Die Kruipende Gevaar

Junie 14, 2008 at 7 : 03 52 Kommentaar

Ek glo aan live and let live.  Selfs al hou ek niks van paddas nie.  Ek het my eie persoonlike padda, een wat my in die somer heel aand serenade.  Dit is hoe my padda lyk.  So groot as ‘n halwe baksteen.

Al gehoor van vrouens wat bang is vir muise?  Ek het dit al gesien.  My ma ly aan erger hoogtevrees.  Sy kan nie eers op ‘n stoel staan nie.  Of so het ons geglo, tot die dag wat daar ‘n muis in ons huis los was.  My ma het die onwelkome besoeker ontdek en ons van die kas af geroep.  Sy het geweier om af te klim tot die muis weg is.  Vrees vir muise is seker nie geneties nie, ek hou nie van muise nie, maar ek gaan nie die dak afgil as ek een sien nie.  Ek gaan hom / haar jag, daar is nie plek vir ons altwee in een huis nie. 

Ek is altyd verbaas om te sien hoeveel mans bang spinnekoppe.  Dit maak nie saak of dit ‘n klein daddy-long-legs, bobbejaan of knoppiespinnekop is.  Wanneer die agtvoetige gedierte verskyn is meneer weg.  Ek het regtig nog nooit ‘n vrou gesien wat bang is vir ‘n spinnekop nie.  Daarteenoor is elke tweede man bereid om te erken dat hulle gril vir spinnekoppe. 

Daar is mense wat bang is vir alles wat ‘n gogga is.  Ek het amper vergeet van mense wat wil dood as hulle ‘n slang sien.  Almal is versigtig vir ‘n slang, maar ek praat van mense wat teen die spoed van lig verdwyn as hulle ‘n slang sien.  ‘n Vriendin van my het ‘n ding oor wurms.  Sy weet ‘n bietjie te veel van hulle af en het besluit dat sy alles behalwe ‘n wurm kan hanteer.  Daar is ook baie mense wat eerder die panga man sal gaan soek, voordat hulle ‘n vertrek met ‘n vlêrmuis sal deel.

Vir jare het vrees ons gedryf om baie van die grillerige gediertes voor die voet uitgeroei is.  So is vlêrmuise, sekere paddas en spinnekoppe vandag bedreig.  Diere wat vriende wil wees met die mensdom, maar nie die kans gegee word nie.  Dalk moet ons twee keer dink voor ons iets uit vrees vermoor.

Wat is jou moses, die diertjie wat jy soos die dood sal vermy?

Blogvraag:  Soos ‘n sprinkaan in die klas Insekta is, in watse klas in spinnekoppe.

Blogantwoord:  Pikkelik was reg, hy was die man wat agter Wella was.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gehoor van die brunet en blondine? Skooldae

52 Kommentaar Add your own

  • 1. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 7 : 25

    EERSTE!

  • 2. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 7 : 25

    Araneae?

  • 3. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 7 : 26

    Arachida?

  • 4. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 7 : 34

    As hy MY pla dan kak hy. Ek het al ‘n slang gehad so ek issi bang vi hulle nie. Net versigtig. Oor die algemeen los ek diertjies dat hulle hul gang gaan. Net as hy gevaarlik is dan is dit sy laaste op hierie aarde. Die enigste ding waarvoor ek ‘n ligte vrees het is ‘n by. Eenvoudig… Eks alergies virri klein bliksems

  • 5. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 7 : 53

    Toe ek jonger was het ek al wat ‘n diertjie was in my kamer aan gehou. Ek het op ‘n stadium tot ‘n bergkat opgetel toe dit ‘n paar weke oud was. Na ‘n paar jaar het hy siek geword en toe my ma’le hom dbv toe vat het hulle hom gevat en wou hom nie trug gee nie. Ek is tot vandag toe kwaad vir die simpel dbv. Hoe kon hulle my kat somme net so vat? Gmpf! Drolle!

  • 6. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 8 : 14

    Womanspeak….vs…. English

    –You want = You want

    –We need = I want

    –It’s your decision = The correct decision should be obvious by now

    –Do what you want = You’ll pay for this later

    –We need to talk = I need to complain

    –Sure… go ahead = I don’t want you to.

    –I’m hungry = (a) Make me something to eat (b) Stop what you are doing, scrape together your last $5, and go drive across town and get me something to eat. — I don’t care if what you are doing is important.

    –I’m not upset = Of course I’m upset, you moron.

    –You’re … so manly = You need a shave and you sweat a lot.

    –You’re certainly attentive tonight. = Is sex all you ever think about?

    –I’m not emotional! And I’m not overreacting! = I’m on my period.

    –Be romantic, turn out the lights. = I have flabby thighs.

    –This kitchen is so…inconvenient = I want a new house.

    –The car is empty = Go fill it up

    –The trash is full = Take it out

    –The dog is barking = Go outside in your underwear and see what is wrong

    –I want new curtains = and carpeting, and furniture, and wallpaper…..

    –I need wedding shoes = The other 40 pairs are the wrong shade of white

    –Hang the picture there = NO, I mean hang it there!

    –I heard a noise = I noticed you were almost asleep.

    –Do you love me? = I’m going to ask for something expensive.

    –How much do you love me? = I did something today you’re really not going to like.

    –I’ll be ready in a minute = Kick off your shoes and find a good game on T.V.

    –Is my butt fat? = Tell me I’m beautiful.

    –You have to learn to communicate. = Just agree with me.

    –Are you listening to me!? = Too late, you’re dead.

    –Please walk me home = Let’s go make out.

    –It’s all right, dear. = You’ll pay for this.

    –Yes = No

    –No = No

    –Maybe = No

    –I’m sorry. = You’ll be sorry.

    –Do you like this recipe? = It’s easy to fix, so you’d better get use to it.

    –Was that the baby ? = Why don’t you get out of bed and walk him until he goes to sleep.

    –I’m not yelling ! = Yes I am yelling because I think this is important.

    –All we’re going to buy is a soap dish = It goes without saying that we’re stopping at the cosmetics department, the shoe department, I need to look at a few new pocket books, and OMIGOSH there’s a sale in lingerie, and wouldn’t these pink sheets look great in the bedroom and did you bring your checkbook?

  • 7. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 8 : 20

    Hallo Sam hoe gaan dit ??

  • 8. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 8 : 21

    Ek laaik niks van enige gogga naby my nie .

  • 9. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 8 : 33

    “Welcome to the Psychiatric Hotline.

    If you are obsessive-compulsive, please press 1 repeatedly.

    If you are co-dependent, please ask someone to press 2.

    If you have multiple personalities, please press 3, 4, 5, and 6.

    If you are paranoid-delusional, we know who you are and what you
    want. Just stay on the line so we can trace the call.

    If you are schizophrenic, listen carefully, and a little voice will
    tell you which number to press.

    If you are manic-depressive, it doesn’t matter which number you
    press. No one will answer.”

  • 10. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 9 : 17

    A psychiatrist was conducting a group therapy session with four young mothers and their small children. “You all have obsessions,” he observed.

    To the first mother he said, “You are obsessed with eating. You even named your daughter Candy.”

    He turned to the second mom. “Your obsession is money. Again, it manifests itself in your child’s name, Penny.”

    He turned to the third mom. “Your obsession is alcohol and your child’s name is Brandy.”

    At this point, the fourth mother got up, took her little boy by the hand and whispered, “Come on, Dick, let’s go home.”

  • 11. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 9 : 21

    One behaviorist to another after lovemaking:

    “Darling, that was wonderful for you. How was it for me?”

  • 12. Rolling Stone  |  Junie 14, 2008 om 9 : 22

    Patient: Doctor, you must help me. I’m under such a lot of stress, I keep losing my temper with people.
    Doctor: Tell me about your problem.
    Patient: I JUST DID, DIDN’T I, YOU STUPID BASTARD!!!

  • 13. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 11 : 30

    Klip

    Whahahahahahaha

    Waar krap jy al die goed uit?

  • 14. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 11 : 32

    Keuses, keuses, keuses

    Watse DVD?

    Daar is Streep as ‘n bitchy gogga in Prada. Of Matthew as lui, maar gorgous, gogga wat nog by sy ma’le bly. Eish!!!!

  • 15. Sonkind  |  Junie 15, 2008 om 12 : 39

    Kakkerlakke – ek gril my in ‘n ander dimensie in vir die goed. En ek is vrek bang vir spinnekoppe – nou weet jy van ‘n vrou wat bang is vir spinnekoppe😆

  • 16. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 3 : 51

    Adrie , hierdie google is n wonderlike ding😆

    Ek wens ek kon self n grappie uitdink .

  • 17. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 3 : 52

    Gits kyk wat is die tyd , ek moet gaan regmaak vir die comrades , dit gaan n lang dag wees…..

  • 18. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 4 : 08

    What are the four food groups?

    For bachelors: Fast, Frozen, Junk and Spoiled.
    For drinkers: Malt, Hops, Barley and Yeast.
    For heavies: Caffeine, Fat, Sugar, Chocolate.

  • 19. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 4 : 11

    A doctor and a lawyer were attending a cocktail party when the doctor was approached by a man who asked advice on how to handle his ulcer. The doctor mumbled some medical advice, then turned to the lawyer and asked, “How do you handle the situation when you are asked for advice during a social function?”
    “Just send an account for such advice” replied the lawyer.

    On the next morning the doctor arrived at his surgery and issued the ulcer-stricken man a $50 account. That afternoon he received a $100 account from the lawyer.

  • 20. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 4 : 12

    What’s the difference between a good lawyer and a bad lawyer?

    A bad lawyer can let a case drag out for several years. A good lawyer can make it last even longer.

  • 21. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 4 : 17

    What’s the difference between a lawyer and a boxing referee?
    A boxing referee doesn’t get paid more for a longer fight.

  • 22. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 4 : 19

    Arguing with a lawyer is like mud wrestling with a pig: after a while you realize that the pig actually enjoys it.

  • 23. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 5 : 49

    Vir Vadersdag

    Those three boys are in the schoolyard bragging of how great their fathers are.

    The first one says: “Well, my father runs the fastest. He can fire an arrow, and start to run, I tell you, he gets there before the arrow”.

    The second one says: “Ha! You think that’s fast! My father is a hunter. He can shoot his gun and be there before the bullet”.

    The third one listens to the other two and shakes his head. He then says: “You two know nothing about fast. My father is a civil servant. He stops working at 4:30 and he is home by 3:45”!!

  • 24. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 5 : 58

    Smart man + smart woman = romance.
    Smart man + dumb woman = pregnancy.
    Dumb man + smart woman = affair.
    Dumb man + dumb woman = marriage.

    Smart boss + smart employee = profit.
    Smart boss + dumb employee = production.
    Dumb boss + smart employee = promotion.
    Dumb boss + dumb employee = overtime.

  • 25. Rolling Stone  |  Junie 15, 2008 om 5 : 59

    Hard work never killed anybody, but why take a chance?

  • 26. Riaan Oosthuysen  |  Junie 15, 2008 om 6 : 52

    Jy is heeltemal reg oor die spinnekop ding. Ek is deesdae nie meer so erg bang vir spinnekoppe as voorheen nie. Maar ek verkies dat spinnekop die kamer verlaat as ek inkom anders is dit nie lank voordat spinnekop die lewe verlaat nie.

  • 27. Wipneus!  |  Junie 15, 2008 om 8 : 38

    Ek is bang vir enige ding met ‘n bek. Nadat ek deur ‘n spinnekop gebyt is, is ek bang vir enige spinnekop. Ek maak nie gogga’s dood maar hulle plek is buite.

    Ons tuin is vol padda’s met die koi damme. As een van hulle die huis in hop, moet julle sien hoe laat spaander ek🙂

  • 28. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 8 : 48

    More almal. Ek weier om vandag uit die bed te klim. Aangesien ek instaan as ‘n vader en ‘n moeder het ek besluit dat vadersdag ook MY dag is. Gelukkige vadersdag aan al die al die blog vaders.

  • 29. Jo-Ann Schou  |  Junie 15, 2008 om 8 : 51

    Ek maak spinnekoppe dood en voel nie sleg daaroor nie. Soos sonkind gril ek vir kakkerlakke. Slange sal oorleef as hulle uit my pad bly. Ek’s ‘n dapper muis…

  • 30. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 9 : 03

    Wip…. Ek sal laaik om 1dag te sien hoe ouma spaander! He he!:mrgreen: . Ek hoop die bloemer is opgetrek en die ossewa gespan!

  • 31. Pikkelik  |  Junie 15, 2008 om 10 : 02

    Ek is nie bang vir enige gogga nie of gedierte nie, waar ek bly kan ek dit eenvoudig nie bekostig nie! Maar dit is nie te sê ek hou van hulle nie!!! O-no, Hulle hoort buite en ek sal sorg dat hulle vinnig daar kom! Ek het een nag in my slaapdeurmekaargeit op ‘n padda getrap, oppad kombuis toe om te gaan bottel maak. Ek was byna histeries. Ek dog ek trap die ding plat, want ek voel net derms deur my tone krul. Julle moes my sien skrop, sommer met die skropborsel en kookwater!!! Jig – dit was natuurlik net die slym wat die outjie afgee as hy skrik, maar in my beneweldheid was ek oortuig dis derms…. En paddas stink!!!!

  • 32. Roer  |  Junie 15, 2008 om 11 : 24

    Ek gril my buite weste vir creepy crawlys met kakkerlakke bo aan die lys, maar ek spring darem nie op stoele nie. Tensy daar ‘n moerawiese rot in die omtrek is. Dan is ek nie braaf nie. Ek het ‘n renons in gif soos Baygon ens want my ma het dit altyd goed gedink om ‘n hele blikkie op een armsalige kakkerlak uit te spuit. Ek kon dit nooit verstaan nie. “Bly le^ of ek skiet weer.” Hallo.

  • 33. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 11 : 38

    Lyk my kakkerlakke is ‘n voorloper op die gril lys. Ek dink nogal hulle is cool, hulle kan immers ‘n atoombom oorleef. Julle moet die mooi kakkerlakke in die Transvaal museum sien. Amper 10 cm lank en 3 cm breed.

    Een van die weird goed wat ek in my lewe gedoen het, is om bloed by muise te trek.

  • 34. Roer  |  Junie 15, 2008 om 11 : 44

    Adrie, indien ek OOIT in ‘n kakkerlak van 10cm lank en 3cm breed moet vas loop, kom kuier vir my by Weskoppies; want ek sal nie ophou gil nie.

  • 35. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 11 : 50

    Tannie Roer

    Hulle is hokke. Mens raak nie aan hulle nie.

  • 36. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 11 : 52

    Dink hulle is darem ‘n uitheemse spesie. Hulle is ook die enigste lewendige diere in die museum.

    Roer, asb, wil jy nie Pretoria toe kom dat ek jou na die TVL museum kan vat nie. Dink jy ek sal jou hand kan vashou tot jy in die padded room is. Ek wil graag die binnekant van so ‘n kamer sien en dit vat te lank om op my eie daar te kom.

  • 37. Roer  |  Junie 15, 2008 om 12 : 01

    😆 okidoki

  • 38. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 12 : 07

    Ha Ha Ha

    Aangesien ek nie ‘n vader is nie, moet ek my gat seker uit die bed sleep. Til later.

  • 39. Adrie  |  Junie 15, 2008 om 12 : 08

    As iemand weet waar ek kakkerlakke kan koop, kry of vang, posduif my asseblief. Daar is ‘n paar dames vir wie ek ‘n geskenk skuld.

  • 40. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 12 : 42

    Ek het gisteraand my laaste boek kla gelees en het teen 10 uur ontrekking simtome begin kry. Spring toe in my kar en ry na my boek winkel toe. Dis mos nou vadersdag en ek het nog nie ‘n present gekry nie😉 . Anyway…. Ek word langs die pad afgetrek deur die metro polieste (nee goggas). Die 1ste kakkerlak vra toe hkm ek met my hoofligte aan ry en ek tune hom dat ek ALTYD met my se ligte aan ry! Hy sê toe ek mag nie. Gmpf! Wa in jou lewe het jy nou ‘n gogga sien wat die ousie se tong oorleef het? Drol! Ek was toe moer bly dat ek GARLIC sous gevreet het met my mushrooms😈 !

  • 41. ADRIANA  |  Junie 15, 2008 om 1 : 06

    3ling

    Ons moet n plan maak. Ons skuld Ouma Wip,Tannie Sonkind en Tannie Roer geskenkies. Sommer as n laat moedersdag geskenk. Hoe laat kry ek jou by die TVL museum? Net hulle het kakkerlakke waardig genoeg vir die dames. Dalk soek Ouma Zee ook n paar . . .

    Waar gaan ons spinnekoppe vir die ooms kry?

  • 42. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 1 : 21

    He he! Whuhahaha! Spinnekoppe issi ‘n probleem nie. My vriendin teel met bobejaan spinnekoppe en slange. Die kakkerlakke ga bq moeilik wees. Ons sal maar moet inbreek. Hulle gat vi ons vang as ons helder oor dag die presente wil vat!

  • 43. ADRIANA  |  Junie 15, 2008 om 1 : 31

    3 ling, as iemand helder oordag n renoster horing daar kon steel, kan ons n handvol kakkerlakke steel

  • 44. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 1 : 38

    Eks in! Ek kry jou more 10 uur langs die dinosaur.:mrgreen:

  • 45. ADRIANA  |  Junie 15, 2008 om 1 : 42

    Die een met die 3 horings? Ek dink ons moet nie voor 4h iets probeer nie. Hulle kan dalk n atoom ontploffing oorleef . . . Maar 24 uur by ons?

  • 46. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 4 : 01

    Ek het my tv oorgeskakel na die comrades toe. Ek wil kyk of die mense saam ga staan en mekaar help en of hulle vi ‘n paar poephols ga luister en hul maatjies net da los. Dit kan dalk net meer intresant raak as die boys wat mekaar dood bliksem.

  • 47. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 5 : 27

    5 minute…. En ek weet ek ga ma se goeters vloek! Watch net!

  • 48. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 5 : 34

    Ek het nou sopas geskree soos my pa altyd gedoen het. My hele aandag was gevestig op die witkop oomie wat dit amper nie gemaak het nie. Die laaste 3 minute het ‘n swart/kleurling ou hom aangemoedig. Dit was mos nou span gees! Daai 2 ga tjommies wees vi jare lank.

  • 49. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 6 : 56

    Stephen King se boeke is glad nie mee so wonderlik soos 10 jaar trug nie. Of miskien is dit omdat ek meer van Dean R Koontz se skryfstyl hou. Ek lees ma baja swaar aan die nuwe boek wat ek gekoop het. Wa ek gewoonlik by bladsy 200 sou wees is ek nou ma eers op bladsy 40.

  • 50. Nico  |  Junie 15, 2008 om 8 : 04

    Ek HAAAAAAAAAAAAAT skerpioene; ook Arachnidae.

    En krappe… vandat ek kan onthou freak krappe my heeltemal uit. Ek weet nie of dit hulle knypers is en of dit is omdat hulle verkeerd loop nie…

  • 51. Nico  |  Junie 15, 2008 om 8 : 05

    (Funny ding… Die Skerpioen is my geboorteteken!)

  • 52. SAM Q  |  Junie 15, 2008 om 9 : 15

    Niks…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: