Gaan soek jou dood in ‘n hospitaal

Augustus 14, 2008 at 6 : 34 617 Kommentaar

Ek is eerlik van mening dat ‘n hospitaal ‘n plek is waar mense doodgaan.    En ek verwys nie net na die staatshospitale nie, maar enige hospitaal in die wêreld.  Feit is baie van ons gaan ons laaste asem teug in ‘n hospitaal gee.  Die hospitaal het ook waarskynlik gesorg dat die laaste asemteug heelwat vroeër is as wat nodig is.

Hoeveel mense sterf jaarliks aan longontsteking?  Veral ou mense en erenstige siek mense wat ‘n geruime tyd in ‘n hospitaal was.  Die virus of bakterieë wat die ontsteking veroorsaak het moes iewers vandaan kom.  Waar is daar ‘n beter plek as ‘n hospitaal?  Dit is vol siek mense.  Jou immuniteit is reeds laag, dit is ‘n fees vir enige kiem.  Uit die aard van die saak is daar ‘n oorvloed daarvan in hospitale. 

Daar is 2 soldate wat jou solank as moontlik aan daardie bed vasgekluister sal hou.  Eerste een is sentrale lugversorging, wat die sondaar is met longontsteking.  Die tweede een is onverskoonbaar.  Verpleegsters met vuil hande.  Ek is van kleinsaf geleer om my hande te was voor en nadat ek in die toilet was.  Ek is seker hulle het dit ook tydens opleiding teëgekom.  Hoe anders kry ‘n premature baba in ‘n broeikas Klebsiella longontsteking?  Klebsiella kom in jou derms voor, verf jou eie prentjie.  Dit is terloops ook die oorsaak hoekom ‘n hele saal babas meningitis kan kry.  Hulle is redelik teen bakterieë beskerm in hulle broeikaste, tot iemand met vuil hande aan hulle kom karring.  Die slegte nuus is dit gebeur net so baie in privaathospitale.

Nalatigheid!!!  Of eerder gee nie ‘n duiwel om nie.  Dit is die medici wat in tronke hoort, hulle vermoor mense.  Rosalindfrankin het eendag geskryf hoe sy in die hospitaal mishandel is.  Sy is nie alleen nie.  Ou mense durf nie om te kla nie, dan sal hulle geboelie word.  Verwaarlosing is die lesser evil.  Klokkies is daar om die hospitaal te laat mooi lyk.  Solank die drip in is, maak dit nie saak of daar ‘n lugborrel by die naald is of die drip nie loop nie.  Almal kan seker hier ‘n rillerstorie vertel.

Ek het baie respek vir ‘n verpleegster.  Vir al die geld in die wêreld maak ek nie vreemdes se uitwerpsels skoon nie.  Ek het dalk die maag vir ‘n dokter, maar nie vir ‘n verpleegster wat die vuilwerk doen nie.  Dit is seker eindlik verpleegsters wat die gesondmaakwerk doen.  Wie word vandag nog vrywillig ‘n verpleegster?  Kom ek vra dit sommer reguit, wanneer laas het julle ‘n jong blanke verpleegster gesien?  Ek het nog nie.  (Toe gegee, ek was ‘n paar dae na ek gebore was en 17 jaar later ‘n paar uur terwyl hulle my verstandtande uitgeslag het  in die hospitaal).  Ek het niks teen die Simpiwes wat hulle werk kan doen nie, maar ek kry altyd met die Thembi’s te doen.  Geen wonder. 

Punt is dat dit nie ‘n beroep is wat vrywillig gevolg word nie.  ‘n Mens wil darem af en toe eet.  Een van hierdie mooi dae is daar meer dokters as verpleegsters en wat dan?  Ek sal julle sê, dan krepeer ons almal van ellende en vrek soos vlieë.   Viva vir alle tuis verpleegsters, julle laat die lykshuise wag, veral as julle julle hande was. 

Terloops, wees nice met Tannie Boendoe.  Jy weet nooit wanneer sy jou dalk ‘n inspuiting gaan gee nie.

Ek het hierdie inskrywing baie kras gestel.  Ek vermy hospitale so ver ek kan.  Ek het myself ook voorgeneem om my eie broeikas te huur as die klein Adrietjies een benodig.  Is ek onnodig sinies?  Die meerderheid mense oorleef hospitale.  Dalk, maar daardie getal behoort baie hoër te wees.

Blogvraag:  Wie het die Groote Schuur Hospitaal op 31 Januarie 1938 ingewy?

Blogantwoord:  Roland Schoeman behou die wêreld rekord vir die 50m kortbad vryslag.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Selfvertroue Blog Menings Peiling

617 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 37

    Yeah right!!!!

  • 2. edna  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 37

    nee nie mario nie …

    Maar ek hou van hierdie suspense, at least het ek nou n naam wat by my pas . Edrol , dit rol sommer lekker op die tong

  • 3. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 39

    Nou wie dan?

  • 4. edna  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 39

    Jy het 600 gemaak, dit was heerlik in jou geselskap.
    Laat ek net een post met my nuwe naam post , dan kan ek ook lekker slaap vannag

  • 5. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 41

    Kom Kom

    Ek wil huis toe gaan.

    Snaaks hoe daar ewe skielik hoofletters kom toe ek Dol se naam noem.

  • 6. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 41

    Niemand gaan hierdie naam by my kloon nie , ek het nog so 4 posts oor voor ek myself reveal…..
    maar alleenlik as jy promise om nie vir my kwaad te wees nie

  • 7. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 42

    Ek was n roofleser , altyd vol grappies , ly dit n klokkie

  • 8. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 43

    Klip???

  • 9. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 44

    Try my, ek is nie juis bekend vir ‘n vuil humeur nie.

  • 10. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 45

    Geniet jou aan Adrie , met liefde “Rolling Stone”

  • 11. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 45

    Jy het dit !!!!!

  • 12. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 46

    Drol.

    WAt maak jy nogal in Limpopo?

  • 13. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 48

    Ek het vermoed dit moet ‘n maatjie wees, my subtle bevele was so mooi gevolg.

    Chat Maandag weer.

  • 14. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 48

    Ek is in Mpumalanga , Witbank om presies te wees , nou weet jy meer van my as die meeste mense *S*

  • 15. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 49

    Ek weet jy is in Witbank, maar wat kerm jy dan oor Limpopo?

  • 16. Edrol  |  Augustus 15, 2008 om 5 : 49

    Geniet jou aand en alles wat mooi is vir jou , en al die maatjies hier *bye*

  • 17. Wat het Wordpress getref? « Dorings en soms Rose  |  Februarie 19, 2009 om 6 : 04

    […] post die dag wat die meeste trefslae gehad het.  616 was die meeste comments wat ons op ‘n blog gehad het.  My eerste ernstige meningsverskil was met Rosalind Franklin gewees.  Vandag se post […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: