Jy gedra jou soos ‘n man

Junie 18, 2008 at 4 : 38 93 Kommentaar

Almal weet teen die tyd dat ek nie ‘n poppie is nie.  Ek hou nie van handsakke nie, ek hou nie van skoene nie en ek hou veral nie van skoene met hakke nie.  Dit meng met my slaaptyd in as ek my hare moet blaas en so lank my naels skoon en netjies is, voel ek ‘n veer.  Ek grimeer my net wanneer ek moet en dra die minimum juwele.  Dieselfde juwele elke dag.  Ek kook, bak en brou nie, ek doen nie naaldwerk nie en ek haat dit om te shop.  Ek huil nie as dinge nie na my sin verloop nie en ek kan die basiese mantakies self doen.  Daarby lê ek nie my hele situasie aan almal uit met net een vraag nie. 

Dus die beskuldiging, jy gedra jou soos ‘n man.  Jy is net soos ‘n man.  Is ek?  Werklik?  Moet ek my kop laat lees en by ‘n plastiese chirurg aanmeld om die nodige te doen?  Is ek ‘n man wat in ‘n vroulike liggaam vasgevang is?

Nee, beslis nie.  Ek kan my glad nie as ‘n man voorstel nie.  Ek hou nie van sport nie en nog minder van bier.  Visvang en jag kry my so opgewonde as ‘n kind wat in die hoek moet sit.  Enjins en rpm is vir my Grieks en ek stel glad nie belang om hierdie Grieks te leer nie.  Ek spring nie rond van een kanaal na die ander nie en weet dat ek nie ‘n kakie monster is nie.  Ek kan luister en iets uit redeneer.  Ek bestuur ordentlik en dink glad nie dit is cool om ‘n kar te verinneweer nie.  Ek dink nie my hele bestaan sit in my broek nie.  Ek ken verskillende skakerings en ek lig nie die toilet sitplek nie.

Ek weet ek maak my nou skuldig aan growwe veralgemenings.  Net soos almal wat my en ander in ‘n boks wil druk.  Ek is my eie mens.  Met my eie goed wat ek geniet.  Ek hoef nie soos jy te wees om jou vriend of vriendin te wees nie.  Jy hoef my nie reg te kry.  Ek is reg, ek is gelukkig met myself.  As jy nie gelukkig is met my nie, dit is doodeenvoudig jou probleem.

Durf ons vandag nog mense op grond van geslag sekere eienskappe en karaktertrekke toedig?  Ek ken vrouens wat meer weet van rugby as van mans, wat beter jag en beter karre regmaak.  Ek ken mans wat sagter is as vroue, wat beter kos kan maak en wat brei.  Is daar vandag nog iets wat mans en vrou van mekaar differensieer, behalwe hulle organe en hormone? 

Hoe pas jy in jou hokkie?  Ek het myne lankal verbrand.

Blogvraag:  Wie het die gevleuelde woorde gespreek:  I love argument, I love debate. I don’t expect anyone just to sit there and agree with me, that’s not their job.

Blogantwoord:  Sam was reg met Nena.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

One Hit Wonders Slagspreuke

93 Kommentaar Add your own

  • 1. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 om 4 : 44

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 om 4 : 44

    Margaret Thatcher??

  • 3. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 4 : 50

    Ek gaan huis toe. Sien later.

    Sam

    Het jy gerecharge?

  • 4. Sonkind  |  Junie 18, 2008 om 5 : 39

    Adrie, kom ons stig ‘n klub – vrouens wat hulle soos mans gedra, maar nie mans wil wees nie. Vrouens wat nie bang is om standpunt in te neem nie, en wat soms mans afskrik omdat hulle nie pateties is nie. Ek join jou eerste in die klub!😈.

  • 5. Zee  |  Junie 18, 2008 om 6 : 06

    A hier is julle!

  • 6. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 om 6 : 50

    Adrie en Sonkind, daar val ek saam met julle in julle klub in. Ek is ‘n vrou, ek wil ‘n vrou wees en ek sal ‘n vrou wees, maar daai vroue-fieterjasies maak my mal. Dit mors tyd en dit mors my energie. Ek is wie ek is, wie ek wil wees en sekerlik wie ek sal wees tot ek die dag my koppie neerlê en netjies armpies gevou in my kissie weggepak word….

  • 7. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 7 : 47

    Sonkind en Pik

    Dit s ‘n plan. 👿

  • 8. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 8 : 38

    Ga julle ok net 1 tiet hê?:mrgreen:

  • 9. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 om 8 : 47

    Nee Sam, ons is nie Amasone nie, ons is net nie vol tierlantynties nie… 😆 😆

  • 10. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 8 : 53

    He he! Dis nou vi jou ‘n ding! Eks ‘n poppie wat spênner swaai! Whuhahahaha!

  • 11. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 om 8 : 58

    Mooi skoot Sam….. Terwyl jy nou lekker jou spênner swaai gaan ek bietjie slaap. Hoop jy het ook ‘n beter een….
    Nag Adriana…. Droom maar van …… weetiewatie…

  • 12. Roer  |  Junie 18, 2008 om 9 : 27

    Naand. Enige iemand tuis? Amper te bang om te vra, want Adriana klink ‘n bietjie kwaai vandag…

  • 13. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 27

    Pik… Ga jy so vroeg slaap? Ek hoop jyt darem onthou om die teerpad op te rol.

  • 14. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 29

    Net so bai de way… Wat het van Saloom geword?

  • 15. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 31

    Naand Roer

  • 16. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 33

    3ling… Jy ka ma uit die hoek uit

  • 17. Roer  |  Junie 18, 2008 om 9 : 34

    Naand Sam

  • 18. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 36

    Sam

    Wat het jou ooit al laat dink dat jy ‘n poppie is? Ek in die hoek? Huh?

    Hallo Roer

  • 19. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 38

    Roer

    Ek? Kwaai? Wat jy waar kry?

    Ek was nog nie ‘n dag in my lewe kwaai nie.

  • 20. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 38

    Almal hardloop altyd weg as ek op my blog klim. 😦

  • 21. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 39

    Ek was nou net da op Son se blog. Ai jai jai

  • 22. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 40

    Volgende week gaan ek met my tone speel en die blog gaan seker deur die dak vlieg. Julle gaan die 100 000 merk verbysteek. Of daar gaan net 10 besoeke wees.

  • 23. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 40

    Drieling

    Van die kinders? Dit is fokken sad. Wie het die bliksems gedink is hulle?

  • 24. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 41

    3ling! Ek is ‘n poppie! Gmpf! Vra vi ouma Wip

  • 25. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 41

    Sam

    Wil jy nie terwyl ek op verlof is my huisbesoek lys bou nie?

  • 26. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 43

    Ek sou seke laaankal iemand gebliksem het as ek 1 van daai kjinders was👿

  • 27. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 43

    Sam

    As jy ‘n poppie is, wat is ek?

    Ek het nogal gedink jy is die co-chairperson van die klub? Buitendien weet ek en jy as daar borste afgesny word wie se bors word heel eerste afgesny. Nie myne nie.

  • 28. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 44

    Waarheen het Tannie Roer nou weer geskoert? Ek sweer sy is bang vir ons.

  • 29. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 45

    Ek laaik van huisbesoek. Ma party van die blogs lees nie lekka oppi sel nie

  • 30. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 46

    Sam

    As ek ‘n kind by die Christian Brothers was, het ek die dak bokant hulle koppe afgebrand. Met al die pedogrilletjies binne.

  • 31. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 46

    Jy van Tannie Roer se spinning instruktrise gelees?

  • 32. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 47

    My naam is hettie. HETTIE 4kin tiete nie! Hêppie?

  • 33. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 48

    waar is adrie 👿 jy gaan kak

  • 34. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 49

    en jy weet hoekom

  • 35. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 49

    hello Sam Ouma se oulike dogtertjie

  • 36. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 49

    Roer! Roer jou se gat of jy ga Roes wees

  • 37. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 49

    )(&&^&%%^&$%^#^&iu4

  • 38. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 50

    Ouma!

  • 39. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 51

    Nou vi wat vloek ouma so!?😯

  • 40. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 51

    Hello Sam, ek kan daardie klein merrie nie een minuut alleen los nie, dan is sy besig met my….. Adrie ek gaan jou wurg!!!!👿

  • 41. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 51

    Ouma Wipneus!!!!!!!

    Mwah!!!

    Tannie Roer het uitgepass.

    Roer, jy beter hardloop – ek is oppad Kaaptoe.

    Sam

    Daar is darem genoeg om af te sny.

  • 42. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 51

    Ek gaan Adrie se dun nekkie van haar kop af pluk!!!

  • 43. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 52

    Ouma Wipneus ?????? jou klein vervlakse snip….. 👿

  • 44. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 53

    Sam

    Ook maar goed ons het besluit daar is more nog ‘n blog. Skryf dit voordat jy buite verkluim. Die blog gaan vol raak.

    Ouma

    Hoekom vloek jy so? Toemaar, volgende week le ek die heel tyd laag.

  • 45. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 53

    Jy beter laag lê ek gaan jou kry…… jy weet hoekom!!! nê????????

  • 46. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 53

    Drieling

    Hoor jy ook ‘n geraas vaagweg wat amper soos ‘n gekerm klink?

    TANNIE ZEE??????????

  • 47. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 54

    A3… Huh? Wie wat wa afsny!? Ek tik en lees met 1 blêrrie oog

  • 48. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 54

    Wipneus

    Het jy vergeet om jou pille te drink? Ek het geen idee waarvan jy praat nie.

  • 49. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 55

    Drieling

    Daar is net so ‘n aura van vyandigheid om my. Ek dink ek moet emigreer.

    Wip

    Vertel my wat gaan aan?

  • 50. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 56

    Wip

    Gaan lees die post. Ek is amper ‘n man. Ek vang nie skimpe nie.

  • 51. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 9 : 56

    En da begin my battery tjank! Tsk! Net toe ouma vi A3 beginte moer!

  • 52. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 57

    Dankie tog, nou kan niemand sien hoe ek ‘n ouvrou terug moer nie.

  • 53. Wipneus!  |  Junie 18, 2008 om 9 : 58

    Adrie jy weet presies waarvan ek praat

  • 54. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 9 : 59

    Nee, ek dink jy het uit groen dakkies ontsnap. Spel dit uit.

  • 55. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 10 : 00

    Adriana! Gedra vi jou. Mens slaan nie aan oumense nie! Aan mnr Bos maar NIE aan oumense nie!

  • 56. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 02

    Sam

    En mal ou mense? Ek bliksem wie ook al skeef na my kyk.

  • 57. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 02

    Die beste is daar is so baie op my gewete, ek het geen idee waarna die kranksinnig mens verwys nie.

  • 58. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 03

    Iemand tel net as oud as hulle 70 of ouer is

  • 59. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 10 : 04

    Ai tog! Ek ga seke nie sêns in jou se dik kop kry nie. Moer ma v ouma Wip en get it over and done with

  • 60. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 07

    He He He

    Drieling, die ou ding is weg. Bang geword.

  • 61. SAM Q  |  Junie 18, 2008 om 10 : 08

    Nag julle. My foon willi saam speeli

  • 62. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 10

    Nag Drieling

    Los my alleen met ‘n aggressiewe ou mens. As ek more pimpel en pers is, is dit jou skuld.

  • 63. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 14

    Wip

    Ek begin nou hier koud kry. Jy beter vinnig praat.

  • 64. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 28

    Ek gaan die lig afsit.

  • 65. Adrie  |  Junie 18, 2008 om 10 : 29

    Going, going – gone.

  • 66. Jo-Ann Schou  |  Junie 18, 2008 om 10 : 41

    Ek is vrou sonder fieterjasies. Ek het net die juwele wat ek elke dag dra en het gevra dat ek niks meer wil hê nie. Ek is kapabel en verloor die juweleboksie saam met die ekstras. Het al juwele verloor.

    Ek kook omdat ek moet en werk alle planne uit om dit so moeiteloos moontlik met die absolute minimum skottelgoed te doen. Rooi patat in foelie gebak is heerlik!

    In die naaldwerk area is dit knope en some en ‘n gordyn of twee en vandat ek karpale tonnel loslatings gehad het, het brei ook afgeskuif van die lysie af. Ek het smart truie met baie kabels en goed gebrei op ‘n stadium. Ek en my oom het met mekaar gekompeteer. Hy het egter ook visgevang en het bok vir die pot geskiet.

    Ek dink dat in ons moderne lewe het die grense begin vervaag en het ons die vryheid om te wees waarmee ons gemaklik voel. As iemand jou in ‘n boksie probeer druk, is daardie persoon miskien bietjie uit die oude doos. Dit gaan nog ‘n generasie of twee vat om dit te verander.

    Troos jou daaraan dat ons vroue spesie so paar dekades terug nie ons enkels in die openbaar kon vertoon nie. Viva die 21ste eeu…

  • 67. Jo-Ann Schou  |  Junie 18, 2008 om 10 : 42

    Jy is te vinnig vir my lang stories… lekker slaap!

  • 68. Wipneus  |  Junie 18, 2008 om 11 : 50

    Ek is baie lief vir shopping, dis my gunsteling tydverdryf, as ek tyd kry. Ek is mal oor skoene en handsakke. Ek is versot op juwele en parfuum !! Ek doen my naels en haartjies en visit die doggy parlour.
    Maar ek het ook ‘n wilde kant – ek werk in die tuin, speel met klei (pottebakkery) ek doen materiaalverf en loodglas werk, snoei al my bonsai’s self. Ek hou van bak en brou en onthaal (as ek lus is) Daar bestaan nie regtig meer iets soos man-dinge en vroue-dinge nie. Ons lewe in ‘n verligte eeu.

    My beste seuns “friend” 😉 kan my byvoorbeeld onder die tafel in shop.

    Daar is nie ‘n boksie waarin ek sal kan pas nie.

    Ek stem saam Jo-Ann boksies is so laas jaar!!! Viva die 21ste eeu! 😆

    Gesels môre as ons vroeg klaar kry!!

  • 69. Zoekoe  |  Junie 19, 2008 om 7 : 24

    Hallo Mense !!! 😀

  • 70. Zoekoe  |  Junie 19, 2008 om 7 : 28

    Ek gaan seker gemoer raak, maar ek voel, mans en vroue is verskillend gemaak vir ‘n rede. Hoekom wil mense altyd sê ons is dieselfde? fok celebrate die verskille en hou op om te kompeteer met mekaar !! anders sou die mens soos slakke gewees het, net eek seks !

  • 71. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 7 : 57

    More Almal

  • 72. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 8 : 01

    Zoekoe

    Ek stem saam met jou, mans en vroue is verskillend. Ek wil net nie in ‘n boks gedruk word waarin poppies is nie. As jy my post lees, sal jy sien ek doen ook nie tipiese mansgoed nie. Net soos wat jy nie van sport hou nie al is jy ‘n man.

  • 73. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 8 : 04

    Of beter gestel. Almal kan en mag doen wat hulle wil, ongeag of hulle sit of staan.

  • 74. Samantha Q  |  Junie 19, 2008 om 9 : 07

    *fluister* more maaikies.

  • 75. Samantha Q  |  Junie 19, 2008 om 9 : 08

    *fluister* ek fluister oorlat ek nie die maaikies wil wakker maak nie…….

  • 76. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 12

    SAM

    DIE SON TREK AL WATER. HULLE KAN GERUS HULLE GATTE LIG.

  • 77. Samantha Q  |  Junie 19, 2008 om 9 : 14

    (((((((((( OPSTAAN MAAIKIES!!!!!!!!!! ))))))))))

  • 78. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 14

    Sam

    Ek het ‘n emmer, het jy yswater?

  • 79. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 22

    Sam

    Jy het tot vanaand.

  • 80. Verons  |  Junie 19, 2008 om 9 : 40

    More! More!!
    Net voor ek ‘n emmer yswater kry!! Dis te flippen koud!!
    Het net so bietjie gerooflees oral!!!

  • 81. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 42

    More Ma

    Fris en vars vanoggend?

  • 82. Samantha Q  |  Junie 19, 2008 om 9 : 52

    MMMAAA!!!!!!!!!!!!!

  • 83. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 54

    Ma het net gegroet en is weg vir die dag.

  • 84. Nats  |  Junie 19, 2008 om 9 : 55

    Hello hello!!!

  • 85. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 9 : 57

    TWEELING

    Ek het amper gedog jy is ontvoer.

  • 86. Samantha Q  |  Junie 19, 2008 om 9 : 58

    MY 3LING SE 2LING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 87. Pikkelik  |  Junie 19, 2008 om 10 : 13

    Julle is op die ou post… Alweer…. 😕

  • 88. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 10 : 15

    Pik

    Almal slaap.

  • 89. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 10 : 16

    Ek blameer Salome. As hier nou koffie was . . .

  • 90. Nats  |  Junie 19, 2008 om 10 : 46

    Net gou op Pik se blog gaan lees…

    Dis darem maar verskriklik dat so iets kon gebeur met daai kinders.

    Topic
    Ek is ‘n vrou, en doen nie altyd moeite met wat ek aan trek / hare / grimering ens ens nie… maar dit maak my nie minder vrou nie.

    Ek doen nooit regtig moeite met my hare nie!! Want die goed is so styl dit wil nooit in die rigting bly wat ek dit wil hê nie!!!

    Solank ‘n vrou altyd skoon en netjies (bedoelend hulle naels ens is skoon / versorg) is het ek geen probleme nie.

    ♀♀♀♀♀♀

  • 91. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 10 : 52

    Nats

    Pik of Sonkind?

  • 92. Nats  |  Junie 19, 2008 om 10 : 53

    Adrie
    Askies ek bedoel Son se blog…

    Lekker vas aan die slaap!

  • 93. Adrie  |  Junie 19, 2008 om 10 : 59

    Ai tog Tweeling

    Hier is nog van Juffrou Pik se koffie oor. Sluk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: