Almal se Baba

Julie 7, 2008 at 10 : 58 78 Kommentaar

Jessica (5) is besig om Rescue 911 op televisie te kyk.  Die program handel oor ‘n baba dogtertjie (18 maande oud) wat in ‘n put geval het wat maar 20 cm breed was.  Sy het 6.7 m onder die grondvlak vasgesit.  Die storie gryp haar verbeelding aan en sy gaan vertel haar stiefma van dit.

Jessica McClure het in 1987 by die put ingeval het terwyl haar ma gou ‘n oproep beantwoord het.  Die voorval en 2 en ‘n half dag redding het baie media aandag gekry.  Net Diana se dood 10 jaar later kon dit verby steek.  Terwyl sy in die put was, was daar gevrees dat sy versmoor of sou verkluim.  Daar was vir lug en hitte afgepomp terwyl sy Winnie The Pooh se liedjie gesing het.  ‘n Skag is langs die put gegrawe en daar was ‘n sterk moontlikheid dat dit die stabiliteit van die put sou bedreig en alles in mekaar sou tuimel. 

Robert O’Donnell het op die einde vir Jessica uit die put gehaal.  Hy het haar vol pretroleum jellie gesmeer en uit die put getrek.  Jessica se beeld na haar redding het die wêreld aangegryp.  Haar regterhandjie was in haar gesig afgedruk.  ‘n Gedeelte van haar voet moes afgesit word, omdat daar gangreen in ontwikkel het.  Ten spyte van die 15 operasies wat gevolg het, het sy die hele nare ondervinding vergeet.  Sy het eers op 5 jarige ouderdom deur haar stiefma ingelig dat sy die kind was wat sy op televisie gesien het. 

Jessica is getroud in 2006 met Daniel Morales wat 13 jaar ouer is as sy.  Hulle het later dieselfde jaar ‘n seuntjie gehad.  Nadat Jessica bevry is, het weldoeners teddiebere en geld aan haar gestuur.  Die geld, geskat om tussen $700 000 en $1 000 000 te wees word op Jessica se 25ste verjaarsdag aan haar oorhandig.  Sy het aangedui dat sy die geld aan haar kinders sal oorteken.  (Is dit net ek, of dink nog iemand Morales is bang die mense dink hy het met haar getrou oor die geld).  Jessica is gelukkig en kom niks kort nie.

Dieselfde kan nie van Robert O’Donnell gesê word nie.  Hy het in 1995 selfmoord gepleeg.  Hy het aan post dramatic stress disorder gely, hy kon nooit die redding verwerk nie.

Blogvraag:  Wie het die rol van Jessica McClure vertolk in die fliek van die gebeurtenis?

Blogantwoord:  Sam was amper reg.  Die antwoord was Michael Holbrook Penniman.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Happy of scary endings? En die magtigste is:

78 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 7, 2008 om 11 : 27

    As as so gelukkig is, en sy kom niks kort nie, waarom nie die geld aan haar kinders oorteken nie? (morales kan deur sy kinners ook bevoordeel word) kinders se vermoee om te vergeet is sowaar wonderlik.

  • 2. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 11 : 30

    Hallo Olga

    Sy het die ervaring waarskynlik geblokeer in haar onder bewusyn. Blykbaar as die pers haar bel, vertel sy hulle gerus dat hulle die verkeerde nommer het. Ek dink sy is mal om op 21 te trou.

  • 3. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 11 : 37

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 4. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 11 : 38

    Laura & Jennifer Loesch!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 5. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 11 : 40

    Sam

    Ek is regtig seker jy het dit gewiki. He He He

  • 6. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 11 : 40

    Ek bekak myself as so iets met een van my se kjinners gebeur! Ek onthou nog die storie asof dit net gister gebeur het.

  • 7. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 11 : 41

    Today’s Inspirational Quote:

    “Improvement begins with I.”

  • 8. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 11 : 42

    @ A3
    😉

  • 9. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 11 : 43

    Ek het net die fliek daarvan gesien. Kan nie onthou wanneer nie, maar ek was nog klein.

    Sam, as jy jou bollie by die put kan afgooi, kan die klein Sams dalk uitklim. Ek dink in elk geval na die storie was daar ‘n wet dat hierdie tipe putte toe moet wees.

  • 10. neykie  |  Julie 7, 2008 om 12 : 11

    Was daar ‘n fliek gemaak oor die verhaal? wat is sy naam wil hom baie graag kyk.

    Mooi inskrywing A3. Ek kan so iets onthou maar jy het my geheue nou mooi verfris

  • 11. neykie  |  Julie 7, 2008 om 12 : 16

    Everybody’s baby The Rescue of Jessica McClure

  • 12. Nats  |  Julie 7, 2008 om 12 : 25

    Hi da!!

    Ek onthou nie die storie nie… het ook nie die fliek gesien nie!

    Maar darem weet ek nou!!🙂

  • 13. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 12 : 27

    Tweeling

    Het ma jou in ‘n grot weggesteek?

  • 14. Nats  |  Julie 7, 2008 om 12 : 39

    Tweeling
    Ek was dan nog nie eens 3 nie… en daai tyd was my ma baie meer bekommerd oor die meisies wat so verdwyn het!! Dit kan ek onthou!🙂

  • 15. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 12 : 41

    @ Nats!!!!!

    A HA!!!!! Net die (see)koei wat ek soek!!

  • 16. Nats  |  Julie 7, 2008 om 12 : 44

    Sam😆
    Ek voel soos daai (see) koei vandag! Gaap lekker hier by my tafel inni son!!

  • 17. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 12 : 47

    Hi weer mense !!! ek ken ook glad nie die storie nie, maar ja, nou weet ek ook !!!

  • 18. Nats  |  Julie 7, 2008 om 12 : 54

    Zoekoe
    Wat dink jy van lelies vir die blomme? En die kleure lig groen silver en wit!? Of so iets ek werk nog aan die kleure.

  • 19. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 12 : 59

    @ Nats & Zoeks

    Ek was vanplan om my oranje fishnets te dra met ‘n giggel groen mini, baba blou hi pofaais en pienk t-shirt………. Dis nou as hoof strooi meisie nê

  • 20. Nats  |  Julie 7, 2008 om 1 : 03

    Sam
    Solank da groen is in jou “out fit” is dit reg met my!!! Een probleem… ‘n T-shirt is nie semi formeel nie, kan jy dit nie dalk ruil vir ‘n pink frilletjie en valletjie bloes nie??

  • 21. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 07

    Testing

  • 22. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 10

    En daar maak ek my naam toffie . . .
    Sorry, maar ek wou die koffie by die verkeerde kantoor aflaai, toe besef ek julle is nie meer daar nie. Ai tog, die grys hare.

  • 23. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 11

    Nats
    St Josephs lelies in sulke groot glasbakke met glasklippies onderin (ons het selofaan ok gebruik) dit lyk altyd stunning

  • 24. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 11

    Ek dra NIE valletjies nie!!! Maar ek sal pienk bodypaint dra😉

  • 25. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 13

    Hi Saloom, Ganit gud?

  • 26. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 23

    Ai tog! Da hol almal nou wee weg…..

  • 27. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 31

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 28. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 32

    Ooooh Samantha, in hiri koue gaan daai pienk bodypaint dalk soos ‘n geplukte kalkoen lyk

  • 29. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 33

    Sorry man, jissie, kan ‘n man dan nou nie eers ‘n broodjie tussenin gaan smeer nie.

  • 30. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 35

    Moet ek begin sing?

  • 31. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 38

    @ Saloom

    Kom ek en jy oefen solank virri trou se saam sing

  • 32. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 1 : 38

    My internet maak my gek.

    Nats, onthou wie is jou tweeling.

  • 33. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 41

    ♫ Here comes the bride, big, . . . uuh nee dit gaan nie so lekker werk nie . . . ♫
    Wat van ♫ Happy days are here again ♫

  • 34. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 42

    ♫ I’m getting married in the morning, ding dong the bells are gonna chiiiime ♫

  • 35. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 1 : 43

    Vir Zoekoe is daar seker net een lied.

    Get me to the church on time.

    Zoeks, ek het ‘n kontrak uit op jou. Jy beter dit watch.

  • 36. Zee  |  Julie 7, 2008 om 1 : 44

    Ek onthou hierdie storie baie goed. Ek dink die meeste mense was maar op daardie tydstip vasgenael gewees voor hulle TV’s.

    Ek wonder nou, dink julle as ek in so put/gat val sal ek ook soveel geld kan ingesamel kry, dan koop ek ‘n lekker eiland vir ons met dit!

  • 37. Nats  |  Julie 7, 2008 om 1 : 45

    Sam en Salome
    Onthou dis eers in 2010… dan met Global Warming en al is dit dalk vrek warm, so die verf gaan seker smelt!!!

    Adrie
    Da is twee hoof strooi meisies, jy en jou drieling. Jy moet dalk net praat oor julle out fits… ek weet nie so mooi van daai bodypaint nie!!

  • 38. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 1 : 46

    Zee

    Ek grawe solank vir jou ‘n gat. Stuur my net jou skouerbreedte. Jy moet darem in die gat pas. Maar nie self daar kan uit kom nie.

    Jy moet baie meer geld kry, ons soek internet ook op daardie eiland.

  • 39. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 1 : 47

    Nats

    Ek dra nie neon pienk of groen nie. TSK!!!!

    Ek sal maar die dominee moet wees. Zoeks sal goed belowe wat skrik vir niks.

  • 40. Nats  |  Julie 7, 2008 om 1 : 51

    Adrie
    Solank hy belowe om al ons aangenome kinders lief te hê en nie om te gee oor hoeveel da is nie is die saak reg met my!!

    Muffin (die Great Dane) wat ek wou aanneem update
    – Hy is deur ‘n ou paartjie aan geneem, hy is vetter en gaan glo elke Sondag saam hulle kerk toe!! Cute ne!

    My outjie wat ek wou aanneem het glo baie aandag nodig… so ek glo nie daai mannetjie is vir my bedoel nie!😦

  • 41. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 1 : 56

    @ Zee

    Ek sal saam jou in daai ga spring as ek dit ok kan kry!

    @ Nats

    My 3ling moet net sjarrap en saam dra!!

  • 42. Nats  |  Julie 7, 2008 om 2 : 00

    Sam
    Vertel haar!!!

  • 43. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 2 : 07

    @ Nats

    Hies julle liekie waarmee ons die dansbaan gaan open

    I do swear that I’ll aways be there.
    I’d give anything and everything and I will always care.
    Through weakness and strength, happiness and sorrow,
    for better or worse, I will love you with
    every beat of my heart.)
    From this moment life has begun
    From this moment you are the one
    Right beside you is where I belong
    From this moment on

    From this moment I have been blessed
    I live only for your happiness
    And for your love I’d give my last breath
    From this moment on

    I give my hand to you with all my heart
    Can’t wait to live my life with you, can’t wait to start
    You and I will never be apart
    My dreams came true because of you

    From this moment as long as I live
    I will love you, I promise you this
    There is nothing I wouldn’t give
    From this moment on

    You’re the reason I believe in love
    And you’re the answer to my prayers from up above
    All we need is just the two of us
    My dreams came true because of you

    From this moment as long as I live
    I will love you, I promise you this
    From this moment
    I will love you as long as I live
    From this moment on

  • 44. Nats  |  Julie 7, 2008 om 2 : 09

    Sam
    Kry ek nou sommer ‘n traantjie in my oog… dis baie mooi!!

  • 45. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 2 : 12

    Nats

    Dit was my se liekie en daai woorde is blêrrie mooi. Pik ek nou somme ok ‘n traan of twee!

  • 46. Nats  |  Julie 7, 2008 om 2 : 19

    Sam
    Baie mense gaan vir daai “Lone Star” se liedtjie, maar ek soek iets anders en spesiaals!! Die is baie mooi!!

    Die is Shania Twain ne?

  • 47. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 2 : 26

    Lo julle.. eks terug..

  • 48. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 2 : 27

    Ek het ook die DVD van Shania Twain. Die liedjie is baie besonders

  • 49. Verons  |  Julie 7, 2008 om 2 : 51

    Hallooooooo!
    Ek onthou die storie baie goed maar het nie die fliek gesien nie!

  • 50. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 2 : 53

    Shit, ek is besig.

    Nats, ek sal dit in die formulier in werk. Zoeks moet nog hard vir jou werk.

  • 51. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 2 : 53

    Verons

    Dit was seker op die tv in jou drink tyd.

  • 52. Nats  |  Julie 7, 2008 om 3 : 33

    Adrie
    Sorry ek was bietjie verkeerd met my ouderdom… ek was al drie toe die voorval gebeur het. Ek sien dit het in Oct gebeur!!

  • 53. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 13

    Hallo weer ….. sug….. wens hulle wil my internet fix by die werk !!!

  • 54. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 16

    Nats mwah mwah 😛 😛

    Ek laaik daai groen en silver en wit kleure wat jy aan dink !! dis so lekker koel tog vrolik !!!

    maar ek was al by 3 troues waar daai song van Shania gespeel het…. ek soek iets unieks… wil nie soos ander mense wees nie !!!

  • 55. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 16

    Ek se maar eerder niks oor my internet nie.

  • 56. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 20

    maybe daai song van Marc Anthony – When I dream at Night !!!

  • 57. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 4 : 21

    Zoeks

    Jy sal maar moet kom sing, dat ons kan besluit.

  • 58. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 22

    of wat van How Beautiful Love Can Be, van Nianell !!

  • 59. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 22

    ek gaan nie sing nie…. ek gaan vlieg !!!! 😛

  • 60. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 25

    Hier kom Zoeks se romantiese kant uit.

    Zoeks, ek skryf al aan julle beloftes.

  • 61. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 25

    huh? beloftes? watse beloftes?

  • 62. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 32

    Troubeloftes. TSK!!!!

    Ek gaan julle trou.

  • 63. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 35

    😯 😯 eish !!!!

  • 64. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 37

    Wat eish jy? Asof dit iets verskriklik is?

  • 65. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 38

    dit klink vir my al hoe meer na ‘n “shotgun wedding” 😯

  • 66. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 38

    Huh?

    Ek gaan net seker maak jy trap in jou spoor.

  • 67. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 4 : 48

    Nee die trou gaan wonderlik wees, maar ek is nie so seker oor die dominee nie !!! 😉

  • 68. Nats  |  Julie 7, 2008 om 4 : 55

    Hello da!

    Zoeks
    Mwah! Ek hou van Marc Anthony net jammer sy vroulief dra regte fur!!!!! Daai Beech!!

    Terug na die troue toe… wat gaan ons vir al die mensies gee om te eet?? Moet asb nie sê braai vleis nie!!! Jy gaan beslis nie in jou nuwe pak braai nie!! Dan stink my trou rok na rook!

    Wat van … sop vir hoofgereg! Fillet of hoender met ‘n lekker kaas en mushroom sousie saam groentes en ‘n lekker warm poeding!! Mmmmm

  • 69. Nats  |  Julie 7, 2008 om 4 : 56

    Oooooo tog kyk waar hardloop die tyd heen!!

    Ek moet gaan!!! Sien julle weer more!!

    Cherio!!

  • 70. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 4 : 57

    Tweeling?

    SOP?????

  • 71. Nats  |  Julie 7, 2008 om 4 : 59

    Skies sop vir voorgereg!!!

    My kop los my…

  • 72. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 5 : 04

    Baai Skat !!!! mwah !!!

  • 73. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 5 : 04

    ek laaik ook nie juis sop nie, maar ek gaan daai dag aan niks anners kan dink nie… 😛

  • 74. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 5 : 23

    ek wonner of ek enigsins enige sê in my eie troue gaan hê….. anner mense kan mos braai, die caterers !!! sug !!!! maar nouja !!!

  • 75. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 5 : 25

    Eish!!!! Nous ek besig!!! Ek kan seke nie kla nie…… Veral nie met die salaris wat ek nou verdien nie……..

  • 76. Samantha Q  |  Julie 7, 2008 om 5 : 28

    KOEBAAI!!!!!!!! Ek ga nou huistoe!!!!

  • 77. Wipneus!  |  Julie 7, 2008 om 7 : 32

    Julle moet almal ‘n lekker aand hê toe del doe!!!

  • 78. Roer  |  Julie 8, 2008 om 9 : 09

    Dis verskriklik RE Robert

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: