Die skewe padjie

Julie 2, 2008 at 4 : 08 198 Kommentaar

Vandag gaan ek sonder enige voorbehoud ‘n taboo onderwerp op die tafel gooi.  Die wêreld het meer polities korrek geword, tot so ‘n mate dat sekere onderwerp nie bespreek en gedebatteer mag word nie.  Snert!!!  Ek sê nie ons moet veroordeel nie, tog kan ‘n mens nie ‘n ander se sienswyse respekteer as jy nie weet wat dit is nie. Vandag is die onderwerp homoseksualiteit.

Ek is self nie gay nie.  Ek is nogal ‘n draadsitter oor die onderwerp, ek baklei gewoonlik aan die kant wat die meeste terug hou daaroor.  Ek het ook geen idee waardeur ‘n gay persoon gaan nie.  Daarom het ek ‘n gay vriendin gevra om vir ons ‘n stuk daaroor te skryf.

“Matteus 19:11-12

“Maar Hy sê vir hulle:  “Wat julle nou sê, I snie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is.  12 Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koningkryk van die hemel.  “Wie dit kan doen, laat hy dit doen.””

 Matteus 19 gaan oor gesprek oor egskeiding, en ek gaan nie die hele stuk aanhaal nie.

 Ek maak nie gaywees goed praat of probeer ander mense oortuig nie, ek wil net hê dat hul moet besef dat nie alle gays is van die “skewe” soort nie!  En nie almal het gevra om gay te wees nie.

 Moenie oordeel as jy nie self n myl in daai persoon se skoene geloop het nie.  Dis maklik om te oordeel na die uiterlike, maar leer daai mens eers ken, en jy sal dalk verras wees in watse goeie mens dit eintlik is.

 Jy kry 2 soorte gays:  Die wat hul op hul plek hou en nie scenes maak as mense iets oor hul sê nie, en dan die ander klomp wat daarop uit gaan om ‘n entrance te maak en scenes te maak en luidrugtig te wees nie.

 Ek het vriende van altwee groepe.  Ek kuier eerder saam met die luidrigtige groepe by die huis, gaan nie eers saam as hul vlooimark toe gaan nie, dan’s ek besig.  Maar die ander groep sal ek orals heen gaan.  Ons kry kyke, maar daar’s nie vrese dat hul iets sal sê nie, want hul haat dit juis om in die kollig te wees.

 Ek ondersteun nie als wat hul doen nie, meeste van die tyd is dit in elk geval net aandag soekery, en dit sit my net af.  Wees wie jy is, en mense sal jou leer ken vir wie jy is.  Moet nie daarop uit gaan om mense af te stoot nie.

 Ongelukkig is dit die 2de groep se skuld dat mense so ‘n renons het in gays.

 Mense moet net besef dat gays ook mense nes hul self is, het ook gevoelens wat seerkry, kry ook gevoelens vir ander mense.  Die emosies is net meer intens, en die seerkry ook soveel meer.  Veral as dit twee vrouens is.

 Doen julself ‘n guns, neem “If these walls could talk” uit.  Kyk daarna met ‘n oop gemoed, jul sal agterkom dat daar meer agter die skerms aangaan as wat jul sien.

 Daar sal nog baie gepraat en geredeneer word oor gays, maar ek bly dit sê:  Onthou net, hul is mense soos ek en jy.”

Ek het al dikwels gesê dat ek nie gaan klippe gooi na iemand wat homoseksueel is nie.  Ek dink dat terwyl hulle eerlik is oor hulle voorkeur, hulle minder skade aanrig as wanneer hulle dit moet wegsteek.  Ek gaan nie toelaat dat iemand geboelie word net oor die feit dat hulle gay is nie.  Dit is hulle keuse waarvoor hulle verantwoordelikheid aanvaar.  Jy hoef nie daarvan te hou nie, maar gee elkeen sy plek in die son.

Ek het wel ‘n probleem met gay mense wat nie heteroseksuele mense respekteer nie.  Ek praat van diegene wat hulle self opdring aan mense wat nie belangstel nie.  As ‘n man homself bv aan ‘n vrou opdring, kan sy hom reguit vertel wat sy van hom dink of klap as dit nodig is.  Dieselfde behandeling deug nie as ‘n vrou haarself by ‘n vrou opdwing nie, die slafoffer wat haarself verdedig is dan ‘n homophobe.  ‘n Homophobe is deesdae erger as ‘n witman wat ‘n swart man vermoor het.

Dalk is ons deesdae te polities korrek.

Blogvraag:  Wanneer het die woord gay aan homoseksualiteit gekoppel geraak?

Blogantwoord:  Adicia

Vir die met 'n humour sin!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Feite, mites en pleinweg ouvroustories Kan jy dryf?

198 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Julie 3, 2008 om 1 : 30

    Hello!!

    Adrie
    Stuur sommer dat daai posduif van jou ‘n bom kom af lewer… my internet is soooooo staaaaarig ek wil die piep kry!

  • 2. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 1 : 35

    Dalk moet ons ‘n nuwe blog kry…. die een raak nukkerig !!!

  • 3. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 1 : 51

    Ai tog. Julle moet net ‘n bietjie geduldig wees. Ek sorteer gou iets uit.

  • 4. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 1 : 56

    Geduld… is nie in my woordeskat nie…… 🙄

  • 5. Nico  |  Julie 3, 2008 om 1 : 57

    Ek sukkel ook deesdae so met WordPress… oi, jeff!

  • 6. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 1 : 58

    ALMAL sukkel met wordpress.

  • 7. Nella  |  Julie 3, 2008 om 2 : 03

    Hi almal
    Long time no see…… hoop dit gaan goed met almal.

  • 8. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 2 : 03

    ek sukkel met Iblog !!! kan weer nie inkom op my eie plek nie 😡

  • 9. Adder  |  Julie 3, 2008 om 2 : 04

    Moffies behoort almal saam versuip te word. Hulle is responsible vir die moral verval van die aarde.

  • 10. Nella  |  Julie 3, 2008 om 2 : 07

    Adder
    Jou naam pas by jou mening……….. wonder wie jy is dat jy kan klippe gooi

  • 11. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 2 : 17

    😆

  • 12. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 2 : 18

    Hmmm, ja

    Hey Nella

    Sien ons jou Saterdag?

  • 13. Nico  |  Julie 3, 2008 om 2 : 19

    @ Adder

    Morele verval is ‘n ding wat veroorsaak moet word, en toegelaat word. So miskien moet jy weer dink voor jy daardie stelling maak.

  • 14. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 2 : 20

    Hallo Nella !! 😀 very long time !!!

  • 15. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 2 : 22

    My tweeling se verloofde

    Sjuuutt!!!! Nella dink aan ‘n verskoning vir Saterdag.

  • 16. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 2 : 23

    Adrie, is jy nou klaar met watever jou gekeer het om ‘n nuwe post op te sit? ?

  • 17. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 2 : 28

    Zoekoe

    As ek nou ‘n ander blog opsit, gaan jy sorg dat daar teen vanaand 100 comments op is?

  • 18. Samantha Q  |  Julie 3, 2008 om 2 : 30

    Goeie mirrag almal. Ek try nou ma wee om ok iets te sê. Ek is net bly dat ek in so ‘n goeie plek werk dat ek nie TE veel worry as my internet nie werk nie. Maaaaaaaar EK MIS JULLE!!!!!!!

    *fluister* Die nuwe maaikies speel mooi ma ek soek my ou maakies.

  • 19. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 2 : 32

    Sam

    Is ek oud genoeg vir jou? Nie dat ek jou maatjie is nie.

  • 20. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 2 : 34

    *fluister* O ok ek wag in spanning vir haar verskoning…. dit gaan seker ‘n goeie een wees !!! 😉

  • 21. ADRIANA  |  Julie 3, 2008 om 2 : 38

    Zoekoe

    Jy is optimisties. Waar dit blogjols aangaan, is daar net flou verskonings. Tensy daar dood is. Dit is al goeie verskoning, mits dit natuurlik jou eie is. Dan sal ons maar van die begrafnis ‘n blogjol maak.

  • 22. BB  |  Julie 3, 2008 om 2 : 45

    Solank as wat ek asemhaal gaan ek ‘aanjaag’ of dan nou sondig (ek probeer my bes om op die straight’n narrow te loop, but alas!! ) – en al dink ek is stroopsoet, sondig ek reeds weer net omdat ek iemand anders ‘point’. Leef en laat leef.
    Solank as wat iemand my nie pressure om te wees wat ek nie wil of kan wees nie (en dis nou als wat ‘reg’ is according to my eie standaarde) is ek ok, met jou netsoos jy is. Magtig, ek verwag van ander presies dieselfde attitude teenoor my – leer my ken voor jy oordeel. en dan mag jy in liefde my teregwys as jy voel dis nodig.
    Ek het ‘n ‘gay’ vriend – ons is al maatjies vanaf 1978! dis nou 30 jaar! Nog nooit ‘n meer lojale, ondersteunende, wonderlike vriendskap gehad as juis dié een nie. Boonop is hy en sy partner nou al 30+ jaar bymekaar – dit wil gedoen wees in enige verhouding!

    Terloops – “Gay” is an adjective that in modern usage usually refers to homosexuality. In earlier and in literary usage, the word means “carefree”, “happy”, or “bright and showy”. From the 1890s, it had begun to carry a connotation of promiscuity, as in a “gay house” referring to a brothel. It began to be used in reference to homosexuality in particular from the early 20th century, from the 1920s at the latest.

    Nice blog, Adrie – sal beslis weer inloer!

  • 23. Katvis  |  Julie 3, 2008 om 2 : 50

    Oor die onder werp:
    Daar is n verskil tussen mense wat ongetroud is en nie van plan is om te trou nie. Dit is sy keuse dit maak hom gladnie homo nie. Sy keuse is om ongetroud te bly en so deur die lewe te gaan. Dan is daar mense wat selfte geslag seks het dit is n homo hulle wil graag ook met die selfte geslag saam lewe en seks he. So moet nie dwaal as julle die Bybel aan haal. Die Bybel maak ook duidelik onderskeid tussen sulke mense en as iemandse dat dit op grond van die Bybel verkeerd is is hulle nie besig om te oordeel nie hulle se maar net wat God daarvan ook dink. Jannas het dit goed genoeg gestel en ek stem saam met hom oor die saak.

  • 24. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 2 : 59

    Welkom BB

    Bly jy geniet dit, dit is hoekom dit hier is.

    Jy was darem al ‘n keer of wat in die verlede hier.

  • 25. Zoekoe  |  Julie 3, 2008 om 3 : 01

    nee jy raak nou te ambisieus Adrie….. 100 posts voor vanaand? phf !!

  • 26. Adrie  |  Julie 3, 2008 om 3 : 03

    Zoeks

    Jy beter begin. Daar is nog 99 wat kort.

  • 27. Patches  |  Julie 7, 2008 om 1 : 06

    Hallo, ek lees baie jou blog maar comment nie baie nie, ek het ‘n broer wat gay is en ek het nie ‘n probleem daarmee nie, ek het in teendeel die grootste respek vir hom want hy gee nie voor om iets te wees wat hy nie is nie, hy dra nie vroueklere nie, hy dra nie make up nie, jy kan hom 2 uur in die oggend wakker bel en gee hom 5 minute en hy is daar by jou. Jy kan hom met jou grootste geheim vertrou en jy hoef nie te worry dat hy dit gaan oorvertel nie, hy is ‘n wonderlike mens, hy het ook ‘n hart wat kan seer kry, hy is gay, hy het nie aids nie, hy is nie ‘n dief nie, hy is nie ‘n molesteerder nie, hy is nie ‘n moordenaar nie, maar hy is wel ‘n mens.Hy is en sal my boetie bly

  • 28. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 26

    Patches

    Dankie vir die inloer en dat jy jouself aan ons bekend gemaak het. Sterkte vir jou broer en jou familie.

    Onthou net dat Aids ‘n siekte is en nie een of ander straf of pes nie.

  • 29. jaans  |  Julie 10, 2008 om 11 : 13

    Wat my net vreeslik pla is hoekom God homoseksualiteit verafsku? Is hy dalk insecure oor die onderwerp? Of is daar ‘n spesifieke rede hoekom hy blykbaar nie daarvan hou nie?

    Het ons nie maar net sy woorde verdraai om ons persoonlike agendas teenoor gays te bevorder nie?

    Ek wonder wat word van al die diere wat homoseksualiteit beoefen – straf hy hulle ook? Soos die alphamale-ram wat met sy mede rammers rampokker, pikkewyne wat met mekaar kafoefel, en dan nog ook die dolfyne, wat een van die min spesies is wat dit blykbaar net vir die pret doen?

  • 30. jaans  |  Julie 10, 2008 om 11 : 16

    Dit is dan ook my self-bekendstelling post hierdie een hierbo😀

    Hallo blogosphere!

  • 31. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 11 : 24

    Hallo Jaans

    Baie welkom.

    Gaan kyk op die bly te kenne post en voltooi die vorm so ‘n bietjie.

  • 32. jaans  |  Julie 10, 2008 om 12 : 05

    Seker!

  • 33. electronguilt  |  Julie 10, 2008 om 2 : 49

    Disclaimer: ek het nie krag gehad om al 200 comments te lees nie, so ek raak dalk iets aan wat reeds genoem is.

    “Ek maak nie gaywees goed praat of probeer ander mense oortuig nie, ek wil net hê dat hul moet besef dat nie alle gays is van die “skewe” soort nie! En nie almal het gevra om gay te wees nie.”

    Ek dink nie enigeen vra om gay te wees nie. Maar dis ‘n nuttelose debat, want dit berus grotendeels op opinie en relatief nuwe wetenskaplike studies.

    Een ding wat my verskriklik irriteer is as gays “uitverkoop” deur saam ander gays te veroordeel wat nie so geneë is om tot tradisionele norms te konformeer nie. Hulle dra verder by tot die atmosfeer van veroordeling en skaamte, nét sodat hulle self aanvaar kan word.

    So ver ek weet, is persoonlikheidstipe en seksualiteit totaal aparte eienskappe. As jy regtig iemand wil oordeel op sy persoonlikheid (ten spyte van die feit dat jy bybel uitdruklik se jy mag nie oordeel nie), doen dit dan op sy persoonlikheid. Moenie seksualiteit veroordeel wanneer dit ‘n persoon se peroonlikheid is wat jou pla nie.

    Moenie oordeel as jy nie self n myl in daai persoon se skoene geloop het nie. Dis maklik om te oordeel na die uiterlike, maar leer daai mens eers ken, en jy sal dalk verras wees in watse goeie mens dit eintlik is.

    Die laat dit klink asof meeste gays, kragtens hul seksualiteit, by verstek nié goeie mense is nie. Dis totaal belaglik. Sien my aanmerking oor persoonlikheid hier bo.

    Jy kry 2 soorte gays: Die wat hul op hul plek hou en nie scenes maak as mense iets oor hul sê nie, en dan die ander klomp wat daarop uit gaan om ‘n entrance te maak en scenes te maak en luidrugtig te wees nie.

    Mens kry nie net twee soorte gays nie, op dieselfde manier wat jy nie net twee soorte mense of twee soorte seksualiteite kry nie. Elke mens is uniek (deur ) geskape. En mens kry net soveel (proporsioneel) heteroseksuele mense wat luidrugtig is en scenes maak.

    En, in alle eerlikheid, die manier wat jy “op hul plek hou en nie scenes maak as mense iets oor hul sê nie” sê, laat dit klink asof jy glo dat gay mense inherent minderwaardig is en nie die reg het om mense te konfronteer wat hul menswaardigheid probeer aanval nie.

    Ek ondersteun nie als wat hul doen nie, meeste van die tyd is dit in elk geval net aandag soekery, en dit sit my net af. Wees wie jy is, en mense sal jou leer ken vir wie jy is. Moet nie daarop uit gaan om mense af te stoot nie.

    Ek stem hiermee saam, maar dit geld vir alle mense, nie net gays nie.

    Ongelukkig is dit die 2de groep se skuld dat mense so ‘n renons het in gays.

    Nee, dis haatsugtige en kortsigtige mense wat onseker is in hul geloof/alles veroordeel wat nie in hule onderontwikkelde breine inpas nie/verveeld is/totaal gebreinwas is wat die meerderheid van die samelewing uitmaak wat ‘n renons in gays het.

    Daar sal nog baie gepraat en geredeneer word oor gays, maar ek bly dit sê: Onthou net, hul is mense soos ek en jy.

  • 34. electronguilt  |  Julie 10, 2008 om 2 : 51

    (my vorige post se formattering het gebreek)

    Presies🙂

  • 35. Nats  |  Julie 10, 2008 om 2 : 58

    electronguilt
    Sjoe dis omtrent ‘n mond vol!! Welkom!!

  • 36. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 2 : 59

    Nats

    Sy maatjie verdien ook ‘n welkom. Al het hy nie so ‘n lang comment gelos nie.

  • 37. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 03

    Jaans!!!!!!!
    Lo da en welkom!!!

  • 38. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 13

    Adrie
    Ek was na sy website toe… te veel lees werk!! Maar dit lyk pretty cool!!

  • 39. electronguilt  |  Julie 10, 2008 om 3 : 13

    Dankie🙂

    Ek is jammer as my comment aanvallend klink😐

    Ek het ‘n slegte gewoonte om presies te sê wat ek dink, selfs al is dit soms ongepas…

  • 40. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 15

    Electroguilt
    Gelukkig kan jy jou sê sê op die blog… my Tweeling (Adrie) hou van eerlikheid en debatte!!

    Het jy al juo vorm in gevul?? Dis da bo onder “bly te kenne” dis maar net om meer van mekaar te weet.

    Thx

  • 41. electronguilt  |  Julie 10, 2008 om 3 : 28

    Ek het dit gou ingevul.

  • 42. Nats  |  Julie 10, 2008 om 3 : 32

    Electroguilt
    Dankie man!! Onthou daai lepel is om mee te “stir”

    Kom gesels saam by die nuutste post…

  • 43. ADRIANA  |  Julie 10, 2008 om 3 : 46

    Electornguilt

    I can handle anything but indifference

  • 44. jaans  |  Julie 10, 2008 om 3 : 59

    Ha! Electronguilt, wat raak jy nou daar kwyt – ‘n paar waarhede sou ek sê. Sonder om té aanvallend te klink of watookal, maar ek stem saam met ‘n hele paar punte wat jy daar noem!

    Wat my die meeste tref is dat gays soos een of ander sub-spesie behandel word, amper soos wat swartes honderd jaar terug nog as diere beskou is. Daar word dus van gays verwag om hulle op hul plek te hou. Ek kan persoonlik nie sien hoekom “gay” enige rol in hierdie moet speel nie” sommige mense is meer uitgesproke as ander, jy moet dit net aanvaar en meng met die mense waarvan jy hou.

    Alle uitgesproke Amerikaners is tog seker nie gay nie, of so iets.

  • 45. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 4 : 24

    Julle moes eindlik verlede week hier gewees het. Dan kon almal hard saam gepraat het.

  • 46. jaans  |  Julie 10, 2008 om 5 : 01

    Ai ja, as ek net voorheen hiervan geweet het? Ek het altyd geweet WordPress het bestaan, maar ek het nooit geweet hier is so ‘n groot Afrikaanse gemeenskap nie.

  • 47. Adrie  |  Julie 10, 2008 om 5 : 04

    Jaans

    Eerder laat as nooit.

  • 48. jaans  |  Julie 10, 2008 om 5 : 16

    Ja, seker. Dankie vir die verwelkoming!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: