Sitte en stane

Julie 14, 2008 at 8 : 13 69 Kommentaar

Ek was nooit ‘n groot popspeler gewees nie.  Ek verkies vandag nog lewendige poppe.  Tog het ek ‘n baie groot versameling poppe gehad, bykans elke soort wat op die mark was.  Ek het hulle inder waarheid vandag nog.  Ek mag dalk nie baie met my poppe gespeel nie, maar hulle is myne en nie op die weggee lys nie. 

My gunsteling pop was Kenny.  Ek was seker so 4/5 toe ek Kenny gekry het.  Kenny-tipe poppe het ‘n spesiale naam wat ek nie ken nie.  Hulle is lewens getroue weergawes van regte baba.  Van skrefies ogies en die frons  tot die effense duik op die kop.  Ek is seker hy gaan nog ‘n versamelstuk word as hy nie reeds is nie.  Kenny is so lewensgetrou, hy het tot geslagsdele om te wys hy is ‘n seuntjie.  Met die verloop van tyd, lyk Kenny se jonger boeties en sussies na poppe, hy lyk op ‘n druppel water na ‘n baba. 

Ek het onlangs weer van die poppe in ‘n winkel gesien.  En tot my skok ontdek dat party mense dit as pervers beskou.  Ek kan nie verstaan hoekom nie.   In die eerste plek dink mense dat dit weer ‘n teken van die verval van morele waardes is.  Min wetende dat die poppe al langer as 20 jaar in om loop is.  Hoekom die poppe met geslagsdele geseënd is, weet ek nie.  Ek weet wel dat vir geen normale kind ‘n seksvoorwerp is nie.  Alle regte babas het privaat dele, daarom kan poppe dit ook hê.  Dit gee die “ma (en moontlike pa)” darem ‘n goeie rede om vir die “baba” ‘n doek aan te sit. 

Dit het my nogal laat wonder.  Barbies word vandag as ‘n onskuldige speelding gesien, maar sy het borste wat baie vroue en alle mans bewonder.  Is dit ook pervers?  My suster het ‘n barbie gehad wat swanger is.  Die baba kon ook uit gehaal word en dan het die barbie met ‘n plat magie gespog.  Is dit pervers?  Is ek dalk pervers omdat ek nie die perversiteit in die situasies sien nie?

Ek het eendag ‘n boek gelees waar die nuwe bruid (diep in haar 20’s) op haar huweliksnag agter gekom het ‘n man het ‘n ander orgaan as sy.  Sy was eers geskok en toe getraumatiseerd.  Ek was baie ‘n getuie as my ma my broers se doeke geruil het.  Dus het ek geweet hoekom seuntjies anders as dogtertjies was.  Sonder om te weet wat seks is of behels.  Ek beskou dit as ‘n goeie ding. 

Hoe voel julle oor die saak?  Het jy of jou kinders sulke poppe gehad?  Sal jy vir jou kinders so ‘n pop aanskaf?  Hoe belangrik is dit vir kinders om te weet wat die verskille tussen dogtertjies en seuntjies is?

Adrie

Blogvraag:  Wie se tekeninge het aanleiding gegee tot ‘n Kewpie Pop?

Blogantwoord:  Sam was eerste reg met “Great Fire of London”.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Grootste skelms onder die son . . . Bloed en Derms

69 Kommentaar Add your own

  • 1. Sam q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 02

    EERSTE!

  • 2. Sam q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 04

    Rose O’Neill

  • 3. Adrie  |  Julie 14, 2008 om 9 : 13

    Drieling!!!!!

  • 4. Wipneus!  |  Julie 14, 2008 om 10 : 09

    Ek het ook nou nog van my poppe. Ek het nie poppe gehad met geslagsdele nie. Daar was nog nie daai tyd sulke poppe nie😆
    Ek was self ook nie baie lief vir pop speel nie! Ek was ‘n tomboy, dus is my poppe nog in goeie kondisie!!

    Natuurlik moet kinders die verskil tussen dogtertjies en seuntjies weet. Ek het vir my kinders stories vertel oor die verskille😉
    Hulle het nou nie sulke poppe gehad nie, want seuns speel nie pop nie:mrgreen: alhoewel turtles en al hierdie mannetjies tel as poppe, maar hulle het nie uitgekom met “privates” nie!

    Ek is bietjie agter met die nuwe speelgoed, ek weet net van hierdie horrible poppe wat die kinders deesdae by my wil hê, lyk my Barbies is ook nou ou nuus.. Bratz is nou die in ding, daar is nog so ander pop ook maar ek weet nie meer wat die naam is nie. Mp3 players, ipods en al sy fieterjasies , cd’s, rekenaar speletjies en sulke goed verskyn graag op die lysies!!

  • 5. ansophie van wyk  |  Julie 14, 2008 om 10 : 33

    ons het baie poppe gehad, meestal groot poppe en troupoppe en babapoppe, my ma het sulke groot poppe in Holland gekoop hulle bestaan nog steeds, my sussies het hulle en ons het poptassies met massas popklere gehad, ek het ‘n man troupop gehad en so…ek het nie sulke dinge genotice as kind nie, seker maar dit uitgeblok, mar ek was onderontwikkeld, in belville by my niggies het hulle ‘n hele reuse kamer vol poppe en massas popklere en danskostuums gehad ons het dae en nagte omgespeel daarso en buite huises en tee tee en kombersie oppie gras en uure maande dae en jare omgespeel ook al die poppe saamgekarwei op vakansies, ons was 6 dogters so ons het lekker gespeel

  • 6. Zee  |  Julie 14, 2008 om 10 : 56

    Ek onthou net een pop. ‘n Loop pop. Sy kon regtig loop as jy haar hand vasgehou het en begin loop het. Sy was net ‘n pop….

    Ek onthou wel dat ek vir my dogter ‘n tweeling gekry het eendag. ‘n Dogtertjie en ‘n seuntjie. Sy het vir ure met hulle gespeel en doeke aangesit. Sy was hulle mamma. Sy kon vir ure met die poppe speel en het eers later begin vrae vra. Ek glo dat sodra hulle begin vrae vra is hulle reg om vir hulle te vertel wat die verskil is.

    Ansophie, jislaak, 6 dogters, dit moes n fees gewees het!!

  • 7. Olga  |  Julie 15, 2008 om 12 : 22

    Hi. Uiteindelik kan ek inlog. A3, di pop wavan jy praat het gekom met sy / haar geboorte sertifikaat ni waar nie? Hulle was ‘new born baby’ poppe genoem. Ek het my dogters daarvan gekoop. Ja, ousus se pop is omtrent 2 jr ouer as kleinsus. En hello, wat kan pervers aan die poppe wees? Mense, julle sal julle hande saamslaan as julle helfte vani goed weet wat julle kleuters weet. Jammer vir julle, vandag se kidz weet net soveel na 3 maande in die kleuterskool as wat ek geweet het na 3 jaar op hoërskool. So realistiese seuns of dogterpop kan jo kid van moontlike vigs red oor jaar of 3. Kids begin al vroeer en vroeer te eksperimenteer. So moenie durf dink jou 5 jarige is te jonk om te verstaan nie.

  • 8. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 6 : 55

    Hallo mense

    GMPF !!!! ek het VOOR Sam die antwoord gegee…. gan kyk mooi Adrie !!

  • 9. meermin  |  Julie 15, 2008 om 7 : 10

    Nuurlik het Juffrou’tjie poppe gehad, tot ‘n hengse groot pophuis met meubels alles. Sy het haar poppe weggepak toe sy hoèrskool toe is, en alles het spoorloos verdwyn uit die stoor uit, niemand weet wat van dit geword het nie! Haar teddies bère sy alles en glo my daar is baie, bo in haar kas! Sy het porselein poppe twee van die poppe (man en vrou) het ‘n houtbankie waarop hulle sit! Sal eendag ‘n foto neem van hulle en op my blog sit! Ek glo elke meisiekind moet ten minste poppe hè om mee te speel! Ek het so groot loop pop gehad, tot die pop het voete gekry!

  • 10. demoerin  |  Julie 15, 2008 om 7 : 29

    😆 Ek wens ek kon daai bruid se gesig sien. Waar de hel was sy toegesluit vir 20+ jare? Ek dink dit is belangrik dat kinders op ‘n mooi manier van die verskille geleer word, ek dink die poppe sal ‘n goeie begin wees.

  • 11. ADRIANA  |  Julie 15, 2008 om 7 : 50

    More almal

    Loop poppe was voor my tyd. Weet daarvan, ma kan nie onthou dat ek een gesien het nie.

  • 12. ADRIANA  |  Julie 15, 2008 om 7 : 56

    Zoekoe

    Volgens die evidence het Sam n paar comments voor jou, in afrikaans, geantwoord.

    Het jy ook pop gespeel?

  • 13. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 8 : 09

    Wie ek? pop gespeel?
    as die girls wat saam met my op laerskool tel, dan is my antwoord JA !! 😉

  • 14. Verons  |  Julie 15, 2008 om 8 : 52

    More! Ek was glad nie die pospeel tipe nie, ek het wel die mooiste slaappop gehad wat op my bed gelê het en eendag ruik ons iets brand toe ons agter die buitekamers gaan kyk sit my f*cked-up broer daar en hy is besig om die pop aan die brand te steek! Ek was so siek en naar dat glad nie na daai pop kon kyk nie, ek onthou dit so goed en ek was nog nie eers in die skool nie, my ma het die pop op die solder weg gesteek en ek was al in die hoërskool toe ek eendag weer op die pop afkom en onmiddellik was ek van voor af naar! (Ek dink dis van daar af wat ek ‘n gly in my broer gekry het wat tot vandag toe nog hou, ek sien hom nooit – net by begrafnisse – en ek mis hom ook nie)
    Van daar af wou ek nooit weer ‘n pop gehad het nie en toe ek 10jaar oud word het my oupa vir my ‘n kewpie doll gegee, ek het die pop in my kas weggesteek en eers toe my dogter gebore is het ek die pop vir haar gegee, sy nou die dag al haar ou speelgoed by ‘n kinderhuis gaan aflaai en daai kewpie doll was tussen hulle!

  • 15. Nats  |  Julie 15, 2008 om 8 : 53

    Hello!!!

    Ek het so ‘n pop gehad Tweeling… ons het hulle “new born babies” genoem. Myne was ‘n seuntjie en my ouma en ma moes uithaal en wys vir regte klere en doeke!!

    En ek het ‘n Barbie gehad wat swanger was, ek en my suster het nou die dag snaaks genoeg oor dit gepraat… sy sê sy het die babatjie iewers in ‘n laai maar moenie vra waar die Barbie is nie!

    Ek was mal oor Barbies!! Nou nog😉

    En ja natuurlik moet kinders weet wat die verskil is tussen dogtertjies en seuntjies… as ons hulle nie leer nie sal hulle self ondersoek in stel!🙂

  • 16. Nats  |  Julie 15, 2008 om 8 : 55

    Verons
    Ag nee… jou pop aan die brand gesteek!! Dis wild ek sou ook naar wees!!

  • 17. neykie  |  Julie 15, 2008 om 10 : 11

    Ek het poppe gehad, koppe afgebreek bene met stokke vervang en ‘n heerlike mal tyd gehad met dit op my 14de verjaarsdag is ek geld gegee en ek het vir my ‘n stel gekoop met alles in van slaapkamer tot kombuis ware en ek het dit sommer die “bonnie poppies” genoem en watter aangename tyd het ek en my niggies en later die meisie onder in die straat met dit gehad. Std 8 wou ek nog te lekker pop speel, my suster het lekker gemoan. My ma het haar gekeer en gesê los haar laat sy eerder met poppe speel as met seuns😆

    hehe

  • 18. Jannas  |  Julie 15, 2008 om 10 : 36

    Goeie more almal – weer vir ‘n paar ure op kantoor. Hoop dit gaan goed.

    Kinders word natuurlik gebore met ‘n verbeelding – die hoofbestandeel van kreatiwiteit. Ouers en die gemeenskap in ons omgewing forseer sekere norme op ons af vanaf dag 1. Die meeste van hierdie norme is goed bedoel. Die speelgoed waarmee ons speel as kinders is die middele waarmee daardie verbeeldingslewe gevorm word. Vrouens kry babas daarom moet dogtertjies geleer word om met poppe te speel. Mans moet oorlog maak, sport speel en harde werk doen, daarom kry seuns geweere, rugbyballe en karretjies as speelgoed. Namate ons groter word kom ons nader aan die realiteite van die lewe en vervaag die behoefte aan speelgoed. Dis wanneer ma & pa die ‘bytjie & blommetjie’ gesprek moet voer want skielik wil boetie met sussie se maatjie popspeel en sy wil ‘n lewendige pop hê. As jy weer sien (en jou hormone oorleef) is al die poppe en karretjies weggegee vir iemand wat nog oppad is. Natuurlik is daar baie wat nooit hierdie stadium bereik nie en hulle poppe & karretjies hou – dit raak net duurder.

  • 19. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 10 : 42

    More!!!

    @ Zoekoe

    Wa jou bril? Ek het VOOR jou die antwoord gegee!!!

  • 20. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 10 : 44

    22. Samantha Q | July 14, 2008 at 9 : 08

    As iemand noggi geantwoord hettie. Dit was die “groot vuur van London”. 13 200 Huise afgebrand.

  • 21. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 10 : 45

    30. Zoekoe | July 14, 2008 at 9 : 27

    Die antwoord op die blogvraag is die Great London Fire dink ek !!

    Jy het ‘n hele paar minute na my geantwoord!

  • 22. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 10 : 49

    Oori onderwerp

    My se kjinders ken die verskil van baba dae af. Ek maak ‘n punt daarvan om hulle te leer (sonder om in te veel detail te gaan).

    2 Jaar trug se krismis het my dogtertjie baie poppe gekry en my laaitie het die een gevat en daarmee gespeel. Ek het hom gelos en vandag speel hy net met sy karretjies. Maar laat ek julle nou vertel……. daai kleine mannetjie weet presies van alles op ;n vrou se lyfie en ook dat hy ‘n ding tussen sy bene het wat hom laat giggel!😉

  • 23. Nats  |  Julie 15, 2008 om 11 : 02

    AG NEE!!!!!!

    Daai seekoei in KZN is geskiet!!!!!!!!!!!!

    Ek gaan toi toi sommer!!!!!!!!!!!!
    😥 😥😥

  • 24. Nats  |  Julie 15, 2008 om 11 : 04

    Sam
    He he he🙂
    Wat hom laat giggel!!

  • 25. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 11 : 34

    @ Nats

    NNNNEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hoe kon hulle die arme ding skiet!😯

  • 26. Olga  |  Julie 15, 2008 om 11 : 45

    More, more. Ai, natz, dai seekoei het m mens doodgebyt. Hulle kon ongelukkig nie nog n mens kry om te skiet nie, toe skiet hulle ma die seekoei.

    Dit help om eerlik te wees met jou kidz al se hulle jy jok nadat jy hulle vertel het waar babas vandaan kom. Kry mens vandag nog kewpi poppe? Hulle is dan so aseksueel en kani moor en vloek nie.

  • 27. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 11 : 51

    Olifant: “Kameel, hoekom is jou borste op jou rug?”
    Kameel: “Dit is `n goeie vraag vir iemand wie se totti tussen sy oë sit!

  • 28. Nats  |  Julie 15, 2008 om 11 : 52

    Sam
    Jip, het bleikbaar vanoggend gebeur. Die dierebeskermings eeheid is glo woedend!!!!

    Olga
    Hulle het nog nie bevestig dat die seekoei wel die mens dood gebyt het nie… iemand kon daai persoon dood gemaak het en die seekoei die skuld gegee het!😉

    Ek gaan weer einde van die maand bietjie seekoeitjies kyk da by die Nationale Kruger Wildtuin… net jammer da is vandag een minder!

    Hulle moes eerder ‘n mens gaan soek het…

  • 29. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 12 : 01

    “Het u medisyne teen wurms?” vra die blondine vir die apteker.
    Apteker” “Vir kinders of volwassenes?”
    Blondine: “Hoe moet ek weet hoe oud die wurms is?”

  • 30. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 12 : 02

    ‘n Inbreker breek een aand laat by ‘n huis in Waterkloof in. Hy was besig om stilletjies die televisiestel te ontkoppel toe ‘n stem uit die donker skaduwees kom: “Jesus sien vir jou.” Vir ‘n oomblik skrik hy hom flou, tot die stem weer sê: “Jesus sien vir jou.” Sy flits wys gou dat die stem aan ‘n papegaai in ‘n hok behoort. “Is dit jy wat so praat?” fluister hy aan die papegaai. “Ja,” antwoord die voël. “En wat is jou naam?” fluister die inbreker. “Gabriël,” antwoord die voël.

    “En watter soort mense noem nou ‘n papegaai ‘Gabriël’?” wil die inbreker weet. Antwoord die papegaai: “Seker dieselfde soort ketters wat ‘n Rotweiler ‘Jesus’ noem.”

  • 31. Nats  |  Julie 15, 2008 om 12 : 26

    Sam
    😆😆😆

  • 32. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 12 : 29

    Wat is die top punt van rassisme?
    As die tuinjong weier om die Afrikanertjies water te gee!!!!

  • 33. Nats  |  Julie 15, 2008 om 12 : 35

    Sam
    Is dit net I & J vandag?

  • 34. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 12 : 55

    Goeie Genade !!!

    Die plekkie is nog steeds stil sien ek !! !!

  • 35. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 1 : 04

    Kleinseun aan oupa op plaas:Wat doen daai bul oupa
    Oupa:Hy probeer om oor die koei te spring
    Seun: Ai oupa as sy totti nie vasgehaak het nie,was hy oor

    @ Nats

    Dis I&J&Zoekoe:mrgreen:

  • 36. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 1 : 05

    n Man stuur per ongeluk die onderste helfte van sy naak foto aan sy ouma
    Sy ouma skryf terug
    Verander jou haarstyl Boeta,dit laat jou neus baie klein lyk

  • 37. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 1 : 14

    LEEU SLAAT VIR HIËNA MOER TOE.

    BOBBEJAAN SIT BO IN DIE BOOM EN KYK.

    NA DIE FIGHT VRA HIËNA VERONTWAARDIG:

    “FOKKIT, HOEKOM HELP JY MY NIE, EK’S NOU AMPER DOOD GEBLIKSEM!”

    BOBBEJAAN: “JY GIGGEL SO EK DOG JY WEN “

  • 38. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 1 : 18

    Maaik is besig met ‘n blokiesraaisel.
    “Kallie help! Vroulike seks orgaan, 4 letters 2de een is ‘n ‘o'”.
    Kallie: “Dwars of af?”
    Mike: “Dwars”

    Kallie: “Mond”

  • 39. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 1 : 21

    😆 😆 so funny !!!! 😆

  • 40. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 1 : 25

    @ Zoeks

    Ek vertel ma grappe aangesien die maaikies te besig is om te praat

  • 41. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 1 : 33

    Ja nee, dis weer oorlat daai grênd miesies nie hier is nie….. 🙄

  • 42. Wipneus!  |  Julie 15, 2008 om 1 : 52

    Hello almal ek het nou lekker gelag vir al julle grappies!! Dis ‘n heerlike sonnige dag daarbuite!! :mrgreen:

  • 43. Nats  |  Julie 15, 2008 om 2 : 06

    Mans sit en kuier terwyl vrouens koffie maak…

    vd Merwe “Ons was by so nice plek gewees die naweek”
    Fred” Wat was die plek se naam?”
    vd Merwe “Ek kan nie onthou nie… my vrou sal weet. Wat noem ‘n mens nou weer daai blom met dorings?”
    Fred “‘n Roos?”
    vd Merwe ” O ja… Rose!! Waar was ons nou weer die naweek??!!”

  • 44. ADRIANA  |  Julie 15, 2008 om 2 : 07

    Dit is finaal, julle kan nie sonder my lewe nie. Dit is piskoud. Ideale tyd om pop te speel.

  • 45. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 2 : 09

    Baie ou grappie ma 4kin snaaks!!!

    Die eend loop by die kroeg in en vra die kroegman: “Het jy brood?”

    Kroegman: “Nee.”

    Eend: “Enige brood?”

    Kroegman: “Nee.”

    Eend: “Niks brood nie?”

    Kroegman: “Nee, ons het nie brood nie!!!”

    Eend: “Nie eers ‘n ou brood nie?”

    Kroegman: “Is jy doof of wat? Ons het nie brood nie!!”
    “As jy my weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbank vasspyker.”

    Eend: “Het jy spykers?”

    Kroegman: “Nee.”

    Eend: “En brood?”

  • 46. Wipneus!  |  Julie 15, 2008 om 2 : 27

    😆

    Hi Adriana, as jy dan weet ons kan nie sonder jou lewe nie, moenie wegraak nie:mrgreen:

  • 47. Nats  |  Julie 15, 2008 om 2 : 29

    TWEELING!!!

    Wa jy nou weer heen verdwyn?

  • 48. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 2 : 33

    Het ek nou weer ALLES gemis?

  • 49. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 2 : 34

    Koos stop by die Engelse vulstasie.

    “Hey, ou,” sê Koos. “Gooi some petrol in and check the bands, man.”

    Die petroljoggie kyk hom verbaas aan.

    “I beg your pardon?” vra hy.

    Koos draai na Piet toe: “Help my man. Wat’s die Engelse woord vir tyres?”

  • 50. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 2 : 35

    Toyota het uitindelik uitgevind hoekom minibus taxis so baie ongelukke maak op die pad…… Die fout lê by die moer wat die stuurwiel vas hou.

  • 51. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 2 : 45

    Blondie staan en wag by ‘n baie besige busstop. Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.

    Sy glimlag verleë terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug. Sy probeer weer maar met dieselfde resultate. Weereens laat skiet sy haar rits so bietjie en probeer weer op die bus kom.

    Die volgende oomblik vat ‘n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie.

    Vererg draai Blondie om en skree onsteld: “Hoe durf jy aan my liggaam raak – ek weet nie eers wie jy is nie!”

    Die boerseun glimlag en sê: “Normaalweg sou ek met jou saamstem maar nadat jy my gulp tweekeer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!”

  • 52. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 3 : 11

    😆 😆

  • 53. neykie  |  Julie 15, 2008 om 3 : 19

    whaha sam jy is op jou stukke vandag!!!

    en A3q kruip weg

  • 54. Zoekoe  |  Julie 15, 2008 om 3 : 24

    Adrie maak asof sy belangrik is vir die plek !!!

  • 55. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 4 : 21

    Meneer: “Oraait, kêrels, lê op julle rûe en trap met julle bene asof julle fietsry!”

    Meneer: “Neelsie! Hoekom trap jy nie?!”

    Neelsie: “Ek ry aftraand, Meneer.”

  • 56. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 4 : 50

    Neelsie: “Meneer, ek het besluit om nie meer huiswerk te doen nie!”

    Meneer: “Hoekom nie?”

    Neelsie: “My pa het gesê ek moet ‘n dokter of ‘n ding word. . .”

    “. . . toe besluit ek, ek gaan ‘n ding word.”

  • 57. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 4 : 54

    An Afrikaner guy, a black guy, a beautiful girl and an old woman are sitting in a train.

    The train suddenly goes through a tunnel and it gets completely dark.

    Suddenly there is a kissing sound and then a slap!

    The train comes out of the tunnel.

    The old woman, beautiful girl and the black guy are sitting there
    looking perplexed. The black guy is bent over holding his face, which is red from an apparent slap.

    The old woman is thinking: “That black guy must have tried to kiss that girl and got slapped.”

    The black guy is thinking: “Damn it, that Afrikaner guy must have tried to kiss the beautiful girl. She thought it was me and slapped me instead.”

    The beautiful girl is thinking: “That black guy must have moved to kiss me, but kissed the old lady instead and got slapped.”

    The Afrikaner guy is thinking: “If this train goes through another
    tunnel, I could make another kissing sound and moer that black guy again!”

  • 58. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 01

    ‘n vrou wou haar man op sy selfoon in die hande kry, toe sy agterkom dat sy geen krediet op haar foon oor het nie. Sy beveel haar seun om sy eie foon te gebruik, en die dringende boodskap aan sy pa, wat by die werk is, oor te dra. Nadat die seun sy pa gebel het, gaan hy na sy ma om haar in te lig dat daar ‘n ander vrou was wat al drie kere die foon geantwoord het, wat hy sy pa op sy selfoon probeer bel het.

    Sy wag toe ongeduldig vir haar man om van die werk af terug te kom. En toe sy hom sien in die motor oprit, hardloop sy uit en gee hom ‘n behoorlike klap. Toe klap sy hom weer.

    Mense van die buurt kom uit hul huise gehardloop om te kyk wat aangaan. Die vrou vra JR om vir al die tannies te vertel wat die vrou presies gesê het.

    JR vertel dat die vrou die volgende gesê het: “The subscriber you have dialed is not available at present. Please try again later.”

  • 59. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 02

    Two women on the way back from a night out, stop off in a graveyard for a pee.
    One wipes herself on her knickers and throws them away, the other wipes herself on a wreath that happens to be there.
    Next day, their husbands are talking in the pub, first one says ‘I’m going to have to keep an eye on my wife, she came home last night with no knickers on!’
    Second husband says ‘Thats nothing! my wife had a card wedged between her **** cheeks which read ‘we’ll never forget you, from all the boys at the fire station’!’

  • 60. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 03

    A coach load of nuns crashes and all the nuns die and go to heaven.
    St. Peter asks them if any of them has ever touched a mans *****.
    The first nun says ‘yes, I admit that I once touched a mans ***** with my finger’ and so St. Peter told her to dip her finger in the holy water.
    The second nun said ‘I once touched one with my whole hand’ and so she had to dip her whole hand in the holy water.

    Suddenly there was a rush from the back and St. Peter asked ‘Whats wrong?’
    Sister Margaret replies ‘If I’ve got to gargle that water, I want to do it before sister Mary dips her **** in it!’

  • 61. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 07

    Do people who use sign language see little hands in their head when they think about what somebody said, or do they hear the words in their head?

    Did Adam and Eve have navels?

    If the weather man says “it’s a 50% chance of rain” does that mean he has no idea if it’s going to rain or not?

    Isn’t it scary that the word “therapist” is the same as the words “the” and “rapist” put together?

    Why is “number” abbreviated as “no”? When there is no “o” in number?

    Have you ever noticed that if you rearranged the letters in mother in law, they come out to Woman Hitler?

    Can you breathe out of your nose and mouth at the same time?

  • 62. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 08

    Vanaf 1 Junie 2007 sal Disprin verwyder word van die Suid Afrikaanse navorsings raad.

    Rede: Dis wit en dit werk!

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 63. Samantha Q  |  Julie 15, 2008 om 5 : 41

    OK!!!!!!!!!!!!! Ek ga nou huiswaarts keer!!! Lekka aand vi julle!!

  • 64. Salomè  |  Julie 15, 2008 om 6 : 07

    UITEINDELIK is ek ok nou hier!! Wat ‘n dag!!
    Gaan almal saam koffie drink?

    Kan ek eers ‘n grappie vertel voor ek oor die onderwerp iets sê (die grappie is oor die onderwerp en presies wat Adrie vertel van die jong bruid)

    Die dogtertjie en seuntjie bad saam (vir die eerste keer) Die dogtertjie sien dat seuntjie anders lyk as sy. Sy was na hom en vra; “Mag ek maar met joune speel” Hy antwoord; “Nee glad nie. Jy het klaar joune afgebreek”

  • 65. Salomè  |  Julie 15, 2008 om 6 : 11

    Ek het ok ‘n Barbie gehad en glo my sy het kaste vol klere. Ek was egter die liefste vir my Baba pop. Sy het ‘n sagte lap lyfie met plastiek arms en bene. Ek het haar vandag nog.
    Ek kan insien dat party mense dink dis nie vanpas dat poppe geslags identifiseerbaar moet wees nie, want in vandag se onheilige “perverse” twisted sameleweing is enigiets gou-gou ‘n euwel ding. Self sien ek niks daarmee verkeerd nie.
    Ek weet baie mense kla oor die “bruin” poppe ook, maar hoe kan ons bruin kinders hulself vereenselwig met ‘n wit baba.

  • 66. Sam q  |  Julie 15, 2008 om 7 : 06

    Saloom… Whuhahahaha!

  • 67. Sam q  |  Julie 15, 2008 om 8 : 13

    Testing

  • 68. Wipneus!  |  Julie 15, 2008 om 9 : 32

    @ Saloom 😆

  • 69. Leigh Olivier  |  Februarie 22, 2013 om 3 : 52

    Ek het n First love poppie gehad met dik blonde hare en ook n BAby Angel Pop. Dit is die mooiste pop wat al ooit bestaan het in my oe maar toe ons van Engeland af terug verhuis Suid Afrika toe het iemand haar gegaps!! My hart is al vier jare gebreek oor daai pop. Ek het haar gekry in 1981 toe ek nog n bogsnuiter was. AS enige iemand so n pop het, n Baby ANgel, sal ek haar graag wil koop hoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: