Geheue

Augustus 18, 2008 at 5 : 55 302 Kommentaar

Ek is Adrie Swanepoel en ek is verstrooid.  In die sin dat ek altyd na my sleutels, selfoon, borsel en selfs tandeborsel soek.  Ek vergeet dikwels klein goedjies, soos om melk te koop of om iemand te bel.  Ek vergeet om my middagete werk toe te neem of wat vandag se datum is.  Ek is nie eers elke dag seker waar links en regs is nie.

Tog kan niemand my van ‘n swak geheue beskuldig nie.  Daar is af en toe film in my fotogeniese geheue.  Ek onthou foto’s wat met sekere artikels gebruik is of mense se direkte woorde.  Moet nooit dat ek jou ID nommer neerskryf nie, kanse is goed dat ek dit gaan onthou.  Ek tel ook vinnig op as iemand van storie verander en weet gewoonlik presies waar om vir iets te gaan soek.

Ek kan ook lank terug onthou.  Een van my vroegste herinnerings is die aand toe my broer (Aboet 1) gebore is.  Ek was 2 jaar en 9 maande oud gewees.  Ek wou die aand by my ma’le gaan inkruip, maar hulle was nie daar nie.  My ouma (aan my ma se kant) was wel daar gewees.  In ons sielkunde klas het die professor eendag ons gevra hoe ver ons terug kan onthou.  In ‘n klas van meer as ‘n 100 kon net 4 mense iets onthou van toe hulle jonger as 4 jaar oud was.  Daardie dag kon ek die verste terug onthou het.

2 jaar en 9 maande is niks in vergelyking met Aboet 1 nie  Hy kan ‘n insident onthou toe hy 6 maande oud is.  ‘n Warm strykyster het op sy voorarm geval.  (‘n Dom vroumens het nie verstaan dat kruipende babatjies graag aan goed trek nie).  Hy kan onthou hoe my oom en pa noodhulp op hom toegepas het.  Hy was op die afdroograk geplaas terwyl hulle ys op se arm gesit het.  Hy loop vandag nog met die letsel rond, dus het hy geweet dat hy gebrand het.  Almal wat die afgelope paar jaar ‘n noodhulp kursus gedoen het, sal weet dat ys nie die regte ding was nie.  Tog onthou hy baie spesifiek die ys, wat my ma bevestig het wel gebruik was.

Wys net, babas is klein en nie stupid nie.  Die storie dat hulle te klein is om te onthou is snert.  Veral waar trauma betrokke was.  Daar is mense wat beweer dat hulle goed kan onthou voordat hulle gebore is.  Ek is skepties daaroor, maar ek sal dit as ‘n moontlikheid toelaat.

Hulle se dat mens met ‘n goeie geheue meer vatbaar is vir siektes soos Alzheimer.  My oumagrootjie het aan Alzheimers gelei, dus is dit nie goeie nuus vir my nie.  Ek sal maar lief moet bly vir blog en sudoku.

Hoe ver terug kan jy onthou?  Het jy ‘n goeie geheue?  Enige aangename herinneringe wat jy wil deel?

Blogvraag:  Alois Alzheimer (1864 – 1915) het die eerste geval van Alzheimers gepubliseer.  Wat het hy dit genoem?

Blogantwoord:  Sam was reg met Mulder.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Werk vir Liefde Dood moet ‘n oorsaak hê

302 Kommentaar Add your own

  • 1. ADRIANA  |  Augustus 19, 2008 om 5 : 49

    300ste

  • 2. aventer  |  Augustus 19, 2008 om 10 : 26

    Hallo Adriekiekiekiekie….

    Wou net hallo se en hoop jy’t ‘n lekker week.

    Ek’t my learners gepass vandag😀 jay me:mrgreen:

    *hugs*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: