Grootste skelms onder die son . . .

Julie 13, 2008 at 11 : 43 92 Kommentaar

. . . is beslis versekering.  Ek is oortuig daarvan toe die Bybel gesê het jy mag nie steel nie, het Moses vergeet om die uitsluitings te lys.  Een daarvan sou versekering gewees het.  Jy kan nie van versekering steel nie, al wil jy, jy kry net ‘n ietsie terug van wat hulle reeds by jou gesteel het.

Die versekeraars weet dat jy nie sonder hulle kan gaan nie.  En hulle buit dit uit – hulle kan bloed uit ‘n klip tap.  Hulle belowe jou die wêreld, laat jou die heelal betaal en gee jou sover as moontlik niks.  Goeie diens sterf ‘n pynlose dood wanneer jy eis. 

Ek het eenkeer my kar gekrap teen ‘n padteken.  Ek het amper aan ‘n hartaanval beswyk op 24 jarige ouderdom.  Eerstens is daar die trivia, wie, wat, waar, wanneer en ‘n 1001 ander vrae.  Ek het hulle uiteindelik van my eerlikheid oortuig en is toe gejaag om 3 kwotasies te gaan kry.  Na ‘n dag af en ‘n gekners van tande kon ek die 3 kwotasies deur faks.  Hulle bel my ‘n paar dae later en vertel my assessor moet my kar kom ondersoek.  Ek kon maar net my skouers ophaal en sug.  Die assessor het my kar kom ondersoek sonder dat ek teenwoordig was.  Erger, hy het my kar met ‘n kokie bekrap.  Daarna is my eis goed gekeur, mits die herstel werk deur ‘n paneelklopper 40 km weg gedoen word.  Teen R2000 meer as die standaard bybetaling, omdat ek nie 25 was nie. 

Blykbaar is mense jonger as 25 ‘n gevaar op die pad.  Hulle word alreeds met ‘n hoër premie gepenaliseer, is dit regtig nodig dat hulle ‘n hoër bybetaling ook moet hê?  Die ironie is, hulle is juis die mense met die minste geld.  As dit van versekeraars afgehang het, het hulle net apostel perde gery.  Waarvoor daar seker ‘n spesiale versekering ontwerp sou word. 

Ek weet van iemand wat 150% sy kar paaiement gekwoteer was vir versekering.  Belaglik, as jy my vra.  Om dit in verhouding te plaas, my kar is 2 keer soveel werd as syne, ek bly in die hoër risiko gebied as hy en ek betaal ‘n derde van sy versekering.  Die laagste premie wat hy kon beding was nog steeds dubbel my premie.

Kan ‘n mens teen versekering wen?  Olga se seun gaan sy bes probeer en ek wens hom alle sukses toe.  Wat staan ‘n mens te doen?  Is bek hou en uit hou die enigste opsie?

Olga se seun se motor.

‘n Vriend van ons (hy is 20) het sy motor gerol nadat hy moes uitswaai vir ‘n weerwolf wat alreeds dood is. Sy motor het baie kere gerol en op sy dak geland… dis ‘n wonder hy kon da uit klim. Ek dink hulle het seker hofsake met die versekering… kan julle dink onder 25 en geen ander motors betrokke om die blaam op te sit nie🙂 *Nats*  

Blogvraag:  Watter gebeurtenis in 1666 het huisversekering tot gevolg gehad?

Blogantwoord:  Zee was reg met Ettie Bierman.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Romans Sitte en stane

92 Kommentaar Add your own

  • 1. Zee  |  Julie 13, 2008 om 11 : 45

    EERSTE!!!!!

  • 2. Adrie  |  Julie 13, 2008 om 11 : 46

    Hallo Zee

  • 3. Zee  |  Julie 13, 2008 om 11 : 55

    Adrie,

    Het mos hoeka n stelletjie afgetrap met die assuransie met my laptop. Het omtrent niks geld uitgekry om n ordentlike ene te gaan koop het nie met al die en dat wat hulle afgetrek het.

    My dogter het sowat 2jaar terug stil gestaan by n verkeerslig. ‘n Man in ‘n bakkie sit sy bakkie in trurat en ry in haar vas….. Ons moes R5000.00 bybetaling doen. Gelukkig het ons dit teruggekry van die man se versekering af na 18 maande.

    Is juis nou besig om ander kwotasies te kry!!

    Ai, die golf lyk sleg. Baie sterkte Olga en hoop jou seun is darem ok!

  • 4. Zee  |  Julie 13, 2008 om 11 : 57

    Mmmm, dit klink simpel – Is juis nou besig om ander kwotasies te kry!! Ek meen nou om ander assuransie te kry sonder verpligte bybetalings!!!

    Hallo Adrie

  • 5. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 7 : 33

    More almal

    Wil nou nie “moeilik” wees vanoggend maar by wie neem julle versekering uit????

    Ek werk vir ‘n great maatskappy en glo my daar sukkel jy nie om uitbetallings te kry of dit nou vir kar is of vir jou eie begrafnis mense dink daaraan die klein maatskappy is die mense wat sukkel om uit te betaal.

    As julle gewonder het ek is ‘n finasieele adviseer vir Sanlam.

  • 6. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 7 : 41

    Goeie Môre mense !!!!

    Versekering….. 😡 laat ek eerder net stilbly !! as mens nie iets goeds kan sê nie bly eerders stil !!!!

  • 7. demoerin  |  Julie 14, 2008 om 8 : 10

    Moet sê ek het nog nooit probleme gehad nie, selfs met my laaste kareis was dit vinnig en professioneel.

  • 8. Olga  |  Julie 14, 2008 om 8 : 33

    More more. Weet jy wat sharky? Ek was 20jr by santam verassureer, toe stamp ek my kar. Ek het geen, maar absoluut GEEN eise in 20 jr gehad nie. Toe verwag santam n mase bybetaling en hulle sit my premie op. Verder sharks, was daar moles met alles. Van die assessor tot die paneelkloppers. Hulle wou my ook vriendelik verplig om paneelklopper wie se verfwerk nie 100% gepas het nie en wie se kwitasie 40% hoer was te gebruik. Ek het geweier. Verder nog sharks, het sanlam hulself heeltemal vani mark afgeprys. Ek kan hulle nie bekostig nie.

  • 9. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 8 : 42

    Ek was eens op ‘n tyd by Budget !!! grootste klomp fokken penosele skelms onder die son…. ek weet mens mag nie veralgemeen nie, maar, ALLE versekerings maatskapye is skelms !!! en hulle het die geld om dit te bewys !!! hulle profyte is astronomies, gaan kyk maar !

  • 10. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 8 : 46

    Hello hello!!

    Ek is tans by Budget… moet sê my premie is bietjie hoog maar BAIE BAIE minder in vergelyking met “Last for Woman” Alexander Forbes sal my nie weer sien nie!!

    My vorige versekering was Mutual and Federal en ek het deur ‘n broker gewerk en ek moet sê hulle diens wat uitstekend!!!

    Ek het nie nodig gehad om my bybetaling te betaal nie en my geld was binne ‘n maand in my rekening.

    Maar nou ja ek wag dat die mango die fan moet slaan as ek by Budget moet eis!!!🙂

  • 11. Nats  |  Julie 14, 2008 om 8 : 52

    F*k da is ek weet Sharky!!!!!!

    Sorry Sharky ek het nie eens gekyk voor ek submit het nie!!!!!

    Maak my mal!

    Zoekoe
    O no ek is by Budget… maar net omdat ek gevind het hulle is redelik bekostigbaar… maar dit seker net totdat ek moet eis!?

  • 12. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 8 : 53

    More, more!
    Die grootste skelms is versekerings EN mediese fondse!!
    Wil nie my moermeter in die rooi injaag so vroeg op ‘n maandag-more deur oor hulle te praat nie!!

  • 13. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 8 : 54

    Ag nee oukie tyd 8H46 dus nie ekke wat dit gese het nie BELOWE !!!!

    @ Olga

    Jong ons het mense in die firma wat ons naam lekker kan weg gooi pop glo my jy sien die oukie smeer die verkeerde goed aan jou af en verdwyn sodra hy sy vet kommisie gekry het. Jammer daaroor dit maak my sommer bevoeterd as ek sien hoe mense afgaan op ons mensies wat net die beste vir ons kliente wil gee en doen.

    Ek kan met trots se dat al my kliente tevrede is en nie 1 van hulle probleme het met hul versekering, maar dan ek is iemand wat trots is op wat ek doen en wat ek vir my kliente bied.

  • 14. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 8 : 55

    @ Nats

    NEE OUKIE MAAAAAAAK REG JOU NAAAAAAM !!!! ek voel baie expose vanoggend praat uit ander se monde he he he he

  • 15. Nats  |  Julie 14, 2008 om 8 : 58

    Sharky
    Dis reg… ek is nou weer Nats!!🙂

  • 16. Verons  |  Julie 14, 2008 om 8 : 59

    Wat de????????? Hoe word ek nou skielik Sharky!!!!! Nr 12 was ek en nie Sharky nie!!
    WORDPRESS JULLE IS DEUR DIE KAK!!!!!

  • 17. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 8 : 59

    @ Nats

    Dankie maaikie het begin dink ek raak mal of my ander helfde praat weer vandag waarvan ek nie bewus is nie,

  • 18. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 9 : 01

    @ Verons

    Ek gaan begin in tale praat vandag ….. Hoe was jou naweek behalwe vir die feit dat die rugby iets-van ‘n royal @#%% was

  • 19. Nats  |  Julie 14, 2008 om 9 : 02

    Verons
    Not to worry… ek was ook Sharky gewees. Dis mos nou weer Maandag en die weet wat so lyk is ek verbaas ons is hier!!

    Wil eerder inni bed lê!!!

  • 20. Verons  |  Julie 14, 2008 om 9 : 05

    Sharky my naweek was baie lekker gewees!!!
    En die Rugby was uit die boonste rakke!!
    Bokke het net bietjie vir dioe arrogante All Blacks gewys ons kan hulle innie bek ruk!!
    En die BULLE het gewys dat hulle die ware Currie Beker kampioene is!!!

  • 21. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 06

    ((((((((((HALLO!!!!!!!!!))))))))))

  • 22. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 08

    As iemand noggi geantwoord hettie. Dit was die “groot vuur van London”. 13 200 Huise afgebrand.

  • 23. Verons  |  Julie 14, 2008 om 9 : 13

    “Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”
    “Ek was honger!”

    So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd ‘n werklikheid sou word.

    Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

    Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

    ‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
    Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

    Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

    Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

    Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

    ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

    Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

    ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

    En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

    As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

    En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

    Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

    Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.

  • 24. Verons  |  Julie 14, 2008 om 9 : 14

    Sammy ek dink jy is reg en dis ook waar die bekende kinder liedjie vandaan kom ” London Bridge is burning down”!

  • 25. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 9 : 14

    Hallo Sam Q

    @ Verons

    Ek is nie Bulle ondersteuner nie MAAR geluk met jou span se oorwinning.

  • 26. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 9 : 16

    Damn ek is nou so deurmakaar dis nie eers snaaks nie… wie is wie nou hier?????

    Ja Budget is cheap, so is hulle diens ook !!!

  • 27. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 9 : 18

    BULLE !!!! BULLE !!!!

    BOKKE !!!! BOKKE! !!!!

  • 28. Olga  |  Julie 14, 2008 om 9 : 23

    A3, jy praat van premies. My seun was tussen r1400 en r2700 gekwiteer vir versekering op di golf. R2700 deur santam sharks. Uiteindelik het my staan di kar verseker as seun, student se eiendom met seun as gereelde bestuurder ma op pa se versekering vi r859 pm. Outsurance wou my seun, 22, rybewys op 18 gekry, geen ongeluk tot dan r1790 laat betaal as hulle hom versekering skryf. Ma 50% minder as hulle hom op sy pa se assuransie dek. En toe ga spoil hennie alles want hy het gedink n hyundai accent spel mens vw golf.

  • 29. Nats  |  Julie 14, 2008 om 9 : 23

    Hello my 2Ling se 3Ling

    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!
    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!
    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!
    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!
    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!
    Bokke bokke bokke bokke bokke!!!!!!

  • 30. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 9 : 27

    Die antwoord op die blogvraag is die Great London Fire dink ek !!

  • 31. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 28

    Ai tog!!! My comments is “knit one, slip one”. Die donnerse goed wil net nie deurgaan nie! 👿

  • 32. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 30

    The Great Fire of London, a major conflagration that swept through the central parts of London from Sunday, 2 September to Wednesday, 5 September 1666, was one of the major events in the history of England.[1] The fire gutted the medieval City of London inside the old Roman City Wall. It threatened, but did not reach, the aristocratic district of Westminster (the modern West End), Charles II’s Palace of Whitehall, and most of the suburban slums.[2] It consumed 13,200 houses, 87 parish churches, St. Paul’s Cathedral, and most of the buildings of the City authorities. It is estimated that it destroyed the homes of 70,000 of the City’s ca. 80,000 inhabitants.[3] The death toll from the fire is unknown and is traditionally thought to have been small, as only a few verified deaths were recorded. This reasoning has recently been challenged on the grounds that the deaths of poor and middle-class people were not recorded anywhere, and that the heat of the fire may have cremated many victims, leaving no recognisable remains.

  • 33. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 9 : 51

    TRA LA LA LA LA!!!!!

  • 34. Nats  |  Julie 14, 2008 om 10 : 21

    Tra la la la la la !!!

    Het julle gelees van die ongeluk waar daar ‘n 22jarige seun oorlede is wat met sy Lambo gejaag het en dood verbrand het in sy motor?

    Ek het vanoggend verby die plek gery waar dit gebeur het… da is net stukke motor wat oral lê en jy kan sien iets het erg gebrand!!!

    Die motor was ‘n geskenk van sy ouers af…

  • 35. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 10 : 48

    Hallo Nats mwah mwah !!! 😛

    Hallo Sam Q 😀 😀

  • 36. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 10 : 54

    hoekom is dit so stil vandag orals?

  • 37. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 10 : 59

    @ Nats

    My kjinders sal hulle wat verbeel om ‘n Lambo as geskenk te kry! Hulle sal werk vir dit!

    @ Zoeks

    Ek sien as die miesies nie issi dan raak almal so stil…….

  • 38. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 06

    Ja nee lyk my so Sam Q maar daai miesies sal haar wat verbeel !! 🙄

  • 39. Nats  |  Julie 14, 2008 om 11 : 14

    Sam
    Dis wat ek sê… daai kind van my sal hom/haar wat verbeel die dag as ek so iets aanvang!!! Dit sal ‘n teken wees dat ek mal huis toe kan gaan!!

    Zoekoe
    Dit is blerrie koud, ons kan nie tik nie! Wa is ‘n kaggel… ek sien daai Tweeling van my het nie hout opgegooi nie.

    Gee my ‘n minuut!🙂

  • 40. bruinogies  |  Julie 14, 2008 om 11 : 16

    more more julle almal

    hu ganit??

  • 41. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 17

    Ek wens ek kon net ‘n Lambo vir ‘n spin vat, wat nog van een present kry…. sug !!!!

    Dankie Nats, sit sommer genoeg hout op, ek skink solank die OBS vir ons ! 😀

  • 42. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 18

    Hi Da Bruinogies !! 😀 😀 long time !!

  • 43. bruinogies  |  Julie 14, 2008 om 11 : 20

    my dag het so lekke begin en nou het dit so pas in ‘n kak maandag verander!!!

  • 44. Blixer  |  Julie 14, 2008 om 11 : 21

    Eerlik dink ek nie die versekeraars is die grootste skelms onder die son nie, naasgrootste beslis. Suid Afrika se banke is ver voor!

  • 45. Nats  |  Julie 14, 2008 om 11 : 29

    Blixer
    Da stem ek ook saam jou! Die banke doen dit sommer so oop!!! Hulle tart ‘n mens lekker… en dan praat ons nie van die olie mannetjies nie!!🙂

    Is jy nuut hier? Of is ek net nog vas aan die slaap?

  • 46. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 33

    Bruinogies, wat het gebeur dat jou dag opgefoeter is? was dit iets wat ek gesê het?

    Blixer, ek dink dalk is jy reg !!! banke buit ons net so erg uit !!

  • 47. Blixer  |  Julie 14, 2008 om 11 : 36

    Nats, ek loer van tyd tot tyd in.

    Zoekoe- nie almal het versekering nie, maar bykans almal het ‘n bankrekening.

  • 48. bruinogies  |  Julie 14, 2008 om 11 : 38

    zoeks

    nee dis die stupid ou wat ek al vi 3 en ‘n half jaar het!

  • 49. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 39

    Ja dis so waar…. en Banke looi ons met die bankfooie, en die ergste is dat hoe armer jy is, hoe meer moer hull jou met fooie, die rykgatte betaal amper niks fooie nie….. Suid Afrika – die land van die uitgebuitendes !!! 😯

  • 50. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 11 : 41

    Bruinogies, skop hom op sy gat !!! as Adrie hier was sou sy jou kon sê wat om met die ou te doen 😆

  • 51. Nats  |  Julie 14, 2008 om 11 : 42

    Blixer
    Nice!

    Almal moet ‘n bank rekening hê… so ja hulle steel by almal geld!! Dis ‘n verskriklike sirkel!! En ek moes versekering uitneem op my motor en toe Top Up versekering ook nog uitneem… wat is volgende versekering op versekering as jou versekering nie uitbetaal nie??

    BO
    Jammer om te hoor… darem is my verloofde da, en hy het sopas vir my lekker obs gebring!! Jou man kan gerus by hom kom leer😉

  • 52. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 11 : 53

    @ Nats

    Drink jou OBS pop klink vir my jy het dit nodig vandag.

  • 53. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 11 : 57

    @ Bruinoog

    Ohlalala ek is omring met die geslag (dus nou mans) elke dag want my werk verplig my om dit te doen, GOUE reel: hulle is almal soos kinders …. koer bietjie en slat ‘n dowe oor en glo my dit werk.

  • 54. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 02

    Sharky
    Ek drink altyd OBS… vandag se verskoning is die koue!😉
    Nie dat ons verskoning nodig het nie maar mense sal dink ons het ‘n probleem😆

  • 55. bruinogies  |  Julie 14, 2008 om 12 : 03

    hehehe dankie julle almal!!!
    net jammer ek het so kleine hartjie!!

  • 56. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 07

    Sharky
    Ek werk veel eerder met mans as vrouens… no offence maar vrouens is bitches en mans (die saam wie ek werk) doen hul ding en gaan aan en is alles behalwe soos kinders wanneer dit by werk uitkom. Hulle toys (paint ball ens) is ‘n ander storie🙂

    Da het ‘n ander vrou saam my gewerk… wel sy het 3 maande gelast!!! Nooit weer nie, ek het vir die mans ook gesê dis net ek na daai poppie hier weg is!!

  • 57. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 12 : 29

    Nats, jy weet dan 😉 😉 ons mans is nie almal so bad soos wat ons uitgemaak word nie !! Amper al my base in my loopbaan sover was vroumense, en ek werk lekker saam met hulle, en hulle met my, maar kyk dis waar as twee sterk vroumense saam moet werk…. ai jai jai dan is daar vir jou bakleiery hoor !!!

  • 58. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 40

    @ Nats

    Ek stem volkome saam ek werk eerder met hulle as met ‘n vrou (niks teen ons geslag) maar mans is maar net meer gemaklik in die werks-opset en SKINDER nie.

  • 59. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 43

    @ Zoekoe

    Jy werk lekker saam met vrouens omdat hy self ‘n man is. He He He verruil jou geslag vir ‘n dag en dan sien jy vonke !!!! Vrouens hou daarvan om te sien wie kan wie se allie toesteek.

    Dankie tog ek werk alleen en my kliente is mans (die meerderheid elkgeval)

  • 60. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 12 : 44

    huh ? nous ek weer deurmakaar…. wie praat nou met wie en hoekom? eish !!!

    Dis nie heeltemal waar dat mans nie skinner nie…. hulle kan ook maar lekker stories aandra !!!

  • 61. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 46

    Hey !!!!! Wag so bietjie ek gesels nie met myself nie en ek is ook nie 12:43 nie!!!!!!!

  • 62. neykie  |  Julie 14, 2008 om 12 : 46

    Helo A3 en almal,

    Ja kyk ‘n goeie vriendin van my het in my vasgery, 3maande na ek my nuwe kar gekry het. En was dit nou ‘n gesukkel om my kar te laat regmaak, toe dit eventually gebeur kry ek die kar na 1week eers terug en toe is daar skade binne my kar. Hulle trek net hulle skouers op en se dis nie hulle probleem nie. Ek skreeu sommer as ek daar aan dink…..
    😯

  • 63. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 47

    @ Zoekoe

    Dus die vroulike hormone wat deur skemer daar !!!! Niemand het gese mans skinder nie … ,maar hulle doen dit nie altyd op ‘n lelike manier nie.

  • 64. Nats  |  Julie 14, 2008 om 12 : 50

    HEY WIE PRAAT NOG STEEDS ONDER MY NAAM!!!

    WTF!!!

  • 65. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 12 : 50

    @ Nats

    Sorry pop die netwerk spook ek sweer dit het nie opgelet jou naampie sit in my blokkie nie.

    Dus nie aspris gewees nie BELOWE

  • 66. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 12 : 51

    Ja, dis seker waar Nats, as die manne skinner bedoel hulle dit darm nie om iemand se gat toe te steek nie….😀

    Nats, wie kloon jou nou weer?

  • 67. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 12 : 52

    Ek gaan nou maar huistoe my daggie is verby en voor ek nou weer aanjaag en namens Nats chat. he he he

    Nou weet ek wat dit beteken om te kloon !!!! ha ha ha

  • 68. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 12 : 53

    😆 ja gee altyd die computer die skuld 😆

  • 69. Sharky  |  Julie 14, 2008 om 12 : 55

    Sies vir jou dit was regtig nie ek BELOWE

  • 70. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 1 : 01

    Nog ‘n glasie OBS vir jou Nats? (die regte een)

  • 71. Nats  |  Julie 14, 2008 om 1 : 04

    Sharky
    Dis ok… sien jy nou hoe vinnig dit kan gebeur sonder dat jy dit weet!!🙂

    Zoekoe
    ASB!! En ek gaan nou amper ry ek is nou vrek honger… me want food now!!!!

  • 72. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 1 : 07

    Ok skat, wat kan ek vir jou gee om te eet, waarvoor lus jy ? Pizza, KFC, Winpy, Maxis, Braaivleis?

  • 73. Nats  |  Julie 14, 2008 om 1 : 17

    Zoekoe
    Op die stadium enige iets!!! Ek is nog nie oor my lus vir ribs nie… ek het Steers ribs geeet Vrydag aand maar heel duidelik het dit nie die “job” gedoen nie!🙂

  • 74. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 1 : 27

    Kom on sing!!!

    Tale as old as time
    True as it can be
    Barely even friends
    Then somebody bends
    Unexpectedly

    Just a little change
    Small, to say the least
    Both a little scared
    Neither one prepared
    Beauty and the Beast

    Ever just the same
    Ever a surprise
    Ever as before
    Ever just as sure
    As the sun will rise

    Tale as old as time
    Tune as old as song
    Bittersweet and strange
    Finding you can change
    Learning you were wrong

    Certain as the sun
    Rising in the east
    Tale as old as time
    Song as old as rhyme
    Beauty and the beast.

  • 75. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 1 : 27

    Nats
    Ek sal vir jou sommer ‘n kilogram spareribs met marinade sous gaan koop by Spur…. !!
    😀

  • 76. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 1 : 28

    @ Zoeks

    Jinne my ou!!! Maak jy my nou lus vi ribbetjie!!!

  • 77. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 1 : 29

    Ill paint my mood in shades of blue
    Paint my soul to be with you
    Ill sketch your lips in shaded tones
    Draw your mouth to my own

    Ill draw your arms around my waist
    Then all doubt I shall erase
    Ill paint the rain that softly lands on your wind-blown hair

    Ill trace a hand to wipe out your tears
    A look to calm your fears
    A silhouette of dark and light
    While we hold each other oh so tight

    Ill paint a sun to warm your heart
    Swearing that well never part
    Thats the colour of my love

    Ill paint the truth
    Show how I feel
    Try to make you completely real
    Ill use a brush so light and fine
    To draw you close and make you mine

    Ill paint a sun to warm your heart
    Swearing that well never part
    Thats the colour of my love

    Ill draw the years all passing by
    So much to learn so much to try

    And with this ring our lives will start
    Swearing that well never part
    I offer what you cannot buy
    Devoted love until we die

  • 78. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 1 : 37

    Sal vir jou ook kry Sam Q 😀 jy sing dan so mooi vir ons !!

  • 79. Pikkelik  |  Julie 14, 2008 om 1 : 49

    Versekering, versakering…. Die ouens het die woord ‘drop’ tot ‘n kuns vervolmaak!!! Skelm wetters, maar daaroor gaan ek nie uitwei nie!!! 😆

  • 80. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 3 : 06

    En nou? waars amal nou heen?

  • 81. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 3 : 30

    @ Zoeks

    My simpel internet smyt my af!!! 👿

  • 82. Nats  |  Julie 14, 2008 om 4 : 14

    Ai ai ai… dis soooooo stil sonder my Tweeling!!!

  • 83. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 4 : 22

    O-o-ooh Boesmanland, vat my hand
    en lei my oor die rand se kant
    As jy vir my kan sê waar die Boesmanland lê
    Boesmanland vat my hand

    [ KOOR ]

    O Bokkie vat jou sloop
    O ja Bokkie vat jou sloop
    Bokkie vat jou sloop
    dat ons Bitterfontein toe loop

    Met my vaal ou hout kitaar
    O, my vaal ou hout kitaar
    Ek speel dat dit so bars
    maar ek breek mos nie ‘n snaar

    [ KOOR ]

    Die Maskamberg se kruin
    O, die Maskamberg se kruin
    by die Maskamberg se kruin
    Ja, daar drink ons brandewyn

    Met ‘n koekie Sunlight seep
    o, die koekie Sunlight seep
    Ja, Garies se mense dra mos
    ‘n witbroek deur die week

    [ KOOR ]

    O, die hond het my beskyt
    O, die hond het my beskyt
    Ja die hond het my beskyt
    van die tafel afgesmyt

    Maar as ek maar net weer kon
    Ja, as ek maar net weer kon
    Kaalbolyf daar kan lê
    in die Boesmanland se son

    Dis nou Kubusland, vat my hand
    En lei my nou na Garries se kant
    As jy vir my kan sê of jy kubusse wil hê
    Ja Kubusland vat my hand

    Ja, Boesmanland vat my hand
    Ja, Boesmanland vat my hand

  • 84. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 4 : 28

    Blouberg se strand

    Die golwe weet waar breek die branders
    Hulle dink hulle’s vry
    Die wolke wentel in die hemel maar
    Op die winde moet hul ry

    Dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
    Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
    Maar dis koel na die lang nag
    En ons groet die dag

    KOOR:

    Goeiemôre my sonskyn, goeiemôre my kind
    Kom ons draf langs die strand
    Kom ons ry op die wind
    Die sand sal ons skroei en die strale sal brand, mm-mm

    Maar

    Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
    Daar is wit gekalkte huise
    En ou Tafelberg
    Daar is hengelaars met stok en hoed

    Wat vroeg visse terg
    My pa sê my kind, ons moet swart mossels vind
    Ons is lief vir die see, ek is lief vir my kind
    Maar dis koel na die lang nag
    En ons groet die dag

    [ KOOR ]

  • 85. Samantha Q  |  Julie 14, 2008 om 4 : 33

    ‘n Liedjie vir jou

    Ek dink vanaand aan jou en aan die Wildekus se golwe.
    Ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand.
    Ek dink aan rotskastele, watervalle na benede,
    En beestepaadjies sukkel oor die rand.

    KOOR:

    En, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing.
    En ek weet dat jy die woorde sou verstaan.
    Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing,
    En ek weet dit sou weer ‘n vonkel in jou oë bring.

    Ek dink vanaand aan jou en aan die Visriviervallei.
    Ek dink vanaand aan jou en aan sy kronkel-kronkel-kronkel.
    Ek dink aan stroomversnellings, aan die koue winternagte
    En kampvuuraande op die goudgeel sand.

    [ KOOR ]

    Ek dink vanaand aan jou en aan die blou-blou Kaapse berge.
    ‘n Sprokiesland in bleekwit op ‘n helder sterligaand.
    Ek dink aan waterpoele, wit proteas teen die hange.
    Maar somtyds, vir ‘n oomblik, net aan jou.

    [ KOOR ]

  • 86. Zoekoe  |  Julie 14, 2008 om 4 : 39

    Mooi musiek Sam Q

    Ja jong Nats, dit wil my voorkom asof jou tweeling baie meer belangrik vir die blog is, as wat ek gedink het…..

  • 87. rosalindfranklin  |  Julie 14, 2008 om 7 : 18

    het nie al die kommentare gelees nie, maar die londen-brand in 1666 was reusagtig. ek dink dit is dit. jammer as iemand dit al geraai het.

  • 88. diebrein  |  Julie 14, 2008 om 8 : 28

    Fokkit ek stem heelhartig met jou saam, maar moenie ABSA bank , Vodacom en Telkom weggooi nie, die drie reuse is beslis hard besig om mee te ding met die versekerings bedryf om te kyk wie kan die skelmste wees.Maar hoedit ookal sy ek dink eerlikheid baat nie as dit by een van die instansies kom nie, lieg en lieg somer kliphard om `n aalmoesie terug te kry wat jy elke maand hard en eerlik aan betaal het.

    Ek weet nie of ek op jou blog mag vloek nie,maar. FOK ABSA, FOK VODACOM EN FOK TELKOM EN FOK DIE VERSEKERINGSBEDRYF!!!!!!

  • 89. Adrie  |  Julie 14, 2008 om 8 : 30

    He He He

    Brein

    Ek gee nie om vir die welverdiende vloek hier of daar nie.

  • 90. Roer  |  Julie 14, 2008 om 9 : 34

    A3, suster, ek dink ons is telepaties in verbinding. Ek vertel jou Donderdag hoekom.

    Sam, ek stuur vir jou ‘n coke.😆

  • 91. johan jacobs  |  Januarie 27, 2009 om 12 : 25

    hi al wat ek vir ulle ouens kan se is dat daar baie sharks daar buite rondloop. eks self al vir die afgelope 12 jaar n makelaar en ek kan jul waarborg dat ek nie een ontevrede klient het nie. ek sorg vir my kliente soos wat ek vir myself sal sorg. ja ek vat niemand se strooi nie. my kliente bly koning.hoe klinkn kwotasier op jul versekering sonder enige bybetalings. e mail my gerus.
    groetnis
    johan
    johanj@mwebbiz.co.za

  • 92. Amanda  |  April 19, 2011 om 2 : 53

    Ek wil ook net sê dat versekerings maatskappye definitief skelm is, want ek was onlangs in ‘n supermark beroof en met ‘n pistool aangehou terwyl hulle die winkel beroof het. Hulle het my trouringe ens gesteel my ringe was verseker vir R26500 waarop ek ‘n premie per maand betaal vir die volle versekerde bedrag. Toe ek my eis insit, het hulle my laat weet daar is een Juwelier by wie ek kan gaan koop, want dit is die goedkoopste kwotasie wat hulle kan kry volgens die sertifikaat wat hulle van my ring het en dit is vir R18000 waarop hulle ‘n verdere 35% afslag kry, m.a.w hulle betaal aan die juwelier net R11700. Ek het kapsie gemaak en gesê ek wil by ‘n juwelier van my keuse ‘n ring laat maak aangesien dit ‘n persoonlike iets is en nie iemand vir my kan besluit by wie ek moet koop nie. Daar is toe aan my gesê dat dit reg is, maar dan kry ek net die bedrag wat hulle aan die juwelier sou betaal wat R11700. Met ander woorde hulle loop weg met R14800. Waarom dan ‘n premie betaal op ‘n bedrag van R26500 en dit is al wat ek gaan kry…………dit klink nie reg en is ook nie reg. Hulle is vol mooi beloftes en laat jy nou jou premie een maand skip, dan is dit hel to play, maar as hulle jou moet uitbetaal is dit die behandeling wat jy kry. Die assesor wat by ons was (dit is nou oor die ringe) wou selfs weet of ek ‘n kind wat oor 20 is wat hier bly, ek meen wat het dit met die eis van my ring te doen, dit het nie eens by my huis gebeur nie, hulle vrae het jou soos ‘n skelm laat voel. Wel ek is klaar met hulle!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: