Gehoor van die brunet en blondine?

Junie 13, 2008 at 4 : 37 24 Kommentaar

Verklap ‘n mens se haarkleur regtig iets omtrent jou?  Basies word vroue mos in 3 groepe verdeel:  Blondines, Brunette en Rooikoppe.  Duidelik het ‘n man die klassifikasie uitgedink, enige vrou sal weet dat daar honderde haarkleure is.  Elkeen met ‘n eie naam.

Nou was daar mos besluit dat alle blondines is dom en maklik.  Rooikoppe is mos weer voor die voet almal met die duiwel besete en regtig goedkoop.  Brunette is die slimkoppe, maar uiters vervelig.  Hoe het iemand tot daardie gevolgtrekking gekom?  Is die gevolgtrekking juis?

Wanneer mense my haar kleur raai, dink hulle altyd ek is blond.  Ek praat van bloggers wat my nog nie met die hand gegroet het nie.  Dus is ek so dom soos grond en boonop altyd op my rug.  Waar is my tipex, ek het ‘n foutjie op die rekenaar gemaak.  Ek het ook nou net my vinger laat vasknyp in die val wat ek vir my muis gestel het.  Net een probleem, ek is ‘n duidelike donkerkop.  Met ‘n blonde streep of twee – letterlik. 

Ek het my bestelling reeds geplaas.  Die dag as daar mini-Adrietjies kom, moet hulle rooi hare hê.  Ek is ook mal oor rooikop mans.  Lelik soos hulle gewoonlik is.  Noudat ek daaraan dink, is dit nie ironies dat mans se haarkleur niks met hulle persoonlikheid te doen het nie.

Hier is ‘n feit.  Die meeste brunette het bruin oë.  Hier is ‘n liedjie spesiaal op gedra aan my Drieling, my Tweeling, my Kloon en my Heks.  My een drieling moet maar maak of haar ogies bruin is.

Blogvraag:  Wie was Franz Ströher?

Blogantwoord:  Nats was reg met Sheila Suttner.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hulp net vir die uitverkorenes? Die Kruipende Gevaar

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 om 4 : 57

    eerste

  • 2. Verons  |  Junie 13, 2008 om 6 : 09

    Hallooo! Kyk net of my foon werk! Dis net te veel tikwerk vi my en my savanna wore warm! Lekke naweek!

  • 3. Pikkelik  |  Junie 13, 2008 om 6 : 55

    Derde.

  • 4. Pikkelik  |  Junie 13, 2008 om 6 : 56

    Franz Ströher was die slim outjie van Wella haarkleursel…. Heng Adrie wie weet dit nou nie!!!! Whahahahaha…….

  • 5. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 om 6 : 58

    Vierde

  • 6. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 om 7 : 00

    Adrie jy het al die kleure genoem behalwe grys???

  • 7. Rolling Stone  |  Junie 13, 2008 om 8 : 17

    IRISH PROSTITUTE

    An Irish daughter had not been home for over 5 years. Upon her
    Return, her Father cussed her.

    “Where have ye been all this time? Why did ye not write to us, not even a line? Why didn’t ye call? Can ye not understand what ye put yer old Mother thru?”
    The girl, crying, replied, “Sniff, sniff….Dad….I became a prostitute…”

    “Ye what!!? Out of here, ye shameless harlot! Sinner! You’re a
    Disgrace to this Catholic family.”

    “OK, Dad– as ye wish. I just came back to give mum this luxurious fur
    Coat, title deed to a ten bedroom mansion plus a £5 million savings
    Certificate. For me little brother, this gold Rolex. And for ye Daddy, the sparkling new Mercedes limited edition convertible that’s parked outside plus a membership to the country club…………………… (takes a breath)…………. And an invitation for ye all to spend New Years Eve on board my new yacht in the Riviera and… …”

    “Now what was it ye said ye had become?” says Dad.

    Girl, crying again, “Sniff, sniff….a prostitute Daddy! Sniff, sniff.”

    “Oh! Ye scared me half to death, girl! I thought ye said a
    Protestant. Come here and give yer old Dad a hug.”

  • 8. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 8 : 44

    Hallo Almal

    Pik – Ek het nie, tot gister.

    Wip – Gryshare beteken dat jy oud is. Almal weet dit.

    Klip – Whaaahahahahahahahha

  • 9. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 10 : 29

    Ek en A3 is nou by die SA bloed bank in Queenswood. Ek is ONDER die minimum gewig (55kg) en ek ga hulle bliksem! Tsk! Ek voel eks dikker as ‘n putco bus en hulle sê ek weeg te MIN!

  • 10. Zee  |  Junie 14, 2008 om 11 : 24

    SamQ, jinne dit is darem maar maer jong. Ek ek weer so kon lyk😉

    Ok, my grystoffies is nie daar nie, hulle is so ‘n lekker rooi kleur! EN NEE Adriana, ek is nie oud nie!

  • 11. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 11 : 58

    Ouma ZEE…. 55kg is dik!

  • 12. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 12 : 46

    Vir die 1ste keer in 17 jaar het ek weer my skool gesien! Ek het vir ‘n half uur lank voor die skool gestaan en aan al die lekka tye gedink daar. Jislaaikit! Ek was ‘n stout bliksempie! Ek hoop nie my se kjinders ga eendag so stout wees nie😯 ! Ek sal seke nou al moet begin wella koop vi die grys hare wat ek ga krx😉

  • 13. riaanoosthuysen  |  Junie 14, 2008 om 2 : 08

    Ek wil nie veralgemeen nie. My vrou is brunet en slim. My swaer se suster is blond en ……….. Wag netnou lees sy hier as sy dalk perongeluk die rekenaar aan kry. Sorry. Ek ken darem ‘n slim blond haar naam is…. Nee wag, sy kleur haar hare onthou ek nou.

    (hi hi)

  • 14. riaanoosthuysen  |  Junie 14, 2008 om 2 : 09

    O ja, amper vergeet ek. Nice song

  • 15. riaanoosthuysen  |  Junie 14, 2008 om 2 : 10

    Nou onthou ek ook iets. Op skool was ek vrek bang vir girls, (nog steeds dink ek) en ek het draaie om hulle geloop, maar daar was ‘n girl, ‘n rookop wat my wou vasdruk, daardie dag het ek vêr en vinnig gehardloop.

  • 16. SAM Q  |  Junie 14, 2008 om 3 : 23

    Zee…. Vir MY lengte is 55kg dik:mrgreen:

  • 17. Sonkind  |  Junie 14, 2008 om 3 : 25

    Jammer om die bubble te bars, maar die enigste dom blondes wat ek nog ooit raakgeloop het, was brunette wat hulle hare blond gekleur het. (Ek is ook brunet, voor iemand my dalk wil skiet, maar ek kleur nie my hare blond nie😆 )

    O ja, en ek het al ‘n hele paar dom blonde mans raakgeloop en hulle is “natural” blondes😈

  • 18. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 5 : 49

    Ek het net 1 blondine, maar ek is meer blond as sy (die blonde streep se skuld).

    My blondste vriendin, is ‘n porra met pikswart hare.

    Die helfte van my familie het rooi hare. Hulle vat 200 jaar om hulle humeure te verloor. Regtig, ek het hulle nog nooit kwaad gesien nie. Hulle is ook baie kuise mense. Die ander deel van my familie is brunette, so bedonnerd soos 10. Elkeen van hulle op hulle eie.😆 Blondines is maar yl gesaai in die familie.

  • 19. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 5 : 52

    Sam

    Dit was omdat jy so beduiweld vanoggend was dat niemand jou bloed wou he nie. Net om nie doodgemaak te word nie, moes hulle lieg en se dat jy ondergewig is.

    As hulle my plaatjies wil he, hoop ek dat hulle internet geriewe het. 2 ure is lank om te skenk.

  • 20. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 5 : 58

    Tannie Zee

    Ek sal mos nooit se jy is oud nie. As daar nie reeds 2 blogoumas rondgedwaal het nie, was jy dalk nou ‘n blog ouma. Ons sal maar net die blog meer vriendelik moet maak vir kieries. Meer gin in die kroeg sit. Meer jong mans as kelners aanstel dat julle harte darem nie gaan staan nie. Ens . . .

    Riaan

    Ek het gister vir my ‘n CD van Van Morrisen gekoop net om Brown eyed girl te kry. Ek is bly jy skrik nie te veel vir al die rose hier nie . . . 👿

    Sonkind

    Blonde mans is boonop altyd maklik. Nog elke keer as ek moet tekkies aantrek om ‘n verhouding te ontduik, was die man blond.

  • 21. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 5 : 59

    Nou moet ek seker plek maak vir ander.

  • 22. frik stander  |  Junie 14, 2008 om 9 : 24

    as ek nie hier gelees het van die stereotipering dat rooikoppe goedkoop is sou ek dit seker nooit geweet het want ek stem saam sat haarkleur nie altyd die persoonlikheid kan bepaal maar oogkleur en haarkleur kan verskeie persoonlikheids aspekte bepaal of so ver in my persoonlike ervaring. ek het onlangs met n rooikop vrou te doen gehad wat se gedrag in verskeie areas my laat dink het sy is niks meer as n “loslyf” as ek dit nou op n meer kras manier moet stel my eerste gedagte van waar sulke gedrag vandaan kom was waarskynlik slegte opvoeding want ek was by haar ouerhuis en alhoewel ek nie wil sleg praat van ander mense het die situasie daar nie goed gelyk.

    maar terug by die punt ek sal sê dat kans n invloed het soms kan haarkleur en oogkleur iets meer sê soms nie.maar die oogkleur:blou het sovêr in my lewe net moelikheid beteken

  • 23. Adrie  |  Junie 14, 2008 om 11 : 29

    Welkom Frik.

    Ek is nuuskierig, wat is fout met blou oe?

  • 24. frik stander  |  Junie 16, 2008 om 5 : 21

    dankie adrie

    wel om jou vraag nou te antwoord en my oppinie deur te gee om die mees beskaafste manier as moontlik: volgens my ervaring was hulle sovêr die grootste klomp “hoere” wat ek uitgevat het in my jonger dae, L.W “in my ervaring” so ek sê nou nie elke vrou met blou oë is slegte nuus, maar dit is n wel bekende feit dat vrouens met blonde hare en blou oë van die mees aantreklikste is en hulle weet dit en daarom op grond van daai feit vat meeste dit kop toe en dan kry ons nou daai tipe suid-afrikaanse “kantoorhoer” effek wat waarskynlik die enigste rede is hoekom sy nog daar aangehou word,nie rerig goed vir enige iets anders maar noodsaaklik vir die moraal van die manswerkers. jammer vir die kras taal maar ek het nou nie n beter stel woorde om dit mee deur te gee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: