Dood moet ‘n oorsaak hê

Augustus 19, 2008 at 5 : 48 71 Kommentaar

Daar is 2 goed wat Suid-Afrikaners goed kan doen.  1)  Ons kan verskonings uitryg soos boerewors.  2)  Ons kan gou-gou blaam skuif. 

Ja, ek praat van Morné Harmse wat medeskoliere met ‘n swaard aangeval het.  Nog voordat hy gearresteer is, is daar al vingers gewys na die groep Slipknot.  Omrede sy gesig geverf was soos die Slipknot groep.  Tweedens was die woord Ninja gebruik gewees.  Harmse het  ‘n “ninja swaard” by hom gehad en hy was soos ‘n ninja geklee (SABC 2 Nuus, 18 Augustus).  Die kombers van satanisme bedek die hele storie. 

Kom ek vertel julle nou wat gaan oor 10 jaar die storie wees.  Mense gaan nog steeds die moord op Slipknot blameer.  Slipknot is na dese so goed soos die duiwel self.  Indien moontlik, sal baie mense hulle ook op die beskuldige bank wil sien.  Oosterse gevegskunste sal dan nog steeds as satanisties gesien word.  Dit is die bewys waarna kritici van die sport al jare soek.  Ek wonder hoeveel kinders se klasse is al summier stopgesit. 

Die media wil ons laat glo dat Harmse ‘n onskuldige slagoffer is.  Dit was alles Slipknot en Satanisme se skuld.  Dit hou egter nie hier op nie.  Wanneer SA sport swak vaar, is dit deesdae politici se skuld.  Ek het nogal altyd gedink ‘n goeie sportman kan fokus.  In vandag se Beeld, word Mxit en Facebook moontlik as redes uitgelig oor hoekom ‘n meisie verdwyn het. 

As ek dronkbestuur en ek maak ‘n ongeluk, wie se skuld is dit?  Die drankvervaardigers wat ‘n drankie met alkohol gemaak het?  Die duiwel wat my arm gedraai het dat ek te veel drink?  Die motorvervaardiger wat ‘n kar gebou het?  Nee, dit is my eie.  Ek het die keuse gehad of ek te veel gaan drink of nie.  En as sulks moet ek verantwoordelikheid vir my dade aanvaar.

Ek twyfel nie vir ‘n oomblik dat satan aan Harmse die opdrag gegee het nie.  Harmse moes egter self besluit het of hy gaan luister.  Hy kon hulp gaan soek het.

Satanisme laat my altyd baie ongemaklik voel.

Ek is ‘n kampioen blaamverskuiwer.  As dit ‘n Olimpiese sport was, het SA ‘n goue medalje gehad.  En julle?  Hoe voel julle omtrent die saak?

Blogvraag:  Wie het Slipknot verlaat op grond van sy Christelike beginsels?

Blogantwoord:  Weeskind was reg met Presenile Dementia.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geheue Just Nuisance

71 Kommentaar Add your own

  • 1. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 6 : 39

    EERSTE!

  • 2. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 6 : 39

    Josh Brainerd

  • 3. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 6 : 44

    Ai tog! Ek onthou hoe Slipknot in 2002 of 2003 ook in USA die skuld gekry het toe 2 kjinders ook da ‘n seun vermoor het.

  • 4. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 6 : 46

    Ek as ouer sal eerder myself blameer as my kjinders so iets aanvang. ‘n Ouer moet tog die gevaar tekens raak sien.

  • 5. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 6 : 47

    Fluit fluit…. my storie is uit

  • 6. Adrie  |  Augustus 19, 2008 om 7 : 22

    Genade, ek het te vinnig gepost. Nou word naderende eksamen blameer. Volgende word alle eksamens geskrap. Dan kan almal sommer slaag ook

  • 7. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 7 : 32

    Ek wonner net wie se skuld dit is dat ek noggi lazyhorses innie wille tuin gesien het nie

  • 8. Adrie  |  Augustus 19, 2008 om 7 : 34

    Jou kar se skuld. Of smokie se skuld. Dalk die dvd speler sn.

  • 9. Olga  |  Augustus 19, 2008 om 7 : 51

    Hi. Ons kry padwoede, xenofobie, vigsfobie wat maak dat babas en jong kindertjies verkrag word nou kan die blaam knussies aan slipknotmania se skouertjie hang. Komaan, n swaard is groot, hoe het harmse dit by sy huis uitgekry sonder dat ma en pa goed dit gesien het? Hoe het hy dit by die skool aangebring sonder dat onnies en prefekte dit opgemerk het? 4 pete’s sake, kla hulle ook aan. Hoe kom n kind met n kamoese vuurwapenbult by die skool aan en niemand sien dit nie? Nou gaan nog 1000 blanke kinders uit die skool gehaal word en (HE HE HE 4KEN HE) HOMESCHOOLING kry. Sommige le heeldag ini bed op mxit, ander hang by ma en pa goed se werk rond, ander sit heeldag voor die tv, ander surf heeldag opi internet rond. Dan verwag die mense dat hulle kinders moet universiteit toelating,werk, ens ens moet kry. Anders skree hulle swartaemagtiging en aa, nie beter skool opvoeding en of geleerdheid nie. Ek praat onder korreksie, maar die plaaslike ‘blanke’ skool spog vanjaar met 3 blanke kinders. Die res word 30km en meer na buurdorpe aangery of kr HOMESCHOOLING. Iemand moet die blaam dra. Daarom het die plaaslike blanke ouers nie die skool vir die swart maar leergierige kinders gegee nie. Die goewerment het.

  • 10. Olga  |  Augustus 19, 2008 om 7 : 58

    Heng a3, my 5c is amper langer as jou blog onderwerp, maar dis hoe dit is. My dogter was verlede jaar die enigste blanke kind in die hoërskool koshuis. Sy was te alle tye veilig. Tog was daar ouers wat gese het hulle sou graag hulle kinders in die koshuis wou sit maar die skool het die koshuis vr die swart leerlinge gegee.

  • 11. Olga  |  Augustus 19, 2008 om 8 : 02

    Weeskind ek het nog nie wildehonde of huntlazyhorses ini willetuin gesien nie. En ek was al meer as 1 keer daar. Maar ek weet darem nou da is leeus.

  • 12. Weeskjind Q  |  Augustus 19, 2008 om 8 : 15

    Wê la ke pê la! EK HET WILLE HONDE GESIEN! Hiiieee haaaa!!!!!

  • 13. Adrie  |  Augustus 19, 2008 om 8 : 38

    Olga,

    Jy het n punt beet

  • 14. Olga  |  Augustus 19, 2008 om 11 : 54

    Ek het altyd n punt beet. Jy ni geweet nie? Wonder net watter punt? In elk geval, daardie posduif het verdwaalg

  • 15. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 5 : 08

    GGGRRR!!!!!!!

  • 16. Dis ek, Annie  |  Augustus 20, 2008 om 7 : 13

    Ek het nogal gewonder hoe die kind die swaard by die skool ingekry het. Dit moet hel vir die ouers van altwee die tieners wees. Mens kan nie kinders isoleer nie. Dank Vader my kind hou koers. Sover.

  • 17. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 7 : 54

    Hallo maaikies

  • 18. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 02

    EN WAT GA HIE AAN DAT DA NIKS AANGAAN NIE❓

  • 19. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 05

    More julle,
    Kyk daai band gee my skoon die creeps as ek na hulle kyk, maar ek kan nie sien hoekom hulle die blaam moet kry vir een of ander kind in ‘n land moer ver van waar hulle operate se kop uithakkery nie. As daar dan iemand die blaam moet vat sal ek sê die ouers en onderwysers moet dit vat, want dit is soos Olga sê hoe kon hulle nie die wapens by die seun gesien het nie?
    My fok man as my seun een oggend soos ‘n spook aantrek skool toe en dan al die swaarde in die huis wil saamvat sal ek beslis ‘n stokkie daarvoor steek, veral in die tye van geweld waarin ons nou leef………
    Nee wat daai kind het iewers ‘n moerse skroef los en hy sal waarskynlik vir die resvan sy lewe in ‘n gestig moet bly……

  • 20. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 06

    @ Sam
    MOENIE SO SKREE NIE JY MAAK MY ORE SEER!!!!!😡

  • 21. Nats  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 07

    Goeie more!!!

    Mens kan alles en als blameer, maar die besluit kom nie van dwelms af nie jy die mens het daai besluit gemaak…

    Anders is jou verskoning dat jy nie ‘n brein het nie want die dwelms het gemaak dat ek dit doen?

    Dwelms en musiek kan dit dalk aan help, maar is nie die hoof rede hoekom jy so iets gedoen het nie.

    Daai ou moet nou maar verantwoordelikheid vat vir wat hy gedoen het en mans genoeg wees om dit te erken!!

    En dan kan hy maar in die tronk gaan berou.

  • 22. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 16

    O daaaaaaas julle!

    @ Verons

    Ek het gin geskree nie! Ek het net HARDOP gedink🙄

  • 23. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 31

    @ Sam jy het darem erg HARD HARDOP gedink, my ore tuit nog steeds!😉

  • 24. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 55

    :mrgreen:

  • 25. bruinogies  |  Augustus 20, 2008 om 10 : 53

    hier is ek ook!!

    daai band is creepy, ek sal ni eers na 1 van hul songs luister ni, ek hou glad ni van heavy metal or what so ever ni!

  • 26. neykie  |  Augustus 20, 2008 om 10 : 58

    Se hulle a3…. ek sien weer in vandag se beeld het ‘n 17jarige met sy pa se geweer op medeleerlinge geskiet……

    Ek stem saam jou dis die persoon se skuld wat hy doen. Om ander dinge vir sy gedrag te blameer is plein weg stupid…

    Lekker dag vir jou

  • 27. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 01

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 28. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 03

    Hi julle
    Ek weet dis nog ‘n rukkie voor die 22e November (sisters with blisters) maar as ons iets unieks wil doen as ‘n groep sal ons nou al daaraan moet werk, dan is die kostes nie alles in een maand nie.
    Laasjaar was daar baie groepe en hulle het regtig uitgehang, die bitches en witches het ook baie aandag getrek, kom ons sit koppe bymekaar en dan boul ons hulle sommer van die begin af uit!

  • 29. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 10

    @ Verons

    Ek sal julle help dink. Ek ga mos as die queen in my se aandrok!

  • 30. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 45

    ‘n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin. Uiteindelik fluister sy vir haar ma: “As ons nou vir hom die geldtjies gee – sal hy ons dan laat gaan?”

  • 31. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 46

    Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê ” Moenie vir my betaal nie ek is nog onder ses!”

  • 32. Kokkewiet  |  Augustus 20, 2008 om 11 : 51

    Goeie post! Ek glo ook dat elkeen van ons ‘n keuse het – hetsy dit is oor jou gedrag, kleredrag, besluite wat geneem moet word.

    Ons kan vingers wys na baie mense – onder andere ook na Morné Harmse se vriende. Hulle het ook gesien hy doen en sé vreemde dinge lank voor dit gebeur het(blykbaar het hy al drie weke voor die aanval vertel hy gaan dit doen), hoekom het hulle nie iets gesê nie???

    Ons kan net aan sy ouers, vriende en medeskoliere dink en hulle in ons gebede opdra aan die Here om vir hulle die nodige kalmte en sterkte te gee.

  • 33. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 00

    Sam ek sal soos ‘n witch of ‘n bitch moet aantrek! maar hoe trek ‘n bitch aan??

  • 34. demoerin  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 12

    Ek wil nie veel hieroor sê nie. Dit is ‘n pot stront om nie verantwoordelikheid vir jou eie dade te wil neem nie. Ongelukkig blyk dit ‘n groot hedendaagse SA probleem te wees. Almal blameer en deny! Selfs dei duiwel kry nou al ‘n beurt. Reg of verkeerd is ‘n taamlike simpel besluit om te maak, veral as dit by iets soos moord kom.

  • 35. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 20

    @ Verons

    Moet asseblief om hemels naam nie soos ‘n slet aantrek nie!!😯

  • 36. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 20

    Wat is die ooreenkoms tussen ´n man en ´n vliegtuig?
    Albei beteken niks op die aarde nie.

  • 37. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 25

    ´n Pessimis is ´n man wat dink alle meisies is sleg.
    ´n Optimis hoop almal is.

  • 38. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 30

    Gaan julle nou vir my hallo sê ?

  • 39. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 32

    HALLO TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 40. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 33

    Hallo wesie

  • 41. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 44

    @ Tilla

    My firewall pla

    @ Firewall

    FOK U!!!!

  • 42. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 12 : 46

    @ Tilla

    Huganit maaikie?

  • 43. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 1 : 51

    Wa is al die maaikies ?

  • 44. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 1 : 51

    43!

  • 45. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 1 : 55

    Goed en jy 44 ?

  • 46. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 1 : 56

    Ons het gou gegaan vir ‘n visit plant toe en toe na die dragline ook gaan kyk, weet nie of julle weet wat dit is nie, maar dis MASSIVE machinery !

  • 47. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 01

    Dêmmit!!! Tilla…. As ekke al1 hieso is dan kan ek blog dat die stof so staan. Laat da nou net iemand SAAM met my wil blog, dan gedra my se firewall hom mos soos ‘n zot!

  • 48. Wees kjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 02

    @ Tilla

    Ek weet darem hoe dit lyk. Was al op so toertjie

  • 49. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 10

    Ek was laas op ‘n dragline toe ek in St 5 was – alles het baie groter gelyk en dit het my so impress dat ek tot vandag toe die masjien se naam kan onthou – dit was Marion.

  • 50. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 16

    Hallo Tilla, wat is ‘n dragline??

    Toemaar Sam ek sal nooit soos ‘n slet aantrek nie!! Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n bitch en ‘n slet!!!

  • 51. harrylouw  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 23

    Interessante stelling, mar bietjie veralgemeen. Blaam verskuiwing en verskonings soek is ‘n globale fenomenon, glo my… Loop Tjek nou vir OJ Simpson, Sadam Hussein, Pervez Musharraf et. al uit en dan praat ons weer. Die afrikaner volkie is heel oraait sou ek se.

  • 52. *Mathilda*  |  Augustus 20, 2008 om 2 : 25

    Maaaaaa,

    Dis daardie groot masjiene waarmee hulle in opencast mining die kole mee uithaal – sy bak kan so 40 ton kole op ‘n slag vat !

  • 53. Verons  |  Augustus 20, 2008 om 4 : 21

    Okay Tilla nou weet ek ook!😉
    Ek onthou destyds toe ek op Ellisras was het ons gaan kyk na die Grootgeluk myn en hulle het ook moerse lorries daar gehad wat die kole uit gehaal het! Die wiel van die lorrie was groter as die bus waarin ons gery het!😯
    Maar hulle het dit iets anders genoem………….. ‘n afrikaanse naam!

  • 54. rosalindfranklin  |  Augustus 20, 2008 om 5 : 07

    A3 ek stem met jou. Ek voel so oor die saak: Dit het minder as niks met die duiwel/satanisme/rock groep te doen. Die kind is iewers in sy lewe te veel blootgestel aan geweld en hy het gereageer daarop. Die tekens is gesien en daar is nie opgetree nie. Optree is roep die hulp van ‘n psigiater en sielkundige in wat met die kind EN ouers werk.
    Ek sal tot die dag van my dood ‘n voorstander van terapie en psigiatrie bly. Want dit werk, dit spreek die oorsaak van die probleem aan.
    Die duiwel praat nie met mense nie, as mense die stem van iets hoor, is dit ‘n aanduiding van ‘n psigiatriese probleem.
    Maar nou moet ek byse, die meeste psigiatriese siek persone is NIE gewelddadig teenoor ander nie, maar teen hulself. Dit is hoekom die insanity plea nooit werk nie.
    Dit is bloot misdadigheid en/of iets wat verkeerd was in die kind se lewe, wat niks met musiek/duiwel te doen het nie.

  • 55. Attie  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 29

    Psigiatrie en sielkunde? wha ha ha ha. wat n pot poes. blisen die kind wat aanjaag. gee hom of ha n blerie goeie rede om hom haar van die kwaad te weerhou. die kinders wat net die week in skole aangejaag het, gaan nie tjoklits en sielkunde in die selle kry nie. as hulle al op hulle moere gekry het toe hulle kids was, sou hulle te bang gewees het om aan te jaag. musiek of ninjas se moer man.

  • 56. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 38

    Attie… Hoor! Hoor! Amen en somme nog ‘n AMEN!

  • 57. Olga  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 40

    Geen nuwe blogstuk? En net 55 comments? Wa is juffrou annie dan? Attie jy is reg. Mens noem dit liefde met gevoel. Dit werk soos n bom. Anders sou ek seker my jeug en groot gedeelte van my volwasse lewe ini tjoekie deurgebring.

  • 58. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 40

    Ek sê dis Thabo Mbeki se skuld! Ons mag mos nie mee ons kjinners bliksem nie! GMPF!

  • 59. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 41

    Lo da Olga

  • 60. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 43

    Ons ‘n menings peiling hou oor wie se skuld dit is

  • 61. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 6 : 49

    Ek ga die naweek wille tuin toe. Wonner wie die skuld ga kry as ek nie die lazyhorse sien nie

  • 62. Olga  |  Augustus 20, 2008 om 7 : 19

    Lmga. Elo weeskjend. Hoe gaan dit? Man as jy ni lazy horses sien nie, vra jou geld terug.

  • 63. Olga  |  Augustus 20, 2008 om 7 : 29

    Ek se dan ook di goewerment toet veiantwoordelikheid neem vir die misdade wat kinders pleeg. Thabo weet nie waarvan hy praat nie. Hy se dat tieners nie mag soen nie. Maar hulle mag blykbaar sex he solank hulle net nie soen nie. Hy se meisie van 12 mag self besluit of sy aborsie wil he. Dus…. sy mag laat moord pleeg. Sy mag sex he. Maar sy mag nie soen of rook voor sy 16 is nie. viva.

  • 64. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 7 : 47

    Viva shmiva! Sy gat in ‘n visblik op ‘n platinum skinkbord! Thabo stel net belang in die buite land. Vi ons kan hy voorskryf hoe ons ONS kjinders moet groot maak… Ma die moer is nooit hie om te sien watse kak hy eintlik (in sy afwesigheid) aanjaag nie!👿

  • 65. Attie  |  Augustus 20, 2008 om 8 : 12

    Gee jou kjind ook n swaard weeskjind. dit kos ma 150 bokke by di chinaman se winkel.

  • 66. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 8 : 34

    Attie… Ek bliksem my kjind dat hy wens hy was nooit gebore nie. Ek sal hom so goed bliksem dat sy tannie A3 hom nie eens sal kan red nie!

  • 67. Weeskjind Q  |  Augustus 20, 2008 om 8 : 36

    Ek moer hom in ‘n anne bloedgroep en somme uit sy geloof!

  • 68. maxie  |  Augustus 20, 2008 om 9 : 49

    Rosalind ek stem saam met jou.

  • 69. Beeld  |  Augustus 21, 2008 om 7 : 23

    “Ons wil eerstens ons innige simpatie en meegevoel aan die Pretorius-gesin oordra. Ons besef jul kosbaarste besitting is deur die daad van ons kind van julle weggeneem. Ons is vreeslik jammer en wens so dat dit nie die omstandighede was nie en dat ons dit kon verander.”

    Morné is baie klein en skraal vir sy ouderdomsgroep. Tot Maandagoggend het ons nooit gedink dat hy tot so iets in staat kan wees nie. Ons is ’n baie hegte familie en ons kinders is streng, maar met baie liefde grootgemaak.

    Weens Morné se liggaamsbou is hy gereeld deur sy vormingsjare afgeknou. Waar ons kon, het ons vir hom opgestaan en by geleentheid die betrokke boelies aangespreek, maar dit ook aanvaar as deel van die lewe. Tydens ’n besoek aan Morné gister (Dinsdag) het ons gesien ons het nooit die werklike impak wat die fisieke en emosionele aftakeling op hom gehad het, besef nie.

    Hy het aan ons verduidelik hy het so magteloos en nikswerd gevoel dat hy ’n standpunt wou maak.

    Hy het skool toe gegaan met die bedoeling om “hulle” – wat nie tot ’n spesifieke persoon gerig was nie – te laat skrik en seer te maak, maar het nie bedoel om iemand te dood nie. Hy wou uiting aan sy opgeboude frustrasie en sy gevoel van magteloosheid gee. Hy wou iemand wees.

    Morné was by geboorte ’n baie klein baba en ons het hom maar deur die lewe as stil en op sy plek leer ken.

    Tot ons spyt blyk dit Morné het met satanisme geëksperimenteer en dat dit hom in sy psige ’n mate van beskerming gebied het. Dit was asof hy kon ontvlug na dié idee – dat hy sekere magte sou ervaar, wat dan aan hom ’n beskermingsmeganisme sou bied.

    Sy woorde aan ons was: “Toe ek die masker aansit, het alles doodstil geword en my liggaam het beweeg. Ek wou stop, maar kon nie.”

    Hy het ook genoem dat die matriekeindeksamen baie druk op hom geplaas het. Alhoewel hy nog nooit ’n standerd gedruip het nie, was hy vreeslik bang om te misluk.

    Ons vermoed ’n sameloop van spanning, ’n swak selfbeeld, verkeerde invloede en ’n absolute gevoel van magteloosheid het ons kind tot dié vreeslike daad gedryf. Morné was tydens ons besoek (in die selle) vreeslik verward en het eers gister (Dinsdag) besef iemand het gesterf. Hy kon basies niks van die gebeure onthou nie.

    Twee lewens is verwoes deur dié onbegryplike gebeure . . .

    Ons doen ’n beroep op alle ouers om ’n diep gesprek met hul kinders te hê om seker te maak alles is pluis. ’n Mens is geneig om ’n sekere persoonlikheidsverandering aan liggaamlike ontwikkeling toe te skryf, maar dit is nie altyd die geval nie.

    Ons vra dat julle asseblief vir ons, die Pretorius-gesin en almal wat hierdeur geraak is, sal bid. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om almal vir hul ondersteuning te bedank.

    Ons doen ’n beroep op mense dat ons nie geoordeel word nie. Gun ons asseblief die tyd om die skerwe van ons lewe op te tel.

    Dankie”

  • 70. aventer  |  Augustus 23, 2008 om 9 : 54

    Dit maak my so hartseer in kwaad

    Adrie as ek nog nie gese het ek dink jy’s awesome nie se ek dit nou.

    Ons gister in die bus ‘n debat hieroor gehad. Ek het erg verloor oor die rede dat ek die enigste een is wat glo soos jy doen.

    DIT IS NIE DIE MUSIEK SE SKULD NIE

    Dit het wel ‘n invloed ja, maar dis nogsteeds die kind wat besluit om met sy lewe te doen.

    Dis tyd dat Suid-Afrikaners ophou om verskonings te soek vir hulle eie blerrie foute en begin opstaan as iets nie reg is nie. Dis tyd dat kinders moet opstaan en hul mening lig. Dis tyd dat ons as mense veratnwoordelikheid neem vir ons eie aksies😥

    Die tyd is NOU!!!

  • 71. Weeskjind Q  |  Augustus 23, 2008 om 10 : 12

    Aventer…. AMEN!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: