Oor die kleurgrens

Junie 19, 2008 at 4 : 28 157 Kommentaar

Partykeer sit ek in my kaya, sip sip aan my koffie, en wonder waar ek vandag sou gewees het as ek nie sulke liefdevolle ouers gehad het nie.  Eerstens moet ons mekaar baie mooi verstaan.  Waaroor ek praat is ongelukkig soos wat dinge was en nogsteeds is.  En ek praat uit die oogpunt van ‘n 50% boeremeisie wat eintlik nêrens inpas nie.

Ek het al baie blanke ouers dopgehou wat ‘n swart baba aangeneem het.  In die eerste plek maak hulle daai kjind groot in ‘n heeltemaal ander kultuur wat hom/haar later nie veel gaan help nie.  Tweedens is daar permantent mense wat staar en opmerkings maak wat glad nie goed is vir daai kjind nie.  Derdens sal daai kjind nooit by enige groep kan inpas nie.  Die gewone blanke man op die straat sien net ‘n klein kaffertjie en die klomp in die lokasie sien ‘n boy wat dink hys wit.  Stroes bob.  Ek weet waarvan ek praat.

Ek het weer verlede jaar die teenoorgestelde gesien.  Ek het 20 weeskjinders vir die dag gehad en daar was net 1 wit kjind tussen al daai kjinders.  Blonde hare blou ogies de works.  Ek het amper op my rug neer gedonner toe daai kjind (4) die sotho gooi asof dit sy eerste taal is.  Waar gaan daai kjind eendag inpas en hoekom is daar nie ‘n blanke gesin wat HOM eerder aanneem nie?  Daai kjind gaan seker eendag ‘n swart meisie vat en voila…… ‘n klomp 50% boertjies.

 Vandag voel dit vir my half erger as in die dae toe apartheid nog nie ‘n vloekwoord was nie.  Destyds (80’s en vroeë 90’s) was ‘n gekleurde kjind baie gelukkig as hy deur die witman grootgemaak was.  Maar……. daar was nog steeds die onsekerheid van waar die kjind nou eintlik inpas.  Daar was die witman wat die kjind aanvaar het en die nodige liefde getoon het.  Dan het jy natuurlik ook die poephol gekry wat sulke dinge as a abomination gesien het.  Basies het die kjind nêrens ingepas nie en moes maar sy/haar eie gang gaan.  Ek ken baie van hierdie kjinders wat so agteruit gegaan het dat hulle slegter af is as die klomp wat tussen hul eie mense groot geword het.  Daar is baie min van wie se persoonlikhede sterk genoeg is om dit te oorleef. 

Dit is nie regverdig om ‘n kind aan te neem as ‘n fashion statement ni.

Blogvraag:   Wat was Koos de la Rey se laaste woorde voordat hy gedooi het?

Samantha Q

Sam, die 50% boeremeisie pas perfek op die blog in.  Waar anders sou ek ‘n ousie drieling gekry het?

Blogantwoord:  Sam was reg met Stanford University.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Slagspreuke Pensioen Nadele

157 Kommentaar Add your own

  • 1. Rolling Stone  |  Junie 20, 2008 om 5 : 53

    Twee seuntjies stry.
    “My pa is beter as joune.”
    “Issie!”
    “Is! My ma is ook beter as jou ma.”
    “Ek weet! My pa sê ook so!”

  • 2. Antie Stienie  |  Junie 20, 2008 om 8 : 32

    Ek lees altyd lekker hier. Ek is maar so bietjie aan die skamerige kant, want ek is nie te slim nie. Ek weet nooit wat die blogvrae se antwoorde is nie.

    My buurvrou, Sarie, het ‘n probleempie van ‘n ander kleur. Sien, haar dogter het met ‘n kleurling gaan staan en trou en ou Sarie suffer so bietjie om aan daardie bittergal te sluk. Sy is mos maar van die ou skool wat nie die reënboognasieding so lekker kop nie.

    Sy weet nie oor die kleinkindstorie nie…. waar gaan hulle inpas? Sien, hulle gaan tog kleurlingetjies wees, want maak nie saak hoeveel melk in die koffie ingaan nie, dit bly koffie…. dit kan nie melk word nie.

    As mens nou so kyk na die foto’s van die dogter en haar dinge, dan sien mens die dogter is die enigste “whitey” tussen al die “colourds” en dit is sy wat soos ‘n seer vinger uitstaan. Maar sy reken sy is baie gelukkig, al is hulle bietjie “loud”.

    Ek dink die potensiële ouma voel sommer al byvoorbaat so bietjie uit want haar potensiële kleinkinders gaan mos meer by die kleurling pa-ouma inpas as by die wit ma-ouma.

    Hulle eet vis vir Paasfees en dra amperse trourokke vir ‘n 21st. Hulle het ook maar anderse kultuurdinge, tradisies en gewoontes…. nie onoorbrugbaar nie, maar tog vir die wit ouma volksvreemd.

    Ou Sarie suffer seg ek. Haar skouers hang en sy sug sulke laaang sugge. Haar dogter was nie ‘n wilde loot nie; die ding het soos ‘n dief in die nag gekom…

  • 3. Salomè  |  Junie 21, 2008 om 1 : 09

    Hallo Almal
    Hi sjame, julle het seker gevrek van die honger en dors hiri week (of het die kroeg minister my ingestaan?)
    Wel ek is terug en sal sommer Maandag begin met Lemoenkoek.

    Rolling Stone
    Lanklaas gesien en ek is absoluut MAL oor jou gevreetjie

    Samantha
    Baie diep onderwerp en baie kante aan die saak. Ek voel ok jammer vir die kinders van gemengde liefde. Man as jy vir die ander kleur as jy lief is kan niemand jou stop nie, maar moet dan nie kinders hê nie.
    In my matriek jaar was daar ‘n meisie saam met my in die klas wat so ‘n donker kroeshaar broer gehad het. Nogal afrikaanse naam en al, maar dit was altyd hartseer om te sien hoe hulle hom wegsteek. Ek ken tot vandag toe nie die hele storie nie, maar kan onthou dat die tannies altyd gechie-chie het daaroor. Kan nie dink hoe daai arme seun moes voel nie.

  • 4. Salomè  |  Junie 21, 2008 om 1 : 14

    Samantha
    Hierdie familietjie sou arm gewees het sonder hul 50% Boeremeisie. Stroes Bob!!

  • 5. Adrie  |  Junie 21, 2008 om 7 : 43

    Salome

    En jy los nie eers ‘n Cremora Tert hier vir ons nie. Laat ons honger ly en maak nie eers daarvoor op nie.

  • 6. Adrie  |  Junie 21, 2008 om 7 : 47

    Baie Welkom Tannie Stienie

    Die grootste raaisel van die blog is: Ons is nie so erg soos ons klink nie of is ons erger as wat ons klink. Nie te min, hier is altyd sports.

  • 7. Salomè  |  Junie 21, 2008 om 8 : 46

    Adrie
    Ja, ja, baklei nou maar lekker. Ek het darem gesê ek sal Maandag vir julle Lemoenkoek bak. Tsk!! Is dit ok nou nie weer goed genoeg nie? Dit sal jou leer om my Beesstert uitnodigings te ignore . . .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: