Ewige Jeuglike Ikone

Julie 30, 2008 at 6 : 09 70 Kommentaar

Die post is deur Demoerin se Van Gogh post geinspireer.

Iemand het eendag gesê die beste wat met Diana se gewildheid kon gebeur was haar dood.  Dit sal haar verewig as die Prinses van Harte.  Klink dit verregaande?  Diana was 36 ten tye van haar dood.  Op die punt om haar mooiheid stadig aan te verloor.  Haar ma en haar ouma het nie mooi oud geword nie, dus sou Diana selfs met chirugie nie veel beter gevaar het nie.  Daar sou gou genoeg iemand mooier en gewilder gewees het, met minder treurmares.  Met haar dood, word sy nooit ouer nie.  Die tragedie daarvan,  het haar ikoon status gegee wat haar nooit weer ontneem kan word nie.

  VS 

Klink dit na snert?  Dalk, maar dit is glad nie vergesog nie.  Neem vir Elizabeth Taylor, wat baie mense as een van die mooiste vroue nog beskou.  ‘n Aktrise, met 2 Oscars op haar kaggelrak en 8 huwelike op die rotse.  Baie van julle onthou dalk nog haar huwelik met Larry Fortensky wat in 1996 beëindig is.  Daardie tyd was sy al ‘n baie ou blaar met ‘n jong bok.  Daar is nou van julle met ‘n nostalgiese glimlag, ander wat wonder wie sy nou eindlik is.  Die van julle wat weet van wie ek praat, sien ‘n ou vrou met swart hare en blou oë.  Sy het in 2003 uit die openbare oog getree.

Almal sal dadelik weet wie is Marilyn Monroe.  Monroe is in 1962 op ‘n raaiselagtige wyse dood.  Soos Taylor was sy ‘n aktrise en het selfs ‘n Golden Globe ontvang.  Sy was op een of ander manier betrokke by die Kennedys en daar is sprake dat die CIA haar laat vermoor het.  Monroe is 6 jaar voor Taylor gebore.  Vandag nog is nie ‘n dag ouer as 36 nie.   Sy het dalk net-net meer skandes as Taylor gehad, maar Taylor was die beter aktrise.  Sy is vandag baie beroemder as Taylor, waarskynlik net omdat sy so vroeg dood is.  Taylor lewe vandag nog.

  & 

Daar is soveel ander voorbeelde daarvaan.  James Dean, Kurt Cobain, River Phoenix, Freddy Mercury selfs dalk Heath Ledger.  Sal Antje Krog ooit dieselfde ikoon status hê as Ingrid Jonker?  Waar sou Jonker vandag gewees het?  In ‘n klein meenthuisie besig om met haar kleinkinders te speel?  Eensaam in ‘n huisie by die see, sonder veel om oor te dig?  Waar is die ander van haar tyd?  Hulle is nou oud, sy is die ewige verontregte digter.  Dood voordat sy ‘n brug kon bou.  Voordat mense kon besef sy is net ‘n gewone mens.

Is daar ikone waarvan ek vergeet het?  Is die hele teorie ‘n pot snot sonder ‘n greintjie waarheid? 

Blogvraag:  Wat was Marilyn Monroe se regte naam?

Blogantwoord:  Sam was reg met Dangoule Rasalaite.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Human Trafficking Mense wat liedjies inspireer

70 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Julie 30, 2008 om 7 : 00

    Kan jy nou meer ek is vandag eerste! Lekker dag vir jou.

  • 2. Verons  |  Julie 30, 2008 om 8 : 27

    TWEEDE!!!!!

  • 3. Verons  |  Julie 30, 2008 om 8 : 28

    More more!!
    Wat van Elvis??? Hy bly nog steeds die koning van Rock & Roll!!

  • 4. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 8 : 34

    Ek het Elvis oorweeg, maar hy was al redelik oud.

  • 5. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 8 : 35

    Nee hel, ek gaan huis toe.

    Ek is netnou ‘n ikoon.

  • 6. demoerin  |  Julie 30, 2008 om 8 : 47

    Gebore: Norma Jeane Mortenson
    Gedoop: Norma Jeane Baker

  • 7. demoerin  |  Julie 30, 2008 om 8 : 51

    Vir my was die wonderlike dat Diana ‘n Ikoon in haar eie tyd ook was. Sy is die ewige voorbeeld van nederigheid, maak nie saak wat jou status is nie. Dit was ook wonderlik dat sy geweet het hoe om die faam te speel om die wêreld bewus te maak van sake wat na aan haar hart was. Dit gaan nie oor die Prinses van Wallis nie, maar oor die persoon wat meer gedoen en gegee het as enige ander Royal OOIT. Ek kan nie eers aan ‘n ander voorbeeld dink om by haar kers vas te hou nie.

  • 8. boendoe  |  Julie 30, 2008 om 9 : 01

    Ja, dis waar wat jy se. Maar dink aan ou Moeder Teresa. As sy vroeg doodgegaan het, was sy nie vandag amper ‘n saint nie! Soms het dit sy voordele om eers oud dood te gaan. 😆

  • 9. Zee  |  Julie 30, 2008 om 9 : 17

    Sjoe demoerin, nie gedink jy sal so diep oor Diana praat nie, maar dit is absoluut die waarheid wat jy daar sê!! Ek was en is nog steeds mal oor haar en het baie aandenkings van haar reguit uit Engeland uit. DInk nou daaraan, het die 5 pond coin wat met haar dood uitgegee is van haar, gaan seker eendag baie geld werd wees.

    Adriana, lekker dag vir jou!
    En jy kon maar Elvis ook genoem het😉

  • 10. Nats  |  Julie 30, 2008 om 9 : 22

    Hello julle!!!

  • 11. Nats  |  Julie 30, 2008 om 9 : 25

    MY COMMENTS GAAN ALWEER NIE DEUR NIE!!

    En ek het sooooo lang comment gelos… jammer gaan nie nou weer al daai goed tik nie😦

  • 12. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 9 : 27

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 13. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 9 : 29

    HE! HE!

  • 14. Olga  |  Julie 30, 2008 om 9 : 33

    Hey daar. A3, wat van sophia loren? Ah. Ja, ek het vergeet! Sy het minder sondes of skandes op ha kerfstok. He, he, he. Ek was natuurlik, heel nugter gesproke geen dianna aanhanger nie. Daar kom steeds talle skandes en sondes wat sy gepleeg het aan die lug. Maar, ja. Niemand gaan haar oud en gerimpeld sien nie. Brooke shield was n kinderster sonder weerga. Maar wat is sy vandag? Hoeveel van julle weet nie van wie ek nou praat nie?

  • 15. Verons  |  Julie 30, 2008 om 9 : 37

    Gedagte vir die dag:
    Julle mense wat dink julle weet alles, maak ons mense wat alles weet die bliksem in!

  • 16. Verons  |  Julie 30, 2008 om 9 : 38

    Skotte is bekend vir hulle Whisky

    Duitsers is bekend vir hulle Bier

    Russe is bekend vir hulle Vodka

    Jamaica is bekend vir hulle Rum

    Suid Afrikaners is bekend vir die KAK wat hulle maak as hulle die goed drink!!!!

  • 17. Verons  |  Julie 30, 2008 om 9 : 39

    Ek het vandag ‘n duur les geleer.

    ‘n Mens moet nooit lag as ‘n “dief” op ‘n fiets deur ‘n trein
    getrap word nie. Dit kan moontlik jou fiets wees.

  • 18. Nats  |  Julie 30, 2008 om 9 : 53

    TESTING… TESTING

    1 2 3

  • 19. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 10 : 08

    EISH!!!! Eks trug! Ek was gou by die BP om ‘n paai en coke te koop. Ek het my wonderlike kosblik by die huis vigeet!

  • 20. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 10 : 09

    En nou is dit net I&J

  • 21. Verons  |  Julie 30, 2008 om 10 : 34

    A3 al was Elvis ouer toe hy dood is leef sy “jonger” legende vandag voort!
    Almal wat Elvis “copy”, “copy” die jonger Elvis. Toe ek nog ‘n klein dogterjie was het ek en my ma het baie gaan fliek veral as daar ‘n nuwe Elvis fliek uitgekom het. Ek onthou nog asof dit gister was, ek was maar so tussen 5 en 8jaar oud, as Elvis op die skerm kom het die “tannies” in die fliek aan die gille gegaan party het sommer begin huil!!! En dit is net vir sy image op die fliekskerm!!!😯
    Even my ma het opgewonde op en af gespring as hy opkom!🙄

  • 22. Verons  |  Julie 30, 2008 om 10 : 34

    WA’S MY COMMENT????????????????????????/

  • 23. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 10 : 53

    Is River Phoenix dood???? Eish!!!!!

  • 24. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 09

    Handjie effens op

  • 25. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 10

    Sam

    Hoe op aarde weet jy dan nie dat River Phoenix gedot is nie. Oordosis dwelms.

  • 26. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 11 : 13

    @ 3ling

    Ek kanni daai een onthou nie. My hand is ok so effentjies op

  • 27. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 14

    Ek sal maar in vrede gaan slaap.

    Dit is minder vervelig as hierdie blog.

  • 28. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 17

    Verons, ek sal spesiaal more vir jou en Zee ‘n Elvis post opsit met ‘n twist.

  • 29. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 11 : 22

    3ling

    Ek het darem gisteraand laaaaaaank gekuier oppi blog. Al wassit al1……..

  • 30. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 31

    Drieling

    Ek het gesien, ek was ‘n bietjie hoog gewees op daardie stadium

  • 31. Zee  |  Julie 30, 2008 om 11 : 33

    Dankie Adriana!

  • 32. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 41

    Wees net bewus dat daar ‘n groot twist gaan wees.

  • 33. bruinogies  |  Julie 30, 2008 om 11 : 51

    more more!
    ag shit ek meen mirrag mirrag! hoe ganit?

  • 34. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 11 : 58

    Hi BO

    Nog nie ‘n gevreetjie gekry nie?

  • 35. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 02

    @ A3

    Twist?

    @ BO

    Mirrag

  • 36. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 12 : 05

    Dit sal more sometime duidelik word.

  • 37. Verons  |  Julie 30, 2008 om 12 : 06

    Sam sy gaat seker weer een of ander iets negatiefs uit sy verlede ophaal!!

  • 38. Wipneus!  |  Julie 30, 2008 om 12 : 10

    Hello julle

    Ek is ‘n groot Diana aanhanger!!! My hele huis lê vol van haar boeke!

    Ek het ‘n hele kamer met net Marilyn Monroe goed!!! Hierdie is ‘n groot stokperdjie, my vriendinne en familie help hierdie Marilyn versameling ook goed aan😛

    Elvis, moenie praat nie, ek is mal oor hom!!

    Ek is ‘n gewoonte versamelaar!!! Versamel alles waarop ek my oë lê 😆

    Lekker dag vir almal, alhoewel die dag al verby is 🙄

  • 39. ADRIANA  |  Julie 30, 2008 om 12 : 11

    Verons

    Dat jou brein eendag moet vrot.

  • 40. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 16

    A3!!!!!!!!!

  • 41. ADRIANA  |  Julie 30, 2008 om 12 : 19

    Ok. Sien julle volgende week.

  • 42. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 22

    Wa ga jy?

  • 43. ADRIANA  |  Julie 30, 2008 om 12 : 31

    In my bed bly met net my neus wat uitsteek.

  • 44. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 33

    WAG VI MY!!!!!!!!!!!!!!!!! VAT MY SAAM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 45. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 55

    OK FINE!!!!! Dan bly ek ma al1 hie inni donkerte!!!👿

  • 46. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 12 : 57

    Ek ga not ‘n 4k al1 200 op sit nie!

  • 47. Samantha Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 20

    Ek ga my naam verander. Hoe klink Weesie?

  • 48. Weesie Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 21

    En hie sit ek alleenag

  • 49. Bottertjie  |  Julie 30, 2008 om 1 : 21

    Ou Liz het lelik oud geword. Wat van Michael Jackson?

  • 50. Weesie Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 22

    Of miskien moet ek dit verander naa Wees kjind

  • 51. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 25

    Hallo Bottertjie

  • 52. Verons  |  Julie 30, 2008 om 1 : 35

    Sam hoe kan jy nou staat en wees kjind wil wees, jy het ‘n k*khuis vol sussies ‘n ma en iewers ‘n pa!!!

  • 53. Verons  |  Julie 30, 2008 om 1 : 35

    Ek sit alweer in spam!!!!!

  • 54. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 44

    @ Verons

    Wat loop soek ma in Spam?

  • 55. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 45

    Ek wonner of ek die ligte moet aan los solat dit lyk of da wel iemand hie is…….

  • 56. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 1 : 58

    Eish!

  • 57. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 2 : 07

    Nie eers Zoekoe is hie nie!

  • 58. Tinkerbell  |  Julie 30, 2008 om 2 : 37

    Hallo julle..

    Hoe gaan dit?

    Ek het eintlik maar net kom koebaai sê dis more my laaste dag by die firma vir wie ek nou werk..

    Ek gaan julle almal so mis al kry ek nie tyd vir blog die laaste tyd nie loer ek so nou en dan in..

    Ek sal more my finale koebaais kom sê.. snik snik..

  • 59. Verons  |  Julie 30, 2008 om 2 : 45

    Flip Sam ek weetie! Ek sukkel vandag my gat af om te blog!!

  • 60. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 2 : 57

    @ Klokkie

    Ons ga jou mis

    @ Verons

    Ma moet sê as ek iemand moet kom bliksem

  • 61. Zoekoe  |  Julie 30, 2008 om 3 : 38

    hallo

  • 62. Zoekoe  |  Julie 30, 2008 om 3 : 40

    die plek is gevrek !!! toetentaal ! gevrek !!

  • 63. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 3 : 49

    @ Zoekoe

    Nou hoe de fok moet ek die plek aan die gang hou so op my se eie?????😯

  • 64. Zoekoe  |  Julie 30, 2008 om 4 : 16

    Hi Weeskind !!! nee ek weet nie, ek was op ‘n kursus vandag, dis hoekom ek nou eers kan komment

  • 65. Wees kjind Q  |  Julie 30, 2008 om 4 : 28

    @ Zoeks

    Nou wat leer hulle die slim baas? Ek dog jys slim genoeg

  • 66. Zoekoe  |  Julie 30, 2008 om 4 : 38

    aag helfte verstaan ek nie, en die ander helfte het ek al geweet !!! dis maar baie tegniese goete, finance en supply chain dinge !

  • 67. Sam q  |  Julie 30, 2008 om 6 : 35

    Ek ga NIE wee met myself praati!

  • 68. Sam q  |  Julie 30, 2008 om 6 : 37

    Olga…. Makoeloe danq! Mwah! Mwah! Mwah! Mwah!

  • 69. Wees kjind q  |  Julie 30, 2008 om 6 : 41

    Vigeet ek om my naam te change oppi sel

  • 70. Adrie  |  Julie 30, 2008 om 7 : 57

    Sam, mens kan darem altyd op jou staat maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: