Bloed en Derms

Julie 15, 2008 at 9 : 53 53 Kommentaar

Ek het nog altyd, en sal altyd, weier om Passion of the Christ te kyk.  Ek is bereid om die ware rede vir my weiering te erken.  Ek hou nie van die intense geweld in die fliek nie.  Ek weet dat dit weerspieel wat werklik met Jesus gebeur het, maar die Bybel beskryf dit goed genoeg vir my.  Ek het nie nodig om dit te aanskou nie.

Ek is as kind baie teen geweld beskermd.  Met die gevolg dat ek vandag nou baie geweld sensitief is.  Ek het niks teen ‘n goeie aksiefliek nie.  Iemand word geskiet en val dood neer.  As daar ‘n vuisgeveg uitbreek, volg die houe en skoppe mekaar vinnig op tot die ou uit geslaan is.  Met min bloed wat letterlik spat.  Dit is die tipe aksie, wat as dit goed gechoreografeer is ek baie geniet. 

Ek haat grafiese geweld.  Ek moet dalk beskryf wat ek as grafies sien.  Dit is wanneer iemand geskiet word en die brein skiet teen die muur agter hulle.  Of iemand word met ‘n mes gesteek dat ingewande en organe uitpeul.  Iemand se oog of oor word afgesny, terwyl die slagoffer lewendig is.  Iemand se rug word met ‘n sambok oopgekloof.  Iemand word aangerand en die bene word so gebreek dat die uitsteek.  Iemand word met elektrisiteit of kettingsaag gemartel. 

Ek dink die groot verskil is die lyding wat die ontvanger toon.  In gewone aksie, ervaar hulle pyn, maar is gelukkig genoeg om gou gehelp te word, gou die pyn te vergeet, gou bewusteloos te raak of gou te sterf.  In grafiese geweld word die lyding maksimaal uitgebeeld.  Spesiaal om mense uit te freak of te laat gril.

Ek het opgelet dat heelwat kinderprogramme heelwat geweld bevat.  Ek praat nou nie van Siembamba, draai sy nek om en gooi hom in die sloot nie.  Intense geweld, waar mense op geblaas word en daar links en regs geskiet word.  Ek is egter nog meer bekommerd oor die kinders in veral die informele nedersetings.  Wat regte geweld daagliks aanskou.

Hoekom?  Hoe meer ‘n mens in aanraking kom met iets, hoe meer verloor jy jou sensitiwiteit daarvoor.  Jou respek daarvoor.  Dit raak iets algemeen waarmee jy nie fout kan sien nie of sal vermy nie.  As jy dus al ‘n paar keer gesien het hoe iemand genecklace of verkrag word, gaan jy dit nie met afsku bejeen nie.  Jy gaan gewoond wees daaraan.

Durf ons aan sulke geweld gewoond raak?  Wat gaan dan die norm raak?

Die gesig agter soveel “skop, skiet en d*nner” flieks!

Blogvraag:  Wie het Jean-Claude van Damme afgerig vir sy gevegte in onder andere Bloodsport?

Blogantwoord:  Sam was reg met Rose O’Niell

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sitte en stane Gruwelike verdraaiings

53 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 10 : 10

    Eerste !!

    Sjoe die posts raak al hoe meer bloeddorstig !!!!

  • 2. Wipneus!  |  Julie 15, 2008 om 10 : 36

    Tweede,

    ek hou niks van geweldadige flieks nie. Ek is regtig sensitief vir sulke goed!! Dit freak my uit!! Nee dankie ek hou verby. Ek kan ook nie na dieremishandeling kyk nie, as jy my nou heeltemal mal wil hê moet jy my sulke goed wys.

    Ek sal in elk geval nooit aan bloed en derms gewoond kan raak nie.

    Los maar vir Ouma ek sal tussen die feëtjies speel, baie lekkerder:mrgreen:

    Nag almal

  • 3. Adrie  |  Julie 15, 2008 om 10 : 39

    Hallo Ouma

    Ironies genoeg, ek gril nie vir bloed nie. Dit pla my glad nie.

  • 4. Wipneus!  |  Julie 15, 2008 om 10 : 52

    Ek gril vir bloed!! jig hoe hardloop daar eindelik ‘n rilling in my lyf af?? Hierdie inskrywing moet ‘n ouderdomsbeperking hê!!

    HIERDIE INSKRYWING IS NIE VIR SENSITIEWE KYKERS BEDOEL NIE. SIT DADELIK DIE BLINDDOEK OOR JULLE oë
    😆
    whahaha Ek gaan nou kiep ek is al by omval verby… ek loop nou op auto pilot…

    toe del doe nag

  • 5. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 15

    EERSTE! ….. Vir vandag!

  • 6. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 17

    Ek dink dit was Claude Goetz. Ek sal moet ga google

  • 7. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 23

    Jip! Nes ek gedink het…. My stjoepid google willi werki

  • 8. Olga  |  Julie 16, 2008 om 5 : 24

    More, more. Ai, my selfoom hou ni van my nie. Antw op BLOGVRAAG: FRANK DUX. Die geweld aspek is regtig gross. Ek gril vir bloed. Ek gril vir lyding. Ek is mens genoeg om heeltemal uit te freak by die idee aan die pyn wat die mens of dier wat gemartel word beleef. Dit doen afbreek aan my menswaardigheid. Dit dien geen doel om dit uit te beeld nie. Ek het sondag my seun se kar gesien en begin snik. As hy daarin was, sou hy nie lewendig daaruit gekom het nie. Die pyn was so fel, ek kon my seun net vasklou om regop te bly. Ek was God so innig dankbaar dat hy my seun gered het van so n lot. Want 2 minute voor die taxi sy kar geskep het, het hy in sy kar gesit. Dit was bitter koud. Mense, ons is beskaaf. Dis tyd om geweld te besweer.

  • 9. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 29

    Ek lees baja S King tipe boeke. Ek lees eerder dit voos ek ‘n storie lees wat net lieg oor liefde ens. Baie meisies lees ‘n pot snot waar die man en die vrou soos ‘n wonderwerk is. Ek kyk ook weer eerder Passion voor ek ‘n sloppy soenerige steekerige fliek kyk.

  • 10. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 32

    More Olga

  • 11. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 42

    Ek sal by die werk verder comment. Ek raak skyns be4k as ek my duim lam tik en die comment willi deurgaan nie

  • 12. Salomè  |  Julie 16, 2008 om 6 : 12

    Goeie More almal!!!
    {Niemand sal my ok laat weet dat daar alweer ‘n nagskof op diens is nie}

    Ek verpes ok die skop, skiet en doodslaan flieks. Ons MAG NIE stomp raak vir sulke geweld nie. Dis soos jy sê, waar sal ons morele waardes heen gaan.

    Adrie
    Moenie sleg voel nie, ek weier ok om Passion of Christ te kyk. Dis verskriklik om te dink Hy het so vir ons gelei en meeste van ons is vandag nog op die verkeerde paadjie. Selfs om dit te lees gee my ‘n knop in die keel en ek kan nie sien hoekom ek die marteling moet sit en kyk en nie erg “geskend” ander kant uit kom nie.

    Geniet julle dag. Ek gaan vandag voorraad tel. Dis al amper weer Basaar.

  • 13. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 7 : 19

    Goeie Môre mense !!!
    😀

  • 14. Roer  |  Julie 16, 2008 om 7 : 51

    Ek hou van CSI en daai tipe programme. Ek gril nie, maar ek dink daar’s ‘n groot verskil tussen bloed en derms op die TV en in die regte lewe. Weet nie of ek die konstitusie het vir die regte ding nie.

  • 15. bruinogies  |  Julie 16, 2008 om 7 : 52

    Am I xenophobic? Mugabe, Mbeki and Bush were in Iraq for a peace conference. They usedone Limo, to go to the venue, while driving past a game reserve; theywere captured by a group of people (tribe) who were dressed in strangeclothes. They said to them: “each of you must go and get fruits & you must eachcome back with ten fruits of the same kind, and if you don’t you will bekilled”. The trio went to get fruits, and Mbeki was the first one to return, andhe had ten oranges with him. The King of the tribe said: “Your taskstarts now, stick all ten oranges up your anus without making any sound,and should you make a sound, you will be killed”. Then he stuck oneorange without screaming, and made a sound while sticking the secondorange; he was killed. Bush returned with ten strawberries, and he wasassigned the same drill. He stuck one, two, three,…without making asound, and on his ninth strawberry, he burst into laughter; he waskilled. When they arrived in heaven, Mbeki asked Bush, “You were doing fine, whyyou burst into laughter?” Bush answered, “I saw Mugabe coming withpineapples”

  • 16. Verons  |  Julie 16, 2008 om 8 : 57

    More julle!!!!!!!!!!
    Ek wonder net is ons nie al klaar gewoond aan geweld nie?? Kyk maar na al die moorde wat gepleeg word en hoe wreed dit is! Ek dink defnitief dit het 80% te doen met media blootstelling!
    As die jeug van vandag al sulke wreedaards is ril ek as ek dink waar hulle kinders gaan opeindig!!

  • 17. Tinkerbell  |  Julie 16, 2008 om 9 : 20

    More maaikies.. mwa mwa mwa mwa!!!!!!!

    Adrie, ja daai fliek het my stomgeslaan ek kon vir dae nie slaap nie my hart was baie seer. Mens moet geestelik baie sterk wees om dit te kyk, dit is baie ontstellend maar ek is bly ek het dit gekyk. Mens het maar ‘n prentjie van hoe die bybel dit beskryf maar dit was baie meer intens in die fliek. Ja dit vat nogal baie uit ‘n mens.

  • 18. demoerin  |  Julie 16, 2008 om 9 : 36

    Ek sal erken ek is ‘n siek puppy. Skop, skiet, boomklim en BAIE bloed flieks is my kos. Alles van QT tot Saw. Ek dink die samelewing moet sug van verligting ek is nie ‘n reeksmoordenaar nie…ek het sulke oulike planne!!

  • 19. sleepyjane  |  Julie 16, 2008 om 9 : 40

    Ek moet erken dat ek nogal sulke flieks kan kyk. As dit te erg raak steek ek my kop onder die kombers weg.😉 So ek is nie totaal imuun (sp?) nie.

    Toe jy verduidelik het, het ek dadelik aan die fliek “Saw” en “Hostel” gedink. Dis definitief wat jy beskryf.

    Sjoe nou’s ek nogal naar.🙂

  • 20. Nats  |  Julie 16, 2008 om 9 : 42

    Goeie dag mensies!!

    Ek geniet ‘n aksie fliek op sy tyd… ja bloed en alles maar nie iemand wat gemartel word nie. Ek het ‘n ou fliek gekyk waar ‘n ou se oor afgesny word terwyl hy lewe en dan word da petrol op hom gegooi en toe stap ek uit… wil nie verder weet nie!!!! Gross!

    Ek is ook nie mal oor army flieks nie, oor die bloed en bene ens wat afheblaas word in ‘n bom aanval nie. Dit vir my is te na aan die waarheid.

    Wie het Teers of the sun gesien met Bruce Willis? Ek was geskok tot in ‘n ander bloedgroep!!! Dele van daai fliek was wreed wreed wreed!

  • 21. Verons  |  Julie 16, 2008 om 9 : 46

    More Nats, ek het Tears of the sun gesien en die boek gelees!

  • 22. Nats  |  Julie 16, 2008 om 9 : 48

    Demoerin
    Ek het al die Saw flieks gekyk en moet sê ek het nie nagmerries gekry nie… weet nie hoekom nie want dis gross.

    QT se Kill Bill het ek ook regtig geniet, maar dis vir my ‘n ander tipe geweld… dalk is ek verkeerd, maar ek kon die hele fliek kyk sonder om weg te kyk.

    Sleepyjane
    Ek sal NOOIT maar NOOIT Hostle kyk nie, my ma het dele van die fliek vir my vertel en ek het besluit dis beslis nie my “cup o soup” nie!!

  • 23. Nats  |  Julie 16, 2008 om 9 : 50

    Verons
    More ma! Ek sien ek spel soos my agter stert vandag🙂 Tears!
    Sulke flieks is altyd vir my erg, en hoe vrouens gemartel word ens was vir my net te veel. Dalk omdat ek ‘n vrou is? Sal nie weet nie, maar dit het my gepla.

  • 24. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 9 : 55

    Aag nee man julle is hopeloos te sensitief !!! die movies is tog maar net make believe !

    Ek laaik bloed en binnegoed flieks soos Alien !! en The Fly !!! 😈

  • 25. Nats  |  Julie 16, 2008 om 10 : 00

    Zoekoe
    My liefste… as jy wil hê ek moet jou ore van jou kop afskree dan neem jy my vir ons volgende date om iets soos Hostel te gaan kyk. Maak net seker jy book die HELE cinema uit want anders gaan baie mense vies wees vir jou.

    Ok?🙂

  • 26. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 10 : 03

    OK liefie !! dan kan ons die hele plek vir ons self hê, in die donker !!! 😉 wie gaan dan in anycase die fliek kyk? 😉

  • 27. Nats  |  Julie 16, 2008 om 10 : 17

    Zoekoe
    My Tweeling gaan jou van die blog af jaag!!!!!!!😳

  • 28. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 10 : 41

    Aag sy sal nie, veral nie as jy haar vra om dit nie te doen nie 😛

  • 29. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 11 : 16

    Hi almal

    Olga ek is so bly jou seun was nie in daardie kar nie!

    Hi Sleepy Jane, ek het ook Hostel gesien, ek hol weg en gaan doen ander dinge, as die flieks so mal word!! 😆

    Zoekoe het jy van The Fly gehou??? Ek het jou mos gesê dis vir my die vreeslikste fliek wat ek nog ooit deur gekyk het!!

    Manne hou van hierdie bloed en derms ughhh!!

    Gee my eerder ‘n drama, romantic comedy of kuns fliek, maar nee ek kan nie my tyd mors om myself nagmerries te besorg nie!!!

    Ouma is fynbesnaard en baie sensitief vir die uitdop van derms en binnegoed ….. :mrgreen:

  • 30. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 11 : 39

    Hallo Ouma !!! wat is die verskil tussen mens derms, en diere derms? en tog slag mense diere om te eet !!! het julle al gesien hoe wreed word skape geslag?

  • 31. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 11 : 45

    Zoekoe Ouma doen ook nie diere derms nie, enige derms is gross!! Ek kan nie eers vis skoon maak nie!!! Nie eers iemand se eina’s beter dokter nie. Ek versteen as iemand seer kry!! Regtig!!

    As iemand seerkry, word ek wit, staan stokstyf soos ‘n standbeeld en skreeu net Teddieeeeeeeeee ……. hy ken al daai skreeu, dit klink of die leeus uit die hok gelaat is, en kom aangehardloop. Dan is ek al by uitpass, en hulle moet my lawe in plaas van die pasiënt😆

    Ek haat enige mishandeling met ‘n passie, mens of dier….. ek sal iemand aanval!! Regitg!!!

  • 32. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 11 : 58

    Sjoe 😯 ouma is skweemiesh! ek laaik ook niks van dieremishandeling nie…. as ek iemand sien dit doen, moer ek eers, en vra vrae later, maar nouja ek kan nie veel sê oor diereslag nie, want ek is so lief vir ‘n skaaptjoppie op die kole !!

  • 33. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 12 : 15

    Zoekoe moenie ‘n fout maak nie, daar is niks so lekker soos ‘n skaaptjoppie en lekker blou bul steak nie:mrgreen:

    Maar ek wil nie hoor dat dit geslag word nie, spaar my maar gerus die detail!! As mens regtig daaraan dink is dit eindelik vreemd… ek haat dieremishandeling, maar eet dier. Moet ek dalk begin blare eet, soos ‘n haas? 😆

    Mind u ek sal van tjoklits aan die lewe kan bly. Ek luvvvv tjoklits!!
    Dis my gunsteling “KOS” En niemand moet vir my sê dis nie kos nie. Wat by die mond kan ingaan, is kos. 😛

  • 34. Zoekoe  |  Julie 16, 2008 om 12 : 33

    😆 soos ‘n haas lol:

  • 35. kaalvoetinireen  |  Julie 16, 2008 om 1 : 26

    Ag nee wat…blood and guts kan my glad nie pla nie! So terloops, het jy Hostel gekyk Adrie??? Vir julle sensitiewes, hou verby! Die storielyn is maar boring,m aar wat dit vir my interessant gemaak het of dan nou eerder scary, is die feit dat die ou wat die fliek gemaak het oorspronklik ‘n dokumenter wou maak. Die goed het actually rerig gebeur en/of dit gebeur nog steeds. Hy het baie drama gehad en sy lee was in gevaar oor die navorsing wat hy gedoen het om aanvanklik ‘n dokumenter te maak en het dus op ‘n riller besluit.

  • 36. Katvis  |  Julie 16, 2008 om 1 : 28

    Ek het die Passion gaan kyk en ek moet se dit was baie erg gewees maar die fliek het nie gegaan oor die marteling nie maar oor die passie wat Jesus gehad het om die eind doel te beryk. Dit is soos n maraton atleet wat deur die pein moet gaan om sy doel te beryk van om n goue middalje te wen. Net so het dit oor die doelgerigte passie wat Jesus gehad het om die mensdom (wat wil glo) te red tenspyte van al die marteling en nie langs die pad moed op te gegee het en nie n legioen engele laat kom het en almal wat hom seergemaak het weg te gevee het van af die aarde. Jy sien dit was tot sy beskikking gewees maar die liefde vir die mens en die feit as Hy dit nie doen nie dan was almal verlore vir ewig en altyd. Dit was die passie wat hom gedryf het sy liefde vir die mensdom en mense. Daar om The Passion Of Christ gepaste naam.

  • 37. Zee  |  Julie 16, 2008 om 1 : 44

    Ek het Passion of the Christ seker al 3 keer gekyk, maar sien regtig nie eers die bloeddorstigheid daarin raak nie, die movie sit my maar net weer terug op die regte pad sodra ek bietjie begin verdwaal.

    Vir die ander…. nee dankie!

  • 38. kaalvoetinireen  |  Julie 16, 2008 om 1 : 58

    Ek het ook Passion of the Christ gesien, maar dit was ‘n anderste storie! Die vrou langs my het een of ander aanval gekry so in die helfte van die fliek, maar sy het in die begin iewers al nie lekker gelyk nie. Toe ek weer sien, le sy bo-oor my en die stuipe kry! Ek het my gat afgeskrik! Later se haar vriendin sy kan nie bloed handle nie, maar sy’t wragtig die fliek gaan kyk! Ons het haar toe nou daar uit en wat verder gebeur het weet ek nie, maar ek het omtrent ‘n kameelpilletjie nodig gehad! Ek weet net sy het dit oorleef!
    Die bloed was baie, maar mens kyk verby dit man!

  • 39. Verons  |  Julie 16, 2008 om 2 : 06

    Ek het ook Passion gesien en ek stem heeltemal met katvis saam ek het die geweld raakgesien maar dit was die passie wat daarmee saamgaan wat die les was!

  • 40. demoerin  |  Julie 16, 2008 om 2 : 15

    Hostel I en II was baie cool. Dit is die tipe movies wat ek koop. Besit al die QT’s, SAW-saga en dan natuurlik van my gunstelinge Final Destination trilogie.

  • 41. neykie  |  Julie 16, 2008 om 2 : 49

    Ek het Passion of the Christ gekyk, en wou na die eerste 5minute opstaan en uitloop, maar dit het my geboei en my gedagtes gevange gehou vir ‘n paardae. En ek dink heel waarskynlik ek moes dit ook eerder nie gekyk het nie, my hart is te sag om sulke geweld te aanskou.

    Lekker dag verder A3

  • 42. rosalindfranklin  |  Julie 16, 2008 om 3 : 40

    Hoekom ek nie van die fliek gehou het nie is dat die fisies onmoontlik is vir een persoon om sulke mishandeling te deurstaan, dit is net te erg. Hy sou baie lank voor die kruisiging gesterf het. Dit is dus totaal onrealisties.
    Soms kan dinge oordoen word en die boodskap gaan verlore. More is not always more/better

  • 43. Samantha Q  |  Julie 16, 2008 om 5 : 32

    En agter os kom ook inni kraal!!!! Naand almal. Ek ga nou huistoe!!!

  • 44. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 9 : 12

    Niks

  • 45. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 9 : 52

    Hier gaan ook niks meer aan nie, mense is deesdae te lui om die blog aan die gang te hou!!!

  • 46. ADRIANA  |  Julie 16, 2008 om 10 : 13

    Wip

    Ek neem kennis van jou beswaar en sal die blog delete. Dan is dit nie meer ‘n steen des aanstoots nie.

  • 47. Sam q  |  Julie 16, 2008 om 10 : 26

    Adriana… Sjarrap en sit vi jou 3ling ‘n nief blog op!

  • 48. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 10 : 34

    Adriana klim dadelik uit daardie stoute streek van jou uit, gaan kyk op my blog ek het vir jou baie idees gegee👿 Stoute meisiekind, ons wag mos nou vir die nuwe inskrywing!!!

    Jy is die een wat nou net daar anderkant gekla het oor luigeite!!

    Sam praat met Adrie, sy begin…..

  • 49. ADRIANA  |  Julie 16, 2008 om 10 : 37

    Sam

    Ek is besig. Byt gou ‘n rukkie vas.

  • 50. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 10 : 39

    whahaha kan jy glo sy het haar luigeit staan!! Dit help partykeer as Ouma kwaai word!! :mrgreen:

  • 51. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 10 : 41

    Ouma is moeg ek kan ook nie die hele nag hier sit nie.

    Sam, Adriana julle moet lekker slaap, Ouma kom weer môre inloer!!!

  • 52. ADRIANA  |  Julie 16, 2008 om 10 : 45

    Jaag my aan en dan hardloop sy weg.

  • 53. annerkant  |  Julie 16, 2008 om 11 : 21

    The Passion of Christ kry dit behoorlik reg om ‘n mens emosioneel betrokke te kry en ek dink dit is goed om daarmee gekonfronteer te word. Wat my bybly was die weemoedige deernis waarmee Christus na die spul mense gekyk het, en ek dink die duiwel was besonder goed uit gebeeld. Ek dink dit is hoe ‘n duiwel sou wees, plant ‘n saadjie en staan dan stil, slinks en behaaglik terug en kyk wat gebeur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: