Tyd om te kom en tyd om te gaan

Augustus 17, 2008 at 2 : 19 47 Kommentaar

Dorings was omtrent 6 weke lank oop voordat ons sak en pak ingetrek het.  Ek moes inderwaarheid ‘n paar posts gaan delete wat nie by die nuwe idee ingepas het nie.  Ons het met ‘n bang begin, tot vandag toe kon ons nog nie 22 Februarie ewenaar nie.  Die WordPress bloggers was nie seker wat om van ons te maak nie.  Ek neem nogal aan dat ons met ‘n frons beskou was. 

Wipneus het in Maart by ons ingeval.  Gou het sy besluit om haar deel van die groep gemaak.  Sy is met ope arms verwelkom, in so ‘n mate dat sy gou die blogouma geword het.  ‘n Titel wat sy vir haarself gekies het, maar wat ook soos ‘n handskoen gepas het.  Sy het ons meer oop vir ander gemaak.  Mense het besef dat hulle welkom is om saam te kom speel. 

Wipneus was ook die eerste WordPress blogger wat ons ontmoet het.  Dit het gatlek gekos, maar die dag van die mini kuier was sy en Teddiebeer daar.  Soos sy ingestap het, het ons besef die vrou se lewe is nie net sonskyn nie.  Daar was baie wat ons nie geweet het nie.  Ons hou daarvan om mense met die hand te groet, voor dit gebeur weet ons nooit met wie ons te doen het nie.  Ons het verstaan hoekom Wip baie huiwerig was om ons te ontmoet.  Net daar in Beker & Boontjie was daar ‘n groot Approval Tjap op haar gesit.  Sy is ons ouma en basta met die res.

Ons het haar blog begin volg.  Daar was baie heen en weer geterg gewees.  Wip het meeste van haar tyd gebruik om die ossewa in te span om ons in die bek te kom ruk.  Natuurlik kom geen ossewa met ‘n rekenaar ingespan nie.  Ons het ook baie tyd daaraan spandeer om haar op te lei omtrent die drieling, tweeling en kloon.  Wip was ook iemand wat gekwalifiseer het vir blogfoto’s.

Wipneus se blog was uniek in baie opsigte.  Ek besit te min woorde om dit te kan beskryf.  Die wat dit self gevolg het sal verstaan wat ek bedoel.  Filosofies is dalk ‘n manier om dit te beskryf.  Wipneus se blog was dikwels die top blog op WordPress.

Dit was seker die kern van die probleem.  Wipneus het nie ‘n lepel nie, sy het nie op haar eie of op ander se blogs gestir nie.  Haar teenwoordigheid het iemand dwars in die krop gesteek.  Daar was mense wat haar blog afgekraak het, daar was die wat haar rekenaar met ‘n virus verwoes het, die wat haar naam gesteel het om ander te gaan beledig en die eposse wat gebruik was om haar sleg te sê.  Niemand was seker al meer onverdien om so geteiken te word nie.

Gister het Wipneus die besluit gemaak, een wat ek hoop sy gaan herroep.  Onder die Maan en Sterre is gesluit.  Die drolle het gewen.  Die risiko om voort te blog was net te groot.   Sy het al heelwat finansiele skade gely as gevolg van bloggery.  Vrydag was sy prontuit vertel haar eposse sal gehack word. 

Wat ‘n verlies vir die Afrikaanse blog gemeenskap.  Oor wat?  Jaloesie dalk?  Ek weet nie.  Ek weet net dat die hele aangeleendheid my kinderlik ongelukkig maak en grootmens die bliksem in.

Dien die sluiting van haar blog dalk vir ons as ‘n vingerwysing?

Wip het belowe om nog hier in te loer.  Ek hoop sy gaan haar woord hou.  Waar anders gaan ons weer so ‘n ouma kry?

Kom ons klink ‘n glasie op Wipneus!!!!  Mag sy nou gelukkig in vrede blog.

(Ek sal moreoggend Maandag se blog met die blogvraag plaas.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Rassisme Werk vir Liefde

47 Kommentaar Add your own

  • 1. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 2 : 27

    EERSTE!

  • 2. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 5 : 59

    Ek sal NIE ingee as iemand kak maak op MY blog nie. Kak is jou nommer. Ek sal slegs terug staan soos wat met Jacaranda se breakfast blog gebeur het. Die administrateurs was net te slapgat om iets omtrent die drol inni drinkwater te doen.

  • 3. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 6 : 02

    Die kakmakers op die blogs is mense wat deur riool afval aanmekaar gesit was. Geen inborste nie!

  • 4. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 6 : 05

    Ouma Wip… Jy moes net versterking ingeroep het. Ons vatti kak van kabouters af nie!😈

  • 5. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 6 : 35

    Ek het somme gou blog besoek gaan doen. Ek sal net laaik om te weet ioe mens genooi raak om by ouma Wip te ga besoek aflê….

  • 6. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 6 : 44

    Drieling, ek sal jou more haar ou blog adres stuur. Ons sal nou moet leer om die brits te gooi.

  • 7. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 7 : 15

    Dit was regtig so onnodig, Wip het niemand iets gemaak nie.

  • 8. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 7 : 18

    My ma het my geleer pick on somebody your own size. Die idioot is nie net n drol nie, maar n lafhartige drol om alles te kroon. Anders as by Jacaranda, is die administrateurs van die blog nie bang om standpunt in te neem nie.

  • 9. Wipneus!  |  Augustus 17, 2008 om 7 : 29

    Hi almal

    Baie dankie vir al die mooi goed wat julle hier van my en my blog sê. Dit laat my baie lekker voel. Dankie Adrie.

    Maar moet darem by ook by sê, dat ek met so halwe smile op my gesig sit. Julle het nie ‘n idee hoe kwaad ek regtig is nie. ‘n Vrou wat kwaad is, se hart het sommer so lelike swart blerts in. Ughhh aaklig! Sies.

    ” It was a hell of a week at sea, Sir”

    My blog is op privaat gestel. Maar ek het regtig nie nou die lus en die krag om te blog nie. Hier is in elk geval nou orals op die blogs net bakleiery aan die gang, wie kan nou so blog!

    In die lewe is daar mense wat van jou gaan hou en ander gaan nie van jou hou nie. Dis hoe dit is en mens moet maar daarmee deal, wat ek seker nie goed hanteer het nie. Nee om die waarheid te sê ek het dit sleg hanteer.

    Hierdie persoon het net besluit basta met die malkop vroumens, laat ek haar mond net bietjie toeklap. 😆 Die arme siel was seker al moeg vir my gebabbel, want ek hou van babbel!!!!
    Daar was baie dinge wat die persoon onstel het, hy voel ek huil te veel oor niks, die persoon kry skoon die lag vir my.😆 Laat iemand nou aan die lag gaan oor ek huil oor die dood, is nog iets wat my hard laat kopkrap. Maar nou ja, daaraan sal ek nou niks kan doen nie. Die fout lê natuurlik net by myself ek het te vinnig weer begin blog. Maar dit daar gelaat.
    Ek het weer vrede gemaak met myself en hierdie brug, gebou want ek het gelukkig genoeg selfvertroue, innerlike vrede en ek is ‘n sterk mens om so iets vinnig agter my te sit.

    Ek doen nou weer al die lekker goed waarvoor ek nie meer kans gekry het in my vrye tyd nie. Lapverf, skilder, pottery, loodglas en moenie die shopping vergeet nie😉

    Ek dink ons almal is maar nou wantrouig, ek vertrou nou baie moeilik, ek verdink almal. Dis nie ek nie. Dus hierdie blog storie is sleg vir my karma, want ek kan nie so lewe nie.

    Ek en van my blogmaats was ook gewaarsku, hier is ‘n uittreksel:

    “Net nog ‘n vriendelike woordjie van vermaning hier – ek kan julle persoonlike mail ook hack. Die mail wat julle vir mekaar aanstuur — moet ek dit hier kom paste vir julle?? Tsk,tsk”

    Nou hoe kan mens baklei teen die tipe abuse, my werk is nogsteeds die belangrikste ding.

    Dus vir die oomblik, rus Ouma bietjie. Ek gaan vir Neef Piet op die plaas “Lekker Rus” kuier. Julle beter julle soet gedra, ek wil nie klagtes hoor nie. Geen gebytery nie, en Adrie speel nou mooi. Jy sal defnitief moet leer om jou humeurtjie in toom te hou. As ek terug kom en ek hoor klagtes gaan ek jou mond met handy andy uitskrop.

    Ek gaan julle almal mis: Adrie, Nats, Tillie, Zoeksie, Weeskind/Sammie, Saloom/Salami, Liewe Heksie, Verons, ogies, klip, Roer, Zee, Tinky, Pikkie ek kan nie meer dink nie dus ek sit hier en…en….en………. Ouma’s se koppe werk bietjie stadiger as julle jong kinders sin😉 Dankie vir al die lekker speel.

    Ek het ook gister-aand die maansverduistering afgeneem, en ek speel in my feëtjie tuin!! whahaha regtig hoor, ek werk te heerlik in die tuin 😆

    Ek sal hier by julle inloer as ek terug is van Neef Piet!! 😉

    Kyk mooi na Zoeksie !!!

    Toe del doe

    Ouma Rosie

  • 10. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 7 : 53

    Ouma Wip… Jy moet lekka rus. Los nou die drolle vi ons jong klomp. Ons ga seker maak dat die trailer park trash oppak en pad gee na wa hulle vandaan kom. Sulke mense dink net dat hulle gewen het. They may win the battle but NOT the war!

  • 11. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 7 : 55

    Drieling, ek stem saam.

  • 12. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 00

    Wip, jy moet nou vet raak op die plaas. Jy beter vol energie en n dik vel en fietspomp terug kom. Of ek gaan vir Zoekoe elke dag vloek.

  • 13. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 01

    Ek het my boks handskoene aan… My swart belt is gestryk en my helmit gepolish… Eks gereed vi enige riool rot wat dalk die pot wil mis sit en ons klomp wil kom sta treiter. You mess with my family, you mess with me!

  • 14. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 02

    BRING IT ON!

  • 15. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 05

    Ek is nou soos my 3ling se kloon dit sou stel… BOMBEFOK!!👿

  • 16. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 07

    Wesie, byt gou vas. Ek kry nie my gumguard nie. Ry gou apteek toe om dit te koop.

  • 17. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 08

    Wanne laas het ons ‘n lekka blog fight gehad? Ek dink al die sensitiewe bloggers moet vi eers trug staan en leer hoe dit gedoen word.

  • 18. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 10

    Ek ook. My kloon, my tweeling, my ander drieling, my ma, my tweeling se verloofde, my tannie, my ander tannies en my welsyn tannie sal ook wees.

  • 19. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 10

    3ling… Ons ga nie eens gumgaurds norig kry nie. Ons ga soos die Japenese se Tengu wees wat getrain is in Oni

  • 20. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 11

    Met die klem op leer.

  • 21. Sonkind  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 12

    Wip – dit is nou regtig belaglik dat die persoon jou so kon dreig. En dis ‘n liederlike inbreuk op iemand se privaatheid. Daardie persoon wat vir jou daardie emails en dreigemente gestuur het – kan jy dalk sy/haar IP adres in die hande kry? Of net die email? Jy weet, daar is vandag wette vir internet misdaad en niemand kan sommer net lekker te kere gaan en ander mense skade aan doen nie. En dink hy is onopspoorbaar nie. Dis nie ‘n movie hierdie nie.

    Mense dink regtig hul IP adresse is nie 100% opspoorbaar nie, maar hulle maak ‘n vet fout. Met die regte toerusting kan jy ‘n persoon PRESIES point waar hy is en service providers sal so ‘n persoon se internet opskort, want hy/sy gebruik dit vir ‘n misdaad.

    Nee regtig nou – ons het altyd almal so lekker hier gekuier. Dis onsin dat een moet getarget word. Jy het die volste reg om te kla, te huil, te skree of wat ook al op jou eie blog. Hoe de donner kan iemand jou kom vertel jy irriteer hom. Dan moet hy fokof en iewers anders gaan lees en ons wat by jou WIL lees in vrede los.

    Ek dink eerder ons moet daardie bliksem laat opspoor en laat betaal, voor ons almal moet vlug vir een teisteraar. Bliksemse wetter! Ek is nou moordend kwaad!

  • 22. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 12

    Float like a butterfly, sting like a BEE!😈

  • 23. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 14

    3ling, my tandarts het hard gewerk aan my tande. Hy gaan nie gelukkig wees nie. Aan die ander kant laat ons fietspompe nie toe om raak geslaan te word nie.

  • 24. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 15

    Sonkind

    Hoor, hoor!!!

  • 25. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 18

    Fok! My neighbours het somme mekaar nou geskiet toe ek nou so bombefok was! Lyk my hulle oefen ok solank vi die oorlog

  • 26. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 18

    Sonkjind… Amen!

  • 27. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 22

    Eish! Praat later. Ek ga gou iemand bliksem. Die moere het my studeer kamer venster uit geskiet. Bullet sit in my muur!👿

  • 28. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 27

    Drieling

    Eish! dit is sommer snert! dit kon een van die kinders gewees het. Grrr!

  • 29. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 49

    Ek kwalifiseer nie mee as iemand wat bombefok is nie. Ek sal eerder nie herhaal wat ek nou gedoen het nie. My keel is anyway te seer om nou nog baja te praat. Ek het mos nou soos tannie Stienie gekruis met ‘n straatmeid ga vloek, skel en bliksem. Praat more wee. My se huis is nou vol polieste. Gmpf! En ek wou rustig my boek lees met ‘n glas wyn. Nou gat ek die boek skip en somme die hele blêrrie bottel uitsuip. Ek bewe skoon van woede! TSK! DOSE!

  • 30. Roer  |  Augustus 17, 2008 om 8 : 58

    You can’t keep a good woman down…Wip sal terug kom.

  • 31. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 9 : 49

    Tannie Roer

    Ook weer waar.

  • 32. Wipneus!  |  Augustus 17, 2008 om 9 : 55

    😆 Julle kinders maak my bang, daardie persoon gaan miskien ook nou bang word. 😈

    Sonnie baie dankie. Daar is heelparty mense wat al aan die saak werk. Ek was ook glad nie so erg aangeval soos Emil nie. Emil was die slegste gesê! Zee was ook aangeval maar regtig Emil het swaar deur geloop. Blykbaar was dit dieselfde persoon wat Emil ook so op sy eie blog sleg gesê het. Want al die inligting stem ooreen. Ek het die IP besonderhede daar neergeplak, maar die persoon het dit natuurlik self ook gegee.
    Ek voel net Emil is nou regtig die een persoon wat nie hierdie storie verdien het nie. Ek het nog nooit gesien dat hy iemand uit sy eie aanval nie en hy is baie verdraagsaam.

    Dus hierdie persoon is kwaad vir 3 van ons, ons doen of sê moontlik iets wat die lewe uit hom/haar irriteer.
    Ek dink ek lag en huil te veel whahahaha 😆

    Roer ek sal weer terug kom, maar dit sal verseker nog ‘n lang ruk wees, hulle moet my eers vergeet. As die persoon se lewe eers weer interessant genoeg is, sal hy die internet speletjie miskien stop. Maar ek verdwyn, ek gaan hom/haar nie meer aandag gee nie, die soort mense floreer op aandag!!! Ek het daaroor gaan oplees. Hoe meer aandag hulle kry, hoe erger gaan dit raak!!! Hulle is siek, soos in regtig siek! Dis ‘n feit!

    Die ergste is miskien ken ek nog die persoon, miskien heul ek met die vyand!! Ek sal dit nie eers weet nie whahahaha😆
    Daar is nie pille vir my nie!

    Maar my blog gaan in die toekoms reëls hê, ek gaan die een wees waarteen julle mede bloggers julle altyd waarsku. Lelike kommentaar sal verwyder word. Ek weet mens mag nie kommentaar verwyder nie, maar ek sal dit verwyder. Dit kan nie meer so aangaan nie.

    Almal kry nou maklik toegang tot die intenet. Daar kom daagliks nuwe mense by, sommige mense het nie die verantwoordelikheid om ordentlik agter skuilname te blog nie. Mens sal nooit iets daaraan kan doen nie. Goeie maniere gaan jou nie meer kan help nie. Jy sal moet hard saam speel as jy die game wil speel. As jy kommentaar moet delete, dan moet jy dit delete. Dis hoe dit is…….

    Liewe aarde Sam wat gaan daar by jou aan????? Dis gevaarlik.

    Ek is môre uit, sal môre-middag gou weer kom inloer!! Julle weet mos ek antwoord my kommentaar.

    Sies Adrie, jy het my nou hier in ‘n blik gedruk!!! 😆
    Jy en Sam het hierdie ding gister goed gesit en uitwerk. Twee stoute meisiekinders!!! 😉

  • 33. Adrie  |  Augustus 17, 2008 om 9 : 59

    Wip

    In alle eerlikheid, Sam het nie eers geweet ek gaan dit doen nie. Ons het gister aan iets heeltemaal anders gewerk. Maar ons sal julle later jaloers maak.

    Enige blogs het reels. Ek het nog nooit ‘n lawaai gemaak as iemand my kommentaar verwyder het nie.

  • 34. Wipneus!  |  Augustus 17, 2008 om 10 : 20

    Adrie die mense raak wel kwaad as mens kommentaar verwyder. Dit kom van êrens anders af, ek verstaan hoekom mense so daaroor voel. Die storie kom van lank voor ek en jy begin blog het. Dellie sal jou met die een kan help. 😉

    Daar is ‘n storie agter die storie😉

    Maar dit is dan nou ‘n goeie ding as ons dan sommer hier by jou hieroor kan gesels.

    Ek moet begin om deur my lang lys e-posse te werk!! Sondag aande is ek so lui!!

    Ek sal weer môre kom loer, lekker slaap!

  • 35. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 10 : 23

    👿 Ek wil ga dux! Hoeveel koppies koffie wil die 2 speurders nou nog hê!? En wie de moer dink hulle ga betaal vi daai moerse ga t in my muur❓

  • 36. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 10 : 26

    Ouma Wip… Dis my fighting spirit wat my bure aan die skiet gesit het….. Hulle warm solank op vi die blog oorlog!

  • 37. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 10 : 28

    Ek ga nou slaap. Hulle kan my wakker maak as hulle 1dag kla het solat ek vi hulle kan oop sluit.

  • 38. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 6 : 28

    Ek watch vi julle met my houtoog

  • 39. Weeskjind Q  |  Augustus 18, 2008 om 6 : 30

    Ons moet die heading verander na BOMBEFOK….

  • 40. *Mathilda*  |  Augustus 18, 2008 om 7 : 36

    More maaikies

    My kloon se drieling – ek is ook sommer nou BOMBEFOK – hoe kan hulle so lelik met ons ouma wees ? Bliksems !

  • 41. Rolling Stone  |  Augustus 18, 2008 om 7 : 38

    Goeie more almal.

    Wipneus, dis nou sommer n bad storie, ek is so jammer ek het jou nie beter leer ken nie , maar hoe se hulle , n mens waardeer en mis eers iemand as hulle nie meer daar is nie .

    Ek hoop rerig om jou sommer gou weer hier te sien.

    @}`~~~~

  • 42. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 8 : 04

    More almal

  • 43. boendoe  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 10

    More Adrie.
    ‘n Depressing Maandag, is dit nie? Ek voel heeltemal oorweldig deur al die negatiewe goed wat die afgelope tyd gebeur het. Waar is die goeie ou dae? Hoe deal mens met hierdie slegte dae? Wag, dat ek eerder vir my ‘n sterk dop gaan ingooi…

  • 44. ADRIANA  |  Augustus 18, 2008 om 9 : 21

    More Boendoe

    My raad, jy toilet papier die spul tot hulle verveeld raak.

    Ek gaan ook ‘n sterk dop soek.

  • 45. Nats  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 43

    Wip
    Agnee… da mis ek jou “weg gaan party”

    Ai ai ai… ek weet nie wat om te sê nie!! Jou blog was vreeslik lekker om te lees, en het altyd ‘n glimlag op my bakkies gesit (al het ek nie altyd ‘n comment gelos nie)

    Jy het ook van die mooiste fotos ens…

    Ek gaan jou baie mis Ouma!!!! En dit was ‘n eer om jou met die hand te kon groet!!

    Goed gaan en onthou as jy nie kom inloer nie, gaan die familie jou kom soek!!!!

    Groetnis
    Nats (Adrie se Tweeling)

  • 46. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 47

    Here we go again.

  • 47. Adrie  |  Augustus 18, 2008 om 10 : 50

    Gelukkig weet die familie waar Ouma bly. 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: