Human Trafficking

Julie 29, 2008 at 2 : 03 103 Kommentaar

Daar is net een ding belangriker as wêreldvrede.  Dit is die bestryding van armoede.  Nou klink ek seker net soos ‘n ANC parlimentslid.  Tog is dit die een ding wat van die aarde ‘n hemel gaan maak.

Een van die euwels wat armoede tot gevolg het is menshandel.  Om die res van die gesin word sekere lede van die gesin verkoop.  Dit is meestal ‘n vrou of kinders, maar kan ‘n man ook wees.  Die verkopers kan van dieselfde familie wees of iemand wat die familie oortuig dat die lede elders beter af sal wees.  Hulle kry dalk iets soos R500 per persoon.  Klink min, maar as jy van ‘n land is waar daar geen geld en geen kos is nie, is dit dalk net die verskil tussen lewe en dood.

Van hier af gaan die slawe na ‘n halfwegstasie, tot daar ‘n koper vir hulle gevind kan word.  Hulle word gekoop vir hulle organe, vir harde arbeid, seks slawe of werkende seks slaaf.  In baie uitsonderlike gevalle word die babas aan mense verkoop wat nie kinders van hulle eie kan hê nie.  Hulle is die gelukkiges.  Die ander word dan uitgebuit en mishandel.  So kan ‘n 6 jarige dogtertjie dalk verantwoordelik wees vir ‘n hele huishouding (skoonmaak, was, stryk, kook) en om die baas se drange te bevredig.  As sy nie na wense prestreer nie, word sy gestraf.  (Sulke kinders is vol kneusplekke en letsels.)  Wat kos jou eie persoonlike slaaf?  Om en by R5000. 

Hier is die werklike afstootlike deel.  Suid-Afrika is nie net ‘n halfwegstasie vir mens handel nie, maar ook ‘n plek waar mense gekoop en verkoop word.  Baie van die prostitute is eiendom.  Tog kan die man wat jou buurman se grassny ook eiendom wees.  (Eienaars kan swart, wit, indier, pienk of pers wees.  Slawe ook).

Menshandel is ‘n baie gevaarlike netwerk, een wat jou lewe kan kos as jy dit oopvlek.  Wat staan ‘n mens te doen?  Ek weet nie.  Ek weet net dat ons dit nie durf aanvaar nie.

Blogvraag: Op wie se lewe is die film, Lilya 4-ever, gebaseer?

Blogantwoord:  Sam was reg met Now or Neverland.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Werklikheids Programme Ewige Jeuglike Ikone

103 Kommentaar Add your own

  • 1. boendoe  |  Julie 29, 2008 om 2 : 06

    Haai, mens, praat jy wat tanne het! Ek het ‘n ruk terug ‘n reeks op Hallmark gekyk, “Human Trafficking”. Te gruesome vir moorde. Weet ook nie wat mens daaraan kan doen nie, maar daardie arme mense lewe in die ergste omstandighede ooit.

  • 2. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 15

    Boendoe

    En jy is wragtig alweer eerste. Jy moet dit net skree.

  • 3. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 2 : 16

    EERSTE !!!!!!!!!!! YIPPEEEEEEEEEEEE !!!!!!!

    YIPPEEEEEEE !!!!!!!!!!!!!

  • 4. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 16

    Boendoe

    Ek is reg vir al jou spam.

  • 5. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 2 : 19

    die mens is in staat tot die ergste wreedheid van enige dier !!! die mens is nog presies dieselfde as 10 000 jaar terug, al wat verander is die tegnologie, maar in ons siege is ons nog barbare !

  • 6. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 24

    Zoekoe

    Baie waar wat jy daar se. Ons beskawingslagie is baie baie dun.

  • 7. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 2 : 31

    Adrie, jy weet mos, ek praat slegs die waarheid

  • 8. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 35

    GMFFFF!!!!!

    Rots in die bos. Ek wonder hoeveel van Teazers se personeel is so verkry? Ek verstaan hulle mag nie hulle eie pasporte hou nie.

  • 9. Verons  |  Julie 29, 2008 om 2 : 36

    Ek het ook iewers gelees dat SA ‘n halfwegstasie is vir mensehandel!! Come to think about it die hele fokken Afrika is in met mensehandel, die klomp het mos die verstand van bobbejane!!

  • 10. Verons  |  Julie 29, 2008 om 2 : 38

    A3 ek dink Teasers se girls is die enigstes wat uit hul eie wil daar werk, dis die ander hole wie se girls nie so gewillig is nie…………

  • 11. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 40

    Dit is erg genoeg vir mens om dit aan ‘n ander mens te doen, maar om dit aan jou eie mense, selfs jou eie vlees en bloed te doen?

  • 12. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 2 : 44

    Verons

    Baie bordele se meisies is beslis gekoop. Veral waar die nigiriers betrokke is. Teazers bly ‘n ope vraag, maar mens kan nie vingers wys nie. As dit die geval was, was Lolly lankal toegesluit.

  • 13. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 2 : 52

    Lolly Jacson ry ook ‘n Lamborghini ! !

  • 14. boendoe  |  Julie 29, 2008 om 3 : 03

    Onthou die 6 meisies wat weggeraak het in die 80’s? Ek wonder of dit nie ook hulle lot was nie.

    Adrie, ek skree niks voor ek nie meer spam is nie. Anders vergat ek net die ander mense wat EERSTE! skree en ek weet EK is eintlik eerste! 😉

  • 15. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 3 : 09

    Meer as een, as ek die storie reg verstaan.

  • 16. Zee  |  Julie 29, 2008 om 3 : 10

    Ek gaan vir klein mannetjie ver weg steek!!!!!!

    Adrie, ek stem saam oor die bordeel meisies en die Nigerians. Dis ook hoe hulle die meisiekinders op drugs kry.

    Dit is regtig baie sad dat so iets nog in hierdie tyd gebeur. Mens sou dink dat dit al jare terug sou ophou, maar nou ja, die geld is goed, so dit sal seker nooit ophou nie. “Sic”

  • 17. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 3 : 14

    Boendoe

    Ek het eendag ‘n blog van hulle geskryf. Sal later kyk of ek dit kan kry.

    Zee

    Dit is die ergste van alles. Daar is nie regtig groot geld daarin nie.

  • 18. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 3 : 48

    En daar was stilte.

  • 19. demoerin  |  Julie 29, 2008 om 3 : 52

    Dis ‘n baie sad situasie. En neem aan soms is dit die enigste uitweg vir oorlewing.

  • 20. Jaco  |  Julie 29, 2008 om 4 : 29

    Ek gaan nou op ‘n hele paar tone trap, maar here goes. Almal van ons skreeu nou ten hoge hemele oor die grusaamheid en onregverdigheid van mensehandel. En dit is alles waar. Maar dink gou hieroor. Meeste van ons het voltydse bediendes en/of tuinwerkers. Bitter min van daai mense verdien ooit meer as R 2000 – R 2500 per maand nie. Is dit nie ook net nog ‘n vorm van slawerny nie? Ek meen, sal jy daai hoeveelheid werk doen vir so min geld?

  • 21. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 29

    Sad beslis. Daar moet ander maniere wees, maar desperaatheid ken geen grense nie.

  • 22. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 32

    Hello julle.

    Ek het ‘n fliek gekyk “Human Trafficking” met Mira Sovino, en ek was totaal en al geskok!!!

    Hulle wys nie so baie nie, maar hulle wys hoe mense jou “trick” om gevang te word. Die fliek wys meestal die lewe van ‘n vrou en ‘n dogtertjie en ‘n tiener dogter wie se pa nie op gee oor sy net “weg” is nie.

    Die wêreld is baie wreed!! En geld is die grootste evil!!

  • 23. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 33

    Jaco

    Goeie punt wat jy maak. Daar is egter verskille. Die huiswerkers kan loop as hulle beter vergoeding kry. Hulle word nie fisies of seksueel aangerand nie. Hulle kan gaan kla as hulle regte aangetas word. Hulle volg die beroep vrywillig.

    Terloops, die kassier waar jy jou melk koop verdien dieselfde. Die onderwyseres by die kleuterskool ook. Party boekhouers en admindames werk ook vir daardie geld. Belaglik min? Beslis, veral as jy kinders moet voer.

  • 24. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 35

    Die verskil tussen ‘n werker en ‘n slaaf is juis die feit dat, die een betaal word, en die een nie,
    die een het vryheid om te kom en gaan soos hy wil, die slaaf het nie !!

  • 25. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 35

    Tweeling

    Baie waar.

  • 26. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 37

    Dit gaan ook nie oor hoeveel werk jy fisies verrig nie, ek werk baie harder as my Manager, maar hy verdien 3 maal my salaris…. dit gaan oor die verantwoordelikheid van die werk !

  • 27. Jaco  |  Julie 29, 2008 om 4 : 38

    Toegegee, jy kan loop om ‘n beter betrekking te aanvaar vir ‘n paar rand meer. Maar hoeveel beter kan ‘n huiswerker, kassiere by Spar of wat ook al doen? Die blote belaglikheid van sulke salarisse verhoed sulke mense (en by implikasie hulle kinders) om ooit enigiets beter te kan word. Slawerny is miskien in konteks nie die regte woord nie, maar dit kom baie naby

  • 28. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 39

    Managers is gewoonlik mense wat nie die job kan doen nie.

  • 29. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 40

    Jaco
    Jy trap so bietjie op my tone… bediendes en tuin helpers het regte, hulle moet ‘n sekere hoeveelheid geld betaal word. Hulle het die keuse vir wie hulle werk. Hulle is nie sex slawe nie, en soms bly hulle aan langs jou huis in die kamer met ‘n badkamer en in sommige plekke met kombuis en sitkamer.

    Hulle kan verder gaan swot en hulle lewens moontlik makliker maak, dis hulle keuse.

  • 30. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 41

    Jaco

    Weet jy wat is nog erger, baie kassiere (en seker huiswerkers) het matriek. Dit beteken deesdae min, maar meer as wat st 8 beteken. Ek het al van te vore daaroor geblog. Seta is veronderstel om die mense te help, maar daar gebeur maar niks.

  • 31. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 43

    So as ons bediendes 15K per maand betaal, wat seker ‘n leefbare salaris is, dan gaan hulle ALMAL sonder job sit !! en dit is die werklikheid !! Dis een van die grootste redes hoekom Engeland en Amerika se reuse groot motor vervaardigers amper bankrot gaan, en China en Japan so baie geld maak, arbeid is te duur ! en om salarisse hoog op te stoot is net ‘n kort termyn antwoord, want die land se ekonomie sal nie meer arbeid kan bekostig nie, en dan sal ons Chinese produkte moet koop, want dis baie goedkoper, en dan binnne kort sit ons met 50000 % inflasie soos Zimbabwe.

  • 32. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 43

    Ek weet van baie mense wat hulle bediendes se kinders se skoolgeld betaal.

  • 33. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 44

    Jaco
    In vandag dink ek persoonlik mens moet net dankbaar wees jy het ‘n werk!

    Ek het al mense se kruideniers vir hulle gepak in sakkies toe ek op skool was. Ja ek het vir amper niks gewerk nie, maar hoeveel moeite is dit? Ek hoef nie geleerd te wees om dit te doen nie… so hoekom moet ek ‘n salaris verdien as iemand wat jare lank gaan swot het?

    Ongelukkig moet mens appel met appels vergelyk.

  • 34. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 46

    My heel eerste werk (in St7) was R3-50 / uur. Dit was daardie tyd so R200 ‘n maand, net naweke natuurlik.

  • 35. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 46

    Ek sê net, as jy meer geld wil hê, moet jy meer werk, dis hoe die besighede kan wind toon om te verhoed dat hulle bankrot speel, en ook om die pryse van hulle produkte nie belaglik te laat styg nie !!

  • 36. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 47

    Zoekoe

    Of slimmer werk om meer produktief te wees.

  • 37. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 47

    Tweeling
    E se ma het haar bediende wat hulle huis by die see skoon gehou het se kind deur skool gesit tot in matriek… daai kind het toe vir haar begin werk… lang storie kort sy was erg lui en het NIKS maar NIKS gedoen nie!! Sy werk nou nie meer da nie, maar dit na amper 20 jaar is sy so ondankbaar.

    Jammer maar van hulle wil net nie probeer nie.

  • 38. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 49

    Ja, slimmer ook, maar een of anner tyd beteken slimmer meer masjiene, en dan beteken dit minder jobs vir mense

  • 39. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 49

    Tweeling

    Sad but true. Jy kan die kalf na die put neem, maar jy kan hom nie laat drink nie.

  • 40. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 49

    Tweeling
    My eerste werk was by “Baby and Company” as ‘n kasier… ek dink ek het so R100 ‘n naweek verdien.

    Glo my dit was lang ure vir iemand op skool, en boonop jou naweek op te offer🙂

  • 41. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 49

    Ek sê mos “armoede sit tussen die ore”

  • 42. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 51

    daar is natuurlik uitsonderings, maar dis eerder die reel as die uitsondering !

  • 43. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 52

    Zoeks

    Verduidelik? Armoede sit tussen die ore?

  • 44. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 4 : 53

    Ek was ook ‘n kassier.

    Dit bly ‘n GAGA werk. Daarom is ek nooit mislik met ‘n kassier nie.

  • 45. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 54

    Mens kry uit die lewa wat jy insit !!! en deur te kerm en vingers te wys na almal en alles behalwe jouself, sal jy sukkel om te besef dat jy en jy alleen in beheer is van jou “destiny”

  • 46. Jaco  |  Julie 29, 2008 om 4 : 56

    Om die keuse te hê om te kan studeer, en om die finansies te hê om dit te kan doen is twee byna onversoenbare begrippe as jy 3 kinders het om te voed en jy verdien slegs R2500 per maand. En nou wil ek myself verstout om te sê dat wetgewing ten spyt is dit die minderheid huiswerkers is wat minimum loon verdien.
    Dit daar gelaat, as werkgewer kan bitter min van ons selfs minimum loon bekostig, as werknemer moet jy vat wat jy kry. want bietjie geld is beter as geen geld. Ek kan nogal sien hoe dit ‘n teelaarde kan wees vir hope sosio ekonomiese goggas.
    Dit is ‘n lieflike catch 22 situasie né?

  • 47. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 56

    ek ken persoonlik mense, wat vandag Dokters grade het met baie goeie betrekking oorsee, wat uit die hagllikste arm huis uit kom, pa was ‘n dronk busdrywer, ma was ‘n druggie, en tog het die persoon besluit dat ek gaan NIE soos hulle wees nie, en het hard gewerk, op die boulyn nogal, kruiwa gestoot, en terwyl die ander handlangers bier gaat koop vrydag middag sy geld gespaar en gaan swot !!!! so jy kan iets van die lewe maak as jy wil !!!!

  • 48. Nats  |  Julie 29, 2008 om 4 : 57

    Kudos to Mira Sorvino (who has become a crusader on this), Lifetime, and producers for making this important expose of this vicious crime. The 4 hour opus charts a single Russian mobster as he kidnaps, rapes, and transports girls into America and around the world. Of course Mira and Donald Sutherland as ICE agents heroically chase the villains, but in reality very little is done to control these vicious predators- police are usually the problem, since they have no understanding or sympathy for the plight of captive “whores”, whom they punish and bully for their supposed crimes.

    I was a reporter for over 2 years in Russia, and have seen the monstrosity of these criminals and awesome beauty, sweetness, romanticism, and eroticism of the girls there- who are brought up to defer to and please men. In a place where people would make $20 a month, girls would jump at any Western job, which could give them a real life. Lured by an imaginary secretarial or maid job in Europe, they would have documents taken and quickly be raped and broken into total submission. Huge numbers are sent to Israel, where the government ignores problem. But all over the world, Russian girls are wanted by traffickers and johns for their great beauty, literacy, and skills.

    An incredible NPR report explained how young girls are shipped to filthy Mexican nightmare brothels where they have to service 30-50 clients a day, then smuggled into America, where they are handed off to other pimps at Disneyland. By this time they are so terrorized and shattered that they don’t even try to get away.

    A Russian father improbably joins the traffickers to find and rescue his daughter.

    If anything this docudrama soft-peddles the horrors- but TV couldn’t take the unvarnished truth. It should be mandatory viewing for every American, especially all law enforcement. This hideous crime should be treated as seriously as genocide, since it is. As Sorvino says in the end, the shelve life of these girls before they are used up, killed, or diseased is 4 years, and some 800,000 are trafficked every year- several Darfurs, Bosnias, Kosovos, Iraqs put together.

  • 49. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 4 : 58

    Jaco, ja jy het ons nogal aan die gesels gesit !! 😀

  • 50. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 00

    Adrie het till geslaan !!! Adrie het till geslaan !!!
    Adrie het till geslaan !!! Adrie het till geslaan !!!
    Adrie het till geslaan !!! Adrie het till geslaan !!!
    Adrie het till geslaan !!! Adrie het till geslaan !!!
    Adrie het till geslaan !!! Adrie het till geslaan !!!
    😆

  • 51. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 5 : 01

    Jaco

    As jy regtig wil en hard genoeg probeer, kan jy wel gaan swot. Daar is baie plekke wat dit vir jou moontlik maak.

    Feit: Die gekleurde woongebiede betaal hulle bediendes baie minder as wat enige wit woongebied sal waag. Daar is geen werkersregte nie.

    As jy nie minimum loon kan bekostig nie, werk jy self in jou huis/tuin.

    Zoekoe

    Dit is baie makliker om bakhand te staan.

  • 52. Jaco  |  Julie 29, 2008 om 5 : 01

    Then my work here is done!

  • 53. Nats  |  Julie 29, 2008 om 5 : 02

    Jaco
    Ek verstaan wat jy sê, maar as jy skaars vir jouself kan kos gee… hoekom kinders kry!!!

    Ek wil baie baie graag nou al ‘n kind hê, maar ek weet ek kan nie nou ‘n kind bekostig nie… jy kan nie uitwerk hoeveel ‘n kind jou gaan kos nie (ek weet) maar dis plein en simpel as jy nie vir jouself kan sorg nie hoe dan vir 1, 2 of selfs 5 kinders??

    Nee jammer hulle teel aan en aan en aan en verwag ander moet in springs want shame die arme kinders.

    *Jammer ek trap nou op ander se tone*

  • 54. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 02

    Eish !!!! Adrie dis hoekom ek ook nie ryk is nie…. ek het ook vrydagmiddag gaat bier koop😆

  • 55. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 5 : 03

    Jaco het ons tonge beslis los geskud.

    Gesonde debat sonder dat iemand aangeval is.

    Jaco, jy moet meer gereeld kom kuier.

  • 56. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 03

    Bedaar my lief !!!! hy het mar net vir ons so biekie die ander kant van die coin gegee !! 😛

  • 57. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 05

    Ek laaik dit, as ons gesond kan debateer sonder om persoonlik met mense wat van ons verskil te raak !!! Thanks Jaco !

  • 58. Jaco  |  Julie 29, 2008 om 5 : 05

    Never judge a man before you haven’t walked a mile in his shoes. If you then judge him, you are a mile away and you got his shoes!

    Alles is moontlik as jy regtig wil, maar uit die donker gat van depressie en armoede lyk die berg altyd steiler.

  • 59. Nats  |  Julie 29, 2008 om 5 : 07

    Zoeks
    Ek is nie omgekrap nie… ek sê maar net soos ek my mening by die huis lig!

    Gepraat van huis, ek moet gaan!! Sien jou net nou!!

    Jaco
    Jammer as ek aanvallend klink, ek is net moeg om altyd te hoor dat ouers hulle kinders gebruik om simpatie te kry!

    Lekker aand vir julle almal!!😛

  • 60. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 5 : 07

    Jaco

    Wie se vir jou dat ek nog nie die myl afgele het nie?

  • 61. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 07

    So waar, ek kan seker maklik oordeel met die sixpack bier onder my arm, en ek dink dis makliker om sleg te raak as om goed te raak !

  • 62. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 08

    Baai my lief !!! mwah mwah !!! ek kan nie wag nie !!! ek het ‘n surprise vir jou as jy tuis kom😉 😉

  • 63. Adrie  |  Julie 29, 2008 om 5 : 10

    Cheers Tweeling

  • 64. Zoekoe  |  Julie 29, 2008 om 5 : 11

    ek gaan nou ook eers gou ‘n double brannas ingooi !!! chat later weer BAAI

  • 65. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 6 : 51

    EERSTE!

  • 66. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 6 : 53

    Danoula Rasalaite! Dis nou te sê as iemand noggi geantwoord hetti

  • 67. Nats  |  Julie 29, 2008 om 7 : 04

    Hello hello!!!

    Iemand hier??

  • 68. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 7 : 06

    Gggrrr!!!

  • 69. Nats  |  Julie 29, 2008 om 7 : 07

    My Tweeling se Drieling
    Is dit net I&J??

  • 70. Nats  |  Julie 29, 2008 om 7 : 08

    Hulle het ‘n mekaniese bull hier inni gym… was nogal snaaks om te sien hoe “poppies” af val!!

    He he he!!

  • 71. Nats  |  Julie 29, 2008 om 7 : 10

    Ok ek moet amper ry om kos te gaan maak!

    En was goed in die wasmasjien te sit… skottelgoed doen en die honde kos gee!

  • 72. Nats  |  Julie 29, 2008 om 7 : 11

    Ai tog en da word ek alleen gelos…

    Sien julle more weer!!!!

    Lekker aand en lekker doeks!!!

  • 73. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 10

    My 3ling se 2ling…. My simpel foun smyt my af!👿 EK KRAAM SOMME 20 YSTERVARKIES!

  • 74. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 11

    En nou issit net I&J

  • 75. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 16

    En no issit net I met geen J

  • 76. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 21

    Ga ek vandag 100 op my eie opsit?

  • 77. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 23

    Wel… Ek ga my bes probeer. My duim ga 4kin seer wees!

  • 78. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 25

    He! He! Ek ga seke met die foon in my hand aani slaap raak

  • 79. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 28

    Elke keer as ek comment dan moet ek van doer bo af scroll om wee te comment

  • 80. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 29

    800!

  • 81. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 31

    Eish!

  • 82. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 34

    Vigeet ek amper die kjinders se lunch vi more!

  • 83. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 45

    Kla broodjies gebou. Wa was ek nou wee? O ja…

  • 84. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 46

    8400!

  • 85. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 47

    Amper da…

  • 86. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 48

    Ek bou nou ‘n lekka warmwater botel

  • 87. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 52

    Mmmm heerlik! Glasie rooiwyn

  • 88. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 54

    SONNER COKE!

  • 89. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 55

    Warmwater bottel kla gebou. Nou gat ek inni bed spring en my boek lees

  • 90. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 58

    900!

  • 91. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 8 : 59

    Fok! Nous ek lus vi coke!

  • 92. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 02

    Ek ga nou ‘n glas coke drink na die wyn. Hoop nie ek piepie my dood inni nag nie

  • 93. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 05

    Eish! Ek lees juis ‘n scary boek! As ek moet opstaan om te ga piepie…..

  • 94. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 06

    Dêmmit!

  • 95. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 08

    Nous ek honger!

  • 96. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 10

    He! He! Ek hoop die roofleser stuur ‘n bord kos!

  • 97. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 12

    Nog net 3 dan kan ek my boek lees

  • 98. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 13

    2 oor!

  • 99. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 14

    Yippee!

  • 100. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 16

    100!

  • 101. Sam q  |  Julie 29, 2008 om 9 : 18

    Nag! Ek ga nou my boek in vrede lees!

  • 102. Sam q  |  Julie 30, 2008 om 5 : 26

    Eish! Nogsteeds niemand na my nie!

  • 103. Verons  |  Julie 30, 2008 om 8 : 33

    More Sam!! Sien jy het lekker so op jou eie gekuier gisteraand!😀
    Kon jy darem slaap na die scary boek?? :shocked:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: