Ry geite

Augustus 8, 2008 at 9 : 54 110 Kommentaar

Weet julle wat was die simpelste voorstel wat iemand al ooit aan my gemaak het?  Luister na ‘n  uur lange lesing terwyl jy in jou motor is.  Die persoon het duidelik nie gedink nie. 

‘n Radio in ‘n kar is amper belangriker as die stuurwiel.  Wat is ‘n roadtrip sonder musiek?  Die musiekkeuse is ook baie belangrik.  Dit moet lewe en verkieslik iets wees wat jy hardop kan saamsing.  Des te beter as jy passasiers het wat harder (en valser!!!) as jy kan sing.  80’s is altyd ‘n goeie keuse.  Ek ry soms ver afstande alleen.  Iets waarmee ek myself amuseer op die lang pad is om Afrikaanse woorde vir gewilde Engelse liedjies te maak.  Direk vertaal werk nie altyd nie, dit moet darem by die musiek inpas.

Lekker musiek in ‘n kar is egter nie genoeg om my gelukkig te hou nie.  As ek ‘n kar bestuur, verkies ek dat al die vensters toe moet wees.  ‘n Oop venster in die wildtuin teen 30 km/h is een ding.  Dit is heeltemaal ‘n perd van ‘n ander kleur teen 120 km/h.  Die wind raas.  Dit is ook te sterk vir plesier.  Anders hou ek seker net nie van die wind in my hare nie. 

Die beste sitplek in ‘n motor is die een waar die stuurwiel is.  As dit nou regtig nie beskikbaar is nie, sal die voorste sitplek ook doen.  Ek loop eerder voordat ek middel agter sit.  As ek agter op ‘n bakkie moet wees, moet daar asseblief nie ‘n kappie op wees nie.

Ek is oor die algemeen ‘n gemaklike passasier, wat nie juis veel inmeng nie.  Behalwe as die bestuurder nie in sy baan ry nie.  Veral as hy op ‘n bergpas in die aankomende verkeer se baan wil ry.  Ek is nogal lief vir spoed, mits al 4 wiele op die grond bly.  Self ry ek selde meer as 140 km/h.  Die belangrikste is dat wie ook al bestuur ten volle in beheer van die motor moet bly.  Ek hou ook nie van wilde kanse as jy iemand wil verby steek nie.  As jy my verongeluk, sal ek by jou kom spook. Ek ry verkieslik self as ek jou nie ken nie.  Veral op ‘n pad wat gevaarlik is.  Ek weet waarmee ek myself kan vertrou.  

Die ergste ding wat jou in ‘n motor kan oorkom is as iemand ‘n sigaret opsteek.  Besef rokers die reuk wat dit afgee?  Dit is gelykstaande aan martel.

Wat is jou geite?  Wat geniet jy om in ‘n motor te doen?  Wat irriteer jou van ander mense?

Hier is ‘n baie lekker langpad liedjie.

Blogvraag:  Wie se dans met ‘n transverstiet het die Kinks se liedjie Lola geinspireer?

Blogantwoord:  Sam was reg met Helen Joseph.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vrouedag Sosiaal aanvaarbaar . . . met tyd

110 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Augustus 8, 2008 om 10 : 32

    Eerste!!!!!!

  • 2. Adrie  |  Augustus 8, 2008 om 10 : 34

    He He He

    Dit was seker hard genoeg na Wesie se smaak.

  • 3. Olga  |  Augustus 8, 2008 om 10 : 49

    Hi daar. Ek is vol geite waar dit kar ritte aangaan. Ja, annie, nes jy soek ek ook lewendige harde musiek wat ek kan saamsing. Ek verpes dit om met my staan te ry. Veral as ek die passasier is. Hy neem outomaties aan dat hy die beter bestuurder is. n Absolute god van die pad. Daarom is dit ondeekbaar dat ek my eie kar mag ry as hy saam is. Sit die wereld en beskou want as hy 1keer n pad gery het, glo hy, kan hy dit volgende keer toe oe ry. Supprise, supprise. My geskree en matroos vloeke het ons al menige noue ontkomings besorg. Self n paar ongelukke het nog nie sy goddelikheid genees nie. Was vanaand amper weer sulke tydg. En my kar het nog nie eers 300km op die klok nie. Het hom gese tot hy groot genoeg is om verantwoordelik te observeer, kan hy net die forki betaal.

  • 4. Olga  |  Augustus 8, 2008 om 11 : 12

    Die operamini manier is darem vinniger as di ander manier op selfoon. Ek hou ook van vinnig ry, maar ai, ek woon in die laeveldse berge en ly aan al wat n vrees en fobie is. So ek handhaaf maar die spoed waarmee ek gemaklik is. Dit is tot groot ergenis van ander motoriste n slakkepas. Dan praat hulle soms braille met my. Landsgehoorsame burger wat ek is, is ek dan verplig om hulle te antwoord.

  • 5. Adrie  |  Augustus 8, 2008 om 11 : 21

    Ek like ook die opera mini manier

  • 6. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 1 : 00

    En di operamini manier is wragtig baie goedkoper hoor.

  • 7. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 1 : 20

    Die inspirasie vr die liedjie was waarskynlik n bekende transtestiet van daardie tyd ene candy darling.

  • 8. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 6 : 51

    Mirrag! Ek weet die ou se naam was Robert en ek dink sy van was Mace of so iets. Hy was die band se bestuurder. Wag! Ek loop google gou

  • 9. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 6 : 52

    Mirrag! Ek weet die ou se naam was Robert en ek dink sy van was Mace of so iets. Hy was die band se bestuurder. Wag! Ek loop google gou. As ek net hie kan uit. Weeti of my comment deurga nie

  • 10. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 6 : 55

    En hyt somme 2 keer deurgegaan:mrgreen:

  • 11. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 6 : 58

    A HA! Wace en nie Mace nie. Die antwoord is Robert Wace

  • 12. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 01

    More, more. Lol. Die weerkjend operamini ook. Lol. Nog ry geite. Ons in die laeveld is bedagsame gestuurders. Beur ons karretjie die opdraend uit en ons gewaar kar agter ons, da gaan ry ons in die geelstreep dat hulle kan verby. Glo my, dan kry jy daai gp kar, snork 30km/g die opdraend uit. Gee pad geen aks nie. Jy kan maak wat jy wil. Glo my die bestuurder sal altyd n STAAN wees en altyd 50+. M.a.w. god van die pad. Lets hear it 4 the boy, lets give the boy a hand. 1 vinger op n slag.

  • 13. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 08

    Nog n 5c. Jy kry trok wat op smal pad voor jou ry. Geen pad nie dat jy kan verby gaan nie. Geelstreep of te not. Probeer jou eerder dice. Kyk maar wanneer jy uiteindelik kan verby, dis wit man wat ry. god van die pad. Swart trok drywers IS bedagsaam.

  • 14. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 16

    Ek moet die wesie gaan leer opera mini

  • 15. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 22

    Olga
    Waag dit net om 2km/h stadiger as die eiers te ry, dan moet jy meneer boks sien. Disco ligte, hoeters ens. Maak my boos. Ek sal selfs sover gaan om te se hulle praat nie afrikaans nie.

  • 16. Salomè  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 25

    Ek Stem Adrie!!
    Vensters toe, musiek aan, sigarette is basta!!
    As ons rêrig verveeld raak met die musiek sing ons sommer self – Blinkvos perd, Hansie Slim, Eendjies stap in ‘n ry – ons kinders ken al die ou liedjies want ons sing dit op die pad – en dis nogal pret.
    Ek moet sê – op ‘n dol dag hou ek nogal daarvan om na gewone klasieke musiekinstrumente in die motor te luister inplaas van ‘n gesing. Dit kalmeer die gemoed.

  • 17. Salomè  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 26

    Ek verpes dit om saam met iemand te ry wat hom/haar-self skuldig maak aan roadrage. Dis regtig nie pret nie. My ma is ongelukkig ‘n baie ongeduldige bestuurder en ek en sy gaan nogal baie saam dorp toe. Ek belowe myself elke keer NOOIT weer nie, maar nou ja . . .

  • 18. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 38

    Salome

    Ek wil al ontplof as een van my passasiers namens my roadrage kry. Grrr

  • 19. Weeskjind Q  |  Augustus 9, 2008 om 10 : 21

    Adrie say: ek het die wesie se sel gehijill. Waar kan ek gaan aanjaag?

  • 20. Weeskjind Q  |  Augustus 9, 2008 om 1 : 58

    Ai tog! Uiteindelik is ons hier by nêrens. Ons het 1 keer nog verby die straat gery. Eish! Hoe moes ek nou weet dat dit ‘n stofstraatjie is

  • 21. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 3 : 07

    Pikkie kan lekker kos maak.

  • 22. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 3 : 23

    Gewis praat hulle spaans annie. Ek is ook ongelukkig terminaal siek aan padwoede. Maar sal darem nie ander agterna sit omdat hulle vinniger as ek durf ry nie. Ek help graag. Ek gee hulle n hand. 1 vinger op n slag.

  • 23. Olga  |  Augustus 9, 2008 om 3 : 34

    Ek gee pad. Hoor. As die afgrond nie aan my kant is nie gaan ek oor die geel lyn dat vinniger verkeer kan vby gaan. Dis wanneer hulle my teister met disko ligte ens dat ek hulle hand gee. Ons ou wereldjie is alweer in laag donkerte gehul. Weti wat die geleentheid is nie. Paradise rally al verby. Staffi moet nog kom. Maar stormloop van motorfietse.

  • 24. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 3 : 57

    Poppedyn het haar tasse gepak. Sy wou saam met ons ry. Maar haar ma weier!!!

  • 25. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 05

    Tuis:mrgreen: . Nou kan ek ok sê ek weet wa daai plek is wat tussen nêrens en êrens is😉

  • 26. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 14

    Oori topic… Ek ry 99,99% vanni tyd self. Ek sal NIE saam met iemand ry tensy ek 4kin dronk of siek issi. Dit het my ‘n hele paar maande gevat om te aanvaar dat Tègan met ‘n bussie skool toe ry en trug. Ek het eers na my ongeluk ‘n phobia ontwikkel wa ek rerig angstig raak as ek in iemand anders se kar ry en nie self agter die wiel nie. Ek raak ok moer ongelukkig as ek ‘n poephol oppi pad kry wat onbedagsaam is.

  • 27. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 17

    Pik… My kjind vra wanne jy wee vi ha van daai lekka kos ga maak

  • 28. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 20

    Olga… Ek moet nog by jou kom draai wanne ek wee my toer deur jou valley doen

  • 29. Wees kjind q  |  Augustus 9, 2008 om 8 : 23

    Tannie Zee… Jys volgende

  • 30. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 9 : 06

    Tannie Zee
    Ons moet praat

  • 31. Adrie  |  Augustus 9, 2008 om 9 : 08

    3ling

    Reload – gaan na menu, tools, reload

  • 32. aventer  |  Augustus 9, 2008 om 9 : 41

    Ek sing vir die dood

    Of dit nou vals is of nie…dis nie ek wat na myself hoef te luister nie haha😆

  • 33. Weeskjind Q  |  Augustus 9, 2008 om 9 : 59

    3ling… Thanx!

  • 34. Weeskjind Q  |  Augustus 9, 2008 om 10 : 00

    Nag almal. Ek ga nou my boek lees en ‘n Savanah dry drink. Lekka dux

  • 35. olgd  |  Augustus 10, 2008 om 2 : 29

    Jy is welkom weeskjend. nog n stofstr. maar die ene behoort nie probleem te wees nie. hy spog met afdraai na bekende landmerk. ag, annie is so bang vir ander bestuurders, sy laat jou soMmer agter in jou eie kar ry. i:m singing in the rain, yeah singing in the rain

  • 36. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 7 : 56

    More more! Ek was inni laaste 3 jaar meer as 10 keer in jou valley. Ek probeer die venster oop kry ma die mis pla nog elke keer😉

  • 37. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 8 : 22

    Hoe lyki weer? Eksi lus om op te staan nie. En ek moet nog wasgud was. EISH!

  • 38. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 8 : 34

    Ek weier om te kook vandag! Ek ga maak soos hulle met mandela se verjaarsdag maak……. Dit ga elke dag vrouedag wees tot ek sê dis kla:mrgreen:

  • 39. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 9 : 31

    Wesie

    Die mans in jou huis is te klein vir wasgoed was. Gaan julle nou met vuil klere loop tot jy weer eendag trou?

  • 40. Olga  |  Augustus 10, 2008 om 9 : 47

    More, more. Mens moet weggooi klere kry. Dit kan uitstekende manier wees van gemors recycle.

  • 41. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 9 : 55

    Of terugkeer na ons wortels en kaal rondloop. Weet ni wat n mens in die winter sal doen ni

  • 42. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 36

    He! He! Inni winter kan ons 2 blare dra inplaas van 1

  • 43. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 43

    More almal!!! As julle gedink het die wind het gister gewaai moet julle vir hom vandag sien, ek leopardcrawl hier tussen die twee huise!!

  • 44. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 47

    A3… Ek hetti ‘n pyn met wasgud wassi. Dissi anne kak wat ek haat. Skollegud, vee, mop, kook en die grootste kak is stryk. En hel sal oor vries voor ek wee trou. Daai man moet 4kin ryk wees voor ek sê ja😀

  • 45. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 47

    Pikkie! Mwah!

  • 46. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 49

    Ek sukkel nog so bq metti nuwe opra ding jong

  • 47. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 49

    Nee Weesbesie!!! $kin ryk en aantreklik!!! Jeeeezzzz…. En hy moet ‘n eilang besit en ‘n Lamborgini, hy moet Goue skoene dra, en dink jy is die mooiste, beste, waardigste, intelligentse, oulikste girl wat nog ooit die oppervlak van die aarde bewandel het!!!!!

  • 48. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 50

    Weesbesie – All good things takes time!!!

  • 49. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 51

    Ek het darem net 2 loads oor. Ai tog! Wat sou ek gedoen het sonner my matjiene

  • 50. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 53

    Pik… Daai man bestaan net in ons drome

  • 51. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 53

    Toe my wasmasjien verlede jaar gebreek het, en ek moes wag vir die delivery van Ermelo af, het ek die wasgoed innie bad gegooi en ek en Ouboet het innie bad gedans, bo-op die wasgoed!!! Dit was moerse pret!!! Maar dit was darem nie vir lank nie….

  • 52. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 54

    Ek is besig om 1 vi die toekoms te bou:mrgreen:

  • 53. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 54

    In joune miskien, maar ekhet my perfect match gekry! Al dra hy nie goue skoene nie en al besit hy nie ‘n eiland of ‘n bankbalans nie!!!! Ek adore my man, en ek bliksem die een wat naby hom kom!!!

  • 54. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 55

    Ek het altyd my komberse so gewas voor ek die 13kg matjien gekry het

  • 55. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 56

    😆 @ Weesbesie, jy bly heeltyd so een comment agter!!!! 😆 😆 😈

  • 56. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 56

    Gmf!!! Julle kon my roep. 👿

  • 57. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 57

    He! He! Ek dink nie da is ‘n man da buite wat ‘n match is vi my nie. Ek wil hulle almal eers bliksem voor hulle nog kan dink aan iets probeer

  • 58. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 57

    Vir wat, jy slaap dan nog!!!

  • 59. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 58

    Trou is uit die mode in elk geval.

  • 60. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 59

    Pik… Ek blog vanni sel af jong

  • 61. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 59

    Pik, my een oog is darem oop! net-net

  • 62. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 10 : 59

    Whahahahaha @ Adrie, nou reken????? Shame….

  • 63. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 00

    A3…. Amen

  • 64. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 00

    Ek weet Besie, daarom trek ek jou been!!!!

  • 65. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 01

    Ek wou nog rietvlei toe gaan

  • 66. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 01

    Sam, jy sal beslis nie gekroon word vir vinnig sms nie.

  • 67. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 01

    “You are posting to quikly – please slow down”!!!!! 👿 Jou moer ook!!!

  • 68. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 02

    Verdomp ek gaan maar skottelgoed was, of vacuum of stryk!!! Hettie lus om so te sukkel nie…..

  • 69. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 02

    Hoe laat voer hulle die renosters?

  • 70. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 02

    Dis dam vinniger as die ou manier. En goedkooper… Of so hoor ek

  • 71. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 02

    In die woorde van Ouma – Toe del doe!!!

  • 72. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 03

    Pikkie, bedaar mens. Wp is soms so vol stront.

  • 73. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 03

    Kannie onthou nie

  • 74. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 04

    Pik… Sjarrap en bly

  • 75. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 04

    Sies! ek is skaars hier, dan vat sy haar pie en waai! grrrr

  • 76. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 05

    Ek het oorlog. M wil v T bliksem

  • 77. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 05

    Ja! sjarrap en bly!

  • 78. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 06

    Hoekom? wat het t gesondig?

  • 79. Pikkelik  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 07

    Besie – los hulle, of sluit een in ‘n kas toe… bye-bye!

  • 80. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 08

    Ek moet winkel toe. Grrr!! dit beteken dat ek moet aantrek. Erger, ek moet opstaan

  • 81. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 08

    Nie eens ‘n sweet wil hom laat bedaar

  • 82. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 09

    Ga almal nou 4kof?

  • 83. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 09

    Ek moet sommer superglue koop ook! Dan kan ek Pikkie voor haar rekenaar vasplak!

  • 84. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 09

    Nou ma cheers dan! Gmpf

  • 85. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 10

    Jy wil dan ok waai

  • 86. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 10

    Nee, jy weet mos my selfoon tou orals saam.

  • 87. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 11

    Sit daai glue eers aan jou eie gat

  • 88. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 11

    Ja, maar ek gaan nie ry nie.

  • 89. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 11

    Of jou duim

  • 90. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 12

    Ek moet eers die glue gaan koop!!!

  • 91. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 12

    Ga j loop tot by d shop?

  • 92. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 13

    Eish!

  • 93. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 14

    Ek moet gou wasgud loop hang. Nwt

  • 94. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 14

    En dan kan ek net 1 knoppie druk? dit gaan niks help nie.

  • 95. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 15

    Sam. Ja. Die winkel is om die draai.

  • 96. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 35

    Trug! My duim is blêrrie seer😥

  • 97. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 40

    Ek is moeg. Het mos tou wie weet watte tyd gelê en lees

  • 98. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 42

    Ek ga nou trug inni bed spring. My ma is besig om te kook en die wasgud is inni matjien

  • 99. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 43

    Ek praat mos nou anyway met myself…

  • 100. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 44

    Met 3 rooflesers…

  • 101. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 11 : 45

    Ek hoop julle geniet dit

  • 102. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 1 : 48

    Nooit gerus nie. 1 of anner poephol het in 2 huise se muur gejaag. Net 2 huise van my af. Muur en hek in hul moere gery. Ai tog! No rest 4 the wicked👿

  • 103. Wipneus!  |  Augustus 10, 2008 om 1 : 59

    Hello julle!!

    Adriana vir wat skinder jy hier van my!!! Ek is niks vol stront nie, wel môre gaan die stront los wees op my blog, ek is wit warm van die woede 👿

    Julle moet lekker speel met super glue en in die wind rond dans en wasgoed was!!!

    toe del doe

  • 104. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 3 : 21

    Lo da ouma Wip

  • 105. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 3 : 24

    Eish! Die kar is weg ma daas 1 groot gat wa hy gestaan het

  • 106. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 4 : 18

    ZZZZZzzzzzzz

  • 107. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 4 : 48

    Wesie

    Waar jy is, is daar ook altyd drama. Seker jy het nie die ou gevloek om die muur af te ry nie.

  • 108. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 4 : 49

    O heng

    Ek is laat.

    Chat later.

  • 109. Weeskjind Q  |  Augustus 10, 2008 om 5 : 41

    A3… Bid vi ons ok

  • 110. Adrie  |  Augustus 10, 2008 om 6 : 51

    Gmf!!! 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: