Name

Augustus 6, 2008 at 5 : 53 117 Kommentaar

Ek het in my lewe net een persoon ontmoet wat nie met haar naam kon saam lewe nie.  Sy het haar naam gaan verander na iets waarmee sy haarself mee kon voorstel.  As ‘n mens in ag neem dat een van haar name Rudolphina was, kan niemand haar kwalik neem nie. 

Ek kan nie glo dat mense hulle kinders kan straf met name soos Adriana Magrieta of Johannes Petrus (Padda)nie.  Dit klink net aaklig op die oor.  In my nederige opinie behoort familiename verban te word.  Ja, daar is seker die voordeel dat dit help met familie uitleggings en spelling.  Maar om dieselfde naam te hê as jou ouma, ma en die helfte van jou niggies?  ‘n Naam wat jy te skaam is om te uiter?  Ek dink nie so nie.

‘n Naam is deel van jou identiteit.  Ek hou nie daarvan om met elke tweede ploert vergelyk te word nie, hoekom moet ek dieselfde naam hê as elke tweede ploert?  Jy moet tog trots wees op jou naam.  Dit is die een ding wat jy tot in jou graf saam met jou gaan sleep.  Ek is dus ‘n voorstaander vir uitsonderlike, mooi name.  ‘n Spesiale mens het ‘n spesiale naam nodig.

Ek wonder altyd wat motiveer mense om hulle kinders ‘n sekere naam te gee.  Familiename is genadiglik aan die uitsterf, tog verkies mense steeds om hulle kinders te vernoem.  Charlize Theron het eendag gesê daar is deesdae so baie babas met die naam Charlize, dat sy een van die dae ‘n eie volk kan hê.  Baie mense probeer ‘n bruikbare naam uit die ma en pa se name te skep.  Ander soek ‘n betekenis agter ‘n naam.  Ander kies net iets wat vir hulle mooi is.

Ek hou nogal van ‘n tweede naam ook.  Twee voorletters lyk net beter as wat een lyk.  Meer as 3 laat die hele effek na ‘n grap lyk.  Baie mense verpes ‘n noemnaam.  Ek kom uit ‘n huis waar al die kinders meer as een noemnaam het, ek sien geen fout daarmee nie.  Dit is, wel, amper tradisie.  Die klein Adrietjies gaan twee name hê.  Ten minste een van die name gaan amper uniek wees en hulle gaan ‘n noemnaam ook hê.  Hoekom?  Want ek gaan hulle vir nege maande lank dra en dit is die beloning daarvoor.

Ek voel ook sterk daaroor dat die ma die kind se naam behoort te kies.  Vir redes soos alreeds genoem.  As sy gaaf is kan sy die pa se input en opinies kry.  Dit is immers net regverdig.  Hy ly nie onder al die swangerskap gevolge nie, hy kraam nie en hy gee die van.  Reg is reg. 

Hoe voel julle oor die sakie?  Wat het julle gebruik om julle kinders se name te kies?  Hou julle van julle eie naam? 

Blogvraag:  As wie is Gaynor Hopkins beter bekend?

Blogantwoord:  Sam was reg met Vader Henri Didon.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Citius, Altius, Fortius Vrouedag

117 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 05

    EERSTE !!!!!!!!!!!

  • 2. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 08

    soos ek al baie oor die onderwerp VOORHEEN gesê het…. Familie name is balangrik…. wil nie een of anner gay vreemde oorsese naam vir my kinders eendag hê nie… dis gaan oor meer as net ‘n familie naam, dit gaan ook oor my volks identiteit !

    maar ek reken ek gaan BAIE nonsies kry van u know who oor die comment !

  • 3. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 27

    Bonnie Tyler?

  • 4. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 28

    Tweeste!

  • 5. Pikkelik  |  Augustus 6, 2008 om 8 : 15

    Sê my to hier is nou iemand hier…

  • 6. Pikkelik  |  Augustus 6, 2008 om 8 : 16

    SAAAAM!!!!! ADRIE!!!!!!

  • 7. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 8 : 52

    PIK!

  • 8. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 8 : 57

    Ek wonner nou of ouma Wip ha naam van my ouma grootjie se grootjie gekry het:mrgreen:

  • 9. Olga  |  Augustus 6, 2008 om 9 : 21

    More more. Annie, dis groot praat jong. Ek sou darem ma graag daar wil wees die dag dat jy kleim jwanis op oumie se skoot gaan neersit. Sien weeskjend en saloom handhaaf diplomatiese swye. ‘identiteit? Volksbestaan?’ zoekoe? Wil jy vir my se ek is identiteitloos en volk los omdat ek nie liesbet of willemina is nie? Bolle man. Elke kind verdien n eie unieke naam oor sy/haar waagmoed om die reis na die lewe aan te pak. In beginsel stem ek volmondig met annie saam. Ma kry die boep, spatare, morning sickness, rekmerke. Ma skeur amper middel2 om baba in die lewe te bring. Hoekom moet ouma, oupa en pa die naam gee? Bullsheet. Ouma het haar beurt gehad en oupa laat vrou wees om haar kids name te gee. As pa kan kind dra en baar soos n vrou, dan kan hy soos n vrou sy seun of dogter naam gee.

  • 10. Roer  |  Augustus 6, 2008 om 9 : 36

    Ek het nie ‘n pyn met familie name as dit nie te weird of terug-oppie-brug is nie, maar moet tog nie uit sentiment jou Oupa vernoem ten koste van jou kind nie. Dit was dalk 70 jaar terug hoog mode om jou kind Gerhardus Fillipus Antonius te noem, maar dis net nie nou krieket nie.

  • 11. Olga  |  Augustus 6, 2008 om 9 : 37

    In my familie is daar ou willem, groot willem, klein willem, willempie. Al 4 verskillende wurms. Dan is da nog rooi willem. Swart willem, wit willem, lang willem, kort willem, dik willem, willem van tant hes en willem sanna ook. Vergeet ni vir vet willem en willem kortgat nie. Om nie ali hesters en elizabeth, liesbet, elize, bettie en betse te noem nie. Klink na volks identiteit en taalvastigheid ne zoekoe? Dink hoe idenditeitvol ons op fam aangeleenthede is. Danki tog my moeki het voet by stuk gehou en gese volksvreemd se moer. Olga is hier.

  • 12. Olga  |  Augustus 6, 2008 om 10 : 47

    Ja, toemaar weeskjend, ek het gesien. Het willems bedoel nie wurms nie. Gaan stap deur begrafplaas. Ai, niemand sien my nie, maar ek laat sak my kop in skaamte. Jy sien die grafsteentjie. Dikwels n oenskynlik dure. Hier le BABA BOTHA, DATUM. BABA VAN DYK DATUM. Ai, genade op ons wit afrikaner volkie. Ons is te arm om die ou doodgebore babas name te gee. Korregeer weer myself. Ons kani oupa / ouma se trotse name aan n dooie kind gee nie. Stuur DIT maar terug na ons Vader sonder naam. Die familie name wat ons volk identiteit gee, is meer werd as die kind wat gesterf het sonder om te lewe.

  • 13. Wees kjind q  |  Augustus 7, 2008 om 5 : 16

    Olga…. Ek het vi jare lank met ouers en kjinders gewerk wa die kjind sy/haar ouers verloor het en anders om. Ek glo dat dit vir ‘n ouer baie moeliker is om ‘n baba te verloor. Nee, korreksie…. Dit is baie moeliker vir die MA. Ek voel ook dat ‘n stilgebore baba nie ‘n naam hoef te kry nie. Sodra jy die lykie ‘n naam gee is dit moeiliker om die pyn te verwerk.

  • 14. Wees kjind q  |  Augustus 7, 2008 om 5 : 24

    Ek hoop julle het almal rooi of oranje aan. Michael het oranje aan. Tègan het ‘n rooi strikkie aan en ek het my se rooi hemp aantrek

  • 15. Wees kjind q  |  Augustus 7, 2008 om 5 : 34

    Nou dat ek daar aan dink… Ek moes my se kjinders wees kjind 2 en wees kjind 3 gedoop het

  • 16. Wees kjind q  |  Augustus 7, 2008 om 6 : 05

    My ouer sussie het ha 2de naam verander. Dit was Francina ma syt dit verander na Francine

  • 17. Wees kjind q  |  Augustus 7, 2008 om 6 : 29

    Rooi sokkies sal ok werk….

  • 18. Olga  |  Augustus 7, 2008 om 6 : 37

    More more. Weeskjend, ek ken vrou het 2 babas verloor. Doodgebore. Weet jy hoe praat sy van hulle? Boetie 1 en boetie 2. Wat vir my se dat sy gedink het hulle regverdig naam. 3de of eerste lewende seun het pa en oupa se naam. Sy was ni eers toegelaat om hulle haar pa se noem naam te gee nie. Dink jy regtig dat hulle nie name regverdig nie? Nee wat. Mens, lewendig of dood verdien om met naam die lewe of dood in te gaan. Bygese, solank dit nie fam naam is nie. Dis kosbaarder as die mensie wat nooit sal wees nie.

  • 19. Olga  |  Augustus 7, 2008 om 6 : 59

    Amper vergeet ek. Skoonma se eersgeborene was ook doodgebore. Ook baba … begrawe. 1dag gesels ek en swaerkigoed en ek noem hom boetie. Waarop skoonma amper histeries gil BOETIE IS DOOD! HOOR JY MY? BOETIE IS DOOD. Ai, die graffies wat net BABA se laat my dink aan supermark. Bid jou aan. Jy kom by vrieskas. Pakke le ingeryg en almal se GROENTE. Kom by yskas. Alle pakke se VLEIS. Alle blikke op die rak se kos. Ek dink die ma het naam nodig om haar rou proses af te handel.

  • 20. Zoekoe  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 00

    Hallo mense !! 😀

    So Olga wat jy probeer sê is dat mans geen sê het oor sy eie kind nie? 😯 se moer dis net soveel die man se kind as wat dit die vrou se kind is en julle hammer so op geleike regte, maar ontneem die man sy regte?????? Ek glo aan familie name !! daar is natuurlik die uitsonderings ook want somige name is baie bad wat die oumense gemaak het maar dis die uitsondering !

  • 21. Zoekoe  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 03

    Besides, wat vir die een persoon na ‘n baie oulike naam klink, is vir ‘n ander persoon simpel…. hoekom wag mens nie dat die kind groot genoeg is en dan kan hy of sy sy eie naam kies !!! 😛

  • 22. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 26

    More almal

    Loop hier al bloed?

  • 23. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 39

    Zoekoe

    Familiename volksbesit? Ek verskil? Jy kry byvoorbeeld die naam Paulus in die meeste Europese tale. Germaans – Paulus. Engels – Paul. Latyns – Paulo. Germaans – Petrus. Engels – Peter. Frans – Pierre ens.

    Mans gee ALTYD die kind se van. Daarom kan die ma seker die naam kies. In realiteit sal sy nie ‘n naam kan gee wat die pa dwars in die krop steek nie, behalwe as sy Adriana Magrieta Swanepoel is. Ek sal in my huwelikskontrak insit dat ek vir die finale besluit van ‘n naam verantwoordelik is. Gelyke regte se voet, die ma kraam alleen.

    Olga

    Ek stem saam met jou, ‘n baba wat begrawe kan word, kan netsowel ‘n naam kry. Hulle onthou tog altyd die kind, met of sonder naam. Name word gewoonlik gekies voordat ‘n kind gebore is.

    Sam

    Ek dink daar is ‘n rede hoekom mense ‘n kind wat doodgebore is nie ‘n naam gee nie. Die ou mense het geglo as ‘n kind doodgaan, sterf die naam saam met hom. Gestel nou Paulus Gerhardus is 9 as hy dood is, dan mag die naam Paulus Gerhardus nie weer gebruik word nie. Volgens tradisie kry die oudste seun name van sy pa se pa, 2de seun sy ma se pa en 3de seun sy pa se name. As die baba wat gebore moet word se naam dus Paulus Gerhardus moes wees en hy kry nie ‘n naam nie, leef die naam Paulus Gerhardus dus voort. Dit was vir die ou mense baie belangrik dat hulle name in kinders verenig word.

  • 24. demoerin  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 40

    Nee jong, ek dink die ouers moet mooi dink dat daai kind deur die skool gaan moet gaan saam met maatjies ens. Kinders is cruel, ons weet almal dit. Stel jou nou voor Jamie Oliver se Honey Appleblossom is in jou klas…..sy sou nooit die einde gehoor het nie. Ek dink familiename is overrated….die beste sou wees as die kind self kon kies!

  • 25. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 42

    Ek wonder nou hoe baie Afrikaner Babatjies se name is vinnig verander omdat die Pous se naam Johannes Paulus was. Dit was dan seker as rooms gesien, reguit van die Bybel af.

  • 26. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 43

    DMI

    Gelukkig kan jy altyd jou naam gaan verander as dit jou nie aanstaan nie.

  • 27. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 7 : 49

    He He He

    My pa het altyd sy kar ‘n naam gegee. ‘n Tradisie wat die hele gesin nagevolg het. Deesdae sal hy dit nie waag om self sy kar te doop nie. Hy sal die vroue in die gesin vra om aan ‘n naam te dink. Hy keur dan net goed of af. Selfde met met een broer.

    My ander broer dink dit is simpel om ‘n kar ‘n naam te gee. Dan gee ons dit in elk geval ‘n naam en hy gebruik dit.

  • 28. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 15

    Ek gaan solank aan die lelikse name denkbaar, buiten Susanna Johanna dink.

  • 29. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 26

    Henry Cloete

    Bloemfontein. – ’n Onlangse wysiging aan die Kinderwet wat bepaal dat nie net mans of seuns nie, maar alle partye betrokke by statutêre verkragting daarvan aangekla kan word, kan daartoe lei dat twee 13-jarige meisies van Bloemfontein saam met twee seuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, van dié misdryf aangekla kan word.

    Beeld se susterkoerant Volksblad het betroubaar verneem drie inwoners van ’n kinderhuis in Bloemfontein het Vrydagmiddag ná skool nie terug koshuis toe gegaan nie, maar van die terrein geglip. Die twee meisies en een van die seuns het na bewering die ander seun, ’n vriend, gekry en in ’n nabygeleë kroeg gaan drink.

    Hulle is daar drank bedien, wat daartoe kan lei dat dié kroeg se lisensie weggeneem word.

    Die vier is toe glo na een van die seuns se ouers se woonstel. Die ouers was glo nie daar nie.

    Die een meisie het glo met albei seuns seksuele omgang gehad, terwyl die ander meisie met een seun omgang gehad het.

    Volgens insp. Richard Botha van die Parkweg-polisiekantoor se kinderbeskermingseenheid, wat die klagte ondersoek, sal ál die partye nou dalk van statutêre verkragting aangekla word.

    Dit is ingevolge Wet 32 van 2007 art. 16 (die nuwe wet), wat bepaal nie net “manlike partye” nie, maar “alle partye” kan aangekla word.

    “Dit is statutêre verkragting omdat ’n minderjarige, hoewel sy toestemming tot seksuele omgang gee, nie daartoe in staat is om die omvang en gevolge daarvan te besef nie.”

    Die direkteur van openbare vervolging moet nou besluit of al vier aangekla gaan word. Volgens Botha sal hy die dossier vandag ontvang.

    Die besluit sal volgens hom ’n soort waterskeiding wees aangesien dit vermoedelik die eerste keer in die Vrystaat sal wees dat meisies ook van statutêre verkragting aangekla sal word.

    Botha sê die polisie het reeds waarskuwingsverklarings van die meisies geneem.

  • 30. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 30

    Durban. – ’n Videogreep van ’n onderwyseres wat ’n skoolseun soen en bevoel, maak opslae by ’n skool in Shallcross in dié stad.

    Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het gister bevestig hulle ondersoek ’n klag.

    Volgens me. Mbali Thusi, woordvoerder van die departement, wys die videogreep hoe dié tydelike onderwyseres ’n matriekseun soen en betas. Sy wou nie oor die voorval uitbrei totdat die ondersoek afgehandel is nie.

    Dié stomende videogreep is vermoedelik deur nog ’n leerling met ’n selfoon deur ’n klein venstertjie in die deur afgeneem.

    Volgens die koerant Chatsworth Tabloid het die onderwyseres bedank, maar Thusi kon nie bevestig of sy deur die departement of die skoolbeheerliggaam aangestel is nie. – Sapa

  • 31. Pikkelik  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 41

    Wat gaan hier aan???? Praat ONS alweer met ONSSELF!!!!

  • 32. Pikkelik  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 44

    Nou by name… My kinders het altwee familiename gekry, maar hulle sou dit nie gekry het as dit nie vir my iets beteken het nie. Ouboet se name (2) beteken: ‘God is genadig’ en ‘Oorwinnaar van mense’ – Poppedyn se name (2) beteken: ‘Rein’ en ‘God is ‘n belofte’…

  • 33. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 46

    Pikkie!!!

    As daar niemand anders is nie, wat moet ek doen.

  • 34. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 47

    My name beteken

    Oorwinning en Eed. Go figure.

  • 35. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 49

    ABRAKADABRA

  • 36. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 49

    O Griet!!!!!!

  • 37. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 50

    Kul jou hier, kul jou daar!!!!!

  • 38. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 51

    Open Sesame!!!!

  • 39. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 55

    Is ek nou spam op my eie blog????

  • 40. Katvis  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 58

    n Naam is baie meer as net n naam dit is wat oor jou uit gespreek word elke keer as jy geroep word of as daar van jou gepraat word. So die betekenis van jou naam is dan baie meer werd as wat jy dink. Dit is soos n profeetiese woord wat dagliks oor jou uit gespreek word. Baie mense het baie waarde aan die sterre tekens maar ek heg weer baie waarde aan n persoon se naam dit bepaal baie meer sy karakter as wat hy werklik besef. So die kies van n naam al maak jy n kombenasie van name maak seker datjy lewe oor die persoon uitroep aswat jy dood doen.

  • 41. Blixer  |  Augustus 7, 2008 om 8 : 59

    Uniek soos Ossewania of Kakebeenia?

  • 42. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 09

    Katvis

    Wat beteken jou naam?

    Blixer

    WHAHAHAHAHA

    Ek hoop nie jy het al kinders nie.

  • 43. Blixer  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 28

    Nee, ongelukkig nog nie! My naam beteken ‘breasts that defy gravity’

  • 44. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 31

    HAND OP!!!!!

    WIET ROOI OF ORANJE AAN VANDAG?

    @ My 3ling

    Kouse tel nie!

  • 45. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 32

    En toe issit I&J&Blixer…….

    @ Blixer

    Skerp

  • 46. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 34

    ALMAL hie by my het ietse rooi aan!

  • 47. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 35

    En WEG………

  • 48. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 37

    Of dood………

  • 49. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 39

    Of by Blixer ga kuier………….

  • 50. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 40

    Of hulle hou vrouedag vandag TOT Sat

  • 51. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 40

    Of nuwe name loop uit dink…………..

  • 52. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 41

    Wesie

    Gee kans. Ek het eers gaan piepie.

  • 53. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 42

    My blog wil nie lekker werk nie.

  • 54. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 43

    En daar loop die weeskind weer.

  • 55. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 43

    En ek het so blerrie hard getoor.

  • 56. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 45

    Dalk moet ek ‘n heksenaam uitdink om mee te toor.

  • 57. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 47

    Ek weet, dit is omdat ek nie ‘n towerstaf het nie.

  • 58. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 52

    Ek is die jaar voor skool eers kleuterskool toe. Die kinders het my daar Adrie genoem.

    Die jaar daarna is ek grootskool toe (obviously). Ek onthou nog toe ek aan my juffrou voorgestel is. Sy het my gevra wat my naam is. Ek wou haar nog vertel my naam is Adrie, toe druk my pa my mond toe en se my naam is Adriana. Toe noem almal my vir die res van my lewe Adriana.

  • 59. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 9 : 59

    @ Adriana

    Ek chow net gou my brekkie doer agter inni hoek. NWT

  • 60. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 03

    Alleeneters gaan nie hemel toe nie.

  • 61. Verons  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 09

    More julle!!!
    Ja die ou naam storie het al baie rusies veroorsaak, in my geval het my ma ook net geweier om familie name te gee, my ouma was so kwaad vir haar dat sy dae nie met my ma gepraat het nie, toe het ek 2 broers die oudste een is toe na my pa se pa vernoem (my ma sê dit was in elk geval mooi name dis hoekom) en die 2 broer is nie vernoem nie, toe is my suster gebore en om onaangenaamheid te vermy het my ma haar na my ouma vernoem arme kjind nou moet sy met ‘n bynaam rondloop want haar eie name is glad nie te oulik nie!
    Ek wou nie my kinders vernoem nie en terwyl ek swanger was met my dogter het ons vooraf besluit op ‘n naam en toe sy gebore is toe pas daai naam net nie by haar nie, ek en my man het toe besluit om haar iets anders te noem en seker ‘n dag later eers toe kry sy toe haar naam ‘n kombinasie van my ma en sy ma se name!🙂 en dit pas by haar!
    Ek het ook vooraf besluit op my seun se naam maar toe belowe ons my swaer as my seun voor einde Feb gebore word sal ons hom na my swaer vernoem en toe besluit die klein stront om op 28 Feb uit te kom!! Gelukkig kon ons sy 1e naam so verkort dat hy in elk geval die naam gekry het wat ek hom wou gee maar shame sy 2e naam is nie te oulik nie!🙂 Gelukkig gebruik mens nie jou 2e naam nie!!😉

    Sam ek het rooi aan, ek is bietjie innie duister hoekom moet almal rooi aan hê vandag? Wat het ek alweer mis gedrink??

  • 62. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 13

    “Wisdom is knowing what path to take next…Integrity is taking it”

  • 63. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 15

    Verons

    Klein Nathan word vandag veras.

  • 64. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 22

    Verons

    Lees hier.

    http://nathan.blat.co.za/2008/08/05/stuff-that-needs-to-get-out/

  • 65. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 31

    TRUG!!!

  • 66. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 33

    Was jy dan weg?

    Ek dog jy stopstraat my net soos die res.

  • 67. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 36

    @ A3

    Ek HET gesê ek ga vreet doer inni hoek!!!

  • 68. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 37

    EN EK HET GESE EK HOOP JY WORD DIK

  • 69. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 37

    Hello!!

    Jammer eks bietjie laat…

    Ek sou gewees het Johanna… maar gelukkig het my Ma al vroeg besluit net een naam en geen familie name nie. Met my suster het sy gehoop vir ‘n ligte kind en haar naam kla gekies, en so toe ‘n blondie gekry.

    Vir my het sy ‘n donkerkop gewens sodat ons uniek kan wees en mense ons nie vergelyk nie, en viola da is ek donker bruin en my naam ook al lank al gekies…

    Net jammer my Ma het die spelling oorgelos aan my Pa!😆

  • 70. Verons  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 38

    A3 dis so sad ek het nie woorde nie! Ek kan my net nie indink hoe dit moet wees om ‘n kind te verloor nie!
    My innige simpatie aan Nathan se naasbestaandes…..

  • 71. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 38

    En daas ek anyway wee op my se eigene

  • 72. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 41

    Wat bekruip julle my so!!!!!?????

  • 73. Verons  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 41

    Nats die naam wat ek vooraf gekies het vir my dogter was jou naam, maar soos ek gesê het toe sy gebore is het sy net nie soos ‘n “Nats” gelyk nie! En as jy haar sien sal jy sien dat haar naam pas haar perfek!

  • 74. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 44

    @ A3

    So gepraat van DIK…………. Ek wil nie uit voel in ONS familie fotos nie:mrgreen:

  • 75. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 45

    Verons
    Ek het mos al ma se (regte) dogter ontmoet… kan net nie nou onthou wat haar naam is nie!🙂 Maar dis cool dat dit my naam sou gewees het! Ek moet sê my naam het my nog nooit gepla nie!

    Vriende van ons Nate en John (ek gaan my dogtetjie Nate noem) het hulle seun Jonathan genoem, ek dink dis sooooo mooi gepas want dis hulle name saam!

  • 76. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 10 : 50

    Verons

    Dit is baie sleg. Wipneus se die ma is baie seer.

  • 77. Verons  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 10

    Jis A3 my kinders is al groot en hul lei hul eie lewe en ek weet nie wat sal ek doen as een van hulle iets moet oorkom nie!
    My kleinboet en nou onlangs my vriendin se dood het my erg geruk so ek sal seker van my kop af raak as my kinders iets moet oorkom!
    So terloops my vriendin se dogter kon haar ma se dood nie lekker verwerk nie en sy moes ten einde laaste toe gaan vir terapie, was 3 weke lank opgeneem om die gebeure te verwerk!

  • 78. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 14

    Verons

    Hulle se mos geen ouer is gemaak om hulle kind te begrawe nie. Al is die kind al oud, is dit vir die ouer moeilik.

    Nathan was maar 3.

  • 79. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 20

    Ek het vroeer vir julle ‘n epos met Nathan se bank besonderhede uitgestuur. As julle dalk ‘n blommetjie se geld daarin wil deponeer, sal dit die familie baie help. Hulle trek maar swaar aan die finansiele las.

  • 80. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 31

    Waar is die party waarheen ek nie genooi is nie. Ek wil dit gatecrash.

  • 81. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 39

    @ 3ling

    Ekke nog hier man! Dis net moer stil dan kom praat ek met myself as die firewall nie lol nie.

  • 82. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 44

    Ek is al moeg met myself gepraat.

    Die mense dink ek is al gesuip.

  • 83. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 47

    Mal is een ding.

    Gesuip iets anders.

    Netnou dink hulle ek het dronkverdriet en wat dan?

  • 84. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 11 : 49

    @ Sam se Firewall

    Dink jy dat jy verskriklik oulik is??? Ek is besig om met haar te praat. Maar nee, jy moet altyd interfere.

  • 85. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 03

    @ A3

    Ek loop suip somme as die simpel ding WEER kom interfere!

  • 86. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 07

    Sam

    Gaan jy suip of die firewall versuip.

  • 87. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 16

    Ek ga suip tirwyl ekki firewall versuip

  • 88. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 19

    Sam

    Wag vir my, ek is oppad. Netnou spartel die ding te veel.

  • 89. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 19

    Ek het ‘n kliënt weggejaag. Hyt my gevloek toe wys ek hom wa die deur is👿 DROL!!!!!

  • 90. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 22

    Vir wat vloek die drol jou?

  • 91. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 24

    @ My firewall

    Lê!!!!! Ek het gsesê Lê jou vark nek! Laat ek jou kan wurg!!!

  • 92. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 26

    Sam
    WTF… nou hoekom is hy so d**s!!!

  • 93. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 26

    Skuif Wesie

    Laat ek die ding vrek skop.

  • 94. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 26

    Die DROL wil sy eie PIRATE parte bring solat ek dit moet fit. Hoekom vat hy dit nie na Afdakmotors (aka backyard mechanic) toe nie?

  • 95. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 27

    😆 @ firewall

  • 96. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 28

    Dit is darem vermetel. Wat het hy verwag gaan julle doen? Sy voete soen vir die werk?

  • 97. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 29

    Nats

    Trap!!!!! Netnou spring die ding op!!!

  • 98. neykie  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 39

    Ek was baie gelukkig met een naam en een van…. Dis voorwaar iets om trots te wees op. 😉

  • 99. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 40

    Een van!!!

    Whaahahahahahahahaha

  • 100. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 45

    Word press hak alweer vas… 👿

  • 101. ADRIANA  |  Augustus 7, 2008 om 12 : 47

    Nats

    Moer dit reg.

  • 102. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 09

    Wenner – Firewall
    Verloorder – Samantha Q

    Wenner Worpress
    Verloorder Nats Adrie

  • 103. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 09

    @ My 3ling

    Ek ga nie mee Des oppi boot nie. Ek het dit uitgestel solat ek die paspoort storie kan uitsort. Ons ga nou oom Paul se willetuin toe. 08-15/12/2008

  • 104. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 14

    Drieling

    Een van die dae besit jy oom Paul se willetuin.

  • 105. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 32

    @ A3

    *fluister* ek soek nog my oom se minljoene. ssssjjjttttt

  • 106. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 33

    Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe. Ek gaan lekker huis toe.

  • 107. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 34

    Gaan jy deel as jy dit kry?

  • 108. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 35

    Ek deel net met familie wat nie invryf dat hulle huistoe gaan nie😈

  • 109. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 39

    Wesie

    More kry jy my terug.

    Met wie gaan jy nou gesels?

  • 110. Wees kjind Q  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 47

    Ag somme met myself…………………….

  • 111. Adrie  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 50

    Wesie

    Ten minste is jy verseker van goeie geselskap.

  • 112. oopkop  |  Augustus 7, 2008 om 1 : 56

    Ek sit juis nou in die situasie waar daar ‘n naam vir die kleinding wat oppad is gekies moet word. Ons wil nie familiename hê nie. Tot nou toe het ons nie geweet of dit ‘n seun of dogter is nie en maar verwys na die baba as Stoffel. Dit het eers as ‘n grap begin, maar ek en almal om my is nou al so gewoond aan Stoffel dat ek gou ‘n ander naam vir die seuntjie sal moet kry sodat ons almal gewoond kan raak daaraan voordat hy kom en vir altyd Stoffel bly.

  • 113. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 2 : 19

    Oopkop
    Welkom!! En aan klein Stoffeltjie…
    😆

    Verskoon ons maar, soms gaan dit maar heel mal hier!!

    Hoe vêr is jy… of as ek in swanger taal moet praat, hoeveel weke is jy?😉

  • 114. oopkop  |  Augustus 7, 2008 om 2 : 29

    26 weke vandag🙂

  • 115. Nats  |  Augustus 7, 2008 om 3 : 47

    Oopkop
    Cool baie geluk!!

    Ek het ‘n draai op jou blog gaan maak!

  • 116. Krista  |  Augustus 8, 2008 om 9 : 15

    Ons het klaar besluit op name vir ons (twinkle in our eyes) kinders: Nico & Mia

  • 117. Adrie  |  Augustus 8, 2008 om 9 : 57

    Krista

    Ek het ook name vir kinders wat ek nooit gaan he nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: