Pensioen Nadele

Junie 21, 2008 at 9 : 09 18 Kommentaar

Diskriminasie is lewendig in Suid Afrika.  Ja, dit is! Kom ons vat ‘n ouer mens.  Hy het sy lewe lank gewerk, aktief belasting betaal.  Tot pensioen fonds bygedra tot die dag dat hy op pensioen gegaan het. 

Kan jy glo?  Vir al die jare, 50 om presies te wees, se bydraes tot opheffing van Suid Afrika, is sy beloning vandag swaar kry.  Hy het gedink dat die werkers pensioen genoeg sal wees om hom deur sy oudag te dra.  Vandag egter,  is sy pensioen  ‘n skamele R340 wat beteken dat hy jare gelede al by die staat moes aanklop vir pensioen.  Hy, wat 50 jaar lank gehelp het om die staatskoffers vol te maak het vir ‘n pensioen gekwalifiseer.  

Sy vrou wie in haar lewe ook gewerk het vir ‘n salaris en ‘n belasting betaler was, kan egter nie ‘n vol staatspensioen kry nie.  Sy is getroud en sover dit die pensioendepartement betref, kwalifiseer sy net om ‘n gedeeltelike pensioen omdat haar man ‘n vol pensioen kry.

Hy ontvang verder nog die R340 wat hyself jare lank tot die werkerspenskioen bygedra het.  Word daar van hierdie egpaar verwag om te jok oor hulle huwelik status? Dis so gerieflik dat mense met tradionele huwelike (labola) se “huwelik” wettig genoeg is dat die maat kan kwalifiseer vir mediese en ander voordele, maar die “huwelik” word nie herken vir staatspensioen voordele nie?

Dit bring mee dat die paartjie wat wettig getroud is, pensioen nadele kry ten spyte van die feit dat albei aktiewe bydraes gemaak het tot die land se ekonomie.

Olga

Blogvraag:  Wat word die pensioen stelsel in New Zealand genoem?

Blogantwoord:  Tinkerbell was reg met:  “Dit was raak.”

 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Oor die kleurgrens Mammon

18 Kommentaar Add your own

  • 1. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 9 : 52

    EERSTE!

  • 2. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 9 : 53

    Eish! Ek dink die antwoord is super/supa of so iets

  • 3. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 10 : 01

    Olga… Ek stem 100% saam met jou. As ek die goewerment was dan het ek myself morsdood geskaam oorlat ek die oumense se kak behandel. Oumense het ‘n spesiale plekkie in my hart en ek raak skyns befok as ek sien hoe party mense hul eie vlees en bloed sleg behandel. Meeste mense vigeet dat die oumense hulle groot gemaak het en dat HULLE ook 1dag oud ga word.

  • 4. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 10 : 05

    Ek ga somme more wee vi die oumense lees. Ek wens ek kon almal bliksem wat oumensies mishandel! Goewerment en al👿

  • 5. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 10 : 14

    4kin Drolle! Gmpf! Ek ga somme nou dux!

  • 6. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 10 : 50

    Ja ja! Almal weet ek ga nie nou dux nie:mrgreen:

  • 7. SAM Q  |  Junie 21, 2008 om 10 : 50

    Eks nogsteeds op mxit

  • 8. Jo-Ann Schou  |  Junie 22, 2008 om 8 : 06

    As die ou mense ‘n geldjie het of ‘n eiendom besit, kry hulle niks. Al het hulle jare lank koffers volgemaak. Ek weet van ‘n vrou wat nie ‘n sent mag kry nie, want haar man kry pensioen. Sad.

  • 9. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 8 : 14

    More! More! More! Ek moet sê my ma is baie gelukkig dat sy my pa se pensioen gekry het. Enigste probleem is dat die saak nogsteeds nie afgehandel is nie. Die saak moet bleikbaar eers in die hoogeregshof voorkom voordat die eksekuteurs (spelling) hulle gedeelte kan afhandel. Sy kry wel ‘n staats pensioen en dis darem nie sooo min nie.

  • 10. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 8 : 17

    SUPERANNUATION! Super is die afkorting. *fluister* dankie google! Ek het darem geweet wat die afkorting is voor ek google geraadpleeg het….

  • 11. Olga  |  Junie 22, 2008 om 11 : 35

    Hello almal. Ek is bly julle voel ook die goewerment is verkeerd oor die pensioen kwessie. Oumensies behoort onvoordelik pensioen te kry. Anders moet hulle huwelike maar automaties ontbind as hulle pensioen ouderdom bereik. Ek hoop jou pa se boedel wrd gou afgehandel Sam.

  • 12. Adrie  |  Junie 22, 2008 om 11 : 43

    Olga

    Dit is net nog ‘n bewys hoe die staat ‘n mens se belasting steel. Minimum voordele geld mos nie vir ou mense nie. Varke. 👿

  • 13. Pikkelik  |  Junie 22, 2008 om 1 : 34

    My ouers het ook hulle hele lewe gewerk vir wat hulle gedink het ‘n goeie ‘oudag’ sal wees. Op 55 is my pa egter as ongeskik verklaar en op ‘ongeskikdheids pensioen gesit’. Steeds was dit nie ‘n probleem nie, totdat hy die dag wou begin ouderdomspensioen trek en moes hoor as sy pensioen is opgebruik…. Vandag sit daardie eens welaf mense in ‘n houthuis wat ek vir hulle by ons gebou het. Lewe van ‘loswerkies’ en hulle kinders sorg vir hulle…. Die regering suig bigtime!!!!!

  • 14. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 3 : 22

    Sjoe! Wat ‘n dag! Ek het nog nooit 2 dae in ‘n ry vi die oumensies gaan kuier nie. Dit is nogal lekker om die gesiggies so kyk terwyl jy die storie lees. Mag ek nooit so weggesmyt word op my oudag nie. Ek sweer ek sal al die goewerment geboue opblaas as ek lip van hulle kry eendag. My kjinders sal net so hard kak as dit gebeur!

  • 15. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 3 : 29

    Olga…. My ma was in die onderwys en sy kry darem (gelukkig vir my) ‘n hele paar rand meer as daai R340. Maar… Sy kon net sowel boggerol gekry het nie want my jonger sus en ha 2 kjinders lê op ons nekke. Sy draai my ma se arm om vir haar dinge te koop en geld te gee. Op die ou einde is dit dan ek wat daarvoor moet betaal omdat my ma nie kan nie. DIT maak my nog meer siek as die goewerment!👿

  • 16. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 3 : 39

    Pik…. Jy sal eendag ryklik geseën word omdat jy vir jou ouers omgee. Partykeer is dit moeilik maar ons moet almal onthou dat ons ook eendag dieselle paaikie ga loop.

  • 17. SAM Q  |  Junie 22, 2008 om 5 : 52

    Eish! My laaitie (4) het my in my kamer toegesluit! Soos meeste van julle weet kan my laaitie nog nie praat nie en dit het baja gat lek gekos om daai sleutel te kry. Hyt die sleutel onder sy sussie se duvet weggesteek. Ai jai jai! Hyt seke gedink sy ma het meer rus norig. Mind you….. Dis dieselle kamer wa my jongste sus (toe 3) my ma uit die huis uit gesluit het. Dit was so 11 jaar trug en het ook baja gat lek gekos om die sleutel vir my ma te gee.

  • 18. Pagoda32  |  Junie 22, 2008 om 7 : 21

    Hy was seker ma bang hy kry op sy herrie as sy ma uit daai kamer kom…LOL!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: