Skooldae

Junie 15, 2008 at 9 : 19 60 Kommentaar

Aangesien my drieling nostalies geraak het omtrent haar skool, mag ek vandag seker van my skole vertel.

Ek was in een laerskool, vernoem na die dorp, en een hoërskool, vernoem na ‘n voortrekker leier.  Ironies genoeg het altwee skole dieselfde naam gehad.  Ek ken vandag nog my laer- en hoërskool lied.  Ek kry ‘n warm gevoel as ek aan my skole dink en ek kan regtig nie dink hoekom nie.  Ek was nie gewild op enige skool nie, tog het ek dit baie geniet.

Mense wat my al ontmoet het sal kan getuig dat ek snaaks praat, dit boonop nog teen die spoed van lig.  Almal wat my al ontmoet het, het gedink dat ek dom is.  Insluitende my ma, wat my geleer het om te lees en skryf voordat ek skool toe is.  Ek was dus baie verveeld die eerste drie jaar wat ek op skool was.  Hulle kon my niks geleer het wat ek nie reeds geweet het nie.  Veral my gr 2 juffrou het ‘n gly in my gehad, ek het gr 2 deurgeskuur.  In st 1 het ‘n juffrou potensiaal in my gesien en my gehelp om dit te ontgin.  Van daar af het ek nooit weer terug gekyk nie.  Was dit nie vir Juffrou D nie, was ek waarskynlik in st 8 swanger en nooit skool voltooi nie.  Sy was die eerste mens wat in my geglo het.  (Nota aan self:  Neem vir Juf D persoonlik ‘n ruiker).

Op laerskool was ek ‘n redelik maklike kind.  Ek het gedoen wat van my verwag is, in die tyd het ek altyd my huiswerk gedoen en het graag gehelp waar ek kon.  Ek het in die tyd akademies begin presteer.  Dus het die onderwysers my uitgelos.  Na hulle mening het ek hopeloos te veel gepraat, maar ek kon daarmee wegkom.   My ma het my na die eerste kwartaal in st 2 uitgelos, mits ek bokant 80% gekry het.  Ek het van gr1 tot gr 12 nooit my mond vir ‘n onderwyser gehou nie, veral wanneer hulle bog gepraat het.

Op hoërskool was ek passief rebels.  Gelukkig het dit min mense gepla, aangesien ek goed gedoen het, redelik my samewerking gegee het en min uitgevang is.  In st 6 & 7 het ek dieselfde patroon as op laerskool voortgesit.  In st 8 het ek genoeg selfvertroue gekry om meer die grense te toets.  Ek het net in 2 vakke huiswerk gedoen – die 2 vakke waar die onderwysers seker gemaak het dit is gedoen.  So het ek rekeningkunde in biologie gedoen en wiskunde in rekeningkunde.  Ek het min gevoel vir tale, juis omdat die onderwysers self nie vir hulle vakke lief was nie.  Ek het teen die einde van st 8 die skoolgim bestuur en was goed bevriend met die skoolhoof (waarnemend op die stadium).  Ek het geweier om aan enige sport of buitemuurse aktiwiteite deel te neem.  Ek was ook nie by een interskole byeenkoms gewees nie.

Ek is in st 9 koshuis toe, nadat my ma’le verhuis het.  Dit is hier waar baie van die skille van my oë begin val het.  Ek het agter gekom mense is nie wat hulle voorgee om te wees nie.  Ek en een van die onderwysers het ‘n ooreenkoms gehad.  Ek het haar gehelp om vraestelle te merk en sy het my biologie sketse geteken.  In die tyd het ek ook baie met die onderwysers se (kleuter) kinders betrokke geword.

Ek het ook dikwels kattekwaad aangejaag.  Ek het in die koshuis die een onderwyseres gereeld uit haar woonstel gesluit.  Ek het op ‘n ander keer ‘n onderwyseres in haar klas toe gesluit.  Ek was ook goed daarmee om goed weg te steek.  Gelukkig het die onderwysers dikwels daaroor gelag.

Ek was altyd onder die Top 10, maar het nie regtig verder opslae gemaak nie.  Ek was nooit klaskaptein of prefek nie, maar was tog een van die leiers.  Ek was op my eie mission, wat die skool ook nogal gepas het.  Ek het wel ‘n uitsonderlike prestasie op skool behaal.  Ek was in 12 jaar nie eendag afwesig nie.

Hoe was julle op skool?  Deel so bietjie van julle skoolervaringe.

Blogvraag:  Wie was Mary in “The aventures of Tom Sawyer”?

Blogantwoord:  Sam was reg met Arachnidae.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Kruipende Gevaar Die Seerower Koningin

60 Kommentaar Add your own

  • 1. Nico  |  Junie 15, 2008 om 9 : 34

    /me het sopas uitgefigure “where you call home”…

    Ek was boring op skool… as ek dit nou weer kon doen, sou ek meer stout wees/minder van ‘n goodie-two-shoes/ nie so hard probeer dat mense van my hou sodat ek eendag op die leerlingraad kan kom nie. En ek sou harder werk.

    Hel, ek het nooit eers ‘n dag geslip nie! Maar ek het een keer vroeg geloop…😉 al was dit in die eksamen en ons het nie geskryf nie. Ai, skool was anders daai jare. *sug*

  • 2. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 9 : 36

    Nico

    Mail my dat ek kan sien of jy reg is met die skool.

    Ek was redelik aan myself getrou, ek glo nie ek sal een ding verander as ek nou weer moet terug gaan nie.

  • 3. Nico  |  Junie 15, 2008 om 9 : 47

    Ek dink ek weet nou wie is die Sondagaand Blogspook Brigade…

  • 4. Sonkind  |  Junie 15, 2008 om 10 : 17

    Ek was in een laerskool en twee hoërskole. Ek het aan geen kliek behoort nie, maar was welkom in al die klieks. Ek het almal se geheime geken en bewaar – later jare het ‘n vriend my eendag vertel dis omdat ek so ‘n goeie luisteraar was. Min het hy geweet ek het die kuns om te maak of ek luister, terwyl ek in my kop elders kuier, al des jare vervolmaak.😈

    Ek het alles wat die onderwysers gesê het, bevraagteken en my Geskiedenis onderwyser het eendag gesê ek maak hom moeg. Maar ek het goed gedoen op skool en kon dus met meer as die normale wegkom.

    Tale was my sterkpunt en in matriek het ek onderskeidings gehad in my tale. My Afrikaanse meneer het gesê ek moet boeke skryf. Wel, ek het nou nog nie vir hom geluister nie😉

    My matriekjaar sal ek enige dag oordoen – dit was een van die lekkerste jare van my lewe.

  • 5. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 10 : 54

    My skoolhoof is vies omdat ek nie onderwys geswot het nie. Duidelik het hy op sy kop geval.

    My een Rek juffrou is weer vies omdat ek nie B.Com geswot het nie. Sy het nog gedink sy haal my uit oor my kursus, toe haal ek haar uit oor haar swangerskap.

    Die juffrou wat ek gereeld uit haar woonstel uitgesluit het is vies want ek het nie by RAU geswot het nie.

  • 6. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 10 : 57

    My een Afrikaanse Juffrou het my in st 3 na ‘n spraakterapeut verwys, sonder my ma se toestemming. Ek en die juffrou het nie juis van mekaar gehou nie en ek het besluit haar moer. Daar is niks fout met my nie. Ek het die terapeut gebullshit, wat dalk nie ‘n goeie idee was nie. Niemand het my ooit gese wat haar bevinding was nie.

  • 7. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 11 : 38

    Genade, ek weet nou hoekom Sam ‘n halfuur lank voor haar ou skool kon staan en droom.

    Ek was skytbang vir my LO Juffrou in st 6. Sy was ‘n absolute bitch. Sy het my neef eendag reg bo-oor ‘n laboratorium bank geklap. In st 8 het ek haar beter geken, geweet wanneer om kanse te neem en het sy tot vandag een van my gunsteling bitches en onderwysers geword.

    Ons was eendag besig met reaksies toe die een reaksie nie om die dood wou werk nie. Ons was van ‘n kant af deur haar uitgevreet, want sy dog ons het die goed gemeng. Later ontdek sy dat die sout wat sy ons gegee het jodium bevat. Dus haar skuld. Ons het op ‘n verskoning aangedring . . . en dit gekry.

    Dieselfde juffrou het ons eendag raad gegee dat as ons regtig goed wil doen, sal ons die bladsy uit ons handboek leer. Wat ons nie gedoen het nie. Die volgende dag kry ons ‘n verrassings klastoets, wat almal druip en word goed uitgetrap daaroor. ‘n Paar dae later was sy weer uit haar bui en kon ons met haar praat. Ons stel ons saak baie duidelik en sy stel haar saak dat sy vir ons onvoorbereide toetse mag gee. Natuurlik kan ons nie daaroor stry nie, maar “Juffrou mag nie met ons raas daaroor nie.” Haar antwoord: “Ek was net lus om julle uit te vreet.”

    Ek sal eerder nie verder oor haar skinder nie, ingeval iemand hier lees wat haar ken.

    Ons het by die skoolhoof in 9 & 10 skeinat gehad. In st 9 was klasse gestaak dat die polisie na dwelms kan soek. Ons is in sy klas, maar gou verveeld. Wanneer ons op die tafels gestaan het, kon ons sien waar hulle rond soek. Die volgende oomblik stap hy en ‘n paar polisielede by die klas in. Waar ons almal op die tafels staan.

    Met dieselfde onderwyser het ons in matriek ‘n klastoets geskryf oor koolstof verbindings. Natuurlik weer niks geleer nie. Hy was laat en teen die tyd was ons plan van aksie reg. Die hele klas het volpunte gekry. Hy was baie beindruk met ons. Kort voor die einde van die preiode het hy die kripnota wat bokant die bord vasgeplak is gekry. Hy het net gese: Julle blikskottels! Dit afgehaal en dit was die einde van die storie.

    Op ons laaste skooldag het ons hom in die swembad gegooi. Hy het uitgeklim en sy das reggetrek. Daarna het hy al die matriekseuns opgespoor en pak gekry. Ons was die dag met 2de pouse van die skool weggejaag. Net nadat hy gehoor het (en aangekondig het) dat hy die nuwe skoolhoof was. Ons was baie bly vir sy part, hy was immers klaar gedoop ook.

  • 8. Nico  |  Junie 16, 2008 om 6 : 25

    Ek lees nou net wat A3 & Sonkind sê van onnies bevraagteken. Mens kry onderwysers en mens kry onderwysers, en ek is mal daaroor as ‘n kind my bevraagteken, mits dit op ‘n ordentlike manier is. Dit hou my op my tone.

    Dit laat my egter ook dink aan ‘n baie, baie oulike meisiekind wat saam met my op skool was, wat ook, in st. 6 al, in die einste K. 80 wat so spook, die geskiedenis meneer ge-corner het omdat sy nie saamgestem het met wat hy hulle probeer leer het nie. Ek was nie in dieselfde klasgroep as sy nie, so ek was nie daar om te sien wat gebeur het nie.

    Ek het altyd gewonder hoekom die meisiekind nie hoofmeisie geword het toe ons in matriek was nie en dis ‘n ding wat my jare lank gepla het. Tot ek self ook ‘n onderwyser geword het en by van my oud-onderwysers wat toe skielik my kollega’s was, moes verneem dat daar regtig mense is wat so kleinlik is soos om iets wat jare gelede gebeur het, op te haal en te gebruik om iemand te benadeel omdat hulle kan. En ongelukkig is daar baie sulke onnies…

  • 9. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 7 : 40

    EERSTE!

  • 10. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 7 : 41

    Mary was sy niggie.

  • 11. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 7 : 44

    Mark Twain mag maar hoor! Die boek is so goed dat ek nou nog koue rillings kry as ek dink aan tannie Polly!

  • 12. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 11

    Ai tog…. Die goeie ou dae! Ek was 1 vanni stoutgatste kjinders op skool. Eintlik was ek ‘n model kjind tot ek 16 was. Die laaste 2 jaar van my skool loopbaan was enige onnie se nagmêrrie. Ek was meer inni kak as nie. Die klieks het my altyd probeer omkoop om deel te word van hulle kliek. Ek was natuurlik die “James Dean, rebbel without a cause” tipe. Ek het die omkopery nogal geniet. 95% van die girls se ouers was skatryk en kon dit bekostig om hul kjinners meer sakgeld te gee as wat my pa se salaris was.

  • 13. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 22

    Destyds het my ma’le besluit om ons in privaat skole te sit omdat daar nie oordentlike skole vi nie-blankes was nie. Picture my met ‘n hele klompie nonne. Shame…. Die arme pikkewyne het nooit ‘n kans gestaan nie. Ons het natuurlik ‘n paar gewone onnies ook gehad. Miss Christie was my all time fav juffie. Sy was my LO juf en sy het regdeur my gesien. Ek wonder wat van ha geword het…

  • 14. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 31

    Ek was verlede jaar na ‘n funksie genooi van 1 vanni klieks. Daar was ‘n prokurower, ‘n GP, ‘n droklap en ‘n besigheids vrou. Ek kan nie die res onthou nie. Wat ‘n aand! Die klomp het mekaar probeer impress met hul geld en ek het net stilletjies in my hoek gesit en smile. O ja… 1 van hulle was Tumi wat die nuus gelees het op ‘n stadium en toe na cnn toe was.

  • 15. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 37

    Edith Banda! Ek het van ha gehou omdat sy nie bang was vi my nie en altyd by my kom sit het as ek bq al1 wou wees. Sy het ‘n bodygaurd gehad en dit was pis cool om saam met ha na ‘n winkel sentrum toe te gaan. Sy was die Malawi president se dogter. Blou-swart maar baie dierbaar. Ek wonder ook nou wat van ha geword het.

  • 16. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 42

    Onthou julle nog Jacquilines (spelling?) nagklub? Aai jai jai. Die 1 girl se ouer sus se klub. Dis wa ek Patricia plastic Lewis ontmoet het. Sy is Verushka se niggie. Selfs daai jare het plastic my tot in my klein toontjie geirreteer. Bitch!

  • 17. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 48

    1 van die stoutste dinge wat ek aangevang het was om ‘n stoutgat laaitie van ons broer skool CBC te kry om ons hoof te bel en te sê daas ‘n bom. Net sodat ek nie hoef toets te skryf nie. Sister Margarite draai 10 duisend keer in ha graf om as sy hoor dit was EK!😈

  • 18. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 51

    Ek was amper geskors toe ek in std 9 ons bus ge hi-jill het. Moenie vra nie.

  • 19. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 8 : 55

    Ek wens ek kon wee trug gaan skool toe. Hieriekeer sal ek actualy leer EN soet wees.

  • 20. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 22

    More More

    Ek wil ook terug skool toe, maar ek wil binne 2 weke geskors word.

    Nico

    Mag ek so vir 2 weke na jou skool kom?

  • 21. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 23

    Drieling!!!

    Vertel nou die bus storie, my vy!!!

  • 22. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 26

    Die laatste onderwyser wat aan my geslaan het, het met haar lewe geboet. 👿

    Dit was juis onwettig.

    In st 6 het ons nie minder as 4 Afrikaanse onderwyseresse gehad nie. Die eerste een het ‘n week gehou. Die tweede een so 6 weke en sy was desperaat vir die pos. Sy kon dit nie ‘n dag langer by ons uithou nie. (My suster het haar ‘n jaar later gekry en was mal oor haar. Die vrou kon net nie met ouer kinders werk nie, maar is eindlik dierbaar). Toe gaan kry die hoof ons iemand uit die hel. 👿 Eish!!!!!!!!

  • 23. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 9 : 42

    He he! Die bus….. Eish! Was ek nou vi jou diep inni kak! Alles net sodat ek nie hoef toets te skryf nie😈

  • 24. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 9 : 52

    Ek was so stout dat 1 van die nonne my al pak gegee het. Eish! Nonne glo mossi dat ‘n kjind moet pak kry nie.

  • 25. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 52

    Ek was in my lewe vir so 4 onderwysers bang. Meestal oor stories wat nie met feite bederf was nie. Glo my, al 4 van hulle het oor my padjie gekom.

    Eerste een was my Afr onnie in st 5. Ons was vertel hoe sy seuns aan hulle enkels rondgeswaai het. Ek glo vandag darem nie dat dit waar is nie. Ek was nie ‘n week in haar klas nie, toe sit ek en sy vas. Daar het alle vrees verdwyn wat ek ooit vir haar gehad het. Ons het vir die res van die jaar vasgesit. Sy het geglo karate is uit die bose en ons gaan almal eendag daaroor hel toe. Ek dink vandag sy wou ons net uit lok. Ek het in matriek karate gelos en sy het my probeer ompraat om voort te gaan. Ek en sy het mekaar nogal goed verstaan. Natuurlik ook een van my gunstelinge.

    Nr 2, Die Wiskunde onnie in die hoErskool. ‘n Reputasie 10 keer haar gewig en sy het daardie reputasie verdien. Streng, maar regverdig en dierbaar. My eerste dag in st 6 wou sy weet wie van my familie is ook in die skool. Een van my vriendinne voor my het haar suster genoem en die juf se reaksie was: Ag liewe vader, net nie nog een nie. Ek het besluit om nie ‘n woord oor my niggie te se nie, sy het goed aangejaag. Binne ‘n dag was ek nie meer bang vir haar nie. Die beste onderwyser nog.

    Ons Afrikaanse onnie uit hel, was ek ook bang voor jare voordat ek haar ontmoet het. Die het blykbaar kinders links en regs deur die gesig geklap. Ek het al in st 3 by my ma toestemming gekry om haar terug te klap. Sy was kwaai, ons het regtig van haar klas as die hel gepraat. Maar sy het nooit aan enige kind geraak nie. Sy het gereeld kom aflos by die skool, die eerste 2 weke kon jy nie waag om asem te haal nie, maar dit was omdat sy ‘n softie is. Daarna kon jy met haar ploeg, maar dan onthou jy daardie 2 weke. Ek het nogal van haar ook gehou.

    Dan my liewe LO onnie. Sy was regtig ‘n heks in st 6. Die eerste LO preiode het sy ons name gevra en dit onthou. Ek en sy het binne die eerste week hard koppe gestamp. Dit het egter geeindig met: “Solank ek agter die lessenaar sit en jy agter daardie lessenaar, sal jy maak soos ek se.” Gegil met oe wat geamuseerd was. Die jaar later het sy my neef geklap. Ek het eers in st 8 met haar begin vriende maak. Ek sal graag wil weet wat sy van my gedink het. In die tyd mag niemand aan my geraak het nie. Nie eers my ma nie, maar veral nie ‘n onderwyser nie. En die vroumens was vatterig, veral as sy van jou gehou het. Ek was daagliks in haar klas en was na die eerste toets heelvoor in die klas. As sy jou boek geteken het, of jy haar iets gevra het, het sy dikwels haar arm om jou gesit. Ken sy Adriana Magrieta Swanepoel. Ek het haar arm gerus afgehaal. Dit het gewoonlik mense afgesit, maar nie vir haar nie. Sy het aangehou tot ek dit daar gelos het. Ongelukkig het sy die einde van ons st 8 jaar gewaai, maar ons het haar nog gereeld gesien daarna.

  • 26. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 54

    Sam

    Net in die skool waar jy was, of self in SA. Daar was al baie skandale oor nonne wat te erg pak gegee het.

    Die bus stories.

  • 27. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 57

    In st 9 het een van die onderwysers homself amper maan toe gepos met fosfor. Derdegraadse brandwonde aan sy gesig. Een moerse ontploffing gewees, ek sal dit nooit vergeet nie. Ek was in die Engelse klas besig met ‘n gedig oor oorlog. Hy het gesien iets gaan verkeerd en homself oor die eksperiment gegooi om die kinders te beskerm. Daardie middag toe die hoof gebid het, wou sy stem gereeld breek.

  • 28. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 9 : 58

    Ek moet se, my sinisme oor onderwysers sluit gerieflikheidshalwe die uit wat vir my skool gegee het.

  • 29. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 9 : 59

    Ek ga NIE die bus storie op ‘n openbare blog vertel nie!👿

  • 30. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 01

    Sam

    Vertel, dan erase ek dit weer. Dit is net ouma wat rooflees.

  • 31. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 10 : 02

    COOL! Waas daai onnie wat gebrand het? Ek sal hom graag met die hand wil groet.

  • 32. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 03

    Nee, hel, ek moet weer by my ou skole uitkom.

  • 33. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 10 : 04

    Nee! Ek sal jou more vertel.

  • 34. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 04

    Sam

    Seker nog in dieselfde klas. Ironies genoeg is hy getroud met die LO onnie waarvan ek hulle vertel het. Hy het darem nie lelike letsels oorgehou daarvan nie.

  • 35. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 05

    Belowe??? En neem aan more aand? Het jy al die kakkerlakke?

  • 36. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 08

    Sam

    Noudat ek daaraan dink . . . hy was in st 8 en st 9 my register onderwyser. He He He. Hy het eenkeer my vriendin uitgetrap omdat sy nie sy register ingevul het nie. Sy het nie geweet hoe nie. Sy het begin huil en is met die register en al by die klas uit. Sy het hom mooi vertel wat hy met sy coke en tjoklit kon doen waarmee hy wou troos. Raai in wie loop sy vas soos sy die klas verlaat? Sy vrou!!! Wat nie gedink het hy is baie snaaks nie.

  • 37. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 11

    Hy het die gewoonte gehad om al die kinders op hulle vanne aan te spreek. Seuns en meisies. Tog het hy altyd my naam gebruik, ek dink nie dat hy my ooit op my van genoem het nie. My vriendin ook nie.

  • 38. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 16

    Het onderwysers nog byname???

    Die spesifieke onderwyser se bynaam was Boertjie. Sy vrou het ‘n paar gehad, maar Roertjie het nogal orals op geduik. Daar was ook ‘n Plankie, Sop-oog (en jy kon hom in sy gesig Sopoog noem), Soepel, Sonskyn (sy was baie nors), Seekoei, Jakes, Berrie ens. Ek kan nie meer almal onthou nie. Die een laerskool onnie was Puttulippe genoem, maar voor my tyd.

  • 39. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 17

    Amper vergeet ek Zibi. Die vrou het Afrikaans gegee, maar was op haar eie mission. Sy het ons woordeskat goed uitgebrei, met ‘n paar treffers soos bekotsingswaardig. Ek het al ‘n paar interessante stories van haar gehoor na skool

  • 40. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 10 : 18

    Shit!!!! Ek moet ry! Voordat ek julle verder met my skoolstories verveel.

  • 41. Pikkelik  |  Junie 16, 2008 om 11 : 57

    Ek het niks van skool gehou nie. Ek was te bleeksielig en nie ryk genoeg om ‘in’ te wees nie… sies, ek wil nie eers daaraan dink nie!

  • 42. rosalindfranklin  |  Junie 16, 2008 om 12 : 18

    Ek het skool verpes. Niks daarvan gehou nie.

    Ek het nie geweet jy is een van ‘n drieling nie!

  • 43. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 12 : 47

    Pik…. Wens jy nie jy kan trug gaan en almal wys dat geld nie alles is nie? Ek wil trug gaan om te wys dat ek deur die skool kan gaan sonder om stout te wees😉

  • 44. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 12 : 52

    Rosalind….. Aangename kennis. Eks die stout 3ling wat A3 van praat. Kan nou nog nie glo ons is ‘n 3ling nie. Ons is baie dieselfde maar soms verskil ons so dat die mense ons letterlik aangaap as hulle hoor ons is ‘n 3ling. Jy moet ons ander 3ling beleef. Sys die flashy een met die oorsee se trips ens. Gelukkig hoef sy ha nie te skaam vi ons nie:mrgreen:

  • 45. rosalindfranklin  |  Junie 16, 2008 om 2 : 19

    Hi, is julle susters of net vriendinne? Of is daar ‘n broer ook?

    Ek dink A3 is die reguit, kwaai een. Maar reguit is fine met my🙂

  • 46. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 2 : 28

    Rosalind…. Wag tot jy ons leer ken. Eks baie meer kwaai as my 3ling😈

  • 47. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 2 : 30

    Of eerder meer moerig…..

  • 48. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 2 : 53

    Mind you…. Ek was ‘n baie sieklike kjind toe ek net skool begin loop het. Ek het selfs ‘n bril gedra. Elke dag was pik op Sam dag tot ek in graad 2 besluit het genoeg is genoeg. Die laaste kjind wat my 4 eyes genoem het se naam was Ferdinand. Ek het die kak uit hom gebliksem. In ‘n mate was dit vir al die kere wat ek op gepik was. En glo my…. Ek het die lewende kak uit hom gemoer. Hy was nou wel nie die grootste boelie nie maar die boodskap was baie duidelik. Jy soek kak met Sam en jy word in ‘n ander dimensie in gebliksem. Van toe af was ALLES reg gebliksem! My eie kjinders het my wee sag genoeg gemaak om wee ‘normaal’ te wees. Ek wonder wat van ou Ferdinand geword het….

  • 49. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 3 : 41

    Ek baby sit. Gmpf! 6 4kin kjinders! My kjinders hou hulself besig ma die anne 4 ga ek vandag nog bliksem. As hul mammas hul nie maniere wil leer nie sal ek dit met die grootste liefde doen😈

  • 50. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 4 : 23

    Ek maak sop. Wie wil hê?

  • 51. Nico  |  Junie 16, 2008 om 4 : 45

    Klink gaaf dankie Sam!

    @ Adrie: Hang alles af van wat jy daar wil doen maar ek dink nie dit behoort ‘n probeer te wees nie😛

  • 52. Blixer  |  Junie 16, 2008 om 5 : 09

    Skool- die goortste ding ooit. Dit is hier waar ek vir die eerste keer met kleinmannetjie sindroom kennnis gemaak het. Dit is baie lekkerder om belasting te betaal as om skool te gaan.

  • 53. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 5 : 34

    Njammies! Dis vanni lekkerste sop wat ek in ‘n lank tyd gemaak het. Nico…. Jy kan somme seconds kry. *fluister* as ek jy was sou ek nie vi A3 toegelaat het om da skool te ga nie. Jou senewees sal dit nooit hou nie😉

  • 54. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 5 : 39

    54 comments vi ‘n vakansiedag is glad nie sleg nie!

  • 55. Nico  |  Junie 16, 2008 om 6 : 34

    Sam – ek dink in die day & age is daar een van 2 dinge geldig as jy ‘n onnie is – jy is of flippen mal of jy het hare op jou tanne. Ek weet nie watter een van die 2 (of miskien albei) het ek nie maar ek sien kans vir A3.

  • 56. SAM Q  |  Junie 16, 2008 om 6 : 46

    Eish! Daai skool ga nooit wee die selle weesi:mrgreen:

  • 57. Nico  |  Junie 16, 2008 om 6 : 50

    Hee hee hee. Any change is a good change!

  • 58. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 8 : 45

    Eish

    Ek is nou die armste.

    Nico, gaan jy my betaal om by jou skool te gaan? Ek het groot geshop vanmiddag. Ek hoop nie jy is in ‘n laerskool nie. Dit gaan te maklik vir my wees (om die onnies in trane te kry).

    Lyk my die meerderheid mense het niks van skool gehou nie.

  • 59. Adrie  |  Junie 16, 2008 om 8 : 46

    Rosa

    Ons is aldrie reguit en kwaai.

    Maak my kwaad (gebeur moeilik), gaan jy tjank.
    Maak Sam kwaad (gebeur baie maklik) en jy gaan bloei.
    Maak Dina kwaad en jy gaan dit berou.

  • 60. neykie  |  Junie 17, 2008 om 8 : 52

    Ek is nou eers vier jaar uit die skool en ek verlang te veel. Ek sal terug wil gaan maar met voorwaardes.

    Lekker dag vir julle almal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: