Romans

Julie 12, 2008 at 6 : 30 25 Kommentaar

As jy ooit wil sien hoe val jou IK met 50% in iemand se oë; erken jy lees Afrikaanse romans.  ‘n Mens kan hulle ook nie juis kwalik neem nie.  Die meerderheid word volgens ‘n vasgestelde patroon geskryf.

‘n Redelik oulike meisie, wat gewoonlik van die hand tot die mond leef, se paaie kruis ‘n buffel s’n.  Die buffel is welgesteld, dikwels is hy ‘n boer of sakeman.  Hy beskou haar as ‘n pyn in die agterstewe en behandel haar ook so.  Somtyds is hy mislik as gevolg van ‘n liefdesteleurstelling, maar meestal net omdat hy kan.  Die vonke spat so vir 130 bladsye.  Dan verwerdig die buffel homself om verlief te raak en haar te vra om te trou.  Sy ontdek dat omdat hy ‘n man is moet hy op haar trap.  Hy was ‘n boelie omdat hy teen sy liefde vir haar baklei het.  Die boek eindig met ‘n soen, sonder of jy ooit sal weet of sy bevordering van vloerlap af gekry het.

Ek kan net aan een Afrikaanse Roman skrywer dink waar die mans en vroue gelykes is.   Haar karakters is almal dieselfde, net die name en omstandighede verskil.  Dan is daar ‘n skrywer wat ek kan sweer copy en paste uitgevind het.  Die meerderheid van haar boeke het ‘n verwysing na ‘n blou brief wat ‘n fortuinverteller in haar toekoms gesien het, iewers word die sproete op die blonde heldin se neuse getel, die heldin is gek oor diere – as sy ‘n hond het, is sy naam Kabaal, en die op maak is altyd dieselfde.  Die buffel praat te veel en die heldin plaas haar vinger op sy mond.  Dan praat sy te veel en hy is baie meer oorspronklik as sy (natuurlik, mos ‘n man!).  Hy soen haar stil.  Daar is ‘n ander skrywer wat haar roem op haar navorsing vir haar reisverhale.  Sonder dat sy self reis, ek weet van ten minste een boek waarin sy die pot mis sit.  Daar is ook ‘n skrywer wat mal is oor ‘n heldin met ‘n streepsak vol sussies.  ‘n Held ontferm hulle oor die hulpelose vroue (natuurlik kan hy en die heldin mekaar nie verdra nie).  Tot op ‘n dag. . .   So kan ek die hele dag aanhou.

Op ‘n manier het ek simpatie met roman skrywers.  Die Afrikaanse mark is net so groot en julle weet self die meeste mense verkies om Engels te neem.  Weet jy wat kry hulle vir hulle pennevrug?  Iets soos R2500 en 6 eksemplare.  Wat beteken jy skryf of uit die liefde van die saak of jy ryg boeke uit soos derms om te oorleef.  Daarom die een beproefde resep wat bewonderaars gelukkig hou en boeke verkoop.

Ek weet wat in die romans aangaan, omdat die meerderheid van my leesstof van 20 jaar uit die romans bestaan.  Hoekom doen ek dit nog aan myself?  Eerstens; ek is lui.  Ek kan die boek lees terwyl ek Pateetlaan kyk en altwee volg.  Dit lees vinnig, veral omdat jy nie eers hoef te dink nie.  Jy hoef nie in die gemiddelde roman bladsye of selfs hoofstukke oor te slaan omdat jy nie deur die stoom die skrif kan sien nie.  Daar is ook dikwels baie humor op die bladsye verskuil.  Die belangrikste rede is omdat dit soos ‘n skattejag is.

Iewers gaan jy ‘n juweel raakloop.   ‘n Boek wat jou gaan laat dink en by jou gaan bly.  Een wat jy gaan soek om te koop.  Dikwels kan jy hulle baie goedkoop in ‘n tweedehandse winkel opspoor.  Dit kan jou dalk 100 boeke neem om die uitstaande een te vind, maar dit maak dit net nog meer spesiaal.

Lees jy romans, al is dit skelm?  Wie is jou gunsteling roman skrywer?  Hoe voel jy oor romans?

Blogvraag:  Wie skryf graag boeke oor lugwaardinne of onderwysers, omdat sy die beroepe beoefen het?  Sy is ook die skepper van Tier Schutte en Jakaranda Lugdiens.

Blogantwoord:  Sam was eerste reg met Diesel engins.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Jou Motor se Woonplek Grootste skelms onder die son . . .

25 Kommentaar Add your own

  • 1. Sam q  |  Julie 12, 2008 om 7 : 42

    EERSTE!

  • 2. Pikkelik  |  Julie 12, 2008 om 8 : 00

    Tweede

  • 3. Salomè  |  Julie 12, 2008 om 8 : 05

    Goeie More
    Vandag sit ek nie my neus by hiri huis uit nie, dis te verskriklik koud.
    Sal ek maar vir ons pannekoek bak?

  • 4. Pikkelik  |  Julie 12, 2008 om 8 : 06

    Heeehaaa, ‘n sielsgenoot!!!! Ek behoort aan Romanza boekklub, en moet erken daar is darem so elke 5 de maand ‘n verfrissende ietsie anders in die pos!!! 😆 Die nuwe generasie skrywers kan darem soms bietjie meer oorspronklik wees. Ek neem gemiddeld 250 tot 300 boeke ‘n jaar by die bib uit… Sommer so afrikaans en engels deurmekaar. Maar as ek die dag by ‘n boekwinkel instap koop ek Engels. Ek is verslaaf aan lees, en ‘n dag sonder lees is soos ‘n dag sonder suurstof, maar met twee terroriste om te versorg is dit eenvoudig makliker om sommer ‘n afrikaanse boek te lees, wat ek dan ook gewoonlik langs die troon in die badkamer hou om sommer vinnig as ek dan moet gaan sit, ‘n hoofstuk of twee kaf te draf. My reel is ook om altyd eers die Afrikaanse boeke te lees en dan die Engelses, anders is ek so teleurgesteld met die swak ‘plot’ en so meer. En as die leesstof die dag opgelees is, gryp ek sommer die eerste beste ding wat naby is om te lees, enigiets, deoderantblikkies, handy andy bottels, ek ken die wasmasjien se manuel uit my kop uit, atlas, ensiklopidie, en op seldsame oomblikke sommer die telefoongids. Maar lees moet ek lees… 😆

  • 5. Salomè  |  Julie 12, 2008 om 8 : 08

    Oor die onderwerp;
    Vir die afgelope 2 jaar is my leesstof beperk tot kinderstories en Bybel. Maar hou verby met die Afrikaanse goet – ek lees veel eerder Engels. Die Readers Digest boeke het sommer 4 stories in een. As die een boring raak, lees jy sommer die volgende een. Maar daar is nie sommer ‘n vervelige storie nie in nie – ek hou maar net nie van die oorlog stories nie.

  • 6. Pikkelik  |  Julie 12, 2008 om 8 : 08

    ‘n Blond bring ‘n boek terug bibliteek toe en kla steen en been oor die boek… Die bibliotekaresse wil toe weet wat nou eintlik die probleem is. “Te veel karakters en geen storielyn” sê die blond… Die Bibliotekaresse gee haar een kyk, gryp die boek en sê: “So jy is die stommerik wat ons telefoongids gevat het!!!!” 😆 😆 😆

  • 7. Salomè  |  Julie 12, 2008 om 8 : 10

    More Pikkie
    Jy is dan beslis ‘n beter mens as ek. Ek gryp liewer na die breiwerk as ek ‘n minuut op hande het. Liefie het al gespot en gevra of ek dit nie (soos ander mense se tydskrifte) by die troon ok wil doen nie.

  • 8. aventer  |  Julie 12, 2008 om 10 : 24

    Lees lees lees lees…is nie rerig in my veld nie

    Gee my ‘n liedjie om op die kitaar uit te werk en ek doen dit vir jou. In my leeftyd het ek nog net ‘n paar goeie boeke gelees:

    Die Harry Potter reeks (uitstekend geskryf)
    Die beste ding since popcorn
    Daar’s vis in die punch
    Eenweg koffiekroeg
    Chocolate lover’s diet
    Dis ek Anna
    en my gunstelling:

    Die liefde laat jou rice crispies anders proe

    Ek lees net romans as die ou op die voorblad iets is om voor te kyk, my ma het hordes van die goed

  • 9. Zee  |  Julie 12, 2008 om 11 : 38

    Ek is nie skaam om te se dat ek omtrent net afrikaanse romans lees nie!!

    Antwoord : Ettie Bierman
    Ek kan goed onthou elke keer as ek bib toe gegaan het ek gaan soek of daar nie dalkies nog n nuwe roman is wat ek nog nie van haar gelees het nie!

  • 10. Wipneus!  |  Julie 12, 2008 om 12 : 46

    Ek is mal oor lees.

    Daar is nie ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse boeke nie.

    Hierdie is die boeke wat tans op my bedkassie luier… en waaroor ek baie raas kry, as ek tot in die oggend ure lê en lees. Onthou ek drink Red bull… so slaap kom nie nou maklik nie.
    A Thousand Splendid Suns
    The Secret
    Eat, Pray, Love: One Woman’s Search for Everything
    The Charming man
    French woman don’t get fat 😆

  • 11. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 12 : 00

    My movie hak vas! My mxit willi werki en ek sukkel my gat af om te blog!

  • 12. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 12 : 01

    👿

  • 13. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 12 : 03

    Ek praat somme forren!

  • 14. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 12 : 05

    Eish!

  • 15. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 12 : 08

    Miskien moet ek ma net ga slaap!

  • 16. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 11 : 52

    Testing! GGGRRR!

  • 17. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 11 : 54

    Ek skryf somme ‘n boek wa die heldin die welgestelde man bliksem!

  • 18. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 6 : 31

    Lyk my almal kry te koud om nog aan die blog te dink….. Ek wonner wanne ek ‘n nief blog ga kry🙄

  • 19. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 6 : 35

    Ek wonder nou net hoekom meeste mense dink Mandela is ‘n god. Oppi tv praat hulle nou van ‘n man wat uit die wolke gestyg het. Se gat! Hy was inni tronk, nie die hemel nie! Tsk!

  • 20. Sam q  |  Julie 13, 2008 om 8 : 54

    En eks nogsteeds al1🙄

  • 21. Olga  |  Julie 13, 2008 om 9 : 29

    Hi almal. Ai, sam. Ek my vmore fattap getxt. Ma elke keer as ek send, se tath nokia memory full. Ah, vgeet di kak romans en s.a se prulskrywers. My baby boy vdag sy golf ini barrier tussen chrystal springs en pelgrims vasgeiy nadat hy ini erge mis opi dennegom gepolisjde pad gegly het. Om lang storie kort te maak, kom taxi met mamurse spoed die berg af, gly op dieselfde plek en ry inr golfie vas. Spoed was so groot, taxi het golfie geslaan, omgekeer en ori kniehoogte barrier veld in gedra. Ai, bet outsurance en wat dink julle hoor ons? Hennie (tembi se wit neef vani plaas) het versekering op golfie gekanselleer nadat my staan maand gelede gebel het om versekering op hyundai accent te kanselleer. Ai, tog, hennie, ek ga jou kry.

  • […] ‘n mens teen versekering wen?  Olga se seun gaan sy bes probeer en ek wens hom alle sukses toe.  Wat staan ‘n mens te doen?  Is bek […]

  • 23. Adrie  |  Julie 13, 2008 om 11 : 53

    Pikkie

    Ek het jou mos al lankal gese dat ek jou met die hand kan groet. Gee my iets met letters op en ek lees dit. ‘n Telefoonboek kan ure se vermaak verskaf as jy regtig verveeld is.

    Zee

    Ek sal iets Engels lees, as dit baie hoog aangeskryf is. My gunsteling van Ettie Bierman is Dr Linda. Ken jy dit?

    Sam

    Ek is steeds suur oor jou luiperd. Gmf!!!! (Ek het dolfyne vandag gesien). 😆 Mandela.

    Olga

    EISH!!!! Dit is erg.

    Aventer

    Doen julle nie meer prosa op skool nie? Daar lees ‘n mens heelwat boeke.

    Wip

    Verskeidenheid is ‘n krisis met Afrikaanse boeke.

    Salome

    Ek onthou goed hoe het my ma toe ek klein was gebrei terwyl sy gelees het met die radio in die agtergrond.

  • 24. Marile Cloete  |  Mei 29, 2010 om 10 : 47

    Hierdie post gee ‘n baie goeie opsomming van hoe Afrikaanse liefdesverhale jaaaare gelede gelyk het – maar gelukkig nie meer nie!
    Vandag word ‘n onderskeiding gemaak tussen romanses (ligter boeke waarin die ontwikkeling van die verhouding die sentrale en oorheersende tema is, een deel van ‘n reeks) en die liefdesroman (dikker met meer issues en agtergrond, en ‘n enkeltitel). Vandag se heldinne is die mans se gelyke, die manne is nie meer almal dark and hands all over nie, maar het ook ‘n sagte kant, en die boek eindig nie meer noodwendig met ‘n soen nie.
    Kry gerus ‘n Romanza van Lapa in jou naaste CNA en kyk of ek die waarheid praat!

  • 25. Xena Phoenix  |  Junie 1, 2010 om 11 : 25

    Hmmm

    Ek kon nog nooit ‘n uitdaging weerstaan nie. Ek neem aan die plaaslike bib het van die boeke in voorraad? Is daar ‘n spesifieke een wat jy dalk wil aanbeveel? Een van jou eie dalk?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: