Voorsorg

Junie 26, 2008 at 8 : 57 35 Kommentaar

Deesdae wanneer ek die beeld lees is daar nog ‘n noodkreet van ou mense wat leef soos geen dier moet nie.  Een van my vriendinne het ‘n vriendin wie se man onlangs dood is.  Sy is 32 en is met 4 klein kindertjies agtergelaat.  Hy het geen polisse of pensioen gehad nie.  Ja, hy het ‘n goeie salaris verdien terwyl hy gewerk het, maar daar is nou niks.  Sy en die kinders kan net ‘n tuinwoonstel op haar salaris bekostig.

Jo-Ann het nou die dag gepraat van ‘n lewende testament.  Wat namens jou kan praat, wanneer jy nie kan nie.  ‘n Meningspeiling onder my vriende het getoon dat hulle nie testamente het nie.  Ek gaan nou nie die stats gee van hoeveel mense na aftrede ander in die oë moet kyk die dag wat hulle moet ophou werk.  Dit is meer as 60 %.  Na regte is jy veronderstel om tussen 10% en 30% van jou inkomste te spaar as jy eendag onafhanklik wil wees.  Maar self dan is dit nie waarborg nie.  Mense leef al hou langer en het finansiele verpligtinge tot hulle dood. 

Dit is seker jou eie saak as jy soos ‘n armlastige wil lewe as jy oud is.  As jy gelukkig is sal Beeld oor jou ‘n berig skryf en sal daar ‘n samaritaan wees wat hulle oor jou sal ontferm.  Jou keuse is eenvoudig, veral as jy enkel is, kry nou ‘n bietjie swaar sodat jy eendag vir jouself kan sorg.  Die sotlikste ding wat jy kan doen is om te hoop dat jou man / vrou se voorsiening jou gaan insluit.  Daar was al mense wat in hulle 70’s geskei het en op slegte voet uitmekaar is.  Tog, dit is jou keuse.

Hoeveel mense maak seker hulle kinders is versorg as hulle nie meer daar is nie?  Het jy seker gemaak dat jou kind veilig en versorg sal wees as jy nie daar is nie? 

Ongelukkig lewe ons nie meer in die tyd waar jy ‘n lyk vir die wolwe kan gooi nie.  Tensy jy jou liggaam vir navorsing skenk, kos alles geld.  Kontant wat nie altyd beskikbaar is nie.  Trauma wat jy jou geliefdes kan spaar deur na ‘n begrafnispolis te kyk.

Het jy ooit gedink wat sal gebeur as jy nie meer kan werk nie?  As jy ongeskik raak vir jou beroep?  Wat gebeur met jou rekeninge in die tyd wat jy gerehabiliteer moet word?  Ons wil nie daaraan dink nie, maar ongelukke gebeur.  Vieslikes wat ons vermink laat ook.  Ons moet voorberei wees daarop.

As jy nog nie ‘n makelaar of ‘n plan van aksie het, hoe sit jy saans ‘n oog op mekaar?  Ek het nie eers gepraat van mediese fondse nie.

Blogvraag:  Wat is die lewensverwagting in Suid Afrika?

Blogantwoord: Roy Orbison

Sam was weer reg!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Covers Geskenk van lewe

35 Kommentaar Add your own

  • 1. Verons  |  Junie 26, 2008 om 9 : 07

    EERSTE!!!!

  • 2. Verons  |  Junie 26, 2008 om 9 : 08

    Ek dink dis 70 jaar! Maar met al die crime lyk my haal mens deesdae nie eers 40 nie!!

  • 3. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 9 : 59

    TWEEDE!!!!!!!!!!!!!!

  • 4. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 10 : 00

    Ek sê dis nader aan 47 jaar as 70!!!

    @ Verons

    More ma

  • 5. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 10 : 04

    Average overall = 49.3
    Mans = 48.8
    Dames = 49.7

    *fluister* Dankie Wikipedia

  • 6. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 10 : 09

    Today’s Inspirational Quote:

    “When I hear somebody say, Life is hard, I am always tempted to ask, Compared to what?” (Seke my 4kin baas (lees DOOS!!!!!))

  • 7. Olga  |  Junie 26, 2008 om 10 : 42

    More more. Oor di ouderdom vraag, a3, gaan ek my 5c los, dis 42. Lol. So iets. So almal wat ouer is, geluk. Talk is cheap a3. Oor di oumense kom ons weer by pensioen nadele uit. Jy spaar, jy besuinig, jy neem polisse uit. (dan op n dag stuur sanlam jou n brief wat se dat di R158 000 wat jy by hulle het nou maar R62 012 oor is soos die land se ekonomie verswak het.)
    eerste luukse wat na aftrede waai, is mediese fonds, a3. Dis is belaglik duur. Di fonds gaan nie se, ‘jy het min gebruik, daar is …. beskikbaar tot dit uitloop nie. O, nee. Die maand dat jy nie die premie bybring nie, verval jou voordele. Dan gaan inflasie op en op en weer op. Die pensioen wat die werk, sanlam, old mutual jou betaal, bly dieselfde. Lewenskoste gaan op, pensioen bly dieselfde. Uiteindelik is staats pensioen meer as jou ‘voorsiening gemaakte oudag geldjie’ en moet jy in lyn gaan staan daarvoor. Dan is jy gelukkig om te kwalifiseer maar jou vrou kan net n derde van staats pensioen kry. As sulke pensioenarisse in fanie stols aftree oord beland, is hul le gelukkig. VIVA!!!! Dis boos. Ek se jou boos.

  • 8. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 10 : 57

    @ Olga

    Sjoe!!!! Dis ‘n mond vol!!!

  • 9. Verons  |  Junie 26, 2008 om 11 : 39

    Olga dis so waar! Op die oomblik moet ek besluit of ek my polis gaan betaal of petrol in my kar gooi om te gaan werk want as ek die polis betaal het ek nie genoeg geld oor om my deur die maand te vat nie!! So wat doen mens………………… jy laat maar jou polis verval!!

  • 10. Verons  |  Junie 26, 2008 om 11 : 40

    ‘Lo Sam! Sien die DOOS het besluit jy moet in Midrand bly! So ‘n donner!!!

  • 11. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 12 : 00

    @ Verons
    👿 Dis hoe ek voel oori DOOS!!!

  • 12. Olga  |  Junie 26, 2008 om 12 : 05

    Ongeluk vani saak is, elke woord daarvan is waar sam. En dan kom so egpaar met die koninklike (sug) van r1870 pm oor die weg. Ja, kyk verons, en nog het gn einde nie. Volgende week gaan petrol alweer tussen 55c en 70c per liter op. Dan sal ons ook nie meer wyn kan koop nie. En ons het die ou wynki net so nodig soos die polis.

  • 13. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 12 : 17

    @ Olga

    Ek ga my eie boerdery begin. Ek sal proe terwyl ek die druiwe trap!!

    EEEUUUWWW!!!!!

  • 14. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 12 : 19

    Eish!!! Nous ek lus vi ‘n lekka glasie rooiwyn!!

  • 15. Zoekoe  |  Junie 26, 2008 om 1 : 10

    Eish !!! die lewe is ‘n toffie…. en nie ‘n lekker sagte een nie….. dis daai taai kak wat aan jou verhemelte vasklou !!

  • 16. Zoekoe  |  Junie 26, 2008 om 1 : 14

    Mens neem ‘n polis uit en smile vir die groot bedrag wat jy eendag oor 40 jaar of so gaan kry, en glo my ek is seker daar in Zimbabwe sit mense wat 20 jaar terug gedink het ‘n miljoen Zim dollar is baie geld…… guess what…. SA is ook in AFRIKA !!!

  • 17. Nats  |  Junie 26, 2008 om 1 : 16

    Hello!!

    Ek het ietsie van alles… RF, lewens polis ongeskikdheids fonds ens ens. Seker hoekom ek vandag op brood en water leef😉

    Dis net jammer want vandag klink x Miljoen rand dalk na baie geld maar wat as ons in Zimbabwe se paadtjie af stap en oor 30 jaar kan daai xMiljoen Rand op ‘n noot gesit word!

    Ek sal maar kyk of ek nie eerder my geld in eiendom kan druk nie.

  • 18. Zoekoe  |  Junie 26, 2008 om 1 : 29

    SNAP !!!

  • 19. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 1 : 37

    Eish!!!

  • 20. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 1 : 39

    Wie het ‘n spaar zol vir my?

  • 21. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 1 : 39

    Of ‘n prozac?

  • 22. Zoekoe  |  Junie 26, 2008 om 1 : 41

    Ek het so biekie giggelgras as jy wil hê Sam Q 😀

  • 23. demoerin  |  Junie 26, 2008 om 1 : 42

    Ware woorde die! Nevermind polisse en dies meer, ek sidder as ek mense ontmoet wat nie medies het nie!(en die meeste kan dit wel bekostig). Lees hulle nie koerante oor die toestand van staats-hospitale nie? Dit is dinge waaraan niemand wil dink nie, want dit drein mos jou speelgeld. Ongelukkig is dit WERKLIKHIED!

  • 24. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 2 : 10

    @ Zoeks

    Ek het ‘n hele stoor vol giggelgras…….. Die goed werk net nie mee vi my nie! Ek moet omtrent ‘n hele boom rook voorlat dit beginte inskop!😉

  • 25. Zoekoe  |  Junie 26, 2008 om 2 : 28

    Wel Sam Q, dan kan ek jou net so biekie vars pynappel mampoer aanbied !!!

  • 26. Olga  |  Junie 26, 2008 om 2 : 37

    Daai giggelgras klink na a bargain. Waar pluk ek dit? Is dit dan reg vi gebruik of moet ek dit droog stryk? Sam,ek gehoor druiwe gis di beste viri lekeste wyn as jy week voor jy hulle trap nie voete was nie.

  • 27. Olga  |  Junie 26, 2008 om 3 : 00

    Ai, die staatshospitaal kwessie is amper meer tragies as di pensioen. Maar, as meer ekonomies bemagtigde (moenie lag nie. Julle weet wat ek bedoel)wit mense na staats hospitale gaan vir behandeling, sal die standaarde dalk verbeter. Ai, ek vergeet. Wit mans moet mase groep bymekaar wees of 4×4 bakkie en tou he om vingers uit hulle poepkaste te kry. In 2005 het ek iemand na aan my se hand vasgehou in medikliniek in bloemfontein na n ongeluk. Was di diens TREURIG. Hy het 14 ure gele met lee drup omdat hulle besig was. Ha ha ga. Ander dag was sy kateter verstop. Ek moes 6 ure na eerste klagte di nagmatrone uit haar kantoor gaan pluk om die kateter reg te kry. Hy stuur my na pelinomi hosp om te gaan kyk hoe dit gaan met swartman wie in selfde ongeluk beseer is. Ek merk op dat 2 uit 6 pasiente daar wit is, en raai wat? Die hosp was skoon. Daar was geen lee bloedsakkies by di pasient soos by di 1 hn medikliniek nie. Alweer n mond vol sam.

  • 28. Nats  |  Junie 26, 2008 om 3 : 06

    Demoerin
    Ek stem! En ek het dit weereens die naweek beleef!

    Ek het Manlief Sondag aand hospitaal toe gevat, en die eerste ding was “Het hy medies” Dankie tog dat hy het!!! Want hy is eers gister by die hospitaal uit – en in een stuk!

    Ek weet nie wat ek sou doen as ons na ‘n staats hospitaal toe moes gaan nie!

  • 29. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 3 : 16

    @ Olga

    :mrgreen:

  • 30. Samantha Q  |  Junie 26, 2008 om 3 : 20

    Mirrag my 3ling se 2ling!!!!!

  • 31. Nats  |  Junie 26, 2008 om 3 : 44

    SAMMMMMMMMMM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Wanne gaan jy Inni Bos toe?

  • 32. Nats  |  Junie 26, 2008 om 3 : 52

    Ek is sooooooo besig by die werk…. kan skaars gaan piep!!

  • 33. poplap  |  Junie 26, 2008 om 4 : 07

    sam my vriendin,
    jy moet asb die boetie uitlos!!ek het hom vir myself gereserve!
    🙂

  • 34. Jo-Ann Schou  |  Junie 27, 2008 om 10 : 56

    Hi!

    Ek het nou 8 jaar vir ‘n makelaar gewerk. Ek wonder ook hoe slaap mense.

    Weet jy wat was vir my die ergste in die tyd? Om te sien hoe twee mans, wat dit finansieël net-net maak, en wie se eiendomme in slegs hul name geregistreer was, aansienlike bedrae kostes moes betaal in terme van addendums tot die registrasie van die eiendomme omdat die huwelike binne gemeenskap van goedere was. Hulle gades was afgetrede vroue sonder noemenswaardige lewensdekking. Waar kry so iemand skielik R35,000 as hy nie iewers ‘n neseiertjie het nie? En dit is ‘n besadigde bedraggie op ‘n gemiddelde eiendom. Dit is leeuwêreld!

  • 35. Adrie  |  Junie 27, 2008 om 11 : 40

    Jo-Ann

    Elke keer dat ek lees van ‘n oumens wat swaar kry, wil ek my makelaar bel en kyk hoe ek nog kan spaar. Shit. Hoeveel is genoeg?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: