Show of Fliek

Augustus 2, 2008 at 4 : 47 6 Kommentaar

Ek het lanklaas so na ‘n fliek uitgesien.  Dit is nou al meer as ‘n jaar en uiteindelik is ons al in die pylvlak waar ‘n mens die slapies kan begin tel.  Tog weet jy jy moet nie.  Dit kan dalk die grootste teleurstelling van die jaar, nee, millenium wees.

Mamma Mia begin 29 Augustus in Suid-Afrika draai.  Met sterre soos Meryl Streep, Pierce Brosman en Colin Firth in die hoofrolle, voel almal al seker opgewonde.  Abba het dalk meer as 25 jaar laas opgetree, maar Abba is ver van dood af.  Hulle is bykans op almal se CD rak, dalk nie die helfte van almal se volle CD versameling nie (soos die uwe), maar daar is beslis ‘n wegsteek CD.  Treffers soos Mamma Mia, Waterloo en Dancing Queen kan almal saam neurie.

Ek het al 2 keer Mamma Mia, die show, gesien.  Elke keer het ek dit gate uitgeniet en glo my, voer hulle dit more weer op, gaan ek weer.  Daar is net een word om dit te beskryf.  Magic!!!!!!  Komies, maar tog dramaties.  ‘n Fees.  In Europa is dit glad nie snaaks dat die mense in die gange saam sing en dans nie.  Jy soek net nog en nog. 

Gaan die fliek die magic vasvang?  Die fliek is die musical wat nog die beste op ‘n openingsnaweek gepresteer het.  Hulle het gemengde reviews gekry, maar word meestal as bogemiddeld gesien.  Veral Streep word goed behandel. 

Verkies julle om te fliek of om die opvoering te sien?  Nie net van Mamma Mia nie, maar daar is Sound of Music, Chicago, Phantom of the Opera, Grease ens.  Om meer te begin is die fliek baie goedkoper.  Selfs as jy die volle R40 vir ‘n kaartjie betaal, gaan die goedkoopste kaartjie van die show jou ten minste R150 betaal.  Die fliek gaan jou meer laat sien as die opvoering.  Soos gesigsuitdrukkings en tonele.  Maar dan, die atmosfeer gaan nie heeltemaal dieselfde wees nie.  Jy gaan nie saamsing nie.  Die akteurs sal perfek wees, maar nie met dieselfde hoeveelheid oefening of opvoerings saam nie. 

Ek weet wat ek die 29ste doen.  Waarskynlik die 2de September ook.  Dalk nog ‘n keer ‘n paar weke later.  Ek gaan waarskynlik die DVD voor Kersfees op my rak hê.  Tog, gaan ek weer die show kyk wanneer dit weer in SA opgevoer word.

Blogvraag:  Wie het Mamma Mia, die opvoering, geskryf?

Blogantwoord:  Sam was reg met FNB.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Jou huis op iemand anders se bankrotskap Tjoekoe-Tjoek

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkelik  |  Augustus 2, 2008 om 7 : 40

    Eerste

  • 2. Pikkelik  |  Augustus 2, 2008 om 7 : 40

    Een van die dae bly ek ook in ‘n dorp waar ek kan gaan fliek!!!

  • 3. Olga  |  Augustus 2, 2008 om 11 : 30

    Hello!!!! Fliek of show! Dis n vraag. Maar ek dink eerder die fliek. Veral as daar goeie akteurs gebruik het. As die skow verby is, is dit verby. Die fliek kan jy oor en oor kyk. En wanneer dit op dvd uitkom, wel, dan is dit behoorlik open season.

  • 4. Olga  |  Augustus 3, 2008 om 7 : 26

    More more!!! Ek is steeds TWEESTE. Waar is almal a3annie? Is almal saam met weeskjend en bos wildtuin toe? Dis gaga. Ek sal maar wag tot mama mia op dvd is om te kyk. Fliek is 100km van hier af. Teen die tyd dat ek einde van die maand daar kom, dan wys die fliek lankal nie meer nie. Nes dit met phantom of the opera was. Hoe is jou sinus en agterneusdrip a3annie?

  • 5. Adrie  |  Augustus 3, 2008 om 1 : 31

    Hallo

    Pikkie, is jy seker jou nuwe tuiste het ‘n fliek? Ek hoop vir jou part so, anders sal jy maar saam met Olga vir die DVD moet wag. Van die kleiner plekke het mos geen sin vir kultuur.

    Olga, die Ousie verskrik weer alles in Oom Paul se willetuin.

  • 6. Show of Fliek ·  |  Augustus 5, 2008 om 4 : 19

    […] News » News News Show of Fliek2008-08-04 21:19:29Musical Die fliek die gange saam sing en nog. Gaan die magic vasvang? Die fliek […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: