Klein mensies en trauma

Julie 20, 2008 at 1 : 56 37 Kommentaar

        VS    

Iemand het my eendag geê kinders is klein maar nie stupid nie.  Dit is dus naief om te verwag dat ‘n kind te klein is om te verstaan.  Hulle het dalk nie die woorde of die vermoë om hulle daaroor uitgedink nie, maar hulle weet wat hulle ervaar of gesien het.  Iets wat hulle as klein kinders beleef het, kan as volwassenes hulle jaag.  Erger nog, dit kan bepaal watter tipe grootmense hulle kan word.

Ek het onlangs nuwe bure gekry.  Hulle bly maar ‘n paar weke in hulle nuwe huis en het nog klein kinders.  Die oudste enetjie is seker so 4 jaar oud.  Hulle het verlede week ‘n verwelkoming tot die buurt gekry wat ek nie self wil hê nie.  Hulle is vroegoggend deur ongenooide gaste ontwaak.  Die hele gesin is vasgebind terwyl hulle beroof is. 

Vanoggend is die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat ek by die huis is.  Die bure se kinders speel van vroeg af buite en klink baie vrolik.  Ek hoor hulle elke nou en dan jil van pure plesier.  Minder as 7 dae na hulle ervaring.  Dit is nie moontlik dat hulle dit vergeet het nie, maar hulle sit nie op ‘n hoop en vergaan nie.  Hulle aanvaar waarskynlik met kinder onskuld dit wat hulle nie kan verander nie.  Daar is seker vir ons ‘n les daarin.

Ouers se eie optrede in ‘n krisis situasie bepaal hoe vinnig ‘n kind sal heel en selfs tot watter mate hulle sal hulle dit sal kan verwerk.  As die ma en pa kalm bly, sal die kinders ook kalmeer en glo dat hulle ouers hulle sal kan beskerm.  Ek is seker dit is wat in my bure se geval gebeur het.

Hartseers soos dit is, moet ons voorbereid wees daarop dat ons een of ander tyd slagoffers van misdaad wees.  Soms moet ons dink aan hoe ons in sulke situasies gaan optree.  In die geval van geweldsmisdaad moet ons ook aanvaar dat ons ekstra hulp gaan nodig hê.  Een ding is seker.  Ons kan nie slagoffers bly nie.  Die ideaal is om nooit in die misdaadslagoffer bootjie te klim nie, iets waaroor ons baie min beheer het.  Anders MOET ons oorwinnaars raak.  Soos my bure se kinders.

Vandag haal ek my hoed vir hulle af.  Ek haal my hoed af vir elke slagoffer wat die wenner geraak het.  Ek haal my hoed af vir die Wenners wat positief bly.  En ek haal my hoed af vir diegene wat nooit die slagoffer was nie, maar die misdadigers laat les op sê.

Viva!!!!

Blogvraag:  Wat beteken die Griekse woord waaruit Trauma afgelei is?

Blogantwoord:  Sam was reg met 7 Feb 2007.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vlieg Tag: Posduiwe Wapenbeheer

37 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Julie 20, 2008 om 2 : 17

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Adrie  |  Julie 20, 2008 om 2 : 18

    Hallo Roer

  • 3. Roer  |  Julie 20, 2008 om 2 : 18

    titrosko

    Dit beteken om te wond.

  • 4. Roer  |  Julie 20, 2008 om 2 : 19

    Howzit Adriana. Gannit?

  • 5. Sam q  |  Julie 20, 2008 om 2 : 47

    TWEEDE!

  • 6. Sam q  |  Julie 20, 2008 om 2 : 49

    Tannie Roer… Daai coke blêrrie lekka. Danq

  • 7. Roer  |  Julie 20, 2008 om 5 : 42

    Sam, plesier. (Was dit skoon?)😆

  • 8. Sam q  |  Julie 21, 2008 om 5 : 11

    Tannie Roer… Jip dit was. My 3ling was mos te suinig om te deel!

  • 9. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 8 : 06

    More Almal

    WORD WAKKER!!!!!

  • 10. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 8 : 33

    Sam

    Deel??? Ek??? Onthou, ek is die enigste kind.

  • 11. Verons  |  Julie 21, 2008 om 8 : 40

    More julle!!
    Ek is vaaaaaaak!! *gaap*!!!!
    Lê al van 3uur af en boek lees was glads laat by die werk want ek wou die boek eers klaarmaak (lekker spanningsdrama gewees)!

  • 12. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 8 : 41

    More Verons

    Lekker naweek gehad, sonder dat iemand jou probeer beroof het?

  • 13. Verons  |  Julie 21, 2008 om 9 : 02

    A3 my naweek was lekker dankie en niemand het my probeer roof nie, maar Vrydagmiddag toe ek by die eiland stop toe roof hulle vir John regoor kant (Die bouerswerf) almal ry verby en kom niks agter nie!
    Blykbaar het hulle hom van die bank af gevolg toe hy gaan lone trek het! Hy het mooi kop gehou want toe hulle instorm mt AK’s het hy net sy hande in die lug ogegooi en die geld net so gelos dat hulle dit kan vat! Nie eers sy werkers wat buite gestaan en wag het vir hul lone het agtergekom John word beroof nie! So vinnig was als oor!
    Hulle het weggekom met al die lone sy selfoon en sy kar se sleutels, hulle het nie eers probeer om die kar te vat nie. Ek dink dis omdat daar so baie mense in die omtrek was, dit het hom gekos ‘n locksmit uitkry om ander sleutels te laat maak want ‘n vorige keer toe hy by sy huis geroof was het hulle ook weggekom met sy kar sleutels en Vrydag was dit die spaarsleutels wat hulle gevat het!

  • 14. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 9 : 05

    Verons

    EISH!!!!!! Dit is sleg.

  • 15. boendoe  |  Julie 21, 2008 om 9 : 06

    Wow! Ek onder die eerste 20 (hoop ek!)!

  • 16. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 9 : 18

    Al wat julle hoef te doen is om te se:

    Boring blog.
    Stink onderwerp
    Skryf ‘n ander een.
    Delete die snert.

  • 17. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 9 : 18

    Kry die boodskap.

    Sal tog ‘n ander onderwerp skryf.

    Julle beter nie kla nie.

  • 18. neykie  |  Julie 21, 2008 om 9 : 19

    Ja ek kan rerig met eerlikheid en baie dankbaarheid sê dat nie ek of enige van my naaste familie ooit erg geraak is deur misdaad nie. Maar dit ruk my hart om te sien dit gebeur aan ander mense.

    Lekker dag vir jou A3q

  • 19. Nats  |  Julie 21, 2008 om 9 : 49

    Goeie more!!

    Lekker naweek gehad??

    Myne was heel ok, nie juis baie gedoen nie!

    Topic
    Ek kry kinders vreeslik jammer wanneer hulle in die middel van iets sit, veral kinders wat op kyk na hul ouers en dan sien hul ouers is hulpeloos (wat reg is mens moet nie die “hero” probeer wees nie) want dit kan jou jou lewe kos!

    Wat vir my baie baie baie hartseer was is die berig in die Northside koerantjie…

    Die pa sê met die Leeu Park skietery het sy seuntjie (5 ek dink) nie geweet of hy sy voete mag beweeg het toe die oom reg voor hom geskiet was en sy bloed na sy skoentjies toe loop nie.

    Ek wou net huil!!! Hoe erg moet dit nie nog steeds vir daai kind wees nie😥

  • 20. ADRIANA  |  Julie 21, 2008 om 9 : 50

    Nats

    EISH!!!!!

  • 21. Zoekoe  |  Julie 21, 2008 om 9 : 55

    Hallo julle !!! – lekker naweek gehou ? ??

  • 22. ADRIANA  |  Julie 21, 2008 om 9 : 58

    Zoeks!!!!!

    Lekker, dankie. Jy?

  • 23. Zoekoe  |  Julie 21, 2008 om 10 : 07

    Ja was ook nice, alhoewel biekie te kort !!!

  • 24. Nats  |  Julie 21, 2008 om 10 : 07

    Adrie
    Dit moes baie erg gewees het vir daai kinders!! Die weird ding is ek wou Leeu Park toe gegaan het daai dag, ek dreig al baie lank ek wil gaan! Gelukkig het iets op gekom en ons los dit toe!!

    Zoekoe
    More my Lief!!

  • 25. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 13

    Tweeling

    Vat my woord. Die leeupark is ‘n mors van geld.

  • 26. Zoekoe  |  Julie 21, 2008 om 10 : 20

    Hallo liefie !!! mwah mwah !!! gaanit?

  • 27. Nats  |  Julie 21, 2008 om 10 : 21

    Adrie
    Ja dit is seker, maar da is so baie plekke om my wat ek nog nie gesien het nie! Ek wil dit alles so stadig maar seker sien… ek wil ook Wonder caves toe gaan en die Botaniese tuine!!

  • 28. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 21

    En hier is daar net ‘n gevryery.

  • 29. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 22

    Tweeling

    War is die Wonder Caves, want ek gaan saam met jou.

  • 30. Zoekoe  |  Julie 21, 2008 om 10 : 30

    ek is ook mal oor grotte !!!!

  • 31. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 36

    Dan moet ons ‘n groot groep by mekaar maak vir die grotte want EK SPEEL NIE DERDE MANNETJIE NIE

  • 32. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 38

    Eish, amper vergeet ek.

    Ek het Saterdag met Bos gepraat. Dit gaan nog goed met haar. Sy se sy sal julle Wedding Coordinator wees. Sy soek al vir Zoekoe ‘n geel pak en beplan die kitchen tea.

    Om die Cortina te spaar organise sy vir julle ‘n donkie kar.

    Julle tweetjies moet nog die Dorings Facebook Group aanvaar. Julle kan julle blogjol foto’s daar plaas ook.

  • 33. Nats  |  Julie 21, 2008 om 10 : 54

    Adrie
    Cool!! Jammer was gou besig vir 5min…

    Die Wonder caves is bleikbaar naby aan die Leeu Park… sal bietjie uitvind en jou laat weet!

    Bly om vas Bos te hoor!!

    Zoekoe
    Goed dankie… ek het die naweek solank na wyn gekyk vir die tafels, ons moet nou net reel wanneer ons ‘n proe sessie kan in pas! En watse glase ons op die tafels soek!

  • 34. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 10 : 57

    Kan ek kom help proe???

  • 35. Nats  |  Julie 21, 2008 om 11 : 08

    Adrie
    Natuurlik! Hoe meer opinies hoe beter!
    Ek moet jou waarsku… ek het so 100 bottels of so gekies, so kry maar een van daai “rent a scooter driver” om jou huis toe te neem😉

    Die Wonder caves is in Krugersdorp… askies ek bedoel Mogale city!

  • 36. Adrie  |  Julie 21, 2008 om 11 : 21

    Mongool City?

    Gepaste naam.

  • 37. Pikkelik  |  Julie 22, 2008 om 8 : 33

    😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: