Kan jy dryf?

Julie 3, 2008 at 2 : 53 43 Kommentaar

Ons het ‘n onderwyser op skool gehad wat ons altyd vertel het ‘n vrou dryf ‘n kar, ‘n man bestuur.  Daarom behoort ‘n vrou nooit aan die stuurwiel te raak nie.  Ons het hom verstom aangestaar.  Hallo, wie dryf ‘n kar.  Net ouma Wip, en net as sy met die ossewa werk. 

Ek hoop darem 99 % van ons hier het ‘n bestuurderslisensie.  Ek weet van baie mense wat sonder ‘n lisensie bestuur, maar ek sê darem nie dat hulle swak bestuurders is nie.  Ek het self seker so 2 jaar sonder ‘n lisensie rond gery, toegegee ek was boonop ook under age.

Wees nou eerlik.  Het jy ‘n lisensie?  Hoe oud was jy toe jy dit gekry het?  Na die hoeveelste keer het jy dit gekry?  Watse staaltjies kan jy met ons deel?

My tannie is besonders kort.  Met die gevolg dat sy nie ‘n motorfiets 100 % kan regop hou nie.  Sy kon net ‘n motorfiets op hierdie staduim bekostig – dit was of die bike of loop.  ‘n Mens pluk jou motorfietslisensie as jy nie die fiets kan regop hou nie.  So het sy haar lisensie 26 keer gedop.  Ons familie is egter te stupid om op te gee.  Met ‘n stel killer heels het sy dit die 27ste keer gemaak.

Ek is maar ‘n vervelige mens.  Ek het my lisensie op 18 die eerste keer geslaag.  Ek leer nou nog om te bestuur.

Blogvraag:  Watter lande was van die eerstes wat bestuurslisensies uitgereik het?

Blogantwoord:  BB was reg met 1890’s. 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die skewe padjie Rugby, braaivleis, sonskyn en Chevrolet

43 Kommentaar Add your own

  • 1. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 2 : 56

    Eerste gesink

  • 2. Nico  |  Julie 3, 2008 om 3 : 03

    Ek was ook 18 maar ek myne eers op die 2de probeerslag gekry, by die Centurion toetssentrum. Ek het baie sleg gevoel toe ek die eerste keer my lisensie gedop het; ek het ‘n paaltjie gestamp op gangparkering… Snaaks genoeg, ek het my kar ook ‘n ruk terug gestamp met gangparkering… maar ek sweer die verdomde pilaar het gespring; ek was so nugter soos ‘n uil toe dit gebeur het…

  • 3. Nico  |  Julie 3, 2008 om 3 : 04

    Of daar ‘n lisensie in my beursie is swyg ek!

  • 4. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 06

    Nico

    Ons moet iets doen aan die pilare wat so spring.

  • 5. Nico  |  Julie 3, 2008 om 3 : 12

    Pilare is ‘n slikse klomp, jong! Ek is seker hulle sal nie lank vat om ‘n nuwe manier te kry om ons te schnaai nie!

  • 6. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 12

    Daar het darem nog nooit ‘n boom of ‘n pilaar in my pad gespring nie. Wel ‘n dronk vroumens. Dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

  • 7. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 15

    Nico

    Veral die in ondergrondse parkering?

  • 8. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 3 : 17

    Adrie, daai onnie was 100% reg 😆

    Ek was 18 en het hom eerste keer geslaag, en ek het nie eers by die robot gestop of die noodstaop gedoen nie…. kyk as jy goed is dan is jy goed !! 😉

  • 9. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 18

    Zoeks

    En as jy jou lisensie koop, koop jy hom. Geen wonder jy hoef niks te gedoen het nie.

  • 10. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 3 : 20

    beste van alles was ek het dit nogal in my pa se ou beetletjie gedoen ook !!!! as julle al ‘n beetle gebestuur(dryf vir die vroumense) dan sal julle weet dis nie so maklik soos mens dink nie !!!

  • 11. Nico  |  Julie 3, 2008 om 3 : 20

    Jip, daardie pilaar wat so gespring het was juis in ‘n ondergrondse parkering in Sandton – ek dink die pilare daar kan verder spring as op die meeste ander plekke😆

  • 12. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 3 : 23

    daai jare was daar nog nie lisensies te koop nie…. maar ek was net lucky wan die kar voor my op die circuit het die robot getrip toe is hy groen vir my en wat maak mens gewoonlik by ‘n groen lig ? sit voet !!! 😀

  • 13. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 3 : 25

    springende pilare !!! 😆 ek kan my net voorstel 😆

  • 14. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 26

    Seg hy.

    Dan het jy dit net gekry omdat jy wit was.

  • 15. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 27

    Zoeks

    En let wel, die pilaar het vir ‘n man gespring.

  • 16. Nico  |  Julie 3, 2008 om 3 : 57

    Meeste mans is skaam om te erken as so iets met hulle gebeur – hulle sê eerder dis ‘n brandewynvlek op die kar😆

  • 17. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 58

    Nico

    Seker weer ‘n geval van meer ego as man.

  • 18. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 4 : 24

    Ek het my lisensie ook eers op die tweede keer gekry. Die agteruit gang parkering het my ook uit gevang. Daardie dae was daar drie rye stop plekke en die grote van jou kar het bepaal watter een van die spasies moet jy vat. As jou kar baie klein was het jy die kleinste spasie gekry om in te stop so jy kon maar gaan met die kar wat jy wou me niemand het voordeel uit die klein karretjies gekry nie. Ja daai verkeerslig was al daar daar die tyd al by Pretoria toets terein. In die weermag het almal bestuur en onderhoud ook gedoen daai tyd jy moes selfs n wiel kon vervang voordat jy n lisensie kon kry. As hulle dit vandag moet doen sal meeste mense lesse by daai ou in die KFC advertensie moet kry.

  • 19. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 4 : 30

    Katvis

    Bestuur ‘n mens onder water? 😯

  • 20. Nico  |  Julie 3, 2008 om 4 : 41

    Adrie sover ek weet gaan die liedjie nie, “Die vissies die dryf in die water” nie…😆

    Crappy grap, ek gaan nou in die hoek staan.

  • 21. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 4 : 44

    Nico

    Ek is seker die wiele smelt as katvis vir ‘n kar kyk. En dit is jou skuld as ek van nou af die ander woorde gaan sing.

  • 22. Nico  |  Julie 3, 2008 om 4 : 46

    …chaos, panic, disorder… It appears my job here is done!

  • 23. Nico  |  Julie 3, 2008 om 4 : 47

    besides, ek sal bekommerd raak as die vissies in die water dryf – dit klink alte veel na Hartebeespoort dam! *SIES!*

  • 24. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 4 : 49

    Adrie
    Nee onder water dryf jy of is dit sink!!!!!!!!!!!!!!

  • 25. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 4 : 49

    Nico

    Maar ons praat van Katvisse, wat op 18 hulle liksens onder die water gekry het. Dit wil gedoen word. Ek het nie eers geweet ‘n vis kan 18 word nie.

  • 26. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 4 : 52

    Katvis

    Waarmee ry julle? Met Karre wat per ongeluk daar parkeer is? En hoe kom julle die pedale by? Kan ons ‘n foto sien?

  • 27. Nico  |  Julie 3, 2008 om 4 : 54

    ek wonder of pilare onder water ook spring…

  • 28. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 4 : 54

    Adrie
    Ek het net deurmekaar geraak met watter voet of was dit arm moet ek bestuur of petrol trap. Daarna het jy net n olie streep gesien of was dit olie.

  • 29. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 4 : 57

    Nico

    Onder die water bollie die voels darem nie op jou kar nie. Maar jy ry in vis piepie rond!!!!

    Bollie ‘n vis?

    Katvis

    Ten minste hoef jy nie kar te was nie.

  • 30. Nico  |  Julie 3, 2008 om 4 : 58

    Het Adrie al ooit ‘n vistenk gehad? Visse bollie verskriklik!

  • 31. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 5 : 00

    In harties is daar meer mens bollie as vis bollie. Daar moet jy selfs UFO’s probeer onduik hi haaa

  • 32. ADRIANA  |  Julie 3, 2008 om 5 : 01

    Nico

    Nee, ek is nie ‘n vis mens nie (tensy dit op my bord le). Visse is te rustig vir my. Ek gaan akwarium toe, by ‘n baie groot tenk sit en nie loop voordat ek sien hoe ‘n vis bollie nie.

  • 33. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 5 : 03

    Kat

    Harties veroorsaak groot bollie met al daardie mens bollie. En dan betaal jy deur jou ore om daar te koop. Betaal vir ‘n paradys en kry ‘n rioolplaas.

  • 34. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 5 : 08

    Ek het n vis hier by die werk in n glas vaas die ou verbaas my al meer elke dag hy leef nou al langer as n jaar hier by die werk in sy glas vaas dit is n Chinese fighter.

  • 35. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 5 : 10

    Baai tot More!!!!!!!!!!!!

  • 36. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 5 : 11

    ‘n Vis met ‘n vis. Kan jy nou meer?

  • 37. Nico  |  Julie 3, 2008 om 5 : 29

    Adrie, ek sien ook more weer. Ek voel nou al soos visbollie van programmeer…

  • 38. Wipneus!  |  Julie 3, 2008 om 6 : 44

    He he hoe spot die meisiekind hier met Ouma se dryf gewoontes.

    Mens moet maar mooi en versigtig bestuur. Ek is Michael Schumacher agter die stuurwiel, ek ry om te kom waar ek wil wees, ek kruip nie!!

    Oe!! en Ouma is so lief om agter die stuurwiel van haar karretjie te klim!!! Ek het jou amper vanoggend aan jou ore kom beetkry toe jy nie my sms’e geantwoord het nie. Wat ek terloops nou nog nie gekry het nie.

    Jy het dit alweer vir die verkeerde mens gestuur, of jy het dit op mxit gestuur!! 😯

  • 39. DGS  |  Julie 3, 2008 om 6 : 59

    My kode 14 lisensie het my doerie tyd ‘n hele bottel Three Ships gekos! Vyftien minute, toe’s ek ge-fix! Maar moenie worry – ek bestuur blêddie goed – touch wood.

  • 40. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 8 : 29

    O genade, Soldaat. Hoop nie jy ry jou trok op 3 skepe nie.

    Baie welkom hier, hoop om jou weer hier inloer.

  • 41. Marina  |  Julie 4, 2008 om 1 : 24

    Ek het my lisensie ook op 18 en die eerste keer gekry…….ek dink nie in my jong dae het mens dit gedop nie. Die “spietkop” wat saam met my gery het het my pa geken omdat my pa vragmotors gehad het en gereeld ‘n draai by die toetsgronde moes maak. Hy vra my toe wat se snaakse geluid maak die bakkie waarmee ek ry se wiel . Voor ek kon dink antwoord ek toe so ewe “Ek is nie ‘n machanic nie….net hier vir my lisensie” hy het toe nie ‘n woord verder gesê nie, my laat terugry toetsgronde toe en my lisensie gegee……..sjoe

  • 42. Marina  |  Julie 4, 2008 om 1 : 26

    Dryf???? Ek ken iemand wat sê “net ‘n dr-l dryf

  • 43. Adrie  |  Julie 4, 2008 om 9 : 49

    Welkom Marina

    Ek hoop ek gaan jou nog baie hier sien. Duidelik is jy nie op jou mond geval nie.

    En hier mag jy maar se drol.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: