ek sal biki deeglik gaan huiswerk doen en laat weet

  • 53. Nats  |  September 8, 2008 om 2 : 18

    Tweeling
    Jou idee wat Salome noem van Dorings en soms Rose?? Ek like dit kwaai!!

  • 54. WILLE KJIND Q  |  September 8, 2008 om 2 : 20

    @ A3

    Miskien moet ek ma eerder my se bek hou. Mense hou nie altyd van dit wat ek te sê hetti

  • 55. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 20

    Dankie

  • 56. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 23

    Nee man willes – jy kan nie jou se bek hou nie – ons ken jou nie so nie – as die mense dit nie laaik nie – shit sorry vir hulle !

  • 57. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 25

    Willes

    So what. Het dit jou al ooit gekeer?

  • 58. Beeld  |  September 8, 2008 om 2 : 44

    Help dié kinderhuis, want hy wil geen jongeling daar wegwys
    Sep 07 2008 06:46:24:013PM – (SA)

    Druk artikel
    E-pos storie aan ‘n vriend

    Sonja van Buul

    Mieliepap en hoenderpootjies – dís al wat Finetown se kinderhuiskinders eet tensy barmhartiges help.

    Twee susters wie se tante hulle aan ouer mans verkoop het vir seks, is onder die sowat 27 kinders wat daar woon. Finetown is ’n plakkerskamp digby Ennerdale, suid van Johannesburg.

    “Die polisie het die twee susters, wie se ma spoorloos verdwyn het, hier aangebring,” vertel ds. Wessie Wessels van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Ennerdale.

    “Meisies in Finetown van so jonk as 12 jaar se liggaampies word ‘verkoop’ vir R5 per dag, wat net ’n halwe brood op die tafel sit.”

    Volgens Wessels is die Finetown-kinderhuis een van vele projekte wat hy, ds. Danny Bock, die VGK Ennerdale en ’n paar individue aangepak het.

    “Sowat 70% van die gemeenskap is werkloos en werkendes, meestal huishulpe en mans wat ‘skroppies’ (los- werkies) doen, verdien karige salarisse.”

    Dié barmhartigheidsdiens voorsien ook medisyne, noodhulpkissies en opleiding aan tuisversorgers, verbeter die lewensgehalte van vigslyers wat nie antiretrovirale medisyne kry nie met vitamien-aanvullings en bedien hospiespasiënte. Die VGK verskaf ook sop, kos en klere aan die Finetown-gemeenskap.

    “Agt bewaarskole in die gebied het min of geen hulpmiddels nie. Ons kry geen staatshulp nie en maak staat op hulp van die gemeenskap,” sê Wessels. “Ons pak die projekte aan omdat ons nie ’n honger man, siek vrou of mishandelde kind aan hul lot kan oorlaat nie. Vertel my, hoe wys jy ’n kind weg?”

    Die Finetown-kinderhuis se wenslys:

    Kos en komberse

    Bybels

    Seep, Vaseline, Zambuk-salf, Dettol en tandepasta

    Boeke

    Bewaarskool-hulpmiddels soos speelgoed

    Verf vir opknappingsdoeleindes

    Bel Wessels by 082 826 2464.

    —————-

  • 59. *Mathilda*  |  September 8, 2008 om 2 : 45

    Lonely – I am so lonely

  • 60. Adrie  |  September 8, 2008 om 2 : 46

    Tweeling

    Ek sal dit ingedagte hou. Kom ons kyk waarmee kom Tilla vorendag.

    Nuwe blog.

  • 61. Beeld  |  September 8, 2008 om 3 : 07

    Adrie
    Ek het dit toevallig gelees en gepost omdat dit oor vandag se gesprekke gaan.

  • 62. Adrie  |  September 8, 2008 om 3 : 12

    Ek het die ook vanoggend gelees.

    Jy wil dalk jou naam terug verander.

  • 63. aventer  |  September 8, 2008 om 3 : 29

    Okay…my opinie is…nee. Daar hoort nie sulke goed nie.

    Dit gaan nou baie outyds klink, maar seks is nie net sommer ‘n manier om hormone onder beheer te kry nie (alhoewel party mense dit so sien.)

    Seks is iets wat GETROUDE mense gebruik om liefde aan mekaar te betuig of om kinders te he (whichever comes first)

    Verskoon die volgende vulgere kommentaar. As dit rerig nie anders kan nie moet hulle maar selfbevrediging toepas. Jammer, dis disgusting ek weet.

    Maar ja, om ‘n liefdeskamer te gee aan gestremdes te gee, skep die indruk dat okay is om seks te he net om jou hormone onder beheer te kry. En met wie gaan hulle seks he? Met mekaar of met “normale” mense?

    Dis uit en uit verkeerd. Lekker week Adrietjie.

    Plankie stuur groete😆

  • 64. carina  |  September 8, 2008 om 7 : 21

    Ek het nou al hierdie comments gelees en wil net een ding weet…Hoe op aarde weet jy dat hierdie verstandelik gestremde mense nie soortgelyke behoeftes as jy het nie? Hulle raak ook verlief en ja, sommiges met hoër kognitiewe funksies moet tog toegelaat word om uiting te gee aan daardie gevoelens. Ek stem saam dat voorbehoeding noodsaaklik moet wees en dat vrouens en mans beskerming teen verkragting moet geniet net soos normale mense…Wil jy nie graag hê jou “normale” tiener moet voorbehoeding gebruik en beskerm word teen verkragting nie? Ek dink om gestremdes daardie regte te ontneem, is wreed. Histerektomies? wil jy graag ‘n histerektomie op 20 hê?

  • 65. harrylouw  |  September 8, 2008 om 7 : 37

    “n baie taai turksvy ierdie…..

  • 66. Adrie  |  September 8, 2008 om 7 : 48

    Carina

    As ek kinders gehad het, sal ek graag wou he dat hulle glad nie seks hetvoordat hulle getroud is nie. Indien hulle morele waardes van my idee verskil, sal ek wil he dat hulle ‘n ingeligte besluit oor seks kan neem.

    My vraag is: Kan iemand wie se voog ‘n toestemmingsbrief moet teken ‘n ingeligte besluit neem daaroor? Ek twyfel.

    Oor historektomie: As ‘n mens erg getraumatiseer maandliks word, soos ek verstaan is die algemeen onder verstandelik gestremdes is, is die historektomie meer genadig.

  • 67. Bertus!  |  September 12, 2008 om 11 : 09

    Hierdie is ‘n baie interessante gesprek. Ek dink die denkfout tree in daar waar mens se^ verstandelik gestremdes is kinders. Hulle is natuurlik nie kinders nie. In sommige opsigte is hulle wel SOOS kinders, maar in baie ander opsigte is hulle nie soos kinders nie en moet hulle dit gegun word om die naaste ding aan ‘n normale lewe te he^ wat vir hulle moontlik is.
    In sommige opsigte is ons almal verstandelik gestremd en soos kinders. Ek het die skeinatvaardighede van ‘n st.6 kind en sal nooit beter daarmee word nie. Maar dit maak my nie ‘n kind nie. Ensovoorts.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: