Sonde met die Honde

Augustus 31, 2008 at 4 : 25 337 Kommentaar

Daar het op ‘n stadium ‘n ou tannie langs my gewoon.  Sy het ‘n onbehebbelike hond gehad.  Ek het af en toe met haar oor die muur gesels, daarom kan ek nie haar hond buite gelaat het as ek hom in die straat gewaar het nie.  Vinnigste was om vir August te roep en in haar erf in te boender. 

 Die tannie het my vertel dat sy gaan trek, maar verstrooid soos ek is, het ek dit vergeet.  My broer het by my oornag en het die sleutels by hom gehou toe ek die oggend moes ry.  In plaas van soos ‘n barbaar voor die hek toeter te blaas, glip ek die bure se tuin in om oor die muur te wip en hom wakker te klop.  Intussen het 3 monsters hulle intrek geneem.  Hulle het presies geweet wat om met inbrekers te maak.  Voordat hulle ‘n tweede keer kon byt is ek weer by die hek uit.

 Daardie brakke het nooit van my geleer hou nie.  As ek dit in die aand buite my deur gewaag het, het hulle vir my geblaf.  Hulle was baie mooi en baie kwaai.  Blaffende honde wat wel byt, dit kan ek van getuig.  Gelukkig slaap ek soos ‘n dooie, dus het hulle geblaffery snags my nie juis gepla nie. 

 Ek het alweer nuwe bure met ‘n nuwe hond.  Die hond is gelukkig so dom soos grond.  Hy haat my soos pes, die hele buurt weet as ek dit buite waag.  Hy het nog nooit daaraan gedink dat hy oor die muur kan spring om my te byt nie.  Die hond blaf vir sy eie skaduwee en dit dryf my nou al teen die mure uit.  Kan mense nie hulle honde leer om net te blaf wanneer nodig nie?  Dit is ‘n boerboel, nie eers ‘n terriër nie.  Wat is sy verskoning om so te blaf?

 Ek is seker gewoond aan honde met intelligensie.  Die honde wat my ouers kom groet my by die hek, sonder om te blaf.  Hulle almal het my as ‘n gas by die huis ontmoet, maar hulle weet dat ek een van die huis mense is.  Jy kry ook die siele wat nie hulle eie honde kan beheer nie.  ‘n Hond wat onbeheerbaar is, is ‘n monster.  ‘n Monster is gevaarlik en moet dood gemaak word. 

 Ek pes ook mense wie se diere bedel terwyl daar geëet word.  Dit is jou huis en jou hond, maar ‘n klein bietjie maniere is seker nie te veel gevra nie?  Groot honde wat teen gaste opspring is gevaarlik.  Klein honde se naels krap seer of selfs stukkend.  Weet ek dit net omdat ek nie op die oomblik ‘n hond besit nie?

 Blogvraag:  Watse honde staan ook as bekend as Harlekyn Honde?

 Blogantwoord:  Meredith Brooks was 36.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bitches en Witches Please sir, may I have more?

337 Kommentaar Add your own

  • 1. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 2 : 48

    Dr 90210, gits daai klom verrig wondere

  • 2. WILLE KJIND Q  |  September 1, 2008 om 2 : 50

    @ Klip

    Ai tog!! Kan jou ok net bad en antrek ma oppi stoep los:mrgreen:

  • 3. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 2 : 51

    *Mathilda*

    Ek het gesoek en niks gevind nie😯 iewers moet iemand wees want kan help , en ek kan dit ook nie op die koue blameer nie😦

  • 4. WILLE KJIND Q  |  September 1, 2008 om 2 : 52

    @ Klip

    Daai klomp bly almal in Hollywood jong. Dinki dit ga vi ons werki😉

  • 5. Adrie  |  September 1, 2008 om 2 : 53

    Willes

    Op die stoep kan hy nog wegloop. Sluit hom in die badkamer toe.

  • 6. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 2 : 54

    Klippie

    Its the motion of the ocean – not the size of the ship !

  • 7. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 2 : 56

    WILLE KJIND Q😦 ek het al so baie op die stoep moes bly

  • 8. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 2 : 59

    WOW , ek moet by die see kom …..:idea:

  • 9. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 01

    Hier by ons is almal mos maar actors …Bollywood

    A3 ek sukkel met cloustrofobia(sp?)

  • 10. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 01

    He he …..

  • 11. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 08

    Die 24ste is BRAAIDAG!!!!!!

  • 12. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 10

    I like pigs. Dogs look up to us. Cats look down on us. Pigs treat us as equals.

  • 13. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 11

    Vir Zoekoe is elke dag braai en bier dag !

  • 14. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 12

    Children are unpredictable. You never know what inconsistency they’re going to catch you in next.

  • 15. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 15

    Oom Winston Kerkheuwel daardie. Hy het nogal na ‘n vark gelyk.

  • 16. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 16

    Ek laaik braai kwaai, solank daar net vleis is !!

  • 17. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 18

    A3 ek se ook mos so

  • 18. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 22

    Ek laaik kos kwaai.

  • 19. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 22

    Leef Zoekoe nog??

  • 20. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 3 : 23

    Iets lekker vetterig ?? of gesondheidskos?

  • 21. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 25

    Enige iets eetbaar.

    Zoekoe het nou-nou ‘n epos gestuur, so ek dink hy lewe nog.

  • 22. WILLE KJIND Q  |  September 1, 2008 om 3 : 25

    EISH!!! Ek hol baja rond vandag!!

  • 23. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 34

    Ek sal nou enigeiets eet wat my nie eerste eet nie !

  • 24. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 37

    Behalwe seker kool en al sy families.

  • 25. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 39

    Sit jou slim kind !

  • 26. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 41

    Ek het ‘n tjoklit in my handsak ontdek.

  • 27. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 47

    Watse tjoklit ?

  • 28. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 48

    Cappucchino

  • 29. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 50

    Aero ?

  • 30. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 53

    Nee, gewone slab.

  • 31. *Mathilda*  |  September 1, 2008 om 3 : 56

    Toodles julle – sien weer more – lekker aand

  • 32. Adrie  |  September 1, 2008 om 3 : 58

    Cheers

  • 33. WILLE KJIND Q  |  September 1, 2008 om 5 : 01

    ‘n Klein meisietjie wat netjies uitgevat is in haar sondagskoolrokkie, hardloop om nie laat te kom vir die sondagskoolklassie nie. In die hardloop stuur sy ‘n skietgebedjie op dat sy asb nie laat moet wees nie.

    Die volgende oomblik struikel sy en val. Nadat sy opgestaan en haar rokkie afgestof het, begin sy weer bid ” Liewe Jesus – ek het gevra dat ek nie laat moet wees vir sondagskool nie – maar moet my asseblief nie stoot nie!” Amen.

  • 34. WILLE KJIND Q  |  September 1, 2008 om 5 : 54

    KOEBAAI!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 35. Rolling Stone  |  September 1, 2008 om 6 : 03

    BAAAAAIIIII

  • 36. Lettie  |  September 9, 2008 om 11 : 48

    ‘n Windgat laaitie met ‘n wipstert BMW van die Gauteng kom by ‘n boer in die klein Karoo aangeja dat die stof so staan.

    Hy klim uit en tune die oom “hoezit oom!?”

    Die Boer groet beleefd en kyk die mannetjie uit. “As ek vir oom kan vertel hoeveel skape oom op die plaas het, kan ek maar vir my enetjie huistoe vat?” vra die laaitie.

    Die boer dink so ‘n bietjie en antwoord ja, hy weet immers hy’t heelwat skaap op die plaas en die kans is skraal dat die outjie sou reg raai. Die laaitie ruk sy ‘laptop’ oop, koppel sy selfoon en klim op die internet. Met vreeslike ingewikkelde programmatuur skuif die laaitie naderhand N.A.S.A se sateliete tot bo oor die karoo plasie en neem lugfoto’s uit die ruimte uit. Met meer gevorderde programmatuur doen hy ingewikkelde berekeninge en na ‘n uur se gespook kom hy op ‘n getal uit… “Oom het presies 3795 skape op die plaas.” Die boer krap sy kop en wonder hoe de hel die mannetjie dit so reg het.

    “Ja toe” antwoord die boer, “vat maar vir jou ‘n skapie.” Die outjie glimlag breed en begin te soek. Uiteindelik het hy een in sy arms en stap na sy motor se bagasiebak toe. Net toe hy sy prys wil inlaai stop die boer hom. “As ek vir jou kan vertel watter soort werk jy doen, kan ek maar die diertjie hou?” vra die boer.

    Die outjie dink so ‘n bietjie en antwoord ja. Die oom het hom immers ‘n kans gegee dink hy, “Jy moet ‘n konsultant wees” praat die boer. “HEL hoe weet oom?” vra die laaitie “man boet dis maklik” antwoord die boer.

    “Eerstens kom jy hier aan sonder om ‘n afspraak te maak, tweedens vra jy my ‘n fooi om my iets te vertel wat ek reeds weet, en in die derde plek kan ek sien jy weet F*&@*l van skape af WANT DIS MY HOND DAAI!”

  • 37. ADRIANA  |  September 9, 2008 om 12 : 01

    Lettie

    Ons is ‘n bietjie ver in die toekoms in.

    Kyk daar bo langs 5sente

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: