En die magtigste is:

Julie 7, 2008 at 8 : 47 50 Kommentaar

Hulle sê die pen is magtiger as die swaard.  Ek dink die pen se tyd van heersing is verby.  Die pen is ontkroon deur olie. 

Daar word al lank gespekuleer dat die Moslems ‘n heilige oorloog teen die Weste verklaar het.  As dit waar is, het hulle besluit om nog slimmer te werk te gaan as in 2001.  Aangesien hulle die olie besit wat die vliegtuie nodig het, waarom nog mense oplei om die vuil vlieg te doen?  Wurg die Weste, bietjie vir bietjie – totdat die laaste greintjie lewe en voortbestaan weg is.  Klink dit soos ‘n derderangse fliek?  Dalk, maar soos die petrol prys in 2008 alreeds gestyg het, wonder ek.

Wie die olie beheer, beheer die wêreld.  Die ekonomiese stryd waardeur die wêreld op die oomblik gaan is die gevolg van die olie styging.  Styg die olie, styg die voedselpryse, styg inflasie en die rente koerse.  En almal word daardeur geraak.  Behalwe as jy in Saudi Arabië bly en 91c vir ‘n liter petrol betaal.  Daar is ook geen lig aan die einde van die tonnel nie.  Waarskynlik omdat die lig ook olie nodig het om te brand, maar dit nie kan bekostig nie.

Die afgelope paar dekades het mense hulle fortuin uit rekenaars gemaak.  Juis deur dit so goedkoop as moontlik aan mense beskikbaar te stel.  Die volgende generasie stinkrykes gaan hulle fortuin maak uit iets wat olie vervang.  Op ‘n goedkoop, volhoubare manier.  Dit is as die ooste nie die manier eerste gaan ontdek of die weste gaan doodsmoor voor dan nie. 

Wat staan ons intussen te doen?  Volgens ekonome moet ons leer om met minder olie oor die weg te kom.  Anders gaan olie eendag die prys van ons siele kos.  Wat ek nie bereid is om te verkoop nie.  Ek sal solank vir alternatiewes soek.  Ek sal graag die Bill Gates van brandstof wil wees.

Het ek dalk die kat aan die stert beet?  Is dit dalk die tyd om my kop in ‘n molshoop te druk en te hoop vir die beste?

Blogvraag:  Waar kom die naam van Brent ru-olie vandaan?

Blogantwoord:  Sam was reg met Laura en Jennifer Loesch.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Almal se Baba Helpende Hand

50 Kommentaar Add your own

  • 1. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 9 : 45

    Eerste!

  • 2. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 9 : 49

    En hoe ironies is dit nie… Ek is by wilgers hospitaal omdat ek my duim met 4kin warm OLIE gebrand het! He he! Kan jy nou meer! Wag! Die nurse roep my….

  • 3. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 9 : 53

    O ja! Die antwoord…. Ek DINK dit het in rooinek land onstaan. Die groot petrolium outjie, shell, total, bp of so iets het hul plants name gegee van voëls. Ek dink die naam kom van die brent goose as ekkiti mis hetti

  • 4. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 58

    Drieling

    Ek dog die nurse roep jou.

  • 5. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 10 : 01

    Nee my 4k! Ek is nou self so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroeër! Was dit nou in Ingeland en was dit nie Shell en iets soos Essex nie? Curse you Google! My foon wil 4kol weet van antwoord soek nie. Ek sal more oggend ma oppi piesie moet kyk of ekki ‘n meer oordentlike antwoord kan aanmekaar sweis nie. Nee 4kit! My blêrrie duim is moer seer! EI4KINA!

  • 6. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 10 : 03

    Sam

    Maak jou epos adres reg, as jou duim dit it toelaat. Jy het .ya en nie .za nie.

  • 7. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 10 : 05

    Man! Syt my net geroep om die stjoepid duim te spuit met goeters wat die kak uit my uit brand. Gmpf!

  • 8. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 10 : 07

    My goed word alles as spam gemerk, ek gaan maar eerder waai. Netnou sit ek langs jou met ‘n beroerte aanval.

  • 9. Nico  |  Julie 7, 2008 om 10 : 34

    Ek se^ nog steeds daar moet ‘n manier wees om ‘n kar op water te laat loop.

  • 10. jannas1  |  Julie 7, 2008 om 10 : 55

    Jy praat so reg in my kraal.

  • 11. Sam q  |  Julie 8, 2008 om 5 : 32

    EINA!!!!!!!!!!👿

  • 12. Olga  |  Julie 8, 2008 om 5 : 53

    More, more. Vuli duim sam? Eina? Weet jy a3, ek se verhang di bordjies. Wys di borrieballas goed wie is die baas. As wereld 1 dag nie petrol of olie koop nie, is die ooste geskroef. Die wereld ekonomie sal bubble hap, maar die olie baronne ga bloei. Hulle mag dan 2keer dink.

  • 13. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 6 : 53

    The name “Brent” comes from the naming policy of Shell UK Exploration and Production, operating on behalf of Exxon and Shell, which originally named all of its fields after birds (in this case the Brent Goose). It also refers to the formation layers[citation needed]—Broom, Rannoch, Etive, Ness and Tarbert, which are named after geographical features—lochs and glens—of the Scottish Highlands).

  • 14. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 6 : 55

    Olga

    My duimpie voel darem nou beter dankie. Die erge brand gevoel is nou weg maar elke keer wanne ek my duim beweeg wil ek in my se broekie skyt. Ek hoop nie dit ga ‘n letsel laat nie😦

  • 15. Zoekoe  |  Julie 8, 2008 om 7 : 11

    More Amal !!!

  • 16. Zoekoe  |  Julie 8, 2008 om 7 : 15

    Hallo Sam Q 😀 ok maar lekke stupid !!! moenie jou vingers in warm olie druk nie…. dis nie nice nie… 😉

  • 17. Zoekoe  |  Julie 8, 2008 om 7 : 17

    Oor die onderwerp, daar is al baie uitvindsels daarbuite om die olie krises te help, maar die groot Multi-TriljoenBiljoen sterk olie reuse gaan dit nie toelaat nie, dus koop hulle al die uitvinders se patente en hou dit stil todat die olie eendag op is !!! its all about Business – Make money – The american dream !!!!!

  • 18. meermin  |  Julie 8, 2008 om 7 : 21

    Alweer nie eerste nie, hopenlik nie laaste nie!! Lekker dag vir jou.

  • 19. Jannas  |  Julie 8, 2008 om 7 : 59

    Moresê almal

    Olie word op die futures markte verkoop, dieselfde stelsel as wat vir graan gebruik word. Agente wat ‘in’ is by die produsente koop toekomstige produksie op en verkoop dit teen die heersende olieprys. Die wat die ongeproduseerde olie gekoop het probeer dan die prys opjaag om dit weer teen ‘n wins te verkoop. Olie word ongeveer 14 keer verkoop voordat dit geproduseer en gelewer word (teen ‘n aansienlike hoër prys as toe dit die eerste keer verkoop is). As die olieprys sou val en laag bly is daar ‘n klomp oliespekuleerders wat erg in die moeilikheid gaan wees – dit sal die markte in resessie druk. Koring en mielies word op dieselfde manier verkoop. As ons ophou om dit te gebruik is dit nie die Arabiese lande wat gaan seerkry nie, dis ons eie markte. Die krisis kan net besweer word as die futures markte gestaak word.

  • 20. demoerin  |  Julie 8, 2008 om 8 : 08

    As jy ‘n plan kry, moet jy dadelik patenteer en jou winste met my deel! Ek weetie hoekom nie, maar dit klink soos die regte ding om te doen!😆

  • 21. Jannas  |  Julie 8, 2008 om 8 : 13

    Ek moet gaan werk. Loer weer later in.

  • 22. Katvis  |  Julie 8, 2008 om 8 : 45

    Die verbruik van olie of tewel petrol gaan in die volgende tweejaar verdubbel net in Suid Afrika. Op die oomblik pomp hulle 750 m³/h Brandstof van die kus om in die aanvraag te voorsien dit is so ominby n tanker elke drie minute 24 uur sonder ophou. Dit noet op geskuif word na so ongeveer 1000 m³/h na 2010 dit is meer as n verdubbeling anders gaan ons droog loop hier op die rand en tye sonder petrol sit. Dit is net hier by ons wat van die res van die wereld. Op die oomblik is Sasol die rykste maatskapei in Suid Afrika want die petrol wat hulle vervaardig word teen die huidige olieprys betaal en nie teen die steenkool prys nie. So hulle maak baie meer as wat hulle ooit gemaak het. Jy kan maar gaan kyk hulle aandele is seker meer as R500 werd want hulle melk ons net meer. Waar is die kompitisie raad nou hoekom vat hulle nie daai ouens aan wat teen n fix rate aan ons verkoop nie. Nee dit is nie det die Arabs wat geld maak nie daar is ook n ander paar rolspelers wat lekker ryk word tenkoste van die ander.

  • 23. Zoekoe  |  Julie 8, 2008 om 8 : 59

    Hopeloos te tegnies vir my, maar iemand skroef ons… dis verseker !!!!

  • 24. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 8 : 59

    Dear Ma and Pa,
    I am well. Hope you are.

    Tell my boetie Wouter and my other boetie Koos that being in the Army beats working for Oom Piet by a mile. Tell them to join up quick before maybe all of the places are filled.

    I was restless at first because you got to stay in bed till nearly 6 am, but am now starting to enjoying sleeping late.

    Tell Wouter and Koos all you do before breakfast is smooth your cot and shine some thing. No varke to feed, no cows to milk, no mampoer to mix or braai wood to split. Practically nothing. Manne get to shave but it is not so bad, there’s warm water.

    Breakfast is strong on fruit juice, pap, eggs, bacon, etc, but short on steaks, boerewors, chops, potatoes and other regular food like vetkoek.

    But tell my boeties you can always sit between two dorpies that live on coffee. Their food plus yours holds you till noon, when you get fed again.

    These city boys can’t walk much. We go on “route” marches, which the Sersant says are long walks to harden us. If he thinks so, it is not my place to tell him different. A “route march” is about as far as to our postbox at home. Then the dorpies from the city get sore feet and we all ride back in trucks. The country is nice, but awful flat.

    This next will kill my boeties with laughter. I keep getting medals for shooting. I don’t know why. The bulls-eye is near as big as a dassie’s head and doesn’t move at all. And it isn’t shooting back at you like those bliksemse Venter boys from the next door plaas. All you have to do is lie there all rustig like and hit it. You don’t even have to make your own cartridges. They come in boxes.

    Then we have what they call hand-to-hand combat training. You get to wrestle with the dorpies from the city. I have to be really careful though, they break real easy. It’s not like fighting with Swart Duivel our old bull at home.

    I’m about the best they got in this platoon except for that Groot Jan Jordaan from somewhere in the Noord Transvaal. He joined the same time as me. But I am only 5’6″ and 130 pounds and he is 6’8 and weighs over 300 pounds, dry.

    Be sure to tell my boeties to hurry and join before other okes find out about the Army setup and come stampeding in!

    Your loving daughter,
    Ester

  • 25. Verons  |  Julie 8, 2008 om 9 : 10

    More! More!!
    Sam jy is mos die tegniese een hier tussen ons begin bietjie werk aan daai engin wat op water kan loop!!😉
    Ons gaan ook op ‘n stadium ‘n probleem ontwikkel want hier in SA is mos nie baie water nie, jy sal moet werk met riool water want as ons dit kan gebruik sal ons damme en riviere ten minste skoon kom!!🙂

  • 26. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 9 : 12

    Bietjie lank ma 4kin snaaks!!!

  • 27. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 9 : 37

    GGGRRR!!!!!! My internet HANG!!!!!

  • 28. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 9 : 40

    @ Ma

    Ek sal kyk wat ek kan doen met daai idee van ma. Dit gaani maklik weesi…. ma ek sal traai!

  • 29. Nats  |  Julie 8, 2008 om 9 : 52

    More julle!!

    Ek hoop regtig hulle vind iets anders uit ipv olie vir petrol… want ons is sterk oppad na R20 per litre vir petrol en dit die einde van die jaar!!!

    So wat jy nou in gooi kan jy verdubbel… JOH!!!

    Sam😆 Nice een!!

  • 30. Wipneus!  |  Julie 8, 2008 om 10 : 19

    Môre almal,

    Hierdie petrol prys is besig om my mal te maak!! Dit raak nou regtig nie meer snaaks nie. Dit kos nou ‘n huis se prys om my kar vol te maak en daardie petrol hou my ‘n week????? Nou wat nou?

    Die kos pryse styg net so vinnig of vinniger as die petrol prys. As hulle die petrol prys met 15c per liter opstoot dan kos die tamatiesous jou ook 15c en nog so R1 duurder- iemand kan nie lekker berekenings doen nie!! 🙄

    Waar en wanneer gaan dit eindig, ons kort vinnig ‘n alternatief vir petrol of ons gaan doodgaan van die honger.

    Sal intussen maar op donkies, perde en kamele moet rond ry. Het juis aansoek gedoen vir ‘n donkie daar op Jannas se site, hy kan sing en grassny ook😆

  • 31. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 10 : 34

    Today’s Inspirational Quote:

    “If you spend too much time warming up, you’ll miss the race.
    If you don’t warm up at all, you may not finish the race.”

  • 32. Nats  |  Julie 8, 2008 om 10 : 49

    Wip
    Ons kla oor ons petrol wat opgaan met x bedrag geld… da was ‘n boer wat se petrol met R2m opgegaan het oor 1 jaar!!! Dis ‘n ekstra R166 666 per maand!

    So ja die kos pryse gaan op maar neem ons daai boer kwalik daarvoor?? Maar dis nog steeds belaglik!!

    Ons kruideniers die maand was ‘n ekstra R600 as laas maand en ons het min of meer dieselfde goed gekoop!!!

  • 33. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 11 : 07

    Ek wil nie eens begin praat oori prys van groceries nie!! Ek sal somme begin tjank!😥

  • 34. Nats  |  Julie 8, 2008 om 11 : 14

    Sam
    So waaroor chat ons… jou nuwe werk!! Jy kry nog steeds petrol ne??

  • 35. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 12 : 07

    @ Nats

    Yip!!!! En ek weeti wat ek ga doen as ek die dag vi my eigene petrol ga betaal nie!😯

  • 36. Nats  |  Julie 8, 2008 om 12 : 20

    Sam
    Dan sal jy maar net moet stadiger ry😉

  • 37. Pikkelik  |  Julie 8, 2008 om 12 : 32

    More almal, skies ek skeep julle so af, ek voel al soos ‘n otter maar hierdie Juffrou se mind is bietjie screwed up en onderste-onder en ek kan rerig nie meer dink nie, so ek hou maar liewer my smoel en bid vir die beste….
    Wou net sê: Ek is nog hier en kom kuier weer sodra ek kan dink….
    love you all…. mwah..mwah…mwah….mwah!!!!

  • 38. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 12 : 50

    Hallo Almal!!!
    Koffie (en eet asseblief tog al hierdie oorskiet Cremora tert van Adrie op)

  • 39. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 12 : 54

    Kan ek ‘n ander klip in die bos gooi oor die stygende pryse;
    Het verlede week so na die geleerdes geluister. Hulle reken dat dit dalk ‘n baie slim plan van die goewerment is om 2010 se trein en stadions te finansier aangesien hul nie genoeg geld sal hê vir al die nuwe fancy goeters vir hul sokker vrinne. Laat mens wonner . . .

  • 40. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 12 : 59

    Ek stem met Nats en Wip dat die pryse verskriklike en sienbare verskille maak. Selfs die pre-paid krag is ‘n hengse verskil.
    Maar weet julle wat ontstel my die meeste; die arme bejaardes. Daar is nie ‘n manier dat hulle met hul pensioen ‘n aanvaarbare standaard kan handhaaf nie.
    Ons het hoeka verlede week gesien dat 98% van die blankes in die wit plakkerskampe “Afrikaner” mense is. Die kinders leef in haglike toestande. En vir die wat sê dis hul eie skuld, moet julle maar gerus na die feitlike studies kyk. Wonner of dit nie ok alles ‘n baie slim deurdinkte plan van die regering was nie.

  • 41. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 1 : 00

    Nou praat ek wragtag alweer met myself. mph, ok g’n wonner nie; dis alweer vreetsaam tyd.

  • 42. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 1 : 12

    @ Saloom

    Ek hang hie rond tussen al die gehollery en praat ok ma so af en toe lekka met myself:mrgreen:

  • 43. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 1 : 15

    Middag Sam

  • 44. Zoekoe  |  Julie 8, 2008 om 1 : 37

    Hi Salomè !!

    ek oorweeg dit sterk om ‘n scooter of so te koop om werk toe en terug te ry…. nie meer lank nie gaan ons strate lyk soos Indie of China… net scooters orals !!

  • 45. Samantha Q  |  Julie 8, 2008 om 2 : 06

    Hi Saloom!!!

    @ Zoeks

    Of julle ga almal by my ‘n lift moet kry TOT hulle my petrol toelaag weg vat!!!

  • 46. ADRIANA  |  Julie 8, 2008 om 2 : 27

    My internet is af . . . Alweer

  • 47. Salomè  |  Julie 8, 2008 om 3 : 22

    Zoekoe
    Hoekom dink jy bly ek so sentraal? Ek gaan oral saam met Potifaar. Ek besef egter dat stap daar in julle dorpies nie eindlik moontllik is nie, maar hier klap ons nog toon as dit moet.

    Sam
    Gelukkig betaal Liefie ok nie vir sy karretjie se juice nie. Julle sal maar moet saam ry klubs begin.

    Adriana
    Dis omdat jy die Cremora tert so laat staan en oud word.

  • 48. neykie  |  Julie 8, 2008 om 3 : 36

    whaha ek soek nie jou kar nie maar jou petrol….😆

  • 49. Bierpens  |  Julie 8, 2008 om 7 : 03

    Hi Doring se rosie

    Ek het die comments gescan maar kon nie iets sien wat jou aan name bevestig nie…. oor die laaste paar maande was daar vele nuus berigte wat dit bevestig… ek het so paar van hulle op my site…

    http://bierpens.co.za/?tag=petrol

    kom lees gerus… ek skryf nie so baie soos jy nie… ek kan nie… so ek copy en paste maar baie nuus berigte se opsommings…

    M aar ek stim saam met jou… Iran ook… die reg vir atoom of betaal vir olie… US$ 178.00 voor December het ek al gelees.

  • 50. Adrie  |  Julie 8, 2008 om 8 : 48

    Dankie Bierpens, Ek het gaan loer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: