Tyd om te trek

Junie 27, 2008 at 4 : 58 41 Kommentaar

Het julle al Failure to Launch gekyk?  Dit gaan oor ‘n 35 jarige man wat nog by sy ouers woon.  Baie van julle het seker nou ‘n gesig getrek.  Dit is vreemd dat ‘n man van daardie ouderdom nog by sy ouers woon.  Dit laat die vraag ontstaan, wanneer moet jy jou eie dak voorsien.

Ek het vir alle praktiese doeleindes in st 9 uit die huis getrek.  Eers was ek in die skoolkoshuis en daarna is ek universiteit toe.  Ek was nog besig om te swot toe ek begin werk het.  Ek is dus al ‘n geruime tyd uit die huis uit.  Die rede is voor die handliggend, my ouers bly ‘n paar honderd kilometer van my af weg.  Anders het ek seker nog steeds by hulle gebly. 

My ma het eendag vir my pa in ‘n argument gesê:  Jy het my as ‘n jong meisie in my ma se huis gekry en nie as ‘n hoer op straat nie.  Ek kan nie onthou waaroor die argument was nie, maar die woorde het in my kop gebly.  Hoort goeie meisies eindlik in huise?  My verstand sê nee.  Almal moet seker een of ander tyd uittrek.  Vraag is wanneer?  Wanneer jy finansieel op jou eie bene kan staan?  Wanneer jy klaar is met matriek?  Of wanneer jy net nie ‘n gekerm om jou ore soek nie.

‘n Meisie kan langer daarmee weg kom om nie te trek nie.  ‘n Man word vinnig ‘n Mamma-seuntjie as hy nie vinnig genoeg na die samelewing se sin trek nie.  Deesdae gebeur dit ook al meer dat mense ‘n ruk lank hulle eie potjie krap voordat hulle terug trek huis toe.  Is dit reg op die ouers?  Is dit reg dat ouers by hulle onafhanklike kinders in trek?

Ek weet nie.  Hoe voel julle daaroor? 

Blogvraag:  Wanneer was die hoeksteen van die Wit Huis gelê?

Blogantwoord: Edith Black

*Hande klap* Wip was reg!!

Vir die Girls! ….

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geskenk van lewe Wie beheer 46664?

41 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomè  |  Junie 27, 2008 om 5 : 02

    EERSTE!!!

  • 2. Salomè  |  Junie 27, 2008 om 5 : 04

    Wat is dit met julle en die mooi mans. Wip se Muse is net so wenner. Ai, ai, ai. Mooi was ok nog nooit lelik nie.

  • 3. Samantha Q  |  Junie 27, 2008 om 5 : 47

    13 October 1792

  • 4. Samantha Q  |  Junie 27, 2008 om 5 : 47

    TWEEDE EN BE4K

  • 5. Olga  |  Junie 27, 2008 om 5 : 55

    Soms is dit ne te leke om by die huis te bly. Die ouers en volwasse kind baat almal finasieel daardeur. Di kind ori algemeen baie meer as die ouers.

  • 6. Olga  |  Junie 27, 2008 om 6 : 04

    Dan kry jy die kind wat huis verlaat. Gaan woon 100kms weg. Maar keer maand na maand terug met mase sal vuil wasgoed.

  • 7. Sam q  |  Junie 27, 2008 om 7 : 01

    Olga! Jy jok! My 4k! Jaag hulle weg! Tsk!

  • 8. Sam q  |  Junie 27, 2008 om 7 : 06

    Olga… Ek ken mense wat so genadeloos is.

  • 9. Adrie  |  Junie 27, 2008 om 7 : 11

    Olga
    Ek se eerder niks. Mens kry ook volwasse kinders (soos ek) wat maandeliks kos by die huis ver weg gaan haal. Slim plan nogal. Kan jy glo, ouma wipneus wil haar bekots daaroor. Ou mense van vandag wat nie hulle neuse in hulle eie sake kan hou nie. Grrrr.

  • 10. Sam q  |  Junie 27, 2008 om 8 : 18

    Ouma Wip…. A3 is besig om kak te maak hie in Midrand. Sy dans op Mug & Bean se tafels. Kan ek ma by ouma kom intrek?

  • 11. Wipneus  |  Junie 27, 2008 om 8 : 42

    Adrie!!!!!!

  • 12. Olga  |  Junie 27, 2008 om 8 : 44

    Wat de 4k soek jy in midrand sam? Ai jai, jai. Ek dag ons ga more by inibos armdruk vir daai disputed ster wat a3 jo gegee het. A3, kan ek ook saam jou huis toe gaan vir kos? Heng is dit darem gaar?

  • 13. Wipneus  |  Junie 27, 2008 om 8 : 45

    Adrie ek gaan jou wiks!!!

  • 14. Wipneus  |  Junie 27, 2008 om 8 : 46

    Sam jy kry saam Adrie pak!! 👿 Gaan huis toe!!

  • 15. Olga  |  Junie 27, 2008 om 8 : 55

    Sien sam, jy ken ook so gewetenlose mense met sak vol vuil wasgoed. Ek jok nie.

  • 16. Sam q  |  Junie 27, 2008 om 9 : 34

    Ouma Wip! Die klein merrie het ons amper inni tronk laat beland! Olga…. Die kjinders wat wat so op hul ouers se nekke lê moet geskiet word! Ek issi mee lus om InniBos toe te ga nie. Ek ga volgende jaar oordentlik reel en somme vi 3 dae gaan. Onthou net dat jy my nog ‘n piesangbrood skuld:mrgreen:

  • 17. Wipneus!  |  Junie 27, 2008 om 9 : 46

    Sam, Ouma het haar nou in die bed gesit, ek het sommer met haar geraas oor sy so lelik met jou praat en baklei!!!

    Nag almal

  • 18. Adrie  |  Junie 27, 2008 om 10 : 07

    GMFFFF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Party mense raak seniel.

  • 19. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 3 : 03

    Ek sit nou hier in my kar en wonner of ek die KARMA storie die skuld moet gee. Ai tog! Ek het mos my moer gepluk, toys uit die kot gebliksem en gesê ek willi mee InniBos toe ga nie. My mind was natuurlik wee gechange so ek het lekka vroeg opgestaan om Nelspruit toe te ry. Al was dit net om vi mnr Bos te bliksem! Doos! Anyhow…. Ek sit nou hie in my tjor en het die verskriklikste pyn naby my operasie plek. Ek het 1 pyn pil gesluk ma die pyn willi 4kof nie👿 . Gmpf! Ek moet ma seke wee trug inni bed klim met ‘n warmwater bottel of 2.

  • 20. Olga  |  Junie 28, 2008 om 7 : 50

    More, more. Het jy gery of het jy gebly sam? Ieder geval, is die pyn beter? Wipneus het di klein merrie nie dalk die bed natgemaak nie?

  • 21. Wipneus!  |  Junie 28, 2008 om 8 : 07

    By my werk dit so: My kinders kan in die huis bly solank as wat hulle wil. Hulle betaal in elk geval loseer geld, minimaal dis net die idee wat tel 😉 (Ons moet dit doen. want kinders moet leer niks in die lewe is verniet nie ) Maar die oudste trek volgende naweek uit. Dit gaan so swaar wees vir my😦 Maar ek byt maar op my tande! en maak of die lewe ‘n lied is. Feit is ons is een big happy family oor naweke, want dan slaap die kinders se verloofde of meisie ook hier. Dis vir my lekker as my hele huis vol jong mense is. Ek en Teddie se lewens is so vol werk, werk, werk…. dat ons jaloers oor ons naweke is. Dan spend ons dit met mekaar, kinders, familie en vriende…..bygesê as ons nie te moeg is nie.
    Die jongste swot nog, so dis seker darem nog ‘n rukkie wat hierdie ma nie met “leë nes sindroom” gaan struggle nie.

    Adrie jy was gister-aand vreeslik laat wakker??? Ek het mos gesê jy moet gaan slaap 😆

    Sam jy moet maar terug in die bed klim met jou warmwater bottel he he geen innie bos vir jou nie😆

  • 22. Wipneus!  |  Junie 28, 2008 om 8 : 09

    Môre Olga ek sukkel so met haar!! Hulle is altwee nie lekker nie, die een se operasiewond pyn, die ander se ore pyn, maar kan jy glo Adrie het tot 12 uur op my blog gekuier 😈 Daai merrie is net te stout vir woorde!!

    Met Sam weet mens ook nooit…. ek sal ook graag wil weet of sy gery of gebly het 😆

  • 23. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 8 : 28

    Ek het gebly. Dit was te 4kin seer. Ek kon skaars die clutch trap😦

  • 24. Wipneus!  |  Junie 28, 2008 om 8 : 33

    Sam dis beter om te bly, julle kan mos maar volgende jaar gaan.

    Lekker naweek hou julle 😉

  • 25. Merrie  |  Junie 28, 2008 om 9 : 28

    Volgende jaar. Gmfffff

    Moet se, ek laaik nogal my nuwe blog naam. Almal weet al wie die merrie is.

  • 26. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 9 : 59

    More merrie. O ja…. Dankie virri 4kol wat ek gekry het van oori waters

  • 27. Merrie  |  Junie 28, 2008 om 10 : 23

    Sam

    Plesier. Volgende keer kry jy ‘n groter NIKS

  • 28. Olga  |  Junie 28, 2008 om 10 : 26

    Sam, strongs met daai pyn jong. Merries is goed wat hingse aantrek. Dan is da niks van mux se leke kos wat jy nie met my wil deel ni. Whpneus, di kinders is altyd hommer. As die bf gf kuier eet hulle jou verseker uit die huis.

  • 29. Olga  |  Junie 28, 2008 om 11 : 23

    Ai, is die evil khakies vandag gesrei rondom nelssuit vandag. Soek inibos-bonus! Helsems. Ai, wat het di 2 aangevang om oorpyn en wondpyn te he wipneus? Verseke niks goed nie.

  • 30. Salomè  |  Junie 28, 2008 om 12 : 07

    Hallo Almal!!

    Nou is die kuiermense weg, maaaar en dis ‘n baie groot maar, daar is nou 13 nuwe kleintjies wat aandag en hulp norig het.
    (ons boerboel het gister ma geword). Dis te sweet die ou klein bondeltjies goed. Sy het nog nooit so baie gehad nie en almal kry nie ‘n beurt vir suip nie. Dis toe nou maar tietie en Milko-pup koop, en nou sit ons en babies voer.

  • 31. Salomè  |  Junie 28, 2008 om 12 : 21

    Ek moet seker my opinie lig oor die onderwerp.
    As mens die huispryse so bekyk, is dit geen wonder dat vandag se jongmense nie meer so vroeg uit die ouerhuise trek nie. As hulle nou nog in so simpel plek soos ons bly waar daar nie juis woonstelle is nie, is dit onbetaalbaar duur om op jou eie te bly. Die risiko om te deel is ok net so groot. Jy weet nooit wie saam met jou intrek nie.
    Daar is wel van die wat die ouers uitbuit en hul geld verkwis op allerhande nonsens en verniet bly.
    Ek stem saam met Wip se reelings. Ons seuns kan ok by ons bly tot hul gereed is om hul eie plek op te skop, maar dit sal nie verniet wees nie. Al is die bedrag net vir die idee, maar so leer mens hulle ok verantwoordelikheid. Een ding wat ek en Liefie oor saam stem is dat daar nie ‘n gesaamblyery in ons huis sal wees nie. Noem my outyds, maar as jy ‘n meisie wil aanhou en saambly, moet jy self vir haar kan sorg.

  • 32. Olga  |  Junie 28, 2008 om 3 : 40

    Saamwoon in ma en pa se huis salome? Tjk. Dis nou warimpel eet sonder bid of hande was 4that matter. As hulle daai deng wil doen, kan hulle di decency he om dit elders te gaan doen.

  • 33. Wipneus!  |  Junie 28, 2008 om 4 : 42

    Olga en Salome ek stem saam oor die saam slaap storie….
    Gelukkig weet my kinders hoe ek hulle opgevoed het. So dit is nie eers vir my nodig om te praat oor saamslaap nie. As kinders vir hulle ouers respek het , sal hulle dit nie eers oorweeg nie. punt.

    Ouma hou nie van ‘n gekafoefel, en stuitigheid onder my dak nie. 😈
    a nee a !!!!

  • 34. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 6 : 07

    He he! Ek sien al hoe ouma Wip ha bloomer optrek en die kjinders bliksem met die ossewa wip! He! He!

  • 35. Wipneus!  |  Junie 28, 2008 om 6 : 13

    Hi Sam voel jy al beter???

  • 36. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 6 : 15

    Saloom…. Ek ken daai storie van teveel puppies. My vorige hond het 12 gehad en ons kon net 1 red. Syt van ha kop afgeraak en hulle almal gebyt. Ek moes die dbv inroep om die kleintjies weg te vat van ha. Syt lelik gegrom en gebyt as jy net naby gekom het. Shame… Ons moes ha laat uitsit omdat sy lelik uitgehak het. Die een puppie wat ons kon red is nou die enigste hond wat ons kon red. Ek het ha ok self gevoer en van baby dae af luister sy net vi my. Hoopi sy ga mal word soos ha ma nie.

  • 37. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 6 : 51

    Gggrrr! Die foon ga elke keer somme self uit. Dit ga darem beter dankie ouma Wip. Ek kry net blêrrie koud jong

  • 38. Olga  |  Junie 28, 2008 om 6 : 51

    Ai, hoe leke lag ek nou. Ouma wip, wat is n ossewawip? Wat? Jy isi my ouma nie? Sowi. Ek dink sam voel beslis beter. Ons het toe nie inibos toe gegani. Ari, gedorie, parkering kon net sowel in jeppe gewees het. Nee gani my sole deurloop nm ure ini tou te staan nie. Hoe de drommel kruip ek ini donker kar toe? Nee, friggen … n gal het ha trots.

  • 39. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 6 : 59

    Wa my comment😯

  • 40. Sam q  |  Junie 28, 2008 om 7 : 02

    Olga… Ek ek ga volgende jaar ‘n kamer by die formule 1 hotel boek. Dis kruip afstand😉

  • 41. Merrie  |  Junie 28, 2008 om 7 : 07

    👿

    Ek wil nie eers blog nie. My kamera is erenstig beseer. GRRRRR!!!! Ek hoop die waarborg dek skerms wat gekonk het. Ek sal wel more uitvind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: