Kanker Assosiasie van Suid-Afrika

Julie 26, 2008 at 10 : 48 68 Kommentaar

Ek glo vas dat daar sekere organisasies is waarvoor jy altyd ‘n sent of twee kan uitkrap.  Een daarvan is CANSA.   In kort is CANSA ‘n gemeenskapsgedrewe vrywillige organisasie, wat mense bewus maak van kanker en kanker pasiente bystaan. 

Ek dink almal weet dat kanker ‘n vreeslike siekte is.  Die behandeling van kanker is amper nog erger.  Dit is iets wat ons almal vrees, maar nie van veilig is nie.  Jy kan jou uiterste bes probeer om jou risiko te verlaag, maar daar is geen waarborge nie.  Daarom is dit elke mens se plig om hulle te help.  Jy of jou familie kan dalk eendag van hulle afhanklik wees.

Daar egter so min organisasies wat dit lekker maak vir jou om te help.  Ten spyte van die feit dat CANSA met mense in doodskaduwee werk, is hulle altyd reg met pret.  Almal weet van die jaarlikse shavathon, waar jy teen R50 of jou hare kan afskeer of laat sprei.  Ek weet mense staan gewoonlik tou daarvoor.  Dan is daar die jaarlikse bandana dag, so kleurvol dat jy meer as een wil koop.  My gunsteling is waar iemand vir ‘n dag gevange gehou word, tot iemand sy borg betaal.  As hy iemand kan oortuig om sy borg te betaal. . .

CANSA bedel nie, hulle gee gewoonlik iets in ruil.  Wen-Wen.  Die skenker neem deel aan die pret, die lede kry die geld wat hulle hulle help om hulle goeie werk te doen.

Hoe voel julle oor CANSA?  Is daar ander organisasies wat jou iets in ruil gee vir jou kleingeld?

Blogvraag:  Watter jaar is CANSA gestig?

Blogantwoord:  Sam het vergenoeg navorsing gedoen om elke moontlike antwoord te dek.  Die een wat ek ingedagte gehad het:  Die bruid se ouers moes ‘n maand (moon) na die troue die bruidegom met heuning bier verskaf.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Trou griewe Signature Dis

68 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 26, 2008 om 10 : 57

    1 2 3 blok myself. eerste

  • 2. Olga  |  Julie 26, 2008 om 11 : 10

    cansa is in 1931 deur ‘n spul dokters egin wil baie ontsteld was oor die hoe voorkoms van kanker onder hulle pasiente. Ek het vandag in die mall in nelspruit teen die cansa tannies vandag vasgeloop. Nou kyk die tannies is nie op die bek geklap nie. Hulle laat jou ook geensins skuldig voel nie. Sy het eenvoudig gese gee die kankervereeniging R5 en ek gee jou twee cupcakes. Done. Daar loop ons heerlik en smul aan bleek cansa chocolate cupcakes. Yeeeeaaaahhhh!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 3. Olga  |  Julie 26, 2008 om 11 : 14

    Shavathon vind ek egter ‘n onnodige leeee gebaar. Ek sal hulle R50 gratis en mahala gee. Niemand anders as my harkapster sal ‘n lem naby my boskasie bring nie. Hulle groen kleurstof spuit hulle defnislis nie oor my hare leeg nie. As hulle te veel van die goed het, kan hulle dit weggooi of hulle holhare styf spuit daarmee.

  • 4. Adrie  |  Julie 26, 2008 om 11 : 34

    Hallo Olga

    Jy is skaars deesdae. Hoop dit gaan nog goed.

  • 5. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 9 : 44

    Jinne tog! Ek dog OLGA is inni tronk met afgeskeerde hare! He! He! Ek het vir 4 jaar lank met ‘n poenskop rondgeloop. My pa het beenmurg kanjer gehad. Nou sal ek net ‘n donasie gee. Geen rede mee om my hare af te skeer nie.:mrgreen:

  • 6. Olga  |  Julie 27, 2008 om 11 : 02

    hi sam. Nee, die hof het my vrygespreek. Hulle se dit was die nokia se eie skuld. Ek mag maar my hare hou.

  • 7. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 11 : 23

    😳 Ek sien nou eers hoe kak het ek gespel! Eks bly jys wee trug Olga. Miskien hoef ek nou nie mee ousie styl te tel nie…..

  • 8. Roer  |  Julie 27, 2008 om 12 : 38

    Hi almal. Adriana, hoekom so skaars?!

    Sjoe, organisasies soos CANSA is wonderlik. Moet eerlik wees, was nog nooit geraak in my familie of vriendekring met die groot K nie so het nog nooit regtig organisasies soos CANSA oorweeg vir donasie nie. Sal beslis bietjie gaan lees oor hulle.

  • 9. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 4 : 51

    Joh! Ek het nou lekka gedux. Nou moet ek net gou die wasgud vanni draad loop afhaal. Ek doen my deel met krag spaar deur nie die tumbeldrier te gebruik nie…. Onder andere natuurlik

  • 10. Olga  |  Julie 27, 2008 om 7 : 00

    Weet julle, my founki is vol jem. Daarom dat sam gedink het ek is ini tronk. Ek wou die ding doodtrap. Ek wou hom ophang want balhorigheid soos wat ek met hierdie foun beleef is n dagduidelike bewys van manlikheid. Ai, sammy, het jou kiddo’s ook ‘happy bifday oupa diba, happy bifday 2 u gesing. Ek hoop die arme ouman kan nou maand lank rus. Dalk net ou tim jan wat hom rondjaag.

  • 11. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 8 : 48

    Olga… Moeti begin met die hêppie bifday kak nie. Ek is nou nog de moer in oorlat die kjinders die hele blerrie dag gesing het. Die radio en tievie het elke 5 minute die stjoepid hêppie kak gesing!👿

  • 12. Olga  |  Julie 27, 2008 om 9 : 53

    Lmga. Regtig, toe ek hoor hoe hulle op jakaranda tekere gaan, het ek gewonder wat dink sam van die dibajem. Ma my founki het my net laat lees. Ek koni 5c gooi ni. More gaan dit stuk gemors weer vol kak wees. Leke week vir almal.

  • 13. Wipneus!  |  Julie 27, 2008 om 9 : 57

    Hi julle

    Kanker het al van Teddie se familie geraak en een van my beste vriendinne. En skielik het daar nou vir my ook ‘n lig aan gegaan, duidelik te laat.

    Ek dink ek moet Kansa ondersteun, ter nagedagtenis aan my skoonma wat ek aan kanker verloor het.

    Gaan dadelik google of ek hulle kry.

    Ek sien almal sukkel deesdae met hulle selfone! Ek hoop nie ek gaan ook so sukkel nie. Adrie jy moet my ook kom wys om met my foon te blog. Ek vat binnekort die lang pad, en wil darem hier kom inloer!

  • 14. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 9 : 58

    Hoop om gou wee van jou te hoor Olga. Lekka dux

  • 15. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 10 : 00

    Lo ouma Wip

  • 16. Sam q  |  Julie 27, 2008 om 10 : 02

    200!

  • 17. Wipneus!  |  Julie 27, 2008 om 10 : 15

    Hi Sam gelukkig kom loer ek weer in, ek het gedink jy is dood moeg na al die wasgoed was vandag

  • 18. Wipneus!  |  Julie 27, 2008 om 10 : 16

    Wat tel ons nou

  • 19. Sam q  |  Julie 28, 2008 om 5 : 37

    He! He! Ouma Wip… Ons tel die comments

  • 20. Sam q  |  Julie 28, 2008 om 5 : 39

    400!

  • 21. Sam q  |  Julie 28, 2008 om 6 : 41

    1000!

  • 22. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 8 : 14

    More Almal

    Sam, iemand sal jou baie erenstig moet leer tel.

    Roer

    Ek is ALWEER siek!!!!!!!

    Ek is seker jy en Wipneus dra alreeds tot Kansa by, julle besef dit nog nie.

  • 23. Verons  |  Julie 28, 2008 om 8 : 43

    More! More!
    Lieflike dag! Het babalas, het brood gebak, koei gemelk, botter gemaak, eiers uitgehaal en skaap geslag voor ek wasgoed gesrtyk het. Nou net by die werk gekom! Wat doen julle wat lekker is??😉

  • 24. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 8 : 57

    @ A3

    SJARRAP!!!!!!!!

    @ Verons

    More ma!!!!!!!

  • 25. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 8 : 59

    @ Verons

    Ma’t vigeet om die vark se hok skoon te maak:mrgreen:

  • 26. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 9 : 02

    Lyk my ek ga wee lekka grappies moet vertel……

  • 27. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 9 : 06

    Ek is vandag nie die skerpste nie.

    Sam

    Ons Moet more gaan koffie. Jy weet hoekom.

  • 28. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 9 : 11

    Ek voel vandag 88 jaar oud, asof ek besig is om aan emfiseem dood te gaan.

  • 29. Verons  |  Julie 28, 2008 om 9 : 12

    Sam daai is jou werk!!!
    Olga duidelik het niemand naby jou ooit kanker gehad nie! Ek self hou daarvan om aan die pret deel te neem want daar is baie wat nie kanker oorleef nie, en die wat wel geniet die pret van die lewe! Ek self sal nie my hare skeer nie maar my dogter doen dit wel, sy doen dit ter wille van my want ek is een van die gelukkiges wat die groot K gewen het en vir haar is dit net om te wys sy is dankbaar daarvoor! Ek weer sprei daai kleur in my hare want ek lewe!!

  • 30. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 9 : 20

    Verons

    Ek het nie geweet dat jy ‘n koei kan melk nie.

  • 31. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 9 : 37

    @ Verons

    Dis nie my werki!!!! Dis daai koei A3 se werk!

  • 32. Nats  |  Julie 28, 2008 om 9 : 40

    Goeie more julle!!

    Ek sal ook nie my hare af skeer nie, maar ek sal dit groen maak!!🙂

    My pa het vel kanker gehad, en my oupa (pa se pa) is dood asg kanker. Nie heeltemal seker wat die kanker genoem word nie, maar dit beinvloed jou longe dat jy basies dood versmoor.

    Ek het so ruk terug simptome gehad van borskanker… en nou dat ek daaraan dink moet ek nou weer gaan vir ‘n check up😯 ek het skoon vergeet dis nou weer due😦

    Ek hou nie daarvan om Dr. toe te gaan nie!!

    PS: Op ‘n ligter noot… ek het weer leeutjies vas gehou die naweek!!!!! Sal later vir julle ‘n foto op sit!!!😀

  • 33. ADRIANA  |  Julie 28, 2008 om 9 : 43

    Daar is geen manier wat ek die varkhok skoon maak nie.

  • 34. Roer  |  Julie 28, 2008 om 9 : 45

    Adriana, daar’s ‘n siekte wat begin met ‘n kuggie… Hi nee vrou, dokter toe met jou. Hoop jy voel gou beter!

  • 35. Olga  |  Julie 28, 2008 om 9 : 48

    More almal en verons. Duidelik praat jy net omdat jy kan verons. Talk is cheap, money buys the rose. Ek het oupa, oupagrootjie, gunsteling tannie, gunsteling oom, 2 ander ome en boesem vriendin aan kanker verloor, ma jy wil klipgooi. Dis fyn verons, dis baie fyn. My ouma het altyd gese, never judge wine by its bottle. En wragtig iemand gooi my met n boulder.

  • 36. ADRIANA  |  Julie 28, 2008 om 9 : 48

    Dokter se agterend, Tannie Roer. Ek betaal nie weer een om my te vertel wat ek klaar weet nie.

    Ek gaan myself as ‘n tradisionele dokter registreer.

  • 37. ADRIANA  |  Julie 28, 2008 om 9 : 52

    Olga

    Ek het altyd gedog ‘n mens kry ooms, jy en Sam was duidelik saam op skool.

  • 38. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 10 : 08

    @ Olga

    WHUHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!! OME!!!!!!!!!!!!!!!

  • 39. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 10 : 10

    @ A3

    Ek willi sien hoe jy die mense ga fix nie!!! Tradisioneel? Ga jy ouma Betie se boere raad gebruik❓

  • 40. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 10 : 18

    Sam

    Ek gaan hulle vertel hulle is pissies en neul verniet om my ore.

    Koffie, moreaand?

  • 41. Verons  |  Julie 28, 2008 om 10 : 22

    A3 ek het ook nie geweet ek kan ‘n koei melk nie! Maar hulle sê met ‘n babalas kan mens snaakse goete doen!😉
    En ja miskien sal ouma se boereraat beter werk as die dokter se doepa wat mens partykeer net sieker maak! Hoop net jy kry die slegte goed in!🙂

    Olga wat ek eintlik wil sê ek dink jy is ‘n baie negatiewe mens het nog nooit gesien dat jy positief op iets reageer nie maar as jy dink ek gooi klippe is goed so as jy goed genoeg koes sal dit jou nie tref nie!!

    Sam jy en A3 beter ophou stry daai varkhok moet skoonkom!! Gee nie om wie dit doen nie maar as ek netnou by die huis kom en die varkhok is nie skoon nie gaat julle almal les opsê!! :X

  • 42. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 10 : 24

    @ A3

    Natuurlik kan ons ga koffie drink. Sê net wa

  • 43. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 10 : 26

    Richard Roberts

    Port Elizabeth. – Ballet gaan oor tone punt en grasieus beweeg; nie oor ruk-en-pluk nie – maar as daar ’n kaper is, dan doen ’n ballerina wat ’n ballerina moet doen.

    Vra maar vir Pasqual Burger (17), ’n ballerina van dié stad. Sy het onder ’n kaper ingespring wat haar balletmaat, Beathe Barnard, se motor wou kaap en sy turf deeglik laat sit.

    Twee gewapende mans het Vrydag omstreeks 18:00 op Barnard toegeslaan toe sy ná hul balletsessie by haar motor in die parkeergebied agter die gebou gekom het.

    Toe Burger hoor hoe skreeu Barnard, het sy en ander lede van die groep na buite gehardloop. “Hulle was reeds in die voertuig en my maat het tussen hulle gesit. Hulle het probeer om haar stil te maak deur haar mond toe te druk.”

    Dis toe dat Burger, wat al 14 jaar balletopleiding kry en weekliks vier bykomende danslesse bywoon, in ander tale begin praat.

    “Ek het die een man agter die stuurwiel uitgepluk. Toe hy uit is, het hy my op die grond neergegooi.

    “Ek het opgespring en hom weer gegryp – hy moes net nie weer in daai kar kom nie.”

    In die gestoeiery kon Barnard daarin slaag om uit die motor te kom, maar ta het toe ook weer daarin geslaag om agter die stuurwiel te kom. Hy het nog gesukkel om die enjin aan die gang te kry toe gryp Burger hom weer en pluk hom wéér uit die motor.

    ’n Veiligheidswag wat daar verbygery het, het die gestoeiery gesien en stilgehou.

    “Hy het die man met wie ek geworstel het, gevang en sy hande vasgebind met tou wat hy by een van die omstanders gekry het,” het Burger vertel. Die ander man het ontvlug.

    Sy sukkel om te slaap ná die voorval, het Burger, wat as ’n heldin deur haar mede-ballerinas beskou word, gister gesê.

    Sy het bygevoeg sy het nie bewustelik besluit om haar vriendin te gaan help nie X “dit het net vanself gekom”.

  • 44. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 10 : 27

    Verons

    Daar is nie genoeg geld om my te oortuig om die varkhok skoon te maak nie.

  • 45. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 10 : 49

    Boring blog.

  • 46. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 10 : 59

    My kliënte is boring vandag. ALMAL wil met MY praat!! GMPFFF!!!! Nou wanne dink hulle ga ek tyd kry om te blog👿

    @ Verons

    Dan moet ons mekaar ma bliksem! Ek raak okki aan g’n varkhok nie:mrgreen:

  • 47. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 11 : 01

    Ek dink ons moet Ma bliksem of die varkhok net so los vir Tilla. Sy het ons vir 5 maande net ‘n koue skouer gegooi.

  • 48. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 02

    Yo mama so fat when her beeper goes off, people thought she was backing up

  • 49. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 03

    @ A3

    Shame!!!! Ons kanni dit aan jou kloon doen nie. Ek sê ons bliksem eerder vi ma…..

    Yo mama so fat people jog around her for exercise

  • 50. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 04

    Yo mamma so fat you haveta roll over twice to get off her…

  • 51. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 04

    Yo mama so fat when she wears a yellow raincoat, people said “Taxi!”

  • 52. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 11 : 04

    Sam

    Saak is reg met my.

    Wat het jy die naweek aangevang?

  • 53. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 05

    @ A3

    Ek het net gwerk jong. Huis skoon gemaak, wasgud gewas, gekook….. Die blêrrie usual

    Yo mama so fat she had to go to Sea World to get baptized

  • 54. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 06

    Yo mama so fat she got to iron her pants on the driveway

  • 55. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 11 : 07

    Sam

    En waar het jy jouselwers die naweek wangedra?

  • 56. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 07

    @ A3

    Wat het jy gedoen die naweek?

  • 57. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 08

    @ A3

    EK??!! My wangedra??!!! NNOOOOIITT!!!!!

  • 58. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 08

    Yo mama so fat she put on her lipstick with a paint-roller

  • 59. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 11 : 09

    Ok, ok

    Waar het jy jouself gedra? Dit was net uiters sleg?

  • 60. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 09

    Yo mama so fat when she sits around the house, she SITS AROUND THE HOUSE!

  • 61. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 10

    @ A3
    😯

  • 62. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 10

    Yo mama so fat she fell in love and broke it.

  • 63. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 11

    Yo mama so fat when she gets on the scale it says to be continued.

  • 64. Samantha Q  |  Julie 28, 2008 om 11 : 12

    Yo mama so fat she’s got her own area code!

  • 65. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 11 : 14

    Verskoon my maar vandag. Ek is op my eie planeet.

  • 66. Adrie  |  Julie 28, 2008 om 12 : 51

    Trudie Taljaard, veteraan en ikoon in die vermaaklikheidswêreld, veg die stryd teen kanker. Sy is twee weke gelede opgeneem en is tans besig om behadeling te kry. Trudie se kleurryke verhoog en TV-loopbaan kom al ‘n lang pad en ons onthou haar ook as die Morkels “jou twee-jaar waarborg” dame. Sy was onlangs in 7de Laan te sien as Matrone se suster Esther.

    Baie min vryskut akteurs in Suid-Afrika het mediesefonds, pensioen of polisse tot hul beskikking. En wanneer hulle siek word, is daar geen inkomste nie. In die lig hiervan, het die 7de Laan akteurs en crew en vriende van ander sepies, teaters, agente, oud-studente en kollegas van Trudie ‘n besluit geneem om konsert te hou om fondse in te samel vir haar mediese onkostes.

    Die idee het by 7de Laan begin, maar toe die woord versprei word, het Johannesburg se vermaaklikheidswêreld geantwoord! Elzabe Zietsman, Ddisselblom, Lizz Meiring, Ivan Zimmerman, Jody Abrahams, Annabel Linder, Clive Scott, Ben Kruger, Jonathan Pienaar, Elize Cawood en Wilson Dunster, Louis van Rensburg, Marga van Rooy is onder andere wat gaan deelneem. Om nie eers te praat van die akteurs en crew van die Laan nie. Hendrik Boer (Diederik), Sekoati Tsubane (Kabelo), Diaan Lawrenson (Paula), Vuyelwa Booi (Alyce) Christo Davids en Theo Jantjies (Errol en Xander) soos jy hulle nog nooit gesien het nie! Jan-Hendrik en Vince as swane? Daar gaan hope pret wees met regie deur Henry Mylne.

    Aan Trudie met Liefde word opgevoer Sondag 17 Augustus by die Pro Musica Teater in Roodepoort om 15h00. Wyn en happies sal daarna bedien word. Kaartjies, besprekings en navrae by Malinda Nel op 011-4658240. Dit sal lekker wees om jou daar te sien!

  • 67. hano  |  Januarie 28, 2012 om 11 : 59

    Baie cool het n verskil in my lewe gemaak

  • 68. Michelle  |  Mei 20, 2013 om 5 : 11

    Dankie…ek het weer eens beseg hoe gelukkig ek is!!! Ek’s n meisie van 13…ek moes n Lo taak in gee,en u het my baie gehelp met die inligting!!!! Ek’s regtig dankbaar daaroor,ek wil asb net die volgende uit vind!!! Fiesieise Adres…Kontak besonderhede… Dankie🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: