Tjoekoe-Tjoek

Augustus 3, 2008 at 1 : 45 203 Kommentaar

 Hoe ry di trein1 hoe ry di trein…

Ek is vandag nog dol oor treine.  Een van my vroegste herinneringe is reeds oor trein ry.  Ek was 5 jaar oud.  My sussie is ‘n jaar jonger, maar ook ‘n regte wysneus. Ons het van Kaapstad af na Walvisbaai toe gereis per trein.  Ek praat onder korreksie maar ek dink die reis het destyds 5 dae geduur. 

Die kompartemente was maar klein.  Bedags was dit 2 regop banke waar 3 mense gemaklik op kon sit.  Saans het die kelners/kamerknegte omgekom en die bank omskep in 3 beddens, soos kinderbunkbeddens.  Die tafel tussen die beddens het ‘n wasbak bedek.  Dit was slim mense wat die treine ontwerp het.  Elke moontlike spasie was ten beste benut.  Bedags het die kinders in die gang gespeel. Die gang was ook maar smal.  En dikwels het kwaai groot mense deur die vensters gelê en kon ons nie speel of vir mekaar deur die vensters skree nie.  Dit was natuurlik in die dae toe mens nog nie braille kon praat nie. 

Op sommige stasies langs die pad, was water en steenkool vir die lokomotief gelaai.  Dan het ons natuurlik ander vol groen water Silinders in die gange opgehang.  Om n rede wat ek tot vandag nie ken nie, was die lokomotief op sommige stasies geruil vir seker maar diesel engins. Ons het ook graag deur die vensters geloer. Ek deur toe venser want ek was te bang om deur oop venster te loer.

Die toilet was my moses.  My wysneus sus het my gewys dat as jy die pedaal trap en in pottie afkyk,kon jy sleepers, klippe en alles sien waaroor die trein beweeg het.  Dit het my bang gemaak dat ek gaan deurval.  Ek moes dikwels paar klappe kry om ablusies af te dwing.  Kan jy dit nou oorvertel?  Ons kon nie die toilet gebruik het terwyl die trein in stasie gestaan het nie. Oor die eenvoudige rede dat alles net daar gedrop het wanneer diee pedaal getrap was. Ons moes maar wag tot tussen stasies. Ek het dikwels op stasie gegaan en dan daar gebly tot trein goed weg van stasie was om die pedaal te trap.

My grootste vrees van destyds was die trippie eetsaal toe. Ai, jai, jai!  Die eetsaal was in die middel van die trein. Ons het van wa tot wa geloop om daar uit te kom. Nou kyk, uit die laaste slaapwa na die eetwa, moes ons oor die great divide gaan. Dit was, sal ons maar se die eetwa se onbedekte stoep. Die wind was dan kwaai,en ek was klein en maer en dad se groot hand was nie daar om my oor te dra nie. Ek het baie dapper gestap tot by die laaste wa. Daar het ek histeries geword. Na ‘n paar stewige klappe op my uhm, huh, wamme sou kelner my gille hoor, nader kom om uit te vind wat skort en my dan oor die great divide dra. (Ek is vandag spyt ek het hulle nie natgepie nie. Kom my wange brand gespaar het.)

Ons was dae lank onvas op die voete as ons reis tot einde gekom het en so doof soos spoke. Toe ek ouer was het ek dikwels alleen per trein gereis en dit baie geniet. Sussie wysneus was nie daar om alles vir my te bederf nie. Wanneer ek vandag aandie reise walvisbaai toe dink, dink ek die treinrit was dalk die lekkerste deel vandie vakansie.

Hoe ry die trein, hoe ry die trein ….

Olga

Olga, ek sidder nou eers as ek aan die Gautrein dink.  Ek hoop die toiletgeriewe is baie verbeter, voordat ons ‘n onbeplande pakkie van bo kry.

Blogvraag:  Watter passasiertrein loop vanaf 1862 tussen London Euston en Glasgow?

Blogantwoord:  Catherine Johnson

Welkom terug, Tilla.  Hoog tyd ook!!!!

Erns se foto’s van Victor Matfield, die oefening en haar persoonlike bokke.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Show of Fliek Dierlikheid

203 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 04

    Ek gaan gou ry.

  • 2. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 06

    Thanx, ek gaan sommer ‘n klomp verorber !

  • 3. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 08

    Kloon

    Dan rol jy vanaand huis toe?

    Ry Levinia nie meer so lekker nie?

  • 4. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 10

    Baie dankie Erns !!! 😀

    Ek laaik gemmerkoekies !! en lemon creams !! wonder ek nou of mens dit in bier kan doop …..

  • 5. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 13

    Ma ek is vrek van die honger kloon ! Have a heart !

  • 6. Erns  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 14

    Zooks

    Na omtrent 4 biere maak dit seker nie meer saak nie😆

  • 7. Verons  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 15

    Erns daai is darem ‘n sexy man eish!!!

    Tilla hoe kon jy my nie gehoor het nie??? Die mense om my kon hulle verkyk en verluister toe ek die Bulle so aanhits innie biertuin! Jy moet nou onthou die bulle het eers 5uur gespeel en ons was al 12uur in die biertuin!! Jy moes my gehoor het…………….

  • 8. Erns  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 15

    Tilla
    en jy’s mos nou nie meer by die huis nie jy kan mos nie nou sommer net eet soos laas week nie

  • 9. Erns  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 22

    Ma
    Hy is een mooi man daai

  • 10. ADRIANA  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 39

    Iemand nog hier?

  • 11. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 42

    Dit is alweer ek alleen hierso.

  • 12. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 43

    Maar dit is seker ook orraait.

  • 13. Katvis  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 48

    Dag se vir die mense wat so baie hard werk…………

    Trein ry was altyd lekker die rid was net te kort. Wag vir die Gautrein dit gaan n belewenis wees om met daai een tery die spoed gaan die beste wees van die rit.

  • 14. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 48

    Ek wonder wat van jou geword het
    Jy wat nog so by my spook
    Ek weet net ons het die vuur gemaak
    Die wêreld aan die brand gestook

    Nou is die nagte soveel stiller
    Die dae eis hul eie tol
    Maar ons twee was die wilde wind se blare
    Ons kaartjies lê die hele wêreld vol
    Tussen treine, tussen stasies
    Lê daar basies net die leë spore
    Tussen treine, tussen stasies
    Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

    Nou vra ek waar het alles begin
    Die ding van los wees voor die wind
    Onthou jy ook die rook die yster
    Die lig wat in die verte blink

    Dan dink ek terug aan soveel dae
    Soveel stawe op die spoor
    Ja, daar was voorheen ‘n tyd van treine
    Waar en waneer het ons dit verloor

    Tussen treine, tussen stasies…

    Elke keer was dit ‘n afskeid
    Maar elke keer weer ‘n begin
    ‘n Honderd haltes langs die spoor
    Elke stasie het sy eie skim

    Miskien het ek verleer om te kyk
    Jy bepaal jou eie baan
    Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
    As spieëls verbrokkel voor die maan

    Tussen treine, tussen stasies…

  • 15. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 53

    Katvis

    Het jy nog nie versuip nie?

    Welkom.

  • 16. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 1 : 54

    Ek het die storie by Sonkind gesteel. Terwyl ek liedjies gesoek het.

    Ek vermoed dat elkeen van ons, veral dié met ‘n paar of wat jare agter die blad, se lewenspad al met ‘n spoorlyn gekruis het. Voorstedelike-trein, slaap-trein, troepe-trein.

    Vir my het treine en treinry nog altyd ‘n vreemde bekoring ingehou. Met geskeide ouers het ek kort na my 16de jaar die land ten minste twee keer ‘n jaar deurkruis per trein. Ek onthou die fluit by ‘n oorgang, ysterwiele wat ratel op spore – ketik ketikke-tikketak ketik ketikke-tikketak. Die klank wat opslaan van die spore se lawaai wanneer jy die toilet spoel. Die klang-klang-klang van die kondukteur in die gange, die sjjjjjjjjjt suis geluid as die trein stoom afblaas by die stasies.

    Ek onthou die kraakskoon treinbeddegoed, waarin ek my altyd verdraai het op die heel boonste slaapbank. Die aan-die-slaap-gesus word in die arms van die trein se wieg oor die aarde. Soet slaap, droomlose slaap, ver slaap.

    Ek onthou die uithang by die treinvensters op elke stasie. Die onbeskaamde kykie in vreemdelinge se blydskap of verdriet met aankoms of vertrek. Blydskap oor hul geliefdes veilig arriveer het, hartseer oor ‘n onafwendbare afskeid tussen geliefdes as die trein stadig die stasie uitstoom. Geliefdes wat saam loop-draf langs die venster tot aan die einde van die perron, om dan daar te bly staan en waai en waai tot die armbewegings net nog ‘n lugspieëling in die verte is. Hoeveel trane van blydskap en verdriet lê vergete op ons stofverwaaide perronne.

    Vandag is daar nie meer stasiewinkels met lang stoepe nie, geen stasiebankies met interessante mense wat wag vir treine na wie-weet-waar nie. Hele stasiedorpies het bouvalle geword, verlate spookdorpe. Het verdwyn, soos die lokomotief se stoom in die wind.

    My storie kom uit ‘n tyd van treinry voordat die spore al hoe stiller geword het, die stasies al hoe minder.

    Ek is net-net 18 en oppad Pretoria toe, saam met 50 ander, oppad na die keuring vir aansluit by die Staande Mag. Die toetse neem ‘n week, ‘n week van groot avontuur en kuier vir ons mengelmoes van jongmense wat opeens so bymekaar uitgekom het. Bedags flenter ons agtermekaar aan deur die gange van VHK en saans soek ons enige en al die kuierplekke in Pretoria op. Daar is twee groepe van ons, een vir die lugmag en een vir die weermag.

    Meeste van ons slaag die keuring en kry treinkaartjies terug Kaap toe, met die opdrag om vroeg Januarie weer aan te meld by die onderskeie basisse waar ons ingedeel is.

    Dis amper middel Desember en die treine Kaap toe is oorvol, maar ons wil HUIS TOE. Somer, son en SEE toe. Tipies Staatsdiens, selfs daai jare, het die Weermag nooit ons plekke terug huis toe bespreek nie! Daar is toe net plek vir die helfte van ons, omtrent een hele wa vol. Maar die Weermag klap sweep en die Suid-Afrikaanse Spoorweë spring en hulle haak ‘n ekstra wa aan die trein. Dis ook nie Trans Karoo nie – dis melktrein! Maar “who cares”. Ons weet ons is oppad huis toe, maak nie saak hoe lank die oppad vat nie. Tot dan, KUIER ons. Ons kos en slaapplek is mos betaal!

    Op die snikhitte van die namiddag kom ons op De Aar stasie aan. Kyk mens by die treinvenster uit, dans die hitte ‘n riel bo die spore. Ek en 3 ander kuier in die eetsalon, die enigste naastenby koel plek op die trein. Ek het ‘n romp en halternek top aan en is kaalvoete. Ek is kaalvoet gebore en sukkel met die konsep van skoene, veral in sulke hitte.

    Enige iemand wat al trein gery het en op De Aar, (of eintlik enige ander stasie) was, sal weet dat daar aanhoudend afkondigings afgerammel word oor die interkomme en alles klink dieselfde, amper soos ‘n afslaer by ‘n vendusiekraal. Daardie afkondigers het die kuns om enige taal soos Grieks te laat klink, vervolmaak.

    Ons steur ons dus nie veel aan die gebrabbel nie en ook nie aan die trein wat elke nou en dan dié kant toe of daai kant toe ruk nie.

    Uiteindelik stoom die trein De Aar uit en gou is ons terug op die vlaktes. Soos gebruiklik is na elke groot stasie, kom die kondukteur om ons kaartjies na te gaan en seker te maak dat geen ongewenste elemente hulself sonder kaartjies op die trein versteek het nie. Almal moet eers teruggaan na hul kompartemente toe, sodat hy sy lysie noukeurig kan aftik, amper soos ‘roll call’.

    Ek en die ander 3, al drie van die lugmag en dus in ’n voorafbespreekte wa, verlaat dus maar die eetsaal om eers te gaan aanmeld by ons kompartemente. My wa is anderkant hulle s’n, so ek neem afskeid by hul kompartement en stap aan. En stap aan. En stap aan. Tot daar niks meer waens oor is nie. Ook nie my wa nie. My eerste gedagte is – ek het seker my kompartement gemis, al sê my ‘common sense’ vir my ek het nie. Ek draai om en ek loop terug, naderhand verby die ander 3 se wa, terug deur die eetwa, tot daar ook nie meer trein oor is nie, behalwe derdeklas. Ek begin soos iets in die “Time Machine” voel. Weereens oppad terug, kry ek die kondukteur beet en voel soos die aap van die eeu om vir hom te sê ek kry nie my wa nie.

    Na ‘n paar verduidelikings oor wie ek is en van waar, raak hy heel omgekrap met my en vra of ek dan nie op De Aar die afkondigings gehoor het nie. Die EKSTRA wa van die weermag rekrute, (waar van ek, kiepie, een is), is afgehaak op De Aar, met duidelike afkondigings daaroor. Duidelik, se VOET, dink ek so by myself. En hy maak dit vir my BAIE duidelik dat ek op die volgende halte – ja HALTE, nie eers stasie nie! – sal moet afklim en sal moet wag vir my wa wat saam met die volgende trein sal verbykom, SES ure later.

    Ek gaan sit toe in die ander 3 se kompartement en ek dink, gmf, in jou drome, meneer die kondukteur. Ek sal eers kyk hoe LYK die volgende halte. Dis dan ook toe net soos ek gedink het – ‘n verlate gehuggie van ‘n stasie met basies net ‘n melkkan. En dit begin reeds skemer word.

    Ek kyk die ander drie vas in die oë: “Sal julle my asseblief by julle wegsteek, want daar is nie ‘n MANIER in hierdie lewe wat ek vir 6 ure op hierdie plek gaan wag vir my wa nie?” (Dis mos nou darem ook nie asof ek iets steel van die Spoorweë nie, my kaartjie is mos betaal!)

    Natuurlik besluit hulle net daar ek bly op die trein. Ons moes net hoop die kondukteur vergeet om seker te maak ek het wel afgeklim. Toe die trein egter sommer gou weer die stasie begin uitstoom, weet ons die koeël is deur die kerk.

    Ek weet uit ondervinding dat die kondukteure op elke groot stasie ruil en dat daar eers weer kaartjies nagegaan sal word op Beaufort-Wes. Die plan van aksie is toe om my dan op die boonste bank toe te pak met al hul bagasie.

    Daardie nag word daar nie veel geslaap nie, maar dis niks nuuts nie. Ons kuier maar so van kompartement tot kompartement en vang ‘n paar ure se slaap, partykeer sommer so sit-sit. Alles verloop seepglad en ek kom veilig as verstekeling in Kaapstad aan. Met slegs ‘n paar skewe kyke van die mense wat die trein inwag, want hier klim ek af, sonder bagasie en kaalvoete! Maar ek het net geweet – ek is veilig by die huis! Te hel met die res.

    Gelukkig kon ek huis toe gaan en bad en skoon aantrek en baie later daardie dag, toe my eintlike wa die stasie inkom en my mede Weermag-rekrute sien hier staan ek lewensgroot en wag vir hulle, toe cheer hulle omtrent uit daai treinvenster uit en laat my weet hulle het gedink ek het gesneuwel op die Karoovlaktes!

    En so het ek trein gesteel van De Aar tot in Kaapstad!

  • 17. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 03

    Dammit

    Hoekom kry ‘n mens nooit die Afrikaanse liedjies se woorde nie.

  • 18. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 04

    Trein na Margate Steve Hofmeyr

    dis na soveel jare
    en sy vra na my
    kyk ek kam my hare
    en ek vat die
    trein na Margate
    trein na Margate toe

    na soveel jare
    staan ek nog hier
    en ek tel die karre ok
    maar jy kom
    nie na my toe
    nie na my toe nie

    en ek koop ‘n bom
    en ‘n stomp geweer
    ek hoor sy naam is Tom
    en hy surf al weer
    oor branders
    niks verander nie

    maar hy sê vir my
    ek koop vir jou ‘n dop
    ek sit ok jare hier
    maybe daag sy op
    op uit Belville
    op uit Belville pel.

    nanana…

    dis na soveel jare
    en sy vra na my
    kyk ek kam my hare
    en ek vat die
    trein na Belville (Jo’burg, Kaapstad…)
    trein na Belville toe…

  • 19. ADRIANA  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 19

    Kloon

    Jou gevreetjie is uitgesort.

    Onthou om altyd dieselfde epos adres te gebruik.

  • 20. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 27

    Thanx kloon – wat sou ek tog sonder jou gemaak het ?

  • 21. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 28

    Gekrepeer het?

    Ek hoop jy like jou gevreetjie.

  • 22. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 33

    Ek love hom thanx, laat my aan TL dink

  • 23. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 34

    is dit ‘n donkie gevreetjie? 🙄

  • 24. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 37

    Zoekoe

    Jy beter met respek van Eeyore praat.

  • 25. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 37

    Yip, dis Pooh Bear se donkie maaikie Eeyore

  • 26. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 39

    Kloon

    Wat sukkel jy so met die aansoekvorm?

  • 27. *Mathilda*  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 42

    Sorry, ek sukkel nie – het so biki gevergeet (kan al vir heksie kompetisie gee met vergeet)

  • 28. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 42

    sorry Egore ! maar hy bly i donkie !

  • 29. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 43

    Ek sien so.

    Donkies is beter as bier.

  • 30. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 2 : 49

    Veral as die bottel nog leeg is.

  • 31. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 3 : 26

    Dankie tog ek is die res van die week uit die kantoor uit.

  • 32. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 14

    en toe is amal weg . . . . . . . . . . .

  • 33. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 20

    Behalwe ek.

  • 34. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 24

    Nee, ek gee op.

  • 35. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 25

    gee wat op ?

  • 36. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 36

    Blog, ek gee op met blog.

  • 37. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 38

    O !

  • 38. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 38

    en dan….. ?

  • 39. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 42

    Dan werk my blerrie wordpress ook nie.

  • 40. Adrie  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 42

    En dan werk ek net so hard soos julle.

  • 41. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 50

    Hallo almal …miskien het julle hierde al gelees , maar dit bly tog so waar

    Something to think about….

    Name the five wealthiest people in the world.

    Name the last five Heismann trophy winners.

    Name the last five winners of the Miss America contest.

    Name ten people who have won the Nobel or Pulitzer prize.

    Name the last half dozen Academy Award winners for best actor or actress.

    Name the last decade’s worth of World Series winners.

    How did you do?

    The point is,

    none of us remember the headliners of yesterday.

    These are no second-rate achievers. They are the best in their fields.

    But the applause dies. Awards tarnish. Achievements are forgotten.

    Accolades and certificates are buried with their owners.

    Here’s another quiz.

    See how you do on this one:

    List a few teachers who aided your journey through school.

    Name three friends who have helped you through a difficult time.

    Name five people who have taught you something worthwhile.

    Think of a few people who have made you feel appreciated and special.

    Think of five people you enjoy spending time with.

    Name half a dozen heroes whose stories have inspired you.

    Easier?

    The lesson?

    The people who make a difference in your life

    are not the ones with the most credentials,

    the most money,

    or the most awards.

    They are the ones who care.

  • 42. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 57

    so waar daai rolende klip ! so waar !

  • 43. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 4 : 59

    Die ou oom kom by die fisio.
    Oom: “Ek kan nie meer, my rug is baie seer.”
    Fisio: “Oom, ek het gese jy moet die vroue laat staan!”
    Oom: “Ek het … Kan hulle nie maar weer lê nie?”

  • 44. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 01

    😆 lmga !! 😆 😆 😆

  • 45. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 04

    A cop was on his horse waiting to cross the street, when a little girl on her
    new shiny bike stopped beside him.

    ‘Nice bike,’ the cop said. ‘Did Santa bring it to you?’

    ‘Yes Sir,’ the little girl said, ‘he sure did!’

    The cop looked the bike over and handed the girl a $5 ticket for a safety
    violation.

    The cop said, ‘Next year, tell Santa to put a reflector light on the back of
    it!’

    The young girl looked up at the cop and said, ‘Nice horse you’ve got there
    Sir. Did Santa bring it to you?’

    Playing along with the girl, he chuckled and answered, ‘Yes, he sure did!’

    The little girl looked up at the cop and said, “Next year tell Santa; The
    dick goes underneath the horse, not on top ………….

  • 46. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 07

    Friends

    A friend is someone we turn to
    when our spirits need a lift.
    A friend is someone we treasure
    for our friendship is a gift.
    A friend is someone who fills our lives
    with beauty, joy, and grace.
    And makes the whole world we live in
    a better and happier place

  • 47. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 08

    Ek sit maar hier en deel n paar goedjies om te lees, spesiaal vir al die roof lesers😆

  • 48. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 10

    Drunk Driver

    I went to a party,

    And remembered what you said.

    You told me not to drink, Mom

    So I had a sprite instead.

    I felt proud of myself,

    The way you said I would,

    That I didn’t drink and drive,

    Though some friends said I should.

    I made a healthy choice,

    And your advice to me was right,

    The party finally ended,

    And the kids drove out of sight.

    I got into my car,

    Sure to get home in one piece,

    I never knew what was coming, Mom

    Something I expected least.

    Now I’m lying on the pavement,

    And I hear the policeman say,

    The kid that caused this wreck was drunk,

    Mom, his voice seems far away.

    My own blood’s all around me,

    As I try hard not to cry.

    I can hear the paramedic say,

    This girl is going to die.

    I’m sure the guy had no idea,

    While he was flying high,

    Because he chose to drink and drive,

    Now I would have to die.

    So why do people do it, Mom

    Knowing that it ruins lives?

    And now the pain is cutting me,

    Like a hundred stabbing knives.

    Tell sister not to be afraid, Mom

    Tell daddy to be brave,

    Put Daddy’s Girl on my grave.

    Someone should have taught him,

    That it’s wrong to drink and drive.

    Maybe if his parents had,

    I’d still be alive.

    My breath is getting shorter, Mom

    I’m getting really scared.

    These are my final moments,

    And I’m so unprepared.

    I wish that you could hold me Mom,

    As I lie here and die.

    I wish that I could say, “I love you, Mom!”

    Say I love you and good-bye.

  • 49. Zoekoe  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 13

    ek is darm nie ‘n roofleser nie 😆

  • 50. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 17

    Ek sien so Zoekoe . Ek is meeste van die tyd een , so nou het ek ook lekker langggg posts om te lees

  • 51. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 20

    `N GOEIE VRIEND SAL VIR JOU Sê|
    “PASOP!
    DIE PAD WAAROP JY LOOP IS SLEG EN KROM EN SKEEF'”
    EN MISKIEN DAARDEUR JOU GEVOELENS SEERMAAK.
    `n SLEGTE VRIEND SAL WAG TOT JY SEERKRY,
    EN DAN VIR JOU Sê:
    “EK KON JOU GEWAARSKU HET.
    MAAR EK WAS BANG EK MAAK JOU GEVOELENS SEER.”

  • 52. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 21

    DIE TRANE VAN DIE OUDERDOM WORD MEER AS NET PARTYKEER
    VEROORSAAK DEUR DIE FOUTE VAN DIE JEUG;
    JOU EIE, EN HULLE S`N

  • 53. Rolling Stone  |  Augustus 4, 2008 om 5 : 25

    Geniet julle aand …hoop almal is more weer veilig by die werk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: