Flieks

Augustus 22, 2008 at 5 : 14 65 Kommentaar

Ek sien die nuutste vraag wat aan al die Suid Afrikaanse Celebs gestel word is:  Wie sal jy kies om jouself te vertolk in rolprent van jou lewe?  Ek het daardie vraag myself afgevra en kan nie aan iemand dink nie.  Sandra Bullock is heeltemaal te oud.  Helaas.  Miskien Nina Swart (Anna-Mart is ook te oud), maar sy is hopeloos te fyn. 

Almal weet dat studente amper enige iets vir geld sal doen.  Iemand het my een Saterdagmiddag gebel omdat hulle agtergrondakteurs gesoek het.  Gratis kos was al genoeg motivering, maar die R150 het dadelik belangstelling gaande gehad.  Ek het die groep bymekaar gekry en ons het die volgende dag vir die fliek gaan speel.  Dit was ‘n internasionale fliek oor ‘n plaaslike karakter.  Die twee tonele waarin ek was het my laat besluit.  Nooit, maar nooit word ek ‘n aktrise nie.  Hulle doen alles 10 000 keer oor.  Vir iets wat ‘n paar sekondes op die skerm vertoon. 

Dit het my nie heeltemaal van die rolprentbedryf afgesit nie.  Ek sal enige dag ‘n regisseur wil wees.  Reggeraai.  Omdat hulle die baas is was almal kan rondbeveel.  Ek kan nie verf, teken of met woorde speel nie.  Dit gee heeltemaal ‘n ander manier om die prentjie op my kop aan ander oor te dra.  Ek het al baie na musiek video’s gekyk en gedink hoe ek dit sou verbeter.  Gelukkig vir my geniet ek my werk en is ek nie die skeppendste mens wat ek ken nie.

Daar is nog ‘n werkie wat ek graag op stel sal wil doen.  Choreografie.  Nie om die mense te leer dans nie, maar om die gevegstonele uit te werk.  Dit moet egter ‘n een keer in ‘n lewe ervaring wees.  As ek praat van gevegstonele, praat ek van vuisslaan en skop.  Nie mes steek en skiet nie.  Dit sal goed wees, baie beter as wat ons deesdae op tv sien.

Die vraag wat ek julle vandag wil vra:  As jy toneel werklik kan beleef, wat sal jy kies?  Wees kreatief, dit is immers naweek.  Goed wat gewoonlik net op die skerms gebeur, wat sou jy werklikheid wil maak?

Ek het 2 tonele wat ek sal wil beleef.  a)  ‘n Hele skool, tronk, mall of park begin saam sing en dans.  Dink aan Fame, wanneer die pa met die taxi voor die skool stop en sy seun se lied speel.  Natuurlik sal almal dan kan sing en dans.  b) Om ‘n geveg met een hou te wen.  ‘n Uitklophou natuurlik.  Ek weet net hoe.

Terwyl julle nou dink, wat se werk sal julle in die bedryf wou doen, indien enige? 

Blogvraag:  Na wie het Sir Charles Spencer Chaplin verwys as The Teacher of Us All?

Blogantwoord:  Paula was reg met Ray Dorset.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Man, I feel like a woman Die Sensuurraad

65 Kommentaar Add your own

  • 1. Riaan Oosthuysen  |  Augustus 22, 2008 om 5 : 36

    Jumper. Maar ek wil dit nie in ‘n toneel doen nie. Ek wil dit in die werklikheid kan doen.

  • 2. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 00

    EERSTE! Sorry Riaan:mrgreen:

  • 3. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 01

    Seke ma sy pa…. Charlie Chaplin

  • 4. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 06

    Ek het noggi rerig da aan gedink nie. Ma AS ek nou moes kies dan sou dit al die stunts wees.

  • 5. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 08

    Dit moet pis cool wees om van ‘n gebou af te spring!

  • 6. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 27

    Nou sit ek en j en kyk mekaar…..

  • 7. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 6 : 35

    En daas ek al1. Ek ga gou my tassie pak virri wille tuin. As ekki more ‘n lazyhorse sien nie dan ga ek iemand moer en my geld trug vat! Nie vra nie…. VAT!

  • 8. Adrie  |  Augustus 22, 2008 om 8 : 09

    Riaan

    Die idee is om dit in die werklikheid te doen.

  • 9. Adrie  |  Augustus 22, 2008 om 8 : 16

    Nog iets wat ek wil doen is om in n highspeed chase terwyl ek bestuur uit te klim om op n ander kar te klim. Soos in lethal weapon.

  • 10. olga  |  Augustus 22, 2008 om 8 : 53

    clivd bruce was al n performing monkie toe ek op laerskool was. coverliedjiesvir spirngbok hitparade gesing. en dit sal nogal interesant wees om te hoor wanne juke ma se held toe getroud is. wia ha ha ha ha!!! ou ding het seker gehoor terwyl sy drool oor n ou man, teister n jonge my. as hy poisom van alice cooper hoor, dan gryp hy sy telefoon, bel my en sing dit vir my. nie sleg vi ou teef van 108 ni, is dit? hy my eenkeer gese die enigste keer dat sy ma hom geneuk het, was hy st9. sy het hom betrap toe hy hom aan my stere vergaap het. hy het my onlangs gesien en steeds vergaap aan my sterre. vi my is dit kussinggat. vi hom is dit sexy. wha ha ha ha ha ha ha ha!!!!!!! hkm irriteer ek julle blogma so? wha ha ha ha!!!!!! ek lief dit stukkend om mense af te pis. se ha gerus haar gat is veilig. 4k, ek eet nie marshmallow nie en sal beslis nie daaraan hap nie.

  • 11. olga  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 09

    nou jou blogstuk juffrou annie. ek het eenk3r, was so 1991 ouman wat nie sy mond of hande van my wou afhou nie, met 1 vuishou neergevel. ek kon net sy keel bykom, maar glo my, sy bene het soos papgekookte spaghetti onder hom pad gegee. terwyl hy langs my golf bly le het, het ek in my huis ingestorm en gaan sy vrou gebel en se as sy die drek nie in die tronk wil sien nie, beter sy sorg dat hy nooit weer naby my kom as my staan by die werk is nie.

  • 12. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 15

    Olga…. Ai tog! Gat jy die bitch fight ding oori naweek ok doen? Ek ga in jou valley wees sondag. Jy beter vi my waai wanne ek da verby ry. En jy moet pasop vi Verons…… Nou nou bitch-slap sy jou😉

  • 13. Adrie  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 15

    Olga

    Almal weet mos dat ek lieftallig is. Ek slaan nie mense links en regs nie.

  • 14. Adrie  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 18

    Sam

    Ons sal moet kaartjies verkoop. Zoekoe sal moet reel vir modder. Ek soek n R100 miljoen, dit val nie uit die lug uit nie.

  • 15. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 20

    Mud fight! Jippee!

  • 16. Weeskjind Q  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 24

    Ek moet slaap. Ons ry 2 uur en ek staan wee half 2 op.

  • 17. Adrie  |  Augustus 22, 2008 om 9 : 36

    Mooi ry

  • 18. olga  |  Augustus 23, 2008 om 1 : 34

    Wie ga ini modder fight? madam olga? komaan grls. dink weer. ek doenie bitch nie. verkies man, dankie. ek is n lady wat enige fiksie respekteer. damn, ek het tot dis ek anna gelees. maar moenie my aanvat en vloek nie. die wolf het al sy gals geleer om elke situasie te hanteer. hetsy met die vuiste, plathand, kop of tong.

  • 19. olga  |  Augustus 23, 2008 om 1 : 39

    weeskjend, hoekom wil jy net verby ry en waai? maar as jy nie wil inkom nie, se my waar en kom waai met my beste panty. het nie sakdoek nie. en jy sal my panty nie kan mis nie. dis so klein soos n 4 mantent. jy moet darem my ouderdoM in 8 neem. geniet die naweek gate uit en gaan veili g huis toe. juf annie, moenie met my sukkel nie. ek sit bo op jou.

  • 20. olga  |  Augustus 23, 2008 om 1 : 41

    verdomme!!!

  • 21. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 6 : 14

    Ek staan in ‘n blêrrie ry by Malelane hek! Gmpf! Kan hulle nie vinniger maak nie👿 . Die blêrrie lazyhorses ga weghol voorlat ek hulle sien!

  • 22. olga  |  Augustus 23, 2008 om 7 : 27

    hey, hey! geniet daai damn lazyhorses. mog jy als sien wat jy wil. dink juf annie le nog leke en poep snuif. geniet di willetuin weeskjend en los die pot goud vir my ne.

  • 23. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 8 : 05

    Zzzzzzz

  • 24. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 07

    Wê la ke pê la! Ek, ‘n mazda 323 en ‘n nissan bakkie was deur ‘n bombefokte (tnx Tilla) renoster gejaag. En ek was agter. Die ou oom in die mazda was voor my. Wat die oom gedink het toe hy reg voor my stop sal net hy weet. Ek het hom pimpel en pers gevloek toe die renoster amper die boot se lock op in my hol op druk. Ek moet sê dit is nou die beste storie wat ek het van die wille tuin. Selfs beter as die leeus wat die buffel gevang het!

  • 25. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 10

    Ek sal selfs tevrede wees as ekki die lazyhorse sien nie😉

  • 26. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 14

    my fok ek het nie geweet die mense blog op naweke ook nie!

  • 27. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 14

    Mirrag 3ling

  • 28. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 15

    Lo da Pop

  • 29. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 16

    julle gehoor SA het 3 goue medaljes gister gekry…

  • 30. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 16

    Natuurlik blog ons naweke ok. Gewoonlik net ek en Olga

  • 31. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 17

    toe keer security hulle voor!🙂

  • 32. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 17

    Ja

  • 33. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 17

    lo da wesie, ek somme groen…..

  • 34. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 18

    wil ok wille tuin toe😦

  • 35. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 18

    Nes jy da sê. My sein het net 1 bar. Ek sukkel my gat af om te blog

  • 36. Wipneus!  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 37

    Hi Almal

    Ghost, Demi Moore agter die pottery wiel!! Mmmm ek is mal oor daardie toneel!

    Adriana jy is 6 ure slaap agter, ek dink jy moet maar vandag inlê whahahahaha 😆

    Lekker naweek almal!

  • 37. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 42

    Gmf!!

    Ek wonder net waar is klein Sam nou? hike seker terug

  • 38. poplap  |  Augustus 23, 2008 om 11 : 27

    ek wonder net waar almal nou is?

  • 39. Wipneus!  |  Augustus 23, 2008 om 11 : 47

    Poplap hulle slaap nog laat, of ons het gaan shop!! whahahaha 😆 😉

  • 40. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 12 : 08

    Hulle was dat hulle kar moet skoon. Jy se voor 12 en begin hulle eers 12h. :evii:

  • 41. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 5 : 17

    Eks verby moeg! Ons dam ‘n huntinglazyhorse gesien. Ek was net te laat met die kamera. Die ding doen mos ‘n auto shutdown op sy eie as jy hom aan los👿

  • 42. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 5 : 19

    Poplap…. Die wille tuin is glad nie so duur soos mense dink nie. Die duurste deel is die brandstof

  • 43. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 5 : 20

    Nou gat ek stort en relax! Praat more wee

  • 44. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 5 : 53

    Wesie

    Is dit hoe dit werk? Jy bestel vooraf en die willetuin deliver? GMF!!!!!

  • 45. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 6 : 12

    3ling… Ek het ‘n lazyhorse bestel en NIE ‘n HUNTINGlazyhorse nie! En dit tel anyway nie. Jy moet kan bewys jy het dit gesien. En ‘n verklaring by die polieste tel okki! Foto of video… of dit tel NIE.

  • 46. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 6 : 17

    Olga…. Stryk solank daai bloemer. Ek ga more tussen 9 en 10 by jou verby ry. Ek ga bq loer of die gordyn weg is by die venster😉 . Jy beter daai bloemer waai solat hulle dit vanni maan af kan check:mrgreen: . Of nee wag…. Ga waai solank die venster oop

  • 47. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 6 : 17

    3ling

    Jou kanse is 10 keer beter om ‘n lazyhorse te sien as om ‘n huntinglazyhorse te sien.

    Ek stem saam met jou oor die foto of video.

    Het T teruggehike nadat sy amper deur ‘n renoster vertrap is?

  • 48. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 6 : 19

    He He He

    Ek sien hoe waai Olga ‘n uur lank buitekant.

  • 49. olga  |  Augustus 23, 2008 om 8 : 23

    Wa gaan jy verby kom? die bloemer le reg. hopi die wind waai my rok op nie. wa lala julle vanaand? my foon het die gees gegee. ai, volgende maand ga my foon rek 20 bls lank wees.

  • 50. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 8 : 32

    Olga

    Dan weet jy hoekom jy die R17.20 n maand betaal. Dit is belaglik dat jy n fooi vir joe eie staat moet betaal. Dit behoort n misdaad te wees.

  • 51. olga  |  Augustus 23, 2008 om 9 : 20

    ek sekondeer juf annie. een 8ani dae sal ons n levy betaal opi asem wat ons inhaal en n katalisator moet ophe om asem wat ons uiblaas te suiwer. kom ons sing n song juf annie. i saw mama kissing santa claus underneath the mistletoe last night. juf annie jy m oet blog skryf oor hkm mens nie kersliedery heel jaar devr luister nie.

  • 52. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 9 : 36

    Olga, want dit is net 1 keer n jaar kersfees. En moet nie vir Kersvader skelm soen nie. Anna sal jou met haar kombuistafel bykom.

  • 53. olga  |  Augustus 23, 2008 om 11 : 25

    Ai. ek mag ook niks doen wat pret is nie. ek gaan sit somme ini hoekie en sulk.

  • 54. Adrie  |  Augustus 23, 2008 om 11 : 48

    Moet net nie op heksie in die hoek gaan sit nie. Sy is nie altyd baie sigbaar nie.

  • 55. Weeskjind Q  |  Augustus 24, 2008 om 6 : 30

    More! More! Eks op en gereed om te ry. Soos dit my lyk ga die venster vandag ok toe wees

  • 56. Weeskjind Q  |  Augustus 24, 2008 om 6 : 32

    En eks vroeër op as wat ek gedink het! Bargain!

  • 57. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 8 : 23

    Wesie is moeg wegkruipertjie met die lazyhorse. Wenner lazyhorse

  • 58. olga  |  Augustus 24, 2008 om 10 : 25

    Weeskjend, het jy my blou bloemer gesien? ek het gewaai en gewaai en gewaai.

  • 59. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 2 : 22

    Olga

    Ek hoop nie jou bloomer was vol gaatjies nie.

  • 60. olga  |  Augustus 24, 2008 om 2 : 44

    nee juf annie. was nuwe tent wat otk my geborg het. nou waai die wind so ek moet binne bly.

  • 61. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 3 : 10

    Olga

    Wie het jy by OTK afgepers om dit reg te kry?

  • 62. Olga  |  Augustus 24, 2008 om 4 : 06

    Haai wat dink jy van my juf annie? Ek het niemand afgepers nie. Hulle borg my uit die goedheid van hulle harte. As ek wil of moet uitgaan, bring hulle my markies tent om aan te trek. Ek dink dit het dalk te doen met die video kamera wat in my kamer agter die spieel gemonteer is.

  • 63. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 4 : 26

    Olga

    As wat verkoop jy die beeldmateriaal? Maak-jou-vrou-naar-medisyne?

  • 64. Olga  |  Augustus 24, 2008 om 5 : 35

    Nee, juf annie. Bemark dit as naked truth.

  • 65. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 7 : 10

    Die naakte drillende waarheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: