Common Decency

Julie 31, 2008 at 4 : 59 262 Kommentaar

Daar is seker goed wat ‘n mens dood eenvoudig net nie doen nie.  Baie van die goed is wettig, maar ongelukkig loop die wet en etiek selde hand aan hand.  Die wat wel onwettig is, dra dikwels ‘n baie ligte straf, miskien ‘n boete van ‘n paar honderd rand.

Eerste is mense wat op ‘n gestremde parkering parkeer.  My vy!  Jy het 2 gesonde voete, parkeer verder en loop na waar jy wil wees.  As jy bang is jy gaan te veel energie spandeer, koop ‘n sjokolade vir padkos terug na jou motor.  Wat my ook grief is die hindernisse wat die sentrumbestuurders op gestremde parkering plaas.  Noem my doem, maar moet hulle uit die kar uit spring om dit fisies te verwyder?

Terwyl ons in die parkeerarea is.  Jy wag baie geduldig vir iemand om al hulle pakkies in hulle motor te pak nadat jy lank om die parkeer area gewentel het.  Dan ry die persoon en iemand woeps in JOU parkering in.  Jy gaan reguit hemel toe as dit jou nie laat vloek nie.

Jy kry natuurlik die brawe mense wat kinders en ou mense uit die pad uit stamp.  Hulle is haastig om iewers te kom en hulle kan nie geduld bekostig nie.  Laer as slang bollie op die see bodem is diegene wat ‘n kind of ‘n oumens kan bevark of besteel.  Hoe slaap hulle in die aande?  Jy sal ook niks oorkom om te buk as ‘n oumens iets laat val het nie.  Julle weet teen die tyd dat ek die sagmoedigheid vanself is, maar ouers wat hulle kinders laat bedel sal my tot aanranding/moord dryf.

Bedel is een ding, maar die gene wat sonder rede bedel of ‘n gebrek veins om te bedel hoort in ‘n tronk.  Ek sien deesdae is die nuutste mode om ‘n blinde aan die hand te lei om te bedel.  Uit die goedheid van hulle hart?  Ek twyfel.

Die nuwe nasionale sport staan my ook glad nie aan nie.  Dit is mense wat petrol ingooi en dan wegjaag sonder om te betaal.  Wat ons almal natuurlik in die voet skiet.  Almal kry swaar, maar daar is perke.  Selfde geld vir die wat groot koop en bangkrotskap veins om betaling te ontduik.  Mense wat sonder geldige rede hulp weier in doodsgevaar is skuldig aan moord.

Ek gaan vereers net hier stop.  Julle het seker ook ‘n paar wat julle teen die mure uitdryf.  Vandag is die dag dat julle dit uit julle sisteme kan kry.  Laat ons hoor.

Blogvraag:  Van waar is die sonsverduistering op 1 Augustus 2008 af sigbaar?

Blogantwoord:  Sam is toe uiteindelik reg.  Elvis word dikwels op black velvet geverf, hy het sy hare met Black Velvet gekleur en dit is ‘n verwysing na sy stem.

     

*Vir die naweek*

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mense wat liedjies inspireer Jou huis op iemand anders se bankrotskap

262 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 1 : 49

    dankie Erns, jy is die beste !!!!

    As hy my uit die pad try ry, dan speel ek maar ook sy game !!! ons sal sien wie is die bangste !!

  • 2. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 1 : 51

    Ek hou nie so baie van hospitale nie.

  • 3. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 1 : 53

    ek het eendag so gery en toe kom sny die dom bmw drywer mos voor my in se erg dat ek amper hom gestamp het, toe gooi ek vir hom so biekie vingertaal in die internasionale padwoede vingertaal, en hy my toe ook, toe agtervolg ek hom en hy ry al hoe vinniger en ek het mos ‘n groot engin in my cortina, dan ry ek ook vinniger al op sy gat, as hy draai draai ek, as hy bane wissel wissel ek ook, so het ek hom agtervolg seker so 15 kilos, toe begin die doos lekker pannic, en hy raak roekeloos, toe los ek hom maar voor hy iemand doodmaak !

  • 4. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 1 : 56

    Zoeks

    Whaahahahahaha

    Daar is voordele aan tapid karre.

  • 5. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 01

    Ek gaan my ore met ‘n beitel oopkap.

  • 6. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 02

    My neus ook.

  • 7. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 03

    A Husband takes his wife to play her first game of golf. Of course, the Wife
    promptly hacked her first shot right through the window of the biggest house
    adjacent to the course.
    The husband cringed, “I warned you to be careful! Now we’ll have to go up
    there, find the owner, apologise, and see how much your lousy drive is going
    to cost us.”
    So the couple walked up to the house and knocked on the door. A warm voice
    said, “Come on in.”
    When they opened the door they saw the damage that was done: Glass was all
    over the place, and a broken antique bottle was lying on its side near the
    broken window.
    A large black man was sitting on the coach asked, “Are you the people that
    broke my window?”
    “Uh..yeah, sir. We’re sure sorry about that,” the husband replied.
    “Oh, no apology is necessary. Actually I want to thank you.
    You see, I’m a genie, and I’ve been trapped in that bottle for a thousand
    years. Now that you’ve released me, I’m allowed to grant three wishes. I’ll
    give you one wish, but if you don’t mind, I will keep the last one for
    myself.
    “Wow, that’s great” the husband said. He pondered a moment and blurted out,
    “I’d like a million dollars a year for the rest of my life.”
    “No problem,” said the genie. “You’ve got it, it’s the least I can do. And
    I’ll guarantee you a long, healthy life and now you young lady what do you
    want?” the genie asked.
    “I’d like to own a gorgeous home complete with servants in every country in
    the world,” she said.
    “Consider it done,” the genie said. “And your homes will always be safe from
    fire, burglary and natural disasters!”
    “And now,” the couple asked in unison, “what’s your wish, genie?”
    “Well since I’ve been trapped in that bottle and haven’t been with a woman
    in more than a thousand years, my wish is to have sex with your wife.”
    The husband looked at his wife and said, “Gee, honey, you know we both now
    have a fortune, and all those houses. What do you think?”
    She mulled it over for a few moments and said, “You know, you’re right.
    Considering our good fortune, I guess I wouldn’t mind, but what about you
    honey?”
    “You know I love you sweetheart,” said the husband. “I’d do the same for
    you!” So the genie and the woman went upstairs where they spent the rest of
    the afternoon enjoying each other. The genie was insatiable.
    After about three hours of non-stop sex, the genie rolled over and looked
    directly into her eyes and asked, “How old are you and your husband?”
    “Why, we’re both 35,” she responded breathlessly.
    “No kidding.” He said, “Thirty-five years old and both of you still believe
    in genies?

  • 8. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 05

    I’D LOVE TO BE EIGHT AGAIN

    A man asked his wife what she’d like for her birthday.
    I’d love to be eight again’ she replied.
    On the morning of her birthday he rose early, made her a nice big bowl of
    Coco Pops and then took her off to the local theme park.
    What a Day!
    He put her on every ride in the park:
    * The Death Slide
    * The Wall of Fear
    * The Screaming Monster Roller Coaster
    Five hours later she staggered out of the theme park. Her head was reeling
    and her stomach felt upside down. Right away they journeyed to a McDonalds
    where her loving husband ordered her a Happy Meal with extra fries and a
    refreshing chocolate milk shake.
    Then it was off to the movies: the latest Star Wars epic, a hot dog,
    popcorn, all the Coke she could drink, her favourite lolly and M&Ms .
    What a fabulous adventure!
    Finally she wobbled home with her husband and collapsed onto the bed
    exhausted.
    – – – – – – –
    He leaned over his precious wife with a big smile and lovingly asked ‘Well
    Dear, what was it like being eight again?’
    – – – – – – –
    Her eyes slowly opened and her expression suddenly changed ‘I meant my dress
    size, you fuckin idiot’
    The moral of this story: Even when a man is listening, he’s still going to
    get it wrong.

  • 9. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 11

    HALLO

    Iemand nog hier?

  • 10. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 12

    Duidelik nie

  • 11. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 12

    Zoekoe is net bang hier is dalk regtig 200 comments op.

  • 12. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 12

    Maar nou ja.

  • 13. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 15

    WHAAAAA

  • 14. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 15

    Dan sal ek dit maar net alleen moet doen.

  • 15. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 16

    3 couples gaan kamp. En hulle het net 2 tente.
    >
    > Hulle drink die aand baie, en om moeilikheid te voorkom slaap die
    > mans in 1 tent en die vrouens in die ander 1.
    >
    > In die middel van die nag word die een ou wakker en sê “Ek moet NOU
    > by my vrou uitkom, ek het die grootste horing wat ek in my lewe nog
    > gehad het”
    >
    > “Moet ek saam kom?” vra die ou.
    > “Vir wat !!!” vra die eerste ou
    > “Want dis MY voël wat jy vashou

  • 16. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 17

    Wag, wag – Erns is nog ‘n verdwaalde sielletjie hierso.

  • 17. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 19

    En toe skrik sy

  • 18. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 20

    Ek is vaak, dalk moet ek eers ‘n uiltjie knip.

  • 19. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 21

    A3

    ek sal probeer help

  • 20. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 22

    Maar daar kort nog net 32 comments.

  • 21. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 24

    jy kan nie nou wil slaap nie ek hou nie van my self praat nie

  • 22. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 25

    Erns

    Daarvoor moet jy wakker slaap.

  • 23. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 26

    Erns

    Ek sal nie gaan slaap terwyl daar nog ‘n siel hier ronddwaal nie.

  • 24. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 28

    Dammit

    Dit voel so asof ek die enigste mens hier is.

  • 25. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 29

    Wel die siel is hier vir nog ‘n rukkie sal probeer verder chat van die huis af

  • 26. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 29

    Ek IS DIE ENIGSTE hier.

  • 27. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 30

    Kruip so bietjie in die OBS in dan sal dit beter voel 😆

  • 28. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 30

    Erns

    Ek is klaar by die huis. Maar almal anders het gaan jol sonder my.

  • 29. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 31

    Jy’s dan lucky ek sit nog by die office alleeennnn

  • 30. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 31

    Ek het klaar die ander 4 bottels gedrink.

  • 31. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 32

    Ek is al 3 dae lank by die huis. Dokters orders.

  • 32. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 34

    Ek hoop nie die antibiotika gaan met die OBS bots nie. Altwee is dan medisyne

  • 33. Erns  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 34

    Dis seker hoekom die ander sonder jou gaan jol het want jou neus en ore is mos toe

  • 34. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 34

    Dalk is ek high op voorskrifmedisyne.

  • 35. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 36

    Narre

    Ek hoop die plek waar hulle jol se drank is onbekostigbaar duur. Dat hulle kan smag na drank, maar niks kan kry nie.

    Werfhoenders.

  • 36. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 37

    Om nogal te MAAK of jy op ‘n vrydagmiddag werk, is ook laag. Laer as vliegbollie.

  • 37. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 38

    Al die blogs lyk my is maar stil. Grrrrrr!!!!!!!!!

  • 38. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 38

    Wat het julle met Nats gedoen?

  • 39. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 39

    Julle beter die naweek lekker rus.

  • 40. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 40

    Ek wil my nie Maandag skaam nie.

  • 41. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 41

    Tilla is dan terug en julle beter dan spark.

  • 42. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 42

    Onthou, sy gaan depress wees om weer terug by die werk te wees. Tillie-lief is ook ampertjies 5 maande oud.

  • 43. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 43

    Ek is seker Tillie-Lief sal meer kan blog as julle.

  • 44. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 44

    My tweeling se sy is oppad.

  • 45. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 44

    Ek hoop sy hou woord.

  • 46. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 45

    Haar dae laas gesien, ek wonder of sy nog orraait is.

  • 47. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 45

    Nou ja, onkruid vrek mos nie.

  • 48. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 46

    Nats is nog van sterker stoffasie gemaak as onkruid.

  • 49. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 47

    Zoeks het te vinnig weggehardloop.

    Ek het mos gese daar gaan meer as 200 comments voor 3 h opwees.

  • 50. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 47

    Al moet ek dit vingeralleen doen.

  • 51. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 48

    Kom roep my as iemand opdaag. Ek wil gou skottelgoed was. Dit sal nie lank neem nie.

  • 52. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 50

    Iets goeds uit die huisgenoot. Dit gebeur nie dikwels nie. As daar nou nog OBS oor was, het ek op haar ‘n glasie gedrink.

    ‘Anna’: Dis ek, Anchien
    Pieter van Zyl

    BY ’N spoghotel in die Kaapse Waterfront sit ’n blonde vrou in ’n modieuse ligbruin leerbaadjie. Sy blaas ernstig oor haar warm koffie.

    Dit is dan sy, Anna. ’n Waterval in die swembad agter haar druis hipnoties en skep ’n byna gewyde atmosfeer. Heel gepas, want dit is hier waar Anchien Troskie die volgende groot stap in haar pad na heling neem.

    Vir die eerste keer praat sy vandag oor haar lewe sedert die verskyning van haar trefferboek, Dis Ek, Anna, waarin sy skokkend eerlik vertel het hoe sy as tiener seksueel misbruik is. En sy doen dit as Anchien Troskie – vir die eerste keer ook gestroop van die skerm van haar skuilnaam.

    ‘‘Ek is senuweeagtig,’’ erken sy. Want Elbie Lötter is nou finaal begrawe. Die skuilnaam wat op die omslag van 50 000 verkoopte eksemplare van Dis Ek, Anna gepryk het, het plek gemaak vir haar eie, op haar nuwe roman. Die titel is Nooit Is ’n Lang, Lang Tyd, en by haar naam staan daar: Deur die skrywer van Dis Ek, Anna.

    Hiermee tree sy as oorle-wende van seksuele mishandeling na vore en sê: ‘‘Dis ek, Anchien.’’

    Byna vier jaar gelede het sy geskryf hoe haar stiefpa haar as tiener gemolesteer en verkrag het, hoe hy gedreig het dat hy haar en haar ma sou wegjaag, of nog erger, na haar kleinsus se kamer sou gaan as sy hom sou weier…

    So raak het sy die pyn van ’n kinderslagoffer van seksuele misbruik verwoord dat dit ’n handboek in menige sielkundige, predikant en ander berader se spreekkamer geword het –’n reisgids vir jong slagoffers op hul pad na herstel.

    Dis ook ’n boek van hoop omdat die fiktiewe Anna én die vlees-en-bloed Anchien heel anderkant uitgekom het.

    ‘‘Dis ’n keuse,’’ sê sy, en glimlag vir die eerste keer sedert ons begin gesels het.

    ‘‘Ek het ’n ruk gelede vir my man gesê daar sal ’n oggend aanbreek wanneer ek gaan opstaan en ek absoluut die antwoord weet op die vraag: Gaan ek my nuwe boek uitgee onder my naam, gaan ek

    bekend maak dis ek wat oor Anna geskryf het? Daardie oggend het vinniger aangebreek as wat ek verwag het.

    ‘‘My man wou van die begin af gehad het dat Dis Ek, Anna onder my eie naam verskyn. Hy het toe al geweet wat ek nou weet: Deur my naam bekend te maak, herken en erken ek my as ’n oorwinnaar. Vir my kinders was dit nog nooit ’n kwessie nie. As hulle na my kyk, sien hulle nie ’n slagoffer of oorwinnaar nie, hulle sien my, hul ma.’’

    Dit was ook die reaksie op Anna wat haar die moed gegee het om agter die skuilnaam uit te kruip.

    ‘‘Met Anna was dit die empatie, eerder as simpatie, wat vir my baie beteken het. Die briefies wat sê: Ek was daar, ek ken dit. Ek wou eenvoudig nie meer ’n slagoffer wees nie.’’

    OP 11 Julie het sy veertig geword. ‘‘Ek is baie trots daarop. Dis ’n goeie ouderdom waarop ’n mens oor jou onsekerhede is en vrede maak met wie jy is.’’

    Anchien het in Dis Ek, Anna haar siel oopgemaak en die wonde uit haar verlede gebruik om ander mense te help heel word. Was sy ooit spyt dat sy haar so blootgestel het?

    ‘‘ ’n Mens twyfel baie keer, maar ek was nog nooit spyt nie, nee. Om my storie te skryf, het my ontsettend baie gehelp. As iets jou pla, skryf dit neer. Jy hoef dit nie in te stuur vir moontlike publikasie nie. Skryf dit eenvoudig neer. Ek dink as ’n mens ’n ding voor jou op papier sien staan, verander dit die nagmerries in iets tasbaars.’’

    Anchien het nog net een keer weer die verhaal gelees en alles op dié manier weer beleef. ‘‘Ek het die finale manuskrip gelees en nog nooit weer nie. Ek het dit nie eens deurgelees toe ek dit klaar geskryf het nie. Ek het dit ingestuur, vreeslik vol spelfoute.’’

    En daar gebeur die wonderwerk: ’n Debuut-skrywer, nogal met ’n skuilnaam, spreek tot die hart van tienduisende Suid-Afrikaners.

    Die boek is ook in Engels vertaal en in ’n gewilde toneelstuk omskep. By die onlangse Volksblad-kunstefees in Bloemfontein het Anna se verhaal mense in trane en op hul voete gehad. Antoinette Louw, beter bekend as Inge van Schalkwyk van 7de Laan, het Anna gespeel.

    In die boek was dit juis Bloemfontein waarheen Anna op pad was om haar stiefpa te gaan doodskiet. Maar in die werklike lewe het hy aan natuurlike oorsake gesterf.

    Die heel eerste mens vir wie sy voorheen die waarheid vertel het, was haar ma. Sy was so sestien en het begin skree toe haar stiefpa na haar slaapkamer kom. Hy het haar toe al ses jaar lank gemolesteer.

    Toe haar ma instorm, het sy haar alles vertel. Sy wou dit nie glo nie, al het sy haar tweede man by haar tienerdogter in die kamer aangetref. Sy het Anchien by die huis uitgejaag en sy moes in die skoolkoshuis gaan woon.

    ‘‘My ma was lief vir die man en wou nie glo dat hy so iets aan haar dogters sou doen nie,’’ probeer Anchien rede verstaan. ‘‘Ek vermoed sy het geglo dit was haar laaste kans op geluk. ‘‘Ek is geweldig trots op wat Anna vermag het.’’

    Sy kry nog gereeld briefies van lesers. ‘‘Snaaks genoeg kom die meeste van mans af.’’

    Hoe het sy ooit weer mans vertrou? ‘‘My man is te goed dat ek nooit weer mans sal vertrou nie,’’ sê sy.

    ‘‘Maar nadat jy so seksueel afgetakel is, begin jy geleidelik weer vertrou, eers net een man. Dit kan enigiemand wees, die sielkundige of die dominee. Dit is daardie een goeie, betroubare man wat die hek vir jou oopmaak.’’

    SY WAS gelukkig, want dit was haar eerste liefde op skool – die boer wat haar weer laat glo het en met wie sy nou al byna twintig jaar getroud is. Hulle woon op ’n plaas in die Oos-Kaap.

    Sy bewonder die verhouding wat haar man en haar dogter met mekaar het.

    ‘‘Ek het nie destyds so ’n man in my lewe gehad om by skuiling te gaan soek nie.

    ‘‘Ek dink nie geheime is ooit ’n goeie ding nie,’’ sê sy. In haar nuwe roman gaan drie vriendinne van ’n Vrystaatse dorpie op ’n reis Jeffreysbaai toe. Op pad kom ál meer verpletterende geheime uit wat twee van die vriendinne al jare lank van die ander wegsteek.

    ‘‘Geheime maak ’n mens soms siek,’’ sê Anchien.

    ‘‘My kinders weet hulle moenie geheime vir my hê nie. Geheime het die nuk om heeltemal buite beheer te raak. In jou verbeelding maak jy dit erger as wat dit is. Jy het iemand nodig wat jou weer perspektief kan gee.’’

    Sy het geleer om die bose kringloop van ’n onbetrokke ma te verbreek en in haar eie gesin dit wat haar ma verkeerd gedoen het, nie te herhaal nie. Waardeur sy moes gaan, het van haar ’n beter ma gemaak, glo Anchien.

    ‘‘Juis omdat ek luister. En my kinders vertrou my. Hulle weet hulle kan my enigiets vertel. Maar dan moet ek ook niks vir hulle wegsteek nie.

    ‘‘En kinders moet geleer word om nee te kan sê. Dit is nie altyd goeie maniere om vir grootmense ja, dankie te sê nie. Sommige volwassenes buit dit uit,’’ waarsku sy.

    Aan kinders wat in die web van seksuele misbruik verstrengel raak, sê sy: ‘‘Dis belangrik om so gou moontlik te praat. Daarna raak dit ál makliker om te praat en gesond te word.’’

    En die belangrikste tree na heling? ‘‘Om jouself te vergewe en te besef daar is niks wat jy kon gedoen het om dit te verhinder nie. Al hoef ’n traumatiese ervaring jou lewe nie te oorheers nie, sal dit altyd deel van jou lewe wees.’’

    Sy worstel self steeds om haar stiefpa te vergewe. ‘‘Maar ek werk daaraan; ek bid verskriklik daaroor. Vergifnis is belangrik vir jou eie sielerus. Ek weet ek sal eendag saam met die Here daar uitkom.’’

    Anchien blaas haar asem stadig uit asof ’n sware las van haar hart gelig is. Sy is lankal ’n oorwinnaar. En nou, met haar eie naam, is sy ook nie meer ’n slagoffer nie.

  • 53. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 55

    was in ‘n meeting !!! wat het ek gemis ?

  • 54. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 2 : 59

    Zoeks

    Net dat ek met myself moes praat om 200 comments op te sit.

    En dat “Dis Ek, Anna” se skrywer haar skuilnaam weggegooi het.

  • 55. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 01

    Eks terug…

    Tweeling
    WTF!!! Daai ou moet ‘n kramp in sy gat kry!!! Ek hou nie van sulke pad varke nie!!

    Sam
    Daai is maar net die OBS wat ek vir julle op die bar se toonbank gesit het… da is nog baaaaaie in die stoor kamer so help jouself met ‘n paar bottels!🙂

  • 56. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 01

    Ek sal nog graag wil uitvind wat haar ma se naam is. Daardie vrou se reputasie is nie een sent werd nie.

  • 57. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 02

    Tweeling

    Bogger die nar.

    Lees 202.

  • 58. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 07

    Ek het beslis vir haar ‘n paar dinge te se.

  • 59. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 13

    Nats

    Lees vinniger.

  • 60. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 14

    huh ?

  • 61. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 15

    Sjoe kry ek weer trane in my oë… my wordpress het vasgehad op ou comments…

    Sjoe ek wonder wat haar ma se naam is… daai vrou se naam oral gaan smeer met modder!!!!!

  • 62. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 17

    Nats

    Ek weet nie, Trotsky is seker Anna se getroude van. Haar nooiensvan sal haar pa se van gewees het. En nog ‘n onreg is nog steeds ongestraf.

    Zoeks

    Wat huh jy?

  • 63. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 20

    Adrie
    Wanneer was die artikel geplaas?

    Ja, ek dink daai is haar man se van… ek dink ek weet wat sy naam is… was hy een jaar ouer as sy of meer?

  • 64. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 22

    Dit is in volgende week se huisgenoot.

    Nats

    Ek is glad nie seker nie.

  • 65. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 24

    Adrie
    Sy sê in die artikel dat sy toe met haar eerste liefde getrou het… is dit “Markus” met wie sy toe getroud is? Want as dit is is ek baie baie bly!!! Want ek was sommer vies toe ek die boek klaar lees en hy het met ‘n ander vrou gaan staan en trou!!!

    Wil jy haar bel?😉

  • 66. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 34

    Nats

    Moet my nie eers halfpad dare nie.

    Netnou bel ek en dan maak ek groot kak.

  • 67. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 36

    Of ek noem per ongeluk aan die ousie dat ek haar adres het, en sit ek maandag of met 2 pleegkinders of saam met die ousie in die tronk.

  • 68. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 36

    Ek sal darem baie graag in haar gesig wil kak.

  • 69. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 39

    Of haar kop in haar mistake se hol wil opdruk en sy gesig deur sy eie kak sleep. My kak is te goed vir hom.

  • 70. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 39

    Adrie
    Nee nie haar ma nie, ek het gin idee wat haar naam eens is nie… ek praat van Anchien

  • 71. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 40

    Agge Nee

    Dit is ek alleen hier.

  • 72. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 41

    Nats

    Ek wil haar met die hand gaan groet, nevermind bel.

  • 73. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 42

    Kom ons nou Anchien om saam met ons te kom blase kry in November.

  • 74. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 44

    Hello Almal

    Dis ‘n pragtige ding wat jy op my blog gesit het Adriana!!
    Ouma is so trots op jou

    Waaroor wil ek baklei….Common Decency

    Mense wat lelik eet in die openbaar, dit is nou een ding wat ek net nie kan verwerk nie. DIt maak my vreeslik naar!!!! Helloooo? daar is mense wat saam julle eet, kou maar toe mond, ek wil nie jou gekoude kos sien nie.

    Mense wat oor my kop praat asof ek nie bestaan nie. Ons gaan doen shopping, ek en Teddie. Dis ek wat die notebook wil koop, ek vra die vrae, maar daar word aan Teddie verduidelik hoe oulik die notebook is. Ek is deesdae net so ongeskik terug. Hei, ek is ‘n mens, kyk vir my, dis ek wat die ding wil koop, nie my man nie!!!! :mrgreen:

    Nou probeer ek die draad van hierdie gesprek optel, Adrie wil nou iemand gaan bel???? En iemand moet kak????

  • 75. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 46

    Adrie
    Ek was op Huisgenoot se website, dit lyk of sy blond is… die foto is baie klein en ek het nie toegang nie, maar ek gaan beslis die Huisgenoot koop!!

  • 76. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 47

    Nats wil he ek moet die vrou van Dis ek, Anna bel. Ek is glad nie ongenee nie.

    Ek wil haar ma uitkak letterlik en figuurlik.

  • 77. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 48

    Lieflik

    Ek is spam, op my eie blog.

  • 78. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 50

    As ek Zelda le Grange en Oom Adriaan Vlok kan bel, kan ek Anchien Trotsky bel.

  • 79. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 51

    As ek 200 comments op my eie kan opsit, kan ek seker 300 ook opsit.

  • 80. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 52

    WIPNEUS!!!!!!!

    MEJUFFROU NATS!!!!!!!!

  • 81. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 54

    SAMANTHA Q!!!!!!!!!!!!!!!!

    ZOEKOE!!!!!!!!!!!!

    VERONS!!!!!!!!!!!

    OLGA!!!!!!!!!

  • 82. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 56

    Sorry ek probeer invoices doen tussen deur die gechattery… en nou wil ek nog op ouma se blog ook gaan loer!!

    Net nou sit ek ‘n extra 0 in dan wanne die base terug is kry ej dit!!
    😆

  • 83. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 57

    Duidelik is ek nie veronderstel om vandag te blog nie. Ek is alleen, ek is spam en ek verveel almal duidelik.

    Laat ek maar aan more se blog werk.

  • 84. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 3 : 59

    Nats

    Dit sal ‘n katastrofe wees. Behalwe as jy met jou eie salaris ‘n ekstra nul in sit.

  • 85. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 18

    waaaat? skreeeee jy so ???????????????

  • 86. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 18

    Adrie en Wip
    Ag nee sit ek nou soos ‘n babatjie en huil… gelukkig is ek alleen by die werk!!!

    Tweeling
    Dis Vrydag middag, ons almal is gatvol gewerk… dis beslis nie jy nie!!

  • 87. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 23

    Nats

    Hoekom huil jy?

    Hierso!!!! ‘n Boks Tissues vir jou voor die hele blog voor snot en trane het.

  • 88. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 23

    bel haar:mrgreen:

  • 89. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 24

    ek is hier, ek is besig om te bad en hare te was, ek gaan vanaand sterre kyk!!!! woooo hooo!!! ons gaan onder die maanlig speel

  • 90. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 25

    hierso is vir jou ‘n diaper om jou trane af te droog Natsie, kom hier dat Ouma kyk of jou gesiggie nou reg is 😆

  • 91. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 25

    Hallo Ouma Wip !!!

  • 92. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 25

    ek is net besig om blog kommentaar te antwoord, dis hartseer

  • 93. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 26

    Wip gaan siek word met nat hare en ‘n koue aandlug.

  • 94. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 26

    Zoekoe Ouma se pragtige seun, Nats jy beter mooi kyk na die kind van Ouma. Hy moet elke aand ‘n goeie bord boerekos kry!!! En poeding:mrgreen:

  • 95. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 27

    Fok, wat mis ek nou weer waar?

  • 96. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 27

    Oumense word nie siek nie Adriana, ons het al die virusse al beleef, ons is nou die virus

  • 97. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 28

    my blog Adrie

  • 98. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 28

    Hy is al klaar so vet.

  • 99. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 28

    😆 😆

  • 100. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 29

    Wip
    Dit is baie hartseer… maar die boodskappie van jou af is baie mooi.

  • 101. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 29

    Ek het gesien die maan en sterre blog is die nuwe biegblok.

  • 102. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 29

    ek is nie vet nie….. ek is “cuddly” 🙄

  • 103. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 31

    Zoeks

    Se wie????

    Jy gaan van bier verban word.

  • 104. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 32

    Ek sien nie die boodskappie waarvan Nats praat nie.

    Ek mis ook altyd alles.

  • 105. Zoekoe  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 33

    😯 dit sal die dag wees !!!!!!!!!

  • 106. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 39

    Ons wil nie he die troupak moet van jou afbars nie.

  • 107. Nats  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 47

    Adrie
    Sorry… Wip se blog het op Nathan se dood vasgehak wat al die 30ste da gepost was… en toe gaan lees ek Nathan (Carina) se blog en dis wat baie hartseer was!!!

    Blame it on WordPress!!!

  • 108. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 50

    Nats

    Ons het al gister daaroor gepraat. Dit is baie hartseer. Ook nie veel wat ‘n mens daaroor kan se nie.

  • 109. Wees kjind Q  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 51

    Ek raak nou eers wee grond. Ek voel rerig erig soos die wees kjind!

  • 110. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 4 : 53

    Wesie

    Gaan kyk by 202. Is jy nog reg vir volgende Saterdag?

  • 111. Adrie  |  Augustus 1, 2008 om 5 : 09

    Testing

  • 112. neykie  |  Augustus 5, 2008 om 11 : 39

    Is dit dan ‘n nuwe wet dat ek kan petrol ingooi en wegjaag? 😆

    Wat my meer irriteer is mense wat stupid vrae vra? jy sal dan natuurlike ‘n sarkastiese aanmerking van my ontvang….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: