Verdien die sonder genade genade?

Julie 21, 2008 at 6 : 01 245 Kommentaar

Susan Atkins aka Sadie Mae Glutz

Charles Manson (1ste foto) en van die Manson “familie” lede.

Susan Atkins is iemand waaroor ek ‘n week lank kan blog sonder om een gedagte te herhaal.  Daar is fanatiek met godsdiens, satanisme, manupilasie deur ‘n man, moord, rassisme, wreedheid ens.  Dalk moet ek net begin om te vertel wie Susan Denise Atkins is.

Atkins is op 7 Mei 1948 gebore, die tweede kind van 3 kinders.  Beide haar ouers was alkoholiste en haar ma is dood toe sy 14 was.  Eers het hulle tussen die familie rond geval, tot sy op 18 skool gelos het.  Sy het in 1966 vir Anton Szandor La Vey ontmoet, die stigter van die kerk van satan.  ‘n Jaar later het sy Charles Manson ontmoet.  Hy het haar in sy volgelinge, wat as die Manson Familie bekend gestaan het, opgeneem nadat sy dakloos geword het.  Hy het sy eie geloof gehad, wat Scientology gedeeltelik ingesluit het.  Atkins het geglo Manson is Jesus.

Die Manson familie het op die Spahn Range gewoon.  Die polisie het hulle fyn dopgehou aangesien hulle van motordiefstal verdink was.  Manson het die groep aangemoedig om dwelms te verkoop, om sodoende genoeg geld in te samel om te kan trek.  Hy het geglo in die Helter Skelter, ‘n etniese oorlog tussen wit en swart, wat deur die swartes gewen sou word.  Die Manson familie sou geskuil het tot die oorlog verby is.  Swart mense sou ronddopper op soek na ‘n geskikte leier.  Manson sou dan die leier word.

Die oorlog het egter te lank geneem om te ontwikkel, daarom het Mason dit bietjie aangehelp.  Daar was ‘n konflik tussen hom en Bernard Crowe, wat tot ‘n geskietery gelei het.  Hy was oortuig dat hy Crowe gedood het, wat nie die geval was nie.  Hy was verder ook oortuig dat Crowe ‘n lid van die Black Panther was, weereen ‘n onjuiste afleiding.  Manson was desperaat vir geld en iemand het hom vertel dat Gary Hinman ‘n groot som geld geërf het.

Manson het Atkins, Bobby Beausoleil en Mary Brunner na Hinman se huis gestuur.  Volgens Atkins het sy nie geweet hulle gaan om Hinman te vermoor nie.  Hinman het nooit iets geërf nie, maar Manson het geweier om dit te aanvaar.  Hy het Hinman verskeie kere met ‘n swaard bygekom.  Hy is daar weg nadat hy Atkins en Brunner beveel het om na Hinman se wonde om te sien.  ‘n Paar dae later het Manson Beausoleil beveel om Hinman te dwing om sy karre aan Manson oor te teken en dan dood te maak.  Beausoleil is ‘n paar weke later in een van die motors gekry en gearresteer vir moord.

Op 8 Augustus 1969 is Atkins, Linda Kasabian en Patricia Krenwinkel deur Mason gestuur om saam met Watson te gaan.  Hulle is na Roman Polaski en Sharon Tate se huis waar hulle 5 mense vermoor het.  Tate was 8 maande swanger.  Sy was saam met  Steven Parent, Jay Sebring, Wojciech Frykowski en Abigail Folger baie wreed vermoor.  Atkins het met Tate se bloed “pig” op die voordeur geskryf. 

Manson het die moorde as morsig beskou en het die volgelinge met die LaBianca moord gelei.  Weereens het hy nie self sy hande vuil gemaak nie.  Atkins, Kasabian en Grogan was gestuur om ‘n akteur te gaan vermoor, maar hulle het die opdrag nie uitgevoer nie.

Die familie was op 16 Augustus 1969 op Spahn’s Range op verdenking van motor diefstal gearresteer.  Hulle is almal weer vrygelaat, maar weer in Oktober 1969 gearresteer.  In die tyd van aanhouding het Atkins met haar moord op Tate gespog.  Sy het ingewillig om getuienis te lewer.  Sy het erken dat sy Tate met ‘n mes gesteek het en haar bloed geproe het.  Sy het later die getuienis ontken en die staat het hulle ooreenkoms as nietig beskou.  Op 29 Maart 1971 is sy (en die ander) ter dood veroordeel.

In April 1972 is alle doodstrawwe voor 1972 as ongeldig verklaar.  Atkins se vonnis is verander na lewenslank.  Sy het in 1974 ‘n wedergebore Christen geword.  In haar autobiografie (1977) Child of Satan, Child of God, word daar nog getuienis ontken of bevestig.  Niemand is dus seker wat het werklik gebeur nie, behalwe dat Atkins wel by die moorde betrokke was.  Tydens die verhoor het hulle geen berou getoon nie. 

Atkins se parool aansoek is al 17 kere van die hand gewys.  In April 2008 het dit bekend geword dat Atkins in die hospitaal is, vermoedelik met terminale breinkanker.  Haar hospitaal kostes beloop $1.15 miljoen en haar bewaarkostes $300 000.  Sy het om Menslikheids vrylating aansoek gedoen, maar dit is op 15 July 2008 van die hand gewys.  Van die mense wat dit teen gestaan het is oa Arnold Schwartzeneggar en Debra Tate, Sharon Tate se suster.

Verdien Atkins nou genade, al het sy nie vir haar slagoffers bykans 40 jaar terug geen genade gehad nie?  Behoort daar soveel belasting geld aan haar versorging bestee te word?  As haar bekering opreg was, verdien sy nie ‘n tweede kans nie?  Op die oomblik kan sy skaars praat en is haar een been afgesit, dus is sy nie meer ‘n gevaar nie.  Is vergelding of straf belangriker as genade?  Soveel vrae?  Wat dink julle?

Beteken lewenslank tot afsterwe in ‘n tronk of tot die persoon besig is om in die tronk te sterf? 

Ek sal my opinie in die comments gee.

Blogvraag:  In watter 2 state in die VSA is die doodstraf wettig, maar daar is sedert 1976 geen teregstellings gewees nie en daar is op die oomblik niemand afwagtend op die straf nie?

Blogantwoord:  Zoekoe was reg met Mikhail Kalashnikov.

Bron:  Wikipedia

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wapenbeheer Karma jou derduiwel

245 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 2 : 34

    Adrie sal jy nou ophou met hierdie nonsens!!!
    Gaan aan met die masbiekertjie storie

  • 2. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 34

    9 oor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 3. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 2 : 35

    toe bly daar net 9, 9 masbiekertjies gaan loop in die veld, ‘n leeu verskeur een toe bly daar net …………….????

  • 4. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 36

    Ouma

    Praat asseblief met my drieling.

    Almal lag vir ons omdat sy nie kan tel nie. Hoe moeilik kan dit nou wees?

  • 5. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 37

    8 oor!!!!!!!

    Gaan ek sweets kry vir al my effort?

  • 6. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 38

    Een my tweeling gaan tjank oor die beer wat verskeur is.

  • 7. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 2 : 39

    ja jy gaan!!!!!

    8 masbiekertjies gaan klim berg een se voet gly en hy val in olifant bollie en versmoor toe bly daar net…………??????????

  • 8. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 41

    7 oor.

    Net as die mis nie te veel gestink het nie.

  • 9. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 44

    Sam het gou ‘n calculator gaan soek.

  • 10. Nats  |  Julie 22, 2008 om 2 : 49

    Hello hello wat tel julle so??

  • 11. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 2 : 51

    Nats hulle kan nie meer tel nie, whahaha

    Hi Nats

  • 12. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 52

    Nats

    Soos jy weet, kan my drieling nie tot 10 tel sonder om ‘n fout te maak nie.

  • 13. Nats  |  Julie 22, 2008 om 2 : 54

    Hello Ouma!!

    Tweeling
    So ons weet nie of sy wel tien vingers en tone het of nie… jikes!!

  • 14. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 2 : 55

    Tweeling

    Sover as wat ek weet het sy dit nog nie afgekap nie.

  • 15. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 2 : 57

    Wag!!! Ek moet julle net gou vertel wat gebeur het…….. Da was 10h00 ‘n oproep van Duitsland en hulle wou met ‘n Tegniese ou praat. Nie een vanni die poehols kon verstaan wat hulle sê nie en toe bring hulle die foon vir my. Die duitsertjie het nie gedink dis snaaks dat hulle die foon vir ‘n VROU gee nie!

    Anyway……….. Ek verduidelik toe vir hom dat ek sy enigste saving grace is en dat hy nou ma moet vrede maak om met MY te praat. Die hele verduideliking het so 10 minute geneem en ek het vir hom ‘n antwoord binne ‘n minuut gehad. Die drol was so verbaas dat hy somme ‘n foto van Eisendame (yster vrou) wil hê!! Ek het hom baja mooi laat verstaan dat hy nie ‘n foto van my verdien nie!! Toe besluit ek om die foto te stuur wat my 3ling van my geneem het met die dubbele ‘up yours’ by Rietvleidam!! WHUHAHAHAHAHA!!!!!

  • 16. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 2 : 59

    Ek ga julle moer as julle van my skinner!!!!!!!!!!!

  • 17. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 00

    Sam

    Het hy daarop geantwoord?

    Ek is seker hy skrik sy gat af as hy sien hoe jy lyk.

  • 18. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 01

    Whahaha ons skinder van jou Sam!!!😆

    Ek soek ook daardie foto Adrie??

  • 19. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 04

    Sam se are verkalk. Dit was geneem die aand wat ons vir Tienks ontmoet het.

  • 20. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 3 : 05

    @ A3

    Natuurlik het ek daai foto van my gestuur!! Sal hom leer!!

    @ Ouma Wip

    Ek weeti of my 3ling daai foto het nie. Syt dit met my kamera geneem. Ek fwd dit gou vi ha dan kan sy dit vi ouma stuur

  • 21. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 3 : 07

    @ My 3ling

    Se gat!!! Ek het dit nou net vi jou gestuur!! Die een van RIETVLEIDAM!!

  • 22. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 12

    Are verkalk whahahahaha

  • 23. Nats  |  Julie 22, 2008 om 3 : 13

    Sam
    Stuur dit ook sommer asb vir my!!!!

  • 24. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 13

    Stuur dat ek sien hoe lyk so klein petit dame by Rietvleidam😆

  • 25. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 13

    O!!! Nou onthou ek.

    Sorry, maar ek het ook so ‘n foto van jou by Tienks se jol geneem.

  • 26. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 14

    Wip

    Jy het dan al vir Sam onder ‘n kar gesien.

  • 27. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 23

    Ja ek het daai foto onder die kar, maar ek soek nog die een ook, Adrie dankie dat jy my blog gered het, ek skuld jou

  • 28. Nats  |  Julie 22, 2008 om 3 : 24

    Sam
    Sal jy omgee as ek jou kiddies se fotos op Dorings se Facebook blaai sit?? Die wat ons by Sisters with Blisters geneem het?

  • 29. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 3 : 25

    @ Nats

    Natuurlik sal ek dit vi jou stuur. My posduif is oppad!

  • 30. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 27

    Wip

    Ek dink glad nie ek het jou blog gered nie. Jy kon self soveel beter doen.

  • 31. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 30

    Sam

    Die facebook groep is geslote. Ek kan elkeen jag wat daar toegang het.

  • 32. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 30

    Ek het my foto van my karretjie opgesit

  • 33. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 3 : 31

    @ A3

    Ek gee nie om nie. Dis afterall die pragtigste kjinders inni wêreld!!

  • 34. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 32

    Tweeling

    Het jy gesien Adrie het ook ‘n facebook profile?

  • 35. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 34

    Een van die pragtigse kinders in die wereld (en daar is meer as ‘n seker 2) het die grootste wipgat in die wereld ook.

  • 36. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 36

    wat nou van facebook laat ek daar gaan rondkrap cheers

  • 37. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 37

    Ouma

    Ons Facebook net in die aande

  • 38. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 40

    Whahaha wat gaan aan met die cone op die neus

  • 39. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 41

    dis ‘n heksneus 😆 whahahaha

  • 40. Nats  |  Julie 22, 2008 om 3 : 42

    Sam
    Dankie jou posduif ontvang!!! Classic foto daai!!

    Adrie
    Jip ek het die Heks gesien… kon haar nie mis nie😆

    Praat jy van jou Kloon se kind? (aka een van jou duisende kinders)

  • 41. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 42

    As ons onthou van Facebook.

  • 42. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 42

    is daar ‘n foto van Zoeks???

  • 43. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 43

    Adrie jy lyk net soos Liewe Heksie op die foto!! Dis hillarious

  • 44. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 43

    Nee, sy het nog nie geleer van gat wip nie. Ek praat van bedonnerde Sam

    Ek sien iemand het Verons se sister foto’s gesien.

  • 45. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 44

    Wip

    Nee, hy was te goed vir Sisters with Blisters

  • 46. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 3 : 46

    Is Zoeks op facebook se dorings?

  • 47. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 47

    Wip

    Miskien. Jy ken ons beginsel van privaatheid.

  • 48. Nats  |  Julie 22, 2008 om 3 : 49

    Wip
    He he he… da is nog fotos waar Adrie mans in ‘n ambulaans aanval met haar graaf!!!

    En nee, Zoekoe is nie daar nie… maar ons sal hom eendag vang!!

  • 49. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 52

    Nats

    Maar onthou jy hoekom? Die sleg goed wou ons ‘n geleendheid gee nie. Ek is nou nog spyt dat ek nie die spietkop per ongeluk met die spietkop en die kaalkop met die graaf bygekom nie.

  • 50. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 54

    200

  • 51. Rolling Stone  |  Julie 22, 2008 om 3 : 56

    Slim blond

    Die man sit langs ‘n blond op die vliegtuig.’Kan ek ‘n bietjie met jou
    gesels?’ vra hy.

    ‘Waaroor?’ vra sy.

    ‘Wat van……..kernkrag?’ se hy.

    ‘Se my eers’ se sy’ weet jy hoekom is ‘n bokdrol rond en hard en
    beesmis is plat en slap, maar altwee diere vreet gras?’

    ‘Nee, ek weet nie’ se hy.

    ‘PRESIES!!!’ se sy ‘Jy kan nie eers oor kak praat nie, maar nou wil jy
    met my oor kernkrag kom praat!’

  • 52. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 3 : 59

    Klip

    Whaaahahahahahahaha

  • 53. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 4 : 10

    whahahahaha Klip dis ‘n goeie een. Ek het nou eers op facebook gespeel, nie my skuld nie, dis julle wat my nuuskierig gemaak het

  • 54. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 11

    He He He

    Het my tweeling interessante foto’s geplaas?

    Het Ouma vir Adrie geadd?

  • 55. Nats  |  Julie 22, 2008 om 4 : 13

    Adrie
    He he he

  • 56. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 14

    Tweeling

    Waaroor giggel jy nou weer? Ek wil ook giggel.

  • 57. Samantha Q  |  Julie 22, 2008 om 4 : 18

    DIE STORM LOOP IS HIE!!! Ek ga net gou die clowns hul se KARRE gee. NWT!!

    @ Klip

    WHUHAHAHAHAHAHA!

  • 58. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 4 : 22

    Hi Adrie ek het nog niks van daardie mense ge add wag ek is nou weer terug!!! ek gaan net gou weer facebook toe

  • 59. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 23

    Ai tog.

    Ek gooi my hande in die lug en gaan maak maar vir my koffie in die sterretjies kombuis.

    Hoekom???

    WANT SALOME HET AL WEER HAAR PLIGTE VERGEET.

  • 60. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 25


  • 61. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 25

    Nie so nie

    Kan iemand my vertel hoe werk dit om iets in bold te sit?

  • 62. Nats  |  Julie 22, 2008 om 4 : 31

    Adrie
    Ek het vir Klip se grappie gelag!!

    Ek glo nie ons kan in tik nie

  • 63. Nats  |  Julie 22, 2008 om 4 : 32

    Adrie
    Da is my woord sommer weg!!! Ek het gesê ek glo nie ons kan in bold comment nie…

    weird ek het die woord bold in sulke hakkies gesit

  • 64. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 36

    Nats

    Ek het net gou more se blog klaar geskryf.

    ‘n Mens kan. Ek het al gesien hoe doen ander dit.

  • 65. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 37

    Tensy

    Grrrr

  • 66. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 38

    Nou hoe die moer het ek dit reggekry?

  • 67. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 39

    Ek het dit, ek het dit, ek is gebore met dit.

  • 68. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 40

    Nats

    Oom Trevor roep jou.

  • 69. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 41

    Dit is hoe ‘n mens begin, is hoe ‘n mens verander, maar hoe stop jy?

  • 70. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 4 : 42

    whahahaha

  • 71. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 4 : 42

    hoe sal ons nou weet

  • 72. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 43

    Grote griet.

    Help

    Ek wil kan wild gaan tussen in.

  • 73. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 44

    Wip

    Moet nie lag nie. Ek kan nie stop nie

  • 74. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 47

    Ek gaan nie rus totdat ek weet hoe om te stop nie.

  • 75. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 50

    dalk werk dit “” so

  • 76. Nats  |  Julie 22, 2008 om 4 : 51

    Adrie😆😆
    :lol

    Dit was nou vrek snaaks om jou comments te lees!!!!!!

  • 77. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 52

    DIT WERK NIE SO NIE

    GRRRRR

  • 78. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 54

    Tweeling

    Waar kom jy daaraan om vir jou ENIGSTE tweeling te lag?

    Ek gaan beroerte kry. Hoe moeilik kan dit wees

  • 79. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 4 : 55

    wat doen dit?

  • 80. Nats  |  Julie 22, 2008 om 4 : 57

    Adrie
    Ek wil baie graag verder lag, maar ek moet nou ry!!

    Sien jou more… dis nou as jy nie mal geword het met jou bold ens ens nie!!

    He he he… jy gaan soos Manson lyk more😆

  • 81. Wipneus!  |  Julie 22, 2008 om 4 : 58

    Ja ja jy jok man!!!

    Ek wil ook weet hoe???

    Ek het ‘n dag beleef, ek is dood moeg.

    Daai blog kan nou net so stilstaan, ek gaan met verlof!! Basta met die wêreld

    Toe del doe almal

  • 82. ADRIANA  |  Julie 22, 2008 om 4 : 58

    Tweeling👿

    Ek ry ook sommer nou.

  • 83. Adrie  |  Julie 22, 2008 om 5 : 01

    Wip

    Wat jok ek waar??

  • 84. oomjack  |  Julie 22, 2008 om 5 : 32

    oops :blush:

  • 85. Rolling Stone  |  Julie 22, 2008 om 5 : 33

    Lyk my as n mens n gesiggie gekies het wil daai gravatar nie die ding verander nie

  • 86. aventer  |  Julie 23, 2008 om 5 : 36

    Dis ‘n oops tussen die :’e🙂

    Ek stem, jy moet jou gevolge dra, maar wie is ons om te sê of iemand genade verdien of nie?

  • 87. Adrie  |  Julie 23, 2008 om 5 : 40

    Aventer

    Laat ek rephrase. Verdien Atkins om nou vrygelaat te word?

  • 88. aventer  |  Julie 23, 2008 om 5 : 49

    Is dit rerig vir ons om te besluit?

    Dalk het sy berou, dalk lieg sy deur haar voortande, maar in ieder geval sal ons nie weet nie…

  • 89. Adrie  |  Julie 23, 2008 om 5 : 49

    Aventer

    Lees gerus my blog oor die doodstraf.

    https://doringsensomsrose.wordpress.com/2008/03/17/die-galgtou/

    Ek gebruik die woord genade te losweg. Ek sal eendag ‘n blog oor genade skryf, as ek nie alreeds het nie. Ek bly nie altyd by met wat ek gedoen het nie.

    Ek het al iewers geskryf dat ek (en geen ander mens) ‘n se het oor God se genade nie. Geen mens durf hom/haar daaroor uitlaat nie.

    Tog het ons standarde en norme in die samelewing. Ons moet ‘n grens stel wat nie volgens willekeur geskuif word nie. Dit skep gevaarlike tedense as ‘n mens wette toepas op verskillende maniere.

    My insiens, lewenslank is lewenslank. Tot jy in aanhouding sterf.

  • 90. aventer  |  Julie 23, 2008 om 5 : 56

    Almal het hulle eie opinie hieroor

    Kom ek stel dit so, as ek in haar posisie was, en ek het werklik berou en myself mooi soet gedra en myself waarlik oorgegee aan God, dan sou ek sê ek verdien die kans.

    Dit gaan maar eintlik hier oor jou eie gedagte gange en hoe jy oor sekere dinge dink..ek plaas myself in die misdadiger se posisie…(of persone). Dis vir my makliker so.

    Maar om iets heeltemal teenstellend hieroor te sê: Ek glo sterk die doodstraf moet terugkom, maar dan voel ek weer skuldig want wie is ek om te sê dat mense nie mag lewe nie…dis net sowel jy pleeg moord met permissie?? Ai ek weet nie, ek het nog lank nie ‘n opinie oor hierdie saak nie, dit gaan beide kante toe

    Maar hoe sou jy voel as jy in haar skoene was?

  • 91. Adrie  |  Julie 23, 2008 om 6 : 03

    Aventer

    Kom ek vra jou so: As sy die doodstraf gekry het en haarself in die dodesel bekeer het, moes sy dan van haar straf vrygestel word?

    Wat as sy nou berou het, maar nie ‘n Christen nie, moet sy dan steeds vrygestel word?

    Wat as sy geen berou het nie, maar haarself vir 40 jaar lank goed gedra het, kan sy dan vrygestel word?

    In haar skoene – sou ek ook my luck getry het om uit te kom. As dit afgekeer was, sou ek waarskynlik weer probeer het. Ek sou nie verwag het om op grond van my Christenskap vrygelaat te word nie.

    Ek dink nie dit maak aan Atkins meer saak waar sy is nie. Ten minste word haar man haar mediese onkostes gespaar. Sy kry dalk nou in elk geval beter behandeling as wat sy by die huis sou kry.

  • 92. aventer  |  Julie 23, 2008 om 6 : 06

    Hmmm…gee my so ‘n dag…moet net eers bietjie gaan dink hieroor voor ek vir jou begin gorrel soos in my LO toetse

  • 93. Adrie  |  Julie 23, 2008 om 6 : 10

    Ek het nog nie my opinie hieroor gegee nie. Net duiwelsadvokaat met almal gespeel.

    Ek kan nie skeel of sy vrygelaat word of nie. As sy in SA was, was sy ten minste 15 jaar terug al reeds vrygelaat gewees. Ek vra myself af hoekom haar parool aansoek al 17 keer afgekeur was?

    Die Amerikaners is baie skynheilig op ‘n manier. As hulle ‘n vaste stel reels gehad het oor wanneer iemand op parool of menslikheidsparool kon gaan, sou ek dalk saam met hulle gestem het. Hulle is egter nie bekend daarvoor om konsekwent te wees nie.

    Atkins is waarskynlik nog in die tronk omdat haar gesig iemand nie aanstaan nie. Die familie van die slagoffers sal nie objektief na die saak kan kyk nie.

  • 94. Adrie  |  Julie 23, 2008 om 6 : 11

    Cool

    Sien jou dan more.

  • 95. aventer  |  Julie 24, 2008 om 10 : 35

    Wel, enige persoon sal in so ‘n situasie subjektief wees glo ek.

    Kyk net na Shedean Human se dood. Daai mense gaan verewig ‘n wrok teen daardie man hou. Hulle het hom gevonnis oor hy blykbaar verstandig onbevoeg is, hy’s mal. Verdien hy dan nie na ‘n hele klomp jaar in ‘n sel dan ook genade nie?

    Eish dis moeilik jong…ek weet wat ek wil se maar weet ook nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: