Werk vir Liefde

Augustus 18, 2008 at 9 : 27 105 Kommentaar

Wie van julle weet nie wie Trudie Taljaard is nie?  Van julle sal haar onthou van die dae wat sy die Morkels tannie was.  Sy was ook Maryna se ma in Sonkring en nog meer onlangs Matrone se suster.  Julle het selfs al verneem dat sy met beenkanker gediagnoseer is.  Volgense vandag se Beeld kan sy nie die behandeling bekostig nie.  Sy is ook nie die enigste akteur in daardie bootjie nie.

Akteurs, veral vryskut akteurs, in Suid-Afrika leef baie na aan die broodlyn.  Veral nie ouer akteurs, soos Taljaard en Rautenbach, het in hulle ou dae niks om op terug te val nie.  Ek onthou ‘n artikel net nadat Taljaard haar Morkels kontrak verloor het.  Op daardie stadium het sy en haar 2 dogters nie eers kos gehad om te eet nie.  Na die artikel het ‘n weldoener haar wel by sy gastehuis laat werk.

Gavin van der Berg is van sy Ballade en Arende dae my gunsteling akteur.  Op ‘n stadium was hy keelvol om altyd die romantiese blou oog held te wees.  Eers was hy Skalla in Meeulanders, met soort gelykte rolle in Egoli en Sewende Laan.  Vir sy part hoop ek hy was goed keelvol, hy het nooit weer ‘n held gespeel nie.  Laaste wat ek van hom gehoor het is dat hy glad nie ‘n blyplek van sy eie kan bekostig nie.  Hy het op ‘n bank by vriende geslaap.

Ashley Callie het in ‘n Smart car verongeluk.  Dit is nie die goedkoopste kar op die mark nie, maar dit is ook geen aanduiding van haar finansiele status nie.  Elke Jan wat half bekend is ry ‘n geborgde kar.  Die motorhandelaars noem dit bemarking.  Het julle al opgelet hoe armoedig sekere akteurs se huise lyk wanneer dit afgeneem word?  Ja, dit word so afgeneem dat jy dit nie regtig agterkom nie.  Gaan kyk egter wat hulle meubels in ‘n winkel kos.

Ek het al gehoor dat so baie van die land se puik akteurs hulle tot sepies wend juis om vir hulle gesinne te kan versorg.  Kan iemand hulle verkwalik?  In die ou dae, het baie van die akteurs voltyds gewerk en in hulle af-tye hulle kuns beoefen.  Lieb Bester was tot onlangs nog in die weermag, Hannah Botha het vir die inkomste diens gewerk en daar was heelwat onderwysers. 

Ek moet egter die volgende vraag vra.  Word akteurs in Suid-Afrika pateties vergoed of werk hulle bloot net onoordeelkundig met hulle geld?  Dieselfde kan van ons musikante gevra word.

Wat dink julle?  As ons akteurs vir liefde werk, moet hulle maar vir geld trou.

Blogvraag:  Chris Chameleon was Henri, Maryna se broer, in Sonkring.  Wat is Chris Chameleon se regte van?

Blogantwoord:  Weeskjind was reg met Mpande.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tyd om te kom en tyd om te gaan Geheue

105 Kommentaar Add your own

  • 1. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 50

    More almal. Die antwoord is Mulder!

  • 2. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 51

    Wa almal vandag?

  • 3. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 57

    Hallo Wesie

    Almal treur seker.

  • 4. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 58

    Wesie

    Wat dink jy van ons metertjie regs vir Sisters?

  • 5. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 06

    Almal facebook hulleself nou simpel?

  • 6. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 07

    Wie stuur so baie epos oor naweke dat alles op ‘n maandag tot stilstand kom? 👿

  • 7. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 16

    Lyk my almal is op ‘n langnaweek.

  • 8. Nats  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 19

    Hello hello!!

    Ek is alleen by die werk en dit gaan heel mal!!!

    Topic – Sommige akteurs verdien genoeg geld, en word met baie dinge geborg… die wat nou nie meer so baie geld verdien nie moet maar soos ons “die gewone” mens op staat ‘n lewe maak.
    Hoekom moet ek hulle jammer kry?? Toe hulle “famous” was, het hulle vir my geld gegee of miskien ‘n handtekeking??

    Dit alles hang af hoe hulle was toe hulle famous was en nou, die een wat nie te goed was vir ander nie sal hulp van my af kry… anders “sorry for you!”

    Manlief se skoonsus is swanger met ‘n tweeling!!!

  • 9. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 19

    Ek dog nou net daas ‘n party wat ek nie van weet nie!

  • 10. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 26

    Nats

    Gaan loer by die vorige post.

    Ek is darem nie besig om vir hulle geld in te samel nie. Dit bly vir my vreemd dat ‘n mens dink hulle is ryk en beroemd, in tussen . . .

  • 11. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 27

    Wesie

    Dit raak weer tyd dat ons die tequila nadersleep. Net jammer vandag is ‘n OBS dag.

  • 12. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 33

    Ek wil vir liefde werk en vir baie baie baie baie geld trou.

  • 13. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 40

    More julle, uiteindelik kon ek ook hier kom hallo sê! Ek sukkel vreeslik om in faceboek in te kom en vanoggend het ek besluit ek gaan nou dadelik ‘n poging aanwend om daar in te gaan en als te update! So ek is nou reg op faceboek, wag net dat almal bevestig dan het ek sommer baie maatjies so op een dag gekry!🙂

  • 14. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 40

    Ek ook!!!

  • 15. Rolling Stone  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 42

    Something to think about….
    Name the five wealthiest people in the world.
    Name the last five Heismann trophy winners.
    Name the last five winners of the Miss America contest.
    Name ten people who have won the Nobel or Pulitzer prize.
    Name the last half dozen Academy Award winners for best actor or actress.
    Name the last decade’s worth of World Series winners.

    How did you do?

    The point is,
    none of us remember the headliners of yesterday.
    These are no second-rate achievers. They are the best in their fields.
    But the applause dies. Awards tarnish. Achievements are forgotten.
    Accolades and certificates are buried with their owners.

    Here’s another quiz.
    See how you do on this one:

    List a few teachers who aided your journey through school.
    Name three friends who have helped you through a difficult time.
    Name five people who have taught you something worthwhile.
    Think of a few people who have made you feel appreciated and special.
    Think of five people you enjoy spending time with.
    Name half a dozen heroes whose stories have inspired you.

    Easier?

    The lesson?
    The people who make a difference in your life
    are not the ones with the most credentials,
    the most money,
    or the most awards.

    They are the ones who care.

  • 16. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 43

    Verons

    Ek het gesien jy is so aktief. Ek sal vanaand so ‘n bietjie uithelp. Kan nie van die werk af facebook nie.

  • 17. ADRIANA  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 04

    Geduld, geduld, geduld.

  • 18. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 10

    Lê ons almal nou laag en wag vi ‘n drol solat ons hom/haar kan bespring!!!???😈

  • 19. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 13

    Hou vas…. jou matras!!!!!!!!!!!!

  • 20. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 18

    Danki A3 sal baie waardeer……..

  • 21. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 22

    Wesie

    Moet my net nie se jy slaap tot al op die blog nie.

  • 22. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 27

    Wesie

    Wat het nou van die skietery geword?

  • 23. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 30

    @ A3

    He! He! Ek wag vi die kakmakers! Ek watch vi hulle!

  • 24. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 34

    hi almal

    wtf? wie is dit wat so kak maak?

  • 25. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 34

    @ A3

    Ek het eers na 11 inni bed gekom. Natuurlik weet niemand wat gebeur het nie en ek sit nou met ‘n moerse gat in my muur. Ek was verby kwaad en het die een outjie somme geklap toe hy my tune dat “da mos fokkol gebeur het nie”. My kjinders was in die vertrek reg lans die studeerkamer! GMPF!!! Ek het hom somme van sy troontjie geklap.

  • 26. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 36

    @ Poplap

    Maak net toe jou ore en sê ja ousie.

  • 27. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 36

    Gegroet Poplap

    Sam, die kakmakers kiep nog.

    My posduif gekry?

  • 28. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 39

    hi adrie & weeskjind

    bly om te sien jule skop nog!!

  • 29. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 45

    a3

    is dit oor die kakmakers wat ek nie kon comment nie?

  • 30. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 48

    @ A3

    Jip. Jou posduif is weer oppad da na jou toe. Die maaikies moet nou gou kom speel voorlat die kakmakers ontwaak!

  • 31. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 52

    nee fok, dis te stadig hier!!!!!!!!!

    kan die ding nie self refresh nie?

  • 32. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 11 : 58

    Poplap

    Nee, dit was oor WordPress wat al weer op hulle koppe geval het.

    Kom jy die jaar sisters doen?

    Verskoon maar, my internet is gesuip vandag.

    Erg gesuip!!!!!

  • 33. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 00

    nee seker nie jong!! ek beplan nooit in my lewe weer iets nie……

  • 34. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 05

    Amper is ek polap!
    Sam ek lees nou eers wat het daar by jou gebeur!😯
    Julle moet maar ‘n ander blyplek gaan soek jong!
    Hier was netnou by ons ook lekker sports gewees! Ek sukkel al weke dat die baas die een ou se tjek teken en elke keer gooi hy dit uit oor een of ander kak dingetjie, wel die ou was net mooi siek en sat daarvoor en hy storm netnou hier in en ruk sommer die een bestuurder hier rond! Die baas is nie hier nie en toe soek die ou my ook want hy gaan nie hier loop voor hy nie sy geld het nie, wel die tjek is nie geteken nie en hier is nie getekende tjeks nie (niemand hier het teken regte nie net die baas en sy vrou wat altwee nie hier is nie, is op ‘n plaas in Pilansberg en ons weet nie wanneer hulle gaan terug wees nie) die ou weier om enige verskoning te aanvaar hy soek sy geld!!

  • 35. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 10

    @ Verons

    EISH!!!! Internet oorbetaling?

  • 36. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 19

    ALMAL kanni nou werk nie! Daar is 3 ander mense saam met my hier. 1 is my 3ling. Wies nog hier? Issit dalk ‘n drol?

  • 37. Edrol  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 21

    Almal weet seker nou teen die ttyd wie ek is😆

    Maar ek sal nooit weer bollie aanjaag nie

    @ Adrie , kan ek nou maar hierdie naam op jou blog gebruik?? dit rol darem maar so lekker van die tong af

    Poplap , van Maanlig????

  • 38. Edrol  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 22

    Weeskjind , jy moes n siener gewees het🙄

  • 39. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 34

    Hallo eDROL!!!!!!!!

  • 40. ADRIANA  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 34

    Testing, Testing.

  • 41. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 35

    Earth to A3, earth to A3

  • 42. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 39

    Grrr

  • 43. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 41

    Viva Selfone!

  • 44. Edrol  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 44

    Dis die koue. En Eskom . En die goverment , en die maansverduistering , alles is stadiger

  • 45. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 45

    Alles staan botstil

  • 46. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 12 : 57

    Ek raak net die duiwel in.

    Waar is almal anders?

  • 47. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 25

    HAND OP!!!!!!!!!!!!!!

  • 48. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 32

    Kan iemand ‘n belegging van R100 miljoen maak in my nuwe besigheid?

  • 49. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 33

    Hande en voete op!!!!

  • 50. Edrol  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 33

    Ek het net Zim $

  • 51. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 42

    Ek het GEEN $s

  • 52. Nats  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 43

    Gou kom hallo sê!!

    O ja ek en my tannie was uit vir poeding… toe ons uit kom is haar motor weg!!!!!

    Tracker het die kar gekry, maar is onrybaar en erg “gestrip” binne soos hulle die tracker gesoek het.

    Ek en sy is da in Westbury in om haar sleutels ens in die motor te gaan haal… daai plek is willer as die wiltuin!!!!!!!!!!!!

    Ek het amper al die rond loop honde opgetel, maar my tannie het gesê as ek stop vat hulle sommer my kar!!! So toe los ek die hondtjies😥 en da was ‘n baba hondtjie wat ook da geloop het… my hart is seer.

  • 53. Nats  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 46

    O ja… Rollende Klip😆 jy het ons lekker op hol gehad!!

    Tweeling
    Ek sal terug kom na jou toe Re naweek… ek is moontlik inni Kaap, maar nog nie bevestig nie.

    My Tweeling se Drieling
    Wat het by jou huis gebeur? Ek het iets gelees van daar is ‘n gat in jou muur?

  • 54. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 56

    @ Nats

    Ons bly mos in die wille weste! Daat mense op mekaar geskiet gisteraand en die 1 bullet is deur my studeerkamer en het inni muur ga vassit. Eks nounog moerig vi die klomp onverskillige klomp wat nie eens dink dat my kjinders kon getref wassie!

  • 55. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 1 : 58

    Kan iemand dalk vi my sê wat daai nommer is van Vodacom wa jy kan hoor wanne jou upgrade due is?

  • 56. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 01

    Of wa alli maaikies is?

  • 57. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 02

    Of somme net wiet die drank gesteel?

  • 58. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 03

    Of wa ek die naweek heen kan gaan?

  • 59. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 04

    Wesie

    My donnerse internet sukkel.

    Sms ug na 31050. Vir jou upgrade.

  • 60. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 06

    Naweek planne?

    Bespreek vir jou ‘n kampplekkie in St Lucia en vat die kids see toe. Moet net niks vir my se nie, ek is jaloers as ek net daar aan dink.

  • 61. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 09

    Was jy al in St Lucia?

  • 62. Nats  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 12

    Wesie
    Ag nee dis vreeslik!!!!

    Mense kan so onverskillig wees!! Deesdae is dit oral die wille weste!!

    En nee jammer ek is cell c, gin idee wat vodacom se no is nie…

    Ek moet eers gaan, sal later weer kom chat!

    Cherio!

  • 63. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 19

    Wesie

    Of gaan leer iewers goed skiet dat jy volgende keer die wetters se gatte vol donshael kan pomp.

    Hulle sal dan nie weer na jou huis toe skiet nie.

  • 64. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 20

    Soet wees tweeling.

  • 65. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 22

    Bogger die somer

    Waar is die tequila. Geen mens kan nugter met jouself sin praat nie.

  • 66. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 25

    @ A3

    Dankie virri nommer. En ja…. ek was al da gewees. Dis net virri naweek hoor. Ek kan nie see toe ry en trug net vir ‘n naweek nie. Wel…. Nie metti kjinners nie. Ek het altyd sukke mal goed aangevang toe ek nog (baja) jonger was.

  • 67. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 27

    Ek het vir julle pizza gebring. Ek smaak my julle het gedot van die honger.

  • 68. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 28

    @ A3

    Ons ga lekka gesuip raak hier op ons eie met al die tequila!

  • 69. Wees kjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 31

    @ Firewall

    JOU SE GAT!!!

  • 70. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 38

    hey hey

    hoop dit gaan gud met julle almal!

    ekt vi jul ‘n shooter gebring drink dit gou!
    dis vodka en condensmilk

  • 71. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 51

    BO mens noem dit ‘n melktertjie gooi net so tiseltjie kaneel oor!
    Baie lekker, het dit oor die naweek gemaak en dit het ons nie eers ‘n halfuur gehou nie!!!😉

  • 72. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 54

    verons

    lol ek het ook dit die naweek probeer,ma het ni kaneel gehad ni!
    ek het jou ook invite op facebook hoor.

  • 73. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 56

    Sam ons kan nie eers internet betaling maak sonder een van daai twee se toestemming nie en hulle antw nie hulle fone nie!
    Die ou is erg moerig hy bring so dik antie saam hom te help moer as dit moet! Hy het in die ontvangs gegil en geskree dat jy hom wie weet waar kon hoor!! Als het hom net mooi niks gehelp nie, ons KAN hom nie help nie! Ons hande is afgekap, ek sê toe hy moet more weer kom en dan sal ek hom help om die baas te moer!!

  • 74. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 2 : 59

    Verons

    Het jy al vir Adrie Swanepoel genooi?

    BO

    Ek het spesiaal vir jou😉 so 3/4 blogs terug ‘n meningspeiling geplaas. Laat weet ons gerus wat jy dink.

  • 75. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 01

    Verons

    Het jy al jou performance appraisal gehad? Of slow jy nog steeds?

  • 76. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 03

    a3

    check jou mail suster

  • 77. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 04

    Poplap

    Salueer!!! Sal nou dadelik, Mam!!!

  • 78. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 06

    dankie tog!

  • 79. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 11

    Posduif is oppad terug Poplap.

  • 80. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 12

    a3

    spesiaal vi my??
    oe oe nou voel ek goed!!
    …………………..lol………………….

  • 81. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 14

    nee teken n prentjie, ek ken nie een nie

  • 82. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 16

    BO en Poplap

    Ek sien nog nie julle aansoek vorms by bly te kenne nie.

  • 83. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 18

    Watse prentjie, Poplap

    Het Posduif van die inligting langs die pad verloor?

  • 84. edna  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 20

    ha ha ha ha. alli vokers raak nou geswaai op my blog. jule is net borring ousies wat kak nie sens praati.

  • 85. edna  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 34

    Weeskind huko het jy so chip op jou skouer? ek het jou nie die k woord toegesnou nie. en as sipho swart is, eet ek my worshond op. mens mag nie swart mens met dik woord skel nie. maar sipho is net so wit soos ek.

  • 86. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 38

    BLY TE KENNE WILLIE WERK NIE

  • 87. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 39

    WOW, SPITSTYD OP DIE BLOG

  • 88. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 42

    julle almal moet ‘n lekke aandtjie hê!!
    gesels more w!!

  • 89. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 43

    Poplap, dit het gewerk – moenie worry nie.

  • 90. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 45

    Spitstyd, ja! Rooflesers wat seker maak ek skinder nie van hulle nie.

  • 91. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 46

    Julle mag maar saam praat, dit is gratis hoor.

  • 92. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 49

    nope, almal is sku

  • 93. Verons  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 53

    A3 Adriana is genooi!
    Nee ek het nog nie my performance appraisal gehad nie!
    Ek is regtig besig om my regte Bitch kleure uit te haal hier! Die een girl sê ek was nog altyd ‘n bitch gewees maar sy sien die laaste tyd is ek baie erg!!

  • 94. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 57

    🙂

  • 95. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 59

    Verons, gaan saam met hulle op vakansie

  • 96. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 17

    Poplap

    Ek hou van jou gevreetjie. NOu moet ons net vir BO oortuig om ‘n gevreetjie te kry

  • 97. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 25

    GRRRRR

  • 98. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 39

    Ek sal maar 100 op sit.

  • 99. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 40

    Almal is mos uitgeput na Vrydag se marathon sessie.

  • 100. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 47

    Mense se vingers het afgevrot.

  • 101. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 52

    Of hulle het iewers gekwyl dat die keyboards gebreek het.

  • 102. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 4 : 53

    Of hulle is almal gesuip en uit gepass.

  • 103. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 6 : 46

    Terwyl ek nou hie is kan ek net sowel 101 skree!

  • 104. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 7 : 50

    102!

  • 105. Attie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 49

    Dis groot onthou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: