Signature Dis

Julie 28, 2008 at 10 : 59 187 Kommentaar

Daar is ‘n epos wat die ronde doen dat elke vrou ten minste 1 uithalerdis moet hê.  Daardie dis wat die gaste sal laat vuisslaan oor die laaste porsie en laat smeek vir die resep.  Iets soos Hilda se dadelvingers en Charmaine se breyani.  Salome se Cremora Tert en Verons se potbrood.

Partykeer spog die mens oor hulle dis waaroor daar oor heeltemaal ander redes huis toe geskryf word.  So ken ek die tannie wat hoogliedere oor haar sjokolade koek sing.  Mens slaan wel vuis daaroor, om dit nie te eet nie.  Haar sjokoladekoek proe sout.  Dit is een bederf wat gerus verby my kan gly.

My ma aan die ander kant raak nie self liries nie, maar daar is meer as genoeg mense wat namens haar sing.  As dit nie haar sjokolade koek is nie, is dit haar fudge.  Of haar kerrienoedels, of beskuit, of ystervarkies . . .!!  Die lys gaan aan en aan, elke moontlike gas het sy/haar bestelling reg.  Daarby is sy glad nie suinig met haar resepte nie, sy deel met wie ook al vra.  Baie mense het haar al probeer nadoen, met katastrofiese gevolge.

My spesialis dis?  Ek het nie een nie.  Ek kan mos nie kook nie.  En ek bak nog minder.

Watter goed het julle vervolmaak?  Enige flatervrye resep wat julle wil deel?  Belangriker nog, enige koeksisters wat julle wil deel?

Blogvraag:  Wie het in 1896 die The Boston Cooking School Cookbook’  met 1849 resepte gepubliseer?

Blogantwoord:  Olga was reg met 1931

   

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kanker Assosiasie van Suid-Afrika Werklikheids Programme

187 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 02

    Ek sterf oor beskuit.

  • 2. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 03

    Gigi = Giggelgat

  • 3. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 06

    Ouma ken nie meer al haar familie nie, ouma glo aan bevolking ontploffings. Ek sê nou die aand vir Oupa gelukkig het ons darem ons deel gedoen vir volk en vaderland. Die kinders en kleinkinders het die bevolkings syfer nou al ‘n goeie hupstoot gegee!!! Die dat Ouma nie eers meer weet wat en wie al haar kleinkinders is nie!! 😆

    Ons vir jou Suid Afrika

  • 4. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 08

    Oumagrootjie se beskuit resep 😉 Hou dit maar in die familie kinders!!

    Meng :
    750 ml All Bran (druk fyn)
    500 ml semels
    1 kg bruismeel
    25 ml bakpoeier
    sout
    200 g pekanneute
    Voeg by :
    500 g botter
    300 ml witsuiker
    200 ml bruisuiker
    2 eiers
    500 ml karringmelk
    Meng alles saam.
    Bak 1 uur by 180°C.
    Laat afkoel en droog uit.

  • 5. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 3 : 09

    Temp is beter as niks. En as hierie firewall my wee afbliksem ga ek ‘n bollie oppi blog los! En dit ga NIE bar one weesie!!!

  • 6. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 10

    Dis nou die laaste, Ouma is nou vreeslik moeg en wil bietjie gaan skuins lê op die katel 😆

    Sjokoladekoek vir die Mikrogolfoond

    Die koek vat ‘n paar minute om te meng, en net 6-7 minute om te bak!! Lekker vinnig!

    Deel 1:
    1 k meel
    2½ tl bakpoeier
    1 k suiker
    knypie sout

    Deel 2
    1 k kookwater
    3 eetl kakao (meng in kookwater tot klonte opgelos)
    1 tl vanilla
    2 eiers (groot) geskei (of 3 kleintjies)
    Klits eierwitte tot styf.

    Meng deel 1 saam in ‘n bak, en meng deel twee saam in ‘n bak (sonder eierwitte). Voeg nou deel 2 by 1, en klits of roer vinnig tot goed gemeng. As jy dit klits, moenie te lank klits nie, ongeveer 30 sekondes. Vou die eierwitte laaste in.

    Variasie: Jy kan ook ‘n koppie klapper saam inmeng, of neute, dit smaak ewe lekker!!
    Jy kan ook die kakao uitlos.
    As jy voel jy wil die koek effens natter hê kan jy ook so 50ml olie of margarine byvoeg.

    Spuit ‘n fluitpan met Spay & Cook.(‘n Pan wat ‘n gat in die middel van die koek maak, wat van plastiek of glas is en verkieslik waar die pan in twee kan uitmekaarhaal, die boom is los …Ek het my pan in Clicks gekoop). Sit kombuis handdoekpapier onder in, wat jy sny om die bodem van die plastiek pan te pas. Sit papier in na jy die pan gespuit het. Sny nou eier houer, sodat jy die fluitpan kan lig, vanaf die glas in die mikrogolf oond. Dit sal verseker dat jou koek eweredig gaar word. Dus: Sny die eierhouer, plaas aan kante, balanseer jou fluitpan bo-op.

    Bak vir 7 minute op hoog, in ‘n klein oondjie en in ‘n groot oond, 6 minute op hoog.

    Los 1 minuut na dit gebak is. Maak dan die oond oop, haal uit, en gooi uit jou pan uit. Trek die papier af. (As jy nie die papier insit nie, maak die Spray & Cook ‘n laag op die koek wat nie lekker is nie.

    Versier met vars geklopte room, gekookte kondensmelk of net waarvoor jy vandag lus is.

  • 7. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 3 : 11

    ONS VIR JOU SUID AFRIKA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 8. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 11

    Wip

    Giggel kom van ons Jac dae af. Sy het my al ‘n keer of wat hel toe verban, maar ook die eerste mens wat in my iets goed gesien het (op ‘n blog).

  • 9. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 12

    Pasop gaan haal die huggies Sam gaan ietsie doen 😯

    Hardloop bring sommer die baby wipes saam!!

  • 10. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 12

    Hello Ouma!

    My gunsteling resep… da is soooo baie!! Ek hou daarvan om maklike kos te maak, wat min tyd vat in die week. Naweke kan ek eksperimenteer!!

    Een van my gunstelinge mince gereg…
    Braai mince gaar met uie en miskien bietjie knoffel, blikkie tamatie en uie, bruin uie sop en chutney (soos jy van jou mince hou)
    Kook aartappels

    Dan in ‘n pan sit jy lagie gesnyde aartappels, mince lagie, veta stukkies en tiziki, weer aartappel lagie, mince lagie en veta met nog bietjie tiziki. Gerasperde kaas bo-oor. Dan sit jy dit in die oond vir ‘n kort rukkie (want alles is gaar!)

    And enjoy!

  • 11. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 15

    He He Sam, ek sien jou al met Ouma se doek rondloop.

    Giggel voel dieselfde as jy oor die saak.

  • 12. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 15

    Oe Nats hierdie klink na ‘n wenner is daar nog????

  • 13. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 16

    Nog goeie nuus.

    ‘n Sekere kloon begin oor 7 slapies weer werk. Dus . . .

  • 14. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 18

    Oe dis goeie nuus!!!! ek weet wie daai kloon is!! 😆

  • 15. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 18

    Skons
    3 koppies meel
    3 teelepels bakpoeier
    1 eier
    1 koppie melk
    knippie sout
    3 eetlepels botter
    Vryf botter in die meel in. Meng die eier, koppie melk en klein bietjie olie. Sny die melkmengsel in. Meng verder met die hand tot styf. Rol uit met die hand. Gebruik 5cm koekdrukkers vir vorm en verf bietjie eiergeel bo-op voor dit in die oond bak vir 10 minute op 200ºC.

    Botterbroodjies
    Sif:
    2 koppies bruismeel
    1 teelepel bakpoeier
    ½ teelepel sout
    Klits:
    ´n derde koppie kookolie
    1 eier
    ´n twee-derde koppie melk
    1 eetlepel suiker
    Voeg meelmengsel by eiermengsel en meng liggies met mes. Strooi Maizena op tafel en druk bol deeg liggies plat met die hand. Druk met ´n drukkertjie en sit die botterbroodjies styf teen mekaar op ´n gesmeerde plaat wat uitgeskud is met meel. Bak dan by 220°C vir 15 minute.

  • 16. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 19

    Jip

    Ek dink ons moet Maandag party op die blog.

  • 17. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 20

    According to a radio report, a middle school in Oregon was faced with a
    > unique problem. A number of girls were beginning to use lipstick and would
    > put it on in the bathroom. That was fine, but after they put on their
    > lipstick they would press their lips to the mirror leaving dozens of
    > little
    > lip prints.
    >
    > Finally, the principal decided that something had to be done. She called
    > all
    > the girls to the bathroom and met them there with the custodian. She
    > explained that all these lip prints were causing a major problem for the
    > custodian who had to clean the mirrors every night.
    >
    > To demonstrate how difficult it was to clean the mirrors, she asked the
    > maintenance guy to clean one of the mirrors. He took out a long handled
    > squeegee, dipped it into the toilet and then cleaned the mirror.
    >
    > Since then there have been no lip prints on the mirrors.
    >

  • 18. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 21

    Ja die inskrywing moet vol balonne wees!!

  • 19. Wipneus!  |  Julie 28, 2008 om 3 : 21

    Ouma kom nou nou weer, ek gaan gou bietjie werk

  • 20. Rolling Stone  |  Julie 28, 2008 om 3 : 22

    My resep:
    Koop Vleis ( Chops, wors, steak etc)
    Koop Whiskey ( Bells , Jameson…etc)
    Koop bier
    Maak pap
    Maak sous
    Drink
    (Praat stront met die wat wil luister)
    Maak vuur
    Drink
    (Praat nog n klomp stront of hulle wil luister of nie)
    Maak weer vuur
    Drink
    Braai
    Eet en gaan slaap.

  • 21. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 24

    Wip
    Ek het nie veel wen resepte nie, ek maak maar kos soos ek voel… pastas is ek meer gevaarlik, ek gooi alles by mushrooms, green peppers en bacon ek is mal oor veta en kaas… ek gooi veta saam met baie van my kosse!!!

    Ek is ook mal oor hoender in die oond met lekker chutney oor om die velletjie crispy te maak, of ‘n baksakkie met lekker spices in saam aartappels ens.

    In die week is ek meer lui dan eet ons sommer vis en daai steam it groente van McCain.

  • 22. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 29

    Steam it van McCain is die beste uitvindsel nog.

  • 23. Rolling Stone  |  Julie 28, 2008 om 3 : 31

    REELS VAN BRAAI

    1) Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is mos ‘n ernstige ding so benader jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy gaaf genoeg om te braai. Kak! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Pick ‘n Pay se vleis is kak. Klaar!

    2) Dikker snitte vir braai! Klaar!

    3) Steaks is medium-rare tot medium. Klaar! As jy van jou vleis ‘well-done to f-up’ hou gebruik ‘n blow torch en hou jou vleis van ‘n braaier af. Hardloop dan sommer in ‘n muur vas. Herhaaldelik!

    4) Rare is nie eetbaar nie! As jy een van die braafstes is wat jou steak so eet, kry vir jou. Moenie dink jy gaan lekker slaap en die wol scooter dalk opstart later vanaand nie. Rou vleis laat homself nie sommer net verteer nie.

    5) ‘n Steak sonder ‘n vetjie is nie ‘n steak nie. Klaar! Fillet uitgesluit.

    6) Tenderised steak hoort op die Kerk basaar se steakrolls. Nie op my vuur nie! Klaar!

    7) Wors moet nog kan buig as hy afkom. Klaar!

    8) As jy nie kan braai nie, moenie! Klaar!

    9) As jy een van daai wetters is wat glo mens steak braai op ‘n plaat, vra die ou wat langs jou staan om jou hard te bliksem! Nou!

    10) Meer as 1 slaai vir ‘n braai is mors. Klaar!

    11) Daar word gebraai waneer die vuur reg is. Klaar!

    12) Uitpass voor die ete is uit soos boknaai! Klaar!

    13) As jy een van daai fokkers is wat krap in ‘n ander man se braai, volg reel 9. Nou!

    14) As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier of is net doodeenvoudig vol kak, praat voor die tyd of shut up! Klaar!

    15) As jy ‘n ander persoon die braaireg gee by jou huis (verwys na reel 8) swaai hy die septer. Klaar!

    16) Fillet word nooit, maar nooit heel gebraai nie! Butterfly cuts alleenlik! Klaar!

    17) Sout word alleenlik en ALLEENLIK aan tafel opgegooi! Jy braai nie met sout nie! Klaar!

    18) As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die go te kry kos hitte. Baie. Die rook van die gesukkel is ‘n steurnis. ‘Smokey Robinson’ word nie hier geduld nie. Klaar!

    19) Daar is nie ‘n ding soos ‘n te warm vuur nie. Klaar!

    20) As jy die braaier is en nie ‘n ordentlike vuur kan maak nie, lieg jy. Volg reel 9. Nou!

    21) Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok moet hy leer? Volg dan reel 9 op hom.

    22) Papierborde is cool solank dit in een of ander versterking is.

    23) Hou jou stompies uit ‘n braaivuur uit! Klaar! Jou kak gewoonte moet nie my braai kom opfok nie!

    24) Met rugby, halftyd steek jy die vuur op. Klaar!

    25) Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met ‘n mes en vurk. Klaar!

    26) As jy jou pap saam met ‘n braai met melk en suiker eet, skreeu jy seker vir die Cheetahs. Vra almal by die braai om vir jou eetgewoontes te bid en volg dan reel 9.

    27) Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om ‘n braaivleisvuur. Rugby, jag, visvang ,4×4 bakkies en die buurvrou se tan lyne is die norm. Klaar!

    28) Dis al. Klaar!

  • 24. Liewe Heksie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 35

    B3 is lekker huis toe en nou kan ek lekker wegkruipertjie met julle speel.

  • 25. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 38

    Ek gaan vir 5min ‘n fototjie op sit van leeutjies… een is met my maar die foto is hopenlik nie kenbaar nie🙂

    Tweeling
    Daai groente werk lekker!! Net jammer ons mikrogolf se plat glas het gebars!!!!! Darem was ek nie die een wat die mikrogolf gebruik het nie😉

  • 26. Liewe Heksie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 46

    Tannie Juffrou

    Het die leeus jou nie gebyt nie? B3 se altyd die leeus gaan my opvreet.

  • 27. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 50

    Heksie
    A3 gaan jou sterretjies kombuis toe stuur as jy haar probeer kloon!!!!! Sy het net een Kloon… vinnig voor sy jou sien!!

  • 28. Liewe Heksie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 53

    Tannie Juffrou moet haar asseblief niks se nie. Sy gaan vreeslik raas as sy dit sien.

  • 29. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 54

    Heksie
    Ja hulle byt, maar nie te seer nie. My hand het so paar krap merke op want my een vinger was mos ‘n suigstokkie!🙂

    Maar hulle is te dierbaar!! Baie spelerig en tipies kat! Hulle pootjies onder is ys koud en natterig, bleikbaar sweet hulle deur hulle kussingkies onder hul pote.

  • 30. Nats  |  Julie 28, 2008 om 3 : 55

    Heksie
    Ek sal niks sê nie, daai een was juis in ‘n snaakse bui gewees… en ek was (eintlik is nog steeds) vrek besig!

    So ek sal amper moet gaan.

  • 31. Liewe Heksie  |  Julie 28, 2008 om 3 : 59

    Niemand wil ook altyd met my speel as ek kom kuier nie.

    Ek gaan woon sommer weer in Blommeland, dan is julle ontvang van my.

    Julle het in elk geval Tannie Ousie weggejaag so ek wil nie weer by julle kuier nie.

  • 32. Pasgetroud  |  Maart 16, 2009 om 12 : 34

    Ek geniet julle resepte nou vreeslik. Dit voel dus net regverdig dat ek ook my geheime verklap.

    MAKLIKE FRIKADELLE
    500g maalvleis
    1 pakkie bruin uiesop
    250ml room.

    Meng alles, rol bolletjies en maak sommer gaar in mikrogolf. Heerlike vir sommer partytjie frikadelle, of andersins met ‘n sousie en rys vir aandete.

  • 33. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 12 : 49

    Dankie pasgetroud

    Ek is nou honger vir jou Frikkadele.

    Loer gerus weer in.

  • 34. Zee  |  Maart 16, 2009 om 12 : 53

    Ek maak net vanaand hierdie maklike frikadelle, my liefie weier mos dat ek nou die oond gebruik omdat ons kragverbruik konsuis te hoog is…

    My kombuis lyk te oulik op die oomblik. Snazy Defy oond… Lekker plate. Bo-op die plate staan twee gasstofies. Ek dink hy vat dit nou te ver!

    On second thoughts, ek staak van vandag af!!, hy moet maar nou kos maak. Ek gaan hierdie reseppie hou vir wanneer ek weer lus het om te kook….

  • 35. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 1 : 02

    Zee

    Ek sekondeer jou second thoughts

  • 36. bob  |  Junie 12, 2010 om 1 : 05

    Hoe groot vorm jy die frikadelle en vir hoe lank kook jy hulle in die mikrogolf oond ?

    Baie Dankie.

  • 37. corrie  |  Julie 25, 2010 om 1 : 31

    FRIKKDELE IN KOOL

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: