Kinder speletjies

Julie 9, 2008 at 3 : 41 117 Kommentaar

 

Wat het julle as kinders gespeel?? En wat speel julle vandag nog??

 

Onthou julle; Kennetjie, Kissing touches of wat van weg kruipertjie?

 Ek praat nie van rekenaar speletjies nie!! Speletjies waar jy moes hardloop, ‘n eier op ‘n leper balanseer ‘n speletjie wat in die  vars lug en sonskyn plaas gevind het! Of ‘n bord speletjie waar jy moet dink en saam vriende lag en prentjies teken of woorde bou!

 Ek onthou ons het altyd in die somer met ‘n plastiek bal gespeel wat na ‘n sekere tyd die water balon binne in laat bars het! Ons het die bal al in die ronte gegooi tot iemand die gelukkige een was om nat te word!! J

 Blogvraag: Watse bord speletjie is al deur +/- 750 miljoen mense wêreld wyd gespeel, en was in die Guinness World Record boek gesit in 1999??

 Die speletjie kom al van die vroee 1900s af! Ek glo ons almal het dit al gespeel!

 Blog antwoord: Sam was (weereens) reg met Barbara Louw

 

Adriana Magrieta Swanepoel is afwesig a.g.v ontvoering ek bedoel “internetlessness” – Nats

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Helpende Hand My kleintydse beroep

117 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 43

    Eerste

  • 2. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 43

    As ek kan raai – ek dink die antwoord is Monopoly.

  • 3. Nats  |  Julie 9, 2008 om 3 : 47

    Adrie
    Mooi man!! Nou hoekom het ek sulke verskriklike spasies tussen in?? En my woorde is so klein?

  • 4. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 47

    Ek deel nog resepte uit, dan is jy al klaar weer op ‘n anner plek.
    Het ons nie genoeg van hierdie drama met Sam gehad nie? Whahaha, nou voel jy hoe voel dit.

  • 5. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 50

    Nats

    Ek sal gou gaan kyk.

    Saloom

    Wat van 200 comments hier?

    Tweeling

    Ek ken nie van kennetjie nie. Ons het wel partykeer bok in die hok gespeel.

    Onthou julle koljander? Kom ons speel met ons volgende blogjol Koljander.

  • 6. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 50

    Ek dag jy wou 200 comments op die vorige blog hê aangesien die 100 so maklik was.

  • 7. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 51

    200 is mos maklik. Kom ons wys wat gedoen kan word.

  • 8. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 53

    Ek weet nie wat die speletjie genoem word nie (ek dink hul speel dit deesdae op ‘n mat) maar; Ons het in ‘n kring hande gevat (jy moet darem ‘n paar wees) so iets soos olke bolke opgesê en as die rympie by jou stop moes die persoon wat gerym het vir jou sê watter arm of been bo-oor watter arm of been van die ander gaan. Mens is naderhand so geknoop dat jy moet hande los om net te weet wie is waar.
    Klink deurmekaar, maar ons kon dit tot donker speel.

  • 9. Nats  |  Julie 9, 2008 om 3 : 54

    Adrie
    Ons het nooit regtig kennetjie gespeel nie, dit was bietjie gevaarlik maar my ouma het van dit gepraat, so toe het ek net geownder of iemand hier dit dalk ken?

    Kennetjie
    Jy sit ‘n stokkie op jou ken en gooi dit van jou ken af en slaan die stok met ‘n ander stok… wie die verste slaan wen!

  • 10. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 54

    Dan het ons natuurlik ok rek gespring. As ek so na die Afro-Americans kyk, is hulle nogal goed. Ons het ok altyd die moeilikste goed probeer met die rek tot hier by mens se skouers.

  • 11. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 55

    Saloom

    Wat van doodeenvoudige telefoontjie? Dit was ook heel vermaaklik.

    Ek het speletjies gehad waar jy mos hardloop. Soos vrot eier, ek was altyd gevang.

  • 12. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 56

    Tweeling

    Met my geluk sou ek my tande uitgeslaan het.

  • 13. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 56

    Ek kon natuuuurlik nie weg bly met die seuns en albasters nie. Het altyd die mooiste “alies” gehad en het met sakke vol by die huis aangekom. Moet sê, dit was darem in die Laerskool.

  • 14. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 56

    Adrie
    Ek was ok nie van die hardloperige tipe nie. Dit was vir my te veel van ‘n effort.

  • 15. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 58

    Ek kan darem ‘n tol gooi. As dit moet.

    Ek like ook van yo-yo’s

  • 16. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 58

    Solank ek iemand kon slaan, was ek happy

  • 17. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 3 : 59

    By die huis het ons altyd Monopoly, kaart en skaak gespeel. Saam met A speel ek nie graag Monopoly nie, want hy word te gou kwaad as dit net lyk of hy verloor.

    Deesdae speel ons graag saam met die kinders Vingerbord en hulle en Liefie speel nog steeds Skaak. Ek het nie altyd lus vir dink nie so Skaak is deesdae vir my te feel van ‘n issue.

  • 18. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 59

    Boelie of afknou sou ook werk

  • 19. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 3 : 59

    Ek het nooit geleer skaak speel nie.

  • 20. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 00

    Ooooh vergeet ek van die wonderlike yo-yo’s. My seuns was nogal heel verbaas toe hul ma hulle wys hoe om Yo-Yo te speel.

  • 21. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 00

    Mind you, my seuns het gedink dis snaaks toe ek met oudste se nuwe fiets die straat af ry.

  • 22. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 04

    Saloom ek het jou resep vir my blog gesteel!!!! Ouma het gesteel, Ouma kry vreeslik skaam !!! 😳

  • 23. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 07

    Adrie
    Dis juis hoekom ons dit nie mag gespeel het nie!
    Ek het heeltemal van yo-yo’s vergeet!! Ek onthou Coke het baie verskillendes uitgebring, Fanta en Creme Soda en al daai!!

    Salome
    Ek is mal oor skaak, ek kry net nooit iemand wat dit saam my wil speel nie!

  • 24. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 13

    Nats ek het ook yo-yo gespeel en ding-bat

  • 25. Verons  |  Julie 9, 2008 om 4 : 13

    Ek dink ook dis monopoly wantek het nou die dag gehoor daar word 3 keer meer monopoly geld gedruk as dollars!😯

    O ja ek sien julle het bietjie vir Trev gaat hallo sê…………. dankie dit was nice van julle!!🙂

    Ek ken nie meer baie gewone speletjies maar vra vir my kroegspeletjies en ek ken hulle almal!😉

  • 26. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 15

    Haai sies Ouma Wip. Ek was nou net daar by jou huis om vir jou die reseppies te bring en nou is jy nes Adriana – haastiger as wat nodig is.

  • 27. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 16

    Hallo Verons. Ek het lanklaas kans gehad om met jou te gesels.

  • 28. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 16

    Salome
    Dankie vir daai link… alles lyk heerlik!!! Mmmmmmm

  • 29. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 17

    Nats
    Ek sal vir my blondekop sê om saam met jou te speel. Pasop net, hy is nie ‘n goeie verloorder nie.

  • 30. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 18

    Nats
    Ons het maar so met die alfabet af gegaan. Sal maar later by die ander uit kom. Daar is net te veel om van te kies.

  • 31. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 19

    Die twee soorte koekies wat ons gebak het, is nogal baie maklik ook, en die belangrikste is dat daar nie baie skottelgoed is nie. Ek haat dit as hulle vir my sê om in die een bak iets te meng en in die ander bak iets anders en dat moet jy dit by iets gooi wat jy in ‘n ander bak aan gemaak het.

  • 32. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 20

    Salomè ek kon nie wag nie, dit lyk so lekker. Ouma dink sy gaan môre bietjie bak… 🙄

  • 33. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 22

    Saloom op jou link is daar ‘n resepte boek toor met min … hoe gaan ek daardie boek in die hande kry… sal hulle dit vir my pos?

  • 34. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 24

    Salome
    Jou blondekop het dan niks om oor bekommerd te wees nie, ek is nie baie goed nie!! Maar ek geniet die game!!

  • 35. Salomè  |  Julie 9, 2008 om 4 : 26

    Ouma Wip
    Ja, hulle sal die boekie pos. Die boekie kos baie min want dit is juis geskryf sodat “gewone” mense ok iets lekker kan maak met die minste.
    So vir interressantheid vir die ander. Die boekie se geld gaan alles ter ondersteuning van die Armes in die Wit Plakkerskampe. Hulle gee dan ook vir elke gesin so ‘n boekie saam met hul “kospakkie”

    Ag laat ek liewer ophou praat, want hierdie is my hart se punt en ek sal aanhou en aanhou tot anner dag.

  • 36. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 27

    Ek speel Monopoly maar ek mag nie verloor nie:mrgreen:

  • 37. Wipneus!  |  Julie 9, 2008 om 4 : 29

    Dankie Salomè!! Dis ‘n oulike geskenk om ook in my geskenke mandjies te pak!!!

  • 38. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 35

    Ek soek nie die boek nie, maar die goed wat die boek jou leer om te maak.

  • 39. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 37

    As ek wil eerlik wees, ek haat dit om te verloor. Veral as dit geld is. Maak nie saak dat dit Monopoly geld is nie, geld is geld.

    Monopoly in elk geval meer werd as Zim dollars.

  • 40. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 38

    Kastig 200. Maar by 40, is dit alweer net ek wat oorbly.

  • 41. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 39

    Saloom

    Ek dag jy gaan sing.

  • 42. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 40

    Koljander Koljander
    So deur die bos
    My ma en pa
    Maak lekker kos
    Die kinders verstik
    Aan ‘n druiwetros
    Die laaste een se kop
    Word af ge kap.
    Kiep
    Kiep
    Kiep
    Kap

  • 43. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 43

    Blerrie rooflesers

  • 44. annedelicious  |  Julie 9, 2008 om 4 : 44

    kinderspeeltjies was die beste,speel laat die aaand buite met jou vriende,oooooooohhhhh dit was lekker,’ hide and seek” was vir my cool………….”ek koep n boksie metjies…die winkel is toe!” ha ha ha!!!!!!!!!

  • 45. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 45

    Julle mag maar ook praat.

  • 46. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 47

    Anne

    Ek het ook van wegkruipertjie gehou. Mits ek nie moes hardloop vir die den nie.

  • 47. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 51

    Hallo da eks terug…

    Ons het nou 2 CCTV kameras by die werk en vier by die hek! Very nice!!

  • 48. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 52

    Hoe gaan daai hande klap leidtjie…

    Inky piny ponki… my gehue!!! Maak my mal!

    Ek speel nog gereeld saam my oupa, ouma en ma en manlief scrabble… maar bygesê my ouma’le is blokkies raaisel mal so die woorde waarmee hulle soms uit kom gaan my verstand te bowe!!!

  • 49. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 53

    En is die lekplek ook reg?

  • 50. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 54

    Ok tyd vir my om te gaan…

    Lekker aand vir julle en veilig wees!!!

    Cherio!

  • 51. Nats  |  Julie 9, 2008 om 4 : 54

    Adrie
    Voor ek gaan… nope al ons warm water is af. Ons eerste kwotasie was R7000 maar ek glo nie die versekering sal daarvoor gaan nie!!!

  • 52. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 55

    Inkey pinkey ponkey
    Daddy has a donkey
    Donkey die
    Daddy cry
    Inkey pinkey ponkey.

  • 53. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 4 : 56

    Soetwees tweeling.

    My drieling het my ontbied.

  • 54. Adrie  |  Julie 9, 2008 om 5 : 02

    SaM

    Waar is jy?

  • 55. Olga  |  Julie 9, 2008 om 6 : 54

    Hi almal. Ai, wap maak my mal. Dis erger as wat di wind sterk is. Speletjies. Ai, kennetjie. Nee, nee, neeeee, nats. Dit wasi so 1voudig nie. Stok wat geslaan was, moes of 2 skerp of 2 skuins kante het. Jy het begin met stop op di grond. Dan skerp of skuinskant plat gedruk en vinnig slaan voor hy weer plat val. Maar daar was gehardloop ook as k reg onthou. Dan het di stokkie op jou voet, enkel, knie, elmboog ens tot op jou ken sy ruspunt gekry. Maar jy moes dit gooi en slaan voor hy di grond getref het. Ek het n vet brindel boxer airedale terrier op n kol gehad. My kids en al die kidz ini omgewing het weer graag ‘open the gate ‘ gespeel. Hulle het vuis geslaan om ini hond se span te weer. Ai, vandag se kidz dink ek ga almal in volwassenheid sukkel met spier en been probleme. Wa is sam vandag?

  • 56. Pikkelik  |  Julie 9, 2008 om 7 : 58

    Goeie genade, maar ek is laat!!! Ons het bok, bok staan styf, koljander, Eggie-eggie en nog ‘n klomp lekker goed gespeel.. Wolf wolf hoe laat is dit? Onthou julle daai een???? Ons het omtrent nooit in die huis gespeel nie… Boring…. Maar ek kan onthou as dit gereen het of wat ook al, het ons ‘huise’ innie sitkamer en eetkamer gebou met komberse en wasgoedpennetjies oor die meubels… Jeeeeezzzz dit was lekker tye….

  • 57. ADRIANA  |  Julie 9, 2008 om 8 : 27

    Het julle ook klippieskool gespeel?

  • 58. Zoekoe  |  Julie 9, 2008 om 9 : 25

    Hi Mense !!! ek het baie gelaaik van wegkruipertjie, en in die aande donkerkamertjie !!!

  • 59. Olga  |  Julie 10, 2008 om 12 : 18

    Beste vir ons was om stuk sinkplaat ou kardeur, of bonnet of boot, of so hets ini hande te kry. Dan was dit gepanelbeat, en hoee duine toe. Een sit en as di SLEE groot genoeg was, staan 1 agter sitter. Dan skaats ons teen daai duin af. Mens, het ons slee geloop. Gn porche kom naby kom nie. Behalwe groot growwe hand wat gatte ani brand slaan as ons betrap was. Want meisies doen nie sulke goed nie. Maar wat, dit was gewoonlik die brandboudia werd. Ai, maar daar was paar gr8 games. Bok ini hok, bok bok hoeveel opi rug? Bok bok staan styf (weet steeds ni wat moes styf stani) agie, rounders, wolf wolf, hopscotch, oranges and lemons wat basies ingelse koljander was. Die blikke game. Wa 3 blikke opmekaar gestapel was. Dan het jy geslaan dat die blikke trek en gehol vi 1 vaal hel terwyl ander span blikke versamel. Cops and robbers met die seuns. En het hulle afgetjop. Ah, vandag se kids mis baie. Ag, laat hulle ma die pc opneuk. Ons het GELEWE.

  • 60. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 20

    More Almal!!

    Koffie!!! Mmmmm dit ruik so lekker die vars koffie.

  • 61. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 23

    Adriana
    Ons kon vir ure Klippieskool speel.
    Wat van Wolf-wolf hoe laat is dit?
    En die liewe Olke Bolke, Riebetjie Stolke het ek myselwers al soveel keer geresiteer dat ek kon glo ek het dit self geskryf.

  • 62. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 26

    Zoekoe
    en dit was veral lekker om wegkruipertjie in die donker te speel, want dan kon jy so skelmpies en ongesiens aan die outjie se hand vat.

  • 63. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 26

    Ouma Wip
    Bak jy koek? Ons wil ok hê asb!!

  • 64. Salomè  |  Julie 10, 2008 om 7 : 27

    Nou aangesien julle almal nog in die vere is, gaan ek dan maar eers werk.

  • 65. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 07

    More Almal

  • 66. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 18

    Goeie more almal

    Die lekkerste speletjie was ‘Lekker wegkruipertjie’ die seun/meisie wat soek kan die een wat hy/sy wil kry, vry dat die ore hang. Al hoe jy ‘n vry kon vryspring is om jouself te blog. Party was geskok as hulle sien jy sien hulle maar jy kry hulle nie.

    Olga se ‘surfing’ op die duine met ‘n plaat/bonnet is ‘n strooi storie. Ek het dit op Duin 7 in Namibië geprobeer. Die ding steek knaend vas en slaan gat oor kop en as dit die slag gaan, raak dit so warm van die wrywing dat jy in die ry uitklim. Byt nie aan daardie een nie.

  • 67. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 25

    More Jan

    Jy was omtrent ‘n Cassenova in jou jong dae gewees.

  • 68. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 27

    Ek weet die mense het wel met bokse en goed van duine af gegly. Nou wel nie duin 7 nie. Is dit nie een van die grootste duine in Namib nie.

  • 69. bruinogies  |  Julie 10, 2008 om 8 : 27

    A little girl was playing in the garden when she spotted two Spiders
    mating.
    “Daddy, what are those two spiders doing?” she asked.
    “They’re mating,” her father replied.
    “What do you call the spider on top, Daddy?” she asked.
    “That’s a daddy longlegs.” her father answered.
    “So, the other one is a mommy longlegs?” the little girl asked.
    “No,” her father replied. “Both of them are daddy longlegs. ”
    ………….. The little girl thought for a moment, then took her
    foot
    and flattened the two spiders saying, “We’ll have none of THAT
    moffie-kak in our garden.”

    goeie more julle!

  • 70. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 32

    More BO

    WHAAHHAHAHAHAHAAHAHA

  • 71. Verons  |  Julie 10, 2008 om 8 : 36

    More julle!!
    Jannas bly om jou weer te sien!
    Saloom ek is so besig in die laaste tyd dat ek amper nie eers kans kry om in te loer nie, maar na die week sal dit hopelik beter gaan.

  • 72. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 38

    More Ma

    Is daar nog ‘n grasdak oor?

  • 73. Verons  |  Julie 10, 2008 om 8 : 38

    A3, Sammy was baie lekker om julle weer te gesien het en ‘n verrassing!! Het al na julle begin verlang en toe verras julle my net so uit die bloute!! Thanx!!🙂

  • 74. Verons  |  Julie 10, 2008 om 8 : 39

    A3 die grasdak staat nog!! Ek het my heel skaflik gedra…………. belowe!!😉

  • 75. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 42

    Ag nee man, hoe het ek jou dan geleer.

    Mens moet jou altyd gedra. Al is dit sleg.

  • 76. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 43

    Adrie
    Duin 7 is die langste en hoogste duin in die Namib woestyn (naby Walvisbaai). As ons as soldate verveeld was, het ons duin gery met allerhande ‘surfboards’ hout was die beste, bokse het ook gewerk maar het te gou geskeur, metaal het jy vermy want dit raak rooiwarm. Ons het ‘n Jeep bonnet daar gehad waarmee ons nuwelinge mee verwelkom het en om te kwalifiseer moes jy tweekeer die volle duinhelling daarmee surf. Die eerste keer het jy uitgevind hoe erg dit is en die 2e keer pure pyn en leiding. Het darem ‘n medic gehad wat spirits in die blase gespuit het.

    Cassanova weet ek nie van nie, ons moes maar vry want daar was nog nie TV nie.

  • 77. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 45

    Of veral sleg.

  • 78. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 46

    Uit die beeld

    Gloria Edwards

    ’n Vermeende kaper wat gewond is en in ’n boom in Kempton Park probeer wegkruip het, is gisteroggend dood in sy wegkruipplek gekry.

    Een van sy trawante het homself doodgeskiet nadat hy hom teen veiligheidswagte vasgeloop het en nog ’n vermeende makker is in hegtenis geneem.

    Die vierde verdagte het in die wegkommotor weggejaag.

    Die mans het glo eergister omstreeks 20:00 probeer om Madelein (26) se motor te kaap.

    Sy en haar niggie, Chantel (28), was by Chantel se vriend, Neels, se huis. Hul vanne word nie gepubliseer nie om hul identiteit te beskerm.

    Daar is op hulle geskiet toe hulle in die oprit van die huis gestop het om die hek oop te maak. Neels het hy ’n voorgevoel gehad iets sou skeefloop.

    Hy is al tevore in sy oprit gekaap. “Ek het met my pistool in my hand in die eetkamer gewag vir Chantel en Madelein om by die huis te kom.

    “Toe ek die eerste skoot hoor klap, het ek na buite gehardloop en gesien hoe hulle nog ’n skoot op die vroue skiet. Hulle het geskiet om dood te skiet.

    “Ek het ’n waarskuwingskoot gevuur en hulle het op my begin skiet.”

    Die bestuurder van die Toyota Venture waarmee die verdagtes sou vlug, het weggejaag en sy drie makkers agtergelaat, waarna ’n skietgeveg tussen hulle en Neels uitgebreek het.

    Die man wat in die boom in Buitendagstraat gevind is, is vermoedelik deur Neels in die rug getref. Hy het in die boom aan sy wond beswyk en sy lyk is gisteroggend deur ’n lid van die publiek gevind.

    Volgens kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, het Neels en die kapers verskeie skote op mekaar geskiet. “Die drie verdagtes het toe te voet gevlug.

    “Een het hom vasgehardloop in veiligheidswagte en homself in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood. Nog ’n verdagte, mnr. Del Sangwenni (21), is deur die wagte gearresteer.”

    Sake van poging tot moord en kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens word ondersoek.

    Die polisie soek nog na die vierde verdagte.

    Neels het gesê albei vroue is erg getraumatiseer. “Ek dank die Here dat hulle veilig is en dat Hy vir my die krag gegee het om vinnig op te tree.”

  • 79. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 47

    Hi Verons! self lekker besig met nuwe kontrakte.

  • 80. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 47

    Jan

    Het jy al weer begin brood bak? Want dan kom hou ek jou nou geselskap. Jou kombuis behoort warm te wees.

  • 81. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 49

    Adrie

    Dis snaaks dat die Polisie nie vir Neels gearresteer het nie. Hulle arresteer jou mos as jy jouself verdedig.

  • 82. Olga  |  Julie 10, 2008 om 8 : 49

    More, more. Ag, nee jannas. Jy het neti geweet hoe nie. Vassteek? Dan was jy gelukkig as jy net van jou slee afgeneuk het. Ons het die slag geken om die slee ni te laat vassteek nie. Wrywing se gat ook. Dit was op sand, nie op staal of klip nie. So kry ander storie, dan boor jy hom n riool. Vandag ry net quads duin 7.

  • 83. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 50

    Adrie,
    Nie veel tyd vir broodbak nie. Rig fabrieke op in Benoni en moontlik kry ek ‘n groot verspreidingskontrak as subkontrakteur.

  • 84. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 52

    Jan

    Dit is nogal waar. Veral omdat hy die eier in die rug gewond het. Hy was dus geskiet terwyl hy gehardloop het.

  • 85. Jannas  |  Julie 10, 2008 om 8 : 53

    Olga
    He he he he. Help nie jy verdedig ‘n jok nie, jy maak dit net erger.

  • 86. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 55

    Olga

    Hoeveel strepe het jy gekots terwyl julle by die duin afgegly het?

    He He He

    Dalk moet jy vir Jannas gaan wys eendag wat die soldate verkeerd gedoen het.

  • 87. Nats  |  Julie 10, 2008 om 8 : 55

    Goeie more julle!!

    Sjoe maar dis koud vanoggend!!

    Olga
    Ek was nie seker hoe kennetjies gespeel word nie, maar ek het so halwe idee gehad!🙂

    Salome
    Dankie vir die koffie!! Maar ek gaan eers bietjie Med Lemon moet drink ek voel nie so lekker nie en my neus is dan oor sensitief oop en dan toe… ha tjoe!!!

  • 88. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 8 : 58

    More Tweeling

    Ek hoop nie jy het by my aangesteek nie. Med Lemon is baie sleg. Drink dit net as daar geen ander uitweg is nie.

  • 89. neykie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 00

    Lekker dag vir julle

  • 90. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 04

    Selfde vir jou Neykie.

  • 91. Nats  |  Julie 10, 2008 om 9 : 14

    Adrie
    Ek voel soos Michael Jackson… en lyk so semi na hom!! My neus voel of dit in mekaar sak en ek het gesukkel om te slaap!! Dan is my neus toe dan oop dan half oop!

  • 92. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 22

    Nats

    Die eerste is as jou neus agtertoe loop.

  • 93. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 25

    Hallo almal

    Jammer bietjie laat vandag maar vrek besig met werk …

  • 94. Nats  |  Julie 10, 2008 om 9 : 26

    Adrie
    huh? Praat jy van ‘n nasal drip? juk!

    Ons het darem goeie nuus ontvang!!
    Ons het ‘n vrou/girl gearesteer!! Jippeeeeeee!!

    Die slegte nuus is dis ons klient se begrafnis vandag 12uur…

  • 95. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 28

    SHARKY

    Hallo Mens

    Hoe gaan dit met jou? Jou kid steeds so woelig?

  • 96. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 35

    Hello Sharky!!!!!!

  • 97. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 36

    Praat die mal mens met haarself.

    Ek het mos gegroet. TSK!!!!!

  • 98. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 39

    @ Adrie

    Hallo bokkie en NEEEEE ek het nie met myself gepraat nie daai boodskap is nie myne so gek is ek ook nie

    Ja jong kiddies raak groot en bekkig

    En hoe gaan dit nog met jou ????

  • 99. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 39

    Dalk raak hierdie blog te vol.

  • 100. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 40

    Haaitjie

    Nee wat, hoe ken jy my. Stil en rustig.

    Het jy my epos gekry?

    Seker weer Nats wat mense kloon.

  • 101. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 42

    @ Adrie

    Ja dankie het gekry, is Nats nou weer vol drama vandag of het dit nog nooit verander nie

  • 102. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 44

    @ Nats

    Is jy besig met onheil dinge vandag of is Adrie verkeerd om te se jy kloon mense

  • 103. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 46

    Haaitjie

    Nee, my tweeling (en ma en Ouma) kloon so af en toe per ongeluk mense met dieselfde IP adres as hulle.

  • 104. Nats  |  Julie 10, 2008 om 9 : 47

    Sharky
    Sorry dit was ek… hoe de hel gebeur dit!! En ek het nou jou e-pos adres sommer ook!! Ek verstaan dit nie!!!

    En wat van ek wat weer vol drama is!!??!!!

  • 105. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 48

    Adrie

    PER ONGELUK se jy ??? bly om te sien nie veel het verander oor die maande.

  • 106. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 50

    Nats

    Jy is vergewe en ek sal nie weet hoe jy my email kry kan wees dat … hellsbells EK WEET NIE !!!!

    Ek bedoel die goeie drama NIKS leliks nie

  • 107. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 9 : 50

    Haai

    Dit was regtig per ongeluk.

    O ja, toe jy laas geblog het, het ek en Nats net vir mekaar geknor. Sy kan jou vertel wat het toe gebeur.

  • 108. Sharky  |  Julie 10, 2008 om 9 : 58

    Adrie

    Nee ek was buite aksie vir ‘n paar maande so stuur vir my mail met die storie sal graag wil hoor hoe julle twee vrede gemaak het.

    EN ENIGE IEMAND

    As julle kontak het vir Telkom ek wil hul uithaal want ek het net probleme met my internet en dus hulle skuld

  • 109. Nats  |  Julie 10, 2008 om 10 : 00

    Sharky
    Wanneer laas het jy nou weer geblog?? My gehue is nie wat dit moet wees nie!!

    Adrie
    Ons het toe mos mekaar in die hare gegryp en gekrap en gerol en gestoei en toe besluit om looks is dit nie werd nie en gaan koffie drink!!🙂

    O ja en mekaar met die hand gegroet en gesê familie moet nie so baklei nie… en toe spring ma weer in en klap ons warm! Gelukkig het sy ‘n drankie in die een hand gehad so die klappe was nie so seer nie😉

  • 110. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 00

    Haaitjie

    Ons is op die nuwe blog.

  • 111. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 03

    Nats

    Is jy seker dit is hoe dit gebeur het?

    Eish

    Ek onthou iets van saam in die hoek sit, tot daar bloed teen die mure was. Of so iets.

  • 112. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 04

    Nats

    Dalk was dit toe ons saam vir die welsyn tannie op die dak gaan wegkruip het.

  • 113. Nats  |  Julie 10, 2008 om 10 : 06

    Adrie
    My sielkundige het daai deel uitgeblok… en nou kan ek sien hoekom ek nog steeds daai pilletjies moet drink!!!

    Sharky
    Ernstig nou, ons het amper die lig aan die ander kant van die tonnel gesien toe ons besef het dis die duiwel met die torch en toe MOES ons maar vrede maak want ons is nou maar eers 13 jaar oud en nog ons hele lewe voor ons!!!!

  • 114. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 10

    Nats

    Is jy so vroeg al gesuip???? Ons is steeds 12.

  • 115. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 10 : 12

    Haai

    Erenstig nou. Jy was darem baie baie lanklaas op die blog. Op ‘n stadium het Tannie Brood lekker saam met ons geblog en selfs baklei ook.

  • 116. nansie  |  Julie 12, 2008 om 3 : 16

    Kan iemand my asseblief vertel wat die reëls van klippiesskool is?
    Groot ASSEBLIEF!
    Sal dit baie waardeer.
    N

  • 117. Adrie  |  Julie 14, 2008 om 12 : 01

    Nansie

    Jy kry so ‘n paar kinders en trappe met baie spore. Laat al die kinder op die onderste trap sit. Daar word ‘n juffrou (of meneer gekies). Hy/sy steek ‘n klip in sy/haar hand weg en die kinders moet raai in watter hand dit is. As jy reg is, slaag jy en kan een trappie op skuif. As jy druip, bly jy waar jy is. Die een wat eerste op die boonste trappie is, is die volgende juffrou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: