Sy leer my om te jodel

Julie 10, 2008 at 4 : 22 114 Kommentaar

Ek is seker hierdie dame is geliefd onder almal en het geen bekendstelling nodig nie.

Heidi is loshande my gunsteling karakter van alle tye.  Een van my gunsteling programme ook.  Heidi was al verskeie kere op televisie ook gewees, maar ek onthou veral die dae wat sy ons gas op ‘n Sondagmiddag was.  Een uur op TV 2.  Ek onthou veral dat my ma en pa Heidi baie getrou saam met ons gekyk het. 

Vir die van julle wat aliens is.  Julle het gemis.  Heidi is ‘n weeskind wat aan haar tante Dede toevertrou is.  Dede kry dan werk in Frankfurt en moet Mayenfeld verlaat.  Sy kan die 6 jarige Heidi nie saam met haar neem nie en laat haar by haar erg onwillige Oupa, Alm.  Sy word dan vriende met Peter, die seun wat na haar Oupa se bokke kyk.

3 jaar later kom Dete vir Heidi haal.  Haar werkgewer se verlamde dogter, Clara Sesemann (Wat was Heidi se van?) het ‘n maatjie nodig.  Heidi bly op die einde net ‘n jaar lank daar.  Sy stamp gereeld koppe met Juffrou Rottenmeier, juis omdat Heidi weier om te lees.  Wie sal ooit daardie wenkbroue kan vergeet?  Clara se Ouma oortuig Heidi anders.  Heidi besef dat sy vir Ouma (eindlik Peter se blinde Ouma) sal kan lees.  Dan word Heidi siek en word terug gestuur.

Heidi en Clara skryf gereeld vir mekaar briewe.  Op Clara se dokter se aandrang, word sy vir die somer na die Alpe gestuur.  Sy word daar sterker en kort voor lank kan sy loop. 

Heidi was die penvrug van Johanna Spyri en het reeds in 1880 verskyn.  Daar was twee opvolgboeke ook gewees,Heidi Grows up en Heidi’s Children, maar dit is deur Charles Tritten geskryf.  Tritten het die eerste boek, Heidis Lehr – und Wanderjahre (Heidi’s Years of Wandering and Learning) vertaal.  En sommer die karakter vir homself gegaps. 

Heidi se animasie was niks om oor huis toe te skryf nie.  Tog was dit ‘n verhaal vol drama, afwagting en bowenal onskuld gewees.  Niemand wou ooit ‘n episode misloop nie.  Ek hou niks van die kinderprogramme van vandag nie.  Dit is so verbeeldingloos en vol geweld.  Gaan die kinders van vandag vol heimwee terug dink aan hulle monsters?

Het julle van Heidi gehou?  Kan julle Nils Holgerson, Pinochio, Niklaas ens onthou?  Hoe voel julle oorvandag se sprokiesprente?

Blogvraag:  Wie het Heidi in die 1937 film gespeel.

Blogantwoord:  MMed graad is die spesialiserings graad.

 

Jammer Heidie maar ons almal kort… hitte!!!!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

My kleintydse beroep Jou Motor se Woonplek

114 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 10, 2008 om 4 : 38

    Ai, ja. Heidi was gr8. Wie kon dit resist? Wat van remi? Ai, swerwerskind het my hartsnare geroer. Dis n feit.

  • 2. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 4 : 43

    Olga

    Hoe kon ek van Remi vergeet het.

    Een van my vriendinne se ma het altyd weer haar ogies uitgehuil met Niklaas.

  • 3. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 4 : 45

    Hierdie Swerwerskind
    Van die reen en wind
    Remi jy’s allenig op die wereld
    Deur die donkerste nag
    En die lang warm somers dag
    Droom jy dat jou mamma vir jou wag

    Hou net jou oe op die berge
    Sing en dans en huppel soos jy verder gaan
    Wat hierdie liedjie vir jou se
    Daar is iewers ‘n moeder wat verstaan.

    Of so iets.

  • 4. Wipneus!  |  Julie 10, 2008 om 6 : 08

    Heidi is ook my gunsteling kinder storie. Ek kyk dit meer as gereeld!! 😛 want ek is nog ‘n kinders!!

    ♪ ♪
    Heidi, Heidi, Deine Welt sind die Berge
    Heidi, Heidi, denn hier oben bist Du zu haus
    Dunkle Tannen, grüne Wiesen im Sonnenschein
    Heidi, Heidi, brauchst Du zum glücklich sein
    Holalahidi…
    Heidi, Heidi, komm nach haus, find Dein Glück
    Komm doch wieder zurück

    Dort in den hohen Bergen
    Lebt eine kleine Maid
    Gut Freund mit allen Tieren
    Ist glücklich alle Zeit
    Im Winter wie im Sommer
    Auch wenn all’ die Herden zieh’n
    Am Morgen und im Abendschein
    Wenn rot die Alpen glühn

    Heidi, Heidi, Deine Welt sind die Berge
    Heidi, Heidi, denn hier oben bist Du zu haus
    Dunkle Tannen, grüne Wiesen im Sonnenschein
    Heidi, Heidi, brauchst Du zum glücklich sein
    Holalahidi…
    Heidi, Heidi, komm doch heim, find Dein Glück
    Komm doch wieder zurück

  • 5. Sam q  |  Julie 10, 2008 om 6 : 11

    EERSTE!

  • 6. Sam q  |  Julie 10, 2008 om 6 : 12

    Shirley Temple?

  • 7. Sam q  |  Julie 10, 2008 om 6 : 17

    Ek mis die goeie ou dae……

  • 8. Sam q  |  Julie 10, 2008 om 6 : 28

    Die goeters wat hulle vandag virri kjinders het is somme ‘n klomp kak!

  • 9. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 03

    As ek so na Hildatjie op (hoe sê Adrie) Pateet laan kyk, sien ek altyd Heidi se gesiggie voor my. Ek het saam met haar gehuil oor Ouma se broodjies en die hoë geboue wat haar mooi berge wegsteek. Sebastiaan was darem ‘n goeie ou hart. En Oupa het my baie kwaad gehad oordat hy so ou harde kop is.

    Neels was ook een van my gunstelinge. En wat van Haasdas en sy nuus. Riaan Cruywagen lyk nou nog vir my soos Haasdas.

  • 10. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 06

    Ek stem Sam. Hulle wys vir die kinders darem baie gemors. Cow en Chicken is van die ongemanierdste, onopgevoedste, vieslikste goed. Johnny Bravo is common verby. En so kan ons aangaan. Het vir die kinders Storiehuis se DVD’s gekoop. Hulle kyk dit oor en oor. Sewe met een hou. Die Swane Broers. Repelsteeltjie en, en
    Hulle het ok baie Disney DVD’s met Tom en Jerry, Popeye en die ander bekendes.
    Ons kinders mis baie. Ek dink ons het dit heelwat maklliker gehad.

  • 11. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 08

    Nou ja, ek loop dan maar. Het my as af gewerk vandag en nou is hier niemand wat saam met my ‘n ou koffietjie wil drink nie.
    Sien julle more!!
    Rustige Nag!!

  • 12. Wipneus!  |  Julie 10, 2008 om 8 : 09

    Ek hou ook van Pinnochio en Liewe Heksie….

    Kyknet moet Liewe Heksie vir die kinders uitsaai!! Kyknet saai Heidie en Niels uit…. Ouma kyk dit!!

    Dit laat my verlang na vervloeë dae he he

    Dankie vir daardie resepte Saloom!!

  • 13. Olga  |  Julie 10, 2008 om 10 : 46

    Ai, niklas was onk hartroerend. Ai, my kidz tjoestil dana gesit en kyk. Ek het ook heelwat trane gepink oor niklaas en remi. Ai, en die skoorsteenveers was nog ehna storie. Maar dan was pinnochio darem ook daar om n glimlag te bring. Ek dink dis tyd dat ons die sauk tot verantwoording roep. Viva.

  • 14. Olga  |  Julie 10, 2008 om 11 : 10

    Soveel spelfoute. Eisj. So op die onderwerp van kinders. Wie is liz hurley se kid se pa? Dis darem eienaardig hoe baie die pics van die kind in van deesweek se huisgenoot lyk na die van die seun hugh grant se pics wat in 2 weeks notice gebruik word. Dalk verbeel ek my. Daar die ooreenkoms is merkwaardig. Ek wonder of dit die rede is hoekom sy hom altyd in outydse klere aantrek.

  • 15. Sam q  |  Julie 11, 2008 om 5 : 26

    Olga… Kom ons ga toi toi voor die SAUKak! Ek is seker daas miljuisende ouers wat saam sal toi toi.

  • 16. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 7 : 30

    Goeie More mense !! dis VRYDAG !!!!

  • 17. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 7 : 55

    More More

    My vingers vries af, al is dit Vrydag.

  • 18. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 12

    Ja nee kyk !! ek dink die ergste hitte is nou verby !!!

  • 19. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 15

    Ek dink na hierdie naweek gaan daar baie nuwe mammas en pappas wees.

  • 20. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 20

    🙄 😆 ja Adrie… dis ook net jy wat daaraan sal dink !

  • 21. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 23

    Ek het skaars by die kantoor ingeloop, toe vertel iemand my dit is BMW dag vandag. Dus . . .

    Net jammer hulle gaan stront op TV moet kyk.

  • 22. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 25

    dis lekker rooiwyn en kaggel weer die !!! net jammer ek het nie een van die twee nie !!!

  • 23. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 27

    Kaggel en marshmallows sal ook doen. Met hot chocolate en DVD’s.

  • 24. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 32

    Kaggel, rooiwyn, mooi geselskap !!!! never maaind die DVD’s !!! 😉

  • 25. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 35

    Zoekoe

    Terwyl my tweeling skitter in haar afwesigheid, moet ek jou waarsku dat jy op baie baie baie dun ys is. As dit breek, onthou die water onder dit is eers koud.

  • 26. Olga  |  Julie 11, 2008 om 8 : 39

    Wys my gevreetjie?

  • 27. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 40

    Jip, dit doen.

  • 28. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 47

    Nou hoekom is ek op die dun ys? ek het niks gedoen nie !!! ???

  • 29. Pikkelik  |  Julie 11, 2008 om 8 : 49

    More almal, ek kyk nounog gereeld die hele Heidi van voor tot agter. Het eers net vir Ouboet die eerste DVD gekoop, ek dink daar is so vyf episodes op, maar toe die DVD moet gespeel was, het ons sommer die Box gekoop! Die hele reeks is daarin saamgevat… Dit is die lekkerste storie denkbaar. Ouboet het natuurlik toe ek swanger was met Poppedyn en nie so ‘beweeglik’ was nie, gereeld beenoefeninge Alla Heide en Clare met my gedoen!!!! 😆 😆

  • 30. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 49

    Ek waarsku jou, want jy is oppad om iets te doen. Vir jou hou ek fyn dop.

  • 31. Pikkelik  |  Julie 11, 2008 om 8 : 50

    More Zoeks, my liefie, log tog net bietjie in dat ek op jou naam kan kliek om by jou site te kom… Ai julle gee ou tannies darem baie werk!!!! 👿

  • 32. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 50

    More Pikkie

    He He He. Ek kan net die prentjie sien. Ek dink ek moet jou kom help pak. En die Heidi DVD’s in die trek verloor.

  • 33. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 8 : 51

    Met Zoekoe hier, sien Pikkie weer niemand anders raak nie.

  • 34. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 8 : 55

    Hi Pikkelik !! OK click op my naam !!! 😉

    Adrie, ek doen nie sulke dinge nie (watever dit is waaraan jy dink)

  • 35. Wipneus!  |  Julie 11, 2008 om 9 : 08

    Hi Almal

    vandag kry ek koud, en ek woerts weer terug voor die verwarmer, niks van voor die rekenaar sit vir my vandag nie!! Ek vries!

  • 36. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 9 : 10

    Hallo Ouma Wip !!! 😀

    Dis erg koud, maar die office is darm lekker warm !! ek loop hier binne rond sonner my baadjie !

  • 37. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 11

    Dit is piskoud. Ek gaan sommer huistoe.

  • 38. Verons  |  Julie 11, 2008 om 9 : 15

    More more!! BRRRRRRRRRRRRRRR is flippen koud!!!
    Ja waar is al daai mooi stories heen??? Gelukkig het ek nie meer kinners in die huis nie want as ek na die klomp kak kyk wat hulle nou vir die kinders opdis rys my hare!! Dis net geweld en demone geen wonder die kinders van vandag is so aggresief nie!

    Ek is al van vroeg vanoggend af erg nostalgies, het begin met Jacaranda se YQMQ toe Darren vir Dianne gevra het wie was die stem van een of ander radio storie (het als nou vergeet seker maar die ouderdom) toe het sy die verkeerde ou beetgehad later toe bel Darren toe die ou en hulle speel toe die intro van die storie waarin hy eintlik gespeel en en toe daai intro so opkom slaat ek hoender vere oral uit! Toe verlang ek darem erg na mense wat ek nie eers ken nie!!

  • 39. Nats  |  Julie 11, 2008 om 9 : 17

    Goeie more!!

    Heidie is en sal maar altyd na aan my hart bly!!! My oupa het elke episode vir sy geliefde kleinkinders op geneem!! Ek wil juis kyk of mens nie die series op DVD kry nie want ek sal dit beslis koop!!

    En my kinders SAL dit kyk!

    Vandag se Pokimon en Tellytubbies is die grootste lot tjol onder die son

  • 40. Nats  |  Julie 11, 2008 om 9 : 20

    O ja ek was amper vandag my Tweeling gewees… gelukkig het ek na die naam in die blokkie gekyk!!

  • 41. Olga  |  Julie 11, 2008 om 9 : 21

    More, more. Reel jy daardie march sam en ek is da.

  • 42. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 21

    Nats

    Ek het gewonder of jy dit gaan maak. GAME het die Heidi DVD

    Verons

    Ek het ook daardie storie vanoggend gevolg. Dianne was soos ek sal wees as ek Ryk met die hand groet.

  • 43. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 23

    Ek march saam. Kan hulle nie Heidi in die Generation Games se slot op sit nie? Gevolg deur Remi.

  • 44. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 34

    Het enige iemand Heidi se Afrikaanse woorde?

  • 45. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 9 : 37

    Hallo Nats !! mwah mwah !!! 😀 😛

    Ek kyk glad nie meer na gewone tv nie…. so ek weet nie wat is deesdae op nie… maar as ek so luiter is dit net geweld en kak !!

  • 46. Nats  |  Julie 11, 2008 om 9 : 41

    Adrie
    Thx ek sal bietjie gaan loer!! Ek het gister baie sleg gevoel maar voel stukke beter!! Baie medisyne in, maar dit het darem gehelp!!

    Watse march?

  • 47. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 45

    Tweeling

    My drieling en Olga gaan ‘n march hou dat hulle vandag se bollie afhaal en ordentlike programme opsit.

  • 48. Verons  |  Julie 11, 2008 om 9 : 48

    A3 ek het lekker vir Dianne gelag maar ek onthou nog ek het ook destyds ‘n crush op daai stem gehad, ek onthou nog die sigaret advertensies in die bioskope was altyd die mooiste gewees en hy het mos die stemwerk vir Dunhill en Steyvesant gedoen!

  • 49. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 9 : 51

    Daar is hoop vir die land. Uit die beeld.

    Loraine Kalp
    ‘n Jong vrou van Bloemfontein kan nie uitgepraat raak oor die hulp wat ‘n taxi vol mense haar verleen het nie.

    Sonder dié hulp sou kapers met haar motor, handsak en selfoon weggekom het.

    “Dis wonderlik dat dié mense my te hulp gesnel het – veral in die huidige misdaadsituasie in ons land,” sê die vrou (27), wat nie haar naam genoem wil hê nie.

    Sy het onlangs in Harveyweg by ‘n rooi verkeerslig stilgehou. Sy was alleen en het op haar selfoon gepraat – “wat sekerlik ‘n fout was”.

    Drie mans het haar motor uit die bloute genader en die ruit aan die bestuurderskant stukkend geslaan.

    “Met die slag wat die ruit uitgeslaan is, het my selfoon geval. Hulle het my selfoon gesoek.

    “Ek het nie geweet waar dit geval het nie en ek was ook nie van plan om dit te soek nie. Ek het net verskriklik begin gil.”

    Die kapers het haar motor se sleutels uitgepluk, haar deur oopgeruk en haar uit haar motor gegooi.

    Sy het op die middelman van die straat te lande gekom.

    ” ‘n Onbekende man, wat by ‘n koeriermaatskappy werk, het met sy bakkie dwars voor my motor gestop en my te hulp gesnel.”

    Sy sê ‘n taxi vol mense het net daarna agter haar motor gestop.

    “Ek het geskrik en gedink dié mense werk saam met die kapers.”

    Sy sê tot haar verbasing het die mense in die taxi uitgespring, die drie kapers uit haar voertuig geruk en hulle reggesien.

    Die spaarsleutels van haar motor was in haar handsak in die bagasiebak.

    Sy het die bak oopgepluk en die spaarsleutels uitgehaal.

    Sy sê die man van die koeriermaatskappy was baie besorg oor haar en het haar heeltyd gevra of sy enigiets oorgekom het.

    Hy het vir haar gesê sy moet maak dat sy wegkom. Sy het in haar motor gespring en weggejaag.

    “Op pad het die taxi langs my ingery.” Ek was so verskrik, maar kon my oë nie glo toe hulle vir my my selfoon en my motorsleutels wys nie.

    “Hulle skreeu toe vir my dat hulle goed vir my wil gee.

    “Ek het die goed so in die ry deur my stukkende motorruit aangevat. Ek was só verskrik.”

    Sy sê die taxi het saam met haar gery tot waar sy wou wees.

    Hulle wou nie inkom nie en het daarna weggery.

    Sy sê sy is op soek na die man van die koeriermaatskappy wat eerste daar gestop het. “Ek wil hom net graag persoonlik bedank vir sy hulp.”

    Sy sê sy het nie die voorval by die polisie aangemeld nie. “Ek sou maar net nog ‘n nommer van die misdaadstatistieke in Bloemfontein word.”

  • 50. krista  |  Julie 11, 2008 om 10 : 03

    ♪Heiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiidi, Heiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiidi ♪

    Ek het wragtag nog ‘n Heidi LP, asook Pinocchio en Kadoefie!

  • 51. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 04

    Hallo Krista

    Ek het ook iewers ‘n plaat (by my ma’le) waar Tannie Carike Heidi sing. Ek hoop jy hou nog lekker vakansie.

  • 52. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 05

    Adrie
    ‘n Taxi bestuurder het my suster ook gehelp. Haar voorste bumper van haar motor het afgeval (dit was ‘n citi golf) en onder die kar beland.

    Sy moes stop en toe stop ‘n taxi langs haar… sy het groot geskrik en gedog “Vandag is die dag” Hulle het uitgespring haar motor opgelig en die bumber uitgehaal in haar kar gesit en weg gery.

    Sy sê alles het so vinnig gebeur sy kon skaars behoorlik dankie sê toe is hulle weer weg!

  • 53. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 06

    Wag, as iemand my soek, ek is by my tweeling se kaggel hierbo.

  • 54. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 10

    Tweeling

    My broers het eendag ‘n bietjie te windgat gery en die pad heeltemaal byster geraak langs ‘n plakkerskamp. Toe hulle weer sien is hulle in die middel van die veld. Skielik was daar ‘n see van swart gesigte rondom hulle en hulle het ook gedink vandag is die dag. Die see het die motor opgetel en sonder seremonie pad toe gedra. En verdwyn voordat hulle bedank kon word.

    Wys net.

    Ek wil ook nou soos Heidi Kaas rooster.

  • 55. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 10

    EISH !!! ek wens ek was daar om te sien hoe die taxi passasiers die kapers “REGSIEN” !!!! 😀

  • 56. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 12

    Om te help of om te cheer?

  • 57. aventer  |  Julie 11, 2008 om 10 : 13

    Jy’t my nou baie nuuskurig jong, vertel vertel

    PS my ma gee nou klas vir graad 4’s, jy’s bietjie agter😉

  • 58. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 13

    Ek sien my verloofde ignore my weer vandag !!! ek weet nie hoekom ek al weer in die dogbox is nie….😦 😦

  • 59. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 16

    Eish

    Sorry, Aventer. Sal jou ‘n posduif stuur.

  • 60. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 17

    Zoekoe
    Ek was gister siek… en jy het niks by die huis gedoen nie!! Ek moes in my toestand alles doen! As jy vannaand vir my lekker ribbetjie kry (of braai as jy moet in die koue) sal ek jou vergewe!

    Ek is vrek lus vir ribbetjies na ek gister aand Brothers en Sisters gekyk het!!!!

  • 61. aventer  |  Julie 11, 2008 om 10 : 18

    Dis bietjie scary maar ja my email adres is op my blog…ek dink..

    Sal wag🙂 en don’t stress, meeste van die mense ken my maar persoonlik…

  • 62. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 19

    Zoekoe

    Sies, skaam vir jou.

    Tweeling, jy vergewe hopeloos te maklik.

  • 63. Verons  |  Julie 11, 2008 om 10 : 25

    A3 skuif op laat ek ook plek langs jou kan kry maar my!! Ek is oud en my bene vat baie langer as joune om warm te word! Tsk dat die kjinners noo so die hele kaggel oorneem…………..😡
    Zoeks gooi daar vir jou skoonma ‘n knerts OBS asb man, dis wragtag al wat vandag teen die koue gaan help!😉

  • 64. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 26

    Niks gedoen nie? gmpf !!!! ek het die bediende betaal om die huis skoon te maak, en toe maak ek vir jou aandete in die kooi… en dit was niks????? ek is geskok !!!! 😯

  • 65. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 27

    Adrie
    Jy sal verbaas wees wat ek vir kos sal doen! Veral nou dat ek so craving het vir ribbetjies!!!😉

  • 66. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 28

    Ma sit nou die hele vuur toe. Watse nonsens is dit?

  • 67. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 29

    OK Verons, hiers sommer ‘n hele blikbeker vol OBS !!! 😛

  • 68. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 29

    Zoeks

    Dit was die absolute minimum wat jy kon doen. Skaam jou.

  • 69. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 30

    Ek soek ‘n emmer vol OBS.

  • 70. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 33

    Minimum? ga !!! wat meer moes ek doen? die hele huis uitverf? of dalk ‘n hele nuwe kombuis insit? of al die teels vervang? gmpf !!!!!!!

  • 71. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 34

    Zoekoe
    Jy het net kos gemaak omdat jy ook moes eet!!!!

  • 72. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 36

    Zoekoe
    Nuwe teels kan werk… dis ‘n plannetjie!!
    En ons on-suite badkamer is maar bietjie vaal… glo my ek was amper heel aand in die badkamer en niks het my oog gevang nie!!! Lekker boring!

    Hoe klink more oggend so 10uur vir jou om na teels te gaan kyk?

  • 73. Verons  |  Julie 11, 2008 om 10 : 36

    Het hom!!! Het hom!!!
    Die ou oor wie Dianne vanoggend so “starstrucked” was se naam was Malcolm Gooding!!
    Die storie waarvan Darren vir Dianne gevra het was Jet Jungle en Brian O’Shaughnessy het hom gespeel – wie kan nog die TV-reeks The Villagers onthou?? Brian was die barman in daai reeks!
    Malcolm was weer in die radio storie Squad Cars gewees!
    Ai hoe verlang ek nog steeds!!!

  • 74. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 36

    Ek soek die regte lotto nommers, maar dis nie te sê ek gaan dit kry nie…. 🙄

  • 75. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 37

    Zoekoe

    Bietjie liefde, aandag en belangstelling so nie kwaad gedoen het nie. GMF!!!!

  • 76. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 38

    Verons

    Jy praat van dinge voor my tyd.

  • 77. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 39

    Aag nouja !!! Natsie, jy moet mos net vra as ek iets vir jou moet doen, ons mans kan nie skimpe vang nie…. ons is nie so bedraad nie… 😛

  • 78. Verons  |  Julie 11, 2008 om 10 : 41

    Dankie Zoeks jy moet maar check dat die beker nie leeg raak nie asb…..
    A3 issie ek sit net hier oppie kant daar is nog tonne plek!!
    Nats sie jy ophou so moan julle is noggie eers getroud nie
    *fluister* (wag eers tot na die troue)
    Netnou hol die man weg en ek het al klaar geld begin spandeer vir die troue!!!!.

  • 79. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 41

    Adrie, dan was ek dalk vandag siek !!! en ek kan nie dit bekostig om siek te wees nie…. iemand moet bataal vir die nuwe teels !!!

  • 80. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 42

    Zoekoe
    My liefste… so jy sal dit vir my doen al is die rugby aan??
    Jy is nou sommer amptelik vergewe!

    Mwah!!

  • 81. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 46

    Ek dink na die troue trek ons Alaska toe…. ver weg van jou familie !!! net jou skoonma kan saamkom !!

  • 82. Verons  |  Julie 11, 2008 om 10 : 46

    A3 baie lank voor jou tyd! Ek was nog op skool en ek het ‘n crush op Brian O’Shaughnassy gehad!😉
    Het jare later sy seun ontmoet (die is omtrent so oud soos ek) ons het groot pelle geword en hy moes my eenvoudig net aan sy pa gaan voorstel het, was so effens ‘n anticlimaks gewees want toe was hy al ‘n ou omie, moet sê ‘n aantreklike ou omie, sy stem was darem nog net so goed gewees!🙂

  • 83. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 46

    Ma
    Ek moan nie… ek is net eerlik, wie ookal daai teels gekies het in ons badkamer kort ‘n bril dis regtig aaklig!!

    Adrie en Ma
    Pasop ek moet gou nog bietjie hout op gooi!

  • 84. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 47

    Zoekoe

    My tweeling trek nerens heen nie. As sy trek, trek ek saam.

  • 85. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 48

    Ja natuurlik Nats, jy moet net vra !!! jys baie meer exciting as rugby😛

  • 86. Nats  |  Julie 11, 2008 om 10 : 53

    Zoekoe
    WAT!!!! Jou ma is al een wat saam gaan??? Julle twee kan dit dan maar geniet!!!👿

  • 87. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 55

    aag man ek meen My Skoonma !!! sien die koue maak my snaaks tik !!!

  • 88. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 10 : 57

    😳 😳

  • 89. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 10 : 59

    Nats

    Ek dink regtig daar is ‘n erenstige droogte by julle nodig.

  • 90. Nats  |  Julie 11, 2008 om 11 : 06

    Adrie
    Ernstige droogte? Huh?

  • 91. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 11 : 09

    Nats

    Moet ek verduidelik en prentjies teken? 😳 Onthou, dis ‘n ordentlike blog.

  • 92. Nats  |  Julie 11, 2008 om 11 : 10

    Adrie
    O ok😳

  • 93. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 11 : 12

    Tweeling

    Watter Meerkat is ek en watter een is jy?

  • 94. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 11 : 15

    Adrie, ek staan op trou met jou tweeling !!! nie met jou nie 😡

  • 95. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 11 : 17

    Zoeks

    EK IS EN SAL ALTYD MY TWEELING SE RAADGEWER EN BESTE MAATJIE BLY. GMPH

  • 96. Adrie  |  Julie 11, 2008 om 11 : 21

    Wag

    Ek gaan gou ‘n kontrak op Zoekoe uitneem. Niemand mors met my tweeling en kom daarmee weg nie. Hy beter duidelik verstaan om in sy spoor te trap.

  • 97. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 11 : 23

    Ek trou nie met Haar familie nie !!!! net Haar !! 🙄

  • 98. Nats  |  Julie 11, 2008 om 11 : 24

    Adrie
    Kontrak… wag ons het nog nie vir hom ‘n lewens polis uitgeneem nie!! En die meerkattjies lyk vir my maar die selle so jou keuse ons is mos ‘n Tweeling!

    Zoekoe
    Onthou net jy trou nie net met my nie, maar my HELE familie!!!

  • 99. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 11 : 27

    Adrie, ek sal maak soos Nats my sê, NIE soos jy my sê nie !

  • 100. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 11 : 28

    Wel dan trou jy met MY hele familie ook !!! en ek het snaakse familie !!

  • 101. Nats  |  Julie 11, 2008 om 11 : 44

    Zoekoe
    Soos hillbillies of erger?

    Onthou myne is mal… so ons mag dalk wêreld oorlog drie op ons hande he?!!

  • 102. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 12 : 13

    Hillbilies? nee nog erger …. ryk snobs !!!!

  • 103. Wipneus!  |  Julie 11, 2008 om 12 : 22

    Mense maak julle reg vir trou?? :mrgreen:

  • 104. Verons  |  Julie 11, 2008 om 12 : 27

    Hallooooo! Wip! nee ek sit net hier voor die kaggel met ‘n moerse beker OBS wat my aanstaande skoonseun vir my volhou en luister na die kjinners se bakleiery! Ek begin nou al amper my skoonseun jammer kry met die tweeling saam! Lyk my as hy die een trou MOET hy die ander eek ook vat!😉
    Hulle moet nou die trouery agter die rug kry dat ek vrede vir my siel kan kry, hierde gekef-kef in my ore MAAK MY GEK!!!!!!!!

  • 105. Zoekoe  |  Julie 11, 2008 om 12 : 40

    Hallo Ouma !!! ja jong😦 die vroumense maak my net heeltyd sleg, nog voordat ek al die sonde gepleeg het !!! dis seker maar iets wat ek sal moet gewoond raak !!!

  • 106. Zee  |  Julie 11, 2008 om 12 : 41

    Mmmm, kleine Heidi het in menigte se harte ingekruip! Ek is seker ek het iewers ‘n DVD van haar…. sal moet gaan soek vir klein mannetjie!

  • 107. bruinogies  |  Julie 11, 2008 om 2 : 14

    mirrag mirrag!!

    sien dis bja stil hier!!!
    julle almal sit seke erens en suip obs???

  • 108. Nats  |  Julie 11, 2008 om 2 : 37

    Ek sien dis maar stil hier… is ek al een wat nog werk?

    O ja die klomp hier by die werk het bietjie paintball buite gespeel… ek weet in die koue!! Kan net mans wees😉

    En die vrou langs aan se muur was getref… nou is dit so lemmetjie / shokking groen bo teen haar motor huis!! Wha ha ha!! Die manne gaan tien teen een haar huis moet oor verf😆

  • 109. bruinogies  |  Julie 11, 2008 om 3 : 50

    julle almal moet ‘n lekke naweek he!!!
    tata

  • 110. Multi  |  Julie 11, 2008 om 3 : 53

    Hallo almal – of wie nog hier is.
    Fokity tog – kan julle my darm nog onthou????? Ek was so lanklaas hier…….
    Wie wil my met die hand kom groet.

  • 111. Marianne  |  Januarie 28, 2010 om 12 : 13

    Waar kan ek kadoefie op CD kry? Kan iemand asb help.

  • 112. Xena Phoenix  |  Februarie 1, 2010 om 9 : 42

    Marianne

    As jy van Tannie Carike se gedroggie praat, ek dink sy naam is Gadoempie.

  • 113. Japie  |  September 8, 2012 om 2 : 13

    Heidi was ngals goed gewees..!! Lol..!! Eka wil net hoor of julle my dalk kan help…weet een van julle dalk wat was Heidi se oupa se naam gewees..?? Hulle het hom iets op die dorp genoem..!! Sal bje helpp..!!

  • 114. Xena Phoenix  |  September 10, 2012 om 12 : 08

    Alm. Ek het Heidi by die huis en sal gaan seker maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: