Miniatuur Floppies

Junie 23, 2008 at 4 : 59 78 Kommentaar

Wat noem jy ‘n blonde dogtertjie?  ‘n Deegie.  Sy moet nog besluit of sy ‘n koek of ‘n tert wil wees.

Een van die swaarste goed wat ek nog vir liefdadigheid moes doen was om ‘n kinder model kompetisie te beoordeel.  Ek het elke oomblik gehad, meer as die helfte van die dogters tussen 3 en 9 was slette.  Hulle het die houding gehad van kyk-hoe-begeerlik-is-ek. Ek kan nie die kinders blameer nie, maar wel die ouers wat hulle so mismaak het.

In die opsig is ek konserwatief, eng en uit die oudedoos.  Ek dink ‘n kind moet rein en kinderlik wees.  Uitlokkende klere, tergende (flirtende) gedrag en grimering hoort nie by ‘n kind wat nog op laerskool is nie.  Laerskool kinders moet speel, verkieslik buite, en 8 uur in die bed wees.  Hulle moet nog cartoons kyk en dink soen is die grillerigste ding denkbaar.  Hulle moenie weet wat seks is nie, hulle moet nie smag daarna nie en hulle moet dit veral nie kry nie.  My kop is seker plat, maar ek verstaan nie hoekom ‘n laerskooldogter ‘n aandrok nodig het nie.  Alleen saam met ‘n seun uitgaan, is so uit soos koekies in ‘n weeshuis.

Hoekom loop kinders van 10 / 11 nog in malls rond laat in die aand.  Sonder dat daar enige volwassenes by is.  Ek kry deesdae baie jong paartjies (onder 13) wat snags in die strate ronddwaal.  Wat soek kinders in ‘n fliek wat ‘n swaar drama is of vol grafiese geweld?  Ek glo nie hulle kan dit na behore inneem en die onderliggende boodskap lees nie.

Wanneer dink ek ‘n kind is groot?  Of groot genoeg om die jagveld aan te durf?  Ek dink dit verskil van kind tot kind.  Nie almal ontwikkel ewe vinnig nie.  Voordat ‘n kind los gelaat kan word, moet hulle hulleself kan handaf en verantwoordelikheid kan neem vir die nagevolge.  Wanneer hulle vanself ryp is, sonder dat hulle vriende of ouers hulle ryp gedruk het.

In my boeke is vroeg ryp nog steeds vroeg vrot.

Blogvraag:  Wie was oorspronklik as Mej Wêreld aangewys voordat Anneline Kriel by haar oorgeneem het?

Blogantwoord: Ben Steiner

Olga was eerste reg! Met Ouma wat silver gehaal het – net net!

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Mammon Covers

78 Kommentaar Add your own

  • 1. SAM Q  |  Junie 23, 2008 om 6 : 32

    EERSTE!

  • 2. SAM Q  |  Junie 23, 2008 om 6 : 32

    Helen Morgan

  • 3. Salomè  |  Junie 23, 2008 om 6 : 34

    TWEEEEEEDE!!!

    Hallo Sam

  • 4. Salomè  |  Junie 23, 2008 om 6 : 36

    Ek stem saam met die onderwerp. Vroeg ryp is vroeg vrot. My seuns is ok nog 8 uur in die bed en vakansies 9 uur. Gaan nêrens as ons nie saam gaan nie – veral in die aand. As hulle gaan oorslaap word daar deur die ouers met mekaar bevestig. Dis nie ‘n oor en weer gereël tussen die kinners nie.

  • 5. Olga  |  Junie 23, 2008 om 7 : 04

    Wat kan jy anders van vandag se meisietjies verwag? Kyk na musiek videos op tv. Van oud tot jonk met bene wa wyd oop. Staan en sing met houding wat se ‘come and get it.’ dan kyk j na tewe soos madonna, paris hilton, xtina, britney ens. Praat met rookgrowwe stemme. Ma laat hulle op verhoog klim, dan sing dit met soet dogtertjie stemme en bene oop. So regte ‘ek is dogtertjie, kom eet my’ boodskap wat in hulle kele afgedruk word. So wat verwag ons van di dogtertjies?

  • 6. Olga  |  Junie 23, 2008 om 7 : 16

    Dan verder tot aansluit by di tema… Ouers is deesdae te self gerig. As hulle hulle kinders moet opvoed, gaan daar nie tyd vir hulself wees nie. En. . . . Di neiging dat kids niemand mag oom, tannie, mnr of mevrou mag noem nie, dra verder by tot die algehele verrotting van vandag se kidz. Mag kidz jou tannie noem A3?

  • 7. SAM Q  |  Junie 23, 2008 om 7 : 58

    Saloom… Ek hou myself vas solat jy my kan bliksem. Makulu Sorry ek was besig om ‘n DDS unit op ‘n bakkie te sit en het net gou vinnig kom loer. Het jou nie hie agter my gesien nie😳

  • 8. SAM Q  |  Junie 23, 2008 om 8 : 00

    Olga… My kjinners noem darem vi A3 tannie😉

  • 9. Olga  |  Junie 23, 2008 om 9 : 16

    Lmga. Mwa. Mwa. Vir hulle sam. Laat sy toe dat hulle ha tannie noem of ht sy eers baie gekerm daaroor. Sy het soveel dubbel standaarde di a3. Kla oor dogtertjies wat dink hulle is oud genoeg om terte te wees, ma moedhg di kleinste kind aan om haar op haar naam te noem.

  • 10. Roer  |  Junie 23, 2008 om 9 : 44

    A3, hoor hoor wat die onderwerp betref. Vroeg ryp is beslis vroeg vrot. Wat my kwaad maak is ma’s van dogtertjies wat vinnig is om te se^ seuns kyk haar dogter snaaks aan by die skool of het iets gese^ of watookal (wat ook verkeerd is maar dis nie die punt nie) maar van kleuterskool af trek hulle al daai goedjies soos klein sletjies aan. Bid jou aan ‘n dollatjie op ‘n jungle gym met ‘n kort rokkie. Jy sien net pantie (jammer vir die Frans). Ma’s is baie skuldig en moet bykom.

  • 11. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 7 : 10

    Aag nee man – julle is net jaloers op die popular girls !!!!

  • 12. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 7 : 11

    Oja HALLO Mense !!!

  • 13. Erns  |  Junie 24, 2008 om 7 : 54

    More julle
    A3
    ek stem saam dankie tog ek het seuns en hulle kanie soos slettjies aantrek nie…

    Olga
    vir my is dit anders die engelse is nie gewoond om tannie en oom heel tyd te se nie maar dit beteken nie dat hulle nie maniere het nie ek’s ook geleer dat as iemand tenminste 10 jr ouer as jy is is dit ‘n tannie/oom

  • 14. Erns  |  Junie 24, 2008 om 7 : 55

    Hi Zooks
    gaan dit goed?

  • 15. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 7 : 59

    Môre almal….
    Hoe gaan dit Zoeksie??

    Ouma dink die ding dat dogtertjies so vroeg die speelveld aandurf is heeltemal verkeerd!!!

    My aarde ek was nou die dag verstom toe ‘n dogtertjie in ons familiekring, die boyfriend saam nooi see toe. Daarna is sy weer vir ‘n naweek na hom toe gewees. Hulle gaan uit soos groot mense. Sy is 11.

    Ek kyk die storie net uit, en skud my kop. Die ouers dink dis te oulik. Ja? en as hulle nou begin eksperimenteer…. wat dan.

    Nee wat kinders moet nog kinders wees. Ek stem saam vroeg ryp, vroeg vrot.

  • 16. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 07

    Ek weet dit klink outyds maar ek kyk my sussie so uit hulle seun het nou net twee geword en by die kleuterskool het hy ‘n girlfriend en almal dink hy’s te oulik en dan word daar vertel ooo hy’t die dogtertjie gesoen en en en dit is onskuldig ja maar hulle por hom die heeltyd aan dit is waar alles begin dan kom hy op 16 huis toe en se hy’t ‘n girl pregnant gekry ek wonder of hulle hom dan nog gaan aan moedig en se hoe oulik hy is

  • 17. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 09

    Olga ek kom ook uit ‘n engelse agtergrond, dus baie van ons vriende se kinders noem my op my naam. Maar ek verseker jou hulle het baie goeie maniere en respek vir ouer mense.

    Klein kinders noem my tannie maar hel ek trek die streep as die kinders nou al bietjie groot is :mrgreen:

    Soos met Erns is ons geleer om die Afrikaanse kant van ons familie wat 10 jaar ouer is as ons te Tannie of Oom…. ek moes hierdie lessie vinnig by die deur uitgooi… meeste van my vriendinne is nog jongmense, hulle hou my jonk en gesels oor lekker dinge. As hulle durf waag om vir my tannie te sê, gaan hulle pap lepel kry😆

    Kan julle dink dat A3 vir ouma ” tannie” sê? Ek en sy het al baie daaroor gespot, want een van haar skoolvriendinne moet vir my tannie sê, sy is my seun se verloofde….. weird nê????

  • 18. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 12

    Erns ek sien hierdie ook daagliks, hulle dink dis cute… en ja dit is seker cute, maar mens moet maar versigtig wees. Soos jy sê mens moet dit liewers nie aanmoedig nie. Om ‘n ouer te wees is nie maklik nie. Dinge lyk vir jou te oulik en cute maar kan later verkeerd uitdraai!!

  • 19. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 13

    Erns ons twee gesels met onsself??? Slaap almal nog??

  • 20. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 17

    Dan sien mens hierdie klein dogtertjies wat aan skoonheids kompetisies deelneem. Het julle al opgemerk, hulle lyk soos groot meisiekinders? Hulle gesiggies is nie kind nie. Ek wonder altyd of dit nou van al die grimering is????

    Juis oor die onderwerp wat ek vanoggend op my blog aangespreek het. Dink ek mens moet jou dogtertjies deesdae maar baie mooi oppas!!

  • 21. SAM Q  |  Junie 24, 2008 om 8 : 18

    Ek kry koud en is nie eens gedress soos ‘n slet nie!

  • 22. SAM Q  |  Junie 24, 2008 om 8 : 19

    Eish! My se maniere! Mirrag almal

  • 23. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 23

    Wip

    Dit lyk of al die ander nog slaap…
    dit is nie maklik om ouer te wees deesdae nie my kinners noem hulle tannies op hulle name en soos jy se hulle het respek vir ouer mense en as iemand vir my moet tannie kry ek ‘n hartaanval ek’s nog nie so oud nie😆

    Ek dink ook ma’s maak hulle dogtertjies vinniger oud voor hulle tyd kyk maar net na die klere wat hulle koop vir die kinders even op kleuterskool tyd

  • 24. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 25

    Sam
    more dis omdat jy nie insulation het nie dat jy so koud kry,
    maar ek het ook insulation en ek kry nog koud so dit tel seker nie ek kan nie wag vir somer nie

  • 25. Verons  |  Junie 24, 2008 om 8 : 25

    More! more!
    Genade maar my mond hang oop vanmore! Dankie vader my kinners is uit die huis uit en ek kon hulle kinders hou tot hulle tieners was! Kyk toe weet hulle mos als! Maar met so ‘n kwaai ma soos wat ek was het hulle, hulle darem nie te slim probeer hou nie!😉

  • 26. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 27

    Erns ek stem saam, hulle trek soms maar erg uitlokkend aan. Veral in die somer!! 😆

    Hello Sam

  • 27. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 28

    Ek het my so vererg so ruk terug my kind gaan kuier by ‘n maatjie en die speel toe sommer sims 2 ek het daar en dan vir my kind gese jy speel nie meer daar nie daai game het soveel detail en ek keur dit nie goed nie

  • 28. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 30

    Hi Verons gaan dit goed???

    Verons gelukkig is my kinders ook groot want deesdae word dit al hoe moeiliker om kinders groot te kry🙂

    Erns sommige van hierdie rekenaar speletjies is definitief nie geskik vir jong kinders nie, dit is vile

  • 29. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 35

    Wip
    ek wonder of van die ouers weet wat hulle kinders als speel

  • 30. Verons  |  Junie 24, 2008 om 8 : 37

    My dogter noem nie een van my broers of susters tannie of oom nie, want toe sy kon praat was die meeste van hulle nog op skool gewees en sy en my jongste boetie (3 jaar ouer as sy) was “best buds” gewees en hy het dan tot vir my op my naam genoem en sy kon nie verstaan hoekom moet sy hulle oom en tannie nie! Gelukkig het dit nie een van hulle gepla nie. My seun weer noem ook almal op hulle name behalwe my een suster wat ook sy peetma is. Haar 1e kind het eers 10 jaar na my seun gekom. Hy is vandag in graad 11 en my sus sê altyd ek het vir haar ‘n goeie voorbeeld gestel oor hoe om kinders groot te maak en haar 2 seuns is wraggies baie oulike kinders waarop hulle ouers opreg trots is…..

  • 31. Verons  |  Junie 24, 2008 om 8 : 40

    More Wip, ja ek kry regtig die ouers wat nog klein kinders het jammer, ek weet nie of ek my kinders nou so “soet” sou kon grootmaak nie! Die invloede is heeltemal te veel en te negatief!

  • 32. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 46

    Erns ek glo nie die kinders weet wat hulle kinders speel nie, of weet nie presies wat in hierdie speletjies aangaan nie. Die goed het soms ouderdoms beperking op. Daar is van die speletjies waar die hart uitgeruk word en op die grond lê en klop. Ek het dit nou die dag self gesien….. maar my kinders is darem nou al groot 🙂 Ekself sal nie eers van hierdie speletjies speel nie, nie dat ek tyd sal kry vir so iets nie…soos dit is, is daar te min tyd in my dag.

    Verons jy is reg daar is net absoluut te veel negatiewe invloede. Ek kry eindelik vandag se kinders jammer. Ons lewens was so anders. Dis nog gevaarlik ook deesdae vir kinders. SA is onveilig!

  • 33. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 8 : 46

    Ag sorry ek het ‘n fout gemaak, die ouers weet wat hulle kinders speel nie….. ek is nog bietjie aan die slaap 😳

  • 34. Erns  |  Junie 24, 2008 om 8 : 53

    Wip toemaar ons lees maar so tussen die lyne deur😛

    My punt is kyk na vandag se kartoons daar is meer geweld in as die goed wat ons gekyk het toe ons kinners was daar is baja min cute kartoons vir vandag se kinders om te kyk veral as jy nie DSTV het nie

  • 35. Pikkelik  |  Junie 24, 2008 om 8 : 58

    Kinders sal altyd kinders bly, dis die ouers se invloed wat die verskil maak…. Dankie Vader ek bly op ‘n plek waar kinders nog kan kinders wees!!!

  • 36. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 02

    Erns party van hierdie cartoons is weird!!! Die ergste is die ouers kyk nie, wat hulle kinders kyk nie!! Ons het mense wat hier kom kuier, dan vra ek die kinders wat hulle wil kyk. Cartoon network? Ek kyk dan vir die ouers (het die stappie nou al aangeleer) En hulle antwoord ja, sit vir hulle cartoon network aan. En dit as hulle uit baie dvd’s mooi flieks kan kies. Ek laat maar gaan. dis nie my plek om iets te sê, my kinders is klaar groot…. dankie tog!

  • 37. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 06

    Hi Pikkie

  • 38. Nats  |  Junie 24, 2008 om 9 : 07

    Goeie more!!

    Ek stem saam met Adrie, vroeg ryp vroeg vrot!!

    Dis mos die in ding deesdae om ‘n boyfriend te hê eb julle “doen dit” Dan praat ek nie van die klere nie! My mond hang in die aand in malls oop! Mens kan nie anders as om dit nie raak te sien nie!

    Ek het op learskool nog met my Barbies gespeel, en mag nie oor geslaap het nie.

    Ek onthou ek was na ‘n partytjie toe in Std 5… toe ek weer sien staan my pa langs my. Op daai stadium was dit “so embarrisng” maar vandag is ek bly daaroor en trots dat hy so op getree het en my gaan haal het.

  • 39. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 08

    Pik jy is gelukkig dat jy jou kinders in Amdam kan groot maak. Die stad is vol gevare drank en dwelms is aan die orde van die dag. Die kinders loop sommer deesdae oop en bloot en rook in die straat. Ek praat van “kinders” Ek sweer hulle longe is klaar vrot!! 😯

  • 40. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 11

    Hi Nats

    Ek het deesdae ‘n groot probleem om vir jong kinders iets te koop vir hulle verjaarsdae, hulle wil nie meer Barbies hê nie. Jy kan ook nie eindelik vir hulle klere koop nie, net nou is dit outyds. En ek is nie outyds nie!!! Maar hel mens kan darem nou ook nie alles “flaunt” nie.

  • 41. Erns  |  Junie 24, 2008 om 9 : 16

    Wip
    ek het my Dvd’s gedeel my seun het al die Family movies gen kinder prente gevat en flieks wat ek kyk is een kant hy gaan gereeld en sit een van “sy” flieks aan en dan kyk hy en boetie lekker saam na racing stripes en so aan hy hou gelukkig van dvd’s kyk en ek gee nie om om vir hom nog te koop nie op daai manier weet ek wat hy kyk

    Pik hier by ons vertel my kind vir my laas jaar was die polisie daar by hulle skool en het hulle dwelms daar gekry onder die groter kinders hy’s nog op laerskool ek kan dit nie glo nie

  • 42. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 23

    Erns ek koop gereeld kinder movies, om kinders besig te hou wat hier kom kuier. Ek is bly joune hou ook nog van regte kinder movie’s soos racing stripes. Dit gebeur deesdae so min.

    Die dwelms raak deesdae ‘n groot probleem in die skole!!! geen wonder ons samelewing is so siek nie.

  • 43. Wipneus!  |  Junie 24, 2008 om 9 : 29

    Julle moet lekker speel!! Ouma gaan nou eers hard werk!!
    Lekker dag!

  • 44. bruinogies  |  Junie 24, 2008 om 9 : 30

    more more

    topic
    ek moet sê,my ma hulle was bja streng op my,en hulle is nogsteeds want ek is nou ma eers 19! ek was in std 8 toe ek die eerste keer saam my ouer boetie uitgegaan het, hy moes gesorg het dat ek 10 uur trg by die huis moes wees! Ons het so paar dans/huier plekkies is ons dorp,da dans sommige meisiekinders ek skat hul so 10 jou onder ‘n tafel in,dit is verstommend, wa het jy gesien ‘n meisie van 10 lig ha hempie op terwyl sy dans en vat aan ha self?? shit dit is scary actually want wa leer sy dit? ek ken ‘n ou wat getroud is toe hy 19 was want hy het sy girl swanger gemaak en sy was 16, hulle het nou al 3 kinders, ma is daai kinders nie vi jou voor op die wa nie. nee hel tye kan verander ma hel jy kan nogsteeds jou kind reg groot maak met streng perke. ek dink julle almal ken seker die cvo skool?? da was ‘n meisie in die “groot Christelike” skool wat wou selfmoord pleeg in std 5 oor ha kerel wat ha gelos het! dit is plein weg oorlams geit!

  • 45. Erns  |  Junie 24, 2008 om 9 : 31

    Ek het al gewonder moet ek nie eerder nog ‘n werk kry en dan hulle privaat skole toe stuur nie maar daar is ook dwelms ek weet rerig nie wat met ons jong kinners gaan word nie ons het nie sulke dinge gehad op skool nie of dalk het ek net nooit van dit geweet nie maar ek weet ek het eers na skool gehoor van goeters sterker as sigarette

  • 46. Erns  |  Junie 24, 2008 om 9 : 34

    Hi Bruinogies gaan dit goed
    ek het al so in die dorp hier geloop dan kan jy nie glo dat die kinders nog op laerskool is nie hulle lyk ouer as wat hulle veronderstel is om te wees

  • 47. bruinogies  |  Junie 24, 2008 om 9 : 44

    erns
    bja gud dankie,my base isi vandag hier nie! jipppiiieee so ek gan vroeg waai!! hu ganit met jou???
    my klein niggie was in std 4 toe gaan sy saam ons lekkerrus toe,so vakansie oord naby ons,ek was in std 7 gewees. da was ‘n groep ouens wat in die lyn van 25 jaar oud was, sy wou graag gehad het dat 1 van hulle ha virgin moes gebreek het,ekt soos ‘n kliekkie bek na my pa toe gegaan en dit vi hom gesê. hy was nogal nja geskok gewees,ons het dadelik my niggie gebel en vi ha gesê sy moet ha orige kind kom haal en ha vertel van die storie. ha ma het net gesê los ha dis die hormone wat pla!! ons het ons goed gepak en gewaai om ha af te laai en verder met ons vakansie aan te gaan! vandag groet ek nie 1 van hulle nie,al is hulle familie of wat! nee fokit dis bad

  • 48. demoerin  |  Junie 24, 2008 om 9 : 53

    Dit is ‘n sad storie die! Die algemene morele verval van sekere jongmense. Ek is self nie ‘n ouer nie, maar ek plaas dubbel en dwars die blaam op die ouers se skouers! Hulle is verantwoordelik vir die ordenklike grootmaak van hule kinders. Die sad ding is dat baie ouers faal! Wil ok sê geluk aan die wat teen alle mag en krag dit wel regkry om goed opgevoede kinders te hê!

  • 49. Erns  |  Junie 24, 2008 om 10 : 04

    ogies
    my baas is ook nie hier nie die hele week lekker ne nou kan ek lekker blog sonder dat hy op my kys die heeltyd is
    kom daai niggie huis toe in die ander tyd wil hulle weet wat verkeerd gegaan het ek stem saam dis die ouers se skuld maar as ‘n ouer is dit nie altyd maklik nie ek verkies eerder dat my kind nie meer by vriende gaan speel nie want jy weet nie wat daai ouers toelaat en wat nie

  • 50. bruinogies  |  Junie 24, 2008 om 10 : 10

    erns
    ek moet sê my oudste boetie se knd is al 4 maar het geen maniere nie! my boetie is te slapgat om optekom vi sy rol as pa van daai kind , hy mag nie eers die kind slaan nie,want dan is sy vrou en die vrou se ma op sy case!! ek het nooit gedink my boetie sal so ‘n slapgat wees nie!! daai kind maak net wat hy wil en die ergste is hy stort saam sy ma en nou bgn hy my ou barbie poppe wat ek gebere het “bevat en bevoel” ek het hom opi daad gevang dit doen! me ek sal nix se of doen nie want dit is nie my kind nie!!

  • 51. bruinogies  |  Junie 24, 2008 om 10 : 17

    sal later w kom bolg!! die klerewinkels roep my nou eers,gaan net bq gaan shop!!tata

  • 52. neykie  |  Junie 24, 2008 om 10 : 25

    whahaha koek of tert….😆

    hoe gaan dit met jou a3

  • 53. Olga  |  Junie 24, 2008 om 10 : 43

    More more! Erns 16 is wishful thinking. Seuns kom al pregMant huis toe op 14. Verder van engelse agtergrond weet ek genoeg. Probeer di oulike engels kinners teegaan, kyk hoe oulik is hulle dan. Nee wipneus. Ek weet van engelse kinders. Pikkelik waar woon jy? Amsterdam het ek gesien. Moenie te gerus wees oor jo kinners wat buite speel nie. Amsterdam het hulle aandeel van alles wat verkeerd is. Bruinogies, kom ek wed jou daardie voorbarige kinders se oki oom en tannie nie. J moet jou broer bejammer ogies. Hy buig voor sy koning. Terug na jo erns. In watter bubble het jy skool gegaan? Eisj. Self in pikkelik se local laerskool ken di kinners sterker goed as sigarette. In daardie pvt skool gaan jy dit eers ontgeld erns. Die klere, gare, boeksakke en sal dan ni princeton rook ni. Aikona. Dan sal hulle camel rook. Hou ma net jou oog op jo kinners. Dis altyd genneg. Sam is stil vandag. Sy hdt dalk oorplasing hatfield toe gekry of sy het tandpyn.

  • 54. Roer  |  Junie 24, 2008 om 11 : 40

    Hallo almal. Presies waar is Adriana?

  • 55. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 12 : 26

    Dis ‘n moerse goeie vraag Roer !!

  • 56. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 12 : 52

    Lo da!!

    @ Olga

    Ek is moerig verby! Die drolle wil my nie laat gaan nie👿

    @ Roer & Zoeks

    My 3ling is oor die waters

  • 57. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 12 : 57

    Wat? het haar water gebreek? nie eers geweet sys in sulke tyd nie . . . 😯

  • 58. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 1 : 23

    @ Zoeks

    EISH!!!!!

  • 59. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 2 : 00

    he he he 😆 eish nous ek dors ja !!

  • 60. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 2 : 02

    So, as sy oor die waters rond jol, gaan staan die plek dan stil ?

  • 61. Erns  |  Junie 24, 2008 om 2 : 09

    Zooks/Sam

    EK sien julle het darem weer lewe gekry

  • 62. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 2 : 15

    Ek baklei hard met die dom etters wat saam met my werk!!

  • 63. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 2 : 15

    Ek wil ook my pond botter gee. . .

    Al die verval van waardes kan beslis sonder twyfel aan die voet van Liberalisme gelê word, want as mens kyk wat het die laaste 50 jaar of so die “buzz” woorde geword van, veral die amerikaners en europa, ” Liberate” maw mense regte en vryheid en alles wat daarmee saamgaan, maar die mens het vryheid aangegryp, sonder om die verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan te verstaan…. die mens het vergeet van wat is goed vir die samelewing en, konsentreer net op die individu en sy regte, sorry, maar die “greater good” is die belangrikste, “gaan na die mier en word wys, word gesê !

    OK, dis dalk 2 pond, maar nou ja !!!

  • 64. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 2 : 18

    Hi Ernsie !!! 😛 😛

    Ek is maar hier rond, noem my sommer die Loer Broer !! 😉

  • 65. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 3 : 03

    GGGGGGRRRRRR!!!!!!

  • 66. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 3 : 42

    👿

  • 67. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 4 : 13

    huh????

  • 68. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 4 : 17

    all alone !!! 😦

  • 69. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 34

    ‘n Bosveldboer storm die huis binne en gil: ‘Vrou, gee daar vir my ‘n skoon broek.
    Ek het my nou lelik vererg vir ‘n bliksemse leeu!’

  • 70. boendoe  |  Junie 24, 2008 om 4 : 34

    Toemaar, ek is weer agteros! Ek stem saam: vroeg ryp, vroeg vrot. En jong kinders in die mall tot wie weet watter tyd, dis ‘n skande. Eintlik is die malls ‘n euwel, weet jy?

  • 71. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 35

    Boer aan sy vrou,’ As jy so buk is jy so breed soos ‘n stroper’
    Die aand soek hy ‘n knippie. Sy vra: ‘Moet ek die moerse stroper start vir so klein mielietjie?’

  • 72. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 36

    Hallo agteros!!

  • 73. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 36

    Vrou wat rondkuier se man vermoed dit en sê vir haar: ‘Dit lyk my ek speel nou 2de viool.’
    Vrou sê: ‘Met ‘n fluitjie soos joune kan jy nog bly wees jy is in die donnerse orkes!’

  • 74. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 37

    Gatiep lê in die hospitaal na ‘n moerse ongeluk. Hy vra vir die dokter:
    ‘Sal ek darem kan kitaar speel?’
    ‘Ja’ sê die dokter.
    ‘Dis fantasties’ sê Gatiep, ‘want ek kon nog nooit nie!’

  • 75. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 38

    Hoe maak jy ‘n man?

    ‘Jy kruis ‘n vark en ‘n by. Dan kry jy ‘n lui ding wat net die hele dag wil vreet, brom en steek..’

  • 76. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 39

    He he!!!!

    Geskeide man aan sy tjom: ‘Vrouens is soos kreef, al die lekker in die onderlyf en al die k@k in die kop…’

  • 77. Samantha Q  |  Junie 24, 2008 om 4 : 40

    Ou Oom: ‘Ek het my ID verloor en moes my grys borshare wys om my old age pension te kon trek’
    Ou Vrou: ‘As jy jou broek afgetrek het kon jy disability pension ook gekry het!..’

  • 78. Zoekoe  |  Junie 24, 2008 om 5 : 44

    😆 ha ha ha ha ha ha ha ha

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: