My kleintydse beroep

Julie 10, 2008 at 9 : 43 84 Kommentaar

 

Juffrou Pikkie het vir ons weer huiswerk uitgedeel.  Kry ‘n mens detensie as ‘n mens dit nie doen nie?  Of word ‘n mens geskors?  Ek sal maar eerder nie uitvind nie.

 Ek was omtrent 3 jaar oud, toe ek vir die eerste keer op ‘n beroep besluit het.  Daar was vir my net een padjie oop.  Ek moes ‘n ninja word.  Iets wat ek vandag nog wil word en dit staan seker nog in my sterre.  Ek het ‘n program oor karate op die televisie gesien en wou van niks anders weet nie.  Ek onthou hoe ek met my japon (seker die naaste aan ‘n GI wat ek kon identifiseer) geoefen het.  My ma se japon se gordel moes as sweetband dien. 

 My volgende gekose beroep was toe ek omtrent gr 1 of gr 2 was.  Daar was seker ‘n verskil van wat ek in my hart wou doen en wat ek gesê het ek gaan doen.  My gunsteling speletjie in die tyd was Army-Army.  Ek wou met alle mag en krag mense skiet.  Ek het natuurlik my eie army gehad.  Dit was seker die enigste army ooit in die wêreld waar ‘n Kolonel ‘n hoer rang as ‘n Generaal was.  Alhoewel het my mond verkondig dat ek ‘n onderwyseres wou wees.  Ek het letterlik met die doel skool gegaan om matriek te slag, universiteit toe te gaan en dan skool te gee.  My Juffrou fase het nogal baie lank gehou.  Ek het eers in st 8 van plan verander.

 

 Julle het gedink die onderwyserstorie was dik vir ‘n daaler, die volgende beroep neem amper die koek.  Ek wou ‘n sielkundige word.  Ek is nie seker wat my besiel het nie.  Eers was ek vas van plan om ‘n opvoedkundige sielkundige te word.  Dan kon ek mos sommer terselfde tyd ook ‘n onderwyser wees.  Later van tyd het ek agtergekom dat dit meer prestigious is om ‘n kliniese sielkundige te word.  Ek was wel verseker dat ek nie ‘n maatskaplike sielkundige wil wees nie, hulle werk met mense wat in die tronk is.

 

Dit was darem ‘n baie kort fase.  Ek het besluit hoekom wil ek ‘n boring sielkundige wees, as ek ‘n psigiater kan wees.  Dit sou wel beteken dat ek ‘n MBChB moes kry en dan spesialiseer, maar dit was minor detail.  As ek na my huisdoktersjaar besluit dat ek nie meer ‘n psigiater wil wees nie, kan ek nog steeds ‘n pediater of ginekoloog word.  Ek het selfs sover gegaan as om aansoek te doen vir Medies. 

 Tot vandag toe bly dit vir my ‘n raaisel hoe iemand wat ‘n gemiddeld van 15 % laer as myne of iemand wie se Wiskunde en Skeinat punte laer was as myne, keuring kon kry en ek nie.  Aangesien ek nou die ouderdom is waar ek sou moes spesialiseer, dink ek dat ek wel psigiatrie sou gekies het.  Ek is seker self te blameer dat ek nie alles in my eerste jaar ingesit het om wel keuring te kry nie. 

 Dinge het tog reg uitgewerk op die einde.  Ek word vandag betaal om ‘n pyn in almal se gatte te wees.

 Blogvraag:  Watse graad moet ‘n dokter behaal om ‘n spesialis te word?

 Blogantwoord:  Ek dink, Nats moet bevestig, dat ek reg was.

 

Ek tag dan hiermee al die dorings en rose, Roer en Nico om ons te vertel wat hulle kleintyd wou doen.

 

Over and out…

 

 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kinder speletjies Sy leer my om te jodel

84 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Julie 10, 2008 om 9 : 52

    Eeeeeeeeeeerrrrste!!

    Wê la ka pêla!!!

    Is die antwoord PHD? Of MBA… eish ek is nie goed met grade nie!!!

    En ja Tweeling jy was reg!!

  • 2. Nats  |  Julie 10, 2008 om 9 : 57

    En tweede!

    Ek wou soos jy ‘n onderwyseres geword het… wil vandag nog steeds so beitjie een wees!

    My grootste droom nog was ‘n argitek!! Ek teken vandag nog huise!! En sal seker eendag vir myself (met die hulp van ‘n argitek) my eie huis ontwerp!! Maar ek sal dit nie op ‘n juf salaris kan doen nie!

    Ek moet sê ek is heel gelukkig met wat ek nou doen… amper nooit ‘n dull moment nie!!🙂

  • 3. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 59

    Tweeling

    Laat jy my skrik. Ek is seker alle dogtertjies wou op ‘n stadium ‘n Juffrou word.

  • 4. Roer  |  Julie 10, 2008 om 10 : 03

    Gmf! Wie’s jou doring en wie’s jou roos. Juffrou moet tyd gee asb. Die skedule laat dit nie tans toe nie.

  • 5. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 09

    Roer – Dorings is al die skerpes wat saam met ons blog. Rose al die nice mense wat saam met ons blog.

  • 6. Nats  |  Julie 10, 2008 om 10 : 09

    Adrie
    Jip! Manlief se ma was ‘n onderwyseres… dis seker hoekom sy my so rond order!!

    Maar dit was regtig ‘n groot droom van my om ‘n onderwyseres te geword het!!

  • 7. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 12

    Tweeling

    Dit is nog nie te laat nie.

  • 8. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 29

    Nee, nee, nee

    Ek is glad nie Sharky nie. GMF!!!!

  • 9. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 35

    Kloon mekaar dag.

    Ek is ook nie Nats nie. Glad nie. Nie eers amper nie.

  • 10. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 11 : 00

    Hey niemand is Sharky behalwe ekke …. So wees rustig die mense wat dink Adrie of Nats is Sharky.

    Sjoe mensdom maar ek sukkel met my internet die verdomde ding gooi my net af en wil nie weer aangaan.

    @ Adrie & Nats

    Dankie vir info oor julle twee en as ek reg onthou het ek laaste met julle gekuier verlede jaar Augustus dus voor ek die trek ding moes doen

  • 11. Nats  |  Julie 10, 2008 om 11 : 06

    Adrie
    Huh??

  • 12. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 09

    Tweeling

    Ek het amper as Sharky gecomment en toe weer amper as jy. Dit net betyds gesien.

    Ons het kort voor die eerste blogparty vrede gemaak as ek reg kan onthou.

  • 13. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 10

    Sharky

    As jy dalk ‘n gevreetjie (die prentjies langs ons naam) soek, kyk regs onder die gevreetjie fabriek.

  • 14. Nats  |  Julie 10, 2008 om 11 : 12

    Adrie
    Ja dis reg, ons het so 2 weke of wat na die opmaak mekaar ontmoet! Maar dit was baie vinnig jy het mos beter dinge gehad om te doen daai dag!!

    Sien dit gebeur met ons almal!!

    O ja ek het sopas Sterimar in my neus gespuit tot in my keel af!!!!!!!! Ek was nou amper dood… en my neus is nie juis beter nie…😦

  • 15. Dellie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 15

    Hehe, ‘n Ninja?😆

    Wel, jy is darem nie rerig vandag ‘n pyn in almal se gatte nie, so jy is dan seker ‘n undercover Ninja…:mrgreen:

  • 16. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 15

    Was dit so lank???

    Was dit nie sommer in dieselfde week nie. Jy het na die blogjol gekom met jou ma as beskerming. He He HE

    Nie ek of jy het ‘n woord gepraat nie.

  • 17. Roer  |  Julie 10, 2008 om 11 : 15

    “Ek word vandag betaal om ‘n pyn in almal se gatte te wees.” Vertel vir ons meer asb.👿

  • 18. Roer  |  Julie 10, 2008 om 11 : 16

    A3, Het jy jou rubber dingy onthou?

  • 19. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 17

    Hallo Dellie

    Jy sien, die storie is eenvoudig. Ek word net betaal om ‘n pyn in ‘n paar mense se gatte te wees. Dan, uit die goedheid van my hart, is ek ‘n pyn in ‘n paar ander mense se gatte ook. He He HE

  • 20. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 18

    Roer

    As ek jou vertel, dan moet ek jou skiet. Ek beplan om ‘n Rubber Dingy te huur.

  • 21. Pikkelik  |  Julie 10, 2008 om 11 : 38

    Ai, jou ‘beroepe’ is so ‘nobel’!!! 😆 Maar weereens volpunte vir jou! Jy kan darem maar ‘n opstel uit die boeke skryf!!! Baie goed gedoen…. 😉

  • 22. Nats  |  Julie 10, 2008 om 11 : 41

    Adrie
    Dis moontlik nog daai selle week gewees!
    Ek is stil… wat was jou verskoning???😉

    En nee EK beskerm my ma!!😆

  • 23. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 42

    Pik

    Kan ek jou na my Afr of Eng onnies verwys? As hulle met jou opinie saam gestem het, was ek vandag ‘n dokter.

  • 24. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 43

    Tweeling

    Jip, veral op die rolbalbaan. So edel van jou.

    Kan jy dalk onthou hoeveel mense my wou aanrand met die eerste blogjol? Ek het eindlik maar net vir Mario met die hand kom groet.

  • 25. Nats  |  Julie 10, 2008 om 11 : 48

    Adrie
    Da was sooooo baie🙂 Darem was jou kloon aan my kant (al was sy nie da nie) Dis die dae toe sy nog Bratty Baby was!!!

  • 26. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 52

    Nats

    Almal, tot Liewe Heksie was aan jou kant. Gmf!!!!!! Ek het seker geen ander keuse gehad as om ook aan jou kant te wees nie.

    Raak jy nou lui? Waar is vandag se prentjies?

  • 27. Nats  |  Julie 10, 2008 om 11 : 56

    Adrie
    Ek was van plan om nou te gaan soek… ek het sopas 10 plekke in Ladysmith gebel vir akomodasie… nou is ek moeg en ek voel nie lekker nie!!

    Gee my 2 min…

    *Ha tjoe!!*

  • 28. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 01

    Spat sy die hele plek vol snot. 😦

  • 29. Verons  |  Julie 10, 2008 om 12 : 04

    Halloooooooo!!! Ek wou ook van kleins af net Army of polisie toe!!
    Nog in matriek was ek sterk van plan om polisie toe te gaan, net vir die grap het ek gegaan vir onderwys keuring en dit toe wragtig gekry, net daar het ek besluit ek issie lus vir al daai “red tape” wat met altwee daai beroepe gaan nie toe gaan ek toe maar tegnikon toe en swot boekhou!!

  • 30. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 11

    Verons en Nats

    Daar is vir julle ‘n uitdaging op die sportsblog.

  • 31. Nats  |  Julie 10, 2008 om 12 : 45

    Adrie
    Sorry ek het nou ‘n ander tissue gekry!!

  • 32. Verons  |  Julie 10, 2008 om 12 : 48

    A3 ek dink ons moet daai weddenskap hier ook instel! Wat dink julle?
    A3 het voorgestel dat as die Bulle die Currie Beker verloor elke Bul ondersteuner R200.00 in die Good Morning Angels se rekening in betaal en as WP dit nie kry ne al die WP ondersteuners dieselfde doen, no daag ek as Bul ondersteuners almal uit as julle span nie die Currie Beker wen nie betaal julle R200.00 in GMA!
    Ek daag veral die WP en Shark ondersteuners uit!

  • 33. zoekoe1  |  Julie 10, 2008 om 12 : 49

    Eke is hier ek loer julle hoor !!!! Hallo Mense !!! 😀

  • 34. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 51

    Verons

    EISH!!!!!

    Ek daag die Bulle, die Cheetahs, die Sharks, die Pumas, die Lions en Bafana Bafana uit. Maar ek dink ons moet dit op die sports blog hou.

  • 35. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 52

    Tweeling

    Whaaahaahahahhahaahaha

  • 36. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 53

    Zoeks

    Werk jou internet nou weer?

  • 37. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 12 : 55

    Ja soortvan, ek het dit sommer self gefix, die klomp by ons IT het nie ‘n clue wat hulle doen nie !!!

  • 38. Verons  |  Julie 10, 2008 om 12 : 57

    A3 nou die dag het jy gevra iemand moet met ‘n voorstel kom en toe het niemand nie, nou het jy ‘n briljante idee beet en ek sekondeer!! Hier en op die sportblog, ons maatjies hier kan gerus vir Trev gaan ondersteun oppie sportblog hy sal dit baie waardeer!!

  • 39. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 57

    Hoog tyd ook.

    Wat was die probleem?

  • 40. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 12 : 58

    Verons

    Ek dink my drieling moet dit ook waardeer.

    Zoeks

    Is jou hart nog by die bulle?

  • 41. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 1 : 06

    Adrie, ‘n Ninja!!! Hahahaha
    ‘skuus maar ek dink soos modelle het Ninja’s ok ‘n lengte limit.

    Sjoe amper verstik ek nou aan my Cup-a-soup.

    Middag Almal!!!

    Nats
    Ek dink jy norig ok ‘n koppie sop. Kan ek vir jou nog Med-Lemon bring? Waar is Sam tog met die OBS – dit behoort ok so bietjie te help.

  • 42. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 09

    Ek het net die firewall afgesit op windows, daar is een of anner probleem met die security settings op die netwerk ….

    Ek bly ‘n BUL !!!! ons het dan so mooi gespeel saterdag !!! ten spyte van daai stupid useless moraan wat homself ‘n Ref noem !!!

  • 43. Nats  |  Julie 10, 2008 om 1 : 13

    Zoekoe
    Solank jy weet da gaan ‘n Leeus vlag in die bar ook hang!!! En niks van “was jou kar met my vlag” stories nie!!!

  • 44. Verons  |  Julie 10, 2008 om 1 : 15

    Zoeks ek sien ons gaan lekker kar was as ons by jou en Nats gaan kom kuier, daai rooi leeu vlag sal my ou karretjie mooi laat blink!😉

  • 45. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 1 : 16

    Zoekoe
    Jy moet pasop vir die verloofde van jou. As sy nou al so voor op die wa is gaan jy maar ‘n laaaaaaang en swaar getroude lewe hê.

  • 46. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 17

    Nats mwah mwah !!! liefling !!! natuurlik, enigiets vir jou !!!! ek sal sommer jou kar ook was (nie met ‘n vlag nie) !!! 😀

  • 47. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 18

    click biekie op my naam julle !!!

  • 48. Nats  |  Julie 10, 2008 om 1 : 23

    Verons
    Dissi snaaks nie!! Is ‘n ma nie veronderstel om ALTYD haar dogter se kant te vat nie??

    Salome
    Soos hulle sê as jy jou teels ordentlik lê sal jy jare oor hulle kan loop!!😉

  • 49. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 1 : 27

    Nats

    GMF

    Ons sal vir ons ‘n ander ma moet gaan soek. Gmf. Na een kuier met haar toekomstige skoonseun, is hy mos nou kaas.

  • 50. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 1 : 32

    Saloom

    Wat is so danig met my lengte verkeerd?

    Die Japaners is kort gatte. Ek is nie veel korter as hulle nie.

  • 51. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 37

    😆 kortgat Adrie 😆

  • 52. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 1 : 38

    Zoeks

    Moet nou nie lag nie. Dit is nie my skuld dat ek kortgat gene gekry het nie.

  • 53. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 42

    aaag OK sorry ek sal nie weer so hardop lag nie !! 😉

  • 54. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 1 : 45

    Gmf

    Almal lag vir my omdat ek 1.39 m is. 😥

  • 55. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 45

    het julle nou al op my naampie gekliek? ek het ‘n nuwe blog !!

  • 56. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 1 : 47

    Zoeks

    Gaan by jou nuwe blog in en approve ons comments.

  • 57. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 1 : 50

    hoekom moet mens dit gaan aprrove?

  • 58. Nats  |  Julie 10, 2008 om 1 : 56

    Zoekoe
    Ek hoop nie jy is lelik met my Tweeling nie!?

  • 59. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 2 : 01

    Hoe sit mens daai funksie af op wordpress, ek wil nie elke liewe comment eers gaan approve nie… mense kan daar sê wat hulle wil !!

  • 60. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 2 : 05

    Zoeks

    Laat ek gou vir jou gaan loer.

  • 61. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 2 : 10

    Zoeks

    Gaan na Settings (regs bo op jou dashboard).

    Kies dan discussions. Daar kan jy die goed dan stel soos dit jou pas.

  • 62. Zoekoe  |  Julie 10, 2008 om 2 : 24

    Ek het gaan kyk daar, en ek hoop dis nou reg dat enigiemand kan comment, maar ek is nog biekie dom met al die fancy settings wat WordPress het !!! Iblog was vir dommies !!! 😀

  • 63. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 2 : 28

    Zoeks

    Ek is seker jy het dit nou reg. Sal gou gaan toets.

  • 64. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 2 : 29

    Zoeks

    Dit werk.

  • 65. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 01

    Ek gaan iets soek om te sing.

  • 66. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 03

    KOOR:

    Ek’s ‘n dapper muis – kyk hoe stap ek deur die huis

    En daar’s niks waarvoor ek skrik nie

    Vir niemand is ek bang daar is niks wat my kan vang

    Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

    En sê nou daar’s ‘n kat

    Oe ‘n kat!

    Ja ‘n kat met ‘n huis wat altyd hunker na ‘n muis

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    [ KOOR ]

    En sê nou daar’s ‘n valletjie

    Oe ‘n valletjie!

    Ja ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    [ KOOR ]

    En se nou daar’s ‘n uil

    Oe ‘n uil!

    Ja ‘n uil van wie muise altyd skuil

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en ‘n uil

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    En wat van ‘n lawaai – soos ‘n haan wat kraai

    En ‘n gebreek en ‘n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak

    En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter

    En ‘n boems en ‘n kardoems

    Waar’s jy?

    O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan wat kraai

    ‘n Gebreek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak

    ‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter

    En ‘n boem en ‘n kardoems

    Oe-eee!

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    JY JOK……

  • 67. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 17

    Tweeling
    Ek gaan vier uur huis toe!! Ek voel regtig of ‘n trok my geslaan het!!

    Eks ‘n dapper muis gaan nou in my kop vas sit DANKIE!!!!!

  • 68. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 20

    Ten minste is dit ‘n goeie song.

  • 69. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 3 : 24

    ♫Hansie Slim, berg wil klim
    In die wye wêreld in
    Stok en hoed, pas hom goed
    Hy is vol van moooooed.
    Maar die moederhart voel seer
    Hans is in die huis nie meer.
    Hoor nou net, moeder sug
    Hardloop gou-gou truuuuug.♪

  • 70. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 25

    Julle moet kinder liedjies soek. Tannie Zee ken nie meer die woorde nie.

  • 71. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 27

    Kunstenaar: Doris Brasch en dawie Couzyn
    Album: Tingeling
    Song: Die Lappop
    # keer gelees: 2547
    Ingetik deur: Merlin

    Iemand het ‘n lappop op ‘n ashoop weggegooi
    Sy was gedaan en stukkend verbleek en nie meer mooi nie

    op die ashoop hoor sy stemme praat
    en die verwelkom haar
    Maar o, ellende, toe sy kyk, wat sien die lappop daar

    Koor
    net ‘n vrot pampoen en ‘n stukkend skoen,
    ‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat,
    net ‘n leë bottel bier en verlepte angelier,
    ‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant

    Ag hoe droewig voel die lappop toe sy alleen daar lê
    want sy weet dat niemand ooit vir haar, vir lappop weer wil hê nie
    ‘n traan loop oor haar lappop wang want dit begin te reen
    en daar le sy sy ou lappoppie op die ashoop so alleen

    Koor

    Ag nee wat sê die lappop, ek soek ‘n ander oord
    Wat sal die wêreld van my dink wat soort jy weet, soek soort
    Ag wil almal wil vir lappop troos en soebat sy moet bly
    hulle sê dis die mooiste ashoop die wat ‘n mens nog ooit kan kry

    koor

    Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
    en besluit om lappop te bekroon as die ashoop koningin
    van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
    en al haar onderdane bedien getrou vir haar

    ja …….

    Koor

  • 72. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 33

    Ek het al daai liedtjies al vergeet!!!!

  • 73. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 36

    Sy kan kennetjie speel, maar onthou nie die regte liedjies nie.

  • 74. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 37

    Mense, ek het ‘n absolute briljante plan vir ‘n blog gekry. Kan nie glo ek het dit nog nie van te vore gedoen nie.

  • 75. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 49

    Adrie😆

  • 76. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 51

    Adrie
    Vertel gou ek wil ry!!! Abs…

  • 77. neykie  |  Julie 10, 2008 om 3 : 53

    A3 jy moet jou aand geniet. Nice inskrywing…:wink:

  • 78. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 54

    Ok… ek gaan nou maar ry.

    Sien more!!!

    Cherio🙂

  • 79. ADRIANA  |  Julie 10, 2008 om 3 : 55

    Nats

    My gunsteling karakter van alle tyd. Adelheid.

  • 80. Zee  |  Julie 10, 2008 om 3 : 57

    Kop Doc Adrie, baie oulike post!

    Ek dink ek gaan detensie kry, ek sukkel maar om my opstel te skrywe!!!

  • 81. ADRIANA  |  Julie 10, 2008 om 3 : 59

    Zee

    Se jy wou ‘n seerower geword het.

  • 82. Kleintyd drome en beroepe « kruidjie-roer-my-nie  |  Julie 10, 2008 om 5 : 08

    […] Kleintyd drome en beroepe Vir A3. […]

  • 83. Wipneus!  |  Julie 10, 2008 om 5 : 58

    Verseker kan sy dit goed doen………..met ander se koppe smokkel, dat jyself begin twyfel wie jy is 😆

    Ek het jou inskrywing baie geniet Ninja!! 😉

  • 84. Zee  |  Julie 11, 2008 om 12 : 46

    Sjoe, at least gaan ek darem nou nie detensie kry nie!!

    Seerower nogal ne.. plaas laat ek daaraan gedink het😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: