Die Comrades Marathon

Junie 8, 2008 at 4 : 25 173 Kommentaar

Ek het rondom 1989 in die Comrades begin belangstel om 2 redes.  My beste maatjie in die tyd (ons is nog steeds vriendinne) se pa het jaarliks aan die Comorades deelgeneem (hy doen nog steeds).  Ek het ook ‘n boekie van die Comrades marathon van die Daan Retief Kinderklub gekry wat alles rondom die Comrades vir my heldadig gemaak het. 

Ek het in 1992 ‘n baie groot aanhanger geword van die ultra marathon van ongeveer 90 km geword.  Dit was die jaar wat Bruce Fordyce nie kon deel neem nie.  Ek onthou hoe in sy noppies Charl Mattheus was omdat hy vir Nick Bester kon verby vat en in sy wildste drome gewen het.  My eerste Comrades held, dit het glad nie saak gemaak dat hy later gediskwalifiseer was nie.  Dit was die eerste Comrades wat ek van so 09:00 tot die laaste skoot gekyk het.  Charl Mattheus is vandag nog my held, dit het hom 5 jaar gevat, maar hy het bewys dat die griep medisyne regtig net ‘n fout was. 

Die eerste Comrades was op 24 Mei 1921 gehardloop ter nagedagtenis van die Suid Afrikaanse soldate wat in die eerste Wêreld oorlog gesneuwel het.  Dit was die idee van Vic Chapman wat juis die mens se fisieke uithouvermoë wou toets.  Van 1962 tot 1994 was dit altyd op Republiekdag gehardloop.  Nadat die dag verval het, is dit op die 16 Junie gehardloop tot die ANC jeugliga hulle stem dik gemaak het.

Elke atleet wat die marathon voltooi, is ‘n wenner.  Daar is altyd iets om na te streef.  Party probeer elke tipe medalje wat die marathon bied te wen.  Ander streef na hulle groen nommer, ‘n permanente nommer wat jy ontvang na jou 10de suksesvolle Comrades.  Die medaljes wat die Comrades bied is as volg:  Goud (eerste 10 deelnemers wat die marathon voltooi), Silwer (posisie 11 tot by 7.5 ure), Bill Rowan (7.5 – 9 ure), Brons (9 – 11 ure) en Vic Clapham (11 – 12 ure). 

Die Comrades word tussen ‘n op (van Durban na Pietermaritzburg) en ‘n af (Pietermaritzburg na Durban) afgewissel.  Elkeen met sy eie voordele en uitdagings.  Die op wedren het die Groot 5 heuwels, naamlik Cowies Hill, Fields Hill, Botha’s Hill, Inchanga en die een waarop Bruce floreer het: Polly Shorts.  Die afren het ook ‘n paar moeilike opdraandes wat van die reeds genoemdes insluit.

Wat my altyd tot die Comrades aangetrek het, is die tradisies.  Soos dat die marathon altyd met die kraai van ‘n haan begin het.  ‘n Groot deel van die Comrades inkomste gaan aan liefdadigheid organisasies.  Die legendes word altyd onthou.  En wat my altyd op aandag laat spring.  Die Comrades is ‘n toonbeeld van ware sportmanskap.  ‘n Deelnemer wat hulp nodig het om die resies te voltooi, mag deur mededeelnemers gehelp word.  Hulle mag selfs oor die wenstreep gedra word.  Hulle was immers kamerade in ‘n baie moeilike marathon, die oudste, die langste en die moeilikste in die wêreld.

Presies die rede hoekom 2007 my laaste Comrades was wat ek gekyk het.  In 2008 sal ‘n atlete wat ‘n mede atleet help, saam met die atleet gediskwalifiseer word.  Geen meer Comrades gees nie, ek hoop die naam word gou na die Jacob Zuma resies (of iets dergliks) herdoop. 

Ek het regtig al klaar begin duim vashou dat Farwa Mentoor die jaar die Russiese Tweeling op hulle neuse gaan laat kyk, maar dit is nou net nog ‘n vervelige marathon. 

Blogvraag:  Wie was die eerste vroulike wenner van die Comrades Marathon en wat was haar prys?

Blogantwoord:  Sonkind was reg met Rex van der Kamp as Bree se eerste man.

En vir die wat die blogjol gemis het, ons het darem op julle ‘n glasie geklink.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Huisvrou Donald Duck Vervel

173 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Junie 9, 2008 om 2 : 00

    Dankie Nats, daar vlieg my blogvraag by die deur uit.

  • 2. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 01

    En hoekom mag ek nie Sam jammer kry nie… dis blerrie koud buite!!!

    Pik
    Ek moet sê ek geniet so nou en dan Donald… beter as seker prentjies van vandag!! Weet nie hoe kinders daarna kan kyk nie!

  • 3. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 01

    Adrie
    Jy kan nog steeds vra watter land hom geban het… ek kan nie onthou nie!!

  • 4. Adrie  |  Junie 9, 2008 om 2 : 03

    Was dit nie Finland nie?

  • 5. Adrie  |  Junie 9, 2008 om 2 : 04

    Nats

    Onthou dat ek jou more vertel van die baie weird oproep wat ek nounet van ouma gehad het. . . .

  • 6. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 09

    Adrie
    Hkm eers more?? Dan slaap ek wee nie vannaand nie!

    Ek dink amper jys reg met Finland!

  • 7. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 09

    Ons moet net met Sam seker maak.

  • 8. Pikkelik  |  Junie 9, 2008 om 2 : 12

    Ek dare nee dubbeldare jou!!!!!!!!!!

  • 9. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 15

    Donald Duck Comics Banned?

    Despite popular belief the truth is that Donald Duck comics have never been banned. The story of Donald Duck comics being banned in Finland in the 1970’s because the duck didn’t wear pants and was not married to Daisy is an urban legend which began in the fall of 1977.

    In the 1970’s educators and politicians in Finland were actually quite progressive in thinking when compared to our North American governments, perhaps even more so than today. At the time the Finish government invested large amounts of money to supply reading material to schools and libraries for various age levels, especially young readers.

    As a part of their young reading initiative the government supplied Donald Duck comics to the public in an effort to promote literacy from an early age. In the fall of 1977 the government found itself over budget and strapped for cash. Many parents groups were also voicing concern over a lack of emphasis on physical fitness and outdoor activities for youth and youth programs. In a meeting held in Helsinki regarding youth affairs a candidate for Finland’s liberal party, Markku Holopainen, proposed that the country save money and promote fitness by replacing the Donald Duck comics it was providing to youth with sports magazines, which were cheaper at the time. The proposition was heartily approved by all of those in attendance.

  • 10. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 21

    Nats

    Sal jy nou ophou Donald navorsing doen? Of wil jy dalk die blog skryf? Want sodra ek iets oor die verbrande eend neerskryf, kom foeter jy alles weer deurmekaar.

    Ek gaan jou bliksem.
    😈

  • 11. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 23

    Ek dog dan jy wil nie meer oor die eendtjie skryf nie?

    Sorry jy kan maar dit delete… skies ek is maar bietjie verveeld hierso!

  • 12. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 25

    Gmph

    Jy het gese jy wil nie he ek moet dit skryf nie.

  • 13. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 27

    Ek het nou net besluit dat ek Disney World toe wil gaan!!!

    Wie sal vir my geldtjies sponsor!!! En sommer saam kom??

    Dit lyk very nice da! Nou op hul website….

  • 14. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 27

    Tweeling

    Vandag pluk ek al jou hare uit.

  • 15. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 29

    Adrie
    Oops… ek het ne? Sorry daarvoor!

    Write away!!!!

    Sal like om te sien wat jy nog op hom kan kry!!

  • 16. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 32

    Tweeling
    Ek lees niks oor die eend nie!! Ek het daai tree of life gaan uit kyk… en toe sommer besluit ek wil dit van naby aanskou!!!

    Die eend is nêrens te sien nie… alles is natuur! En bugs ens ens.

  • 17. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 34

    Nats

    Ek gaan saam Disney toe. My verbrande Drieling wil na Disney in Frankryk gaan in die volgende paar weke. Donnerse blond.

  • 18. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 38

    Adrie
    Huh? Sam… nou wie is dan die blond? Wil hulle albei gaan? Ek weet die een (Sam) is nou net terug by die werk en die ander een nou net met verlof.

  • 19. Nats  |  Junie 9, 2008 om 2 : 39

    O wag ek verstaan… never mind! Nou hou kry sy sommer net weer so verlof?

    Unfair! Ek kry haar nie meer jammer nie!!!!👿

  • 20. ADRIANA  |  Junie 9, 2008 om 2 : 41

    Nats

    Verstaan jy regtig? Ek praat van my blonde drieling.

  • 21. Adrie  |  Junie 9, 2008 om 2 : 47

    ULTIMATE FEMALE JOKE

    It has long been contended that there are male jokes and there are female jokes, and there are unisex jokes. Here is a joke I consider a true female joke. I offer it to you in the hopes that women will love it and men will pass it along to a woman who will love it.

    A woman was sitting at a bar enjoying an after-work cocktail with her girlfriends when an exceptionally tall, handsome, extremely sexy, middle-aged man entered. He was so striking that the woman could not take her eyes off him.

    The young-at-heart man noticed her overly attentive stare and walked directly toward her. (As men will.)

    Before she could offer her apologies for staring so rudely, he leaned over and whispered to her, “I’ll do anything, absolutely anything, that you want me to do, no matter how kinky, for $20.00…on one condition.”

    Flabbergasted, the woman asked what the condition was. The man replied, “You have to tell me what you want me to do in just three words.”

    The woman considered his proposition for a moment, and then slowly removed a $20 bill from her purse, which she pressed into the man’s hand along with her address. She looked deeply into his eyes, and slowly and meaningfully said:

    “Clean my house.”

    (YOU GO, GIRL!)
    Money well spent!!!!

  • 22. Charl Mattheus  |  Augustus 24, 2008 om 5 : 07

    Ek wil graag vir die persoon dankie se vir die pragtige boodskap. Dit maak my hart bly dat ek vir iemand ‘n insperasie kon wees. Ek onthou all my wedlope as of dit gister was.
    Jammer ek kan nie meer ‘n positiewe bydra lewer to the Suid-Afrikaanse prestasie in die Comrades.
    Ek wil graag nog een keer terug kom en ‘n goud kom hardloop.
    Dankie vir jou mooi woorde in die openings boodskap van nie gesprek.

    Charl

  • 23. Adrie  |  Augustus 24, 2008 om 7 : 24

    Charl

    Wees verseker dat ons almal ons longe vir jou sal uitskree as jy weer n aanslag op die Comrades beplan.

    Dankie vir die inloer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: