Toets vir liefde

September 4, 2008 at 5 : 28 391 Kommentaar

Sonkind se vryerstoets het my laat wonder oor die liefdesspel wat mense gebruik.  Ek neem dit in 2 gevalle waar.  Een is waar die een maat alles in die stryd werp om tog net getroud te kom.  Dan is daar die wat ‘n toets het om te verseker die ander persoon is alles wat hulle na soek.

Die eerste klomp kan my partykeer teen die mure uitdryf.  Ek het dit nog net by vroue gesien.  Skielik stel ‘n man in haar belang.  Van dankbaarheid begin haar persoonlikheid sommer te verander.  Waar sy voorheen nie kon rugby spel nie, loop sy nie nou ‘n wedstryd mis nie.  Haar gunsteling gespreksonderwerpe word nou selde aangevoer, meneer hou nie daarvan nie of verstaan dit nie.  Dit gaan egter nie twee kante toe nie.  Sy stel in alles belang as hy.  In die verlede kon sy net karre op grond van kleur onderskei, na dese ken sy die specs soos geen ander nie.  Sy het selfs haar vrees vir slange oorwin. 

Die bogenoemde kan ‘n mens nog in ‘n mate verstaan en beslis daarvoor lag.  Ek wonder altyd wanneer hulle moeg vir die nuwe vel gaan raak.  Wat my vir ‘n 6 slaan, kom manlief by die voordeur in, waai onafhanklikheid by die agterdeur uit.  Skielik kan hulle nie meer bestuur nie.  Hy moet haar orals heen chaffeur.  Hulle kan nie meer op hulle eie besluit of hulle ‘n ladies night kan bywoon nie.  Hulle kan nie eers op die ingewing van die oomblik saam met ‘n vriendin of kennis koffie drink nie.  Alles moet eers deur hom goedgekeur word. 

Sonkind se storie val by die tweede groep in.  Dit is die mense wat hulle nuwe maats toets.  My een vriendin maak in die begin van haar verhouding die nuwe liefde smoorkwaad.  Wanneer hy aggressief raak, wys sy hom die deur.  In ‘n streepsak van ouens, het net een die toets gedop.  Dit was ‘n stryd om haar te oorreed om hom die deur te wys.  Een van my vriende neem altyd sy nuwe meisie huis toe.  Hy kyk dan hoe sy by die familie inskakel.  Sy druip as sy nie sy ma in die kombuis gaan help nie.  Iets wat ek al self gedoen het, was om ‘n kind in ‘n ou se arms te druk.  Hy het die kind ‘n myl ver weg van hom gehou en het net daar verder gedruip.

Party speletjies is glad nie aanvaarbaar nie.  Veral die wat begin met:  “As jy regtig lief was vir my . . . ”  Die is emosionele afpersing wat teen die wet behoort te wees.  Daar is die fortuinsoekerspeletjie.  Die reels is eenvoudig, melk elke liewe sent uit die slagoffer uit.  Die jaloersmaakspeletjie is siek. 

Speel jy?

Blogvraag:  Waaruit kom die volgende aanhaling oorspronklik?  “Love means not ever having to say that you’re sorry.”

Blogantwoord:  Fillepyne stuur die meeste sms’e in die wêreld.  Gemiddeld 15 smse per persoon.  ‘n Sms kos gemiddeld $0.11(R0.87) en het ‘n 90% winsgrens.

Net ‘n klein aptytwekker sonder om die hele fliek te bederf.

[

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

More and more and more!!!!!!! Lekkerbek

391 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 1 : 20

    Ek wens ek was by die huis!

    @ My 3ling se kloon

    Ek het ontvangs geneem van jou posduif. Ons het tot die 10de. Ek sal hartseer wees as jy nie kan saam gaan nie ma ek sal ook bly wees vi die rede hkm jy nie kan gaan nie.

  • 2. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 20

    En baie van die ander is nie meer deel van ons nie – ek dink ons moet ‘n nuwe begin maak

  • 3. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 21

    Willes – welkom terug

    My naam is gat, soos ek sê die omstandighede sal dalk net anders wees

  • 4. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 22

    Bitches & Witches was gekoppel aan Jacaranda. Ons het heeltemaal weggebreek.

  • 5. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 27

    Ek kan amper nie meer wag vir 22 Nov nie.

  • 6. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 29

    Dis even nog nader aan my skoonma hulle as laasjaar – gaan haar sommer die naweek vertel

  • 7. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 30

    Gaan sy die jaar weer deelneem?

  • 8. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 1 : 31

    Wat van sommer net kings en queens?

  • 9. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 33

    Dis juis hoekom ek haar gaan inlig en dan moet sy vir my sê of sy belangstel – ek hoop nie my ander helfte is op standby daai naweek nie

  • 10. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 33

    Eish

    Dit is omtrent stil vandag.

  • 11. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 1 : 35

    My comments vat so lank om deur te gaan dat ek nou al moet sê koebaai. Teen die tyd wat die comment deur gaan dan is dit al tyd om te sê koebaai

  • 12. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 35

    Willes

    Nee. Daar is net een Queen op die blog.

  • 13. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 35

    Willes

    Ek sal maar in die toekoms stadig met die videos.

  • 14. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 39

    Ons moet ook maar al die voorstelle (op seervoet rose) neerskryf en dan maar ‘n besluit maak, wat dink julle

  • 15. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 40

    Dit is ‘n plan

  • 16. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 41

    Stem almal saam Bitches en Witches is die jaar uit?

  • 17. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 41

    Ek stem

  • 18. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 42

    Ek dink ook Kings en Queens is uit. Die klink na aan die program.

  • 19. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 1 : 45

    Uit soos koekies inni weeshuis!

  • 20. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 49

    Die Wegloop kinders.

  • 21. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 52

    Willes

    Het jy al ‘n tiara?

  • 22. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 54

    Ons moet in gedagte hou dat dit ten minste moet pas by wat ons aantrek ook

  • 23. Adrie  |  September 5, 2008 om 1 : 56

    Ek is MAL oor die oorpak idee.

  • 24. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 58

    So iets soos Miners for Majors (dis mos eintlik Majors for minors) – maar dan pas dit by die oorpakke ook

  • 25. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 1 : 59

    Ons kan selfs vir ons gumboots kry en dit versier – hoë hakke daarop teken of so iets

  • 26. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 02

    Tilla

    Dit laat nie my sokkies op en af rol nie.

    Ek dink die oorpakke gaan rule juis oor die hakskoene. Hakskoene maak ook minder seer as gumboots.

  • 27. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 04

    Ek weet – ek het weer te vinnig gepost, na hy gepost het het ek gedink ek is mos nou weer dom ! Maar toe is dit te laat gewees

  • 28. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 05

    Bou en oorpakke gaan saam.

    Nou iets catchy met bou. . . .

  • 29. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 07

    Ons bou vir jou👿

  • 30. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 08

    Dit is tacky.

    Ai tog, my kop staan stil.

    Help!!!!!

  • 31. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 09

    Iets wat ek nou die dag gedink het nogal cool kan wees, is as ons elkeen ‘n roos aan ons uitrusting speld.

  • 32. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 09

    Oorpakke is ook werk.

    Werke teen merke.

  • 33. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 11

    Ons werk teen drolle.

  • 34. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 11

    Ons werk met drolle👿

  • 35. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 12

    Oranje pakke word in die tronk gebruik.

  • 36. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 13

    Waaroor Susters ook gaan.

  • 37. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 14

    Daar is soveel idees.

    Maar niks (behalwe die uitrustings) wat cool is nie.

  • 38. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 15

    Kan ons asseblief die jaar waterpistole he?

  • 39. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 15

    As julle nee se, bring ek in elk geval my eie.

  • 40. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 15

    Die ander oorpakke is te lig, jy kry blou, geel, wit, rooi, groen en oranje – glo my ek het al almal van hulle gesien en die oranje gaan die beste werk

  • 41. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 16

    Kloon

    Ek hoop jy weet Heksie ry saam met Tillie-Lief.

  • 42. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 17

    Tilla

    Ek dink ‘n mens kan iets doen met tronk. Weet nie wat nie.

  • 43. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 19

    Van die slogans wat ek al genoem het, hou ek die meeste van

    Gevaar!!!! Rose het Dorings

    Hell hath no fury, like a woman poked.

  • 44. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 24

    Ek oorweeg juis om vir haar ordentlike wiele te koop – heksie is welkom om saam haar te ry – jy moet net besef sy gaan papnat gespoeg wees !

  • 45. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 26

    Hell harh no fury . . . as we, when pissed off.

  • 46. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 26

    Bedoel hath

  • 47. See Kat  |  September 5, 2008 om 2 : 27

    Om te poep is nie ‘n sonde nie. . .
    A G Visser

    O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
    Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
    Die dominee praat lank en die son sit laag
    Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

    Eers word ek warm, en dan weer koud
    Nog nooit in my lewe was ek so benoud
    Dominee, Dominee praat tog klaar
    My rug trek krom die gort is gaar

    Dit knal en dit kraak en my derms kreun
    Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
    Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
    Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

    Die dominee bly stil sy oe omgedop
    Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
    Kort agter die hakke van die stereo klank
    Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

    Party begin te hoes, en ander te proes
    Ander weer waai met sakdoeke woes
    My oe traan, my kop die sak
    Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

    Sowaar as wragtig net die volgende keer
    Is dit toe presies wat moes gebeur
    Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
    Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

    Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
    Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
    Die dominee bly stil en gluur my aan
    ‘n ouderling begin woedend sy weg na my baan

    Ek spring met mening op om weg te hol
    Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
    Die ouderling kom nader sy arms bak
    Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

    My broek is nat en die pype staan wyd
    so het ek my laas as kind beskyt
    Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
    Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

    Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
    Hy “free wheel” my kop tussen my bene uit die kerk
    My sinne word dof van die walglike reuk
    Die ” cheek” om my kop tussen my bene te steek

    My maag is so seer, my bene die knak
    Al wat ek voel is die groot bol kak
    Die ouderling steun en druk aan die bol
    En druk die ding amper terug in my hol

    Buite los hy my en storm na binne
    Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
    Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
    Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

    Een ding het ek van kerkgang geleer
    As jou maag wil werk , sit naby die deur
    En as jou derms begin draai en jou poephol blom
    Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

  • 48. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 28

    En Than

  • 49. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 28

    He he … die baas het mos gesê ons kan 3 uur huistoe gaan – ek vra toe of dit sy final answer is – nou gaan ons vyf voor 3 huistoe !!!

  • 50. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 30

    Seekat

    Weet Visser dat hy dit geskryf het?

  • 51. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 31

    Julle is ook meer by die huis as by die werk.

    Tilla, is jy dan ‘n PA dat jy op PA day vroeg kan loop.

  • 52. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 34

    Any day will do for me – ek benut enige kans om vroeg huis toe te gaan !

  • 53. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 35

    Jy sou ook as jy ‘n pragtige oulike babatjie by die huis gehad het wat jy vreeslik mis !

  • 54. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 35

    Begin van die huis af werk.

  • 55. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 36

    Tilla

    Jy het al daardie streek gehad voor Tillie-Lief.

  • 56. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 37

    Glo my – as ek kon het ek !

  • 57. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 37

    Seekat

    Gaan jy die jaar kom saamloop?

  • 58. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 38

    Dis mos lekkerder by die huis as by die werk

  • 59. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 38

    Tilla

    Maak dan ‘n plan.

  • 60. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 39

    Waar is die entrepeneur in jou?

  • 61. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 40

    Lyk my ons kan darem 400 haal.

  • 62. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 40

    Salome

    Het jy eenstuk pakke ingedagte?

  • 63. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 41

    Ek is net ‘n volger – nie ‘n entrepeneur nie

  • 64. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 41

    As dit eenstuk is, kan dit nogal iets cools afgee.

    Ons maak dan elkeen ons eie slogan en hang dit om ons nekke.

  • 65. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 42

    My kop is ook maar lekker plat as dit kom by entrepeneursskap.

  • 66. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 42

    Dit is seker hoekom ek arm sal vrek eendag.

  • 67. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 42

    Adrie

    Die babygrow oorpakke werk beter !

  • 68. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 43

    Waar is Salome as ‘n mens haar iets wil vra.

  • 69. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 44

    Ek gaan gou vir jou ‘n posduif stuur – dit was nogal oulik

  • 70. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 44

    Mens kan dit of vol aantrek of om jou heupe knop.

    Ek het twee van hulle.

  • 71. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 45

    Willes slaap nou weer.

  • 72. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 46

    Nats maak of sy werk.

  • 73. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 47

    As dit warm is knoop jy hom om jou lyf – as dit soos laasjaar begin reën en koud word trek jy hom aan

  • 74. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 47

    Verons probeer haar baas wys sy is alles wat hy dink sy is.

  • 75. Search the Web on Snap.com  |  September 5, 2008 om 2 : 48

    Wat de hel?

  • 76. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 49

    Kloon

    Ons het dit baie as studente gedra. Myne kan stories vertel.

  • 77. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 49

    So naby maar ook so ver.

  • 78. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 50

    Kloon

    Die afgelope 100 was dit net ek en jy.

  • 79. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 51

    Ons is alleen. Ons kan van die ander skinder. 👿

  • 80. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 51

    He he …

    Okay julle – ek is oppad – lekker naweek – gedra julle

  • 81. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 52

    Hoeveel onse is daar in jou pond, Adriana?

  • 82. *Mathilda*  |  September 5, 2008 om 2 : 52

    Ag sorry kloon – ek gaan jou ook nou drop, maar ek sal aan jou dink

  • 83. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 53

    Soet wees kloon. Moet nou nie iets doen wat ek sou nie. (Behalwe as jy Mamma Mia gaan kyk.)

  • 84. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 54

    Nou is daar net een ons in ‘n pond.

  • 85. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 54

    Dink net hoe dik almal nou gaan wees. In ponde bedoel ek.

  • 86. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 55

    👿

  • 87. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 55

    Fine

  • 88. Adrie  |  September 5, 2008 om 2 : 55

    Ek kry die boodskap

  • 89. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 3 : 21

    Ek dink jy moet ‘n nuwe blog opsit met net enig iets as die post. NET NIE VIDEOS NIE!!!

  • 90. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 4 : 41

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( K O E W I E ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 91. WILLE KJIND Q  |  September 5, 2008 om 4 : 52

    Vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestelletjie

    = ‘n lighter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: