Blog Menings Peiling

Augustus 15, 2008 at 12 : 27 23 Kommentaar

Ek werk al weke lank aan veranderinge aan die blog struktuur.  Ek is deesdae te veel afwesig van die blog.  Ek dink ook dat daar altyd iemand moet wees wat ‘n ogie kan hou.  Daar is dus 4 administrateurs vir die blog.  Ons skaaf nog aan die rolle en so aan, ons sal julle wys sodra ons reg is.

Terwyl daar veranderinge wag, moet ons dalk kyk na die blog soos dit nou is.  Dit is nou tyd om te verbeter waar ons kan.  Enige voorstelle en gegronde kritiek is welkom.  Ek gaan ‘n paar punte noem om julle gedagtes aan die gang te sit. 

  1. Hoe voel julle oor die blogvraag?
  2. Hoe voel julle oor die aansoekvorm?
  3. Hoe voel julle oor die liefdadigheiddeel (Rose Projek en Sisters)?
  4. Hoe vind julle die blogonderwerpe?  Waarvan sal julle graag meer wil sien?  Waarvan hou julle glad nie?
  5. Enige ander voorstelle?

Swartsmeer is nie kritiek nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gaan soek jou dood in ‘n hospitaal Rassisme

23 Kommentaar Add your own

  • 1. Weeskjind Q  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 33

    EERSTE!

  • 2. Nats  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 35

    2de!

    As ek nie spam is nie

  • 3. Nats  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 39

    1) Viva Blogvraag!
    2) Viva Aansoekvorm
    3) Dubbel viva
    4) My nog nooit gepla nie, hou van ‘n goeie debat en om almal se menings te hoor!
    5) Kan ons die sterretjies kombuis inrig met ‘n spens vol koekies en lekker sweets ens ens?? En coke… ek is nou ewe skeilik baie dors!!

  • 4. Wees kjind Q  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 41

    Wat van ‘n dak en swembad?

  • 5. Wees kjind Q  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 42

    En DSTV!

  • 6. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 12 : 43

    3ling

    Kry jou gat op die vorige blog. Die een is actually erenstig bedoel.

  • 7. rosalindfranklin  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 04

    haai adrie

    1) ek hou van die blogvraag
    2)watter aansoekvorm my dier?
    3) ek hou van liefdadigheid.
    4)ek hou van die verskeidenheid onderwerpe (ek hou glad nie van piesangs nie)
    5)nee wat doen net wat julle wil, soms is ek biekie stadig en dan weet ek nie waaaaaaaarvan julle praat nie, maar dan vra ek maar.

    baai

  • 8. rosalindfranklin  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 05

    o hel voor ek raas kry my antwoorde was eerlik/ernstig…..sluip ek uit want ek weet julle is kwaai

  • 9. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 09

    Rosa

    Gaan krap op my pages rond. 🙂

    Die aansoekvorm is op die bly te kenne bladsy, reg langs home.
    Die volgende 2 pages gaan oor liefdadigheid.

    Hoekom sal ons nou met jou wil kwaai wees.

  • 10. *Mathilda*  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 33

    Sorry julle, moes gou biki werk en moes aflog om dit op die ander ou se goed te doen, maar hier is ek terug.

    Kloon

    Ek is VIR alles !

  • 11. *Mathilda*  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 46

    Ek het gou my bly te kenne op datum gaan kry !

  • 12. erns  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 59

    ek hou van alles wat jy doen ek leer elke dag iets niets met die blog vraag
    die aansoekvorm het verbeter van Jac se dae

    ***ek hou nie van blomkool,mielies, brokolie ens nie****

    maar verder rock die blog

  • 13. Verons  |  Augustus 15, 2008 om 3 : 01

    Hallo julle ek loer net in om baai te sê ek het my moer nou gestrip en nou gaan ek maar huistoe!
    Praat maandag weer lekker naweek!!

    O ja ek laaik ons blog nes dit is!!!😉

  • 14. boendoe  |  Augustus 15, 2008 om 4 : 27

    1. Moet eerlik wees, ek steur my gewoonlik nie aan die blogvraag nie. 😳
    2. Aansoekvorm?😯
    3. Ek hou ook van liefdadigheid. Net iets waaroor ek vandag gewonder het. Dalk nie so prakties uitvoerbaar nie, maar ek gaan dit maar noem. Daar is af en toe ‘n blogger in nood en dan is daar ‘n geskarrel om ‘n geldjie bymekaar te kry. Wat van so ‘trust’ wat ons die heel tyd in stand hou? Hetsy deur ‘n eenmalinge skenking van elke blogger, of elke maand R10 bydra, of, of, of, … You get the picture, I hope?
    4. Ek verstom my altyd aan jou kapasiteit om onderwerpe uit te ryg asof dit geen moeite verg nie.
    5. Ok, my lang storie by 3 sal seker tel as ‘n nuwe voorstel.

    Gegroet!

    O ja, watse gefightery het hier langsaan gebeur? Toemaar, sal self gaan loer.😆

  • 15. Roer  |  Augustus 15, 2008 om 4 : 48

    Hoe voel julle oor die blogvraag? Dais cool. Ek leer daaruit.
    Hoe voel julle oor die aansoekvorm? Whatever.
    Hoe voel julle oor die liefdadigheiddeel (Rose Projek en Sisters)? Moet dit nie verwyder nie. Dis ‘n baie goeie inisiatief.
    Hoe vind julle die blogonderwerpe? Ja, my mond hang ook altyd oop. Weet nie waar krap jy al die onderwerpe uit nie, maar 90% van die tyd is dit baie interessant. Waarvan sal julle graag meer wil sien? Wit vlaggies. Waarvan hou julle glad nie? Bloed.
    Enige ander voorstelle? Kan nie nou dink nie. Sal terug kom na jou. Dit was ‘n laaaaaaaang week. Lekker naweek!

  • 16. Verons  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 18

    Sien drm het jullle is no rustiger! So terloops ek is no op my foon!

  • 17. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 26

    Boendoe

    Jou voorstel is regtig goed. Daar is egter ‘n paar tegniese probleme. Eerstens sal ek nie gemaklik voel daarmee as so iets in my persoonlike rekening in betaal word nie. Ek sal daarvoor ‘n aparte rekening moet skep. Dan net om ons kant skoon te hou sal daar tenminste 2 handtekeninge vir enige uitbetalings nodig wees. Daar moet ook ‘n kommitee wees wat oor uitbetalings moet besluit. Verkieslik nie die mense wat mag teken nie.

    Vir so iets om te werk, moet dit verkieslik deur meer as een blog eienaar bestuur word. Die laaste ding wat ‘n mens wil he is dat daar vingers verwys moet word oor selfverryking.

    Daar kan ook regsimplikasies wees. Na regte het jy ‘n fonds insamelingsnommer nodig as jy geld insamel. Veral vir iets op die skaal.

    Doenbaar, maar dan moet daar meer mense na die party kom.

  • 18. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 28

    Verons

    Ek en Edrol baklei nog steeds. Soek 600 comments. Opera Mini jy?

  • 19. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 6 : 03

    Ek is seker die getrouste roofleser , en geniet die onderwerpe, nou dat ek ontmasker is sal ek meer gereeld kom inloer

  • 20. maxie  |  Augustus 15, 2008 om 7 : 49

    1. Blogvraag is baie interessant.

    2. O griet. Is daar ‘n aansoekvorm? Sal gaan loer. Is dit verpligtend?

    3. Haal my hoed af vir jou oor die liefdadigheidsprojek(te).

    4. Altyd interessant.

    5. Nee wat.

  • 21. Sonkind  |  Augustus 17, 2008 om 12 : 13

    Hierdie blog is cool soos ‘n slush puppy – dit kort net Tequila! 😈

  • 22. Weeskjind Q  |  Augustus 17, 2008 om 10 : 07

    Sonkind daar is… Kyk net mooi😉

  • 23. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 11

    Hoe voel julle oor die blogvraag?
    ek steur my ni da aan as die topic my ni trek ni.

    Hoe voel julle oor die aansoekvorm?
    moet vir ‘n feit ingevul word, sodat ons kan weet met wie/wat ons gesels.

    Hoe voel julle oor die liefdadigheiddeel (Rose Projek en Sisters)?
    dis goed, want dit hou my uit die k*k uit🙂

    Hoe vind julle die blogonderwerpe? Waarvan sal julle graag meer wil sien? Waarvan hou julle glad nie?
    adrie jou topic’s is altyd interesant, ma soms is da onderwerpe waar in ek ni belangstel ni.

    Enige ander voorstelle?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: