Volstruistaktiek

September 2, 2008 at 5 : 45 284 Kommentaar

Ek het ‘n klein ornamentjie van 3 elfies wat op mekaar se skouers sit.  In die sit word die een se ogies, die een se ore en die een se mond toegedruk.  See no Evil, Hear no Evil, Talk no Evil.  Die lewensleuse van die meerderheid mense. 

Ek verwys na mense se reaksies omtrent die euwels van die wêreld.  Hoeveel keer het julle al gehoor dat iemand sê hulle lees nie meer koerant nie, want daar is te veel dood en verkragting daarin?  As ‘n mens dit nie lees of sien nie, het dit seker nie gebeur nie.  Ons leef immers mos in ‘n Utopië, die land van melk en heuning.  Daar is ook geen nut daaraan om dit te bespreek nie.  Niks gaan die skade ongedaan maak nie, dus waarom almal se dag daardeur bederf?

Daar is niks daarmee verkeerd om jou met mooi dinge te omring nie.  ‘n Mens moet net nie jou begrip met die werklikheid verloor nie.  Ek is die ewige optimis, maar ek is realis.  ‘n Idealogiese optimis is ‘n gek, een wat in sy lewe niks bereik nie.  ‘n Realistiese optimis, besef daar is probleme, maar glo dat hulle oorwin kan word.  Een vir een en sodoende mee te werk tot ‘n beter, gelukkiger samelewing.  ‘n Realistiese pessimis sien nie kans om te probeer nie, want die geveg is reeds verlore.  ‘n Optimis gaan alles in die stryd werp om die uitslag te verander.  Met genoeg bereidwilliges en met genoeg tyd, sal hulle sukses behaal.  En net dalk lewe skenk aan ‘n werkbare idealogie. 

Bad things happen because good men don’t act. 

Noem my ‘n sot, maar ek glo ‘n wêreld vry van mishandeling is moontlik.  Dit gaan egter nie kom van wegdraai van boosheid nie.  Dit is op een manier moontlik.  Loop die boosheid storm en beveg dit.  Hand en tand.  Stap een is om dit oop te vlek om sodoende bewus te wees van wat agter geslote deure gebeur.  Maak dit bekend aan almal wat bereid is om te luister, daardeur word mense opgevoed.  Hulle weet dan ‘n volgende keer waarvoor om op te let.  Praat daaroor.  Dikwels aanvaar slagoffers dat mense hulle gaan veroordeel.  Hulle pleit skuldig op iets wat buite hulle beheer was.  Hoe meer mense mishandeling (en verkragting) gaan verstaan, hoe meer mense hulle teen mishandeling uitspreek, hoe gouer gaan slagoffers sonder ‘n skandvlek kan bestaan. 

Ons weet nie wie van ons word mishandel nie.  Ons weet nie wie se kinders word gemolesteer nie.  Ons weet nie wie was verkrag nie.  Jou ondeurdenkte uitlatings kan bepaal of daardie persoon gaan hulp soek of krepeer.  Stilswye kan as aanvaarding gesien word.  Stilswye kan die sirkel van geweld sterker laat word.  Stilswye kan jou medepligtig maak.

Daar is tye wanneer See no Evil, Hear no Evil and Talk no Evil gelykstaande is aan Do Evil.  Al was dit nie jou bedoeling nie. 

Nota:  Ek weet ek het die apies se betekenis effens verdraai, maar dit illustreer my punt duidelik.

Blogvraag:  Wat is die drie wyse apies, See no Evil, Hear no Evil and Talk no Evil  se name?

Blogantwoord:  Willekind was reg met Robert Blincoe (1792 – 1860).

PS!!!!  Gaan kyk by Seer Voet Rose vir inligting oor Sisters with Blisters.  Jou kans om ‘n standpunt teen mishandeling in te neem.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Please sir, may I have more? More and more and more!!!!!!!

284 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 20

    Olga – toemaar jong, Liefie hoes ok maar as dit by die Vodacom rekening kom

  • 2. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 21

    Het die boere hard gewerk ?? of kon hulle net beter “organise”??

  • 3. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 21

    Hallo my Lam
    Ja, ja, storietjies, storietjies. Ek is seker julle sit net en koffie drink

  • 4. Nats  |  September 3, 2008 om 11 : 21

    Hello hello!!!

    Sorry julle het nog nie gelees nie… da is nie tyd nie en nou moet ek amper Jet Park toe ry!!!! Agggggg

    En ek het ‘n invoice gesoek vanoggend… dis kos my om alles na te gaan en ALLES van voor af te doen!! Eish die baas was lekker paniekerig! (spelling??)

  • 5. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 22

    Man Klip, moet nou nie staan tegnies raak nie,. Hulle het alles geinisieer, anders sou ons vandag nog in modderhuisies met grasdakke gebly het.

  • 6. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 22

    CELL C for yourself

    ferrari welkom!

    Always give 100% at work:
    12% Monday
    23% Tuesday
    40% Wednesday
    20% Thursday
    5% Friday

  • 7. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 22

    salome is jy nou te vrede hie is ek ma niemand wil met my praat nie hulle het my seke vegeet

  • 8. olga  |  September 3, 2008 om 11 : 23

    Ja, ons regering is slim. As jy kyk na die spoed waarmee alles moerland toe seil. Maar toemaar wat! As die 100% zuluboy eers aan bewind is, dan sal alles so accelerate, voor jy weet waar jy is, is ons by uganda ingelyf.

  • 9. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 23

    ferrari, dis Woensdag , so jy hoef net 40% te gee vandag

  • 10. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 23

    Ferrari
    Maar gee kans, die mense skrik hulle so dood om ‘n vreemde te gewaar dat hulle eers moet kyk of dit veilig is om nader te kom.

  • 11. Roer  |  September 3, 2008 om 11 : 24

    Hallo wille kjind! Dit gaan goed met die antie. Sy wens net sy het meer tyd gehad vir blog en Facebook. Gaan jou goed my kjind.

  • 12. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 25

    as ek so moet werk dan sal ek sekerlik bankrot raak jy hoor juis hoe breg my vrou oor die vodacom rek wat ek moet betaal

  • 13. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 26

    Olga, Zimbabwe gaan by Limpopo ingelyf word.

    Ek het die antwoord vir n hoe cell foon rekening …stuur net please call me’s , dan word jy gebel as hulle met jou wil praat

  • 14. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 26

    Olga
    Eindlik is die politiek vir my ‘n nagmerrie want dit lyk daar ok of almal volstruistaktiek toepas. Hulle weet buite woed die storms, maar hulle ignoreer dit liewer.

  • 15. olga  |  September 3, 2008 om 11 : 28

    Aangename kennis ferarri. More.
    Klip

    Die ou boere kon beter delegeer. daarom het hulle baie uitgerig gekry.

  • 16. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 28

    Question:
    Which is worse, Ignorance or Apathy?

    Answer:
    I don’t know and I don’t care.

  • 17. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 29

    Power corrupts and
    absolute power is kinda neat.

  • 18. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 29

    Olga
    Dis waar, maar agter die delegeer moes ‘n bietjie verstand ok gewees het – en let wel nie gekoopte universiteits paiere soos wat deesdae die ronte doen nie.

  • 19. olga  |  September 3, 2008 om 11 : 30

    Dis net renoster in die politiek salome. niks kan tot die goed deurdring nie.

  • 20. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 31

    Ferrari
    Het jy nou al Klippie se verskonings gesien oor die kuiery Saterdag by die teetuin. en dan sê hy ons mense moet meer kuier . . .

  • 21. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 31

    rolling stone
    as jy nou va politiek wil praat dan laat ek jou vertel ek werk tans met die medupi projek hard besig om die nuwe stasie te ontwerp . want die nuwe s afrika engineers weet nie hoe om dit te doen nie
    al wat hulle vi jou kan gee is die specs wat in die boeke staan maar dan se hulle nog by dat dit net n skatting is en die finale produk uit my hande moet kom . met ander woorde die nuwe eskom spec kom uit my hande.

  • 22. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 31

    Waar kan ek “papiere” koop , my getroue bywoning sertifikaat vir graad 1 bring my nerens

  • 23. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 33

    Olga
    Ok waar – wat laat julle dink ons het die willetuin aan bewind in die goewerment

  • 24. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 33

    ferrari, dis hoe dit gaan , sorg net dat jou invoices gelaai is .

  • 25. olga  |  September 3, 2008 om 11 : 34

    Amper etenstyd. ek moet koskas maar gaan klaar skrop en alles bere. net nou kom my staan vroeg huis toe, sien wat is alles in die kas. of uit die kas, dan koop hy volgende maand net obs.

  • 26. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 34

    Haai siestog Klippie. Jy moet vir Ferrari vra, hulle kry sommer uitnodigings op die internet om aan te vra vir papiere – kos net ‘n paar rand . . .

  • 27. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 35

    Olga
    Sterkte, gelukkig met my staan hier, weet ek hy is nie oppad huis toe nie.

  • 28. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 36

    dit is gelukkig ons enigste verweer in die nuwe land va ons ons maak sakke vol geld uit hulle dom geit uit maar hulle kom dit nie eers agter want hulle steel te veel

  • 29. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 36

    What is a free gift? Aren’t all gifts free?

  • 30. Salomè  |  September 3, 2008 om 11 : 37

    Ek gaan ok nou waai.
    Baai julle

    PS; wonner waarvoor Adrie nou weer so hinderlaag lê. Sy beoefen ok seker volstruistaktiek.

  • 31. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 39

    Hier by ons gaan dit net so beroerd….dis so onregverdig..

    Ek het darem papiere , vir strooi praat😆

  • 32. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 40

    Hier by ons is die gravy train tjok en blok vol, en hy stoom voort

  • 33. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 41

    hallo klippies da is n web site oorsee wa jy enige graad kan koop tot n MBA ek sal dit vi jou in die hande kry. advertensie se nogal , wl jy n dokter wees ja jy kan stuur net vir ons n e mail wat jy wil wees en ons sal vi jou die nodige papiere stuur heeltemal legal

  • 34. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 42

    Sy le hinderlaag

    Le laag en hinder niemand nie

  • 35. ferrari  |  September 3, 2008 om 11 : 44

    groete almal ek moet nou eers in meeting in met ishkom

  • 36. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 46

    Ek wil graag in ginekologie ingaan……

  • 37. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 11 : 47

    Ek bedoel geologie.

    Groete ferrari, geniet jou meeting ..

  • 38. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 11 : 50

    Eish!!! Ek draai my rug dan val ALMAL wee in! Tot ou Ferrari was hier! GMPF!!!

  • 39. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 11 : 55

    En weg is almal

  • 40. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 11 : 56

    Ek is ook weer terug

  • 41. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 03

    Ek is ook nog hier , moes net gou n paar vra beantwoord vir die Nosa auditors….

  • 42. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 04

    TILLA!!!!

  • 43. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 04

    KLIP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 44. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 05

    WILLES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 12 : 06

    Ek moes ook eers biki training doen op die stelsel, maar nou is ek hier – totale onverdeelde aandag

  • 46. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 06

    IEMAND!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 47. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 08

    @ Tilla

    Almal het mos gewag lat ons net ons rue draai. Nous die klomp weg!

  • 48. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 13

    First Guy (proudly): “My wife’s an angel!”
    Second Guy: “You’re lucky, mine’s still alive.”

  • 49. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 14

    WILLE KJIND Q

    Jy sien wat gebeu as jy jou rug draai, kyk nou vorentoe en flash , al is dit net n smile

  • 50. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 15

    YIPPEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 51. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 17

    Kyk nou net so n smile………

  • 52. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 17

    “I’ve had bad luck with both my wives. The first one left me, and the
    second one didn’t.”

  • 53. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 19

    When a man steals your wife, there is no better revenge than to let him keep her.

  • 54. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 12 : 22

    Seker is dit etens uur

  • 55. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 12 : 33

    Klippie

    Dit lyk my so

  • 56. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 53

    Wat is brandende liefde?………

    Dis wanneer jy in die donker die Vaseline soek en die Vicks raakvat!

  • 57. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 54

    Gatiep en Maraai stap uit Spar uit met ‘n pram Maraai kyk in die pram en skree:

    “DISSIE VERKEERDE kind!!!”

    Gatiep se: ” Sjut-up man dit is ‘n beter pram!”

  • 58. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 55

    Dominee en ouderling doen huisbesoek by ‘n sexy weduwee met ‘n lae halslyn.
    Om haar nek is ‘n kettinkie met ‘n goue kruis wat laag hang. Die dominee sien hoe die ouderling staar. Hy vra:

    “Broer, is jou oog op die kruis gerig?”

    Ouderling: “Nee dominee, ek hou die twee sondaars weerskante dop.”

  • 59. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 56

    Sekretaresse sien haar baas se gulp is oop. Sy se:

    “Meneer, jou garage deur is oop.

    Hy: “Sien jy my Ferrari?”

    Sy: “Nee, ek sien ‘n klein scooter met twee pap wiele.”

  • 60. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 56

    Man wil sy van verander. Vrou by Binnelandse Sake vra:

    “Hoekom, wat’s fout met u van?”

    Man: “My van is Nis ”

    Dame: “Wat’s fout daarmee?”

    Man: “Skakel my kantoor en vra vir Mnr. Nis

    Die dame skakel en vra vir Mnr. Nis .

    Ontvangsdame aan ander kant: “Is dit Mnr A.Nis of Mnr P.Nis?”

  • 61. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 57

    Verpleegster grawe in haar handsak vir ‘n pen om ‘n tjek uit te skryf.

    Sy haal ‘n anale koorspen uit.

    “Verdomp”, sug sy, “Een of ander poephol het alweer my pen.”

  • 62. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 12 : 58

    Gatiep loop met ‘n spul sinkplate onder sy arm die straat af. Sy pel vra: “Wat is daai?” Gatiep: “Ek is vanoggend geskei en ek het die huis gekry.”

  • 63. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 12 : 59

    Willes

    Ha ha ha ….

  • 64. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 16

    Ag nee man – waar is die planeet se mense ?

  • 65. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 18

    Hallllllooooooooo ?????? Anybody out there ?

  • 66. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 20

    @ *M*

    Ek sukkel my gat af om te blog deur die dag. En as ek eventually hie uitkom dan is daar ook niemand nie. Jou kloon lê en slaap iewers jong!

  • 67. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 20

    Koewiiiiiieeeeeeee !!!

  • 68. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 21

    Ek worry nie oor haar nie want ek weet hoekom sy nie hier is nie – maar die ander het geen geldige verskoning nie !

  • 69. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 26

    Sê ek ok!!! Dis kak sleg van hulle om ons hier al1 te los. TSK!!

  • 70. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 27

    PICK UP LINES THAT WORK IN……………………

    1) Did you farted, cause you blew me away!

    2) Is your parents retarded, ’cause you sure is special.

    3) My Love for you are like diarrhoea… I can’t hold it in.

    4) Does you had a library card, ’cause I’d like to signs you out.

    5) Are there a mirror in your pant, because I can saw myself in them.

    6) You maybe isn’t the best looking girl here, but beauty is only a light switch away.

    7) Dialogue:
    Man – “Fat Penguin!”
    Woman – “WHAT?”
    Man – “I just wanted to say something what can like to break the ice.”

    8) I may not be Fred Flintstone, but I can like to make your bed rock.

    9) Your eyes is so blue as window cleaner.

    10 ) If you is going to regret this in the morning, we can sleep till the afternoon.

    11 ) I maybe not is Mr. Right, but I can like to stoot you till he showing up

  • 71. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 27

    Hey moere ! Word wakker !! Kom gesels biki met my en my kloon se 3ling ! NOU !!!!!

  • 72. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 29

    When something good happens, we drink to celebrate…

    When something bad happens, we drink to forget!

    When nothing happens, we drink so that something does happen.

    We can’t go on like this people… Can we meet for drinks later so we can talk about this

  • 73. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 33

    Willes

    Dis ok net I&J wat die blog vandag aan die gang hou

  • 74. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 33

    @ sam
    jy hier?

  • 75. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 34

    ((((((((((((sam)))))))))))))))))))

  • 76. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 36

    ag tog!

  • 77. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 37

    ‘As you exit the plane, make sure to gather all of your belongings. Anything left behind will be distributed evenly among the flight attendants. Please do not leave children or spouses……except for that gentleman over there.’

  • 78. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 1 : 38

    Die jong dame en haar vriend het jare lank gekorrespondeer en diep verlief geraak sonder om mekaar ooit te ontmoet. Maar eendag vra die vriend die jawoord, en hulle haak af en vertrek op hul wittebrood. ´n Week later ontvang die moeder van die bruid ´n traanbedrupte brief:
    Moeder, ek is diep geskok. Ek het op ons huweliksnag ontdek Jan het net een voet.
    Ma is nie links nie en skryf terug:
    Ek weet nie hoekom jy kla nie, jou pa het net drie duim.

  • 79. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 1 : 41

    Matilda…..ek is ook hier😆

    Poplap hallo daar

  • 80. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 42

    rolling stone

    ahoy!

  • 81. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 43

    ((((((((((willekjind)))))))))))))))))

  • 82. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 44

    POPLAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 83. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 45

    elllloooo

    raai net bietjie waarop het ek my hande?

  • 84. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 46

    Eventually ! Jissie jong – ek het julle gesoek

  • 85. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 46

    A plane was taking off from Kennedy Airport . After it reached a comfortable cruising altitude, the captain made an announcement over the intercom, ‘Ladies and gentlemen, this is your captain speaking. Welcome to Flight Number 293, nonstop from New York to Los Angeles . The weather ahead is good and, therefore, we should have a smooth and uneventful flight. Now sit back and relax… OH, MY GOD!’ Silence followed, and after a few minutes, the captain came back on the intercom and said, ‘Ladies and Gentlemen, I am so sorry if I scared you earlier. While I was talking to you, the flight attendant accidentally spilled a cup of hot coffee in my lap. You should see the front of my pants!’

    A passenger in Coach yelled, ‘That’s nothing. You should see the back of mine!’

  • 86. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 1 : 47

    Hoekom klop ‘n man se hart vinniger, raak hy lam in die knieë en kan hy nie praat nie wanneer ‘n vrou leerklere dra?
    Want sy ruik soos ‘n nuwe bakkie.

  • 87. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 48

    lol

  • 88. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 49

    WAT! VERTEL!!!!!!!!! VERTEL!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 89. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 1 : 49

    Jy was by die verkeerde plek Mathilda.

  • 90. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 49

    prison break season 4 episode 1 en 2

    we we

  • 91. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 50

    @ KLIP

    WHUHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 92. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 50

    Issie – vra vir daai weeswillekjind – dit was net ek en sy op ons eie lonesome self hier

  • 93. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 51

    ek neem aan jy voel dieselfde daaroor as ek….

  • 94. poplap  |  September 3, 2008 om 1 : 57

    😦

    ek dog nou ek deel my opgewondenheid met iemand

    thanx hoor

  • 95. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 1 : 57

    En daar is hulle alweer weg !

  • 96. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 1 : 59

    @ Poplap

    Ek het dit laaaaaaaaankal!!!! He! He!

  • 97. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 2 : 02

    “LIFE’S A JOURNEY”, so,

    RY HOM IN SY MOER!”

    Spring op, gooi jou hare terug, klap jouself op die gat en skree….
    “HEL, MAN, EK IS BLERRIE GORGEOUS”

    Koop ‘n lotto ticket!! Of nie . . .

    Live on the edge my ou pel, otherwise you take up too much space –
    Wys jou MUIS en hang jou SLANG.

    Hel man, … lewe , LEWE tog net!

    Die lewe is ‘n lied, al sing jy dit blerrie vals (die woorde moet jy net self skryf)

    So, ontspan, maak los jou broekrek, spring op en af en poep soos ‘n kwagga, maar……ontspan tog net!!!!!!!!!!!!

  • 98. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 07

    Poplap, ek kon net dink jy het jou hande op die keybord

  • 99. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 08

    Koos en sy meisie stap op sy plaas toe hulle sien hoe ‘n bul ‘n koei skraap.
    “Ek sal nie omgee om dit te doen nie.” sê Koos.
    “Nou doen dit.” sê sy meisie, “Dis tog jou koei.”

  • 100. poplap  |  September 3, 2008 om 2 : 08

    willekjind

    jy jok dit was eers maandag op die net beskikbaar

  • 101. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 09

    Van der Merwe tel ‘n Engelse girl in die bar op. Hy vra: “Your place or mine?”
    Sy antwoord: “I’m on my menstrual cycle.”
    Hy sê: “Dis niks! Ons gooi hom sommer agter op die bakkie!”

  • 102. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 10

    poplap , met n pistool en n dreigement kan n mens enige iets in Pretoria kry , of wat se ek Willekjind

  • 103. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 11

    “Koos, wat is die eerste reël van die volkslied?”
    “Jy moet op aandag staan” antwoord Koos.

  • 104. poplap  |  September 3, 2008 om 2 : 12

    stront met strepe!

  • 105. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 12

    Koos, sê Mike, jy sal moet ophou drink. Drank is ´n stadige gif!
    Miskien is jy reg, antwoord Koos, maar ek is nie haastig nie.

  • 106. poplap  |  September 3, 2008 om 2 : 13

    nou ek sommer befok!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 107. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 14

    Koos en Mike speel gholf in die Kaap en die suidooster waai sterk soos gewoonlik. Elke keer wanneer hy gereed maak staan Koos met sy voete al verder uitmekaar tot hy uiteindelik wydsbeen staan.
    Mike: Waarom staan jy so swaer?
    Koos: Ek het les gehad by Gary Player en hy het gesê hoe harder die wind waai, hoe laer moet jy jou balle hou.

  • 108. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 2 : 15

    4KKIT!!!!!!!!!!!!!! EK MOET GOU BQ WERK. Praat later my chinas

  • 109. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 15

    Wat is fout poplap????

  • 110. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 18

    poplap, dit klink so mooi as jy “foreign” praat😆

  • 111. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 20

    Koos van der Merwe was maar arm. Toe trou sy seun en Koos kon dit net-net bekostig om die paartjie vir een week se wittebrood Durban toe te stuur. Na ´n week kry hy toe ´n telegram van klein Koos uit Durban.
    Stuur asseeblief nog geld, Pa. Dis baie lekker hier.
    Waarop Koos toe die volgende telegram terugstuur:
    Die geld is op. Kom huis toe. Dis oral lekker.

  • 112. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 21

    Klippie

    Weer so skerp soos ‘n graad 1 potlood

  • 113. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 2 : 22

    @ Poplap

    Moetie my blameer as jy kak konnêktions hetti😉

  • 114. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 24

    *Mathilda* hoe het jy geraai , my middel naam is “potlood”😳

  • 115. WILLE KJIND Q  |  September 3, 2008 om 2 : 25

    @ Klip

    Ek kan ok forren praat……….. watch die een

    @ Poplap

    Es ist nicht meine Störung, wenn Sie nicht die korrekten Beziehungen haben, zum Sie zu helfen

    NEE WAG!!!! Ek moet nou rerig erig ga werk!!

  • 116. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 25

    Klippie

    Ek sien jy doen jou naam gestand – ek is baie trots op jou, hou so aan

  • 117. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 26

    *Mathilda* tot hoe laat moet jy in die sweet van jou aangesig jou brood verdien??

  • 118. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 26

    Ag nee willes – jy praat net forren as jy kwaad is – hoe nou ?

  • 119. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 26

    4 uur elke dag !

  • 120. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 2 : 27

    Klein Koos se ma betrap hom in die badkamer waar hy met homself doenig is.
    Ma: My kind, weet jy, jy gaan blind word as jy dit te veel doen?
    Klein Koos: Ag Ma, kan ek nie maar net aanhou tot ek moet begin bril dra nie?

  • 121. Adrie  |  September 3, 2008 om 2 : 28

    Hallo Almal

    Adrie is on the blog.

    Wat het ek gemis?

  • 122. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 29

    KLOOOOOOOONNNNNN

  • 123. *Mathilda*  |  September 3, 2008 om 2 : 33

    Hallo en koebaai julle – ons baas het ons so pas afgegee net oor dit secretaries day is ! Ek gaan na my baba toe !!!!

  • 124. Adrie  |  September 3, 2008 om 2 : 36

    Cheers Kloon

  • 125. poplap  |  September 3, 2008 om 2 : 43

    a3
    hello

  • 126. poplap  |  September 3, 2008 om 2 : 44

    wat het daai willewildtuinwoman nou vir my gevloek?

  • 127. Adrie  |  September 3, 2008 om 2 : 46

    Poplap

    Lyk my almal het ons hier gelos. Hoe gaan dit?

  • 128. Adrie  |  September 3, 2008 om 3 : 03

    Vir my alleen gelaat.

  • 129. Adrie  |  September 3, 2008 om 3 : 11

    Flippiefanus

    Ek hoor wat jy se van sensitiwiteit verloor. Ek het juis ‘n ruk terug ‘n blog daaroor geskryf. Meer as die nuus, is die hoeveelheid grafiese geweld rondom ons.

    Die slag gaan my blog verder. Weet jy, daar is vandag nog mense wat glo dit is die meisie se skuld as sy verkrag word. Daardie mentaliteit word net deur gesprekvoering gebreek. Hulle weet nie beter nie.

  • 130. Rolling Stone  |  September 3, 2008 om 3 : 43

    Koos is ´n wonderlike minnaar, en vertel graag hoe meisies die wêreld deur swymel.
    Na die tyd sê die Franse mademoiselle: C’est magnifique!
    Die Engelse roos sê: Wonderful!
    Die Amerikaanse meisie sê: Fantastic!
    En die Afrikaanse meisie sê: So nou het jy seker al jou respek vir my verloor!.

  • 131. erns  |  September 3, 2008 om 3 : 54

    Vandag gaan ek als wat ek te veel van het met my maaitjies deel.

    Hier’s my lysie, pick jou geskenk:

    Selluliet, vet, pap pensvel, skuld, worries,

    hang boobs, breë boude en vet flabby arms.

    Hoop jy kon ietsie kry waarvan jy hou!!!

    Moenie skaam wees nie, vat genoeg!!!

  • 132. erns  |  September 3, 2008 om 3 : 56

    ‘n Paramedic word tydens ‘n kragonderbreking geroep na huis waar ‘n vrou in kraam is.

    Daar aangekom is die enigste bron van lig ‘n flits wat die 3-jarige Sannie

    vir hom moet vashou.

    Groot oë kyk Sannie na alles, tot waar die paramedic klein Jannie aan sy voete

    oplig en sy boudjies slaan.

    Paramedic vra: “Wat dink jy hiervan?

    Sannie “Hy moes in die eerste plek nie daar ingekruip het nie, MOER hom weer!!”

  • 133. See Kat  |  September 3, 2008 om 4 : 40

    Erns

    Hoeveel hang boobs het jy want ek soek drie?
    HAHAHAHA!!!!!!!!!

  • 134. Wipneus!  |  September 3, 2008 om 5 : 42

    Ek is op die oomblik ‘n volstruis: See no Evil, Hear no Evil, Talk no Evil. Hoekom? Dit pas my en ek verkies dit so op die oomblik!
    Dis ‘n keuse wat ek ook sterk kan aanbeveel. Mens raak soms siek vir die elke dag se negatiewe nuus, of poniekoerante se geprewel oor ander se lewens. Die nuus is maagpyn op sy beste, dis in elk geval propoganda!! Verder is dit skinder, sensasie.
    Die een het daardie een vermoor. Die ander is besig om tronkstraf vry te spring, omdat die res van die land nie kan of wil verstaan dat hulle geld gesteel het nie!

    Dankie maar nee dankie! Ek geniet dit in “la-la land” of nog beter “Neverland” 😈

    Maar dit was ‘n goeie inskrywing! Laat die wat ore het hoor!

    Groete
    Volstruis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: