Huisvrou

Junie 7, 2008 at 4 : 43 12 Kommentaar

Sonkind se naaldwerk het my aan die dink gesit.  My ma is ‘n huisvrou en ek het myself belowe om dit nooit aan myself te doen nie.  Het julle geweet dat huisvroue die beroep is waarin mense die meeste stress ervaar?  Dit lyk asof hulle niks doen nie, dus kry hulle nie die erkenning wat hulle verdien nie. 

Hoekom wil ek nie ‘n huisvrou wees nie?  Om mee te begin, ek haat huiswerk.  Van alle huistake gee ek die minste om vir die toilet skoonmaak.  Dit vat immers net ‘n minuut.  Ek haat die geraas van ‘n stofsuier, ek hou nog minder van uitvee.  Afstof en politoer is ook ‘n vermorsing van kosbare tyd.  Kombuis skoonmaak is ‘n noodsaaklikheid, maar net so vervelig as enige iets anders.  Op die oomblik het ek nie ‘n keuse nie, ek kan nie ‘n bediende regverdig nie.  Ek sal eerlik wees, ek doen dit so min as moontlik. 

Ek kan grond onder my naels nie verdra nie.  Dus weier ek om enigsins in die tuin te werk.  Ek sal doodgelukkig op die 10de of selfs 50ste vloer kan woon as dit beteken dat ek nie aan grond hoef te raak nie.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor ‘n goed versorgde tuin, solank ek dit nie self hoef te doen nie.  Die arbeid is nie vir my die moeite werd nie.  Behalwe as dit oestyd is, ek gee glad nie om om die groente of vrugte uit te gaan haal nie.  Natuurlik moet ek seker maak alles is reg, kwaliteits toetsing in die tuin.

Ek kan glad nie dink hoekom enige mens wil naaldwerk doen nie.  Duur soos klere in die winkels is, is dit die prys deur en deur werd.  Ek het beter dinge om te doen as om ure te sluit om iets te maak.  My ma sê altyd dit is die moeitewerd as die eind produk in jou hande lê.  Ek vat haar woord daarvoor.  Ek gaan eerder niks oor was en stryk sê nie.

Ek kook en bak ook nie.  Ek is ‘n boer en ek het lankal ‘n plan beraam om my daaglikse brood te kry.  Ironies genoeg is dit die 2 goed waarvoor ek nie omgee nie.  Ek haat dit wel om die tyd om te wag wat iets moet gaar word en ek haat die opruim agterna met ‘n passie.  As tiener het ek geweier om kos te maak, my ma het altyd kom inmeng en my te veel aan bande gelê.  Ek het vandat ek alleen bly, so af en toe iets probeer.  Ek kan nie ‘n eier bak nie, verder verras ek myself en my ma.  Ek het deur die jare goed met my oë by ander gesteel. 

Julle moet dalk nou al die welsyn laat weet vir my kinders in die toekoms.

Blogvraag:  Wat was Bree van Desperate Housewives se man se naam?

Blogantwoord:  Sam het die regte idee gehad.  Macbeth het die hekse geglo dat “no man born from a woman” beteken geen man op aarde.  Macduff was uit sy ma gesny gewees.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vry gebore Die Comrades Marathon

12 Kommentaar Add your own

  • 1. sonkind  |  Junie 7, 2008 om 4 : 52

    Ha! Eerste!

    Eerste man was Rex van de Kamp, 2de man was Orson Hodge.

    Ek is ook maar ‘n swak huisvrou, behalwe dat ek my huis self skoon maak, en dit ordentlik doen, net omdat ek vuil en deurmekaar meer verpes as huiswerk!

    Liefie kook baie lekkerder as ek en ek kan ook nie stryk nie. My klere is “wash and wear” en die wat nie is nie, stryk hy vir my! Ek vergoed hom darem baie mooi!😈

  • 2. SAM Q  |  Junie 7, 2008 om 6 : 29

    2de! En daai antwoord sou ek moes google. Kyk dit nie:mrgreen:

  • 3. Pikkelik  |  Junie 7, 2008 om 7 : 31

    Derde! Oi Adrie, ek is ‘n huisvrou, maar ek betaal iemand om na die huis en strykwerk om te sien. Ek haat ook die geluid van ‘n stofsuier. Ek nies my gedaan as ek moet afstof, en skottelgoed was is net vir Saterdae en Sondae. Ek maak darem self kos en dit is darem eetbaar. Ek doen die besigheid se boeke van die huis af, maak my kinders groot en is lief vir naaldwerk, maar op die stadium is daar nie tyd daarvoor nie. Miskien as die kinders bietjie groter is. Ek hou van tuinwerk, met my geel rubberhandskoene aan en ons is ook selfonderhoudend met groente. Ok, nou is ek moeg getik ek gaan nou slaap. Nag Seekoei! 😆

  • 4. SAM Q  |  Junie 7, 2008 om 9 : 49

    As ek nou ‘n seekoei…. Uhm bedoel huisvrou was wat nogsteeds my selle pay gekry het, dan het ek beslis een geword. Terwyl ek by die gym is kan Sophie die huis skoon maak en wasgoed was & stryk. Dan het ek baaaaie Woensdae oop om saam met my sussies te kuier. Ek sou dan ook meer tyd gehad het om vir die oumensies te gaan lees of om hulle te vat vir inkopies of somme net zoo toe. Ek hoop net nie een van julle het ‘n ouer of ouma/oupa wat in ‘n te huis lê en vergaan nie. Ek bliksem jou nie 1 hou mis nie. Dit is rerig hartseer om te sien hoe mense hul net da kan dump en dan net vigeet van hulle.

  • 5. Wipneus!  |  Junie 7, 2008 om 10 : 11

    Hello Almal

    Ek hou van kook en bak as ek lus is. Ek hou nie van huis skoonmaak, maar moet gereeld self inspring as hier brouwerk aan die gang is. Ek is ook baie vol nonsens, en doen baie goed maar liewer self. Dus ek doen huiswerk maar ek het hulp.

    Ek is mal oor tuinwerk, niks so lekker as om in die tuin te werk nie. Mens gebruik handskoene, dan sal die grond nie onder jou naels ingaan nie. Met hierdie tuin het ek ook hulp. Maar in my tuin is daar baie meer dinge wat ek self moet doen. Bv my ordigee’s soek spesiale aandag en die bonsai’s moet gesnoei word, Daar is vreeslik baie bonsai’s maklik 100 indien nie meer nie. Net ek snoei dit.

    Ek doen nie naaldwerk nie, al het ek ‘n borduur masjien, overlocker en ‘n naaimasjien. Teddie koop die goed vir my, ek dink hy wil hê ek moet naaldwerk doen😆

    Ek hou nie van skottelgoed was nie, haat dit met ‘n passie, daarom was my masjien dit, en as hy breek, moet daar dadelik weer een inkom, as hulle weet wat goed is vir hulle.

    Lekker slaap

  • 6. SAM Q  |  Junie 7, 2008 om 10 : 30

    G’n wonner ek is so vol stront nie! Ek moes dit seker van my ouma geërf het…

  • 7. Seekoei  |  Junie 7, 2008 om 11 : 14

    Wip

    Ek gaan jy brak uitlos, maar jou bonsai’s steel. Ek haat handskoene, ek moet dit baie by die werk dra. Dit laat my hande stink.

    Sam

    Jy??? Gym??? Jy steeds gesuip of alweer?

  • 8. SAM Q  |  Junie 8, 2008 om 9 : 54

    Gmpf! Ek het once apon a time gegym. Ek wil net nie dik bly of nog dikker word nie.

  • 9. SAM Q  |  Junie 8, 2008 om 10 : 49

    Ek is more die tyd by die werk!😥

  • 10. SAM Q  |  Junie 8, 2008 om 1 : 10

    Ek is more die tyd NOGSTEEDS by die werk. Boe 4kin hoe!

  • 11. Seekoei  |  Junie 8, 2008 om 4 : 51

    En as iemand gewonder het, Sam is more die tyd nog nie besig om op te pak nie. Sy werk dan nog steeds.

  • 12. Nats  |  Junie 9, 2008 om 9 : 53

    Sien ek nou eers die post…

    Ek doen just about alles!!

    Van huis skoon maak, kook en self nou en dan ietsie bak. Ek was al die wasgoed, maar Gina (my feetjie) doen die stryk werk want ek kan nie!

    Manlief is meestal in die tuin besig maar nie hy self nie, hy “order” net rond. Ek spring gewoontlik in en raak baie vuil!! Maar ek kan nie tuinwerk sonder handskoene doen nie.

    Manlief het een aand kos “gemaak”… ons het so net na 12 geeet!! Ek was natuurlik teen daai tyd vas aan die slaap en nie meer honger nie.

    Hy het nie weer nie… nou doen hy net die braai werk en dit kan hy baie goed doen!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: