Jou huis op iemand anders se bankrotskap

Augustus 1, 2008 at 4 : 46 19 Kommentaar

Die oumense het gesê dat ‘n mens nie jou geluk op ‘n ander se ongeluk kan bou nie.  Min van julle sal met die logika stry.

Ek is ook maar vrou en het ook maar ‘n oog vir ‘n winskopie.  Daar word tans baie huise opgeveil, van mense wat net doodeenvoudig nie met die rentekoers kan by bly nie.  Ek mag verkeerd wees, maar ek verstaan die storie so.  Die bank neem die huis terug en laat dit dan opveil.  Die hoogste bod, gewoonlik ver onder markwaarde kry die huis.  Die eerstydse eienaars bly dan verantwoordelik vir die verskil van die skuld. 

Daar is mense wat al sulke huise vir minder as 50% van die huidige markwaarde aangeskaf het.  Dit klink na roof, maar is beslis baie beter as wanneer die banke die huise onder mekaar koop vir R100.  Jy wen ‘n goeie huis teen die fraksie van die prys.  Wie sal nou nie daaroor glimlag nie?  Die eerstydse eienaar.  Hy/sy sit steeds met honderde duisende rande se skuld, wat na elke rentekoersstyging meer kos, maar waarvoor hy/sy niks kan wys nie.

Was dit net ‘n gelukkie vir jou as jy die wenner van so ‘n huis is?  Jy het immers nie die persoon gedwing om onwyse skuld aan te gaan nie of hom/haar in bankrotskap gedompel nie.  As jy gelukkig genoeg is om die 10 % deposito te kan neersit natuurlik.  Jy gaan die slagoffer eindlik teen die kapitaaliste beskerm.  Maar dan, kan jy dit ten koste van ‘n ander doen?  Is dit reg?

Blogvraag:  Die Eastern Province Bank wat in 1838 in Grahamstown gestig is, was die voorloper van watse bank?

Blogantwoord:  Sam was reg met ‘n smaal strook in Kanada, Rusland, China, Indië en Mongolië.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Common Decency Show of Fliek

19 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 10

    is ek eerste?

  • 2. Roer  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 11

    eerste

  • 3. Roer  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 12

    ja zoekoe, jy was en hallo

  • 4. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 14

    Hallo Tannie Roer

  • 5. Roer  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 20

    hi adriana. ek weet nie…die een is vir my moeilik. ek sou se^ dis nie verkeerd nie. koop as jy ‘n goeie kopie kry, maar ek weet nie of ek self dit sal kan regkry om ‘n huis so te koop nie. sal te sleg voel. maak nie business sence nie, ne. lekker naweek adriana!

  • 6. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 29

    Grrrr

  • 7. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 46

    Hallo Roer !!!!!!!!!!

  • 8. Wees kjind q  |  Augustus 1, 2008 om 7 : 14

    LAASTE!

  • 9. Wees kjind q  |  Augustus 1, 2008 om 7 : 15

    FNB?

  • 10. Wees kjind q  |  Augustus 1, 2008 om 7 : 24

    Ek sal so ‘n huis koop sonder om sleg te voel. Die vorige eienaar het klaar die huis verloor sonder jou hulp. Al staan hy op sy kop, kak in sy broek, verander in ‘n lunchbar en fluit die stem deur sy poephol gaaikie ga hy nogsteeds nie die huis trug kry nie. Inteendeel…. Ek sal dit sien as hulp van my kant af. As ek nie die huis koop nie dan moet hy anyway die volle bedrag trug betaal!

  • 11. Wees kjind q  |  Augustus 1, 2008 om 7 : 27

    Trug na die vraag….. Ek sal moet ga google. FNB klink net vi my na die enigste logiese antwoord

  • 12. Wees kjind q  |  Augustus 1, 2008 om 9 : 30

    Ek ga lekka wildtuin toe! Wê la ke pê la!

  • 13. Olga  |  Augustus 1, 2008 om 10 : 33

    Meer LAASTE as weeskjend!!!! Helloooo. A3annie, hkm sit jy pix op die blog? Dit maak dit moeilik vir my met my simpel ou foontji om op te kom. En, … dan vreet mtn my gelkies op. Dink ek stem met sam saam. As die huis opgeveil word, het die vorige eienaar al klaar verloor. Wie kan my met die volgende vraag help? My seun he r70 000 golfie gekoop. R29 000 dep gegee. Wat finansiering op r41 000 gelaat het. Nadat assuransie sy golf afgeskryf het, toe skuld hy nog r56 000. Mc carthy het hom dent dr aangebied vir r2 500 waarvoor hy ja gese het. Maar nou skielik is daar r15 000 se ongespesifiseerde ekstras. Dit is uitbuiting. Erger nog dis diestal. Ek het gevra wat sluit die r70 000 in? Was gese alles behalwe dent dr. Hy het gevra en dieselfde antw gekry. Vanwaar die xtras wat n kak golf1.4i op r85 000 te staan bring? So hoor my mooi, moenie eers n kruiwa van mc carthy koop nie. Hulle sal jou siel vat vir n minderwaardige golf. Waar kan ek gaan kla? Prokureur sal net vleis sien en n ton instede van n pond vat.

  • 14. Wees kjind q  |  Augustus 2, 2008 om 2 : 33

    Olga…. Eish! Dis nou vi jou ‘n kak enetjie daai. Joh! 9 uit 10 issit die klein bliksenpie wat die kar aan jou verkoop wat net kak praat. Ek sien dit gereeld. ‘n Kliënt sleep sy bakkie na ons toe. Kilos oppi klok behoort aan Matoesalem se ouer boetie. Die kliënt het ‘n extended warranty gekoop en hy dink hys gecover vi alles… Die salesman het dan so gesê afterall. Die kwitasie werk so R48 000 en die “warranty” betaal net R3000. Nou wat nou!? Wies verkeerd? Die salesman wat kak aan die kliënt verkoop het of die arme outjie wat die quote gemaak het inni werkswinkel? Ai tog!

  • 15. Wees kjind q  |  Augustus 2, 2008 om 2 : 35

    Eish! Ek het eintlik net gou kom sê ek ry nou!

  • 16. Wees kjind q  |  Augustus 2, 2008 om 6 : 59

    Bos ga saam! Bos ga saam!

  • 17. Wees kjind q  |  Augustus 2, 2008 om 7 : 02

    Wê la ke pê la!

  • 18. Pikkelik  |  Augustus 2, 2008 om 7 : 07

    Ek hoor alles wat almal sê maar slaat my dood voor ek ‘n huis koop waar ‘n gesin in gebly het, en nou op straat sit en pap vreet! My ietsie, bietsie, kleine hartjie sal dit nooit oorleef nie, dis soos om sweets van ‘n kind te vat!!! Maar as dit nou ‘n ryk bokker was met meer skuld as verstand wat alles op die perde verloor het, dis nou ‘n hele ander storie daardie…

  • 19. Adrie  |  Augustus 2, 2008 om 11 : 34

    Ek dink niemand kan die koper van ‘n nuwe huis verwyt nie. As hy/sy die geleendheid nie benut het nie, sou iemand anders wel. Die banke verkies in elk geval dat so min as moontlik mense bie. Dan kan hulle die huis vir niks verkoop. Ek wonder wel hoekom hulle nie die uitstaande skuld afskryf nie..

    Pik, verdien die dobbelaar se kinders dit minder om te eet as die arm bogger se kinders?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: