Wie beheer 46664?

Junie 28, 2008 at 7 : 47 39 Kommentaar

Mandiba is nie een van my helde nie.  Oor die algemeen staan ek onverskillig teenoor hom, hy beteken vir my niks.  Die res van die wêreld aanbid hom, dus is ek seker hy sal kan oorleef sonder my.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen die man nie.  Daar is net soveel ander kleurvolle karakters wat my meer interesseer om wat vir my groter wondere verrig het.

Ek het al van te vore vertel hoekom ek nie vigs veldtogte steun nie.  Dit sluit 46664 in, maar ek het ‘n oor vir goeie musiek.  Gisteraand het ek dus die konsert gekyk, daar was goeie kunstenaars en goeie musiek.  Niks verkeerd daarmee nie.  Die vigs veldtog en Mandiba se verjaarsdag was bysake gewees.

Daar bestaan iets soos common decency, iets waarvan die organiseerders van 46664 niks weet nie.  Nelson Mandela is ‘n ou man van 90.  Was hy regtig op sy ouderdom lus gewees om die konsert by te woon?  Ja, ek weet hy het ‘n seun aan vigs verloor.  46664 was sy gevangenis nommer en dit was sy verjaarsdag – maar ek is seker hy sou eerder wou gaan slaap.  Waarskynlik in sy Transkei huis. 

Na gisteraand is ek oortuig die ou man word uitgebuit.  Hy het tydens die konsert op die verhoog gelei, deur sy vrou Graça Machel, maar ek is nie so seker dat hy mooi besef het wat gaan aan nie.  Graca het ‘n mikrofoon gedra, dus kon almal hoor wat sy sê.  En sy het Engels gepraat.  Sy moes hom herhaaldelik sê:  “Come, lets go.”  Dit was ‘n gesukkel om hom op die podium te kry en weer terug na agter.  Dit het nie gelyk asof hy weet wat hy daar maak nie. 

Mandela is ‘n siek ou man.  Is dit nie tyd dat hy die res van sy dae in waardigheid slyt nie.  Hy het genoem dat die bal nou aan ons kant is.  Dat dit tyd is ver jonger hande – ek stem saam.  Hy kan nie meer goed soos 46664 doen nie.  Die vlees is lankal swak en ek dink die gees is ook nie meer gewillig nie.  Ek dink nie dit is regverdig dat sy doodgaan publiek gemaak word om geld in te samel nie.  Ongeag wat die doel van die insameling is nie.

Mandela verdien privaatheid.

Blogvraag:  Wat was Nelson Mandela se eerste vrou se naam?

Blogantwoord:  17 Oktober 1792

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tyd om te trek Wie nie telefoon moet antwoord nie . . .

39 Kommentaar Add your own

  • 1. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 8 : 55

    Eerste

  • 2. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 8 : 56

    Evelyn

  • 3. Olga  |  Junie 28, 2008 om 9 : 06

    Ai, die arme man hy is wereldbesit. Sal dit seker altyd wees. Net stukkie useless info. Daar in die 60’s het hy die bynaam ‘DIE SWART PIMPERNEL’ gehad.

  • 4. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 08

    Evelyn Ntoko Mase. Gmpf!

  • 5. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 10

    Die swart pimpernel😯 WHUHAHAHA!

  • 6. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 13

    He! He!

  • 7. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 14

    Whuhahahahaha!

  • 8. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 16

    Ha! Ha! He! He! Whuhaha! He! He!

  • 9. Olga  |  Junie 28, 2008 om 9 : 17

    Samantha, lag jy vir my of met my, hmmm? Is, hy was dit genoem. Maar a3, hy is n groter man as ek. (ja, ek weet ek is n vrou. Nie relevant) Ek sou nie S.A. aangebly het as ek hy was nie. Ek dink nogal jy kan reg wees. Wou hy daar wees?

  • 10. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 22

    Olga… Ek lag SAAM met jou. He! He!

  • 11. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 26

    En nee, ek stem glad nie met jou dat hy groter is as ek nie. Hy moet nog net omval en stink!

  • 12. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 29

    Halloooooo

    Olga, he he he – Sam het mos ‘n foto van Mandela en haar pa. Wat haar ma geraam en ereplek gegee het. Sam wil dit vervang met ‘n foto van haar en oom Vlokkie.

  • 13. Olga  |  Junie 28, 2008 om 9 : 29

    Toe a3, ek kan in my gedagtes sien hoe jy jou laptop of pc se toetse getokkel het om di swr pimpernel te google. Wat het jy gekry?

  • 14. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 35

    He! He! Swart he! He! Pim he! He! Per he! he! Nel he! He!

  • 15. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 37

    Vanaand maak die ousie nie ‘n oog toe nie. Sy gaan lag.

    Olga, ek soek nog na iets wat sin maak op google. Maar die swart pimpernel storie is waar. Weet nog nie hoekom nie.

  • 16. Jo-Ann Schou  |  Junie 28, 2008 om 9 : 40

    Ek stem saam dat hy nou uitgelos moet word om waardig te gaan… dit lyk nie vir my of dit meer baie lank kan wees nie. Ek wonder saggies oor Alzheimers… die arme man het verward gelyk. Die dag wat hy gaan, sal hierdie land seker tot stilstand kom. Ek verpes dat hy so opgehemel en opgehef word. Ek is pro demokrasie en het respek vir hom as staatspresident gehad en wens hy kon langer bly. Kan mens hom nie kloon nie – die wat nou daar is en dit wat gaan kom is regtig maar pateties. Tyd vir SA se eerste vroue pres…

  • 17. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 43

    A3…. Jys reg. Ek ga my dood lag!

  • 18. Olga  |  Junie 28, 2008 om 9 : 45

    Huh? Huh? Huh? Try BLACK PIMPERNEL a3. Ek lat my nie vertel jy het dit nie dadelik gaan google nie. Ai sam, los jy pa se pic met madiba teni muur. Ek sou.

  • 19. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 47

    Jo-Ann… Ek wag nogsteeds vi my tjoklit koek

  • 20. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 47

    Jo-Ann

    Ek weet nie of die Alzheimers of seniel is nie, maar die man se verstand lyk my is besig om te gaan. Wat my verbaas is dat as Elizabeth II net bleek lyk, basuim die media dit uit. Maar dit is doodstil oor sy toestand. Cover-up?

    Vir sy part hoop ek hy hou tot 2010. Dalk kan hy die sokkerspan tot groot hoogtes aanspoor. Ek dink dit is iets wat hy graag sal wil beleef.

  • 21. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 50

    Olga…. Not ‘n fok! Gmpf!

  • 22. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 51

    Olga

    Blerrie geduld. Black pimpernel is ‘n sweedse show. Ek lees nou bladsye deur oor hom om te sien waar dit vandaan kom. Hy was nogal ‘skelm’ op sy tyd. Toe die polisie hom gesoek het.

    Jo-Ann

    Wou nog se, Helen Zille het my stem al verdien sy dit nie. Sy sal my nog in die tronk gooi vir 27 jaar.

  • 23. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 56

    Mandela began planning for MK members to be given military tuition outside South Africa and managed to slip past authorities as he himself moved in and out of the country, earning him the moniker “The Black Pimpernel”.

  • 24. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 58

    En ‘n pimpernel is ‘n blommetjie.

    Anagallis is a genus of about 20–25 species of flowering plants in the myrsine family Myrsinaceae, commonly called pimpernel and perhaps best known for the Scarlet pimpernel referred to in literature.

    These are annual or perennial plants, growing in tufts on weedy and uncultivated areas. The stems are prostrate with ovate to cordate leaves. The flowers of the different species show miscellaneous colors. They are radially symmetrical with five petals. They grow usually in the leaf axils, but sometimes as short spikes at the top of the stem. Pimpernel flowers remain open only under direct sun-light.

    They were formerly classified as members of the primrose family (Primulaceae), but a genetic and morphological study by Källersjö et al. (1999; see references) showed that they belong to the Myrsinaceae. Another study by Ulrika Manns and Arne A. Anderberg (2005), based on molecular phylogeny, states the genus in its present circumscription is paraphyletic and should also include in its clade the small genera Asterolinon and Pelletiera, as well as two Lysimachia species (Lysimachia nemorum and Lysimachia serpyllifolia).

  • 25. Olga  |  Junie 28, 2008 om 10 : 22

    Sam ga print nou n plaque en lamineer dit. Se da op pappa en di swart pimpernel. Lol. Jo ann jy is sowaar gekoring. Wi sal so vroue prossie wees? Mama mantoe? Winnie? Adjunk watse naam? Naledi pandor?

  • 26. Olga  |  Junie 28, 2008 om 10 : 32

    Eisj! Bloos bloedrooi. Meen prEssie. Moenie so lag nie sam. A3, sam lag vir my. Ek ga ouma wip se.

  • 27. Adrie  |  Junie 28, 2008 om 10 : 45

    Olga

    Hardloop, Ouma sukkel haar vrek om die ossewa in te span. Buitendien dink sy mos Sam is kaas.

  • 28. Olga  |  Junie 29, 2008 om 12 : 42

    Dan het ouma wip dubbele sandaarde. Dalk was almal oki hande voor ete nie. Lol. Sy het vrydagaand tog leke met jou en sam geraas. Whe pe pe pe pe. Hoop almal lalies nes julle wil. Swt dreamz. Nag.

  • 29. Rolling Stone  |  Junie 29, 2008 om 2 : 47

    TRANSLATING WOMEN’S ENGLISH !!
    Yes = No
    No = Yes
    Maybe = No
    We need = I want
    I’m sorry = You’ll be sorry
    We need to talk = I need to complain
    Sure…go ahead = I don’t want you to
    Is my butt fat? = Tell me I’m beautiful
    Do what you want = You’ll pay for this later
    I’m not upset = Of course I’m upset, you moron!
    Are you listening to me?? = Too late, you’re dead
    You have to learn to communicate = Just agree with me
    Be romantic, turn out the lights = I have flabby thighs
    You’re so.. manly = You need a shave and you sweat a lot
    Do you love me? = I’m going to ask for something expensive
    It’s your decision = The correct decision should be obvious by now
    You’re certainly attentive tonight = Is sex all you ever think about??
    I’ll be ready in a minute = Kick off your shoes and find a good game on TV
    How much do you love me? = I did something today that you’re really not going to like

  • 30. Rolling Stone  |  Junie 29, 2008 om 2 : 47

    TRANSLATING MEN’S ENGLISH
    I’m hungry = I’m hungry
    I’m sleepy = I’m sleepy
    I’m tired = I’m tired
    Nice dress = Nice cleavage!
    I love you = Let’s have sex now
    I’m bored = Do you want to have sex?
    What’s wrong = I guess sex tonight is out of the question
    I love you, too = Okay, I said it…we’d better have sex now!
    May I have this dance? = I’d eventually like to have sex with you
    Can I call you sometime? = I’d eventually like to have sex with you
    Do you want to go to a movie? = I’d eventually like to have sex with you
    Can I take you out to dinner? = I’d eventually like to have sex with you
    Will you marry me? = I want to make it illegal for you to have sex with other guys
    You look tense, let me give you a massage = I want to have sex with you in the next ten minutes
    Let’s talk = I am trying to impress you by showing that I am a deep person and maybe then you’d like to have sex with me
    I don’t think those shoes go with that outfit = I am gay

  • 31. Rolling Stone  |  Junie 29, 2008 om 3 : 02

    A dad walks into a market with his young son. The kid is holding a quarter. Suddenly, the boy starts choking, going blue in the face. The dad realizes the boy has swallowed the quarter and starts panicking, shouting for help.

    A well dressed, attractive, but serious looking woman in a blue business suit is sitting at a coffee bar in the market reading her newspaper and sipping a cup of coffee. At the sound of the commotion, she looks up, puts her coffee cup down on the saucer,
    neatly folds the newspaper and places it on the counter, gets up from her seat and makes her way, unhurried, across the market.

    Reaching the boy, the woman carefully takes hold of the boy’s testicles and starts to squeeze, gently at first and then ever more firmly. After a few seconds the boy convulses violently and coughs up the quarter, which the woman deftly catches in her free hand.

    Releasing the boy, the woman hands the coin to the father and walks back to her seat in the coffee bar without saying a word.

    As soon as he is sure that his son has suffered no lasting ill effects, the father rushes over to the woman and starts thanking her saying,

    “I’ve never seen anybody do anything like that before, it was fantastic. Are you a doctor?”

    “No,” the woman replies, “a Divorce Attorney.”

  • 32. Sam q  |  Junie 29, 2008 om 8 : 44

    Klip…. Whuhahahaha! Ek wens sy was my divorce Attorney😉

  • 33. Sam q  |  Junie 29, 2008 om 8 : 47

    Mind you…. Sy sou hom eers moes vang. Eish!

  • 34. Sam q  |  Junie 29, 2008 om 1 : 22

    Ek ga nou inni bed klim. Ek het groceries ga koop en by die til het die bedrag my so geskok dat my hart amper gaan sta het. Ek koop elke maand vi 3 gesinne ‘n hamper wat hulle deur die maand help. Die hamper was altyd R195 toe R235 toe R290 en vandag was dit R360! Nee my 4k! Wat ga ek doen as dit WEE opgaan? Ek sal dit mossi ka bekostig nie! Eish! Waat ek my bottel wyn nou gesit? Ek het ‘n serious sluk norig.

  • 35. Sam q  |  Junie 29, 2008 om 1 : 28

    Miskien moet ek nie die hampers saam met my eie groceries koop nie. Dan sal die bedrag nie so ‘n groot skok weesi😯

  • 36. Olga  |  Junie 29, 2008 om 1 : 44

    Hi Rolling stone, sing jy of kla jy? As jy sing, jy sing vals, as jy kla, ons willi hoor nie. Ai, Sam, wat kan ek se? Kos is duur. Alles is hond duur. Elke maand koop mens dieselfde goed oor en oor maar elke maand kos dit jou meer en meer. Ek koop nou maar papsak.

  • 37. Sam q  |  Junie 29, 2008 om 2 : 19

    Olga…. So gepraat van hond duur. Ek besluit mos toe om vi die hond ‘n kombers te koop. Syt die ding vlenters gebyt en nou lê dit die hele wêreld vol👿 . Ek kon ‘n cheap wyn gekoop het met daai R30!

  • 38. Olga  |  Junie 29, 2008 om 3 : 31

    He he he he. Hoe leke lag ek nou. Koop papsak met r30 sam, wanne die sak leeg is, blaas dit op en gee j die ondankbare brak di sak vir n kussing. He he he.

  • 39. Olga  |  Junie 29, 2008 om 5 : 21

    Waar is almal? A3 niks kom skinne vandag nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: