Please sir, may I have more?

September 1, 2008 at 6 : 08 442 Kommentaar

Oliver Twist is die eerste weeskind wat die meerderheid van ons se verbeelding aangryp.  Die omstandighede van sy kinderhuis was haaglik.  Ek het altyd aanvaar dat tyd wysheid gebring het.  Daar is immers baie eeue tussen Oliver Twist en vandag.  Sonkind het eendag geskryf oor die oorlogwesies wat na Australië toe gestuur is.   Heelwat later as Oliver Twist, maar wat kan ‘n mens verwag van ‘n land wat met misdadigers bevolk is. 

Ek het altyd ‘n rand of twee om aan enige weeshuis te skenk.  Ek het altyd die prentjie van ‘n groot koshuis in my kop gehad wanneer ek aan ‘n weeshuis gedink het.  Marilee McCalaghan se Fielaflooi (gaan soek en lees as jy dit nie ken nie), Die Verklikker en Wenners het die prentjie versterk.  Ena Murruy se Stuur Groete aan Pappa (nog leeshuiswerk) het die stelsel van kleiner huise gebruik, maar dit was nog steeds ‘n koshuis. 

Later het ek as ‘n student ‘n paar kinderhuise besoek en besluit dat weeshuise nie so erg is nie.  Dit is eindlik ‘n luukse koshuis.  Die kinders het selfs meer as die wat by hulle ouers woon, maar dit maak nog nie op vir die feit dat hulle nie by hulle ouers kan bly nie.  Ek het al projekte met die kinders probeer loots, maar die bestuur het dit nogal duidelik gemaak dat hulle net fondse benodig.  Ek het wel met een projek geslaag en het met die meeste van die kinderhuise in Pretoria se samewerking gekry.  Die projek het op meisies gefokus en hulle het vir my heel gelukkig voorgekom. 

Van tyd tot tyd google ek self die terme wat mense na Dorings verwys het.  Ek kom toe af op iemand se herinneringe van ‘n weeshuis in Johannesburg.  Die gebeure het in die 60’s afgespeel, toe die mense beslis van beter geweet het.  Ek het rondgekrap en daar trek beslis ‘n rokie.  Dit is om van siek te word, moenie gaan lees as jy ‘n klein hartjie het nie.  Van die gebeure in daardie kinderhuis het mense van God vervreemd.  Die kinders was in die kerk se huis nie genade betoon nie, hoe kan ‘n God dan genade betoon soos wat daar aan hulle voorgehou is.  Ek wil nie op die besonderhede ingaan nie, maar daar is “kinders” wat beweer dat hulle nie een goeie gedagte van die plek behou het nie.

Hoe gaan dit vandag regtig in kinderhuise?  Word die kinders nou al toe gelaat om kinders te wees?  Sidder hulle nog van vrees as die toesighouers naby is?  Is daar darem mense met integriteit aan die bestuur van die kinderhuise? 

Een ding wat my die stories opgeval het, is dat die kinders nie van ander mense weggehou is nie.  Hulle is met vrees gesnoer.

Blogvraag:  Oliver Twist was geinspireer deur ‘n man se vertellinge (1830’s) oor sy swaarkry kinderdae in ‘n katoenmeule.  Wat was die man se naam?

Blogantwoord:  As Willekind gedink het ‘n Deense hond is ‘n Great Dane, dan is sy reg.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sonde met die Honde Volstruistaktiek

442 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  September 2, 2008 om 1 : 02

    Klip
    “Apparently” sê jy, ek dink ons almal weet hoe vuil en morsig die water hier in ons omgewing is. Dit kos baie geld om als skoon en sonder vlekke te hou en dan is die stof ook nog pikswart.

  • 2. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 02

    Ek probeer die copshop vermy

  • 3. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 03

    Klip

    Soos?

  • 4. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 04

    Ons het dit maar swaar hier …..die enigste plek waar n mens kan sien wat jy inasem

  • 5. Salomè  |  September 2, 2008 om 1 : 05

    Adrie
    Jaaaa jong, dis vreetsaam tyd en tyd om die kinners by die skool te gaan haal. Ek sal ok moet ry om vir oudste te kry. Ai tog, weer al die pad terug na waar ek netnou al was.
    O ja, blondekop is bietjie koorsig en het ‘n uitslag op sy wange. Weet nie wat dit is nie, maar hy is ok al klaar nie meer siek nie – wonder of dit nie bietjie skoolsiek was nie?

  • 6. Salomè  |  September 2, 2008 om 1 : 07

    Klip
    G’n wonner dis Adrie se least favourite plek . . . As jy weet waar sy naweke gaan kuier sal jy ok nie op ons dorpie gesien wil word nie.

  • 7. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 08

    A3 n mens praat nie oor die winkels op n respeketabele plek soos die blog nie .

  • 8. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 08

    Ek is biki werksiek vandag !

  • 9. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 10

    Al die mense van ander dorpe besoek die winkels wat hulle nie op hulle dorp besoek nie .

    Soos byvoorbeeld , ek gaan nie by ons R5 winkel in nie , maar ek koop maklik op n ander dorp se R5 winkel

  • 10. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 11

    Saloom

    Daar is plekke erger as Witbank. Nie baie nie, maar daar is.

  • 11. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 13

    *Mathilda* ek ook ……wat se plan kan n mens maak om hierdie aaklige siekte te kom?

  • 12. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 14

    A3 waar kuier jy oor naweke?? wat beter is as hier by ons??

  • 13. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 16

    Sy kuier by mamma mia

  • 14. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 16

    Tot die rottweilers is bang om alleen in die strate te loop

  • 15. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 18

    Salome , groete vir daai wederhelf van jou

  • 16. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 18

    Klip

    A lady never tells

  • 17. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 19

    Eish klippie – wa bly jy ?

  • 18. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 19

    A3 ook weer waar ,hoe kan ek nou waag om te vra😆

  • 19. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 20

    *Mathilda*

    eMalahleni …….

  • 20. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 21

    Beslis nie in Danville nie – daar byt die kinders die honde !

  • 21. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 21

    Sommer naby my

  • 22. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 22

    In hierdie uitbreiding waar ek bly byt die kinders die honde , my veearts se hy het nog nooit so baie prozac voorgeskryf soos vir die honde in ons straat nie

  • 23. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 23

    Jinne nee! Ek sukkel my gat af vandag om te blog!!

    Dis seke oorlat ek hommer is van al die kos gepraatery

  • 24. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 24

    *Mathilda* nou hoe ver bly jy hier van Witbank af? as ek mag vra.

    Nou die dag n rondloper hond gevang wat sit en gom snuif

  • 25. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 25

    WILLE KJIND Q

    Waarvoor is jy lus?? dan praat ons daaroor

  • 26. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 25

    Tilla

    Waarheen het jy die posduif gestuur? Nuwe of ou adres?

  • 27. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 25

    So 50km min of meer

  • 28. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 27

    A3 solank daai posduif nie oor Witbank is nie …..

  • 29. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 27

    Nie juis dat dit saak maak nie. Die duif is nie by die ou of nuwe hok nie.

  • 30. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 29

    *Mathilda*
    Ek ry elke dag 50 km werk toe , so jy bly seker in een van die ander rigtings

  • 31. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 30

    Ek se mos nog altyd …. n geringde duif vlieg die beste.

  • 32. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 31

    Klippie

    GaNala

    kloon

    Adrie se mail soos gewoonlik

  • 33. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 32

    meeste van die tyd by sy eie hok verby

  • 34. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 34

    Ek het ook daar gebly voor ons Witbank toe getrek het , laaste wat ek daar was is toe ons die kinderhuis daar onder in plankies dorp besoek het

  • 35. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 35

    Panty valley ! He he … die regte kinderhuis of die een met die gestremde kindertjies ?

    Kloon

    Ek het nou ‘n ander poshok ook probeer

  • 36. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 36

    @ Klip

    Solank dit net nie oor kos gaani😉

  • 37. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 37

    Kloon

    Jou duif is mos juis bekend daarvoor dat hy sy tyd vat.

  • 38. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 40

    @ A3

    Ek dog my duif vat sy tyd

  • 39. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 41

    Willes

    Jou duif is ‘n olimpiese kampioen teenoor Tilla s’n

  • 40. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 41

    La la la tra la la

  • 41. Vee  |  September 2, 2008 om 1 : 44

    Middag julle, jis dis ‘n diep onderwerp en ek is sommer naar op my maag, want my ma en haar 3 susters was self in die 50’s in die weeshuis gewees, alhoewel hulle ma nog gelewe het, hulle pa is dood in die oorlog. Sy was vandat sy 12 tot 18jaar in die weeshuis. As julle die rede weet hoekom hulle juis weeshuis toe is en as hulle ook so behandel is soos wat ek gelees het, verstaan ek baie goed baie beter en is ek nou lus om sommer dadelik na my ma toe te gaan en vir haar ‘n stywe druk te gaan gee!!
    Ek sit hier met ‘n moerse knop in my keel en oë wat erg blur! Sien later weer!

  • 42. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 48

    *Mathilda*
    Ja by die regte kinderhuis, daar waar almal deurmekaar bly .

  • 43. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 48

    He! He! He! He!

  • 44. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 50

    Vee ……

  • 45. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 1 : 50

    Ek praat wee later met julle. Voorlat ek nou moord pleeg en my piesie in sy malle moer in stuur!!!!

  • 46. Adrie  |  September 2, 2008 om 1 : 51

    Verons

    Ek is seker daar was weeshuise wat ook goeie werk gedoen het.

    Dit sal wel interessant wees om te weet hoe hulle behandel was.

  • 47. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 51

    Hulle se duiwe boere se poep stink

  • 48. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 54

    Na aanleiding wat ek by Kriel se kinderhuis gesien het , is dat ek dink daardie kinders is meer bevoorreg as kinders wat by hulle ouers bly, want in party mense se huise gaan dit rof as hulle die deur toemaak

  • 49. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 55

    Ek bedoel sommige kinders wat by hulle ouers bly

  • 50. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 1 : 56

    Ok almal se poep stink!!!!

  • 51. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 1 : 57

    Adrie

    IS die duif nou al daar ?

    Maaaaaaaaa

    Hoe gaan dit ?

    Klippie

    Ek was nou die dag vir die eerste keer daar en ek moet sê ek het nie baie daarvan gehou nie, my hartjie is heeltemal te klein vir sulke goed

  • 52. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 01

    Ek het nou die dag klomp klere en selfs ‘n karstoeltjie vir hulle gevat – hulle was baie bly, veral oor die stoeltjie omdat hulle baie keer met van die babatjies Pretoria toe moet ry of so iets. My vriendin het een van die kleintjies wat daar was in pleegsorg – en jy moet sien hoe ver het daai kindjie gekom – ek onthou nog goed toe hulle hom net gaan haal het vir ‘n kuier aan die begin, hy het elke keer voor hy teruggegaan het sy ou kleertjies aangetrek want hy is bang die maaikies vat sy nuwe klere en jy kon sommer sien as dit amper tyd was om terug te gaan. Vandag is hy in die skool en presteer baie goed en is soos een van my eie ook.

  • 53. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 06

    Daardie letesels sal vir altyd by daardie kinders bly . Ek moet se ek het ook maar net eenkant gestaan , want ek kan dit ook nie hanteer nie .

    Ek was beindruk toe hulle vir ons al die toekennings en medaljes van die kinders wat daar was en is gewys het , ja dit is so daar is kinders wat bo die omstandighede kan uitstyg

  • 54. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 13

    Ek vat nou gereeld vir hulle ou klere of te klein klere en sommer enigeiets wat ek nie meer gebruik nie maar wat nog in bruikbare toestand is want die vriendin het vir my vertel hulle soek eerstens vir die kinders wat daar is klere uit en dit wat hulle nie kan gebruik nie hou hulle een maal ‘n maand ‘n jumble sale mee en gebruik dan die opbrengste om weer goed aan te koop wat hulle nodig het.

    My hart lê natuurlik by die huis vir gestremdes, my kinders het lank by die vrou gebly – oujongnooi en het daardie verantwoordelikheid alles op haarself gevat, daar is ‘n hele paar kindertjies daar – ek koop gereeld doeke en vat dit soontoe of wat hulle ookal spesifiek nodig het – hulle kry geen Government funding nie – alles wat daar is of gedoen word kom van mense af wat omgee.

  • 55. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 15

    Hulle het deur die Lions (nie die rugbyspan nie) talle projekte aangepak om vir Sannie hulle geld in te samel sodat hulle ‘n nuwe kar kon koop vir die tehuis – Sonneblom, jy het seker al daarvan gehoor ?

  • 56. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 16

    En almal wat omgee …mag hulle geseend wees

  • 57. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 18

    My vrou en haar kerk se kinderkerk is by die kinders betrokke , veral met kersfees , en dan ook eenmaal n jaar n kinder kamp somwhere waar hulle lekker kan speel en tekere gaan

  • 58. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 22

    Soos ek sê daai lê my baie na aan die hart. Ons het geld ingesamel byvoorbeeld dat hulle vir hulle ‘n jaccuzi kon insit – dit is baie goed vir daai kindertjies se spiere omdat hulle heeldag net kan sit of lê – dis hulle bad en sommer fisioterapeut in een !

  • 59. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 24

    Ek is seker daai gestremde kinders waar deer dit baie , ek was nog nie by hulle nie , maar ek kan net dink dat dit iemand spesiaal is wat na sulke kinders omsien.

  • 60. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 26

    *Mathilda* Is daar nog interessante dinge wat daar by julle gebeur , ek onthou toe ons daar gebly het was TV kyk n hoogtepunt

  • 61. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 26

    ♪ die liewe tante sug want sy woon in ‘n skoen
    sy weet nie wat om te doen.♫
    Sy het nie minder nie as tien stuks kinders nie
    en almal woon saam in ‘n skoen
    Dit is alles waaaaaar.♪
    Dit is alles daaaar.
    want dis in feetjie land
    waar alle kinners heerlik rond baljaar♫

  • 62. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 27

    Ek was eenjaar ‘n naweek daar naby Standerton by ‘n dam waar een of ander kinderhuis ook so ‘n ‘kersdag’ gehad het, kersvader met ‘n helikopter kom aflaai – tonne kos, glybane springkastele en geskenk en lekkergoedpakkies – en om net die waardering op daai gesiggies te sien is WONDERLIK

  • 63. Vee  |  September 2, 2008 om 2 : 27

    A3 hulle praat nie maklik oor daai tyd nie, maar die bietjie wat kon aflei was die weeshuis ‘n beter uitkoms as hulle eie ouerhuis!
    Maar dan moet ek ook nou bysê vandag se kinderhuise is beslis beter as wat destyds sin was.
    ‘n Vriend wat baie by die eiland kuier en sy vrou A3 en Sam sal hom ken, is hoof van een van die huise by die kinderhuis in East Lynn Pta. Hy sê daar kom soveel tragiese gevalle in en al wat hulle kan doen is om daai kinders baie liefde en baie aandag te gee, maar hulle moet tog met ‘n ysterhand reageer word want die meeste van hulle het geen dissipline nie en omdat hulle partykeer tot 10 kinders in een huis het moet mens maar redelik streng wees……
    Hy sê hulle is dankbaar vir die skenkings wat hulle kry maar sal verkies dat die mense eerder geld of kos skenk, hy sê daai kinders kry oor kersfees soveel geskenke dat hulle dit nie altyd waardeer nie, en hulle bere maar van die goed gewoonlik in ‘n stoor en dan kan die kinders op hul verjaarsdae ook ‘n ietsie spesiaal kry en dan bly daar nog genoeg oor om die volgende kersfees weer vir almal iets te kan gee!
    Hy sê oor kerstyd kry daai kinders beter geskenke as sy eie kinders want hy kan van party van daai goed self nie bekostig om vir sy kinders te kry nie…..
    Maar dan weer niks op aarde kan ‘n liefdevolle ouerhuis beat nie!

  • 64. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 28

    Ag hoe inspitreer die ou prentjie my tog nou alweer tot sang . . .

    Klip – jou vrou en HAAR kerk? sjoe, my kinners, ons kinners, julle kinners

  • 65. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 28

    Klippie

    Nee jong, hier gebeur elke 2 minute niks en dit hou vir ure aan en het dan nog die cheek om te blom ook !

    Salome

    Jy sing so mooi

  • 66. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 31

    net jammer ek kan ok nie so lekker spel nie.

    Haaaallloooo V
    ai, die metamorfoses en goete as ek nie hier is nie sal ok enige mens se koppie deurmekaar maak. Gelukkig het die prentjie naam die geheim weggegee.

    MAthilda
    Nou kom lat ons sing . . . waar is ouma tog. Sy kan ok tog soooo mooi sing

  • 67. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 32

    Vee

    Ek het wel al gesien hier by ons kinderhuis dat daai kinders (veral die groteres) beter aantrek as wat my kinders doen – brandnames die works !

  • 68. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 33

    ♪ eentjies eentjies stap in ‘n ry
    een twee drie vier stap hul verby
    links regs links regs kyk hoe mak
    reguit dam toe kwak kwak kwak♫

    Wat laat julle dink ek het ‘n kleintjie in die huis?

  • 69. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 35

    He he …

    Salome

    So gepraat van kleintjie in die huis, ons het so lanklaas ‘n baba in die huis gehad dat ons nie meer die nursery rhymes en liedjies kan onthou nie – ons het nou maar cd’s en boeke gaan koop om dit van voor af te leer !

  • 70. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 35

    Salome , ek gaan mos nie meer kerk toe nie , ek is onder sensuur

  • 71. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 36

    ♪ paddatjie paddatjie wat maak jy daaaar
    kwak kwak kwak kwak kwak kwak
    daar op ‘n blaaaaaar
    hier kom die eentjies uit onder die brug
    paddatjie skrik so hy val op sy rug♫

    en dan val babie om en kraai soos hy lag, so al asof hy die prentjie kan sien

  • 72. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 37

    Die kerk mense praat net met my as daar , excorcist (sp)by is

  • 73. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 39

    Klip – dis oorlat hulle jou by die borrelstoor sien inloop het. Jy sien, ‘n mens doen nie sulke goete nie.

    MAthilda
    Nee jong, hierdie simpel familietjie van ons sing altyd die goed, selfs in die kar as die radio en CD’s vervelig begin raak, so ons sal dit nie so maklik vergeet nie.

  • 74. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 40

    Klip
    HAHAHAHA – nou verstaan ek hoekom jy nie by my Teetuin iets wou drink nie, dis mos “holy water”. Sjoe, ek is jammer, jy is vergewe vir Saterdag

  • 75. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 40

    Salome , jy slaan die spyker op die kop, dis net snaaks om so baie bekendes in die omgewing van die borrelstoor raak te loop

  • 76. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 42

    Salome , jy moes n siener gewees het , jy sien nou reg deur my😳

  • 77. Salomè  |  September 2, 2008 om 2 : 43

    Hi wag, ek wil Giggel se tjoklit koek gaan versier, en dan moet ek seker alweer vir die “gastehuis” kos maak.

    Geniet die res van julle dag!!

  • 78. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 45

    Salome

    My blou oog wil haar oopskeur as haar pa vir haar gesigte trek, sy lag so lekker dis skoon aansteeklik !

  • 79. Adrie  |  September 2, 2008 om 2 : 45

    Tilla

    Nog niks, NIKS, NIKS

  • 80. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 45

    Enjoy die kosmaak, groete vir Hendrik

  • 81. Adrie  |  September 2, 2008 om 2 : 47

    TTTWWWEEEEEEEELLLLLIIIIIIINNNNNGGGGGG!!!!!!!

  • 82. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 2 : 49

    *Mathilda* daar is niks so mooi en aansteeklik soos n kind wat lag nie. Ek kan dit nie hanteer as die grootmense so gemaak lag nie.

    Hoe se hulle, jy lag net tweekeer vir n grappie, as jy hom vang en as jou baas hom vertel

  • 83. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 55

    Klippie

    Veral as daai lag sommer so hier uit die magie uitkom – ek kan haar opvreet !

    Kloon

    Ek gaan weer probeer, of stuur jy vir my ‘n test dat ek kan sien of die eksterne mail nou al reg is dan reply ek net.

  • 84. Adrie  |  September 2, 2008 om 2 : 56

    Tilla, ek sterf al van nuuskierigheid.

  • 85. Adrie  |  September 2, 2008 om 2 : 57

    Posduif oppad. Ek het jou vroeer ook een gestuur.

  • 86. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 2 : 59

    Ek het nog niks van jou af gekry vandag nie

  • 87. Adrie  |  September 2, 2008 om 2 : 59

    GRRRRR

    Lyk my jy sal maar die postor moet inspan.

  • 88. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 01

    Nee jong – die duiwe het seker weer langs die pad gestop vir ‘n obs en nou slinger hulle iewers rond

  • 89. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 07

    Of Klip het hulle opgeeet.

    Het julle my tweeling se blerrie oulike prentjie hierbo gesien?

  • 90. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 14

    Die skoen met die baja kinners ? Dis ougat !

    Klippie

    Spoeg uit ons posduiwe ! Dadelik !

  • 91. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 15

    Klip se magie is vol en nou kiep hy.

  • 92. Nats  |  September 2, 2008 om 3 : 15

    HEEEELLLLLOOOOO

    Ek wil so graag werk maar my internet bly af gaan!!! En ek het soooo baie werk dat ek my hare wil uit trek… of nie😉

    Ek gaan koffie maak… wie soek nog??

  • 93. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 19

    Handop!!!

  • 94. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 19

    Asseblief !

  • 95. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 22

    Ons gaan vlooie in ons magies kry.

  • 96. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 22

    Dan moet ons dit maar met alkohol versuip.

  • 97. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 24

    Adrie

    Ouvroustories !

  • 98. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 27

    Tilla

    Dan mis jy ‘n goeie verskoning om te drink.

  • 99. Nats  |  September 2, 2008 om 3 : 28

    Hierso… lekker sterk koffie!

    Tweeling
    Eks bly jy hou van die prentjie! Ek kon aan niks anders dink nie, en was nie lus vir ‘n depressing prentjie nie.

    Maar dit het my lank genoeg gevat om daai prentjie te kry want my internet hak die heel tyd… is erger as Wille Q se firewall!!!

  • 100. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 31

    Wille Q – Whahahahahaa

    Tweeling en Kloon

    Het julle al die updated Bly te Kenne bladsy geoordeel? As ek vir julle moet wag om mee oorlog toe te gaan, sal ek gou die stryd verloor.

  • 101. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 37

    Ek gaan nie vanaand slaap as ek dit nie gese het nie.

    Verons

    Ek staan baie skepties teenoor daardie kinderhuis in Eastlynne. As ek nou op hierdie daad een wens kan kry, is dit dat daardie huis ondersoek word. Ek voel nie gemaklik met wat jy my vertel nie.

    Streng dissipline is een ding. Marteling iets anders. As ek net een bewering hoor dat kinders mishandel word op daardie perseel, gaan brand ek persoonlik die hoof se huis af.

  • 102. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 41

    En ja, ek het toevallig ‘n gly in daardie einste tehuis in Eastlynne.

  • 103. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 43

    Ek gaan amper huistoe !

  • 104. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 45

    SJARRAP!!!!!

  • 105. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 50

    Maaaaaa

    Adrie is lelik met my !

  • 106. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 52

    MAAAAAAA

    Tilla lieg. Sy dink omdat my kind by haar kan bly, kan sy maak wat sy wil.

    Ek besef nou eers. Ek het ook ‘n weggooikind. 😦 Ek het meer as een weggooikind. En ek gooi klippe.

  • 107. Paula  |  September 2, 2008 om 3 : 53

    Ek kan my nie indink wat daardie kinders in die weeshuis moes deurmaak nie! Dit is ontsettend hartseer😦

  • 108. *Mathilda*  |  September 2, 2008 om 3 : 54

    Issie ma – sy sê ek moet sjarrap !

  • 109. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 56

    Paula

    In alle eerlikheid, hartseer is nie die emosie wat ek voel nie. Witwarmwoede is nader aan die waarheid. Dit sal my na moord dryf (en ek bedoel nou nie moord op my kloon nie.)

  • 110. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 3 : 56

    EISH!!! Kyk wa trek julle al😯

  • 111. Adrie  |  September 2, 2008 om 3 : 57

    Ons kom stadig maar seker weer reg.

  • 112. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 4 : 01

    JIP!!! Ek sien so! Met my 100 comments inni aande…………..😉

  • 113. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 02

    Ek wil ook huis toe gaan!!!!!!

    Dis unfair my Tweeling se Kloon!!!!

  • 114. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 02

    Elke bietjie help.

  • 115. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 04

    GRRRRR

    Drieling

    Gee jy om om my kloon en tweeling te klap? Hulle dink ek is ‘n stopstraat. Ignoreer my vraag. Ignoreer my eposse.

  • 116. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 08

    Tweeling
    Ok ok ek gaan gou kyk!!

    Wille Q
    Laat ek eers gaan kyk voor jy my klap😉

  • 117. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 09

    ‘n Mens moet ook altyd eers sekere mense met geweld dreig. . . .

  • 118. Rolling Stone  |  September 2, 2008 om 4 : 10

    Lekker smaak so n posduif, net gou hierdie vere uit my tanne haal

  • 119. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 12

    Honger is duidelik die beste kok.

  • 120. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 4 : 13

    My 3ling se 2ling EN kloon

    Vi wat stopstraat julle my 3ling? TSK!!!

  • 121. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 21

    Wille Q
    Ek stopstraat haar nie! Maar sy praat iets van ‘n e-pos wat ek nou nog nie ontvang het nie!!??

    Daai posduiwe van haar hak ook altyd vas iewers!! Tsk!

  • 122. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 23

    Want ek het die epos al 3 weke terug gestuur. 😈

  • 123. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 24

    Adrie
    Eish… ek sal moet gaan soek😳

  • 124. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 25

    Tweeling

    Ouma het my toestemming gegee om jou ‘n snotklap te gee. Watch dit.

    Ek wonder of Ouma gaan moan as ek die snotklap met ‘n snotskop vervang.

  • 125. Vee  |  September 2, 2008 om 4 : 30

    A3 daai man en vrou waarvan ek praat sal verseker nie hulle hande vir daai kinders lig nie, wat ek wel gesien het is dat hy baie streng is met sy eie kinders en dat hulle die grootste respek het vir hom, ek dink nie daai ou sal eers ‘n vlieg kan doodslaan nie maar hy sal dit regkry dat daai vlieg hom sal gedra as hy in die omtrek is!😉
    Hy het nou die dag die potjiekos kompetisie by sun city gewen ‘n trip vir 4 mense na Dubai, hy stuur sy vrou eie 2 kinders en 3 pleegkinders wat al van baie kleins af by hulle is oor, hy hoef net eksta vir 2 betaal het!

  • 126. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 31

    OUMA!!!!!!!
    Is julle nie veronderstel om liefdevol te wees nie?? Watse geklappery is dit die?? Huh??

    Tweeling
    Waag dit net… ek gaan skeur een van jou lees boeke op!! Dit begin met ‘n D…😈

  • 127. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 37

    Vee

    Slaan is nie die enigste manier van mishandeling nie. 😉

    Tweeling

    Ek draai jou nek om omdat jy net daaraan gedink het. Duidelik is jy hoog op iets baie goeds.

  • 128. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 41

    Tweeling
    Ek wens…😉 Jou Drieling hou mos al die zolle vir haarself!
    Ek terg net… ek wil nog daai boeke lees!

    Vee
    Kan ek nie maar ook een van sy kinders wees nie?? Ek belowe ek sal weer verdwyn sodra ons terug is van Dubai?!🙂

  • 129. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 4 : 41

    DOEF! DOEF! DOEF! Koes as jy nie raak geklap wil wees nie!!

  • 130. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 4 : 43

    Dubai……. Mmmmmmmm. Klink lekka!

  • 131. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 4 : 45

    Het ek nou almal af geklap❓

  • 132. Adrie  |  September 2, 2008 om 4 : 52

    Ek hou nie van Dubai nie.

  • 133. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 54

    Cherio julle!!

    Ek gaan laat kap!!

    Sien more!!

  • 134. Adrie  |  September 2, 2008 om 5 : 00

    Cheers

  • 135. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 5 : 08

    GMPF!!! En nou waai almal en ek sit al1 hier op my se eie!

  • 136. Adrie  |  September 2, 2008 om 5 : 09

    Ek is nog hier.

  • 137. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 5 : 10

    Miskien moet ek sing……

  • 138. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 5 : 12

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 139. Adrie  |  September 2, 2008 om 5 : 13

    Laat ons hoor?

  • 140. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 5 : 16

    En hie kom ‘n clown………..

  • 141. WILLE KJIND Q  |  September 2, 2008 om 5 : 36

    Wild thing…you make my heart sing…
    You make everything
    Groovy
    I said wild thing…

    Wild thing, I think I love you
    But I wanna know for sure
    Come on, hold me tight
    I love you

    Wild thing…you make my heart sing…
    You make everything
    Groovy
    I said wild thing…

    Wild thing, I think you move me
    But I wanna know for sure
    So come on, hold me tight
    You move me

    OK!!!! BAAI!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 142. Adrie  |  September 2, 2008 om 5 : 56

    Tipies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: