Citius, Altius, Fortius

Augustus 5, 2008 at 5 : 12 176 Kommentaar

Ek neem aan julle Latyn is nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.  In Boere Afrikaans beteken dit Vinniger, Hoër en Sterker.  Die leuse van die Olimpiese Spele wat (vir die van julle wat in ‘n grot woon) Vrydag in Beijing begin.

Ek dink almal het ‘n klein bietjie Olimpiese Gees in hom / haar.  Olimpiese speles kom al duisende jare saam met ons.  Mense het oorloë is daarvoor gestaak en daar was nuwe stadshekke gebou vir Olimpiese helde.  Die eerste moderne spele is in 1859 deur Evangelos Zappas geborg, maar dit was nie internasionaal soos ons dit vandag ken nie.  Dit was meer ‘n kompetisie tussen Griekeland en die Ottoman Ryk.   

Baron Pierre Frédy de Coubertin het in 1894 die Internasionale Olimpiese Kommittee (IOC) voorgestel, die eerste IOC spele was reeds in 1896 in Antene gehou.   De Coubertin het vir ‘n rede vir Frankryk se nederlaag in die Frans-Prussiese Oorlog (1870 – 1871) gesoek.  Sy gevolgtrekking was omdat Frankryk geen fisiese opvoeding geniet het nie.  De Coubertin het ook gedink dat dit beter sal wees vir nasies om in sport teen mekaar mee te ding as om oorlog te voer.  Vandaar die idee van die spele, om nasies elke 4 jaar in sport te verenig.

De Coubertin het ook verseker (te midde van groot teenstand) dat die Olimpiese Spele geroteer word en nie net in Griekeland gehou word nie.  Tog was daar nog nooit ‘n Spele in Afrika of Suid-Amerika nie.  De Coubertin het die leuse van die Spele voorgestel.  In 1913 het hy ook die Olimpiese Wapen ontwerp.  Die 5 kringe van verskillende kleure wat die verskillende vastelande voorstel. 

Die Olimpiese Spele het van 1896 tot 2008 van krag tot krag gegaan.  In 1896 was daar net 9 sport soorte gewees.  In 2008 sal daar 28 sportsoorte wees, wat meer as 38 dissiplines dek.  In 1896 was daar om en by 250 atlete gewees, vanjaar word daar 10500 atlete verwag.  Daar gaan vanjaar 302 items wees, wat die nuwe BMX item vir mans en vroue gaan insluit.

Tot in 1912 was die goue medaljes van suiwer goud gemaak, maar is deesdae vergulde silwer.  Tweede en derde plekke is onderskeidelik silwer en goud.  Plekke 4 – 8 kry ‘n Oorwinning Diploma.  Die hoogste toekenning van die spele is die Pierre De Coubertin medalje.  Dit word toegeken aan atlete wat uitsonderlike sportmanskap getoon het.  Seker die enigste plek waar sportmanskap nog van waarde is.

Ek het niks omtrent die Winter Spele, boikotte, politiek, verbode middels, olimpiese lied, olimpiese helde, fakkel ens gesê nie.  Daar is bloot net nie plek daarvoor nie.  Kom ons hoop dat ons atlete ons naam hoog dra in Beijing.  Niemand sal kla oor ‘n paar goues nie.  Ons het baie wêreldkampioene, die tyd is nou reg vir ‘n Olimpiese Kampioen.

Tog:  Dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar oor die deelname.  Weereens De Coubertin se gevleuelde woorde.

Blogvraag:  By wie het De Coubertin die uitdrukking Citius, Altius, Fortius geleen?

Blogantwoord:  Pikkelik was reg met Tracy Fortè.

Blogvraag Bonus:  Oom Trevor het vir ons ‘n Quiz uitgewerk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Brands Tag Name

176 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 33

    Steeds by die werk?

  • 2. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 33

    Sekere mense se loss

  • 3. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 34

    Jip

  • 4. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 35

    Eerder die loss as die idioot wat hulle moet maak.

  • 5. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 36

    Saami baas….

  • 6. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 38

    Dit vat TWEE mense om ‘n baby te maak

  • 7. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 39

    Blog die baas ook saam met jou?

  • 8. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 39

    Moet ek v jou prentjies teken:mrgreen:

  • 9. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 40

    Ek leer hom hoe om te blog

  • 10. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 41

    Sam

    True, dit doen. Ek hou net nie van die pa deel nie. Die maak is een ding, maar om die drol vir 20 + jaar in die gevreet te kyk? Aikona.

  • 11. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 41

    Asseblief nie. Dit is ‘n ordentlike blog.

  • 12. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 41

    Hy ken darem van mxit😉

  • 13. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 43

    Oordentlik? Met MY hie? Eish!

  • 14. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 44

    Sam en haar baas sitting in a tree

    KISS-

    Dit was nie blerrie nodig om my te gooi nie. 👿

  • 15. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 45

    He! He!

  • 16. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 45

    Sam

    Jip, met jou hier. All ages, jy weet mos.

  • 17. Wees kjind q  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 47

    Doef!

  • 18. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 49

    Het sy nou van haar stoel af geval?

  • 19. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 55

    nee o gonna !!!! Adrie, niks kan jou red nie !! 🙄

  • 20. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 56

    tra la la la la la la tra di da !♪♫♫♫♪♪♫♪♫

  • 21. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 5 : 57

    Zoeks

    HUH???

    Wat het ek nou weer gedoen?

  • 22. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 03

    praat van mans as drolle….. ek is ook toevalig ‘n man….😦

  • 23. Adrie  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 06

    Zoeks

    Soos ek die storie verstaan raak alle mans met ‘n trouring op die vinger drolle.

    As die skoen pas.

  • 24. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 12

    ek sal eerder nie sê wat julle doen as die ring eers aan daai vinger is nie …… ek laaik my gesig soos hy is dankie !

  • 25. Zoekoe  |  Augustus 6, 2008 om 6 : 12

    😀

  • 26. Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak  |  Augustus 8, 2008 om 8 : 33

    […] 08-08-08 om presies 08:08pm, Beijing tyd, sal die Olimpiese spele van 2008 begin. Die atlete wat nie 8 as gelukkige nommer het nie…..hoop julle het hard […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: